wordpress.com€¦  · web viewgraad tien . my naam: _____ my skoolgraad: _____ my woonadres:...

32
TUISKATEGESE GRAAD TIEN My naam: ____________________________________________________________ My skoolgraad: ________________________________________________________ My woonadres: _______________________________________________________ My ouers/voogde se name: ______________________________________________ My ouers/voogde se tel nr: ______________________________________________ HIERDIE JAAR SE WERKSTUKKE SAL VOLGENDE JAAR HERSIEN EN WEER GEBRUIK WORD IN BESPREKINGS AS JY SOU KIES OM ‘N FINALE AFRONDINGSJAAR MET DIE LERAAR/DOMINEE TE DOEN. AS JY DUS VRAE OOR DIE WERKSTUKKE HET, SKRYF DIT NEER, DAN KYK ONS VOLGENDE JAAR SAAM DAAR NA. JOU GEESTELIKE MOTIVERING : Doen jy die TUISKATEGESE omdat jou ouers of enige iemand dit van jou verwag? Jou eie rede/s hoekom jy die TUISKATEGESE doen: .................................................................... .................................................................... DIE VIER GROOT GEESTELIKE WAARHEDE

Upload: others

Post on 19-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

TUISKATEGESEGRAAD TIEN

My naam: ____________________________________________________________My skoolgraad: ________________________________________________________My woonadres: _______________________________________________________My ouers/voogde se name: ______________________________________________My ouers/voogde se tel nr: ______________________________________________

HIERDIE JAAR SE WERKSTUKKE SAL VOLGENDE JAAR HERSIEN EN WEER GEBRUIK WORD IN BESPREKINGS AS JY SOU KIES OM ‘N FINALE AFRONDINGSJAAR MET DIE LERAAR/DOMINEE TE DOEN. AS JY DUS VRAE OOR DIE WERKSTUKKE HET, SKRYF DIT NEER, DAN KYK ONS VOLGENDE JAAR SAAM DAAR NA.

JOU GEESTELIKE MOTIVERING:

Doen jy die TUISKATEGESE omdat jou ouers of enige iemand dit van jou verwag?

Jou eie rede/s hoekom jy die TUISKATEGESE doen:................................................................................................................................................................................................................................................

Is dit vir jou belangrik om amptelik aan ‘n spesifieke kerk te behoort: ........Jou redes ........................................................................................................

Watter gedagtes kom by jou op as jy die woord kerk hoor, of as jy hoor mense praat van die kerk:

DIE VIER GROOT GEESTELIKE WAARHEDE

Page 2: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

DIE VIER GROOT BYBELSE WAARHEDE

HIERDIE JAAR SE TUISKATEGESE EN VOLGENDE JAAR SE FINALE AFRONDINGKATEGESE IS GEBASEER OP VIER GROOT BYBELSE WAARHEDE. AS JY HIERDIE VIER WAARHEDE KAN VERSTAAN, SAL JY AL JOU GEESTELIKE EN ANDER LEWENSVRAE VIR JOU SELF KAN UITMAAK EN BEANTWOORD.

1.GOD IS LIEFDE1 Johannes 4:8

2.DIE MENS HET GESONDIG EN VêR VAN GOD GERAAKRomeine 3:23

3.GOD RED DIE MENS UIT GENADERomeine 3:24

4.DIE GELOWIGE KAN DAAROM NOOIT VERLORE GAAN NIEJohannes 10:28

Page 3: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK EEN

1. In ons studie van die Vier Groot Waarhede gaan die eienskappe van God dikwels te sprake kom. Jy sal sien dat LIEFDE die een eienskap is wat al God se ander eienskappe definieer.

2. Maak eers jou oë vir ‘n paar minute toe. Dink aan God. Probeer in jou gedagtes sien hoe God lyk. Beskryf dan hier onder hoe jy God sien. Is God byvoorbeeld jonk, oud, liggaamloos, manlik, vroulik, kwaai, vriendelik ens.

.......................................................................................

.......................................................................................

.......................................................................................

.......................................................................................

..................................................................

3. DIE BYBEL SÊ GOD IS LIEFDE . Hoe sal jy die betekenis van daardie vers aan iemand verduidelik:

.......................................................................................

.......................................................................................

.......................................................................................

.......................................................................................

.......................................................................................

.....................................................................................

4. Gaan soek vir die volgende vyf dae elke dag na een vers in die Bybel na verse wat handel oor God se liefde en skryf die verse hier neer (net die boeknaam en vers, nie die vers uitskryf nie).

DAG EEN:

DAG TWEE:

DAG DRIE:

DAG VIER:

GOD IS LIEFDE

1 Johannes 4:8

Page 4: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

DAG VYF:

Page 5: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK TWEE

AS GOD DAN LIEFDE IS.......

Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense? Hoekom verhoed God dit nie?

1. Waar het dit alles begin ?

Voltooi Genesis 1:26-27 God het die mens geskep as Sy verteenwoor , as beeld van God, en vir die mens ‘n vrye wil gegee. Die mens was dus nie ‘n robot wat geprogrammeer is om net te doen wat God wou hê nie. Die mens kon kies tussen reg en verkeerd optree. Gen 1:29-31: Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed . Daar was net vrede in die begin, geen lyding nie; ‘n paradyslewe!

Voltooi Genesis 2:15-17 Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas. Die Here God het die mens beveel: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie . Die dag as jy daarvan eet, sterf jy .” God het die mens gewaarsku oor wat sou gebeur indien hy/sy sekere keuses doen. Lees Genesis 3:1-11 Die mens het sy vrye wil gebruik en nogtans teen God se plan gekies. Genesis 3:23 en Genesis 4:1-10 Die gevolg van die mens se keuse teen God se wil, het veroorsaak dat allerhande pyn, ellende en swaarkry die skepping getref het. So is die eerste moord waarvan ons in die Bybel lees, ‘n moord tussen twee broers. God wou die moord verhoed, maar weer eens het die mens besluit om na die donker gedagtes van sy eie hart te luister. Genesis 6:5-7 Soos wat die mense vermeerder het, het die boosheid en geweld handuit geruk en toe wyer en wyer uitgekring, tot vandag toe.

Voltooi Romeine 3:10-18 Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, daar is nie een wat verstandig is nie, daar is nie een wat na die wil van God vra nie. Almal het afgedwaal , almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie. Oor hulle lippe kom woorde so giftig soos slange, hulle mond is vol vervloeking en bitterheid . Hulle voete is vinnig om bloed te vergiet. Hulle laat ’n spoor van verwoesting agter. Die pad van vrede het hulle nie leer ken nie, ontsag vir God het hulle nie.”OPSOMMEND:

God het uit liefde die mens anders as ‘n robot gemaak en die mens in ‘n paradys laat woon waar daar geen pyn of lyding was nie. Die mens kon kies of hy God wil liefhê en gehoorsaam. Die

Page 6: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

mens het sy vrye wil gebruik en teen God se liefde gekies.Die mens, en nie God nie, is dus self verantwoordelik vir die seerkry en ellende wat tot vandag toe almal in die skepping teister.

Page 7: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK DRIE

VOORDAT ONS DIEPER DELF NA ANTWOORDE OP DIE VRAE OOR GOD SE LIEFDE, BEANTWOORD JY EERS SELF DIE VOLGENDE

STUDIEVRAAG. MOTIVEER JOU ANTWOORD:

Moet die Satan nie die skuld kry vir al die ellende wat die skepping getref het nie? (Lees weer Gen 3:1-13).

...........................................................................................

...........................................................................................

...........................................................................................

...........................................................................................

............................................................................

God het toe die mens uit die Paradys verdryf. Kain moes ‘n swerwer word na hy sy broer doodgeslaan het. Eindelik besluit God om die hele mensdom met die vloed uit te wis. Klink dit dalk vir jou na genadelose optrede van ‘n liefdevolle God? Bestudeer die volgende verse en dui aan hoe God tog steeds genadig bly al tree Hy streng op:

Genesis 3:21: .........................................................................................................................................................................................................................................................................................................Genesis 4:13-15: ....................................................................................................................................................................................................................................................................................................Genesis 6:7-9: ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................

Party mense sê rampe soos VIGS en aardbewings is God se manier om die mens van vandag te straf oor alles wat ons aanvang. Wat is jou mening oor die stelling:

...........................................................................................

...........................................................................................

Page 8: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

...........................................................................................

.........................................................

(Ons sal vorentoe weer na hierdie vraag terugkom)

Page 9: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK VIER

DIE GOD VAN LIEFDE MAAK ‘N PLAN MAAK MET ONS LYDING

Voltooi Matteus 22:37-40 “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is : Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. In hierdie twee gebooie is die hele wet en profete saamgevat.

Voltooi Romeine 13:8-10 Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Jy moet jou naaste liefhê soos jou self. Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.

Romeine 5:3-5 Dit is vir ons moontlik, want “God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” Al wat ons moet doen, is om die Gees toe te laat om in en deur ons te leef.

Romeine 5:3-5 Alle lyding is ook nie altyd ‘n slegte ding nie. Swaarkry maak van ons sterker mense en laat groei ons geloof.Jesaja 53:4-5 God se groot plan met lyding, is Jesus Christus. God wou vir ons wys dat Hy saam met ons seerkry, dat Hy nie ‘n gevoellose God is wat iewers op ‘n planeet sit en nie omgee vir ons seerkry nie. Hy het mens geword en self deur die diepste vorm van lyding gegaan. So het Hy ons lyding op Hom kom neem. Romeine 8:35-39 God belowe dat Hy ALTYD by ons sal wees sodat. Niks kan ons van sy Liefde skei nie, nie eens die dood nie.

Voltooi Klaagliedere 3:31-33 Om die rede bly ek hoop : deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan Sy ontferming nie, dit is elke môre nuut . God belowe dat seerkry nie vir altyd sal aanhou nie. Hy bring verligting en genesing.

Voltooi Openbaring 7:16-17 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ‘n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herde wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei, en God sal al die trane van hulle oë afdroog .

God se plan met geweld en lyding begin by jou en my. Hoe meer ons leer wat naasteliefde is, hoe meer sal ons respek vir ander mense hê en hoe minder sal mense onnodig seergemaak word.

Page 10: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

God belowe dat alle lyding eendag volkome gestop sal word. In die hemel sal daar geen lyding ooit meer wees nie.

Page 11: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK VYF

WEET DIE LIEFDEVOLLE GOD VAN MY SITUASIE(S)?

GOD IS ALWETEND sê die Bybel.Hebreërs 4:13 Die Woord beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie, alles lê oop en bloot voor Sy oë .

Matteus 10:30 Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel

Psalm 139:6 U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom . Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U weet wat dit gaan wees .

Matteus 6:31-32 Julle moet julle dus nie bekommer en vra: Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek? nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog tog dat julle dit alles nodig het.

Jesaja 49:14 Kan ‘n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie . Ek het jou naam in My handpalms gegraveer . .

Psalm 4:4 Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir die wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep .

Sê IN JOU EIE WOORDE HOE VOEL JY DAAROOR DAT GOD ALWETEND IS.

Page 12: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK SES

WAT VAN DIE TYE WANNEER EK VOEL GOD IS VER MY AF?

GOD IS ALOMTEENWOORDIG, sê die Bybel.

Die tweede vers in die Bybel vertel dat God se Gees oor die waters van die aarde gesweef het. Mens kry die idee dat God die hele aarde op een slag kon sien. Reg deur die Bybel lees ons dat God voortdurend oral oor die skepping en die heelal is.

Voltooi die volgende verse:

Jes 6:3 Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van Sy magtige teenwoordigheid . .

Hab 2:14 Soos waters die seebodem bedek , so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.Ef 4:8 Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met Sy teenwoordigheid te vul .

Selfs wanneer ek sterf, sal God ook daar by my wees.Psalm 139:8 Klim ek op na die hemel , is U daar, gaan lê ek in die doderyk is U ook daar.

Psalm 23:4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes , sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig.

HOE VOEL JY OOR DIE FEIT DAT DIE GOD VAN LIEFDE OOK ALOMTEENWOORDIG IS? GEE ‘N REDE VIR JOU ANTWOORD:

GAAN SOEK JY SELF OOK NA BYBELGEDEELTES WAAR ONS AANGEMOEDIG WORD OM NIE BANG TE WEES OF MOED TE VERLOOR NIE, OF WAAR ONS BELOWE WORD DAT GOD ONS NOOIT ALLEEN DEUR MOEILIKE TYE SAL LAAT GAAN NIE.................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

Page 13: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK SEWE

Ons het reeds gesien dat God nie ‘n robot van die mens gemaak het nie. Uit liefde het Hy vir ons die voorreg gegee om ons eie keuses en besluite in die lewe te maak. Die mens se slegte keuses het egter

daartoe gelei dat daar ‘n afstand of ‘n muur tussen God en mens gekom het.

BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE en motiveer jou antwoorde:

1. Wat sal jou eie (voorlopige) definisie vir SONDE wees: ..................................................................................................................

2. Hoe kan ons weet of iets SONDE is of nie (vgl Rom 3:20; Joh 16:7-8; Hebr 10:16)?

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

3. Dink jy SONDE en VERKEERDE KEUSES is altyd presies dieselfde ding?

...............................................................................................................................................

4. Dink jy mens kry iets soos klein en groot sondes (vgl Jakobus 2:10)?

...............................................................................................

...............................................................................................

........................................

5. Op watter drie maniere dink jy kan ‘n mens sonde doen? Lees eers die volgende Bybelgedeeltes: Joh 3:19; Mat 5:27; Hebr 13:16.

5.1 Deur die dinge wat ons d_______.

5.2 Deur die dinge wat ons d_______.

5.3 Deur die dinge wat ons n_________ om te doen.

6. Dink jy ‘n mens moet bekommerd wees oor sonde in sy/haar lewe. Gee redes vir jou antwoord. Lees die volgende verse (Genesis 2:17; Jesaja 59:1-2;

DIE MENS HET GESONDIG EN VêR VAN GOD GERAAK

Romeine 3:23

Page 14: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

Handelinge 17:31; Romeine 6:23; 1 Johannes1:8-9) ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

.....

Page 15: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK AGT

KOM ONS DINK NOG VERDER EN DIEPER OOR SONDE WAT SKEIDING BRING TUSSEN GOD EN DIE MENS, DEUR NA NOG EIENSKAPPE VAN GOD TE KYK:

Die Bybel sê God is heilig. Ander woorde vir heilig is: Rein, skoon, sonder vlekke, suiwer. God is dit alles, en nog baie meer.

1 Joh 1:1-7 God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

Levitikus 20:26 Julle moet heilig lewe , want Ek die Here is heilig. Ek het julle afgesonder uit die volke om aan My te behoort.

Om heilig te lewe beteken dat jy VIR GOD AFGESONDER is. Dit beteken jou hart behoort net aan Hom en alles wat jy doen, doen jy om God gelukkig te maak.

Watter woord beskryf ‘n mens wat net voorgee dat hy heilig lewe?Leidraad Matteus 6:1-4

Joh 4:24 God is Gees, en die wat Hom aanbid , moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.

1 Kor 6:19 Julle liggaam is 'n tempel van die Heilige Gees . Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon , van God ontvang.

Ef 4:22-24 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word ; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig . .

GOD IS HEILIG(Daarom moet ons ook heilig wees)

GOD IS GEES(Daarom moet ons deur sy Gees

lewe)

ONS SOU DUS KON Sê SONDE KAN NIE NET GEDEFINIEER WORD DEUR SLEGTE DADE, GEDAGTES EN KEUSES NIE. SONDE IS EERDER OM NET VIR MYSELF TE LEEF, MY NIE VIR GOD AF TE SONDER NIE EN MY NIE DEUR DIE GEES VAN GOD TE LAAT BEHEER NIE.

Page 16: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK NEGE

Ons het reeds gesien die Bybel sê “God is Liefde” en Hy het die mens goed en reg geskape. Die Bybel sê ook die mens het keuses gemaak wat tot sonde gelei het en dit het ons goeie verhouding met God gebreek. En daar is niks wat ons kan doen om die verhouding te herstel nie. Die mens kan hom self nie red nie. Dit beteken die mens sal van nou af sonder God moet klaarkom, of hoe? Gelukkig is daar nog ‘n eienskap van God waarvan ons kan kennis neem:

IN SY GROOT LIEFDE MAAK GOD ‘N PLAN: HY VERGEWE ONS.

Lees Efesiërs 2:3-5 en voltooi die volgende vers, sodat jy die waarheid van die vers beter sal onthou: Ons is deur ons sondige begeertes ......................... en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God ............... moes word. Maar God is ryk aan barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredinge, saam met Christus lewend gemaak. Uit ..................... is julle gered!

Doen dieselfde met Hosea 11:8 Maar hoe kan Ek jou prysgee? Hoe kan Ek jou vernietig ? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My ................. ...............te sterk.

Doen dieselfde met 1 Johannes 1:9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes ............. , Hy is getrou en regverdig, Hy ............. ons en reinig ons van .......... ongeregtigheid.

Party mense raak dalk bang as hulle hoor dat God regverdig is, want hulle dink God gaan hulle beslis straf oor al die verkeerde dinge in hul lewe. Maar net so regverdig soos wat God is, is Hy ook GENADIG.Nehemia 9:17 Maar U is ‘n God wat vergewe , genadig , barmhartig, lankmoedig, vol liefde .

GOD RED DIE MENS UIT GENADE

Romeine 3:24

GOD IS GENADIGDie Bybel sê in Deut 4:31: Die Here julle God is ‘n genadige

God. Hy sal julle nie in die steek laat nie.

Page 17: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

Psalm 51:3-5 Wees my genadig, o God, in U troue liefde, wis my oortredings uit in U groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld , reinig my van my sonde.

Page 18: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK TIEN

HOE HET GOD BY VERGIFNIS UITGEKOM?

Vergifnis is soms maklik. Wanneer iemand iets aan my gedoen het wat my nie te seer gemaak het of te veel skade berokken het nie, is dit makliker om te vergewe as wanneer iemand my diep seergemaak het. Mens vergewe ook makliker iemand vir wie jy liefhet of wie vir jou liefhet. Met God se vergifnis is dit nie altyd maklik nie, want die mens het Hom al diep seergemaak. Tog sê Hy: Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol (Jesaja 1:18).

Voltooi die volgende verse:

Ef 2:5-7 Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word. Maar God is ryk aan barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredinge, saam met Christus lewend gemaak . Uit g enade is julle gered!Hebreërs 9:22 sonder die vergieting van ................. vind daar geen vergewing plaas nie.Hand 17:30-31 God het die tyd van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te ................ , want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan ................. deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom ..............................................................

1 Johannes 1:7 Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die ...................... van Jesus, Sy Seun, ons van ............... sonde.

Romeine 3:23-24 ................ het gesondig en is ver van God af, maar ons word, sonder dat ons dit verdien , op grond van Sy ................... .................... vanweë die verlossing deur Christus Jesus.

Efesiërs 2:6 Uit ................ is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in ......................... gegee.

Page 19: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK ELF

“Eenmaal ‘n kind van God, altyd ‘n kind van God.” Daar is mense wat verskil van hierdie stelling, want, sê hulle, wat as jy weer sonde doen of afdwaal na jy die Here aangeneem het. Om hierdie kwessie op te los, moet mens na die volgende punte kyk:

1. SO WORD EK ‘N KIND VAN GOD :

Joh 1:12-13 Maar aan almal wat Hom ....................... het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om ..................... van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar ............ is hulle ........... .

1 Petrus 1:18-21 Inteendeel, julle is ..................... met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.

1 Petrus 1:23. Julle is immers weer................. , nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad.

2. GOD DOEN NIE HALWE WERK NIE :

Joh 10:28 Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ........................ ............. verlore gaan nie. ....................... sal hulle uit My .............. ruk nie.

Joh 19:30 Aan die kruis het Jesus uitgeroep: ..................................................

Hebreërs 7:25 Omdat Jesus vir ewig bly, beklee Hy 'n priesterskap wat nie op 'n ander oorgedra word nie. Daarom kan Hy ook die wat deur Hom na God gaan, ......... en vir ................. verlos; Hy lewe vir altyd om vir hulle by God ....... te tree .

Hebreërs 10:14,17 Deur die een offer het Hy die wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak .

2Kor 5:17-19 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens . Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen .

DIE GELOWIGE KAN DAAROM NOOIT VERLORE GAAN NIE

Johannes 10:28

Page 20: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK TWAALF

MAAR WAT AS EK WEER AFDWAAL:

Lukas 15:3-6: As ek weer afdwaal, kom ............... God my tot Hy my kry.

Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: “Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry . En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, ek het my skaap wat weg was, weer gekry.’TWEE VRAE:

Mens hoor dikwels iemand sê “ek sal vergewe, maar vergeet sal ek nooit.” Dink jy dit is dan opregte vergifnis? Gee ‘n motivering vir jou antwoord: ...................................................................

Is dit dieselfde om iemand oor te sien as iemand te vergewe? Verduidelik jou antwoord:

...........................................................................................................................

...........................................................................................................................

...........................................................................................................................

....................

GOD VERGEWE EN VERGEET.

ONS HET GELEER DAT GOD ALWETEND IS EN DAT HY ONS NOOIT SAL OF KAN VERGEET NIE. TOG IS DAAR IETS VAN ONS WAT GOD WEL VERGEET: ONS SONDES.

Jeremia 31:34: Ek sal hulle oortredings ..................... en ........ meer aan hulle sondes .............. nie.

Hebr 10:17 Dan sê Hy verder: " Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie ." Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie.

ONTHOU, MAAK NIE SAAK HOE ONGEHOORSAAM OF REBELS JY TEEN JOU OUERS IS/WAS NIE, JY BLY WETTIGLIK HULLE KIND. DIT KAN NOOIT

VERANDER NIE. NET SO BLY JY GOD SE KIND. DIT KAN OOK NOOIT VERANDER NIE. DAARVOOR SORG DIE BLOED VAN JESUS.

Page 21: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK DERTIEN

GOD SE LIEFDESPLAN VIR ONS REDDING LYK DUS AS VOLG:

(BESTUDEER AL DIE VORIGE WERKSTUKKE WAT JY GEDOEN HET EN VUL DAN DIE ONTBREKENDE WOORDE SELF IN, SOOS JY DINK DIT MOET WEES)

God is regverdig, daarom vereis hy dat sonde gestraf moet word.

God is egter ook gena dig .

Christus het aan die kruis gest erf .

So het Hy die .................... vir ons sondes met sy lewe betaal.

Christus het .................................. uit die dood.

Hy gee vir ons ‘n plek in die hemel .

Ons sal nou nooit verlore kan gaan nie.

So lyk God se reddingsplan vir elkeen van ons.

AL WAT ONS MOET DOEN, IS OM DIT TE

.................. (1 Joh 5:13)

Page 22: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

WEEK VEERTIEN

Ons het tot nou gesien God red ons suiwer uit liefde en genade. Ons kan ons redding nie verdien nie, en dit beteken ons kan God ook nie agterna daarvoor betaal nie. En tog, as ons regtig besef wat God vir ons gedoen het, behoort daar tog by ons ‘n behoefte wees om vir Hom dankie te sê?

1. Wat sou jy sê is die verskil tussen: iemand BETAAL vir iets wat hulle vir ons gedoen het, en iets vir hulle DOEN om dankie te sê?

...........................................................................................

...........................................................................................

...........................................................................................

...........................................................................................

............................................................................

2. Watter dinge kan ek DOEN om vir God DANKIE te sê?

...........................................................................................

...........................................................................................

...........................................................................................

...........................................................................................

............................................................................

3. Ons dankbaarheid teenoor God behoort nie beperk te word tot ‘n paar dinge wat ons doen nie. Ons moet eerder ‘n lewenswyse van dankbaarheid aankweek. Lees die volgende Bybel gedeeltes en beskryf dan die lewenswyse van dankbaarheid wat daarby pas:

Johannes 8:1-11 Markus 5:1-20

Efesiërs 2:8-10

Efesiërs 5:18

Hebreërs 10:24-25

‘N LEWE VAN DANKBAARHEID

Page 23: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se
Page 24: WordPress.com€¦  · Web viewGRAAD TIEN . My naam: _____ My skoolgraad: _____ My woonadres: _____ My ouers/voogde se name: _____ My ouers/voogde se tel nr: _____ Hierdie jaar se

SOEK SELF BYBELVERSE OPJY KAN NOU PROBEER OM VIR DIE VOLGENDE SES WEKE ELKE WEEK EEN BYBELVERS WAT OOR GOD SE LIEFDE OF GENADE HANDEL TE SOEK EN DAN VOLUIT NEER TE SKRYF (hele vers woord vir woord). MISKIEN KRY JY LATER IN JOU LEWE GELEENTHEID OM VAN DIE VERSE MET IEMAND WAT DIT NODIG HET TE DEEL.

WEEK EEN

WEEK TWEE

WEEK DRIE

WEEK VIER

WEEK VYF

WEEK SES