greycollegesecondary.com · web viewgrey-kollegelangafstandonderrig afrikaans eerste addisionele...

18
Grey-Kollege Langafstandonderrig Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 11 Vraestel hersiening Week 1: 15 – 19 Februarie 2021 INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings wat gedurende die week gedoen moet word. Maandag 15 Februarie Lees die begripstoets en beantwoord die vrae. Vraag 1.1 – 1.14 Dinsdag 16 Februarie Doen die diagram en die opsomming Vraag 1.15 – 1.23 asook vraag 2 Woensdag 17 Februarie Doen taalleer Vraag 3 en 4 Donderdag 18 Februarie Doen taalleer Vraag 5 en 6 Vrydag 19 Februarie Merk jou werk met ‘n potlood.

Upload: others

Post on 15-Feb-2021

86 views

Category:

Documents


11 download

TRANSCRIPT

Grey-Kollege

Langafstandonderrig

Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 11

Vraestel hersiening

Week 1: 15 – 19 Februarie 2021

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings wat gedurende die week gedoen moet word.

Maandag

15 Februarie

Lees die begripstoets en beantwoord die vrae.

Vraag 1.1 – 1.14

Dinsdag

16 Februarie

Doen die diagram en die opsomming

Vraag 1.15 – 1.23

asook vraag 2

Woensdag

17 Februarie

Doen taalleer

Vraag 3 en 4

Donderdag

18 Februarie

Doen taalleer

Vraag 5 en 6

Vrydag

19 Februarie

Merk jou werk met ‘n potlood.

Graad 111Afrikaans EAT

AFDELING A:LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A:TYDSKRIFARTIKEL

· Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.

Hoe om tyd doeltreffend te gebruik

Om tyd effektief en doeltreffend te gebruik kan baie moeilik wees, veral as dit by skoolwerk kom. Dis partykeer baie meer opwindend om saam met jou vriende buite te speel of televisie te kyk. As jy egter leer om jou tyd effektief en doeltreffend te benut, kan jy op datum bly met jou skoolwerk en steeds al die pretaktiwiteite doen wat jy geniet. Hier volg ‘n paar voorstelle om jou te help om jou tyd effektief en doeltreffend te benut:

1 Gebruik ‘n notaboek of ‘n dagboek

As jy ‘n notaboek of dagboek gebruik om dinge aan te teken wat jy vir skool of by die huis moet doen, sal dit jou help om jou tyd beter te gebruik. Jy moet elke dag, ten minste twee keer in jou dagboek kyk om jouself aan dinge te herinner wat jy moet doen en afsprake waar jy moet wees. Nog ‘n goeie manier om jou dagboek/notaboek te beplan, is om al jou vakke vir die dag neer te skryf en langs elkeen die huiswerk wat jy moet voltooi.

2 Kry genoegsame slaap

Slaap is baie belangrik, aangesien dit jou liggaam help om te herstel. As jy nie genoegsame slaap kry nie, sal jou gesondheid en prestasie by die skool daaronder ly. Niks is erger as die gevoel om in die klas aan die slaap te raak nie, omdat jy nog 2:00 v.m. wakker was om jou Wetenskapprojek te voltooi. As jy jou tyd doeltreffend gebruik, beteken dit dat jy nie laat wakker hoef te bly en take op die laaste nippertjie hoef te voltooi nie. Dit sal nie net verseker dat jy betyds gaan slaap nie, maar ook dat jou algemene stresvlakke minder is.

3 Luister en konsentreer tydens die les

Dis partykeer moeilik om tydens die les te luister en konsentreer veral as jy aan ander, meer opwindende dinge dink. As jy egter tydens die les luister en konsentreer, sal jy jouself baie moeite en tyd spaar as jy vir toetse of eksamens leer of ‘n taak vir daardie vak doen. Jy sal dit makliker vind om te onthou hoe om dinge te doen en jy sal beter begrip van die vak hê. Dit sal baie tyd bespaar om antwoorde te gaan soek of deur die teorie te worstel.

4 Hersiening

Voortdurende hersiening sal jou help om goeie punte op skool te behaal. As jy jou tyd goed benut deur ‘n studierooster te gebruik, kan jy tye invul om werk te hersien wat jy moeilik vind of werk te hersien waar daar baie teorie betrokke is.

Graad 112Afrikaans EAT

5 Organiseer en beplan

Organisering en beplanning sal jou help om jou tyd effektief en doeltreffend te benut. Organiseer jou dae deur ‘n dagboek of kalender te gebruik. Dit sal jou help om te beplan wanneer jy, jou huiswerk en/of hersiening moet doen en sal verseker dat jy die regte boeke het wat jy vir daardie bepaalde dag benodig. Hou jou boeke op datum, sodat jy vinnig enige werk kan opspoor. Maak seker dat jy jou onderwyser om hulp vra as jy enige werk misgeloop het of nie iets verstaan nie. Hou rekord van jou uitslae vir elke vak, sodat jy kan beplan watter vakke die meeste aandag benodig en dan jou beplanning kan doen van hoeveel tyd jy aan hierdie vakke kan spandeer. Onthou om tyd vir rus en ontspanning in te ruim. Dit is belangrik om na harde werk te rus en tyd saam met jou vriende en familie te geniet of deel te neem aan sport of stokperdjies.

6 Probeer om jou studies te geniet

Jy kan positiewe versterking en ‘n gevoel van prestasie kweek as jy vind dat jy jou werk verstaan en weet wat aangaan. Beskou jou studietyd as ‘n voorreg wat geniet moet word, eerder as ‘n taak om te verduur.

(Uit: Top Klas Lewensoriëntering)

VRAE

1.1 Wat sal gebeur as jy jou tyd effektief en doeltreffend benut? (1)

1.2 Noem twee goed waarin jy jou notas kan aanteken. (2)

1.3 Kies die antwoord wat die sin korrek voltooi.

Om jouself te herinner aan goed moet jy

A. ses keer ‘n dag kyk.

B. twee keer ‘n dag kyk.

C. tien keer ‘n dag kyk.

D. elke uur kyk. (1)

1.4Wat is baie belangrik om jou liggaam te help herstel? (1)

1.5Dink jy dit is ‘n slegte ding om gedurende klastyd te slaap? (1)

1.6Haal VIER AGTEREENVOLGENDE woorde aan om te bewys dat die volgende

stelling WAAR is.

As jy jou tyd doeltreffend gebruik, hoef jy nie take in die laaste oomblik te

doen nie. (1)

1.7Noem DRIE goed, volgens paragraaf 2, wat met genoegsame slaap sal verbeter. (3)

1.8Hoekom is dit soms moeilik om tydens ‘n les te konsentreer? (1)

1.9Waarom is dit wel belangrik om tydens ‘n les te konsentreer? Noem TWEE. (2)

1.10Wat beteken dit as jy voortdurende hersiening doen? (1)

Graad 113Afrikaans EAT

1.11Waarom is dit belangrik om ‘n studierooster te gebruik? Noem TWEE. (2)

1.12Hoekom is dit belangrik om jou boeke op datum te hou? (1)

1.13Wat moet jy doen nadat jy hard gewerk het? (1)

1.14Wat kan jy vir jouself aanleer as jy jou werk verstaan? Noem TWEE. (2)

(20)

TEKS B:DIAGRAM

· Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae.

A

B

D

C

E

F

Graad 114Afrikaans EAT

VRAE

Kyk na figuur A.

1.15Hoeveel mense werk in die landbousektor? (1)

Kyk na figuur B.

1.16Noem enige TWEE voorbeelde van mense wat vir werk soek wat nog NIE

ontmoedig is NIE. (2)

Kyk na figuur C.

1.17Watter ras in Suid-Afrika het die grootste werkloosheidsyfer? (1)

1.18Waarom dink jy het Suid-Afrika ‘n probleem met werkloosheid? (1)

Kyk na figuur D.

1.19Is die volgende stelling WAAR όf ONWAAR? Haal slegs EEN WOORD aan om

jou antwoord te staaf.

Volgens geslag is daar minder vrouens as mans wat werkloos is. (1)

Kyk na figuur E.

1.20In watter ouderdomsgroep val die grootste werkloosheidsyfer? (1)

1.21Wie word by hierdie getalle uitgelaat? (1)

Kyk na figuur F.

1.22Watter sektor se jaarlikse en kwartaallikse indiensneming is die grootste? (1)

1.23Waarom is dit belangrik dat daar ‘n verbetering in die vervaardigingsektor moet

geskied? (1)

(10)

TOTAAL VIR AFDELING A: 30

AFDELING B:OPSOMMING

VRAAG 2:Voordele van goeie tydsbestuurvaardighede

INSTRUKSIES

· Som die sewe voordele van goeie tydsbestuurvaardighede, in sewe sinne op.

· Skryf elke voordeel in ‘n volsin neer.

· Skryf jou SEWE sinne puntsgewys, onder mekaar neer, van nommer 1 – 7.

· Laat ‘n reël tussen die sinne oop.

· Jou opsomming mag NIE langer as 70 woorde wees nie.

· Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

Graad 115Afrikaans EAT

Voordele van goeie tydsbestuurvaardighede

1. Jy sal minder gespanne wees. Jy sal nie hoef te stres om jou take betyds te voltooi nie. Maak genoeg tyd om aandag aan elke taak te gee sodat jy die beste punte moontlik sal behaal.

2. Jy kan meer rus. Jy kan ook tyd maak om te oefen, goed te slaap en behoorlik te eet. As ’n mens te hard vir te lank werk, sal dit jou so uitput dat jy stadiger en minder effektief sal werk. Dit het ‘n negatiewe invloed op jou.

3. Jy sal meer tyd vir projekte hê en om vir toetse te leer. Dit sal daartoe lei dat jy beter punte behaal. Hoër punte beteken dat jy ‘n beter kans sal hê om ‘n spesifieke studieprogram by die universiteit te volg.

4. Jy sal nie sperdatums mis nie. Beplan vooruit sodat jy presies weet wat ingehandig moet word en wanneer. Jy sal sodoende niks mis wat jy moes doen nie. Jy sal ook nie alles vir die laaste nippertjie los nie.

5. Jou ma en pa kan ontspan as hulle weet dat alles onder beheer is. Hulle hoef dan nie oor jou bekommerd te wees dat jy gaan druip nie of jou lastig val om jou werk te doen nie. Jou ma en pa sal ook ophou neul.

6. Tyd is kosbaar. Dit is baie bevrydend om jou tyd te spandeer op iets wat waardevol is as iets wat gemors sou wees op iets wat jy nie eintlik hoef te gedoen het nie.

7. Hierdie vaardighede sal jou vir jou studies na skool voorberei. Sodra jy klaar met skool is, word daar van jou verwag om meer verantwoordelikheid vir jou eie lewe te hê en dit sal dit baie minder stresvol maak.

(Verwerk uit: Die Huisgenoot 14 Mei 2014)

TOTAAL VIR AFDELING B: 10

Graad 116Afrikaans EAT

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: UITTREKSEL

TEKS B

Moenie uitstel nie.

Die meeste van ons voel soms oorweldig omdat ons eenvoudig nie genoeg tyd gedurende die dag het om die dinge te doen wat van ons verwag word nie.

Dis so maklik om te sê dat jy nog ‘n paar minute langer gaan televisie kyk. Jy besef dan skielik dat dit (30) minute later is! Doen eers jou skoolwerk sodat jy kan ontspan. Jy kan (na dit) met jou selfoon speel. Leer (goed) gewoontes aan en doen jou werk (onmidelik) voor al die pretaktiwiteite.

Soms het (‘n mens) soveel om te doen dat jy naderhand net besluit om op die (rus+bank) te gaan sit. Jy dink jy gaan net vinnig ʼn (breuk) vat voordat jy jou huiswerk of take doen en naderhand is jy glad nie meer lus nie. Vermy dit deur dadelik met take te begin. Daarna kan jy ontspan sonder dat jy skuldig voel.

(Uit: Top Klas Lewensoriëntering)

3.1Verdeel die woord in hakies in lettergrepe.

Daar is genoeg tyd (gedurende) die dag. (1)

3.2Gee die meervoud van die woord in hakies.

Ons stel baie (dag) ons take uit. (1)

3.3Gee die afkorting vir die woord in hakies.

Daar is ‘n paar (minute) om jou werk te doen. (1)

3.4Skryf die getal in hakies uit.

Dit is al (30) minute later.(1)

3.5Gee een woord vir die woord in hakies.

Jy kan (na dit) met jou selfoon speel. (1)

3.6Gee die korrekte vorm van die woord in hakies.

Leer (goed) gewoontes aan en kry die werk agter die rug. (1)

3.7Kies die korrekte spelling van die woord in hakies.

Doen jou werk (onmiddelik / onmiddellik / onmidellik). (1)

3.8Gee die korrekte voornaamwoord vir die woorde in hakies.

‘n Mens het soms baie om te doen daarom moet (‘n mens) prioritiseer. (1)

Graad 117Afrikaans EAT

3.9Gee die korrekte samestelling vir die woorde in hakies.

Jy wil soms net op die (rus+bank) sit. (1)

3.10Gee die verkleinwoord van die woord in hakies.

Jy dink jy gaan net ‘n vinnige (breuk) vat. (1)

(10)

VRAAG 4: STROKIESPRENT

TEKS C

· Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande strokiesprent gebaseer.

(Uit: daniecronje.co.za)

4.1Verander die stelsin in ‘n vraagsin sodat die onderstreepte gedeelte die antwoord is.

Neelsie leer nooit vir sy Afrikaanse toets nie.(1)

4.2Skryf die sin in die ontkennende vorm oor.

Meneer verloor altyd sy geduld met Neelsie. (1)

4.3Kies die korrekte woord in hakies.

Meneer (ken / weet) dat Neelsie nie wil werk nie. (1)

4.4Skryf die sin in die verlede tyd.

Meneer moet geduld met Neelsie hê. (1)

4.5Verbind die volgende sinne met die voegwoord in hakies.

Neelsie moet sy werk leer. Hy wil graad 11 slaag. (mits) (1)

4.6Skryf die sin in die toekomende tyd. Begin die sin soos aangedui.

Meneer is kwaad omdat Neelsie nie werk nie.

Begin so: Môre … (2)

Graad 118Afrikaans EAT

4.7Gee die sinoniem van die woord in hakies.

Neelsie (leer) nooit en gee nie aandag nie. (1)

4.8Kies die korrekte lidwoord in hakies.

Meneer lig (‘n / die) vinger om te wys hoe kwaad hy is. (1)

4.9Gee die intensiewe vorm vir die woord in hakies.

Meneer se gesig is (rooi). (1)

(10)

VRAAG 5: SPOTPRENT

TEKS D

· Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande spotprent gebaseer.

(Uit: netwerk24.com)

5.1Gee die teenoorgestelde geslag van die woord in hakies.

My (niggie) Arnoldus, is ‘n lui tiener. (1)

5.2Gee die vergrotende trap van die woord in hakies.

Arnoldus se ouers weet dat Universiteit (moeilik) as skool is. (1)

5.3Skryf die sin in die direkte rede oor.

Arnoldus se ma en pa sê dat hulle hom ‘n salaris betaal.(2)

Graad 119Afrikaans EAT

5.4Skryf die sin in die negatiewe vorm oor.

Arnoldus se ouers weet dat hulle iets aan die situasie kan doen. (1)

5.5Watter tipe sin is die volgende sin?

Dis goedkoper as om jou kind universiteit toe te stuur. (1)

5.6Skryf die sin in die lydende vorm oor.

Arnoldus lag sy ouers se gesprek af. (2)

5.7Gee die antoniem van die woord in hakies.

Dit is (goedkoper) om op universiteit te wees as op skool. (1)

5.8Skryf die sin in die infinitief. Begin die sin soos aangedui.

Arnoldus moet meer verantwoordelik wees.

Begin so: Arnoldus behoort … (1)

(10)

VRAAG 6: VOORBLAD

TEKS E

· Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande voorblad gebaseer.

(Uit:Marlimakeup.com)

Graad 1110Afrikaans EAT

6.1 Kies die korrekte voornaamwoord in hakies.

Emo laat (sy / syne / hom) nooit flous nie. (1)

6.2 Begin die sin met die voegwoord in hakies.

Emo is gek oor tegnologie. Hy besit ‘n ou selfoon. (Alhoewel) (2)

6.3 Verander die sin in ‘n vraagsin.

Alles op die voorblad kom uit die tagtigs. (1)

6.4 Kies die korrekte antwoord.

Vuurwapen is ‘n voorbeeld van ‘n

A. samestellende afleiding

B. samestelling

C. afleiding(1)

6.5 Kies die korrekte voorsetsel in hakies.

Emo hou die lêer (onder / in / bo) sy arm vas. (1)

6.6 Skryf die sin in die indirekte rede oor.

Emo vra: “Watter tegnologie werk vir jou?” (2)

6.7 Gee die korrekte vorm van die woord in hakies.

Doen al jou (betaal) met jou selfoon. (1)

6.8 Word die sin letterlik of figuurlik bedoel?

Jou huis moet slim van binne en van buite wees. (1)

(10)

TOTAAL VIR AFDELING C: 40

GROOTTOTAAL: 80