greycollegesecondary.com · web viewiets wat met die blote oog gesien kan word. meersellig iets wat...

5
Natuurwetenskappe Graad 9 Informele Aktiwiteite Aktiwiteit 1 – Plantsel 1.1 Noem die kleinste eenheid van alle lewende organismes. ____________________ 1.2 Benoem die onderstaande plantsel (voorsien die byskrifte). 1.3 Identifiseer uit die diagram hierbo, die deel/organel wat elk van die funksies hieronder gelys, verrig: Funksie Deel of organel Bevat die DNA wat die oorerflikheidseienskappe bepaal. Dit omring die inhoud (sitoplasma) van die sel en kontroleer die stowwe wat die sel binnegaan of verlaat (selektief deurlatend) ‘n Jellieagtige stof wat ‘n vloeibare medium vir al die chemiese reaksies wat in die sel plaasvind, verskaf. Die organel waarin sellulêre respirasie plaasvind en wat energie uit glukose vrystel. Die organel wat chlorofil vir fotosintese bevat. Dit omring die selmembraan en verskaf ondersteuning en beskerming. Vloeistofgevulde sakkies wat stowwe soos water, suiker en soute stoor.

Upload: others

Post on 09-Mar-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: greycollegesecondary.com · Web viewIets wat met die blote oog gesien kan word. Meersellig Iets wat te klein is om met die blote oog te sien. 3.3 Voltooi die leë blokke met die korrekte

Natuurwetenskappe Graad 9 Informele Aktiwiteite

Aktiwiteit 1 – Plantsel

1.1 Noem die kleinste eenheid van alle lewende organismes. ____________________

1.2 Benoem die onderstaande plantsel (voorsien die byskrifte).

1.3 Identifiseer uit die diagram hierbo, die deel/organel wat elk van die funksies hieronder gelys, verrig:

Funksie Deel of organel

Bevat die DNA wat die oorerflikheidseienskappe bepaal.

Dit omring die inhoud (sitoplasma) van die sel en kontroleer die stowwe wat die sel binnegaan of verlaat (selektief deurlatend)‘n Jellieagtige stof wat ‘n vloeibare medium vir al die chemiese reaksies wat in die sel plaasvind, verskaf.Die organel waarin sellulêre respirasie plaasvind en wat energie uit glukose vrystel.

Die organel wat chlorofil vir fotosintese bevat.

Dit omring die selmembraan en verskaf ondersteuning en beskerming.

Vloeistofgevulde sakkies wat stowwe soos water, suiker en soute stoor.

1.4 Watter dele/organelle SIGBAAR in die diagram bewys dat dit ‘n PLANTSEL is?

__________________________________________________________________

1.5 Watter komponent van ‘n plantsel dra by tot die reëlmatige vorm daarvan? _______

1.6 Watter organel bestaan uit die nukleoplasma en die nukleusmembraan? _________

1.7 Noem die groen pigment wat in chloroplaste teenwoordig is. __________________

Page 2: greycollegesecondary.com · Web viewIets wat met die blote oog gesien kan word. Meersellig Iets wat te klein is om met die blote oog te sien. 3.3 Voltooi die leë blokke met die korrekte

Aktiwiteit 2 – Dierselv2.1 Maak ‘n eenvoudige lynskets van ‘n DIERSEL. Verskaf duidelike byskrifte.

(Teken met ‘n potlood; byskrifte in pen. Trek byskriflyne met ‘n liniaal. Alle byskrifte aan die regterkant.)

2.2 Verduidelik waarom diere nie chloroplaste nodig het nie.

__________________________________________________________________

2.3 Van watter organel is daar net ‘n paar kleineres of geen? _____________________

2.4 Vergelyk ‘n plantsel met ‘n diersel.

2.4.1 TABULEER die verskille in die tabel hieronder:

2.4.2 Ooreenkomste: Noem die organelle / komponente wat in beide plant- en

dierselle teenwoordig is. _________________________________________

2.5 Verduidelik waarom dierselle nie selwande soos plantselle benodig nie.

__________________________________________________________________

2.6 Verduidelik waarom dierselle meer mitochondria as plantselle benodig.

_________________________________________________________________

2.7 Voorsien elk van die onderstaande selmodelle met ‘n gepaste opskrif:

Aktiwiteit 3 – Vlakke van biologiese organisasie: Sel tot organisme2

Plantsel DierselSelwandVormChloroplasteVakuole

Page 3: greycollegesecondary.com · Web viewIets wat met die blote oog gesien kan word. Meersellig Iets wat te klein is om met die blote oog te sien. 3.3 Voltooi die leë blokke met die korrekte

3.1 Rangskik die terme in die regte volgorde:

weefsel, organisme, orgaan, sel, stelsel

_________ __________ ___________ ___________ __________

3.2 Vir elke beskrywing in KOLOM B, kies die korrekte woord/term in KOLOM A. Skryf die korrekte woord/term langs die beskrywing in die oop spasies neer.

KOLOM A KOLOM B KORREKTEWOORD of TERM

Makroskopies Organismes wat uit baie selle bestaan.Mikroskopies Organismes wat uit ‘n enkele sel bestaan. Eensellig Iets wat met die blote oog gesien kan word. Meersellig Iets wat te klein is om met die blote oog te sien.

3.3 Voltooi die leë blokke met die korrekte inligting:

3

Diagram Byskrif Beskrywing

Sel

‘n Groep sellle wat almal dieselfde struktuur het en dieselfde funksie vertolk.

Orgaan

Stelsel

Opgebou uit ‘n aantal stelsels wat almal saam werk.