annelienimmo.weebly.com  · web viewjy sal gepenaliseer word as jy die bronne net so oorskryf. jou...

7
Page 1 of 5 Eksaminator: A. Nimmo Moderator: C. Griessel Handtekening: Datum: Februarie 2019 Hoërskool Jan van Riebeeck 2019 Graad: 10 Vak: GESKIEDENIS Assessering: Kontroletoets 1 Punte: 75 1½ uur Naam van leerling: Klas : J V R Datum: Punte behaal: (%): Handtekening van eksaminator: Totaal: 75 Simbool : Handtekening van ouer: Sub- totaal Punt Mod. Kommentaar: BB 25 Opste l 50 Intervensie: Handtekening van moderator: INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie toets bestaan uit vrae en ’n addendum met bronne. Lees alle bronne noukeurig deur. Beantwoord alle vrae en volg alle instruksies. Nommer alle vrae soos aangedui.

Upload: others

Post on 18-Mar-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: annelienimmo.weebly.com  · Web viewJy sal gepenaliseer word as jy die bronne net so oorskryf. Jou opstel moet ongeveer 300-400 woorde wees. Jou opstel moet ‘n inleiding, paragrawe

Page 1 of 5

Eksaminator: A. Nimmo

Moderator: C. Griessel

Handtekening:

Datum: Februarie 2019Hoërskool

Jan van Riebeeck2019

Graad: 10

Vak: GESKIEDENIS

Assessering: Kontroletoets 1

Punte: 75 1½ uur

Naam van leerling:Klas: J V RDatum:

Punte behaal: (%): Handtekening van eksaminator:

Totaal: 75 Simbool: Handtekening van ouer:

Sub-totaal Punt Mod. Kommentaar:BB 25

Opstel 50

Intervensie:

Handtekening van moderator:

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Hierdie toets bestaan uit vrae en ’n addendum met bronne.

Lees alle bronne noukeurig deur.

Beantwoord alle vrae en volg alle instruksies.

Nommer alle vrae soos aangedui.

Jy sal gepenaliseer word as jy die bronne net so oorskryf.

Jou opstel moet ongeveer 300-400 woorde wees.

Jou opstel moet ‘n inleiding, paragrawe en ‘n slot insluit.

‘n Asseseringsmatriks sal gebruik word om jou antwoord te beoordeel.

Skryf netjies en leesbaar.

Page 2: annelienimmo.weebly.com  · Web viewJy sal gepenaliseer word as jy die bronne net so oorskryf. Jou opstel moet ongeveer 300-400 woorde wees. Jou opstel moet ‘n inleiding, paragrawe

Page 2 of 5

GRAAD 10 - GESKIEDENIS

KONTROLETOETS 1 – Februarie 2019

1½ uur 75 Punte-------------------------------------------------------------------------------------------------------SLEUTELVRAAG: Hoe het die Ming en Songhai ryke rondom die 1600's

dominante koninkryke geraak?

1.1 Verwys na Bron A1.1.1 Hoeveel seevaart ekspedisies is volgens Bron A deur Zheng He

gelei? (1 x 1) (1)

1.1.2 Verwys na Bron A en jou eie kennis om die volgende sleutelwoordete verduidelik: a) handelaars (1 x 2) (2) b) dinastie (1 x 2) (2)

1.1.3 Noem enige TWEE redes waarom die Ming dinastie sulke groot projekte as seevaart ekspedisies aangepak het. (2 x 1) (2)

1.1.4 Lees Bron A noukeurig en gebruik jou eie kennis om te

verduidelik hoe die Chinese seevaart ekspedisies handel beïnvloed het. (2 x 2) (4)

1.2 Bestudeer Bron B en Bron C.1.2.1 Hoe ondersteun Bron B en Bron C mekaar ten opsigte van handel

in Timboektoe? (1 x 2) (2)

1.2.2 Is Bron B ‘n primêre of sekondêre bron? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2 x 1) (2)

1.2.3 Hoe bruikbaar is Bron B om die belangrikheid van kennis en geleerdheid in the Songhai Ryk te illustreer? (2 x 2) (4)

1.3 Gebruik al die bronne en jou eie kennis.Skryf ‘n paragraaf van ongeveer 60-80 woorde oor die prestasies van die Ming en Songhai koninkryke in the 1600’s.

(6)

[25]

Page 3: annelienimmo.weebly.com  · Web viewJy sal gepenaliseer word as jy die bronne net so oorskryf. Jou opstel moet ongeveer 300-400 woorde wees. Jou opstel moet ‘n inleiding, paragrawe

Page 3 of 5

VRAAG 2 - DIE WÊRELD IN DIE 1600’S

Verduidelik hoe die wêreld in die 1600s daar uitgesien het. Bespreek ooreenkomste en verskille tussen die Europese gemeenskappe en die Ming, Moghol en Songhai ryke deur te fokus op enige twee samelewings se prestasies en swakpunte.

Jou opstel moet ongeveer 300-400 woorde lank wees. Onthou om ‘n inleiding, paragrawe en ‘n slot in te sluit. (50)

[50]

GROOTTOTAAL: {75}

Page 4: annelienimmo.weebly.com  · Web viewJy sal gepenaliseer word as jy die bronne net so oorskryf. Jou opstel moet ongeveer 300-400 woorde wees. Jou opstel moet ‘n inleiding, paragrawe

Page 4 of 5

BYLAE MET BRONNE

SLEUTELVRAAG: Hoe het die Ming en Songhai ryke rondom die 1600's dominante koninkryke geraak?

BRON A

Hierdie bron verduidelik die soort skepe wat gebou is en seevaart ekspedisies wat onderneem is deur die keisers van die Ming dinastie in die 15de eeu.

Die mees buitengewone onderneming gedurende hierdie tydperk was egter die versending van Zheng He se sewe vloot ekspedisies, wat die Indiese oseaan en die Suidoos-Asiatiese vasteland verken het. Zheng was 'n ambisieuse eunug (gekastreerde amptenaar) van Hui afkoms en 'n buitestaander van die geleerde elite. Hy het sewe ekspedisies van 1405 tot 1433 gelei. Hy het selfs miskien so ver as die Kaap van Goeie Hoop gereis, en volgens die omstrede 1421 teorie, na die Amerikas.

Die ekonomiese redes vir hierdie groot ondernemings mag belangrik gewees het, want baie van die skepe het groot privaat kajuite vir handelaars gehad. Maar die hoofdoel was waarskynlik politieke redes: om verdere state as skatpligtiges in te lyf en dit ook die oorheersing van die Chinese Ryk te illustreer. Ten spyte van hul formidabele en ongekende invloed, was Zheng He se ontdekkingstogte, in teenstelling met Europese ontdekkingstogte later in die Vyftiende eeu, nie bedoel om Chinese soewereiniteit oorsee uit te brei nie. (Hulle het nie enige gebiede gekoloniseer nie.)

Aanduidend van die kompetisie tussen die elite, het hierdie reise ook polities omstrede geraak. Zheng He se ontdekkingstogte is deur sy mede-hofdienaars aan die hof ondersteun, maar is sterk teengestaan deur die geleerde amptenare. Hul antagonisme was, in werklikheid, so groot dat hulle probeer het om enige melding van die vloot ekspedisies in die amptelike koninklike rekords te verhoed.

Teen die einde van die vyftiende eeu is koninklike amptenare verbied om skepe te bou of om die land te verlaat. Sommige historici spekuleer dat hierdie maatreël geneem is in reaksie op seerowery, maar gedurende die middel-1500’s, het handel weer begin toeneem toe silwer papiergeld as geldeenheid vervang het. Die waarde van silwer het die hoogte ingeskiet in vergelyking met die res van die wêreld, en beide handel en inflasie het gegroei namate China silwer begin invoer het.

(Bron: http://www.newworldencyclopedia.org/entry/Ming_dynasty#Exploration_to_Isolation)Vry vertaal deur A. NimmoBRON B

Page 5: annelienimmo.weebly.com  · Web viewJy sal gepenaliseer word as jy die bronne net so oorskryf. Jou opstel moet ongeveer 300-400 woorde wees. Jou opstel moet ‘n inleiding, paragrawe

Page 5 of 5

Hierdie bron is 'n eerstehandse verslag oor die handel en geleerdheid in Timboektoe in die vroeë 1500’s, soos beskryf deur Leo Africanus.

Daar is baie winkels van ambagsmanne en handelaars, veral van diegene wat katoen en lap weef. Handelaars bring lap uit Europa na hierdie plek. Al die vroue van hierdie gebied, behalwe bediendes, sorg dat hul gesigte bedek word en verkoop allerhande soorte kos... Hier is daar baie dokters, regters, priesters en ander opgeleide mans wat goed onderhou word op die koning se onkoste. Baie manuskripte en boeke kan hier gekoop word en is hier vir meer geld as enige ander handelsware te koop.

(Bron: Descrittione dell’Africa wat in 1550 gepubliseer is)

BRON C

Hierdie skildery wys hoe handelaars Timboektoe in die 15de eeu nader.