gdecontent.co.za  · web viewkfc se nuwe kitkat krusher – dis ’n mondvol! wanneer jy ’n...

35
COP INFORMELE ASSESSERING – VRAESTEL 1 DIE BESPREKING Ontleding van ‘n advertensie ’n Advertensie het slegs een doel - om mense te oorreed om iets te doen wat hulle normaalweg nie sou doen nie, bv. om ’n produk te koop, of om op te hou rook, of om ’n byeenkoms by te woon. Advertensies trek gewoonlik ’n teikenleser se aandag deur een van of ’n kombinasie van die volgende te gebruik: die uitleg van die advertensie, m.a.w. die grootte van die advertensie, die grafika wat gebruik is, lettertipe en -grootte,kleur ens. die gebruik van mooi/interessante mense/diere vindingryke slagspreuke soos bv. KFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat word geadverteer en hoe weet jy dit? Wie is die teikenleser? (wie sal waarskynlik die advertensie lees/wie sal waarskynlik die geadverteerde produk koop?) Wat het die ontwerpers van die advertensie gedoen om seker te maak dat dit die teikenleser se aandag trek? Kyk byvoorbeeld na die uitleg en die verskillende lettertipes wat gebruik is. Watter tipe taal gebruik die ontwerpers en hoekom gebruik hulle sekere woorde? Oortuig/oorreed hierdie advertensie jou om tot aksie oor te gaan of nie? Motiveer.

Upload: others

Post on 03-Jul-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

COP INFORMELE ASSESSERING – VRAESTEL 1DIE BESPREKING

Ontleding van ‘n advertensie

’n Advertensie het slegs een doel - om mense te oorreed om iets te doen wathulle normaalweg nie sou doen nie, bv. om ’n produk te koop, of om op tehou rook, of om ’n byeenkoms by te woon.

Advertensies trek gewoonlik ’n teikenleser se aandag deur een van of ’nkombinasie van die volgende te gebruik:

die uitleg van die advertensie, m.a.w. die grootte van die advertensie, die grafika wat gebruik is, lettertipe en -grootte,kleur ens.

die gebruik van mooi/interessante mense/diere vindingryke slagspreuke soos bv. KFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n

Mondvol!

Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink:

Wat word geadverteer en hoe weet jy dit? Wie is die teikenleser? (wie sal waarskynlik die advertensie lees/wie sal

waarskynlik die geadverteerde produk koop?) Wat het die ontwerpers van die advertensie gedoen om seker te maak dat dit

die teikenleser se aandag trek? Kyk byvoorbeeld na die uitleg en die verskillende lettertipes wat gebruik is.

Watter tipe taal gebruik die ontwerpers en hoekom gebruik hulle sekere woorde?

Oortuig/oorreed hierdie advertensie jou om tot aksie oor te gaan of nie? Motiveer.

Let op die effektiewe gebruik van leestekens om ’n sekere atmosfeer te skep/emosie op te wek.

Beeldspraak (bv. vergelykings, metafore, personifikasie, ens.) en stylfigure (bv. klanknabootsing, kontras, ironie, satire, humor, ens.) is ook effektiewe

advertensiemiddele.

Page 2: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

Dit is die (1.1.)(goed) energieke Opvoedkundige musiek vir kinders van alle ouderdomme in Afrikaans.Supercool en CAMI Education stel elke jaar 'n nuwe opvoedkundige CD vir kinders vry, getiteld "Wiskunde is Supercool".

Cami het altyd ‘n wonderlike boodskap: Jy kan!

Wat trek die leser se aandag?

Kyk na die lyftaal en gesigsuitdrukkings.

Geslaagdheid en doel van die advertensie

Let op na die woordeskat

Let op: verskillende lettertipes en –groottes.

Gebruik van uitroeptekens

Let op na die syfers in die agtergrond: wat is die funksie

daarvan?

Oorredingstaal

Page 3: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

CAMI is reeds vir 14 jaar die leier in die ontwikkeling van opvoedkundige sagteware. CAMI bied jóú kleuter die geleentheid om van kleins af alle nodige vaardighede en vermoëns aan te leer om ’n blink toekoms te verseker! CAMI bied uitmuntende modules in

Wiskunde, Lees (Afrikaans & Engels), Perseptuele Vaardighede en Wetenskap aan.Om meer info te bekom oor shows of die CD aan te skaf, e-pos ons by [email protected]

Page 4: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

Ontleding van ‘n strokiesprent

’n Spotprent is ’n enkele skets wat uit een raampie bestaan. Wanneer dit uit verskeie raampies bestaan, wat elkeen sy eie tekening bevat, word dit ʼn strokiesprent genoem. Soms vorm ʼn strokiesprent se sketse ʼn logiese volgorde sodat dit ʼn storie vorm.

Behalwe vir die skets(e ) in elke raampie word ’n spotprent/strokiesprent ook aan spraakborrels gekenmerk.

’n Spotprent/strokiesprent mag humoristies wees om die leser daaroor te laat lag of dit mag meer ernstig van aard wees indien die kunstenaar die leser se aandag op ’n aktuele saak wil vestig waaroor die leser moet nadink.

Die strokiesprent het gewoonlik in die laaste raampie ’n trefreël. ’n Trefreël is die laaste paar woorde van die strokiesprent se storie wat ’nhumoristiese/satiriese/ironiese boodskap oordra.

Ekstra inligting by die ontleding van ’n spotprent/strokiesprent

Spotprente/strokiesprente se karakters kan mense of diere wees. Spotprentkunstenaars/strokiesprentkunstenaars oordryf soms in hulle sketse ’n sekere aspek van die karakter se uiterlike voorkoms, bv.’n oordrewe neus of spykerdun bene, diere kan bv.klere dra ens. Dan staan sulke karakters as karikature bekend. Baie keer sal kunstenaars karikature van bekende mense soos politici, vermaaklikheidskunstenaars, rolprentsterre of ander openbare figure teken met die doel om satiriese kommentaar te lewer. Satire beteken om iemand se standpunte / oortuigings /menings / uitlatings op ’n indirekte wyse te kritiseer.

Wanneer jy ’n spotprent/strokiesprent moet ontleed, is dit belangrik om aandag aan die volgende vrae te skenk:

Is die doel van die spotprent/strokiesprent om my te laat lag of wil dit hê dat ek ernstig moet nadink oor die tema wat aangespreek moet word?Wat kan ek omtrent die liggaamstaal van die karakters in die teks aflei?Wat kan ek aflei t.o.v. die lettertipe en -grootte wat gebruik is?Gee die gebruik van leestekens dalk ’n spesifieke boodskap?Watter verbande kan ek tussen die woorde en die sketse/tekeninge lê?

Om ’n spotprent/strokiesprent suksesvol te analiseer, moet jy in staat wees om: die doel van die spotprent/strokiesprent te kan aflei; te verstaan waarom sekere karakters gebruik is en wat die rede is vir die

manier waarop hulle geteken is; te verstaan hoe die manier waarop woorde in die spotprent/strokiesprent

geskryf is (lettertipe en -grootte) die betekenis van die spotprent/strokiesprent beïnvloed; en

die invloed wat leestekengebruik op die boodskap het, te kan bepaal.

Page 5: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

STROKIESPRENT 1

DEAN

Verwerk uit https://gocomics.azcentral.com 25 Januarie 2020

Handegevou en gesigsuitdrukking: besef dat hy uitgevang is

Emotiewe taal

Lees die boodskap op sy telefoon wat op hom van toepassing is.

Tydsverloop

Die naam van die koerant dui daarop dat die inligting van die koerant nie op feite

gegrond is nie/ nie betroubare bron nie/dis

slegs skindernuus

Die herhaling in betekenis van die woorde nog steeds beklemtoon die man se bedrieglike optrede

Afleiding : hy erken dat hy sy verskaffers bedrieg het. afgelei van die woorde nog steeds in die vraag en die man se antwoord en reaksie op die verslaggewer se vraag.

Ironie: Hy noem die joernalis ‘n monster terwyl hy die eintlike monster is.

Let ook dat sy haarstyl lyk soos die van ‘n monster/duiwel.

Hoofletters dui daarop dat die woorde geskree word. En die gebruik van die uitroepteken ondersteun sy emosie/woede

Let ook daarop dat sy handgebare die woorde ondersteun

Die naam word doelbewus verkeerd gespel, want dit is

soos die naam van die koerant gespel word.

Die misbaksel is trots op die manier hoe hy sy verskaffers behandel

Een week laterDankie, nou weet

ek wat ek wou weet!

GEE PAD UIT MY KANTOOR, JOU

MONSTER!

Jy erken dus jy het dit in die verlede gedoen?

NEE! NATUURLIK NIE!

My eerste vraag: “Bedrieg jy nog steeds jou verskaffers?”

Enige tyd. Geen probleem nie!

‘n Joernalis van SKINNERBLAD wil ‘n

onderhoud met jou voer

Page 6: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

STROKIESPRENT 2

Big Nate

Verwerk uit https://gocomics.azcentral.com 25 Januarie 2020

“Duime rol” beteken om niks te doen nie. Aksie word beklemtoon deur

die hoofletters

Geïrriteerde gesigs-uitdrukking

Selfvertroue straal uit liggaamshouding.

Persoon wat praat is nie sigbaar op die strokie nie.

Sweetdruppels dui die inspanning aan wat die oefening vereis en dat dit baie erger is as detensie.

HOU JOU RUG REGUIT!

Ek mis die duim-rollery.

Kan ek nou maar gaan?

PRESIES!

Jy sit hier en duime rol terwyl jy iets kon DOEN!

Ek stem saam!

As jy my vra, is detensie ‘n totale vermorsing van tyd!

Gedagtespraak se spraakborrelhet geronde kante en sirkels wat wys na die persoon wat dink.

.

Page 7: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

OEFENING 1AFDELING ATEKS A ARTIKEL

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

DÍS HOE JY WERKGEWERS KAN BEÏNDRUK IN 'N AANLYN ONDERHOUD

Deur Kim Arendse 10 Januarie 2020

1 Is jy in die nuwe jaar op soek na 'n nuwe werk? Jy beskik moontlik oor al die vaardighede, kwalifikasies en ervaring vir die pos waarvoor jy aansoek doen, en jy is dalk ook goed daarmee om in lewende lywe 'n goeie eerste indruk te maak.

2 Maar sê nou maar jou potensiële werkgewer of werwer versoek 'n aanlyn onderhoud?

5

3 Onderhoude deur middel van aanlyn videoplatforms soos Skype, Bluejans en selfs WhatsApp word ál gewilder. En hoewel die voorbereiding vir so 'n onderhoud dalk soortgelyk is aan dié vir 'n tradisionele een, is daar 'n paar belangrike verskille waarvan jy moet bewus wees as jy die werk wil losslaan.

10

WAT IS DIE VOORDELE?

4 Virtuele of video-onderhoude word om verskeie redes ál meer ingespan, en dit hou bepaalde voordele vir die werkgewer sowel as die aansoeker in, sê Phiona Martin, 'n bedryfsielkundige.

5 " 'n Toename in virtuele werkspanne, mense wat van die huis af en oor grense of vastelande heen werk en tydelike poste vir onafhanklike werkers beteken dis nie meer nodig dat julle vir 'n werkonderhoud in dieselfde vertrek hoef te wees nie," sê sy.

15

6 "Dit het dikwels meer sin vir 'n aansoeker om 'n uur lank op 'n stil plek te vertoef pleks van na en van die onderhoudplek te reis, veral wanneer 'n onderhoud op kort kennisgewing moet gebeur." 20

7 Virtuele onderhoude kan reiskoste en tyd bespaar as jy in 'n ander stad is. Dit stel jou ook in staat om 'n onderhoud in die gerief van jou eie omgewing te doen, en die werwingsproses kan vinniger verloop danksy minder vertragings weens botsende programme.

8 Een van die grootste voordele vir potensiële werknemers is dat onderhoude vinnig en maklik binne hul bestaande kantoorure kan plaasvind. Hulle hoef dus nie ongemaklike verskonings vir hul huidige werkgewer te gee as hulle oor middagete of teetyd 'n kort rukkie vir die

25

Page 8: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

onderhoud wil afknyp nie.

9 Moet dus nie daarvoor skrik as jou potensiële nuwe werkgewer 'n aanlyn onderhoud versoek nie – dit beteken nie hy of sy wil jou nie persoonlik ontmoet nie, bloot dat dit prakties sal wees om deur middel van die internet te gesels en julle albei tyd en moeite sal bespaar.

30

WAARVOOR MOET JY LIG LOOP?

10 Sibongile Lehloo, 'n bemarkingsdirekteur by die digitale loopbaanplatform JobStarter, sê dis 'n algemene verskynsel dat kandidate nie vir onderhoude opdaag wanneer dit aanlyn gevoer word nie.

35

11 Sy het ook al aansoekers gehad wat onseker was oor hoe om tydens 'n foon- of video-oproep professioneel op te tree. "Dit maak nie saak hoe goed 'n kandidaat op papier lyk nie, dié faktore kan 'n negatiewe uitwerking op hul aansoek hê." Maak dus seker jy teken noukeurig die regte datum en tyd aan, en volg dié wenke om voor te berei. 40

LOS TEGNIESE PROBLEME VOOR DIE TYD OP

12 Doen jou bes om tegniese haakplekke vooraf uit te stryk. Gebruik jou skootrekenaar of tablet pleks van jou foon – dit sal help om kommunikasieprobleme te voorkom, sê Sibongile. "Jy kom dit dalk nie agter nie, maar jou hande bewe wanneer jy 'n foon vashou en dit kan dié wat na jou kyk, se aandag aflei. Jy weet ook nie hoe lank die onderhoud sal duur nie; dus kan batterykrag wat opraak en netwerkverbindingsprobleme 'n negatiewe uitwerking hê."

45

13 Sodra die datum en tyd vir jou onderhoud bevestig is, maak seker jy is vertroud met die platform wat die werkgewer daarvoor gekies het. Laai die sagteware af, indien nodig, lees die aanwysings en kyk YouTube-video's vir wenke. Stel alles vooraf op sover jy kan: As die onderhoud byvoorbeeld op Skype gaan plaasvind, voeg solank die werkgewer as 'n kontak by.

50

14 'n Oefenlopie sal jou selfvertroue 'n hupstoot gee en jou die geleentheid bied om van enige hindernisse ontslae te raak. Vra 'n vriend om jou hiermee te help. Doen die oefenlopie in die plek en omgewing waar jy die onderhoud gaan voer en let op die sterkte van die internetverbinding. Maak ook seker dat jy naby 'n plek sit waar jou toestel tydens die onderhoud gelaai kan word en dat die toestel en jou oorfone of luidsprekers op hul beste werk. Laat jou vriend mooi luister of hy jou duidelik kan hoor.

55

15 "Dis ideaal om Wi-Fi te gebruik, maar as jy nie 'n geskikte plek met Wi-Fi kan kry nie – byvoorbeeld 'n vriend se huis, 'n kantoor of 'n stil tafel in

60

Page 9: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

'n koffierestaurant of internetkafee – sorg dat jy oorgenoeg data beskikbaar het," sê Martin.

16 Dis ook 'n goeie idee om die werkgewer of werwer se foonnommer byderhand te hê sodat jy hulle kan bel as daar tegniese probleme is wat nie opgelos kan word nie.

65

[Verwerk uit https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Jou-lewe/...-20200110]

TEKS B VISUELE TEKS

KEKKELEN

KLOEKdeur WIM BOSMAN

RAAMPIE 1

RAAMPIE 2 RAAMPIE 3

[Verwerk uit http://southafricancomicbooks.blogspot.com]

VRAE: TEKS A

1.1 Op wie is hierdie artikel gemik? Watter DRIE dinge moet jy in ag neem wanneer jy om 'n pos aansoek doen? (4)

1.2 Herlees paragraaf 2.

Verduidelik kortliks in jou eie woorde wat die verskil tussen 'n werkgewer en 'n werwer is. (2)

1.3 Watter tegnologie word aangewend om onderhoude te voer wanneer (3)

Man, as dit 'n oudisie vir "Idols" was, het hy uitgeval.

O heng, en hoe klink dit toe?

Net toe ou Haandrik vanmôre lostrek met sy eerste kraai,

breek die stellasie.

Page 10: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

die onderhoudvoerder en potensiële werknemer nie in dieselfde lokaal is nie?

1.4 Waarom kan Phiona Martin se uitsprake as geloofwaardig beskou word? (1)

1.5 Watter ooreenkoms is daar tussen virtuele onderhoude en die moderne werkplek? (2)

1.6 Noem TWEE voordele wat virtuele onderhoude inhou. Hoe word die aansoeker bevoordeel wanneer van dié tipe onderhoudvoering gebruik gemaak word? (3)

1.7 Herlees paragraaf 10 en 11.

Watter rede voer Sibongile Lehloo aan vir kandidate wat nie vir aanlyn onderhoude opdaag nie? (1)

1.8 Sê in jou eie woorde waarom dit beter is om 'n rekenaar of tablet vir 'n video-onderhoud te gebruik, eerder as 'n selfoon. (1)

1.9 Watter inligting is noodsaaklik voordat 'n Skype-gesprek kan plaasvind?Die persoon/instansie moet 'n kontak in jou adreslys wees. (1)

1.10 Noem DRIE redes waarom dit raadsaam is om eers op die videoplatform waarmee die onderhoud gevoer gaan word, te oefen. Watter ander ??? is noodsaaklik om 'n suksesvolle onderhoud te verseker? (4)

1.11 In paragraaf 16 word verwys na tegniese probleme wat mag voorkom. Aan watter ánder probleme kan jy dink, wat 'n aanlyn onderhoud in die wiele mag ry? Indien jy die onderhoudvoerder skakel om die probleem te verduidelik, watter tipe onderhoud sal dan gevoer word? (2)

VRAE: TEKS B

1.12 Wie is Haandrik na wie in RAAMPIE 1 verwys word? Bespreek die woordspeling in dié naamgewing kortliks. (3)

1.13 Wat impliseer die hen in RAAMPIE 1 se woorde? (1)

VRAE: TEKS A EN TEKS B

1.14 Herlees paragrawe 1 tot 3 van TEKS A, sowel as TEKS B.

Haal 'n woord uit TEKS A aan wat min of meer dieselfde betekenis het as "oudisie" in RAAMPIE 3 van TEKS B. Noem die faktor(e) waaroor

(2)

Page 11: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

Haandrik nie beskik om 'n suksesvolle oudisie af te lê nie.[30]

Page 12: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

OEFENING 2

ADVERTENSIE: VRAAG 3

Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Page 13: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

TEKS D

ADVERTENSIE: Vraag 3

3.1 Skryf die meervoud van die woord glasie in die titel. [1]

3.2 Wat is die funksie van die koppelteken in die woord 90-jariges? [1]

3.3 Maak ‘n sin waarin die woord babaskoene denotatief gebruik word. [1]

3.4 Bepaal die basisvorme / stamme van die woord babaskoene. [2]

3.5 Verskaf ‘n ntonym vir die woord jongste in die eerste paragraaf. [1]

3.6 Wat noem ons die aksentteken op die woord dít. [1]

3.7 Identifiseer die volgende sin:

So, klink ‘n glasie op Afrikaans deur dit te leef, te praat, te skryf en te

luister! [1]

3.8 Wie is die teikenleser wat die adverteerder met hierdie advertensie wil bereik?

Dink jy hierdie advertensie slaag in sy doel om die leser te oortuig om Afrikaans

te vier? Motiveer jou antwoord. [2]

TOTAAL: 10

OEFENING 3

Page 14: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

STROKIESPRENTE: INFORMELE ASSESSERING

VRAAG 4

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

STROKIESPRENT: Vraag 4:

4.1 Herskyf raampie 1 in die indirekte rede. [1]

4.2 Wat impliseer Hagar met sy woord in spraakborrel 2. [1]

4.3 Verander die 2 sinne in raampie 5 na ‘n redegewende veelvoudige sin. [1]

4.4 Hoe word taal in raampie 8 tot 12 aangewend om mag te demonstreer? [1]

4.5 Wat doen ons wanneer ons sê vrou vat altyd lank om aan te trek? [1]

4.6 Gee die 2 meervoudsvorme van vrou (raampie 12) [2]

4.7 Gee die afkorting van Maart. [1]

4.8 Gee ‘n sinoniem vir beslis in raam 8. [1]

Page 15: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

4.9 Hoe ondersteun Helga se lyftaal in raam 9 haar opmerking in raam 6 dat sy

besluiteloos is. [1]

TOTAAL [10]

OEFENING 4

ARTIKEL: INFORMELE ASSESSERING

VRAAG 5

Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

CROISSANTE, BOEDAPEST EN TURKE

1 Croissant is een van daardie woorde wat ‘n mens twee keer laat dink voor jy dit uitspreek of spel! Dit word min of meer so uitgespreek: kwasô(n). 5.3 Die woord kom oorspronklik uit die Latyn crescere wat groei of toe neem beteken omdat die broodjie se deeg 5.4 uitrys en groter word soos dit bak . Croissants en of croissante is heerlike halfmaanvormige broodjies wat saam met ‘n cappuccino geniet kan word.

2 ‘n Mens dink sommer dadelik aan ‘n romantiese toneeltjie van ‘n mooi Franse straatkafee. Dit is egter nie waar croissante vandaan kom nie. Dit kom, om die waarheid te sê, van die hoofstad van Hongarye.

3 So ‘n paar eeue gelede, in 1686, is Boedapest deur Turke 5.5 omsingel. In daardie tyd het bakkers douvoordag opgestaan en gesien dat die Turke besig was om ‘n tonnel in die stadsmuur te grawe. Hulle kon toe die soldate betyds waarsku en hulle het sodoende die stad gered.

4 Ten einde dit te vier het die bakkers opdrag gekry om brood in die vorm van ‘n halfmaan (soos die halfmaan op die Turkse vlag) te bak. 5.6 Hierdie broodjies het later baie gewild in Frankryk geword.

5 Woorde met moeilike spellings hoef nie net uit die kop geleer te word nie. 5.7 Dit is dalk makliker om die spelling te onthou as die geskiedenis van die woorde op ‘n boeiende manier vertel word.

Bron: Deur: Karien Brits – ATKV-Taallessenaar

Vraag 5: ARTIKEL

Page 16: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

5.1 Skryf die hooftelwoord uit sin 1. Herskryf die woord as ‘n rangtelwoord in

jou eie sin. [2]

5.2 Wat noem ‘n mens die tipe woorde wat oorspronklik uit ander tale verkry

word? [1]

5.3 Identifiseer die spelfout in die onderstreepte sin in paragraaf 1. [1]

5.4 Is die woord in vetdruk in paragraaf 1 ‘n skeibare of onskeibare werkwoord?

Motiveer jou antwoord. [2]

5.5 Verdeel die onderstreepte woord in paragraaf 3 in lettergrepe. [1]

5.6 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 4 in die toekomende tyd. [1]

5.7 Is die onderstreepte sin in paragraaf 5 ‘n feit of ‘n mening? Motiveer jou

antwoord. [2]

TOTAAL [10]

Page 17: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

OEFENING 5AFDELING ATEKS A ARTIKEL

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

VAN MÔRE EN MAANDAG EN VÓÓLGENDE MAANDAGKarin Brynard

As jy 'n nuwe blaadjie omslaan, begin jy op 'n Maandag. Dis tog net logies.

1 Amper Februarie en die jaar hol al weer onder ons uit, hoor ek 'n vrou in die winkel vir haar vriendin sê.

2 "Jy weet dan," sug die vriendin. "Ek wou nog nuwejaarsvoornemens maak, toe's dit te laat." Sy klink moeg, soos een wat daagliks 'n dieseltrein teen die Dutoitskloofpas moet uitsleep.

5

3 Haar maat knik. "Voornemens se voet. My Jakob het die vermetelheid om hulle namens my te maak. So kry ek mos vir Kersfees 'n gimkaart!"

4 "Oukeeeeei," glimlag die trein-sleepster afgemat. "Jy kan dalk bly wees dit was nie 'n grassnyer nie. Gaan jy dit ooit gebruik?"

10

5 "Ek moet seker, hemel weet. My maag is besig om my ribbekas plat te stoot. En nou's Januarie klaar in sy kanon en die gim het my nog nie met 'n oog gesien nie. Ek sê elke keer Maandag; ek begin Maandag. Maar jy weet hoe dit gaan." 15

6 Ek knik sommer saam, al is ek nie deel van die gesprek nie. Ek sit ook met 'n hele kas vol "maandags". Ry op ry sit hulle daar, soos ouderlinge in 'n kerdiens sonder einde.

7 Voor in die koor sit al die pasbekeerdes, algemeen bekend as die Hierdie-Maandag-geroepenes. Dis 'n vrome lotjie, losweg saamgestel uit minder-rooivleis-eters, voortaan-vroeër-opstaners, mindfulness-roetine-soekers, Facebook-geheelonthouers, minder-skermtyd-apostels en eie-groente-tuinkwekers. Almal in uitrustings wat jubel van omgewingsvriendelikheid, antikapitalisme, antiverbruikerskultuur en pro-sosiale bewussyne. Vreeslik sjiek. Sonbrille uit herwinde broodsakkies en sokkies van hennep.

20

25

8 Agtertoe sit die veterane-delegasie onder die ervare leiding van Meester Volgende-Maandag. Dié groep se klere is nie sjiek nie. En dit ruik motbollerig. Hulle sit al lank daar, ervare leiding ten spyt.

9 Agter die veterane sit daar nog 'n rytjie, die über veteraan-oudstryders, 30

Page 18: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

almal in laphoedjies en handgehekelde onderbaadjies. Hulle hoort by die afvaardiging Vóólgende Maandag en is deel van 'n baie bekende tweestemmige spreekkoor:

10 Tenore: "Wat is julle?"

Basse: "Ons is dik en lui."

Tenore: "Wanneer hou julle op?"

Basse: "Maandag."

Tenore: "Môre is Maandag."

Basse: "Vóólgende Maandag."

35

11 Wat is nou so besonders aan 'n Maandag, sou jy tereg kon vra. En ek sou kon voorstel dat dit alles met logika te doen het. En sielkunde.

40

12 Daar is iets inspirerends aan 'n begin wat by die begin begin. Iets bemagtigends, energiegewend. Dinsdag doen dit nou maar eenmaal nie vir ons nie – dis so half tweede beste, nie waar nie? Woensdag, weer, is so 'n ou innie-mirrel-Cyril-moffel-mê-geval. Donderdag is jy te gespanne oor alles wat nog gedoen moet word teen Vrydag. En Vrydag is natuurlik die dag waarop jy alles afknyp en klaarmaak. Daarna lê die groot slapte van die naweek voor. Geen geestesgesonde mens begin iets behoorliks op 'n Vrydag nie.

45

13 Maandag hou vanselfsprekend in dat jy met 'n skoon lei begin. Voorbeeld: ophou-lekkers-eet-Maandag. Jy maak eers die bestaande voorraad op. Jy eet alles wat in die kaste oor is (weggooi tel nie, snaaks genoeg, dit word as kierang gereken). Jy sorg gewoon dat jou huis en jou kar en jou broek- en baadjiesakke, jou handsak en selfs rekenaarsak lekkergoedvry is. Onthou, ons begin met 'n skoon lei.

50

55

14 As jy deur die loop van jou skoonlei-Maandag per ongeluk sondig – 'n stuk sjokoladeverjaardagkoek trek jou tienuur by die werk plat – dan is die hele spel verbreek en jy kan vanselfsprekend eers weer Vóólgende Maandag begin.

15 Nou is dit ongelukkig so dat die meeste maande net vier Maandae het. En as jy in gedagte hou dat jy minstens één Volgende Maandag en een Vóólgende Maandag gaan nodig hê, raak jou beweegruimte vir Hiérdie-Maandae werklik beperk. Voor jy dit weet, is die Maandae opgebruik en sit jy op die glybaan na die gevreesde Volgende Maand. En so hol die hele jaar kierts-kierts onder ons uit.

60

65

16 Maar ontspan. Vir eers het jy nog 'n hele paar Volgende Maandae vir

Page 19: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

Februarie in die bank. En dan moet jy nou maar sielkundig beur oor jou eerste Volgende Maand (dit gebeur in die beste families, hoor). Maar einde Maart kom jy voor jou eerste Volgende Kwartaal te staan. Die tweede Volgende Kwartaal is Junie tot September en die laaste kwartaal tel nie, want hy het nie 'n Volgende Kwartaal nie omdat jy klaar op die stoep van Volgende Jaar geparkeer staan.

70

17 Ek weet nie van jou nie, maar vir my is dit alles doodlogies. Ek sorg intussen dat die kaste leeg is, want ek begin mos nou Hierdie Maandag.

[Verwerk uit https://www.netwerk24.com/tuis/Rubrieke/...-20200109]

Page 20: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

TEKS B VISUELE TEKS

[Verwerk uit Die Burger, 8 Januarie 2019]

VRAE: TEKS A

1.1 Waarom beskou die skrywer dit "logies" om 'n nuwe blaadjie op 'n Maandag om te slaan? (1)

1.2 In watter maand het hierdie rubriek verskyn? Motiveer jou antwoord deur TWEE opeenvolgende woorde aan te haal. (2)

1.3 Waarom het die spreker in paragraaf 2 nie nuwejaarsvoornemens gehad nie? (1)

1.4 Wat is die moontlike verwantskap tussen die spreker in paragraaf 3 en Jakob? Watter voorneme het hy namens haar gemaak? (2)

Werklikheid is nou maar so … vakansies werk nie vir almal nie

Page 21: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

1.5 Waarom is die spreker in paragraaf 5 oortuig dat sy haar Kersgeskenk moet gebruik? (1)

1.6 Verwoord die "maandags" waarna die skrywer in paragraaf 6 verwys, in jou eie woorde. (1)

1.7 Hoe was die skrywer van plan om haarself van tegnologie te onttrek? Watter omgewingsvriendelike voorneme het sy gehad? Moenie aanhaal nie. (3)

1.8 Herlees paragrawe 9 en 10.

Wat verstaan jy onder "über veteraan-oudstryders"? Hoe sluit die beskrywing van hulle klere hierby aan? Watter probleem word deur dié "stryders" verteenwoordig? (3)

1.9 Watter woorde gebruik die skrywer om Maandag, die begin van die week, te beskryf? (3)

1.10 Wat is die skrywer se betoog teen mense wat nuwe dinge op 'n Vrydag begin? (1)

1.11 Wat is, volgens die skrywer, die laaste ding wat 'n mens doen voordat jy op 'n Maandag met 'n nuwe eetprogram begin? (1)

1.12 Verduidelik die progressie wat die skrywer gebruik om te verduidelik dat dinge wat tot Maandag uitgestel word, heel moontlik nooit sal realiseer nie. (4)

1.13 Waarmee begin die skrywer "Hierdie Maandag", volgens paragraaf 17? (1)

VRAE: TEKS B

1.14 Watter visuele aanduiding is daar in die spotprent dat die persoon nie lus is vir werk nie? Wat sal die werker eerder wil doen en waarom? (3)

1.15 Watter afleiding maak die vroulike kollega uit sy liggaamshouding? (1)

VRAE: TEKS A EN TEKS B

1.16 Dink jy die werker in TEKS B sal saam met die skrywer van TEKS A stem, wanneer die onderstreepte sinne in paragraaf 12 in ag geneem word? (1)

1.17 Watter dag van die week word waarskynlik in TEKS B voorgestel? Motiveer jou antwoord deur na die inhoud van TEKS A te verwys. (1)

Page 22: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

[30]

OEFENING 6

ADVERTENSIE: VRAAG 3

Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Page 23: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

TEKS D

3.1 Verklaar die gebruik van die koppelteken in ATKV-oorde. [1]

3.2 Gee die verkleiningsvorm van verbeeldings. [1]

3.3 Verander die onderstreepte sin:

3.3.1 Die vraende wyse [1]

3.3.2 Die aanvoegende wyse [1]

3.4 Vorm deur middel van ‘n postmorfeem ‘n afgeleide byvoeglike naamwoord wat sonder sorge beteken. [1]

3.5 Gee die vergrotende trap van baie. [1]

3.6 Gee die stam van opwindende. [1]

3.7 Waarom dink jy word die #hutsmerk in die advertensie gebruik? [1]

3.8 Wie is die teikenser wat die adverteerder met hierdie advertensie wil bereik? Slaag die advertensie daarin om die teikenleser te oortuig om te reageer? Motiveer jou antwoord. [2]

TOTAAL: 10

Page 24: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

OEFENING 7

STROKIESPRENTE: INFORMELE ASSESSERING

VRAAG 4

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

4.1 Skryf die eerste woord in raam 1 neer wat ‘n diftong bevat en onderstreep die diftong. [2]

4.2 Waarvoor staan die afkorting ATKV in raampie 2? [1]

Page 25: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

4.3 Waarom is dit noodsaaklik dat alles in raampie 3 met ‘n dubbelkonsonant geskryf. [1]

4.4 Vorm ‘n byvoeglike naamwoord van die ondersteepte woord in raampie 4. [1]

4.5 Watter aanname het Minnie in raampie 4 oor haar sogenaamde metgesel gemaak? [1]

4.6 Plaas die korrekte aksentteken op die onderstreepte woord in raampie 7. [1]

4.7 Verbind die twee sinne in raampie 8 met die voegwoord want. Watter betekenisfunksie het hierdie voegwoord in hierdie veelvoudige sin? [2]

4.8 Gee die versterkte (intensiewe) vorm van die ondersteepte woord in

raam 8. [1]

TOTAAL: 10

OEFENING 8

ARTIKEL: INFORMELE ASSESSERING

VRAAG 5

Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

JY IS 5.1…, WANT JOU WONDE VERTEL ‘N STORIE

Die 5.2 bekende skrywer Bob Goff vertel dat hy baie lank gespaar het vir ‘n peperduur skildery. Toe hy dit uiteindelik kon bekostig om die skildery te koop, gee die kunsgalery vir hom twee 5.3 kunsstukke: die ware meesterstuk en ‘n afdruk daarvan om op te hang.

Bob was ietwat ontstig oor die feit dat hulle verwag het hy moes die oorspronklike 5.4 toesluit en die afdruk ophang vir almal om te sien.

Hy het besluit om die meesterstuk op te hang en 5.5 (elke dag) daarna te kyk. 5.6 Dit verskaf hom baie plesier. Op ‘n dag het die pragskildery skade gekry toe hy ‘n rekkiegeveg met sy kinders gehad het. ‘n Rekkie het die kunswerk getref en ‘n merk gemaak.

Bob was eers ontsteld hieroor, maar dit het later vir hom gevoel asof die kunswerk meer waarde gekry het omdat daar ‘n storie agter die merkie was.

Page 26: gdecontent.co.za  · Web viewKFC se nuwe KITKAT Krusher – dis ’n Mondvol! Wanneer jy ’n vraag oor die advertensie moet beantwoord, behoort jy oor die volgende te dink: Wat

Ons vader nooi ons uit om ons ware self te wys en teen die muur op te hang – eg. Opreg en sonder pretensie.

Bron: Finesse Uitgawe 3 Mei / Junie 2019 deur Liesel Krause-Widd

5.1 Voltooi die opskrif deur een woord vir enig in sy soort te gee. [1]

5.2 Gee die intensiewe (versterkte) vorm van bekende in paragraaf een. [1]

5.3 Verklaar die gebruik van die dubbelpunt in paragraaf 1 reël 3. [1]

5.4 Gebruik die onderstreepte woord in paragraaf 2 as ‘n skeibare werkwoord in ‘n verduidelikende sin. [1]

5.5 Gee een woord vir die woorde tussen hakies, paragraaf 3. [1]

5.6 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 3 in die toevoegende (aanvoegend) wyse. [1]

5.7 Verklaar die gebruik van die dubbel konsonant in die woord rekkie. [1]

5.8 ‘n Rekkie het die kunswerk getref.

Brei die bostaande sin uit met ‘n byvoeglike bysin. [1]

5.9 Verdeel die woord pragskildery in lettergrepe en onderstreep die lettergreep wat die hoofklem dra. [2]

TOTAAL: 10