wordpress.com€¦  · web viewlees die onderstaande artikel deur en soek sewe wenke oor hoe jy...

19
PUNTE: 80 TYD: 2 uur 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 NOVEMBER 2011 GRAAD 12

Upload: others

Post on 08-Aug-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

INSTRUKSIES EN INLIGTING1

AFRIKAANSEERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 1

NOVEMBER 2011

GRAAD 12

Page 2: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

AFDELING A: Kyk- en leesbegrip (VRAAG 1, 2 ,3 en 4) (30)

AFDELING B: Opsomming (VRAAG 5) (10)

AFDELING C: Taal (VRAAG 6 ,7, 8,9 en 10) (40)

2. Lees ALLE instruksies baie goed.

3. Beantwoord AL die vrae.

4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.

5. Trek ʼn streep na elke afdeling.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.

8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9. Skryf netjies en leesbaar

2

Page 3: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKELLees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.

PRESIES WAT IS DIE OSCARS?Ons eie Charlize het ‘n aantal jare gelede een gewen-en daaroor was die hele land in ekstase.Waarom word dit die Oscars genoem?Wat is die Academy of Motion Picture Arts and Sciences?

Die Oscars –soos die Amerikaners die beeldjies noem wat jaarliks vir prestasies in die rolprentbedryf toegeken word- het in 1928 onstaan.

Die beeldjie is deur die beeldhouer George Stanley ontwerp. Maar dit is eers in die 1930’s dat die beeldjie Oscar genoem is. Voor dit het dit bekend gestaan as die Academy Award of Merit.

In die vroeë jare dertig het ‘n bibliotekaresse van die akademie, Magaret Herrick, opgemerk dat die beeldjie soos haar oom Oscar lyk. Die naam het bly steek en die akademiepersoneel het dit daarna “Oscar” begin noem.

Die Oscar-beeldjie staan op ‘n filmspoel. Die beeldjie weeg 3,85 kg en is 34.3 cm hoog. Die firma R.S. Owens & Company giet elke beeldjie versigtig in die metaal, brittanium en verguld dit met goud van 24 karaat.

Nie alle Oscars is egter van brittanium en goud gemaak nie. In 1937 het die buikspreker [ventriloquist] Edgar Bergen en sy pop, Charlie, ‘n Oscar verower – een van hout met ‘n beweegbare mond. In die Tweede Wêreldoorlog is Oscars weens die tekort aan metaale van gips gemaak.

The Academy of Motion Picture Arts and Sciences is ‘n organisasie wat in 1927 in Hollywood, Kalifornië, gestig is om die standaarde van professionele rolprentvervaardiging te verhoog. Die akademie het sowat 54000 lede. Hoewel filmwerkers in ander lande ook lede kan word, is die akademie as ‘n reel nog altyd net met die Amerikaanse rolprentbedryf vereenselwig.

Al die lede stem vir die jaarlikse toekenning van die Oscars in verskeie “Beste”-kategorieë. Eers word op die meeste vyf deelnemers per kategorie benoem. Uit hierdie benoemings kies die hele akademie dan die wenners per geheime stemming. Die wenners word elke noordelike lente [herfs hier by ons] aangekondig op ‘n groot glansgeleentheid wat wêreldwyd gebeeldsend word.

3

Page 4: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

Die akademie, wat sy hoofkwartier in Beverly Hills in Kalifornië het, deel darem nie net Oscars uit nie! Die organisasie ondersteun ook tegniese navorsing en onderhou ‘n biblioteek van dinge wat met die filmbedryf verband hou, onder meer.

1.1 Skryf drie agtereenvolgende woorde uit die teks neer wat vir ons sê dat Charlize Theron nie onlangs die Oscar gewen het nie. [1]

1.2 Watter woord beteken dat jy baie bly is oor iets? [1]

1.3 Wie is George Stanley? [1]

1.4 In watter land het die Oscar-toekenning ontstaan? [1]

1.5 Is die volgende stelling WAAR OF ONWAAR? 1.5.1 Die toekenning is van die begin af bekend as die Oscar-toekenning. [1]

1.5.2 Gee in jou eie woorde ‘n rede vir jou antwoord. [1] 1.6 Verduidelik hoekom dit gepas is dat die Oscar-beeldjie op ‘n filmspoel staan. [1]

1.7 Watter bewyse is daar dat die Oscar baie geld werd is? [1]

1.8 Hoekom was Edgar Bergen se Oscar uit hout gemaak? [1]

1.9 Hoe het die Tweede Wêreldoorlog die Oscars geaffekteer? [1]

1.10 Wat impliseer die volgende woorde oor die Oscar-toekennings: ‘n groot glansgeleentheid wat wêreldwyd gebeeldsend word. [1]

Pas die persoon, plek of instelling in Kolom A by die verduideliking in Kolom B

Kolom A Kolom B1.11 R.S. Owens & Company A. Die hoofkantore van die akademie is

hier 1.12 Beverly Hills B. moet die standaarde van professionele

rolprentvervaardiging verhoog. 1.13 Academy of Motion Picture Arts and Sciences

C. vervaardig die beeldjies.

D. het die beeldjie ‘Oscar’ genoem E. besluit oor die wenners van die beeldjie.

[31=3 /14

4

Page 5: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

VRAAG 2: FLIEKRESENSIES

Lees die fliekresensies en beantwoord die vrae.

Kies die korrekte antwoord by die volgende twee vrae. Skryf slegs die vraagnommer en alfabetiese letter A-D as antwoord neer.

2.1 “been-af” betekena. jy is verliefb. jy is dronkc. jy is teleurgesteldd. jy is opgewonde [1]

2.2 hoog in die take [ 28 days] beteken

a. jy is dronkb. jy is verliefc. jy is hartseerd. jy is bang [1]

2.3 Waaruit kan ‘n mens aflei dat Gwen heelwaarskynlik nie baie populêr was na haar suster se troue nie? [1]

2.4 Wat is Gwen se straf nadat sy met die limousine gebots het? [1]

2.5 Wat is ‘n komedie? [1]/5/

5

50 FIRST DATES

Die veearts, Dr. Henry Roth [Adam Sandler], is heel tevrede met sy sorgvrye bestaan as oujongkêrel en diereliefhebber totdat hy Lucy [Drew Barrymore] ontmoet. Hy is oombliklik been-af. Al probleem is dat sy geen korttermyngeheue het nie, wat beteken hulle verhouding begin elke dag van voor af. [M-Net-23h00]

28 DAYS

Op haar suster se troue raak Gwen, ‘n oujongnooi, [Sandra Bullock] hoog in die takke. Sy bederf die hele seremonie en maak ‘n ongeluk toe sy met ‘n limousine wegjaag. In die hof kry sy ‘n keuse tussen die tronk vol geharde misdadigers of behandeling in ‘n inrigitng vir drankverslaafdes. Sy het eintlik nie ‘n keuse nie en gaan vir 28 dae na die intrigting toe. [e-tv-22h--- komedie]

Page 6: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees die advertensie en beantwoord die vrae:

6

Page 7: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

3.1 Noem EEN rede waarom die horlosie [advertensie 1] enige pa spesiaal sal laat voel. [1]

3.2 Waarom, sê die adverteerder, sal die blougryshangertjie [advertensie 2 ] ideaal wees? [1]

3.3 Verduidelik in jou eie woorde wat ‘n windklingel [advertensie 3] is. [1]

3.4 Waarom is die tuinmeubels [advertensie 4] weerbestand? [1]

3.5 Waar kan jy diè meubels koop? [1]

3.6 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is.

3.6.1 Die papierkoppies in advertensie 6 is van opgefrommelde papier gemaak. [1]

3.6.2 Gee ‘n rede vir jou antwoord. [1]

3.7 Wie is Anina Hicks? [1]

/8/

VRAAG 4: SPOTPRENTLees die spotprent en beantwoord die vrae

4.1 Wie of wat is SANTACO waarna die spotprent verwys? [1]

Kyk na die spotprent4.2 Watter gevare sou so ’n lugredery volgens die spotprent inhou? Noem een. [1]

4.3 Sou jy van die lugredery gebruik maak? Waarom [nie]? [1]

/3/

TOTAAL AFDELING A: 30

7

Page 8: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 5: MAAK GELD OP DIE WEB

Lees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar en puntsgewys van nommer 1 tot nommer 7 neer. Laat ‘n reël tussen sinne oop. Jou opsomming mag NIE langer as 70 woorde wees nie. Dui die aantal woorde aan die einde van jou opsomming aan. Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 70 woorde skryf of as jy NIE die getal woorde aandui nie.

Maak geld OP DIE WEBDis nie moeilik om ‘n aanlyn-besigheid te begin nie, maar hoe jy dit struktureer kan bepaal of jy gaan geld maak of nie.

Die resep vir internet-sukses is nie so lank of moeilik nie, maar as jy een bestanddeel uitlaat, sal jou besigheid ‘flop’. Volg die raad om seker te maak jy kry dit die eerste keer reg.

Doen navorsing op die web om te sien waarvoor jy jou inlaat. As jy ‘n produk of diens in gedagte het, kyk wat is reeds beskikbaar en hoe jy iets beters of anders kan bied.

Stel ‘n sakeplan op waarin jy die wie, wat, wanneer, waar en waarom van jou besigheid uiteensit. Weet presies wat jy wil verkoop, aan wie, waarom hulle dit sal wil koop, wanneer en waar [jou webwerf]. Dink hoe jy by hulle gaan uitkom en maak ‘n lys van sterk en swakpunte.

Koppel jou web-adres aan jou e-posadres, byvoorbeeld www.koekies.co.za en [email protected]. Dit maak dit makliker om jou op die internet op te spoor en dit lyk ook meer professioneel.

Maak ‘n lys van sleutelwoorde wat potensiële klante na jou webwerf kan lei wanneer hulle iets soek. As jy byvoorbeeld gordyne volgnes bestelling maak, kan jou sleutelwoorde ‘gordyne’, ‘volgens bestelling’, ‘dekor’, ‘vensters’ en ‘materiaal wees.

Laat jou webwerf professioneel ontwerp en gee dit ‘n logiese struktuur. Doen dit net self as jy die nodige opleiding het, want ‘n webwerf wat nie gebruikersvriendelik is ne, sal besoekers frustreer en wegdryf.

Maak seker die ontwerper gebruik nie funksies wat te lank vat om te laai nie. As die blaaie te lank vat om te laai, gaan mense na die volgende webwerf gaan.

Sit gereeld interessante nuwe brokkies of foto’s op jou webwerf sodat meer mense dit meer sal besoek: meer besoekers beteken meer klante.

[Idees, Junie 2010]

TOTAAL AFDELING B: 10

8

Page 9: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

AFDELING C- TAAL

VRAAG 6

Veilig deur die Vis

1. Jy kan die [baie] ongelukke en ongelukkkighede op ‘n staptog voorkom met ‘n bietjie beplanning

2. Met die [korrekte] gesindheid is jy halfpad daar. Dit gaan nie oor hoe vinnig jy by die eindpunt kom nie. Geniet dit en stap rustig en veilig.

3. Jy kry mense wat vinnig die roete kan stap en dan kry jy rustige [natuurwaarneem]. Dis beter dat dié twee nie saamstap nie – kies voëls van eenderse vere vir jou groep.

4. Dis nie nodig om die staptog tot in die fynste besonderhede te beplan nie, maar stel mikpunte wat julle kan aanpas, indien nodig.

5. Daar is niks erger as om ‘n staptog aan te pak sonder die korrekte stapstewels nie. Dra behoorlike skoene wat vir stap ontwerp is.

6. Wees voorbereid. Jy wil nie hê ‘n besering of iets onverwags moet jou staptog bederf nie. ‘n Klein noodhulpsakkie [6.10….] ontsmetmiddel, watte, pleister, verbande, tou en pynpille hoort in elke voetslaner se sak.

7. Onthou die canyon kan ondraaglik warm raak, so buiten die sonskerm is dit ‘n goeie plan om sommer met dagbreek in die pad te val.

8. Nog ‘n waarskuwing. Kook drinkwater of koop suiweringstablette vooraf. Dit sal verseker jy bly gesond tydens die [6.13 julle/hele] staptoer.

9. ‘n Staptog deur die Visrivier Canyon is beslis die moeite werd. As jy die kans kry om deel te word aan dié spesiale ondervinding,moet jy dit nie misloop nie! Beplanning vooraf sal dit soveel meer genotvol maak.

[Verwerk en aangepas uit Weg/Namibië 2010]

6.1 Gee die oortreffende trap van baie. [1]

6.2 Gee ‘n sinoniem vir korrekte. . [1]

6.3 Gee die intensiewe vorm van rustig. [1]

6.4 Vorm ‘n afgeleide persoonsnaam van natuurwaarneem. [1]

9

Page 10: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

6.5 Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 3 oor in die ontkennende vorm. [1]

6.6 Wat beteken die idioom “voëls van eenderse vere”? [1]

6.7 Gee die meervoud van staptog in paragraaf 4. [1]

6.8 Skryf die sin oor in die infinitief. Stel mikpunte wat julle kan aanpas. [1] Begin so: Julle behoort…….

6.9 Skryf die sin oor in die lydende vorm.

Stappers moet die korrekte stapstewels dra. [1]

6.10 Gee die ontbrekende voorsetsel by paragraaf 6. [1]

6.11 Gee die verkleinwoord vir pynpille in paragraaf 6. [1]

6.12 Verbind die volgende sinne met die voegwoord in hakies.

Jy moet sonskerm saamneem. Die canyon kan ondraaglik warm raak. [omdat.] [1]

6.13 Kies die korrekte vorm van die woord in paragraaf 8. [1]

6.14 Verander die onderstreepte sin in paragraaf 9 in ‘n bevelsin. [1]/14/

VRAAG 7

Lees die advertensie en beantwoord die vrae.

10

10

Page 11: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

TrippelH Eksamenbron

7.1 Gee een woord vir ma en pa. [1]

7.2 Skryf die afkorting vir asseblief neer. [1]

7.3 Skryf die sin oor in die direkte rede. Cameron sê: “By Ouma is dit so vervelig.” [1]

7.4 Skryf die sin oor in die toekomende tyd. Ons kan nie almal Mauritius toe gaan nie. [1]

7.5 Skryf die afkorting pp voluit. [1]

7.6 Verduidelik in een sin waarom Mauritius met hoofletters geskryf word. [1]/6/

VRAAG 8

Lees die leesstuk en beantwoord die vrae

Is dít wat vroue wil hê ? Geld en sukses? Leopold Scholtz. Verwerk en aangepas uit Beeld 2011-01-09

Die gemiddelde Westerse vrou soek geld in goeie loopbaanvooruitsigte in die man met wie sy wil trou.Dít [8.2 blyk/bleik] uit ‘n studie deur dr. Catherine Hakim van die London School of Economics, het die Daily Telegraph gister berig.In ‘n verslag van 52 bladsye wat pas uitgereik is, sê Hakim ondanks [8.5 10 jaar] van sosiaal-politieke hervormings om gelykheid tussen die geslagte te bevorder het vroue se finansiële afhanklikheid van hul mans “niks van sy sjarme verloor nie”.“Vroue se aspirasie is om boontoe te trou, as hulle kan, met ‘n man wat beter opgelei is, meer verdien, en dit geld die meeste [8.6 Europa] lande,” het Hakim bevind.Haar ontleding van Britse statistieke wys dat 20% van alle vroue in 1949 met mans getrou het [8.7 wie/wat] beter opgelei is en meer verdien het as hulle. Teen die laat 1990’s het dit byna verdubbel tot 38%.Soortgelyke syfers geld vir die res van Europa, die VSA en Australië.

Burger 2011

8.1 Die gemiddelde Westerse vrou soek geld in goeie loopbaanvooruitsigte in die man

11

11

Page 12: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

met wie sy wil trou. Skryf die vraagsin neer waarop die sin hierbo die antwoord is. [1]

8.2 Kies die korrekte vorm van die woord in hakies in paragraaf 2. [1]

8.3 Skryf die getal 52 in woorde. [1]

8.4 Die homofoon van reik is ryk. Gebruik die woord ryk in ‘n sin om die betekenisverskil aan te dui. [1]

8.5 Gee een woord vir 10 jaar . [1]

8.6 Gee die korrekte vorm van die woord by 8.6 [1]

8.7 Kies die korrekte voornaamwoord by 8.7 [1]

8.8 Skryf die laaste sin in die leestuk oor in die verlede tyd. [1] /8/

VRAAG 9

Vluglees die volgende strokiesprent uit Die Burger (Saterdag 1 September 2007) en beantwoord dan die vrae:

DoE: ou Matrikevraestelle

9.1 Voltooi die idioom deur die korrekte woord te kies.Onderstreep jou antwoord

Hy lieg soos 'n _________________________

a. tandetrekkerb. deurwagterc. kerkmuisd. tronkvoël [1]

12

12

Page 13: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

9.2 Beantwoord die volgende sin in die ontkennende vorm:Het jy al ooit 'n bobbejaan hoor praat? [2]

9.3 Gee die vroulike vorm van swaer. [1]

9.4 Iemand wat lieg noem ons ‘n ............ [1]

9.5 Wat impliseer die leeu met sy woorde in raam 2? [1]

9.6 Die leeu se woorde in raam 2 is ’n voorbeeld van

a. stereotiperingb. partydigheidc. diskriminasie [1]

/7/

VRAAG 10

Kyk na die foto en beantwoord die vrae:

Googleimages 2011

10.1 Gee die intensiewe vorm van die woord in hakies. Die [skraal] modelle dra kort rokkies. [1]

10.2 Skryf die sin oor en voorsien die ontbrekende leestekens. Verskillende rokgroottes was vertoon 32 33 en 36. [2]

10.3 Gee die Afrikaanse woord vir die woord in hakies. Die modelle dra die nuuste [fashion]. [1]

10.4 Gee die korrekte vorm van die woord in hakies. Die model het haar [lank] hare in ‘n pragtige styl gekam. [1]

/5/

13

13

Page 14: WordPress.com€¦  · Web viewLees die onderstaande artikel deur en soek SEWE WENKE oor hoe jy geld op die web kan maak.. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne onder mekaar

TOTAAL AFDELING C- 40

GROOTOTAAL: 30+10+40=80

14

14