gemeentes.co.za€¦  · web viewsaulus word geroep om christus te volg en petrus kry opnuut sy...

21
Handelinge 9:1-6,(7-20) – Derde Sondag van Paastyd – 5 Mei 2019 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................1 1.2 Fokusteks: Handelinge 9:1-6,(7-20)..........................3 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................4 1.4 Tema........................................................5 1.5 PowerPoint agtergrond.......................................5 1.6 Liturgie....................................................5 2 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................5 2.1 Rus.........................................................5 2.2 Liedere.....................................................7 3 God praat met ons en ons luister...............................12 3.1 Familie-oomblik............................................12 3.2 Preekriglyn................................................12 4 God stuur ons om te leef.......................................15 5 Volgende erediens..............................................16 1 Oorsig Hierdie Sondag het weer 'n sterk lofkarakter met sowel Psalm 30 as die Openbaringteks wat God loof. In beide die Handelinge- en Johannestekste lees ons van mense se ontmoetings met die opgestane Christus en in beide hierdie tekste gaan dit ook oor roeping. Saulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. 1.1 Ander tekste Psalm 30 1

Upload: others

Post on 22-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

Handelinge 9:1-6,(7-20) – Derde Sondag van Paastyd – 5 Mei 20191 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..........................................................................................................................1

1.2 Fokusteks: Handelinge 9:1-6,(7-20).......................................................................................3

1.3 Eksegetiese opmerkings........................................................................................................4

1.4 Tema.....................................................................................................................................5

1.5 PowerPoint agtergrond.........................................................................................................5

1.6 Liturgie..................................................................................................................................5

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................5

2.1 Rus........................................................................................................................................5

2.2 Liedere..................................................................................................................................7

3 God praat met ons en ons luister.................................................................................................12

3.1 Familie-oomblik...................................................................................................................12

3.2 Preekriglyn..........................................................................................................................12

4 God stuur ons om te leef.............................................................................................................15

5 Volgende erediens.......................................................................................................................16

1 OorsigHierdie Sondag het weer 'n sterk lofkarakter met sowel Psalm 30 as die Openbaringteks wat God loof. In beide die Handelinge- en Johannestekste lees ons van mense se ontmoetings met die opgestane Christus en in beide hierdie tekste gaan dit ook oor roeping. Saulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het.

1.1 Ander tekstePsalm 30Vir altyd sal ek U loof

30 ’n Psalm. ’n Lied vir die inwydingvan die tempel. Van Dawid.2Ek wil u lof verkondig, Here,want U het my gereden my vyande nie laat bly weesoor my nie.3Here my God, ek het

1

Page 2: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

na U geroep om hulpen U het my gesond gemaak.4Here, U het my geredvan die doderyk,my aan die lewe gehou toe ekal op pad was na die dood toe.5Sing tot eer van die Here,julle wat Hom getrou dien,loof sy heilige Naam!6Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik,maar sy goedheid lewenslank.Gisteraand was daar nog traneen vanmôre lag ek al weer.7Toe dit goed gegaan het,het ek wel gesê:“Niks sal my ooit laat wankel nie.”8Deur u goedheid het U myop ’n veilige berg laat staan, Here.Maar toe U U aan my onttrek het,het ek baie bang geword.9Ek het na U geroep, Here.Ek het U om genade gesmeek:10“Watter voordeel is daarin my ondergangas ek die graf moet ingaan?Kan stof U loof?Kan dit u trou verkondig?11Luister, Here, en wees my genadig!Help my, Here!”12Ek was in die rou,maar U het my van vreugde laat dans.U het my rouklere uitgetreken vir my feesklere aangetrek.13Daarom sal ek sing tot u eer;ek sal nie stilbly nie.Here my God, vir altyd sal ek U loof!

Openbaring 5:11-1411Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge ’n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor 12uitroep:“Die Lam wat geslag was, is waardigom die mag en rykdom,die wysheid en sterkte,die eer, heerlikheid en lofte ontvang.”13Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê:“Aan Hom wat op die troon sit,en aan die Lam,behoort die lof en die eer,die heerlikheid en die krag,

2

Page 3: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

tot in alle ewigheid.”14Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.

Johannes 21:1-19Jesus verskyn nog ’n keer aan sy dissipels

21 Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur:2Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam. 3Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.”“Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom.Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.4Toe dit al lig was, het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dat dit Hy is nie. 5Jesus vra toe vir hulle: “Mense, het julle nie iets gevang om te eet nie?”“Nee,” antwoord hulle Hom.6Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.”Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweë die groot klomp vis kon hulle hom nie weer intrek nie.7Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!”Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek—want sy bolyf was kaal—en in die water gespring. 8Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. 9Toe hulle aan land kom, sien hulle ’n vuur brand en ’n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook. 10Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.”11Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.12Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.”Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. 13Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis.14Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is.

1.2 Fokusteks: Handelinge 9:1-6,(7-20)Saulus se bekering

(Vgl Hand 22:6–16; 26:12–18)

9 Intussen het Saulus soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester toe gegaan 2en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in Damaskus gevra. Sy doel was om al die aanhangers van die leer van die Here wat hy daar kry, mans sowel as vrouens, gevange te neem en na Jerusalem toe te bring.3Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. 4Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: "Saul, Saul, waarom vervolg jy My?"5"Wie is U, Here?" vra hy toe.

"Ek is Jesus," antwoord Hy. "Dit is vir My wat jy vervolg. x 6Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen."

x Enkele manuskripte voeg by: “Jy maak jou net seer deur jou te verset.”, vgl. Hand. 26:14

3

Page 4: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

7Die mense wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan. Hulle het die stem gehoor maar niemand gesien nie. 8Toe Saulus van die grond af opstaan en sy oë oopmaak, kon hy nie sien nie. Hulle het sy hand gevat en hom na Damaskus toe gelei. 9Drie dae lank kon hy nie sien nie en het hy niks geëet of gedrink nie.10In Damaskus was daar 'n sekere volgeling van Jesus met die Naam Ananias. Die Here het hom in 'n gesig geroep: "Ananias!"

"Hier is ek, Here," het hy geantwoord.11En die Here sê vir hom: "Gaan dadelik na Reguitstraat toe en vra by Judas se huis na 'n man van Tarsus met die naam Saulus. Hy is besig om te bid 12en hy het in 'n gesig 'n man met die naam Ananias sien inkom wat hom die hande oplê sodat hy weer kan sien."13Maar Ananias sê: "Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het. 14En nou is hy hier met volmag van die priesterhoofde om almal gevange te neem wat u Naam aanroep."15Toe sê die Here vir hom: "Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. 16Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly."17Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: "Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word."18Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien. Toe het hy opgestaan en hy is gedoop; 19en hy het geëet en sy kragte herwin.

Saulus preek in Damaskus

Saulus het 'n paar dae daar by die gelowiges in Damaskus gebly 20en dadelik in die sinagoges begin verkondig dat Jesus die Seun van God is. 21Almal wat dit gehoor het, was verbaas en het gesê: "Is dit nie die man wat in Jerusalem die mense wat hierdie Naam aanroep, wou uitroei nie? En het hy nie ook hierheen gekom om hulle gevange te neem en voor die priesterhoofde te bring nie?"22Maar Saulus het al hoe kragtiger gepreek en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Jesus die Christus is.23Na verloop van tyd het die Jode saamgesweer om Saulus te vermoor, 24maar hy het van hulle plan te hore gekom. Dag en nag was hulle by die stad se poorte op die uitkyk om hom dood te maak. 25Maar sy medegelowiges het hom een nag geneem en in 'n mandjie laat afsak deur 'n opening in die stadsmuur.

1.3 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za.

4

Page 5: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

1.4 Tema

1.5 PowerPoint agtergrondGrafika: ‘n Kunstenaar se voorstelling van Paulus. Dit is bekom met Google Advanced Search en geredigeer met Picasa III- beskikbaar by

https://www.google.com/search?lr=&biw=1920&bih=969&tbm=isch&sa=1&ei=DlS9XJ_2HZOl1fAPwcaQ-AI&q=apostle+Paul&oq=apostle+Paul&gs_l=img.3..0l10.28133.31118..31639...0.0..0.370.3322.2-10j2......0....1..gws-wiz-img.......0i67.qRf8nGqSP8A#imgrc=szGFOE4d0yCqNM:

1.6 LiturgieRUSToetrede Flam 18 of Lied 406 of Lied 168 Votum Openbaring 5:12-14Seëngroet (Paasgroet)Lofsang Psalm 30 Of Flam 21 [bekend] of Lied 407 WetVerootmoediging en genadeverkondiging VONKK 175 [bekend – ou Halleluja lied] of VONKK 268 of Lied 244 Geloofsbelydenis Flam 483 of VONKK 200 [bekende melodie] of Lied 453 HOORGebed Flam 87 [bekend] Skriflesing Handelinge 9:1-20Familie-oomblikPreekLEEFGebedDankofferSlotsang Lied 585 of Lied 505 SeënRespons Lied 406 Refrein

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus

2.1 RusToetredeFlam 18 Ek Kyk Op (met 2 alternatiewe tekste) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f018/ Lied 406 Ons loof U, Vader, op die troon!Lied 168 Heilige Jesus

VotumOpenbaring 5:12-14“Die Lam wat geslag was, is waardigom die mag en rykdom,

5

Page 6: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

die wysheid en sterkte,die eer, heerlikheid en lofte ontvang.”Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê:“Aan Hom wat op die troon sit,en aan die Lam,behoort die lof en die eer,die heerlikheid en die krag,tot in alle ewigheid.”Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.

SeëngroetDie Here groet julle vanoggend soos Jesus sy dissipels kort ná sy opstanding gegroet het: “Vrede vir julle!”

LofsangPsalm 30Flam 21 In Die Hemel Is Die Heer [bekend] http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f021/ Lied 407 Triomf, triomf, Immanuel!

WetEk is die Here jou God wat jou na Kanaän, na die land van melk en heuning, gelei het. Jy moet net vir My as jou God aanbid.Die een God – Vader, Seun en Heilige Gees – moet al jou eer en diens ontvang.Jy moet My liefhê, en Ek sal my liefde betoon aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en liefde teenoor die hele skepping bewys. Gebruik my Naam met eerbied, aan My kom al die lof toe. Geniet die Sondag as ‘n geskenk om ná ‘n besige week te rus, om die opstanding te vier en om tyd met geliefdes deur te bring. Jy moet eerbied hê vir jou ouers, vir elke vorm van lewe, vir die huwelik, vir die dinge wat aan ander mense behoort en vir die waarheid.Ek is die Here jou God wat jou uit genade gered het. Volg hierdie riglyne uit dankbaarheid. Ek sal jou seën.(“Wet as aanmoediging tot dankbaarheid” deur Cas Wepener in “Soos ‘n Blom na die Son draai”.)

Verootmoediging en genadeverkondigingVONKK 175 Net Soos Ek Is [bekend – ou Halleluja lied] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00175/ VONKK 268 Loof en prys Hom (Kyk die Lam van God) http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/0268/ Lied 244 Alles, alles is genade

GeloofsbelydenisFlam 483 Ek glo in God die Vader (Ek glo) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f483/ VONKK 200 Daar Is ’n Verlosser [bekende melodie] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00200/ Lied 453 Aan die Vader dank en ere

6

Page 7: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

2.2 LiedereF18. Ek Kyk Op (met 2 alternatiewe tekste)(RUBRIEK: FLAM – Verwondering) Eerste teks: Teks en musiek: Annalise Wiid© 2004 Annie’s Song (administrasie deur Flam Musiek-Uitgewers) (Opgeneem op Blou Kitaar)

1. Ek kyk op, op, op, op, hoër as die bergeen ek sien my God waar Hy sit op sy troon.Ek buig laag, laag, laag, laag, laer as gewoonlik,en saam met die engele daar rondom sy troon:Sing ek: “Heilig, heilig, heilig is die Here. Heilig, heilig, heilig is die Heer.”

2. Ek kyk ver, ver, ver, ver, tot in aller-ewigheiden ek sien my God sit nog steeds op sy troon,want Hy heers vir ewig oor sy hele skepping,in die nuwe hemel sing ons saam om sy troon:

Refrein:“Heilig, heilig, heilig is die Here;Heilig, heilig, heilig is die Heer.Koning, Koning, Jesus is ons Koning.Heilig, heilig, heilig is die Heer!Liefde, liefde, vol liefde is ons Vader.Heilig, heilig, heilig is die Heer.”

Tweede teks: Musiek: Annalise Wiid Teks: Annalise Wiid en Jacques Louw © 2004 Annie’s song (administrasie deur Flam Musiek-Uitgewers)

1. Ek kyk op, op, op, op hoër as die bergeen ek sien my God waar Hy sit op sy troon.Ek buig laag, laag, laag, laag, laer in aanbidding,en saam met die engele daar rondom sy troon,sing ek: “Heilig, heilig, heilig is die Here. Heilig, heilig, heilig is die Heer.”

2. Ek kyk ver, ver, ver, ver, tot in aller-ewigheiden ek sien my God sit nog steeds op sy troon,want Hy heers, heers, heers, heers, ewig oor sy skepping.In die nuwe hemel sing ons saam om sy troon:

Refrein“Abba, Vader, Skepper van die heelal,ons aanbid U, U is heilig, Heer!Jesus Christus, Lam van God, Verlosser,ons aanbid U, U is heilig, Heer!Gees van Waarheid, Trooster en ons Leidsman

7

Page 8: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

ons aanbid U, U is heilig, Heer!”

F21. In Die Hemel Is Die Heer(RUBRIEK: Kruisfuur – Lof / Verwondering) Teks en musiek: Tom Hiemstra Teks: (strofes 3,4 onbekend)© 2001 MAR Gospel Music Publishers (vers 1 en 2 opgeneem op Louis Brittz se CD Ons Koning kom weer)

1. In die hemel is die Heeren sy glans is soos kristal.Hy’s die Heilige van Goden Hy heers oor die heelal.

Refrein: Daar is mag in sy Woord!Soos die waters druis sy stem.Soos die son op die see se blou,so die rykdom van sy trou.Want aan U is die mag en die heerlikheid en krag.En aan U is die eer en die lof, want U regeer.

2. Miljoene in gereedheid,is die eng’le om sy troon.Verbysterend sy sieraad en die weelde van sy kroon.

Refrein:

3. Drie maal heilig is die Heer,Hy wat was en is en kom.Hy’s die Alfa en Omega,almagtig en verhewe.

Refrein:

4. Aan Hom wat op die troon sit,en aan die Lam,die heerlikheid en lofvan nou af en vir ewig.

Refrein:

F483. Ek glo in God die Vader (Ek glo) (RUBRIEK: FLAM – Geloof en vertroue, Geloofsbelydenis) Teks en musiek: Ferreira Marais Kopiereg: © Flam Musiek-Uitgewers

1. Ek glo in God die Vader

8

Page 9: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

Almagtige van Hemel en aardeEn in die Seun en Heilige Gees

2. En ek glo dat U gesterf hetAan die kruis dat U gesterf hetEn uit die dood, weer opgestaan het

Refrein:Ver bo alles heersDie Naam bo alle eerJesus Christus HeerEk glo

3. Ek glo in u WoordIn U lewende water, HeerIn U stem, so heilig, Heer

Refrein:

4. Ek glo in u kerkDie Bruid van die Lam van GodIn u troos, u leer en werk.

Refrein: (x2)

F87. Maak My Nou Stil, Heer(RUBRIEK: Flam – Epiklese gebed) Oorspronklike titel: Open our eyes, Lord Teks en musiek: Robert CullAfrikaanse vertaling: 2005 Johan Engelbrecht © 1976 Maranatha! Music / CCM Music

Maak my nou stil, Heer.Ek wil na U luister;my hart vir U oopmaakdat U my kan aanraak.Open my oë, my hart en my ore,dat ek U leer ken, Heer,en voor U kan lewe.

VONKK 175 Net Soos Ek IsTeks: Just as I am, without one plea – Charlotte Elliot 1836; Net soos ek is, geen hulp naby – Halleluja 1951; gewysig Jacques Louw 2011 ©Musiek: BOSTON – Lowell Mason (1792-1872) Kantoryverwerking: Lowell Mason (1792-1872) © Teks: 2011 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: Openbare besitRUBRIEK: Tradisioneel – Skuldbelydenis en Genadeverkondiging / Geloof en Vertroue

1. Net soos ek is, met my sonde so groot,kom ek na U, my Verlosser, in nood.Daar aan die kruis red U my van die dood –o Lam van God, ek kom!

9

Page 10: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

2. Net soos ek is so ellendig en blind, dikwels tog ook nog so wêreldgesind.By U alleen is daar redding te vind –o Lam van God, ek weet!

3. Net soos ek is kom en buig ek my neer,ek is met sonde bevlek, o my Heer.Net U kan, Heer, my verlorenheid keer –o Lam van God, ek kom!

4. Net soos ek is kom en nooi U vir my.Al moes U ook soos ‘n moordenaar ly,kom U vergewe en skeld U my vry –o Lam van God, ek glo!

VONKK 200 Daar Is ’n VerlosserTeks: There is a Redeemer – Melody Green 1982; Afrikaanse teks: Hannes van der Merwe 2011 ©Melodie: THERE IS A REDEEMER – Melody Green-Sievright 1982 © Orrelbegeleiding: Albert Troskie 2012 (Pro Deo)Klavierbegeleiding: Melody Green-Sievright 1982 © Kantoryverwerking: Melody Green-Sievright 1982 ©© Melodie, klavierbegeleiding en kantoryverwerking: 1982 Birdwing /BMG Songs, Inc./Ears to Hear/EMI Christian Music Publishing (admin by Copy Care South Africa). Met toestemming gebruik. © Afrikaanse teks en orrelbegeleiding: 2012 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)RUBRIEK: Kontemporêr – Drie-eenheidsondag / Geloof en Vertroue

1. Daar is ’n Verlosser: Jesus, God se Seun.Hy, die Lam van God, Messias,Hy die gestuurde Een.Refrein:Dankie, Hemelvader, U gee vir ons u Seunen stuur ons u Heil’ge Gees om ons te troos en steun.

2. Jesus, my Verlosser, ek buig voor U neer,U die Seun van God, Messias.Heilig is die Heer.Refrein:Dankie, Hemelvader, U gee vir ons u Seunen stuur ons u Heil’ge Gees om ons te troos en steun.

3. Na my tyd op aarde, kniel ek voor sy troon.Prys die Hemelheer met almalwat in die hemel woon.Refrein:Dankie, Hemelvader, U gee vir ons u Seunen stuur ons u Heil’ge Gees om ons te troos en steun.

VONKK 268 Loof en prys Hom (Kyk die Lam van God)Teks: Cecilia van Tonder 2013 © en Hannes van der Merwe 2013 © Musiek: AGNUS DEI – Cecilia van Tonder 2013 ©

10

Page 11: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

© 2013 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media) RUBRIEK: Kontemporêr – Lofprysing / Lydenstyd / Hemelvaart / Geloof en Vertroue

Keervers:Loof en prys Hom, loof en prys Hom, Jesus Christus, Heer.Loof en prys Hom, loof en prys Hom,voor Hom buig ek neer.

Liedvers 1:Kyk die Lam van God, Hy het sy lewe gegee.Kyk die Lam van God, net Hom bely ek as Heer.Keervers:Loof en prys Hom, loof en prys Hom, Jesus Christus, Heer.Loof en prys Hom, loof en prys Hom,voor Hom buig ek neer.

Liedvers 2:Loof die Lam van God, Hy is die bron van my krag. Loof die Lam van God, op Hom alleen sal ek wag. Keervers:Loof en prys Hom, loof en prys Hom, Jesus Christus, Heer.Loof en prys Hom, loof en prys Hom,voor Hom buig ek neer.

Liedvers 3:Kyk die Lam van God, Hy het my sonde gedra.Kyk die Lam van God,Hy wat my red voor ek vra.Keervers:Loof en prys Hom, loof en prys Hom, Jesus Christus, Heer.Loof en prys Hom, loof en prys Hom,voor Hom buig ek neer.

Liedvers 4:Prys die Lam van God,Hy wat nou heers op sy troon.Prys die Lam van God,by wie ons ewig sal woon.

11

Page 12: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

Keervers:Loof en prys Hom, loof en prys Hom, Jesus Christus, Heer.Loof en prys Hom, loof en prys Hom,voor Hom buig ek neer.

3 God praat met ons en ons luisterGebedFlam 87 Maak My Nou Stil, Heer [bekend] http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f087/

SkriflesingHandelinge 9:1-20

Familie-oomblik

Preek

3.1 Familie-oomblikSoos met enige narratiewe teks – vertel gewoon die verhaal dramaties. Jy kan ook video’s gebruik, soos hierdie een. By Kidswise kan jy ‘n video van Paulus se bekering koop vir $15 – jy kan ook een sonder vertelling koop, en die video wys terwyl jy die Skriflesing doen. As jy nie ‘n video gaan gebruik nie, kan jy die storie gewoon dramaties vertel of uit ‘n kinder-vriendelike Bybel voorlees. Hier is ‘n baie oulike idee en templaat waar jy die storie met ‘n gesig vertel met “skille” oor die oë, wat op dramatiese wyse afval op die regte plek in die vertelling.

Hier is ‘n inkleurprent en doolhof om Ananias te help om by Paulus se huis te kom.

3.2 PreekriglynPaulus is gebore in Tarsus in Silisië (Hand 22:3, 28; Fil 3:5) tussen ongeveer 1 tot 5 nC. Hy was 'n Jood, met die Hebreeuse naam Saulus (dit beteken begeer), uit die stam van Benjamin. Hy het egter ook Romeinse burgerskap gehad, met die Latyns-Romeinse naam Paulus (dit beteken klein). Sy familie het kort na sy geboorte na Jerusalem verhuis, toe Jesus so ongeveer 5-10 jaar oud was, waar hy grootgeword en opgevoed is aan die voete van die Fariseër Gamaliël (Hand 22:3). Hy was goed bekend met die situasie in Jerusalem, en die Jode het sy storie goed geken (Hand 26:4 vv). Sy pa was immers ook 'n Fariseër (Hand 23:6). Trouens, hy was 'n vertroueling van die priesterhoofde. Hoewel hy 'n bietjie jonger as Jesus was, was hy waarskynlik bewus van die gebeure rondom Jesus in dié se verhoor in Jerusalem, soos sy betrokkenheid by die steniging van Stefanus 'n paar maande later getuig.

Vestiging van die kerk

Waar die verhaal van die vestiging van die kerk in Jerusalem by Pinksterdag begin (Handelinge 1 en 2), begin die verhaal van die vestiging van die kerk in die wêreld by Saulus se bekering en die klein Pinksterdag in die huis in Reguitstraat in Damaskus, Sirië (Handelinge 8 en 9). Sirië is nie net bekend vir die onrus wat daar oor die eeue heers nie, maar ook vir die bekering van een van die grootste stigters van die kerk, soos ons dit ken.

12

Page 13: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

Dit is belangrik om te besef dat die kerk in die wêreld nie eers met die sendingreise van Saulus uit Antiogië begin nie, maar reeds hier in die midde van die stryd om die hart van 'n vervolger van die Christendom, Saulus.

Saulus se verhaal, sê vir ons drie dinge:

Een: Die verhoogde Jesus sit sy bediening op aarde voort

In Handelinge 1:9-11 neem die dissipels afskeid van Jesus tydens sy hemelvaart. Maar regdeur die boek wys Lukas ons daarop dat Jesus, nou verhoog aan die regterhand van die Vader, steeds met die bediening, eintlik SY bediening, op aarde voortgaan. Hoewel Jesus vir ons oë verskuil is, word die hemelse gordyn van tyd tot tyd weggeskuif sodat ons die voortgaande aktiwiteit van God die Vader, Seun en Heilige Gees op aarde sien.

'n Voorbeeld: in die oomblikke van sy dood kyk Stefanus, vol van die Heilige Gees, op na die hemel. Hy sien die heerlikheid van God, en Jesus wat aan die regterhand van God staan. Hy roep: "Here Jesus, ontvang my gees!", en bid dat die Here die sonde van sy steniging nie aan die Joodse leiers moet toereken nie.

Paulus se bekeringsverhaal is nog 'n voorbeeld van Jesus se werk op aarde. Jesus stuit Paulus in sy spore, en praat met hom: "Saul, Saul, waarom vervolg jy my?" (9:4). Jesus stel Homself ook aan Paulus bekend: "Ek is Jesus, dit is my wat jy vervolg (9:5).

Jesus tree hier in namens sy liggaam, die kerk. Wie die kerk vervolg, vervolg ook die Here van die kerk. Hierdie Here is betrokke by die lewe en werk van die kerk. In Handelinge 9 red Jesus die kerk van vervolging deur die hoofvervolger te omskep in die hoofverkondiger van die evangelie. Daarna verskyn die Here in 'n gesig aan Ananias en stuur hom na Paulus toe (9:10-16). Dieselfde patroon herhaal hom in die volgende verhaal in Handelinge 10, wanneer die Here deur 'n gesig met Petrus praat.

Toepassing

Die opkoms van wetenskaplikheid het God vir baie Westerse Christene uit die sentrum van die werklikheid geskuif. Hierdie sentrum is gevul deur die gemeente en deur onsself. God is eintlik prakties afwesig. Baie dink, as daar iets in terme van Christelikheid behoort te gebeur, moet ons dit maar doen. Ons dink, alles hang van ons af.

Die bevrydende perspektief uit Handelinge 9 is dat God die Vader, Seun en Heilige Gees aktief op aarde teenwoordig is. Jesus doen hier wat geen mens kan doen nie: Paulus, die besete vervolger uit Jerusalem, word in sy spore gestuit, en in 'n oogwink van 'n vervolger tot 'n sendeling omskep.

Die vraag is of ons sou kon leer om raak te sien waarmee God rondom ons besig is? Wanneer mens met God rekening hou, en Hom navolg, is daar geen grense vir wat jy kan hoop of bid nie. Hoeveel is jy bereid om van God te verwag?

Laat ons vir meer hoop en bid. God is naby.

Twee: Paulus sien die heerlikheid van God

Die gerespekteerde Nuwe Testamentikus NT Wright stel voor dat ons Paulus se bekering verstaan teen die agtergrond van 'n troongesig-meditasie, 'n geestelike dissipline wat Paulus as toegewyde Fariseër ongetwyfeld sou beoefen het, waarin Esegiël 1 'n belangrike rol gespeel het en op God se

13

Page 14: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

heerlikheid gefokus is. Stel jou nou voor, skryf Wright, dat Paulus op die lang reis na Damaskus hiermee besig was. Die reëlmatige geklop van perdehoewe sou die ideale geleentheid bied:

You might then be able to grasp the impact of what happened to him. He was on his way to act for the glory of God, the glory which he believed was being besmirched by these crazy followers of Jesus. He needed to keep that glory firmly before his eyes, to make sure his zeal was properly fired up and rightly directed. […] Imagine his excitement as, in the depth of devout meditation, he saw with the eyes of his heart, so real that it seemed as though he was seeing it with his physical eyes, the form, the fire, the blazing light, and – the face!

And the face was the face of Jesus of Nazareth.

In 'n oogwink is Paulus se wêreld omgekeer, en van binne na buite gekeer. Niks sou weer dieselfde wees nie. Jare later sou hy skryf van "die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal" (2 Kor 4:6). Soos Stefanus in sy sterwensoomblikke, het Paulus Jesus gesien op 'n manier wat hemel en aarde aan mekaar bind: aardse oë wat 'n hemelse werklikheid sien. "Het ek nie vir Jesus, ons Here, gesien nie?" (1 Kor 9:1). Hy sien alles wat God altyd belowe het, en wat hy as Fariseër so goed bestudeer het, dit het God kom doen in die persoon van Jesus van Nasaret.

In 'n oogwink is Paulus se lewe oorgeplant in die lewe van Jesus van Nasaret. Hy word deel van Jesus se liggaam, 'n medewerker wat Jesus se werk voortsit. "Ons noem hierdie gebeurtenis 'n bekering", skryf NT Wright, "maar dit was meer soos 'n vulkaniese uitbarsting, 'n donderstorm en 'n getygolf wat kragte saamsnoer. Indien die dood en opstanding van Jesus die skarnier was waarop die groot deur van die geskiedenis oopgeswaai het, was die bekering van Saulus van Tarsus die moment toe al die beloftes van God saamgebundel is, hulself in 'n groot bal opgewen het, en deur daardie oop deur in die wye wêreld uitgebars het".

Drie: Roepingsverhaal

Ons het hier 'n roepingsverhaal: "Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen"

Wat gebeur met 'n mens wat die heerlikheid van God sien?

Sou ons die verhaal moes oorvertel, sou ons waarskynlik Paulus se bekering as 'n verdiende nederlaag beskryf. Die vervolger kyk op sy neus! Hy is oorwin! Of ons sou dit as 'n vorm van geregtigheid wat seëvier beskryf. "Dit help nie om teen God in opstand te kom nie, die Here sal jou neervel," kon ons dalk sê.

Jesus hanteer Paulus heeltemal anders. Selfs die eerste woorde, "Saul, Saul…", is die taal van 'n besorgde moeder wat 'n kind wil reghelp. En dan die opdrag: "Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen."

Só word hierdie bekeringsverhaal eintlik 'n roepingsverhaal, wat mens nogal aan die roepingsverhale van die Ou Testamentiese profete laat dink (bv. Esegiël 1-2). In die volgende episode kry Ananias in Damaskus opdrag om na Paulus toe te gaan en vir Hom te bid, want, sê Jesus, "Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly" (Hand 9:15-16). Die vervolger sal ook die vervolgde word, soos iemand dié week in 'n Bybelstudiegroep gesê het.

Toepassing

14

Page 15: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

1. Jesus sorg vir ons. Dit moet ons goed weet. Dit is wat Paulus se bekerings- en roepingsverhaal illustreer. Jesus versorg sy liggaam, die kerk. In die felle oomblikke van vervolging, bewaar Jesus die kerk en voorsien 'n getuie wat die boodskap na die uithoeke van die wêreld dra. Paulus word die stigter van die eerste gemeente op Europese bodem (Filippi), waarvan die evangelie ook later ons voorouers in die noorde en weste van Europa bereik het.

2. Jesus gebruik leiers. Paulus se lewensverhaal illustreer die waarde van innoverende leierskap in die kerk van die Here. Paulus was 'n uitmuntende leier, vol energie, geesdrif, en die vermoë om ander te besiel en te lei. Hy het die nodige gawes by die Here ontvang, en sy lewensverhaal het hom gevorm om die Grieks-Romeinse wêreld te betree en mense te help om die Here te vind. Hy was 'n egte apostel – iemand wat grense oorgesteek het en nuwe, brandende gestaltes van geloof aangevuur het in die gemeentes wat hy gestig het.

Ons kerk moet 'n kultuur skep waarin innoverende leiers, soos Paulus, bemagtig word. Ons Gereformeerde geloofstradisie is soveel verskuldig aan leiers soos Johannes Calvyn, Martin Luther en andere. Tog is dit ook deel van ons tradisie dat leiers afgekraak en ontmagtig word. Dit geld leraars, maar ook ouderlinge, diakens en bedieningsleiers. Ons gee moeilik geleentheid aan mense om in terme van hul roeping uit te styg en te presteer. Ons moet die Here bid om ons oë oop te maak vir die waarde van leierskap. Ons het leiers nodig wat nie wil heers nie, maar ter wille van die evangelie dien.

3. Hierdie gedeelte leer ons anders dink oor teëstanders van Jesus Christus. Dit is binne Jesus se mag om teëstand in 'n oogwink uit te wis. Dié teenstand kom dikwels uit die kring van gelowige mense, soos Paulus vroeër, wat groot passie vir God het, maar mislei is en die passie of energie verkeerd rig. Mens kan godsdienstig baie opreg wees, maar tegelyk baie verkeerd. Daarom wil ons natuurlikerwys ons blootstelling aan andersdenkendes beheer. Daarom vermy ons konflik-situasies met mense wat van ons verskil, veral waar hulle openlik vyandig is teenoor ons.

Daar kan egter geen verandering en versoening kom as ons nie die grens ook na ons vyande oorsteek nie. Dít wys Jesus ons in sy gesprek met Saulus. Dít wys Ananias ons in sy gehoorsaamheid aan Jesus se opdrag om met Saulus te praat. Dít wys Barnabas in sy ontferming oor Saulus deur hom na die apostels toe te vat.

Henry Nouwen (Reaching Out) noem dit die beweging van "hostility" (vyandigheid) na "hospitality" (gasvryheid) waar die vreemdeling-vyand met sy andersheid ontvang word en eintlik 'n kans gegun word om 'n medemens te word; waar die andersheid nie meer die verhouding definieer nie, maar die aanvaarding. Dit is uiteindelik ons roeping: om van die "hostis" 'n "hospes" – van die vyand 'n gas – te maak.

Soos Jesus dit vir ons gedoen het, só moet ons dit vir ander ook doen.

4 God stuur ons om te leefGebed

Dankoffer

SlotsangLied 585 O Jesus, laat ons nooit vergeet ofLied 505 Jesus, U gaan voor

15

Page 16: gemeentes.co.za€¦  · Web viewSaulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. Ander tekste. Psalm 30. Vir altyd sal ek U loof

Seën

ResponsLied 406 Refrein

5 Volgende erediensHandelinge 9:36-43

Liturgie en familie-oomblik: Rethie van NiekerkPowerpoint: Wicus WaitPreekriglyn: Chris van Wyk/ Danie MoutonProsesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

16