· web viewwilhelm liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / [email protected] . freddie...

23
VRYDAGNUUS 11 Oktober 2013 Ook beskikbaar by www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit AMPTELIKE NUUSBRIEF WES-EN-SUID-KAAPLAND SinodeInligting: Gemeentes Ons het 'n wonderlike elektroniese kommunikasie-sisteem waardeur ons die inligting uit sinodes daagliks aan ons gemeentes/predikante stuur. Dit sal dan wonderlik wees as gemeentes sal beplan hoe hulle hierdie inligting aan die lidmate deurgee, sodat ons nie later daarvan beskuldig word dat lidmate in die duister is oor die kerk se besluite nie. Dankie vir julle samewerking A. SINODALE NUUS 1. NGK Algemene Sinodesitting 1.1 Prediking tydens Openingsgeleentheid Prof Piet Naudé het Sondagaand by die openingsgeleentheid van die Algemene Sinode die prediking waargeneem. Die Skriflesing was uit Genesis 18:1-15 (14), asook die interpretasie van die teks soos opgeteken in Hebreërs 11:1-3 en 8-18. “Sou iets vir die Here te wonderbaar wees?” Die hele preek is by http://www.youtube.com/watch? v=yZSp8JcgnHM . 1.2 Sinodebode en meer Vir diegene wat (weer) die nuus oor die afgelope Algemene Sinodesitting wil bekyk: dit is aanlyn beskikbaar in die Sinodebode, Kerkbode se daaglikse koerant by die sinode: http://kerkbode.co.za/category/sinodebode/ . SinodeInligting is daagliks aan ons databasis gestuur en is aanlyn beskikbaar by www.kaapkerk.co.za – NUUT. 2. KGA spog met Nuwe Webwerf!

Upload: others

Post on 12-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

VRYDAGNUUS11 Oktober 2013Ook beskikbaar by www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

AMPTELIKE NUUSBRIEF WES-EN-SUID-KAAPLAND

SinodeInligting: GemeentesOns het 'n wonderlike elektroniese kommunikasie-sisteem waardeur ons die inligting uit sinodes daagliks aan ons gemeentes/predikante stuur. Dit sal dan wonderlik wees as gemeentes sal beplan hoe hulle hierdie inligting aan die lidmate deurgee, sodat ons nie later daarvan beskuldig word dat lidmate in die duister is oor die kerk se besluite nie. Dankie vir julle samewerking

A. SINODALE NUUS1. NGK Algemene Sinodesitting1.1 Prediking tydens OpeningsgeleentheidProf Piet Naudé het Sondagaand by die openingsgeleentheid van die Algemene Sinode die prediking waargeneem. Die Skriflesing was uit Genesis 18:1-15 (14), asook die interpretasie van die teks soos opgeteken in Hebreërs 11:1-3 en 8-18. “Sou iets vir die Here te wonderbaar wees?” Die hele preek is by http://www.youtube.com/watch?v=yZSp8JcgnHM.

1.2 Sinodebode en meerVir diegene wat (weer) die nuus oor die afgelope Algemene Sinodesitting wil bekyk: dit is aanlyn beskikbaar in die Sinodebode, Kerkbode se daaglikse koerant by die sinode: http://kerkbode.co.za/category/sinodebode/. SinodeInligting is daagliks aan ons databasis gestuur en is aanlyn beskikbaar by www.kaapkerk.co.za – NUUT.

2. KGA spog met Nuwe Webwerf!Die KGA het nou 'n nuwe, eenvoudiger webwerf wat makliker navigeer en jou maklik by die verlangde inligting sal uitbring. Hulle poog om veral stories van hoop aan gemeentes te bring. Gaan besoek gerus die webwerf by www.kga.org.za.

B. ALGEMENE NUUS EN INLIGTINGMet medelye... Winston Samuels

Page 2:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

Ds Winston Samuels het op Maandag 7 Oktober gesterf in die amp as leraar van die VGK Wynberg-gemeente, wat hy vir die afgelope 4 jaar, sedert 2009, bedien. Averell Rust som sy lewensfilosofie as volg op: “Ek kyk nie rond waarvoor ek my inlaat nie. As Hy roep, roep Hy. Jy vra nie ‘vir wat?’ nie. Jy gaan net.” Onderaan is meer oor die begrafnisreëlings; die roudiens vind reeds op Donderdag 10 Oktober plaas. Innige simpatie – Red.

1. NG Moeder- & Kruiskerk Stellenbosch: Eerstejaarskamp 2014Oudergewoonte bied NG Stellenbosch Moederkerk & Kruiskerk ’n Eerstejaarskamp aan van 19-22 Januarie 2014. Dit is ’n ongelooflike ervaring en ’n uitstekende manier om sommer dadelik in te skakel by die universiteitswêreld. Eerstejaars aan enige instelling is welkom. Registrasie 19 Januarie by Kruiskerk. Koste: R550. Meer inligting of inskrywings is by www.kruiskerk.com. Kontak Erika by [email protected] of 082 362 5237 of 021 883 3458 (kerkkantoor). Gemeente, lees asseblief hier meer en vertel julle matrieks!

2. Nuus vanuit TydskriftemaatskappyNa die vervroegde uittrede van Adri-Louise van Reenen-Fourie weens mediese redes, is Francine van Niekerk as waarnemende redakteur van LiG en ook as waarnemende departementshoof van Tydskriftemaatskappy aangestel. Haar kontakbesonderhede is [email protected], of 021 864 8229. Dr Pieter Fourie, uitvoerende hoof van Bybel-Media ([email protected]) neem tans waar as redakteur van Kerkbode.

3. NG Gemeente George-Bergsig: Ramp met kerkdak in Msinga!Charl du Plessis (George-Bergsig) skryf: Vir meer as 20 jaar reeds is George-Bergsig met ’n jaarlikse uitreik in Msinga betrokke, ook by eBusi naby Wasbank. Hulle het onlangs die nuus ontvang dat die eBusi-kerkgebou se splinternuwe dak afgewaai het: “Die dak is af. Kappe, plate, die lot. Niks in omgewing is geraak deur die wind nie. Net die kerk.” Die skade beloop ongeveer R15 000! Lees onderaan meer en oorweeg gerus om hulle te ondersteun.

4. VBO Pastorale Beradingskursus: Trauma by KindersVeral met die oog op ons lesers in die Noord-Kaap: Wentzel Coetzer bied op Saterdag 9 November in Potchefstroom ’n kursus oor pastorale begeleiding van getraumatiseerde kinders aan. VBO-punte kan hiermee verdien word. Onderaan is meer hieroor.

C. GEMEENTES BIED AAN1. NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen: BybelnagteBybelnagte 2013 vind vanjaar plaas op Hervormingsdag, Donderdag 31 Oktober. Die tema is die relevansie van die Heidelbergse Kategismus na 450 jaar. Dit begin oudergewoonte om 18:00 met ’n kaas-en-wyn, paneelbespreking om 19:00 en 20:15 is daar ’n musiekuitvoering met Winand Grundling (orrel) en André

Page 3:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

Terblanché (sanger). Dié gratis geleentheid is vanjaar in Engels vanweë die internasionale kontingent. Bevestig asb bywoning ter wille van spyseniering by Noëlline Luthz (021 886 5975). Lees onderaan meer.

2. NG Gemeente Durbanville: GeslagsverhoudingeSedert die 1950’s het vrouens hulle plek begin volstaan in die akademie, die beroepswêreld en die openbare lewe. Mans se posisie het gevolglik grootliks verander en gesinstrukture is ook geraak. In ’n aanddiens reeks by Durbanville kyk Elize Morkel (dr) na die impak van dié veranderinge op ons denke oor vrouwees, sowel as manwees. Wat leer Jesus ons oor geslagsverhoudinge? Lees onderaan meer.

3. NG Gemeente Stellenbosch-Wes: Preek van die LeekStellenbosch-Wes, in samewerking met ’n groep teoloë aan die US se Fakulteit Teologie en gemeentes in Stellenbosch verbonde, het as deel van die “preek van die leek” projek op 13 Oktober om 18:00 vir dr Rhoda Kadalie as leke-prediker op die kansel. Dr Kadalie is uitvoerende direkteur van die Impumelelo Innovations Award Trust en ’n bekende aktivis vir menseregte. Die preek is in die kerkgebou van Stellenbosch-Wes (hoek van Alexander- en Papegaaistraat). Besoekers is welkom. Vir meer oor die proses, datums en wie reeds aan die projek deelgeneem het, besoek gerus: www.preekvandieleek.co.za, waar vorige preke van Amanda Gouws en Beyers Truter ook beskikbaar is.

D. NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. Bybel-Media fokus op NGK Algemene SinodesittingHans Steyn skryf dat BM se jongste nuusbrief poog om soveel moontlik lidmate en belangstellendes op die hoogte te hou van gebeure by die NGK Algemene Sinode. Klik hier.

2. Shepherd’s Square NuusbriefGerhard Botha van die UV se “Shepherd” (sentrum vir die begeleiding van geestelike leiers), skryf vanuit die Veremarksaal in PE oor sy ervaring van die Algemene Sinode toe Piet Naude Gen. 18:14 “Is iets te buitengewoon vir die Here?” konkreet maak vir die Kerk vandag én in die toekoms. Die nuusbrief is by NUUT op www.kaapkerk.co.za beskikbaar.

E. FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. NG Gemeente Langebaan 25 jaar oud!Vanjaar vier die lidmate van die NG Gemeente Langebaan met baie dank aan die Here van die Kerk haar bestaan oor 25 jaar. Onderaan is meer oor die ontvangs van ’n spesiale Bybel, ’n verskeidenheidskonsert, ’n dank-biduur, ’n formele ete en ’n feesdiens (met Nagmaal) op Sondag 27 November om saam te val met Hervormingsfees. Veral oud-lidmate kan ook gerus by die aktiwiteite (reeds vanaf 18 Oktober!) inskakel – klik hier.

Page 4:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

2. NG Gemeente Robertson-Oos: FeesmarkNG Gemeente Robertson-Oos se tiende Feesmark vind vanaf 24 Oktober tot 2 November plaas. Moenie hierdie unieke geleentheid, waar 110 uitstallers hulle pragtige produkte kom uitstal, misloop nie. Navrae: 083 564 2446 of [email protected]. Lees hier verder.

3. NG Gemeente Vasco: FeeskonsertDie NG Gemeente Vasco bied op 27 Oktober om 19:00 ’’n gratis Feeskonsert aan ter viering van die gemeente se pragtige R. Muller Pyporrel se 50ste bestaansjaar. Die program bestaan uit orrelspel, samesang, solosang, koorsang en instrumentale musiek. Die aanbieder van die konsert is Fanie Smit van RSG (Sondagoggend se program “Loof die Here”).

4. NG Gemeente Drakenstein: Lente BergloopOp 2 November vanaf 07:30 stap die Drakensteiners op die vliegveld op die plaas, Buffet Olives, Klein Drakenstein, Paarl. Daar is twee roetes: 9 km, met ’n stewige opdraand, en 4 km kortpad vir gemaklike stap. Bring piekniek stoele saam vir kuier. Boereworsrolle en verversings te koop. Meer oor dié lekker tradisie is by www.kaapkerk.co.za – NUUT. Navrae: [email protected].

5. NG Gemeente Wellington-Oos: BasaarWellington-Oos se basaar (Saterdag 26 Oktober) skop reeds die Vrydagaand om 19:30 af met ’n gratis gemeentekonsert. Verversings te koop vanaf 18:00 en gratis treinritte vir kinders. Meer oor Saterdag se basaar, met onder meer ontbyt, vars produkte, kinderaktiwiteite en ’n hoenderbraai vanaf 18:00, is onderaan te lese.

6. Badisa Alta du Toit Nasorg: Omgee BasaarBly Kalm en begin spaar vir ons Omgee Basaar! skryf Lelani. Waar is al die pret? Alta du Toit Nasorgsentrum, Boston, Bellville op 30 November vanaf 09:00 tot 13:00. Heerlike pannekoek, teetuin, vetkoek, Wit Olifante te kies en keur, stalletjies, vrugte & groente, wegneemetes, boereworsrolle, nagereg, slaptjips, goeie vermaak en nog vele meer… Navrae Marina/Lelani 021 913 2106.

F. VAKATURESVakatures op Kerkbode se webwerfHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

1. NG Gemeente Mariental: LeraarDie gemeente Mariental is ’n tradisionele plattelandse verbondsgemeente in die Suide van Namibië. Die 413 belydende en 155 dooplidmate is van alle ouderdomsgroepe met twee hoof bedieningsareas nl die dorp- en

Page 5:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

boerderygemeenskap. Mariental het ’n vakature vir ’n voltydse leraar. Aansoeke sluit op 31 Oktober – sien onderaan meer hieroor.

2. Badisa Herberg Kinder- en Jeugsorgsentrum: BestuurderDie Herberg Kinder- en Jeugsorgsentrum in Robertson is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke van dinamiese persone met ’n positiewe lewensingesteldheid teenoor kinders en jeugdiges word vir die betrekking as bestuurder ingewag. Sluitingsdatum: 25 Oktober. Lees hier.

3. NG Kerk Oornaghuis: BestuurderDie NG Kerk Oornaghuis (Bellville) is die kerk se gastehuis vir pasiënte en hulle families, sowel as persone wat kom vir kerklike vergaderings en ander besoeke aan die stad. Die huis is geleë op dieselfde terrein as Alta du Toit-Nasorg, by Lincolnstraat 80, Hoheizen. ’n Vakature vir ’n bestuurder is hier beskikbaar. Reageer voor 25 Oktober – aangeheg is meer.

4. NG Gemeente Helderberg: Terrein- en KlankkoördineerderHelderberg het tans ’n vakature vir ’n terrein- en klankkoördineerder. Pligte sal onder andere batebeheer oor geboue en toerusting, sowel as verantwoordelikhede rondom die klank by dienste en ander geleenthede behels. Klik hier vir meer oor vereistes; sluitingsdatum is 17 Oktober.

Ten slotteOns is ons woorde vooruit

Hier by die Algemene Sinode waar ek tussen afgevaardigdes beweeg en luister na hulle verhale, het ek dikwels die ervaring dat ons dade ons woorde vooruit is: Stukkende en verwerpte mense vind heel dikwels meer genade, liefde en aanvaarding tussen mense in gemeentes – vind 'n veilige tuiste, volle menswaardigheid en aanvaarding – terwyl die kerk se amptelike besluite somtyds nog huiwer. Ons behoort aan 'n wonderlike kerk.

Ook geïllustreer in Mossie van Noord-Kaapland se aangrypende vertelling oor Ruth Monao (foto). Lees gerus.

Vriendelike groete.

Ben du Toit

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

Page 6:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

WYLE DS WINSTON SAMUELS

Ds Winston Samuels het op Maandag 7 Oktober 2013 gesterf in die amp as leraar van die VGK Wynberg-gemeente wat hy vir die afgelope 4 jaar, sedert 2009 bedien. Hy het sy bediening as tentmaker begin in 2007 by die VGK gemeente, Marydale in die Noord-Kaap. In ’n artikel wat in Rapport verskyn het na sy bevestiging in Wynberg-gemeente, het hy genoem dat hy nooit kon dink dat hy van die klein plattelandse dorpie in Marydale na die gevestigde stedelike gemeente Wynberg beroep sou word nie.

Sy lewensfilosofie word dan as volg opgesom: “Ek kyk nie rond waarvoor ek my inlaat nie. As Hy roep, roep Hy. Jy vra nie ”vir wat?” nie. Jy gaan net.” Nou het die Here hom tot hoër diens geroep. Vir sy naaste familie, die gemeente, sy kollegas en baie ander is dit met groot skok en leedwese dat ons so skielik van hom afskeid moes neem. Ons vertrou dat almal berusting sal vind in die ontfermende genade van die Here.

Die Roudiens word gehou op Donderdag 10 Oktober 2013, om 19:30 by VGK Wynberg-gemeente. Die Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag 12 Oktober 2013 om 10:00, besigtiging om 09:00, by VGK Huguenot-gemeente, Paarl. Die teraardebestelling vind plaas by die begraafplaas in Wellington.

Vir verdere navrae kan u skakel met die VGK Wynberg-gemeente kerkkantoor by 021 797 4224 of die pastorie by 021 762 1771.

Ds Averell Rust

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG STELLENBOSCH MOEDERKERK | KRUISKERKEERSTEJAARSKAMP 2014

Oudergewoonte bied NG Stellenbosch Moederkerk & Kruiskerk ’n Eerstejaarskamp in 2014 aan en enigeen is welkom!

Die kamp is van 19 -22 Januarie 2014. Registrasie vind 19 Januarie 2014 plaas te Kruiskerk, Stellenbosch. Koste vir die kamp beloop R550 (etes, verblyf & vervoer ingesluit). Inskrywings kan gedoen word by www.kruiskerk.com.

Ons sal dit hoog op die prys stel indien u huidige matriekleerders in u gemeente kan aanmoedig om juis hierdie kamp by te woon. Dit is ’n ongelooflike ervaring en ’n uitstekende manier om sommer met die intrapslag in te skakel by die universiteitswêreld.

Page 7:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

Ons wil ook asseblief u hulp vra, aangesien daar kerke op Stellenbosch is wat nie hulle kampe adverteer onder die kerke se name nie, dat u ’n beroep op die ouers van voornemende eerstejaars in u gemeente sal doen om sensitief te wees vir daardie advertensies van die ander Eerstejaarskampe op Stellenbosch.

Moenie skroom om my enigsins te kontak met navrae rakende die kamp nie. Indien u belangstel kan u my e-pos vir PowerPoint-slides wat u kan gebruik in elektroniese afkondigings.

Dankie vir u voortgesette gebede vir hierdie bediening en u moeite met die bemarking. Ons waardeer dit ongelooflik baie.

Groete.

Erika ViljoenNG Moederkerk & Kruiskerk: Eerstejaarskampleier [email protected] 021 883 3458082 362 5237

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

RAMP MET KERKDAK IN MSINGA!

Vir meer as 20 jaar reeds is George-Bergsig met ’n jaarlikse uitreik in Msinga betrokke - die afgelope vier jaar by eBusi naby Wasbank. Op 17 September kry ons die volgende boodskap van ds Lourens Schoeman:

Geliefdes

Ek sit hier met ’n deurmekaar gewaaide Teologie. Jobe bel nou net. ’n Fratswind is oor die kerkgebou by eBusi (Wasbank), wat NG Gemeente George Bergsig pas met soveel sorg gebou het. Die dak is af. Kappe, plate, die lot. Niks in omgewing is geraak deur die wind nie. Net die kerk. By die jeugkamp (40km van die kerk af) was ’n ligte briesie, niks meer nie. Dieselfde het onlangs by Pomeroy gebeur. Rukwind. Net die kerk. Dak totaal af.

Ek is nie in staat om te reflekteer nie. Huil maar net voor Vader.

Gedag ek deel met jouLourens

Page 8:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

By nadere ondersoek is egter vasgestel dat die skade nie so groot is nie – genadiglik is net die een helfte van die kerk se dak, en ongeveer die helfte van die kombuis se dak, afgewaai. Voorlopige skadeberaming beloop ongeveer R15 000. Bid asb saam vir die gemeente en vir nodige middele en die spoedige herstel van die dak.

Kontak George-Bergsig by [email protected] of 044 871 1338.

Charl du PlessisGeorge-Bergsig

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

PASTORALE BERADINGSKURSUS

Pastorale begeleiding van getraumatiseerde kindersSaterdag 9 November – PotchefstroomProf Wentzel Coetzer

Sessie 1: Basiese vertrekpunte ten opsigte van getraumatiseerde kinders• Herhalende traumatiese herinneringe; agtergrond van die tipiese jeug oortreder;• min terapeutiese programme fokus op die verlede sowel as eiesoortige behoeftes;• tipiese verloop van emosies en gedrag na trauma; verskillende faktore bepaal individue se gedrag op trauma; die rol van trauma eggo’s; roetine en rituele; self-regulering;• trauma ontwrig die normale ontwikkeling van basiese vermoëns; die sorgdraer dien as spieël vir die ontwikkeling van identiteit; enkele voorlopige terapeutiese riglyne.

Sessie 2: Verskillende tipes intervensies vir kinders• Gefokusde aktiwiteite; ontspanningsoefeninge en spieroefeninge; biblioterapie;• kuns aktiwiteite; die opstel van ’n tydlyn; die terapeutiese waarde van teken;• spesifieke tekentake vir trauma ontlonting en intervensie; om te werk met kinders wat fisies en seksueel misbruik is; grense grondplan (boundary blueprint); teken hoe jou gesin verander het; samevattende perspektiewe.

Sessie 3: Die vernietigende effek van kinderjare traumaDie belangrike bydrae van die Adverse Childhood Experience Study.

Page 9:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

Die moontlike verband tussen negatiewe kinderjare ervaringe en die rook gewoonte, die misbruik van alkohol en ook latere fisiese probleme

Sessie 4: Die lewenskrisis skaal van Holmes & Rahe vir kinders en jongmense

Sessie 5: Praktiese riglyne met betrekking tot die berading van kinders

Plek: Studente Hervormde Kerk – Silwerstraat 19 (net langs klein kragstasie)Datum: Saterdag 9 November 2013Tyd: 08:00 – 13:00 (10x VBO-punte kan verdien word deur NG-leraars)GPS koördinate: Suid: 26.41.590 - Oos: 27.5.079Koste: R200 pp (sluit in sleutelnotas en verversings)Egpare - R300Handleiding te koop (opsioneel): R160 (posgeld: R20 ekstra)Fooie kan inbetaal word by:ABSA spaar rek: 9061802135 – takkode: 335138 – rek naam: S E CoetzerNavrae en bespreking: 083 660 0409 of 018 294 7457 of [email protected]

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE STELLENBOSCH-WELGELEGENBYBELNAGTE

Bybelnagte 2013 vind vanjaar plaas op Hervormingsdag, Donderdag 31 Oktober. Die tema is die relevansie van die Heidelbergse Kategismus na 450 jaar.

Dit begin oudergewoonte om 18:00 met ’n kaas-en-wyn. Vanaf 19:00 vind die paneelbespreking plaas en 20:15 is daar ’n musiekuitvoering met Winand Grundling (orrel) en André Terblanché (sanger). Dié gratis geleentheid is vanjaar in Engels vanweë die internasionale kontingent.

Bywoning moet by die kerkkantoor bevestig word ter wille van spyseniering. Skakel Noëlline Luthz (021 886 5975). Lees onderaan meer oor die paneelbespreking.

Die paneelbespreking word gelei deur Louis Jonker (professor in Old Testament in the Faculty of Theology, University Stellenbosch). en die paneel bestaan uit internasionale teoloë wat vir die kongres “Remembering the Heidelberg Catechism in Africa today” bywoon.

Die paneellede is Proff Eberhard Busch (emeritus professor in Systematic Theology of the University of Göttingen) & Doug Ottati (Craig Family

Page 10:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

Distinguished Professor of Reformed Theology and Justice by Davidson College in North Carolina), Drr Rachel Baard (lecturer in the Human Sciences at the Villanova University, University of the Augustinian Order near Philadelphia, Pennsylvania) & Coenie Burger (head of the ecumenical centre Communitas at the Faculty of Theology, University of Stellenbosch).

*Bybelnagte is vanjaar in Engels vanweë die internasionale kontingent.

Die program is beskikbaar by www.kaapkerk.co.za - NUUT.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DURBANVILLEAANDDIENS REEKS: WAT LEER JESUS OOR

GESLAGSVERHOUDINGE?

Spreker: Dr Elize Morkel

Sedert die 1950’s het vrouens hulle plek begin volstaan in die akademie, die beroepswêreld en die openbare lewe. Mans se posisie in die samelewing het gevolglik ’n groot verandering ondergaan. Gesin-strukture is ook hierdeur, en deur ander faktore, radikaal aangepas, sodat gesinne lankal nie meer lyk soos die tradisionele prentjie nie.

Wat is die impak van hierdie veranderinge op ons denke oor vrouwees? En watter implikasie het dit vir ons denke oor manwees?

Wat leer Jesus vir ons oor geslagsverhoudinge?

Elize Morkel is ’n praktiserende sielkundige met ’n doktorsgraad in Praktiese Teologie. Sy dien op die NG Kerk se Moderatuur van die Wes-en-Suid-Kaap se Sinode en die Moderamen van die Algemene Sinode. Sy is kundig op die gebied van gender en menswaardigheid.

Sondagaande: 13, 20, 27 Oktober om 19:00 in die Durbanville-gemeente se kerkgebou, op die hoek van Weyerslaan en Kerkstraat. Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor by 021 975 6370.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

Page 11:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

BYBEL-MEDIAJOU BEDIENINGSVENNOOT IN 2013

Nuusbrief 16/2013

Algemene Sinode 2013 in sitting

Sondagaand het die Algemene Sinode van die NG Kerk begin. Sien die gebeure op Kerkbode se webtuiste: www.kerkbode.co.za. Daar kan jy die inhoud van die Sinodebodes lees. Volg ook die gebeure op die Facebook-blad.

Verder kan jy die webtuiste van die Algemene Sinode wat vir die gebeure geskep is, besoek: www.as2013.co.za.

Jongste Bybel-Media Publikasie:

Vroom of regsinnig? ... Vincent BrümmerTeologie in die NG Kerk

Wat besiel ’n godsdiensfilosoof om hom as nie-historikus aan die kerkgeskiedenis in Suid-Afrika te waag?“Ek dink dat wat ek in hierdie boek doen, méér intellektuele geskiedenis is as kerkgeskiedenis. As godsdiensfilosoof, analiseer ek die teologiese debatte van die tyd. Dit het my opgeval dat die kerkhistorici dit oor die algemeen nie doen nie.”Brümmer identifiseer veral twee strome: “vroom” en “regsinnig”.Prys: R150,00 (BTW + posgeld ingesluit)Hierdie publikasie is Maandagoggend by die sitting van die Algemene Sinode bekend-gestel.

Inligting, navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822• Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] • Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

Bybel-Media groet vanuit die sinodesaal.

Hans SteynDepartement FondswerwingE-pos: [email protected] Tel: 021 864 8223

Terug na Hoofblad.

Page 12:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE LANGEBAAN25 JAAR OUD

Vanjaar vier die lidmate van die NG Gemeente Langebaan met baie dank aan die Here van die Kerk haar bestaan oor 25 jaar

In kort wat gebeur:

18 Oktober om 18:30 - ’n Verskeidenheidskonsert met gratis toegang vir almal in die kerksaal.

20 Oktober om 09:30 – Amptelike ontvangs en uitdeel van ’n spesiale uitgawe van die Bybel wat die halfeeu van ons bestaan herdenk.

23 Oktober om 18:30 - Die 25ste verjaardag. ’n Dankbiduur geskied in die dorp se Gemeenskapsaal, die gebou waar die afstigtingsdiens op 23 Oktober 1988 plaasgevind het. Alle lidmate, oud en huidig, veral diegene wat daar was 25 jaar gelede, leraars en almal wat belangstel, word hartlik uitgenooi, ook gelowiges van ander kerke

25 Oktober om 18:30 - Formele ete in die kerksaal.

27 Oktober om 09:30 - Feesdiens, wat saamval met Hervormingsfees asook die Gemeente se insameling van die Tiendemaand Dankoffer. Die Gemeente vier saam die Nagmaal. Na hierdie geleentheid word almal uitgenooi, huidige en oud lidmate asook vriende van die gemeente.

Navrae kan aan die volgende gerig word:

Kobus de Kock 082 921 8531Frikkie Boshoff 083 380 0810Kerkkantoor 022 772 2813

Terug na Hoofblad.

---------------------------------------------------------

NG GEMEENTE ROBERTSON-OOSFEESMARK

Die tiende Feesmark van hierdie gemeente vind plaas vanaf 24 Oktober tot 2 November. Daagliks vanaf 09:00 tot 20:00; Saterdae: 09:00 tot 16:00 (Sondag gesluit).

Page 13:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

Hierdie mark het al sy merk gemaak en groei elke jaar net meer en meer. Werklik ’n geleentheid wat u nie moet misloop nie. Toegang tot die mark is gratis – dit vind in die kompleks langs die kerkgebou in Van Zylstraat, reg oorkant die Herberg Kinderhuis, plaas.

110 uitstallers, vars gebak, demonstrasies en juwele, Kers- en kindergeskenke, dekor en kreatiewe, vars idees. Unieke items en geskenke vir die hele familie. Kom besoek Robertson-Oos Gemeente se feesmark in die pragtige vallei en geniet tuisgemaakte etes.

Navrae: 083 564 2446.

Kookdemonstrasie @ R120 op Maandag 28 en Dinsdag 29 Oktober. Kom kyk en proe die heerlike geregte wat gedemonstreer word deur Kokkedoor finaliste Toinette en Tannie Poppie.

Navrae vir kookdemonstrasie en vir kaartjie aankope: 082 715 6967. Kaartjies is ook by die kerkkantoor beskikbaar – skakel 023 626 3220.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE WELLINGTON-OOSBASAAR

Saterdag 26 Oktober 2013 vanaf 09:00.• Gratis gemeentekonsert Vrydagaand 25 Oktober om 19:30. Vanaf 18:00 word boereworsrolletjies, koffie, koeldrank en lekkergoed verkoop. Gratis treinritte vir kinders.

• Ontbyt (wors, spek, quiche, brood, koffie/tee en sap) vanaf 07:30 - 10:00 @ R45,00 (vooraf kaartjieverkope by Wellington-Oos se kerkkantoor).

• Vars produkte, geskenke, koek, brood, beskuit, poeding, hamburgers, jaffles, iets te drinke, teetuin, gereedskap, plante, speelgoed en vele meer.

• Vir die kinders is daar gesiggieverf, springkasteel, "slip 'n slide", die gewilde treintjie loop, lekkergoed, en vele meer.

• Saterdagaand hoenderbraai vanaf 18:00 by die kerk. Kaartjies volwassenes R50,00 vir 'n halwe hoender, wors, roosterkoek, knoffel & pietersielie “spud”, somerslaai, tee/koffie, sap/wyn. Bring eie eetgerei, borde en glase. Kinders R15 vir 'n boereworsrol, stokkieroomys en sappie (vooraf kaartjieverkope by Wellington-Oos se kerkkantoor).

Page 14:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

Skakel Wellington-Oos se kerkkantoor by 021 873 2690 vir enige navrae.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE MARIENTALVAKATURE VOLTYDSE LERAARSPOS

GEMEENTEPROFIEL: Die gemeente Mariental is ’n tradisionele plattelandse verbondsgemeente in die Suide van Namibië. Die lidmate is van alle ouderdomsgroepe met twee hoof bedieningsareas nl die dorp- en boerderygemeenskap. Hier is 413 belydende en 155 dooplidmate. Die gemeente is selfversorgend. Word deur een predikant bedien.

LERAARSPROFIEL:● Pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde. ● Gelegitimeerdes met ondervinding in een-leraar gemeentes. ● Moet ’n entoesiastiese persoon wees wat ’n passie het vir die evangelie, gesinsbediening en begrip het vir die bediening in ’n plattelandse dorp en boerderygemeenskap. ● Beskou huisbesoek en pastorale besoeke as belangrik. ● Gemaklike en informele aanslag in gemeente-aktiwiteite asook vaardigheid in musiek sal tot voordeel wees.

VERGOEDING: ● Salaris volgens Sinodale skaal. ● ’n Ruim pastorie en tuin beskikbaar. ● Ander voordele is onderhandelbaar. ● Vervoertoelaag en byvoordele volgens sinodale aanbevelings.

AANSOEKE: ’n Aansoekbrief vergesel van ’n volledige CV (insluitend name en kontakbesonderhede van minstens twee referente) kan per faks, e-pos of pos aangestuur word na: Per faks: 00264 88631403 (buiteland) 088631403 (binneland)Per e-pos: [email protected] Per pos: Posbus 444, Mariental, Namibië.

Voorkeur sal gegee word aan kandidate met Namibiese burgerskap of kandidate wat alreeds oor ’n Namibiese werkspermit beskik.

SLUITINGSDATUM: Donderdag, 31 Oktober 2013. DIENSAANVAARDING: So gou as moontlik.

Page 15:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

NAVRAE: Wilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / [email protected] Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / [email protected] Gerrit Louw: 063 242159 (w) 081 122 7857 (cell) / [email protected] Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en ’n preekbeurt in die gemeente. Die Kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

BADISADIE HERBERG KINDER- EN JEUGSORGSENTRUM,

BESTUURDER

Die Herberg Kinder- en Jeugsorgsentrum in Robertson is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke van gemotiveerde en dinamiese persone met ’n positiewe lewensingesteldheid teenoor kinders en jeugdiges word vir hierdie betrekking ingewag.

Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer en verantwoordelik wees vir die volgende: • die bestuur van die Kinder- en Jeugsorgsentrum ten einde ’n optimale versorgingsdiens in ’n terapeutiese milieu aan kinders en jeugdiges te verseker • die bestuur en ontwikkeling van alle personeel • die opstel en bestuur van die Kinder- en Jeugsorgsentrum se begroting • voorraadbeheer • gehalteversekering • bemarking en fondsinsameling • skakeling met kliënte, die beheerraad, gemeenskap en vennote • administratiewe pligte.

Die ideale kandidaat beskik oor ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie, die vermoë om ’n span te lei en te motiveer asook om probleemareas vroegtydig te identifiseer en op te los. Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes. Vorige ervaring van die bestuur van ’n kinder- en jeugsorgsentrum en enige toepaslike ervaring sal as sterk aanbeveling dien.

Ons bied ’n onderhandelbare salaris aangevul deur ’n mediese en aftreeskema, verblyf asook ruim verlofvoordele.

Rig ’n volledige CV, waarin u aandui vir watter pos u aansoek doen, vóór 25 Oktober 2013 aan die Direkteur: Menslike Hulpbronne, Badisa, Privaatsak X8, Bellville 7535, of per e-pos na [email protected].

Page 16:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

Indien u binne drie weke ná die sluitingsdatum nog geen terugvoer ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG KERK OORNAGHUIS – BELLVILLEBESTUURDER

Die NG Kerk Oornaghuis (Bellville) is die kerk se gastehuis wat verblyf verskaf vir pasiënte en hulle families, sowel as persone wat kom vir kerklike vergaderings, asook ander besoeke aan die stad. Die huis is geleë op dieselfde terrein as Alta du Toit-Nasorg, by Lincolnstraat 80, Hoheizen.

Sleutel-vereistes:Kennis en ervaring van die gastebedryf; administrasie; finansiële bestuur en boekhouding; personeelbestuur; instandhouding van gebou en perseel; goeie verhouding met beheerliggaam en gaste sowel as personeel; moet inwoon in wooneenheid en verkieslik getroud wees.

Sleutel-kenmerke:Vriendelik en goeie kommunikasievaardighede; rekenaarvaardig; ten volle tweetalig; bereid om 24/7 beskikbaar te wees.

Voordele:Mededingende salaris met 13de tjek; billike verlof en afnaweke; mediese fonds-subsidie en pensioenfondsbydrae.

Sluitingsdatum vir aansoeke:25 Oktober 2013.

Diensaanvaarding:1 Maart 2014

Rig aansoeke aan:[email protected]

Telefoniese navrae:Sylvia Wandrag 021 913 3733 in kantoorure (08:00 tot 17:00).

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

Page 17:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

NG GEMEENTE HELDERBERGVAKATURE: TERREIN- EN KLANKKOÖRDINEERDER

Pligte sal onder andere die volgende behels:• Batebeheer oor die geboue en toerusting• Sondae-dienste en ander geleenthede• Verantwoordelikhede rondom die klank by dienste en ander geleenthede• Posbeskrywing is beskikbaar op webblad www.nghelder.co.za

Kwalifikasies/Vereistes• Kennis in en aanvoeling vir klankstelsels • Rekenaarvaardighede (MS Office)• Moet bereid wees om oor naweke te werk• Nutsmanvaardighede sal voordelig wees

Aansoeke sluit 17 Oktober 2013Beplande aanstellingsdatum is 1 Desember 2013

Volledige CV met drie verwysings aan [email protected] of Posbus 337, Somerset-Wes 7129

Navrae:Lize van Wyk by 021 851 5582 (tussen 08:00 en 13:00) of [email protected]

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

MOSSIE SIT OP SY KLIP EN WONDER... OOR ARMOEDE...

My ou mens*, môreoggend begin die vergadering met ’n waarderende gesprek oor hoe ons armoede kan bestry.

Nogal moeilik om oor armoede te dink waar ek vanaand in my luukse hotelkamer sit en môre in ’n baie goed toegeruste vergaderlokaal... Gehoor van die afgevaardigdes sê: “Joe, die sinode moet ’n paar rand kos?”

Ruth Monao het my verlede week in die suidweste van Botswana by Bokspits beskaam...

Twee weke gelede het ek saam met verskeie persone Bokspits in Botswana besoek. Die doel van die besoek was om die moontlikheid en haalbaarheid van ’n Early Child Development (ECD) sentrum te Bokspits te ondersoek.

Page 18:   · Web viewWilhelm Liebenberg: 063 240492 (h) 081 311 2928 (cell) / pietwil@iway.na . Freddie Faul: 063 240528 (h) 081 364 6637 (cell) / ffaul@iway.na . Gerrit Louw: 063 242159

Ruth Monao (Dutch Reformed Church in Botswana) het vanaf Mochudi (Botswana) na Bokspits gereis.

Bokspits is “wyd en ver” – gelukkig het ons motors! Máár hoe het Ruth by Bokspits gekom? Sy glimlag terwyl sy vertel dat sy met openbare vervoer gekom het – met ’n bus. In Botswana is busse gewoonlik baie vol... oorvol... Jy is maar te dankbaar as jy kan staan. Ruth het gestaan... die hele pad. Vanaf Mochudi tot by Bokspits – 800 kilometer. Dieselfde middag sou sy met die bus teruggaan – 800 kilometer (hopelik kry sy die keer ’n sitplek).

Sy is ’n kenner van vroeë kinderontwikkeling (Early Child Development) in Botswana. Sy verklaar haar bereid om as mentor by Bokspits betrokke te raak as ’n ECD-sentrum ’n werklikheid sou word. Huidig is sy nie voltyds by ECD-sentrums betrokke nie, want sy kyk na haar verswakte bejaarde moeder.

O ja, amper vergeet ek, Ruth sê dat daar geen koste ter sprake is ten opsigte van haar betrokkenheid. Sy sal self voorsiening maak om vanaf Mochudi na Bokspits te kom.

Sy sluit af: “Die NG Kerk het nog altyd groot dinge, ‘eerstes’ in Botswana help begin, bv. die Deborah Retief Memorial Hospital, die oogkliniek te Mochudi (Resource Centre for the Blind), die rehabilitasiesentrum vir gestremdes (Motswedi Community Based Rehabilitation Centre – Motswedi beteken ‘fontein’) en die Home Crafts Centre te Mochudi...”

En dan vra sy: “Sien die NG Kerk kans om betrokke te raak t.o.v. ECD-sentrums...?”

Ek het nooit vir Ruth gevra nie... maar terwyl ek na Kimberley ry het ek gewonder... wat is Ruth se ma se naam. Is dit dalk Naomi?

Mossie MostertPSD: Noord-Kaapland

*Mossie se benaming vir sy vrou is “ou mens”. Hy skryf sy nuusbriewe uit die Algemene Sinode aan haar, maar ook lesers van sy sinodale nuusbrief.

Met dank aan Noord-Kaapland eNuus van 9 Oktober 2013.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------