web view2. leer en aktuele sake ... aansoeke word voor 1 augustus van alle belangstellende ......

22
VrydagNuus 25 JULIE 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF My Lanie Die koerantverkoper oor wie ek al meer as een keer hier geskryf het, wat met sy positiewe lewensuitkyk soveel mense in ons omgewing elke dag aangeraak het, is een oggend vroeg in 'n tref-en-trap omgery. Patrick Samuels het ons lewens verryk. Lees verder: Hulle is ons Helde . (Patrick is na twee weke steeds bewusteloos. Hy en sy vrou, Sannie, is lidmate van die VGK Bishop Lavis). Sien ook hier . SINODALE NUUS 1. NGK Algemene Sinode: Kerkspieël Kerkspieël bly ʼn belangrike inligtingsbron vir die NG Kerk om te help met nadenke oor die kerk en gemeentes se rol en funksionering. Gemeentes het waarskynlik reeds almal onlangs inligtingstukke hieroor ontvang, met reaksie verwag teen 28 Augustus. Die opname, in opdrag van die AS Taakspan Navorsing en in samewerking met die UV Departement Praktiese Teologie, bestaan uit twee dele: ʼn gemeente- en ʼn erediensbywoneropname. Gemeentes kan aangeheg meer hieroor lees. Meer agtergrond oor Kerkspieël is hier . 2. Leer en Aktuele Sake besin oor Restitusie by Jaarvergadering Alle belangstellendes is welkom by 'n konferensie oor restitusie en versoening. Sprekers sluit Lionel Louw, Deon Snyman, Simon Cezula, Ben du Toit en Stephen Pedro in. Dit vind in samewerking met die VGK Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake (SKLAS) plaas tydens die Jaarvergadering van die NGK Sinodale Taakspan vir Leer en Aktuele

Upload: trinhtram

Post on 06-Feb-2018

251 views

Category:

Documents


29 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

VrydagNuus25 JULIE 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

My LanieDie koerantverkoper oor wie ek al meer as een keer hier geskryf het, wat met sy positiewe lewensuitkyk soveel mense in ons omgewing elke dag aangeraak het, is een oggend vroeg in 'n tref-en-trap omgery. Patrick Samuels het ons lewens verryk. Lees verder: Hulle is ons Helde. (Patrick is na twee weke steeds bewusteloos. Hy en sy vrou, Sannie, is lidmate van die VGK Bishop Lavis). Sien ook hier.

SINODALE NUUS1. NGK Algemene Sinode: KerkspieëlKerkspieël bly ʼn belangrike inligtingsbron vir die NG Kerk om te help met nadenke oor die kerk en gemeentes se rol en funksionering. Gemeentes het waarskynlik reeds almal onlangs inligtingstukke hieroor ontvang, met reaksie verwag teen 28 Augustus. Die opname, in opdrag van die AS Taakspan Navorsing en in samewerking met die UV Departement Praktiese Teologie, bestaan uit twee dele: ʼn gemeente- en ʼn erediensbywoneropname. Gemeentes kan aangeheg meer hieroor lees. Meer agtergrond oor Kerkspieël is hier.

2. Leer en Aktuele Sake besin oor Restitusie by JaarvergaderingAlle belangstellendes is welkom by 'n konferensie oor restitusie en versoening. Sprekers sluit Lionel Louw, Deon Snyman, Simon Cezula, Ben du Toit en Stephen Pedro in. Dit vind in samewerking met die VGK Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake (SKLAS) plaas tydens die Jaarvergadering van die NGK Sinodale Taakspan vir Leer en Aktuele Sake (STLAS) op 29 Julie vanaf 14:00 by die NG Gemeente Stellenberg. Kontak Marieta Visagie met navrae en bevestig jou teenwoordigheid teen Vrydag 25 Julie om 14:00: 021 957 7195 of [email protected] ter wille van verversings en logistiek.

3. Vir Jeugleiers: #imagine ignite!Gielie Loubser stuur nuus oor #imagine ignite, 'n 3-dag leierskapskonferensie van 26-28 Augustus by Big Oak, Wemmershoek-kampterrein in die Wes-Kaap. Die doel is om jeugleiers se krag te ontsluit met praktiese werkswinkels, uitstekende sprekers, versorging en inspirasie. Klik by

Page 2: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

https://www.itickets.com/register/new/328543 en lees meer hier. Rig verdere navrae aan [email protected] en oorweeg gerus om 'n jeugleier hiervoor te borg!

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING1. Byeenkoms vir TranskeiersOp Saterdag 30 Augustus vanaf 10:00 ontmoet enigeen wat oor die jare kontak met die Botesse of ander Transkeiers gehad het by die NG Gemeente Suider-Strand. Hulle beplan 'n gesellige kuier, lekker ete en interessante staaltjies op die koop toe. Skakel Salome van der Merwe by 082 331 1356 voor 20 Augustus en klik hier vir meer inligting.

2. Bybelskool oor Jeremia en sy KlaagliedereChris van Wyk skryf: “Ons lees by Bybelskool.com die boeke van die profeet Jeremia en sy Klaagliedere in die derde kwartaal 2014. Die inleiding op die boek Jeremia word op 23 Julie geplaas en daarna lees ons ses hoofstukke ’n week, Klaagliedere ingesluit, tot en met die 1ste Oktober. Chris plaas elke weeksdag ’n bydrae en dit is gratis beskikbaar per e-pos. Lees aangeheg meer hieroor.

3. Nuwe Webblad as Bron vir PredikanteLouis Jonker (prof) het onlangs die Society of Biblical Literature (SBL) se kongres in Weenen bygewoon. Hy stuur inligting oor die SBL se nuwe webblad wat wonderlike (en goed-verantwoorde) bronne vir predikante en lidmate verskaf – “goeie materiaal wat 'n mens met vrymoedigheid kan aanbeveel,” skryf Louis. Klik by http://www.bibleodyssey.com/ vir inligting oor mense, plekke en skrifgedeeltes en baie meer.

4. Kerkgeboue in SA: Is JOU gemeente daar?As jy hou van besondere argitektuur en as die geskiedenis jou roer, sal Abri van Vuuren van Oudtshoorn se Facebook-blad oor kerkgeboue jou beslis interesseer. 'n Groter verskeidenheid ontwerpe, elk met sy eie karakter, kultuur en geskiedenis kan 'n mens jou kwalik voorstel! Klik gerus by https://www.facebook.com/Kerkgeboue en oorweeg dit om jou gemeente se foto en storie by te voeg.

5. CLF Verwelkom nuwe BedryfshoofDie Christelike Lektuurfonds het onlangs aangekondig dat me Charmaine Stoffberg effektief vanaf 14 Julie as Bedryfshoof deel van die toegewyde CLF-span sal wees. Me Stoffberg het baie jare ondervinding in die uitgewersbedryf en ken ook die Christelike uitgewersmark aangesien sy vroeër by onder meer Lux Verbi werksaam was. Sy sien uit na die uitdaging om CLF se missie – om die Boodskap van die Bybel na almal te neem in hul eie taal – uit te leef in dié nuwe termyn van haar loopbaan. Goeie wense – Red.

6. Ring van Parow se Bettysbaai Oord vir Kamp/Konferensie

Page 3: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Op soek na 'n kampplek, naweek se wegbreek of konferensiegeriewe? Van Jurie Swart ontvang ons nuus oor die Bettysbaai Oord, besit en bestuur deur die Ring van Parow. Daar is onder meer 13 goedtoegeruste woonstelle met slaapplek vir 4-6 persone ... én 'n spesiale aanbod geld tot 30 September! Die pamflet met meer inligting is by NUUT op www.kaapkerk.co.za beskikbaar. Skakel Hettie by [email protected] of 028 272 9201.

7. Ritmejaar vir MatrieksKen jy 'n matrikulant wat in 2015 'n aanwins vir die Ritmejaar-span sal wees? Ritmejaar wil jongmense wat 'n begeerte het om 'n verskil te maak, toerus en mobiliseer in 'n land met 'n ernstige tekort aan relevante, jong leiers. Vir meer inligting, stuur gerus 'n e-pos na [email protected] en besoek www.ritmejaar.co.za.

GEMEENTES BIED AAN1. NG Gemeente Heidekoppie: Alpha-kursusBy die Alpha-kursus word die basiese van die Christelike geloof op ’n informele, ontspanne manier oorgedra. Hierdie kursus word reeds in 169 lande (112 tale!) wêreldwyd aangebied en nou ook vanaf 19:00-21:00 op Woensdagaande van 6 Augustus - 15 Oktober by Heidekoppie – Die Gemeente met Oop Deure, Proteaweg, Proteahoogte. Skryf in by [email protected] en rig navrae aan Francois Preiss by [email protected] / 076 595 2857. Die kursus kos R50.

2. NG Gemeente La Rochelle: DamesteeAlle dames word uitgenooi om op Saterdag 9 Augustus van 10:00 – 12:30 La Rochelle se damestee by te woon. Die spreker is Lina du Plessis, terwyl sang deur Lizel Mouton en 'n bederfpakkie ook in die prys van R 50 pp ingesluit is. Bespreek voor 5 Augustus by die kerkkantoor (021 919 9253). Gaan bederf gerus jouself, jou vriendin(ne), ma of suster, nooi hulle.

3.Worcester se Gemeentes op reis van 40 DaeUit Worcester ontvang ons die lekker nuus dat die NG-gemeentes van 27 Julie – 14 September saam reis deur Eksodus. Die tema vir hulle reis van 40 dae is Nou: Die beste tyd om God te leer ken en almal word vriendelik uitgenooi om die waarheid van God wat gesê het ‘Ek is wat Ek is’ te gaan ontdek. Die onderskeie gemeentes se byeenkomste vind op verskillende plekke en tye plaas, met 'n gesamentlike afsluiting aan die einde van die reis by Worcester Moedergemeente. Alle belangstellendes is welkom om hierby in te skakel. Kry meer inligting by NG Worcester-Vallei by 023 347 0387.

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. Kerkbode oor Belydenisgrondslag

Page 4: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Neels Jackson, nuwe redakteur, skryf: “Kerkbode beplan om sy uitgawe van 1 Augustus 2014 in geheel te wy aan die NG Kerk se belydenisgrondslag en die beoogde wysiging daarvan deur die voorgestelde nuwe artikel 1 van die Kerkorde. Dit behels ook die insluiting van die Belydenis van Belhar op ʼn nie-dwingende wyse in die NG Kerk se belydenisgrondslag. Die gedagte is om die kerk deur die belydenisuitgawe te help om goeie inligting wyd beskikbaar te stel.”

2. Lees hieroor in LiG van Augustus Die jongste LiG, met Heinz en Aletté Winckler op die voorblad, het weer iets vir jou én jou mense. NUUT in dié glanstydskrif is onder meer:

'n Kinderkombuis wat kook! Riekert Botha skryf oor verhoudings Aanlynwinkel – kom kyk!

Lees ook oor: Heinz en Aletté se nuwe seisoen Ons huwelik: Hoe kán ek jou weer vertrou? Jou kind: Is dit dalk kos-allergieë? Ruim speel-

speel op. Bid so saam. Dankbare hart, gesonde hart Bybelvertalers: 4 vroue se vreugdes

Klik by www.lig.co.za vir baie meer.

3. Bybel-Media NuusbriefBybel-Media begin die nuwe kwartaal met twee baie tydige Bybelkor-publikasies, die jongste Kerkbode en die Augustus-uitgawe van LiG. Lees gerus onderaan meer hieroor.

4. Bybelgenootskap en e-Saaier: Nuus oor Israel en PalestinaDrie Bybelgenootskappe bedien gemeenskappe in Israel en Palestina: die Bybelgenootskap in Israel die Christene en Messiaanse Jode in Israel, die Palestynse Bybelgenootskap werk in die Palestynse areas en die Arabies-Israelse Bybelgenootskap voorsien in die Bybelbehoeftes van Arabiese Christene wat in Israel woon. Die Bybelgenootskap in Israel demonstreer tans hulle omgee op 'n baie praktiese manier in die hitte. Lees gerus die volledige berig in die jongste e-Saaier deur hier te klik.

5. CLF: Elke dag 'n Mandela-dagAs jy elke dag 'n verskil wil maak en na ander rondom jou wil uitreik (en nie net byvoorbeeld met 67 minute op 18 Julie, Mandela-dag, nie), het CLF 'n pragtige verskeidenheid pamflette in die inheemse tale van ons land om hiermee te help. Dit is gratis in beperkte hoeveelhede beskikbaar. Lees gerus onderaan meer en plaas jou bestelling!

6. Decoligny Nuus: Besoek aan Wes-KaapWillem en Annalie Botes kom vanaf 17 Aug – 7 Sep op besoek aan die Wes-Kaap. Al die Sondae is reeds bespreek vir preekbeurte; die weke 26 - 29 Augustus en 2

Page 5: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

- 5 September is nog beskikbaar vir afsprake by selgroepe, bidure en Bybelstudie-groepe. Kontak Willem by [email protected] of 083 658 2154 om verdere afsprake vas te maak.

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. NG Kangovalleie: TuinsafariUit die mooie Kangovallei, tussen Oudtshoorn en die Swartberg, ontvang ons nuus oor 'n besondere tuinsafari. 25 tuine word op 24 en 25 Oktober vir die publiek oopgestel om te besoek. Die opbrengs van die tuinsafari word vir die instandhouding van die Bybelse Tuin (by die NG Kerk Kangovalleie) aangewend en vanjaar word 'n blommefees, Bonsai-uitstalling, 10 baie spesiale pakkette teen weggee-pryse, sowel as unieke staproetes hiermee gekombineer. Lees onderaan meer en teken die datum gerus aan!

2. NG Gemeente Wellington-Oos: WildsfeesWellington-Oos bied vanjaar hulle derde Wildsfees (met wildsvleis in alle vorme vars verpak vanaf Middelburg in die Karoo) op 1 en 2 Augustus aan. Op Vrydag 1 Augustus vanaf 17:00 – 21:00 word 'n internasionale ete met ses geregte saam met die ander verkope, stalletjies en boeremusiek opgedis. Saterdag vanaf 08:00 – 15:00 is daar 4X4 voertuie, uitstallings, kindervermaak, eetgoed (wat skaapkop insluit!) en selfs meer. Klik hier en skakel Danie by 084 517 2610 of Elize by 021 873 2690.

3. Ruyterwacht Senior Sentrum: Kersfees in die WinterDie Ruyterwacht Senior Sentrum, 'n program van Badisa, vier op 1 Augustus Kersfees in die winter! Die heerlike aand, met 'n driegang maal, stalletjies en puik vermaak (die Walliese koor en ander sangers), is ten bate van hulle kospakkie-projek. Dit vind plaas om 19:00 vir 19:30 by die NG Kerk Stellenberg. Bespreek kaartjies teen R 200 pp by 021 534 3090. Klik hier vir die volkleur-uitnodiging.

4. NG Gemeente Parow-Panorama: GesinsontbytParow-Panorama nooi almal uit na 'n kuier-oggend om 09:00 op Saterdag 26 Julie saam met die sanger Leon Ferreira by die kerk in Rembrandtsingel, Panorama. Kaartjies (R 50 pp) sluit 'n heerlike ontbyt in en is te koop by die kerkkantoor op weeksdae van 09:00-13:00, of kontak hulle gerus by 021 930 3100 vir alternatiewe reëlings. Leon tree ook op Sondag 27 Julie om 09:00 tydens die erediens op.

5. NG Gemeente Kamieskroon: 150 JaarDie groot dankseggingsnaweek (25-27 Julie) van NG Kamieskroon is uiteindelik hier! Ons herinner graag aan hierdie lekker geleentheid wat reeds Vrydagaand met 'n Bybelse ete begin en selfs rieldansers en stories om die kookskerm insluit. Sondag se Nagmaal sluit die viering van 150 jaar gepas af.

Page 6: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Kontak die kerkkantoor by 027 672 1710 of [email protected] met navrae – almal welkom!

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

1. NG Gemeente Caledon-Wes: Leraar (Vaste Termyn)Die NG Gemeente Caledon-Wes is 'n plattelandse gemeente in die Overberg. Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende beroepafwagtendes van die NG Kerk ingewag. Die gemeentelike behoefte is dat hierdie vaste termynpos as tweede pos bydraend en ondersteunend tot die huidige voltydse leraarspos sal funksioneer. Lees hier meer.

2. VGK George: Voltydse LeraarDie Kerkraad van die Verenigende Gereformeerde Kerk George stel 'n vakature vir 'n voltydse leraar bekend. Meer oor die gemeente en die leraarsprofiel is onderaan beskikbaar. Belangstellendes moet voor 12 Augustus reageer.

3. Badisa Tygerberg: Maatskaplike WerkerBadisa Tygerberg is op soek na 'n dinamiese geregistreerde maatskaplike werker wat bestuursvaardighede het om die pos van Kantoorhoof te vul. Let asseblief op die sluitingsdatum van 31 Julie – meer inligting is onderaan.

4. NG Gemeente Darling/Yzerfontein: OrrelisteAansoeke word tans ingewag vir die pos van orreliste by Yzerfontein. Belangstellendes kan meer oor die pligte en bevoegdhede van die ideale kandidaat onderaan lees. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 8 Augustus.

Ten SlotteDie NG Kerk se Parlementêre Lessenaar het oor jare 'n besondere verhouding met die Katolieke se Parliamentary Liaison Office (CPLO) opgebou en was bevoorreg om so binne ekumeniese verband in hulle kundigheid en toegewyde aandag aan die wetskrywende proses van die Nasionale Parlement te deel. Meer oor hulle werk is by www.cplo.org.za. Nou het die CPLO 'n vakature vir 'n finansiële beampte. Ons help graag om dit bekend te maak. Belangstellendes kan hier klik vir meer inligting – reageer voor 12:00 op 31 Julie.

Ben du ToitMarieta Visagie

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535

Page 7: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Tel: 021 957 7195 Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

KERKSPIEËL 2014Kerkspieël bly ʼn belangrike bron van inligting vir die NG Kerk en wil help in die nadenke oor die kerk en gemeentes se rol en funksionering. Die opname geskied in opdrag van die Algemene Sinode (Taakspan Navorsing) en in samewerking met die Departement Praktiese Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Kerkspieël 2014 bestaan uit twee opnames: ʼn gemeente- en ʼn erediensbywoneropname.

Die gemeente-opnameElke gemeente in die NG Kerk ontvang ’n gemeentevraelys. Die opname geskied in opdrag van die Algemene Sinode en daarom word dit van elke gemeente verwag om die vraelys in te vul. Die vraelys is reeds aan elke gemeente gepos en moet asb voor 28 Augustus voltooi word.

Die erediensbywoneropnameGoeie en betroubare inligting help gemeentes om hulle eie posisies beter te evalueer en na te dink oor die gemeente se taak en roeping. Die nadenke word gewoonlik deur die predikante en die leierskap van die gemeente gedoen. ʼn Stem wat dikwels nie duidelik gehoor word nie, is die van die lidmate van die gemeente. Die opname word deur lidmate wat op ʼn bepaalde Sondag in die erediens is ingevul.

ʼn Leemte met die vorige twee opnames was die terugvoer wat aan gemeentes gegee is. Die 2014-opname sluit by die NCLS aan en maak gebruik van die verslae wat deur hulle ontwikkel is. Die terugvoer bestaan uit ʼn unieke verslag, wat aan elke deelnemende gemeente gelewer word. Dit is eenvoudige verslag met grafiese voorstellings en vergelyking wat aan elke gemeente haar eie profiel verduidelik.

Hierdie opname word op twee vlakke gedoen:Steekproefgemeentes: ʼn Steekproef van 10% is uit al die gemeente in die NG Kerk getrek en gemeentes wat geselekteer is, is reeds per e-pos in kennis gestel. Die opname is vir steekproefgemeentes gratis en elke gemeente wat deelgeneem het, ontvang ʼn individuele verslag.

Op bestelling: Gemeentes wat nie deur middel van die steekproef geselekteer is nie, maar wat graag wil deelneem, kan die opname per e-pos bestel. Daar is koste aan verbonde:• Klein gemeentes (tot 600 lidmate) R2000• Middelslag gemeentes (601 tot 1200 lidmate) R2500

Page 8: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

• Groot gemeentes (meer 1200 lidmate) R3000

ʼn Uitnodiging is reeds per e-pos aan al die nie-geselekteerde gemeentes gestuur. Indien ʼn gemeente wil deelneem moet die bestelvorm die kantoor voor 1 Augustus bereik.

Vir enige verdere navrae kan die Kerkspieëlkantoor (Ester Steyn) gekontak word by 012 342 0092 of e-pos: [email protected].

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

BYBELSKOOL.COMJEREMIA EN KLAAGLIEDERE VAN JEREMIA

Ons lees by Bybelskool.com die boeke van die profeet Jeremia en sy Klaagliedere in die derde kwartaal 2014. Die inleiding op die boek Jeremia word op 23 Julie geplaas en daarna lees ons 6 hoofstukke ’n week, Klaagliedere ingesluit, tot en met die 1ste Oktober. Ek plaas DV elke weeksdag ’n bydrae.

In die gemeente Somerstrand het ons agt uur-byeenkomste op Woensdae: 30 Julie 19:15; 6 Augustus 19:15; 13 Augustus 18:00; 20 Augustus 18:00; 27 Augustus 18:00; 3 September 18:00; 10 September 18:00; 1 Oktober 18:00. Let op die verskillende begin-tye asook op die feit dat daar nie byeenkomste 17 en 24 September is nie.

Registreer by die webtuiste www.bybelskool.com om dié bydraes per e-pos te ontvang. Dit is gratis.

Die boek van die profeet JeremiaDie profeet Jeremia worstel in sy boek met sy roeping om vernietiging en oordeel oor die volk Juda en hulle leiers aan te kondig. Sy boodskap is dat God se volk Hom vergeet het en geweier het om Hom te erken. Hulle is so nutteloos in die verhouding met God soos ’n verslete gordel. Daarom is die Here hulle nie meer goedgesind nie en het Hy geen medelye meer met hulle nie. Soos ’n kleipot gebreek word, sal die Here hierdie volk en hierdie stad breek. Die ballingskap in Babel is hulle straf. Die Here gaan hulle nie spaar nie en hulle deur hulle vyande laat wegvoer.

Ironies genoeg is die ballingskap egter ook hulle redding. As deel van Jeremia se roeping om ook op te bou en te vestig, beskryf hy die weggevoerde ballinge as ’n mandjie goeie vye en in ’n brief verkondig hy die Here se goeie guns aan hulle:

Page 9: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting. Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.” (29:11-12).

Dié hoop kry nog groter betekenis in ’n grondkooptransaksie wat Jeremia aangaan in Anatot waarmee die Here ’n belofte aan die volk maak dat ná sewentig jaar van ballingskap daar weer huise, grond en wingerde in Juda gekoop sal word. Die Here belowe om ’n nuwe verbond met hulle te sluit waarin sy woord op hulle harte geskryf en in hulle gedagtes vasgelê sal wees. Almal sal Hom ken, klein en groot.

Klaagliedere van JeremiaJeremia huil in hierdie boek hartroerend oor die toorn van God wat hy oor die land sien losbars het. Hy skryf as ’n ooggetuie van die traumatiese verwoesting van die stad, die verkragting en vernietiging van die mense en die verstrooiing van die volk in ballingskap. In hartverskeurende detail brei hy uit oor die dodelike impak daarvan op die geloofsgemeenskap:

“My oë is gedaan van huil, dit brand in my, my moed is gebreek ... kinders en babatjies sak inmekaar in die strate van die stad. Hulle soek by hulle moeders iets om te eet en te drink. In die strate van die stad val hulle om soos gewondes, in die arms van hulle moeders blaas hulle die asem uit. Wat kan ek vir jou sê ... Wie se lyding kan ek vir jou noem dat ek jou daardeur kan troos, Sion?“ (2:11–13)

Die probleem was ook nie net dat die volk Juda sosiaal, ekonomies en polities verwoes is nie. Dit was immers al erg genoeg. Maar, hulle worstel nou in ballingskap veral met die feit dat hulle teologiese sekerhede vernietig is.

Hulle het geglo dat God sy volk, sy huis (die tempel) en sy stad sou beskerm. Dit het sy verbond met Abraham, Moses en Dawid immers behels, soos die Skrifte hulle beloof het. Maar Hy het nie sy verbond in stand gehou nie. Hy het die stad van belofte en die plek van sy teenwoordigheid vernietig en die volk in ballingskap laat wegvoer.

Die vraag was dus brandende: Hoe kon God soveel ellende oor sy volk laat kom? Hoe kon Hy sy eie beloftes só versaak? En waar laat dit hulle nou? Sou daar nog iets oor wees vir die toekoms? Wat kon hulle nou van God verwag? Sou daar ’n omkeer moontlik wees?

Groete

Chris van [email protected]

Terug na Hoofblad.

Page 10: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

----------------------------------------------------------

BYBEL-MEDIAJOU BEDIENINGSVENNOOT IN 2014

Nuusbrief 11/2014

Jongste Bybelkor-publikasies ... noodsaaklike hulpmiddels in elke gemeente!

Van voor die wieg tot na die graf ... Cas WepenerRituele roetemerkers vir die drumpels van die leweMet hierdie boek laat Cas Wepener ons opnuut nadink oor die heilige handelinge en aksies van die kerk waardeur die Here – gewoonlik in kombinasie met die Woord – ons wil leer om te glo, te hoop en lief te hê. Hy gee praktiese voorbeelde van wat ons kan doen, asook voorstelle vir liturgieë wat in gemeentes gebruik kan word.• ’n Besonder kreatiewe boek met aangrypende insigte oor die geskiedenis van die doop en rituele wat daarmee gepaardgegaan het.• Bevat ʼn wye verskeidenheid stof vir preke of preekreekse en interessante liturgiese voorstelle wat maklik vir ʼn eie situasie aangepas kan word.• Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om ons praktyk ten opsigte van liturgie, aanbidding en rituele daardeur te verryk.• Predikante kan die boek gebruik om ʼn preekreeks in die gemeente, by uitstek tydens Pinkster, aan te bied.• Die doop as sakrament is tans druk onder bespreking, en daar word liturgies geëksperimenteer.• Bestaande liturgiese rituele kan ons help om liturgieë en rituele te skep vir sekere (moeilike) oorgangstadiums waarvoor ons tans geen rituele het nie.Prys: R 99,95 (BTW en posgeld ingesluit).

Gestuur ... Nelus Niemandt en Piet MeiringKerk-wees tussen gister en môreVerwerking: Siegfried Louw en Nico SimpsonGestuur vertel die storie van die nuwe droom oor die kerk.Voor die Algemene Sinode van 2013 het die NG Kerk besef daar is op baie plekke in die wêreld, ook in die kerk, lewendige gesprekke oor geloof en die kerk aan die gang. Hulle het toe die vars en nuwe gedagtes uit dié gesprekke in ’n beleidsdokument saamgevat sodat ons saam nuwe, verbeeldingryke moontlikhede vir die toekoms van die kerk kan ontdek. • Die beleidsdokument van die Algemene Sinode van die NG Kerk 2013 oor wat die kerk kan doen om deel van God se sending in die wêreld te word, is in hierdie in ʼn eenvoudige manifes verwoord.• Gestuur verduidelik in algemene terme hoe die kerk kán werk.• Gespreksvrae vir groepe by elke punt van die manifes.• ʼn Relevante publikasie in hierdie tyd waarin begrippe soos “gestuurde gemeentes” en “missionale kerk” oral gehoor word.Prys: R 40,00 (BTW en posgeld ingesluit) ... Verrykende leesstof vir elke lidmaat!

Page 11: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Lees in Kerkbode van 18 Julie ...In Gochas in Namibië het daar 'n merkwaardige projek tot stand gekom wat getuig van omgee vir die omgewing en omgee vir kinders. In ruil vir rommel wat hulle van die strate af optel, kan die kinders elke maand by die Reënboogwinkel noodsaaklik-hede aanskaf wat wissel van lineale en potlode tot skoene en onderklere. Conette le Roux vertel die storie.

Twee vroue uit die Vrystaatse platteland, een ’n NG lidmaat uit die dorp en die ander ’n vrou uit die township, het hande gevat om 'n sorgsentrum op die been te bring vir “God se gestremde kinders”. En hulle het hul gemeenskappe agter hulle.

Pelgrimstogte kry al hoe meer aandag as deel van spiritualiteitsvorming in die gereformeerde tradisie. Hier is 'n kykie op 'n paar persoonlike ervarings op die Camino de Santiago in Spanje wat wys hoe die pelgrimstog 'n metafoor vir die lewe word. Lees ook: • Hulde aan Adri-Louise van Renen-Fourie en Russel Botman.• Rustenburg sê dankie vir 'n stortvloed hulp.• Nelus Niemandt skryf oor Fresh Expressions.• NG Kerk is terug in die Wêreldraad van Kerke.

Lees in Augustus-uitgawe van LiG ... nou beskikbaar

• 'n Nuwe (Kaapse) seisoen vir die Wincklers• Dewald Wasserfall: “Dankie, Pa!”• Bybelvertalers – vier vroue vertel• Dankbare hart, gesonde hart• Ons huwelik: Hoe kan ek jou (weer) vertrou?

Inligting, navrae en diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822• Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] • Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

Groete uit Wellington.

Hans SteynBybel-MediaE-pos: [email protected] Tel: 021 864 8223

Page 12: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

CLFMAAK ELKE DAG ‘N MANDELA-DAG

Ons as Christene is geroep om elke dag in Jesus se voetspore loop en sy voorbeeld te volg deur na ander rondom ons uit te reik. Dus moet elke dag mos vir ons 'n Mandela-dag wees en nie net die 67 minute op die 18de Julie van elke jaar nie!

Baie van ons weet egter nie altyd hoe en waar om te begin nie en daarom wil CLF dit makliker maak met die pragtige verskeidenheid pamflette in die inheemse tale van ons land. Daar is onderwerpe oor bekering, evangelisasie, geloofsgroei, vergifnis en ook ander hartseer, soos depressie, siekte, rousmart, molestering, mishandeling, tienerswangerskap, drank- en dwelmmisbruik en vele meer wat beskikbaar is. Hierdie lektuur word in beperkte hoeveelhede gratis verskaf.

Bestel gerus daarvan en vra ons Hemelse Vader om vir jou elke dag te wys hoe om dit te gebruik om liefde en hoop aan ander te bring. Jy sal gou uitvind watter heerlike voorreg, seën en avontuur dit is om Hom op hierdie manier te dien.

Vir navrae of bestellings skakel 021 873 6964 of besoek ons webtuiste by www.clf.co.za.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE KANGOVALLEIETUINSAFARI-MENGSEL 2014

Merk 24 en 25 Oktober in jou dagboek – TUINSAFARI 2014 in die mooie Kangovallei (naby Oudtshoorn)! Ons stel weereens in samewerking met tuineienaars 25 tuine oop vir die publiek om te besoek en te geniet. Die goeie reën van die afgelope tyd sal verseker dat die tuine hierdie jaar uitsonderlik mooi sal wees en sal dit ons pragtige vallei komplimenteer.

Die opbrengs van die tuinsafari word vir die instandhouding van die Bybelse Tuin (by die NG Kerk Kangovalleie) aangewend. Daarom is ons groot dank verskuldig aan deelnemende tuineienaars vir die moeite met hulle tuine en die gewilligheid om dit vir besoekers oop te stel.

Page 13: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Soos in die verlede het ons, vir die gerief van besoekers en om besoeke te kan beplan, die tuine in die volgende kategorieë georden: formele tuine, plaastuine (as alternatief vir formele tuine), panoramiese tuine, waterbesparende/inheemse tuine en ander tuine. Laasgenoemde sluit die Bybelse tuin in. Die plante van hierdie tuin is geselekteer aan die hand van navorsing deur twee bestuurslede van die Bybelse tuin en 98% van die plante het 'n Bybelse verband.

Maar hierdie jaar word daar 'n paar opwindende nuwighede tot die tuinsafari gevoeg. Ou besoekers sal dus weer 'n draai moet maak om ook hierdie nuwighede te ervaar. Ons beplan 'n blommefees in die kerk met rangskikkings om 'n Bybelse tema. Saam met die boodskap van loodglasvensters en rustige musiek in die kerkgebou, beloof dit om 'n sielsverrykende ervaring te wees. Die bestuurskomitee wil graag hê dat die breër gemeenskap van Oudtshoorn hierby betrokke moet wees en nooi enigiemand wat in die rangskik van blomme belangstel, om met Mariaan van Rensburg (tel 044 272 8516) kontak te maak.

Daarby is ons baie opgewonde oor 'n Bonsai-uitstalling wat vir die twee dae besigtig kan word. Almal weet dat die kweek en versorging van 'n Bonsai-boompie baie tyd, kennis en liefde verg. Daar is ook talle Bonsai-beginsels sowel as -style wat met die kweek van Bonsai gepaard gaan. Mnr Swift, die eienaar van die Bonsai-uitstalling, sal om 09:30 vir 'n beperkte tyd inligting met belangstellendes deel.

Vir die tuinliefhebber is kompos en die maak van kompos van groot belang. Daarom gaan daar hierdie jaar ook inligtingsessies oor die maak van kompos aangebied word. Een van ons voorste boere, 'n kenner van tuinmaak en kompos, bied dit vir ons aan. Hierdie sessies vind Vrydag sowel as Saterdag om 10:00 plaas. Vir dié doel sal daar ook uitstallings van rou materiaal (materiaal bestem vir kompos), kompos in die halfpad stadium en klaargemaakte kompos wees.

Asof dit alles nie genoeg is nie, wil ons hierdie jaar ook 'n paar ontwikkelings-tuine aan die publiek bekend stel. Mens ry dikwels verby die weggesteekte juwele in klofies en plekke waar 'n mens dit nooit sal verwag nie. Ons wil graag die ontwikkelingspotensiaal wat reeds gestalte gekry het, ondersteun en aanmoedig.

Maar dis nog nie al nie! Nog 'n nuwigheid is tien pakkette wat vir die eerste aansoekers teen 'n weggee-prys van R250 per pakket beskikbaar is. 'n Pakket bestaan uit akkommodasie vir twee (vir een nag), 'n gratis besoek aan 'n besienswaardigheid in die vallei (iets soos die Kango Grotte, of 'n volstruisplaas of 'n ervaring op 'n wildsplaas), 'n tuinsafari kaartjie asook koffie/tee en muffin. Die doel hiermee is om vir besoekers wat van buite ons grense kom, die geleentheid vir 'n naweekuitstappie te bied. Die vallei bied ook soveel mooi wat met so 'n geleentheid verder ontgin kan word. Die akkommodasie is nie in gastehuise nie, maar wel in privaat wonings met 'n drie of vier ster standaard. Vir meer besonderhede in die verband kontak Danie Lategan (079 558 0002 of [email protected]).

Page 14: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Die tuinsafari wandelroetes het oor die afgelope paar jaar in populariteit toegeneem. Verskeie stapklubs benut dit as 'n geleentheid om met dapper en stapper die mooi van die omgewing asook die mooi van die tuine te geniet. Daar is verskillende wandelroetes met verskillende afstande wat gestap kan word (5, 10 en 15km). Eersgenoemde twee roetes is so beplan dat van die tuine per voet besigtig kan word. Die afstande kan ook aan die hand van behoeftes aangepas word. (Meer besonderhede by Danie Lategan 079 558 0002 of [email protected]).

Maak sommer nou al die aantekening TUINSAFARI in jou dagboek op die 24ste en 25ste Oktober 2014, of probeer om ten minste een van die twee dae by ons te kuier. Die koste van 'n kaartjie is slegs R45 per persoon, wat 'n padkaart van die verskillende tuine sowel as heerlike verversings insluit!

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE CALEDON-WESVAKATURE: LERAAR

(VASTE TERMYNPOS – 11 MAANDE)

Die NG Gemeente Caledon-Wes is 'n plattelandse gemeente in die Overberg.

Aansoeke word ingewag van alle belangstellende beroepafwagtendes van die NG Kerk. Die gemeentelike behoefte is dat hierdie vaste termynpos as tweede pos bydraend en ondersteunend tot die huidige voltydse leraarspos sal funksioneer.

Pligte:• Prediking• Groep Bybelstudie• Pastorale hulp• Kategese• Verdere pligte soos omskryf deur en ooreengekom met die kerkraad.

Vergoeding:Salarispakket van R218,000,00 per jaar, alles insluitend.

Aansoeke:’n CV moet vergesel wees van drie referente met kontakbesonderhede.E-pos: [email protected]

Sluitingsdatum: 1 Augustus 2014

Diensaanvaarding: 1 September 2014 (Of so spoedig moontlik).

Page 15: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Navrae en besonderhede:Ds Awie Brand, 083 414 2413, [email protected]

Kandidate op die kortlys moet asseblief beskikbaar wees vir 'n preekbeurt in die gemeente, gevolg deur 'n onderhoud met die kerkraad.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Die gemeente funksioneer vanuit 'n visie waarin hulle hulle ons verbind om die Brood te deel met almal wat honger en dors is.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

VGK GEORGE GEMEENTEVAKATURE: VOLTYDSE LERAAR

Die Kerkraad van die Verenigende Gereformeerde Kerk George stel bogenoemde vakature bekend.

GEMEENTE SE ROEPINGDie Here stuur ons na alle families, om hulle te omarm met die liefde van Christus wat heling en eenheid bring.

GEMEENTEPROFIELVGK George Gemeente is ’n deel van die Gestuurde Gemeente Proses. Die gemeente bestaan uit ongeveer 1 470 belydende lidmate en 800 dooplidmate. Binne die grense van die gemeente is ’n senior burger tehuis en wooneenhede vir senior burgers, ’n sentrum vir mishandelde vroue, kinderhuis en ’n hospice vir siekes. Op die kerkgronde is ’n bewaarskool vir kleuters wat ’n program van Badisa is. Die kerk verhuur ’n skoolgebou aan die Wes-Kaap Onderwys Departement (WKOD) waarin die Primêre skool Hibernia gevestig is. Gemiddelde ouderdom van gemeente 35.

Daar is tans n groeiende toename van Engelssprekende gesinne in die gemeente.Daar is geen buitewyke om te bedien nie.

LERAARSPROFIEL• ’n Roepingsbewuste, dinamiese, energieke bedieningstyl, met goeie/gesonde menseverhoudinge.• Goeie vaardighede in ontwikkeling van families/gesinne.• Goeie kommunikasie, rekenaar- en netwerkvaardighede.• Vaardigheid in die aanbieding van meertalige eredienste.

Page 16: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

• ’n Definitiewe belangstelling om talente te identifiseer en te help ontwikkel.• Iemand wat lidmate se gawes en talente identifiseer en help ontwikkel.• Die vermoë om verskillende ouderdomsgroepe te kan bedien• Begrip en ontvanklikheid vir vernuwende gemeentelike bestuursprosesse

PLIGTESoos in Bep.22 Streeksinode Kaapland omskryf.

AANBIEDING/VOORDELE• Emolumente soos deur Streeksinode Kaapland bepaal (Bep.24.3.)• Verlof volgens Bep. 24.4 van Streeksinode Kaapland.

Aansoeke sluit op Dinsdag 12 Augustus 2014. Van aansoekers word verwag om die volgende te voorsien:

Volledige CV Kort aansoekbrief Meld TWEE referente met hul kontakbesonderhede.

Aansoekers wat vir onderhoude genooi word, woon onderhoude op eie onkoste by.

Aansoeke moet gestuur word aan:Skriftelik: Die ScribaVGK GEORGEPosbus 4071GEORGE-OOS6539

Elektronies: [email protected]

Navrae en verdere inligting:LBC Esau - 082 962 9116/044 871 2189 (na ure)H.J. Muller – 083 324 2782/044 871 1920.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

BADISA TYGERBERGMAATSKAPLIKE WERKER

Badisa Tygerberg is op soek na 'n dinamiese geregistreerde maatskaplike werker wat bestuursvaardighede het om die pos van Kantoorhoof te vul:

Page 17: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Posvereistes:• Graad in Maatskaplike Werk • Registrasie by die Raad op Maatskaplike Diensberoepe• Bestuurderslisensie• Engels en Afrikaans magtig• Ondervinding in Kinderbeskermingsdienste• Vyf jaar of meer ondervinding

Die suksesvolle kandidaat sal die volgende gemaklik kan behartig:• Die bestuur van 'n maatskaplike werk kantoor• Deur gemeenskapswerk beginsels netwerke kan inisieer en vestig met rolspelers, potensiële vennote en vriende van die program• Entoesiasties kan deelneem aan die bemarking van dienslewering en die vind van finansiële vennote om die kantoor se volhoubaarheid te verseker• Saam met 'n span maatskaplike werkers en maatskaplike hulpwerkers uitstekende kinderbeskermingsdienste kan verseker

Aansoeke vir die pos sluit op 31 Julie 2014.

Stuur CV’s na: [email protected].

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DARLING/YZERFONTEINORRELISTE: YZERFONTEIN

Aansoeke word ingewag vir die pos van orreliste by Yzerfontein.

Pligte: Klavierbegeleiding voor en tydens eredienste.Verantwoordelik vir leiding van die voorsang by eredienste asook die Kerssangdiens en Pinksterdienste.Koorafrigting sal 'n sterk aanbeveling wees.

Die ideale kandidaat sal oor die volgende bevoegdhede beskik:• 'n Passie en roeping vir gemeentelike musiek en sang.• 'n Veelsydige musiekleier wees wat leiding neem in klavierbegeleiding.• Toepaslike ervaring en kwalifikasies sal 'n sterk aanbeveling wees.

Die suksesvolle kandidaat moet 'n meelewende lid van die NG Kerk en 'n toegewyde Christen wees.

Die reg word voorbehou om nie 'n aanstelling te maak nie.

Page 18: Web view2. Leer en Aktuele Sake ... Aansoeke word voor 1 Augustus van alle belangstellende ... •Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om

Rig u CV en die name en kontakinligting van twee referente aan:Die VoorsitterDiensverhoudingskommissiePosbus 53DARLING7345

E-pos: [email protected] en/of [email protected] Faks: 022 492 2513

Navrae: Barry Burger by 083 626 5110

Sluitingsdatum: 08 Augustus 2014.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------