web viewbob buford het ’n boek geskryf getiteld: ... die gemeente word bedien deur ses...

32
VrydagNuus 17 OKTOBER 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF NG Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015 Uit ’n brief van die moderamen van 2003: Ons sien die Sinodesitting as ’n byeenkoms waar ons ’n ontmoeting met God en met mekaar sal hê; waardeur ons God se roeping vir ons as kerk en as gemeentes opnuut sal ontdek; en waar ons ’n nuwe verbintenis kan maak om ons roeping met entoesiasme te gaan leef ... Met Sinode 2015 in die vooruitsig, vra ons graag voorbidding om met die regte fokus te werk en beplan. Want ons roeping, ons gestuurdheid om te gaan leef, bly nou nog net so relevant soos in 2003. SINODALE NUUS 1. VGKSA Kaapland Sinodesitting Vanuit die VGKSA Kaapland Sinodesitting, vandeesweek by Goudini buite Rawsonville, het ons die nuus ontvang dat ds Pieter Grove (VGK Sarepta) Dinsdag aangewys is as nuwe moderator. Die res van die moderatuur is: ds Barnabas Ngqozela (assessor, VGK New Brighten, PE), ds David Carelse (aktuarius, VGK De Doorns) en ds Elbi Vinqi (skriba, VGK Lwandle, Strand). Wysheid toegewens met dié groot verantwoordelikheid as Draers van Hoop! 2. Biddag vir Gesondheidsdienste 19 Oktober Hierdie Sondag val die fokus op ons gesondheidsdienste. Die Christen Geneeskundige Bond dui vanjaar se tema aan as Gesondheidsorg in ’n krisis – ’n geleentheid? Meer inligting en ’n pamflet is hier beskikbaar .

Upload: dinhliem

Post on 06-Feb-2018

282 views

Category:

Documents


29 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

VrydagNuus17 OKTOBER 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

NG Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015Uit ’n brief van die moderamen van 2003: Ons sien die Sinodesitting as ’n byeenkoms

waar ons ’n ontmoeting met God en met mekaar sal hê; waardeur ons God se roeping vir ons as kerk en as gemeentes opnuut sal

ontdek; en waar ons ’n nuwe verbintenis kan maak om ons roeping met entoesiasme

te gaan leef ...Met Sinode 2015 in die vooruitsig, vra ons graag voorbidding om met die regte fokus te werk en beplan. Want ons roeping, ons gestuurdheid om te gaan leef, bly nou nog net so relevant soos in 2003.

SINODALE NUUS1. VGKSA Kaapland SinodesittingVanuit die VGKSA Kaapland Sinodesitting, vandeesweek by Goudini buite Rawsonville, het ons die nuus ontvang dat ds Pieter Grove (VGK Sarepta) Dinsdag aangewys is as nuwe moderator. Die res van die moderatuur is: ds Barnabas Ngqozela (assessor, VGK New Brighten, PE), ds David Carelse (aktuarius, VGK De Doorns) en ds Elbi Vinqi (skriba, VGK Lwandle, Strand). Wysheid toegewens met dié groot verantwoordelikheid as Draers van Hoop!

2. Biddag vir Gesondheidsdienste 19 OktoberHierdie Sondag val die fokus op ons gesondheidsdienste. Die Christen Geneeskundige Bond dui vanjaar se tema aan as Gesondheidsorg in ’n krisis – ’n geleentheid? Meer inligting en ’n pamflet is hier beskikbaar.

3. NG Oostelike Sinode VergaderDie Oostelike Sinode vergader van 19-21 Oktober by Pierre van Ryneveld. Vanjaar se sitting bou voort op die tema Van oorlewing na impak! Saam op pad ... Die voorsitter van hulle Sinodale Diensraad, Dirkie van der Spuy, skryf: “Ons wil fokus op die ondersteuning van ons leraars en die uitbou en samewerking deur netwerke in elke gemeenskap. Ons vertrou dat elke

Page 2: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

afgevaardigde sal teruggaan na hulle gemeentes met ʼn nuwe visie, inspirasie en ʼn begeerte om ʼn verskil te gaan maak.” Seën hiermee toegebid – Red.

4. KGA ry Trein saam met Roy Stamper!Mariëtte Odendaal (namens KGA) en Carin Brink (streekbestuurder van Arbeidsbediening Wes- en Suid-Kaap) is onlangs saam met Roy Stamper (Arbeidsbediening se Transnet-bedienaar), om sy trein-bediening eerstehands te ervaar en het saam met hom in een van die waens tot by Kaapstad-stasie gery. Lees hier van hulle ervaring. Daar is ook foto’s en ’n video by https://www.facebook.com/KommissieGetuienisaksie.

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING1. Willie Jonker-gedenklesing’n Herinnering aan die jaarlikse Willie Jonker-gedenklesing, aangebied deur die Ring van Kaap die Goeie Hoop op Sondag 26 Oktober om 15:30 by NG Gemeente Ysterplaat-Suid plaas (Da Gamastraat, Ysterplaat). Die spreker by dié geleentheid is doktorandus Erik Basson. Hy promoveer eersdaags oor die teologie van prof Willie. Jonker. Sy tema sal wees: Verlossing as die sleutel om Willie Jonker se teologie te ontsluit. Navrae kan gerig word aan dr Ben Kotzé by [email protected] of 021 447 7714.

2. Bybelskool: Laaste 5 Boeke van Nuwe TestamentChris van Wyk (Somerstrand) laat weet dat die laaste vyf boeke van die NT hierdie kwartaal aan die beurt kom by www.bybelskool.com. Hulle lees die brief-boodskap van een van die leiers van die huisgemeentes van Rome, Hebreërs. Ook die briewe van twee broers van Jesus, Jakobus en Judas. Daarby kom die twee briewe van Petrus, een van die apostels en leier van die vroeë kerk. Dit begin op 21 Oktober en deelname is gratis- lees hier meer.

3. Ramot Inligtingsoggend Ramot het op Saterdag 25 Oktober ’n inligtingsoggend vir alle belangstellende vroue. Dit vind plaas van 10:00-11:00 by Tonerstraat 54, Parow-Oos. Gaan bekyk gerus die netjiese fasiliteite, kry inligting oor die program en drink ’n koppie tee, nooi Stella Opperman, bemarker. Skakel haar by 021 939 2033 vir meer hieroor.

4. Grondhervorming in die KolligMarais Kluge, predikant en boer van Strydenburg, het tydens die afgelope sinodesitting van Noord-Kaapland, terugvoering oor grondhervorming gee. “Om te boer in SA is ’n Godgegewe voorreg en verantwoordelikheid. In ons land stel dit egter baie hoë eise waarvoor daar maar min waardering en erkenning is ...” Belangstellendes kan hier lees.

5. Struwig Eko-Reservaat: Kampterrein met ’n Verskil ...Vir diegene wat begin uitsien na vakansie : Struwig Eko-Reservaat, deels in die besit van die NG Kerk, is geleë op die oewer van die Olifantsrivier in die Balule, deel van die groter Kruger Nasionale Park-gebied. Dit is Groot Vyf-wêreld en bied

Page 3: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

uitstekende geriewe vir 'n lekker gesinsvakansie, kampe, beplanning en meer. Lidmate van die NG Kerkfamilie kry 25% af op die normale prys. Wildritte, ’n swembad, begeleide stappe deur veldgidse, 'n kok wat vir jou kan kos maak ... Meer inligting is by http://www.struwig.co.za.

6. Nuus oor Argief se Oud-kollega, DienkieBaie gemeentes sal die Argief op Stellenbosch se Johan en Dienkie Froneman goed ken en onthou. Feldmuis, Namibië se nuusbrief, berig dat Dienkie (Lüderitz) sedert hulle aftrede met borskanker gediagnoseer is en onlangs ’n suksesvolle mastektomie ondergaan het. Na verdere toetse is besluit dat hormoonterapie as behandeling die aangewese roete is. Ons wens julle baie sterkte en genade toe, Johan en Dienkie!

7. Bloedskenking ...VrydagNuus uit voorheen berig oor die Hervormers wat spog oor die flukse bloedskenkers in hulle geledere. Intussen het Gert Steyn van Wolwefontein (Darling) reageer met die nuus dat hy al sy eerste 193 eenhede geskenk het, goed op pad is na 200 én dan sy “bloed-aftrede” beplan Welgedaan, Gert!

8. Praat en Dink Saam!Wees ingelig en raak deel van die gesprek:TwitterFacebookWebblad

Ons verwelkom jou bydrae en betrokkenheid - onthou ook die kompetisie om ’n nuwe logo vir die sinode te ontwerp!

PREDIKANTENUUSGawie Gouws verwelkom in SwellendamGawie Gouws, voorheen van NG Gemeente Sondagsrivier in Kirkwood, is op Sondag 12 Oktober as leraar in die NG Gemeente Swellendam bevestig. Hy lewer sy intreepreek op Sondag 19 Oktober om 09:30; almal welkom. Seën vir jou – Red.

GEMEENTES BIED AAN1. NG Gemeente Durbanville: Half TimeBaie mense word in die middel van hulle lewe gekonfronteer oor die sin van hulle lewe. Vroeg in jou lewe val die fokus gewoonlik daarop om ’n sukses van jou loopbaan en gesinslewe te maak. Later begin jy wonder: “Het my lewe enige betekenis?” Op Sondag 19 Oktober om 18:30 begin daar by NG Durbanville ’n reeks van vier praatjies oor hierdie lewensoorgang, aangebied deur Tommy O’Kennedy van die Half Time instituut. Klik hier vir meer.

Page 4: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

2. NG Gemeente Heidekoppie: Getuienisfees’n Reeks praatjies oor die uitdaging van Christenwees in die Midde-Ooste vandag en die implikasies daarvan vir elkeen buite die Midde-Ooste word van 2-5 November by Heidekoppie aangebied. Gaan leer ook meer oor Islam in Suid-Afrika! Die reeks word aangebied deur Andrew Richards, navorsingsbestuurder van Incontext Ministries en reeds die afgelope 12 jaar aktief betrokke in sending en die vervolgde kerk. Aangeheg is meer.

3. Worcester-gemeentes: Interkerklike JeugweekWorcester hou Interkerklike Jeugweek van 19-23 Oktober by Moedergemeente se kerkgebou om 18:30. Die spreker is Jaco Strydom, Echo-Jeugontwikkeling en deeltydse predikant van Villieria in Pretoria. Tema: Die Kunstenaar en sy mense. Laerskoolleerders word uitgenooi na die Agape Puppets vanaf 20 Oktober tot 23 Oktober, 15:30 tot 16:30 by Moedergemeente se kerksaal. So laat weet Hannelé Theron van Worcester-Vallei.

4. NG Gemeente Helderberg: Francine RiversFrancine Rivers besoek Helderberg gemeente (Firmountweg, Somerset-Wes) op Sondag 19 Oktober om 19:00. Haar nuutste boek The Bridge to Haven word bekendgestel en te koop aangebied teen R180. Sy sal na afloop van die diens beskikbaar wees om die boek te onderteken, skryf Jan Branders, kommunikasiebeampte van die gemeente.

EKOLOGIEAnglikane help met Energie Oudit vir KerkeDie Anglikaanse Kerk van SA se koördineerder vir omgewingsake stuur nuus oor ’n energie oudit wat kerke baie geld kan bespaar. Gaan luister gerus op 1 November van 14:00-17:00 by Christ Church, Constantia. Skakel Mariette by 082 830 2353 of [email protected] vir meer inligting.

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. Spesiale aanbod van Bybel-Media: Uit die Beek Uit die Beek is na 89 jaar steeds die topverkoper-Bybeldagboek! Gemeentes kan nou hierdie gewilde dagboek, Uit die Beek 2015, met groot afslag by Bybel-Media aankoop. Koop vyf dagboeke en kry die sesde een gratis. Vir elke vyf betaalde dagboeke kry jou gemeente dus een gratis. Só kan jy aan jou gemeentelede Uit die Beek teen minder as die rakprys bied. Maak dié aanbod gerus in jou gemeente bekend. Meer inligting of bestellings is by Bybel-Media Handel by 0860 26 33 42 of [email protected]. Besoek ook hulle webtuiste by www.bybelmedia.co.za.

2. Kerkbode van 17 OktoberLees in hierdie Kerkbode:

Samaritane van die kuberruim

Page 5: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Besoek aan vlugtelinge in Irak ’n Boodskap in Dowes se taal Kersfees: Help só by kinderhuise Die jongste inligting oor die Kerkbode-Kersfonds

Teken in op die gedrukte weergawe van Kerkbode: skakel Jeanne Human 021 864 8252 of besoek www.mysubs.co.za/Kerkbode.

3. Bybel-Media Katalogus vol Splinternuwe ProdukteBybel-Media het splinternuwe produkte spesifiek vir gemeentes ontwikkel. Nico Simpson laat weet dat hulle produkkatalogus en jeugkatalogus reeds in die pos is. Dit is egter deel van die probleem. Hulle weet nie wanneer (en of) dit by gemeentes gaan uitkom nie. (Die posduif is op ’n vliegstaking – red.) Alle katalogusse is gelukkig aanlyn beskikbaar – lees hier en stuur hierdie inligting ook aan almal in die gemeente wat BM-produkte gebruik.

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. NG Gemeente La Rochelle vier 40 Jaar!Uit Bellville skryf Elsje Büchner om alle oud-lidmate hartlik uit te nooi na La Rochelle se feesnaweek, wanneer hulle 40 jaar vier. Die naweek begin Vrydag 31 Oktober – Sondagaand 2 November. Skakel gerus die kerkkantoor by 021 919 9153 vir meer inligting en maak seker jy mis hierdie feestelike geleentheid nie!

(Terloops, gemeentes kan gerus hulle volledige stigtingsdatums laat weet. Dis lekker om nuus oor gemeentes se stories en geskiedenis te deel én mekaar deur die sosiale media geluk te wens. Reageer na [email protected] – foto’s ook welkom!)

2. NG Gemeente Karatara2.1 BasaarKaratara hou basaar op Saterdag 25 Oktober. Die ontbyt begin reeds om 08:00:; die amptelike opening om 09:00 en die vleistent open om 10:00. Vars vleis teen billike pryse en alles wat op ’n basaar hoort, sal daar wees. Kontak vir Minnette Coetzee by 083 655 6220 of 044 356 2651.

2.2 Musiekkonsert Karatara hou ook ’n Musiekkonsert op 30 Oktober om 19:00 in die NG Kerksaal in Sedgefield: Uit die skatkis van ons taal. Gaan geniet ’n heerlike aand met wonderlike musiek van toeka tot nou. Bekende melodieë kry ’n nuwe baadjie!

3. NG Gemeente Bellville-Noord: BasaarNG Kerk Bellville-Noord (hoek van Meath- en Van der Stelstraat, Bellville) hou basaar op 25 Oktober om 10:00. ’n Groot verskeidenheid kosse en lekkernye, asook wit olifante sal verkoop word. Daar is selfs ’n kans om ’n getekende Springbok-rugbytrui van Jean de Villiers (SA vs NZ, 13 September 2014 – sy

Page 6: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

100ste wedstryd!) te wen! Kontak die kerkkantoor vir meer besonderhede: 021 948 1624 en gaan geniet die dag saam met hulle.

4. NG Gemeente Robertson-Oos: FeesmarkRobertson-Oos se jaarlikse Feesmark vind van 23 Oktober tot 1 November 2014 by die Kerksaal in Van Zylstraat plaas. Groot verskeidenheid uitstallers met dekor, juwele, vars gebak, meubels en meer. Koop u Kersgeskenke hier - kredietkaartfasiliteite. Daagliks 09:00-20:00 en Sat (25.10) 09:00 tot 16:00. Sat 1 Nov 09:00 tot 14:00, Sondag gesluit. Restaurant met heerlike etes!

5. NG Moedergemeente Bellville: BasaarBellville Moedergemeente nooi almal uit na hulle basaar op Saterdag 1 November by die kerkgronde skuins oor SARS vanaf 08:30. Daar is tafels vol kerrie-en-rys, kerrie roeties, samoesas, boereworsrolle, roosterkoek, slap tjips, biltong, pannekoek, poedings, heerlike gebak en selfs hope kinderpret!

6. Groote Kerk hou Kermis!Groote Kerk Kaapstad hou op 25 Oktober 2014 om 09:00 tot 13:00 kermis te Kloofstraat 55. Heerlike eetgoed te koop, selfs “brekfisrolle” Gaan skrop na hartelus na 'n winskopie op die wit olifant tafel en by die boekehoek. Potjiekos word vanaf 11:30 bedien, ’n mini-wynveiling begin om 11:00 en hope kindervermaak is nie uitgesluit nie! Gebruik dié kans om jou wynvoorraad aan te vul en heerlik te kuier en te smul, nooi Leonie Fraser.

7. NG Gemeente Somerset-Wes: KooruitvoeringDie NG Kerk in Andries Pretoriusstraat, Somerset-Wes nooi almal na ’n kooruitvoering op Sondag 26 Oktober om 16:00 in die kerk. Die Laerskool Beaumont Senior Koor en die Tygerberg Kinderkoor tree op. Volwassenes R80/skoliere R40; kaartjies by Computicket, die kerkkantoor en die deure. Kontak Elsie de Wet 021 852 1787 soggens met navrae.

8. NG Gemeente Bellville-Riebeeck: Gesellige KuierWil u ’n verskil in die wêreld maak? Gaan geniet gerus ’n spesiale driegang maaltyd met ligte vermaak saam met Bellville-Riebeeck op 14 November om 19:00. Alle opbrengste is ten bate van hulle omgee projekte, waarvan Radio Feba, Ruyterwacht Senior Sentrum, Straatwerk en Kayamandi die grootste is. Meer inligting is by die kerkkantoor: 021 919 1501.

9. NG Gemeente Parow-Welgelegen: Teetuin’n “Vintage Teetuin” en markdag word gehou by NG Welgelegen, La Provenceweg 47, op Vrydag 31 Oktober vanaf 10:00 tot 16:00. Behalwe heerlike koek/tert is daar ook stalletjies met Kersgeskenke/droë vrugte, beskuit, koekies en meer. Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor. 021 558 0014/5.

10. NG Gemeente Kangovalleie: TuinsafariOnthou gerus hiervan! NG Kangovalleie, geleë in die natuurskone Schoemanshoek buite Oudtshoorn, bied weer op 24 en 25 Oktober 'n tuinsafari

Page 7: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

aan. Vir slegs R45 kan jy soveel van die skoonheid van die omgewing (en nog meer!) geniet! Sien meer besonderhede onderaan.

11. Vir Dagboek 2015: Merweville DankfeesMerweville se Dankfees vind volgende jaar van 1-3 Mei 2015 plaas. Maak gerus hiervan ’n aantekening en nooi familie en vriende nou reeds om te deel in die fees. Die volledige program en inligting oor items wat vooraf bestel kan word, sal gedurende Maart 2015 beskikbaar wees, laat weet Esther Fourie uit die kerkkantoor.

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Meer – Vakatures.

1. NG Gemeente Kenridge: Medeleraar’n Herinnering aan hierdie vakature. Kenridge is ’n diverse en lewenskragtige, voorstedelike makro-gemeente op die grens tussen Bellville en Durbanville met 3 589 belydende lidmate en 1 665 dooplidmate. Hulle wag voor 17:00 op 22 Oktober aansoeke in van kandidate met die passie en toewyding om Kenridge se visie en kernwaardes in woord en daad uit te leef. Lees aangeheg meer.

2. NG Gemeente Aliwal-Noord: Tweede LeraarDie NG Gemeente Aliwal-Noord (Oos-Kaapland) het tans ’n vakature vir ’n tweede leraar en wag aansoeke in van leraars tussen 30 en 45 jaar met die oog op die vulling hiervan. Die leraar se bedieningsfokus sal die jeug, jongmense en jonggetroudes wees. Vraelys moet ingevul word, tesame met CV. Sluitingsdatum 31 Oktober. Navrae: ds Andre Theron (076 903 8271/051 633 2777) of Corrie Nel (051 633 2632).

3. ENGO Vrystaat: Direkteur BestuurshulpdiensteENGO Vrystaat (voorheen NG Maatskaplike Dienste) se pos as Direkteur Bestuurshulpdienste word vroeg in 2015 vakant. Belangstellendes kan hier meer oor ENGO lees en word versoek om so spoedig moontlik op die aangehegte advertensie te reageer.

4. Badisa Koue Bokkeveld: Maatskaplike WerkerBadisa Koue Bokkeveld (Op-die-Berg, Ceres) is ’n program van BADISA, ’n gesamentlike aksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke word vir ’n voltydse betrekking as maatskaplike werker ingewag. Reageer voor 17 Oktober; lees hier.

5. Badisa: Bestuurder Maatskaplike DiensteBadisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland), beskik tans oor ’n vakature vir ’n Bestuurder: Maatskaplike

Page 8: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Dienste. Die bedieningsgebied en werkarea is die Suid-Kaap, met standplaas George. Meer oor die pligte en vereistes is onderaan. Reageer voor 24 Oktober.

6. Badisa Vroeë Kinderontwikkeling BeampteBadisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland), beskik tans oor ’n vakature vir entoesiastiese persone met ’n deeglike kennis van voorskoolse versorging (0-5 jaar). Belangstellendes in hierdie termynkontrak pos moet voor 22 Oktober reageer. Lees hier meer.

7. NG Gemeente Kenridge: KinderwerkerKenridge, ’n voorstedelike makro-gemeente op die grens tussen Bellville en Durbanville, het meer as 5 000 lidmate waarvan ongeveer 1 200 jonger as 13 is. Die res van die gemeente bestaan uit beroepslui, sakelui, bestuurslui, akademici, studente asook ’n aktiewe groep afgetredenes. ’n Kinderwerker moet dus gemaklik tussen verskillende generasies kan leef en werk. Onderaan is meer oor hierdie vakature. Sluitingsdatum: 29 Oktober.

8. NG Gemeente Kaapstad Hartklop: Musiekleier’n Herinnering: die Groote Kerk wag aansoeke in vir die deeltydse pos van Diensleier – Sang & Musiek wat op ’n kontrakbasis aangestel sal word. Meer oor die vereistes is aangeheg. Belangstellendes moet voor 31 Oktober reageer.

9. Ring van Parow se Bettysbaai Oord: Bestuurder’n Herinnering aan hierdie vakature by die Ring van Parow se oord, geleë teenaan die see in die Kogelberg Bewaringsgebied met sy ryke verskeidenheid fynbos en fauna. Dis die ideale omgewing vir mense wat werklik na siel en liggaam wil ontspan en hulle soek ’n persoon om Bettysbaai Oord se unieke karakter te bewaar en uit te bou. Reageer voor 24 Oktober – klik hier.

10. Badisa Huis Mostertshoek: Administratiewe BeampteHuis Mostertshoek Tehuis vir Bejaardes in Wolseley is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persoon word voor 24 Oktober vir hierdie betrekking ingewag. Lees hier meer.

Ten LaasteUit die Pen van ...Hier kry ’n verskeidenheid stemme oor die weke wat volg die kans om hulle gedagtes in woorde om te sit. Van ’n pastorale stem, ’n teologiese opmerking tot ’n ligte oomblik om met ander te deel. Gasskrywers neem op uitnodiging aan

hierdie rubriek deel.

Hierdie keer kom ons bydrae van Elize Morkel, kliniese sielkundige van Somerset-Wes en lid van die moderatuur van die NG Wes-en-Suid-Kaapland.

Page 9: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Ek woon die afgelope sewe jaar baie kerkvergaderings by. Die mense maak dit vir my makliker. Ons predikante is ’n kosbare groep mense. Hulle is slim, dierbare, snaakse, bekwame, hardwerkende en toegewyde mense met tonne liefde vir die Here en hul medemens. Ek wil uit my hart sê: Dankie Here, vir die dominees van die NG Kerkfamilie!- Elize Morkel

Vriendelike groete.

Marieta Visagie

NG Wes-en-Suid-Kaapland Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 086 582 [email protected]

-------------------------------------------------------------

BYBELSKOOLDie laaste vyf boeke van die NT kom hierdie kwartaal aan die beurt by www.bybelskool.com. Ons lees die brief-boodskap van een van die leiers van die huisgemeentes van Rome, Hebreërs. Ook die briewe van twee broers van Jesus, Jakobus en Judas. Daarby kom die twee briewe van Petrus, een van die apostels en leier van die vroeë kerk.

• HEBREËRS – ’n Boodskap van bemoediging• JAKOBUS – Praktiese Christenskap• 1 PETRUS – Volhard vol vreugde in vervolging en lyding• 2 PETRUS – Hou vas aan die ware evangelie• JUDAS – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof

Elke weeksdag plaas ek ’n bydrae by www.bybelskool.com van 21 Oktober tot 25 November. Skryf daar in met jou e-posadres. Dit is gratis. Ek sal DV dit mettertyd ook as e-boeke beskikbaar stel (ePub en mobi). Ek bespreek ook die briewe en van die kwessies wat daarin aangeraak word in byeenkomste in Somerstrand gemeente: Hoe praat God vandag, watter rol speel buitengewone tekens en gawes, hoe moet ons dink oor die doop en verwante sake, hoe lyk praktiese Christenskap, hoe hanteer ons vervolging en lyding, watter plek het dogma en hoe hanteer ons dwaalleer.

Groete.

Chris van Wyk.

Page 10: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NOORD-KAAPLAND SINODESITTINGTERUGVOER OOR GRONDHERVORMING

14 Oktober 2014

Ds IM Kluge het tydens die laaste sessie van die dag terugvoering oor grondhervorming gegee.

Om te boer in SA is ’n Godgegewe voorreg en verantwoordelikheid. In ons land stel dit egter baie hoë eise waarvoor daar maar min waardering en erkenning is. Die uiteenlopende omstandighede en benaderings – van eenvoudige bestaansboerderye tot ’n duur tegnologiese wetenskap. Voedselskaarste is reeds ’n globale werklikheid, maar Afrika het die potensiaal om die wêreld te voorsien!

Enkele mites:• Ons het geen verantwoordelikheid oor die regstelling van historiese probleme nie.• Die kerk mag nie inmeng wanneer onreg plaasvind nie.• Die kerk het niks te doen met grondhervorming nie.• Grond- en eiendomshervorming gaan my of die kerk nie raak nie.

Die storie van grond in Suid-Afrika is nie altyd mooi nie! Ons moet egter weet:• R8 miljard kon al meer as 50% van alle landbougrond in SA betaal.Dus: Onbevoegdheid en korrupsie vernietig effektiewe hervorming!• Van ongeveer 48,000 kommersiële boere in SA is daar minder as 5,500 met ’n totale omset van meer as R3 miljoen per jaar.Dus: Boere is nie “ryk” nie!• Baie min nuwe eienaars of volhoubare bemagtiging word tans geskep deur regerings inisiatiewe.Dus: Die staat word (be)magtig, maar maak kapitaal “dood.”• Baie voorheen benadeeldes wil nie boer nie, maar het behoefte aan waardigheid en ’n eie huis.Dus: Daar is legitieme behoeftes wat almal raak en iets aan kan doen• Baie boere maak reeds hul eie planne, wat ondersteun en oorvertel moet word:o Opleiding en oordrag van kenniso Voeding & behuisingskemaso Deelboerderyeo Aandeelhoudingo Ondersteuning van nuwe boere/buurmanskapo D.m.v. landboumaatskappye en bedryfsorganisasies

Page 11: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Die groot probleem is dat ons vanuit verskillende “wêrelde” praat oor grondhervorming, wat elkeen ’n eie oorsprong, tradisie en meriete het:• Ideologies, polities – Afrika “sosialisme” en waardes• Ekonomies, realistiese – Westerse “kapitalisme,” waardes

Tans is ons kerk besig met inisiatiewe om te help om die “mure” af te breek, sodat ons werklik mekaar kan hoor, en kan begin om eerlike en volhoubare planne te maak tot voordeel van ons land en ons nageslag.

Het u gemeente eiendom?Help asseblief met die opname van die sinode van alle eiendomme in u gemeente se besit.As u hulp benodig – Skakel: Die Plaaslike Landbou-unie /Agri Noord-KaapofBinty BritzSel: 083 328 9654E- pos: [email protected]

In ons land met sy uitgestrekte landelike gemeenskappe en gemeentes is daar groot kommer en hartseer• Misdaad, onveiligheid, plaasaanvalle en geweld• Natuurrampe: brande, droogte, hael• Ekonomiese druk, onsekerheid, vals beskuldigings• Rassisme, uitbuiting, verslawing, armoede

In ons land en landelike gemeenskappe is daar ook opregte kinders van die Here, en die Here self is daar! Daarom is daar ook hoop, liefde, deernis, opregtheid!

Kom ons doen waartoe ons geroep is, en bring ons mense voor Hom wat die Brood van die lewe gee!

(Met dank oorgeneem uit Noord-Kaapland eNuus van 14 Oktober 2014).

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DURBANVILLETWEEDE LEWE: VAN SUKSES NA SIN

Baie mense word in die middel van hulle lewe gekonfronteer oor die sin van hulle lewe. Vroeg in jou lewe val die fokus gewoonlik daarop om ’n sukses van jou loopbaan en gesinslewe te maak. Maar dan, mettertyd, begin jy wonder: “Het my lewe enige betekenis?” Op Sondag 19 Oktober begin daar by die NG Gemeente Durbanville ’n reeks van vier praatjies oor hierdie lewensoorgang, aangebied deur Tommy O’Kennedy van die Half Time-instituut.

Page 12: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Bob Buford het ’n boek geskryf getiteld: Half Time. Moving from success to significance. Hierin verduidelik hy dat mense ’n eeu gelede net geleef het tot en met 50. Met behulp van die mediese wetenskap het ons vandag die geleentheid vir ’n tweede lewe, ná 50. Daarom is dit heel natuurlik dat as ’n mens nog die voorreg het om op 45 te leef, en jy het goeie gesondheid, dat jy jouself kan afvra: “Wat nou?”

Dit kan ’n ontstellende ervaring wees, maar dit bied ook geleentheid vir ’n tweede lewe – ’n lewe met nuwe moontlikhede. Die Half Time-instituut (www.halftimeinstitute.org) wil mense begelei in hierdie oorgangstyd.

Tommy O’Kennedy het begin as ’n onderwyser en later skoolhoof van Hoërskool Porterville. Vir baie jare was hy ’n fasiliteerder van leierskap- en bestuursontwikkelingsprogramme. Hy was ook betrokke by die ontwikkeling van entrepreneurskap by skole en arm gemeenskappe en het twee boeke oor entrepreneurskap geskryf. Hy het werk gedoen as ’n opgeleide entrepreneurskap- en bestuurskonsultant vir besighede en het ook in hierdie veld gedoseer by die Cape Peninsula University of Technology. Sedert 2009 is hy aan die hoof van die Half Time Suid-Afrika.

Die reeks praatjies begin op 19 Oktober en eindig 9 November. Dit is elke Sondag om 18:30 in die kerkgebou van die NG Gemeente Durbanville, op die hoek van Kerkstraat en Weyerslaan. Kontak die kerkkantoor by 021 975 6370 vir meer inligting.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE HEIDEKOPPIE“ANDERKANT MY GEMAKSONE...”

’n Reeks praatjies oor die uitdaging van Christenwees in die Midde-Ooste vandag en ook die implikasies daarvan vir elkeen buite die Midde-Ooste. Kom leer ook meer oor Islam in Suid-Afrika!

Die reeks word aangebied deur Andrew Richards, navorsingsbestuurder van Incontext Ministries. Andrew is reeds die afgelope 12 jaar aktief betrokke in sending en die vervolgde kerk.

Navrae: Jackie by [email protected] / 021 981 2690Plek: Heidekoppie – Die Gemeente met Oop Deure, Proteaweg, Proteahoogte, BrackenfellGratis toegang behalwe die sake-ontbyt.

Page 13: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Program: Sondag 08:30 & 10:30: ’n Laaste e-pos uit SiriëSondag 17:30 “Laat die dooies die dooies begrawe” – die realiteit van vervolgingMaandag 19:00: Islam in Suid-AfrikaDinsdag 19:00 “Hoaxology”. Emotion or sustained prayer?Woensdag 06:30: Sake-ontbyt. “Nine to five - koninkryk of Koninkryk?” R60. Besprekings noodsaaklik. Bespreek teen 31 Oktober by [email protected]/021 981 2690.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BYBEL-MEDIA KATALOGUSBybel-Media het splinternuwe produkte spesifiek vir julle gemeentes ontwikkel. Ons produkkatalogus en jeugkatalogus is reeds in die pos. Dit is egter deel van die probleem. Ons weet nie wanneer (en of) hierdie by julle gemeente gaan uitkom nie. (Die posduif is op ’n vliegstaking – red.)

Jy kan ons help deur albei katalogusse aanlyn te lees. Klik hier vir die produkkatalogus en klik hier vir die jeugkatalogus. Jy sou dit ook kon aflaai as pdf-dokumente. Klik hier vir die produkkatalogus (19MB) en klik hier vir die jeugkatalogus (7MB).

“Forward” asb hierdie e-pos vir almal in julle gemeente wat moontlik van ons produkte gebruik. Moedig hulle ook aan om in te teken op ons nuusbrief deur hier te klik om op hoogte te bly van ons produkte.

Al Bybel-Media se produkte is natuurlik ook aanlyn beskikbaar by www.bybelmedia.co.za en ons vra geen posgeld vir versending nie. Vir enige navrae of bestellings, kontak Bybel-Media Handel by 0860 26 33 42 of e-pos [email protected].

Nico SimpsonBybel-Media

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

TUINSAFARI-MENGSEL 2014IN SCHOEMANSHOEK NABY OUDTSHOORN

Merk 24 en 25 Oktober in jou dagboek – TUINSAFARI 2014 in die mooie Kangovallei (naby Oudtshoorn)! Ons stel weereens in samewerking met

Page 14: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

tuineienaars 25 tuine oop vir die publiek om te besoek en te geniet. Die goeie reën van die afgelope tyd sal verseker dat die tuine hierdie jaar uitsonderlik mooi sal wees en sal dit ons pragtige vallei komplimenteer.

Die opbrengs van die tuinsafari word vir die instandhouding van die Bybelse Tuin (by die NG Kerk Kangovalleie) aangewend. Daarom is ons groot dank verskuldig aan deelnemende tuineienaars vir die moeite met hulle tuine en die gewilligheid om dit vir besoekers oop te stel.

Soos in die verlede het ons, vir die gerief van besoekers en om besoeke te kan beplan, die tuine in die volgende kategorieë georden: formele tuine, plaastuine (as alternatief vir formele tuine), panoramiese tuine, waterbesparende/inheemse tuine en ander tuine. Laasgenoemde sluit die Bybelse tuin in. Die plante van hierdie tuin is geselekteer aan die hand van navorsing deur twee bestuurslede van die Bybelse tuin en 98% van die plante het 'n Bybelse verband.

Maar hierdie jaar word daar 'n paar opwindende nuwighede tot die tuinsafari gevoeg. Ou besoekers sal dus weer 'n draai moet maak om ook hierdie nuwighede te ervaar. Ons beplan 'n blommefees in die kerk met uitbeeldings om 'n Bybelse tema. Saam met die boodskap van loodglasvensters en rustige musiek in die kerkgebou, beloof dit om 'n sielsverrykende ervaring te wees. Daarby is ons baie opgewonde oor 'n Bonsai-uitstalling wat vir die twee dae besigtig kan word. Vir die tuinliefhebber is kompos en die maak van kompos van groot belang. Daarom gaan daar hierdie jaar ook inligtingsessies oor die maak van kompos aangebied word.

Maar dis nog nie al nie! Nog 'n nuwigheid is tien pakkette wat vir die eerste aansoekers teen 'n weggee-prys van R250 per pakket beskikbaar is. 'n Pakket bestaan uit akkommodasie vir twee (vir een nag), 'n gratis besoek aan 'n besienswaardigheid in die vallei (iets soos die Kango Grotte, of 'n volstruisplaas of 'n ervaring op 'n wildsplaas), 'n tuinsafari kaartjie asook koffie/tee en muffin. Die doel hiermee is om vir besoekers wat van buite ons grense kom, die geleentheid vir 'n naweekuitstappie te bied. Die vallei bied ook soveel mooi wat met so 'n geleentheid verder ontgin kan word. Die akkommodasie is nie in gastehuise nie, maar wel in privaat wonings met 'n drie of vier ster standaard. Vir meer besonderhede in die verband kontak Danie Lategan (079 558 0002 of [email protected]).

Die tuinsafari wandelroetes het oor die afgelope paar jaar in populariteit toegeneem. Verskeie stapklubs benut dit as 'n geleentheid om met dapper en stapper die mooi van die omgewing asook die mooi van die tuine te geniet. Daar is verskillende wandelroetes met verskillende afstande wat gestap kan word (5, 10 en 15km). Eersgenoemde twee roetes is so beplan dat van die tuine per voet besigtig kan word. Die afstande kan ook aan die hand van behoeftes aangepas word. (Meer besonderhede by Danie Lategan tel 079 558 0002 of [email protected]).

Page 15: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Maak die aantekening TUINSAFARI in jou dagboek op die 24ste en 25ste Oktober 2014, of probeer om ten minste een van die twee dae by ons te kuier. Die koste van 'n kaartjie is slegs R45 per persoon, wat 'n padkaart van die verskillende tuine sowel as heerlike verversings insluit!

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE KENRIDGEVAKATURE: MEDELERAAR

DIE GEMEENTE Kenridge is ’n diverse en lewenskragtige, voorstedelike makro-gemeente op die grens tussen Bellville en Durbanville. Ons het 3 589 belydende lidmate en 1 665 dooplidmate. Die lidmate se gemiddelde ouderdom is 36 en die gemeente bestaan onder andere uit professionele persone, sakelui, bestuurslui, akademici, studente, tieners en kinders asook ’n aktiewe groep afgetredenes. Leraars moet gemaklik tussen verskillende generasies kan leef en werk. Ons kernwaardes bevorder die strewe om uit te reik na ander, oor grense van kleur en sosio- ekonomiese stand: Ons leef met integriteit, omhels diversiteit, verwelkom almal, bedien eietyds, gee om, luister na God en mekaar, getuig van Jesus se verlossing en dien met al die gawes van die Gees. Die gemeente word bedien deur ses predikante, een tienerwerker, een kinderwerker asook ’n deeltydse maatskaplike werker. Een van ons leraars is in ’n voltydse bediening in Taiwan.

DIE KANDIDAATOns gemeente wag aansoeke in van kandidate met die passie en toewyding om Kenridge se visie en kernwaardes in woord en daad uit te leef. Ons plaas ’n hoë premie op sterk leiers wat met nederigheid en opregtheid sal dien. Die kandidaat moet bekwaam wees in die bestuur van verandering en die hantering van nuwe werklikhede waarmee gemeentes vandag gekonfronteer word. Inspirerende prediking en lering asook toepaslike tegnologiese vaardighede is uiteraard belangrik. (“Scripture wise and street wise”). Die kandidaat moet ’n geïntegreerde familiebediening voorstaan en die gemeente se missionale fokus gestalte laat kry in die praktyk van die bedieningsterreine waarvoor hy/sy verantwoordelik sal wees.

DIE TAAKDie suksesvolle kandidaat moet eienaarskap en leiding neem van die volgende areas:• musiek en lofprysing • studente• jong werkendes• jong gesinne

Page 16: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Benewens hierdie take, moet die kandidaat ook basiese leraarspligte saam met die res van die bedieningspan uitvoer.

AANSOEKESlegs volledige aansoeke sal oorweeg word en moet die volgende insluit (moet asb nie ’n CV stuur nie): 1. Inleidende brief met redes hoekom jy aansoek doen vir hierdie pos (beperk tot 1 bladsy, lettertipe Arial, grootte 12)2. Volledig voltooide aansoekvorm

ALGEMEENAansoekvorms is aanlyn op die webwerf beskikbaar by www.ngkenridge.co.za of dit kan aangevra word by [email protected]. Kandidate kan aansoeke e-pos, faks, of per hand aflewer: E-pos: [email protected] Faks: 021 913 6043Per hand: Maestrichtstraat 2, De Bron, Bellville, 7530

Kortlys-kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud by Kenridge en die aflê van psigometriese toetse. Kortlys-kandidate moet ook hul laaste twee preke indien.

Navrae kan gerig word aan die Kommunikasie- en Admin-bestuurder by [email protected] of 021 913-4206.

Sluitingsdatum: 22 Oktober 2014 om 17:00

Diensaanvaarding: Februarie 2015 *(verkieslik, maar onderhandelbaar)

*Vergoeding volgens sinodale riglyne** Die Kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

ENGODIREKTEUR BESTUURSHULPDIENSTE

ENGO maak bekend dat die senior pos vir Direkteur Bestuurshulpdienste vroeg in 2015 vakant sal raak en dat persone wat graag in aanmerking wil kom hulleself asseblief moet aanmeld deur 'n memo op te stel wat ondermeer rekening hou met onderstaande punte en spoedig te e-pos aan [email protected].

Die verwagting is geensins dat u ten opsigte van elkeen van die aspekte hieronder 'n ekspert moet wees nie, maar dit is belangrik dat u asseblief u

Page 17: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

huidige kennis, ondervinding en vaardighede so goed en volledig as moontlik moet bespreek, sodat vasgestel kan word hoe u die vaardighede wat reeds in die organisasie bestaan, moontlik kan komplementeer. Waar daar leemtes in die suksesvolle kandidaat se mondering bestaan wil ons graag vooraf met hom of haar ooreenkom oor die minimum verpligte vaardigheidsontwikkeling.

1. Akademiese geskiedenisLys asseblief alle formele naskoolse opleiding wat u suksesvol voltooi het en die kwalifikasies wat u ontvang het. Maak asseblief melding van enige buitengewone prestasies.

2. WerkgeskiedenisLys asseblief alle beroepe wat u beklee het , tydperke, posvlakke, posdoelwitte, kritiese prestasie-areas en redes hoekom u die pos ontruim het (waar toepaslik). Referente se kontakbesonderhede.

3. Finansiële kundigheidGee asseblief 'n opsomming van u kundigheid en ervaring ten opsigte van finansiële bestuur, lees en interpreteer van finansiële state, opstel van begrotings en begrotingskontrole, interne oudit, beleggingsbestuur.

4. Menslike hulpbronneWatter ondervinding en kennis het u met betrekking tot arbeidswetgewing, die skep van ’n organisasiekultuur, organisasiestruktuur, skep van poste en posinhoude, posmeting en vergoedingspraktyke, onderhandeling met vakbonde, dissiplinêre ondersoeke, verskyning in die CCMA en arbeidshof? Opleidingsvaardighede?

5. RekenaarvaardighedeWat is u vaardigheid met betrekking tot die gebruik van algemene en gespesialiseerde kantoor sagteware? Lys asseblief programme wat u met gemak kan gebruik. Het u enige kennis en ervaring met betrekking tot stelsels, netwerke en kantooroutomatisasie. Webwerwe, sosiale media?

6. Korporatiewe beheerKan u met gesag saamgesels oor sake soos die King3 verslag, die maatskappyewet, administratiewe geregtigheid, prosedurele billikheid, aanvaarde rekeningkundige praktyk?

7. VoorsorgfondseTot watter mate is u al blootgestel aan die bestuur en/of bedryf van mediese en pensioenfondse?

8. Bemarkingskommunikasie en handelsmerkontwikkelingHet u enige spesifieke opleiding, ervaring of kundigheid hieroor. Sal u in staat wees om die organisasie bekend te stel aan individue, groepe, in die pers en so meer. Het u enige kontakte wat ter bevorderlik kan wees vir die organisasie?

Page 18: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

9. FondsinsamelingWatter ondervinding of vaardigheid het u oor fondswerwing? Hoe sou u dit aanpak as dit u verantwoordelikheid sou wees?

10. Bestuur van vergaderingsKan u sakelyste en notules opstel, aanbevelings formuleer en motiveer? Dokumente uitlê?

11. Eiendomsontwikkeling en bestuurWas u al betrokke by die ontwikkeling van groot eiendomme? In watter hoedanigheid? Beskik u oor die vaardigheid om te kan bepaal of alles in die proses na wense verloop?

12. Kennis van NPO-omgewingHet u enige kennis of ondervinding oor die NPO-omgewing? Toepaslike wetgewing? Het u al op die bestuur of personeel van 'n NPO gedien? Vir hoe lank en in watter kapasiteit?

13. Kerklike omgewingWatter kennis en ondervinding het u van die NG Kerk? Is u 'n meelewende lidmaat? Het u al op rings- en sinodale komitees gedien? Het u 'n idee hoe die NG Kerk se beheer en bestuur in sinodale verband werk?

14. Mensvaardighede en bestuurstylHoe kom u met mense oor die weg? Watter bestuurstyl verkies u? Kan u delegeer? Hoe werk u in 'n groepsverband? Opleidings- en motiveringsvaardighede?

15. Sterk- en swakpunte? Voorkeure en afkeure?Enigiets wat u wil deel?

16. Persoonlike faktore?Persoonlike data. Taalvaardigheid. Gesondheid. Familiesamestelling. Familieverpligtinge. Sal u moet verhuis na Bloemfontein? Spesifieke beperkings en behoeftes. Kan u baie uitstedig wees? Enigiets anders?

17. Enigiets anders wat u dink u kan aanbied wat waarde tot die organisasie sal toevoeg as u aangestel sou word in die pos.

18. Enige kommentaar?

19. PoswaardasieIn die lig van bogenoemde, wat reken u is die pos werd in monetêre terme (koste van indiensneming)?

16 Oktober 2014

Page 19: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BADISA KOUE BOKKEVELDMAATSKAPLIKE WERKER

Op-die-Berg

Badisa Koue Bokkeveld is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike aksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke word vir hierdie voltydse betrekking ingewag.

Minimumvereistes sluit in: • ’n Graad of Diploma in Maatskaplike Werk• Registrasie by die Raad op Maatskaplike Diensberoepe• ’n Geldige rybewys• Kennis en vaardigheid m.b.t. ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk dienste en geïntegreerde dienslewering• Kennis en vaardigheid m.b.t. statutêre prosedures• Vermoë om binne spanverband te werk.

Die vergoedingspakket is binne Badisa-skale.

Rig aansoeke voor 17 Oktober 2014 aan: me A Hattingh, Olyvenstraat 8, Lemoenkloof, Paarl, 7646

Navrae: 082 806 0859E-pos: [email protected]

Terug na Hoofblad.

-------------------------------------------------------

BADISABESTUURDER: MAATSKAPLIKE DIENSTE

BEDIENINGSGEBIED & WERKAREA: SUID-KAAPSTANDPLAAS: GEORGE

Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland), beskik tans oor ’n vakature vir ’n Bestuurder: Maatskaplike Dienste.

Die kandidaat sal onder andere vir die volgende verantwoordelik wees: • Supervisie en konsultasie van maatskaplike werkers,

Page 20: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

gemeenskapsontwikkelingswerkers en maatskaplike hulpwerkers • programbestuur en -ontwikkeling • menslike hulpbronbestuur • betrokkenheid by die programme se finansiële bestuur, bemarking en fondswerwing • leiding en ondersteuning aan Beheerrade • skakeling en netwerking met departementele streekkantore, forums en ander rolspelers • verteenwoordiging en onderhandeling binne gemeenskappe en gemeentes.

Die suksesvolle kandidaat beskik oor minstens vyf jaar toepaslike ervaring binne die kinder- en gesinsorgveld. Uitstekende vaardighede in fasilitering, die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer, konflik te hanteer, om strategies te kan dink, asook die vermoë om onafhanklik te werk, word verder vereis. Registrasie by die SA Raad vir Maatskaplike Diensberoepe is verpligtend. Toepaslike rekenaarvaardighede is ook ’n verdere vereiste. Die suksesvolle kandidaat moet bereid wees om te reis.

In terme van die organisasie se transformasiebeleid sal aansoekers uit die aangewese groepe voorkeur by aanstelling geniet.

Ons bied ’n onderhandelbare salaris, aangevul deur ’n mediese en aftreeskema, asook ruim verlof.

Stuur voor 24 Oktober 2014 ’n volledige CV en dui aan vir watter pos u aansoek doen, aan: Direkteur: Menslike Hulpbronne, Privaatsak X8, Bellville 7535 of per e-pos: [email protected].

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BADISA BELLVILLEVKO ONTWIKKELINGSBEAMPTE

4/8 TERMYNKONTRAK POSBadisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland), beskik tans oor ’n vakature vir entoesiastiese persone met ’n deeglike kennis van voorskoolse versorging (0-5 jaar).

Die aangewese kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volgende:

• die ontwikkeling van lesmateriaal en programme vir voorskoolse kinders• die ontwikkeling, begeleiding en ondersteuning van opvoeders • skakeling en netwerking• administratiewe take

Page 21: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Die ideale kandidaat beskik oor ’n naskoolse kwalifikasie, verkieslik NQF vlak 5 of 6, Vroeë Kinderontwikkeling, die vermoë personeel en beheerrade te begelei, goeie kommunikasie en probleemoplossingsvaardighede. Kennis en ervaring van gemeenskapsontwikkelingswerk, rekenaarvaardighede en ervaring van die bestuur van voorskoolse programme sal as sterk aanbeveling dien. Die persoon moet bereid wees om te reis.

Vergoeding behels ’n onderhandelbare salaris, asook ruim verlofvoordele.

Diensaanvaarding: So gou moontlik.

Rig ’n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 22 Oktober 2014 aan:

Direkteur Menslike HulpbronneBADISAPrivaatsak X8BELLVILLE7535

E-pos: [email protected]

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE KENRIDGEVAKATURE: KINDERWERKER

DIE GEMEENTE Kenridge is ’n diverse, lewenskragtige, voorstedelike makro-gemeente op die grens tussen Bellville en Durbanville. Ons het meer as 5 000 lidmate waarvan ongeveer 1200 jonger as 13 is. Die res van die gemeente bestaan uit beroepslui, sakelui, bestuurslui, akademici, studente asook ’n aktiewe groep afgetredenes. ’n Kinderwerker moet dus gemaklik tussen verskillende generasies kan leef en werk.

Ons kernwaardes bevorder ons strewe om oor grense brûe te bou na ander: Ons leef met integriteit, omhels diversiteit, verwelkom almal, bedien eietyds, gee om, luister na God en mekaar, getuig en dien met al die gawes van die Gees.

Die gemeente word bedien deur ses predikante, een tienerwerker, een kinderwerker asook ’n deeltydse maatskaplike werker. Een van ons leraars is in ’n voltydse bediening in Taiwan.

DIE KANDIDAAT

Page 22: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Die suksesvolle aansoeker beskik oor:• die passie en toewyding om Kenridge se visie en kernwaardes in woord en daad uit te leef • toepaslike ervaring en/of kwalifikasies in Jeugwerk• goeie organisatoriese- en bestuursvaardighede• toepaslike vaardighede om die kind in ’n stadskonteks doeltreffend te bedien• goeie tegnologiese vaardighede om die kinderbediening te ondersteun • die vermoë om met ander kerke/gemeentes se kinderwerkers/kinderbedienings te netwerk• goeie mensvaardighede met kinders, ouers en vrywilliger-groepleiers• goeie kreatiewe vaardighede om innoverend met mense en programme te werk• ’n goeie teologiese onderbou om geloofsonderskeidend met Bybelse waarhede te werk

DIE TAAKDie suksesvolle kandidaat moet eienaarskap en leiding neem van die volgende areas:• bediening van die Kleuterkerk (0-6 jariges)• bediening van die Kinderkerk (Graad 1-6 groep)• Werwing, toerusting en versorging van vrywilliger Graadgroep- en kleingroepleiers• Netwerk met kollegas om geïntegreerde familiebediening te vestig

AANSOEKESlegs volledige aansoeke sal oorweeg word en moet die volgende insluit (moet asb nie ’n standaard CV stuur nie): 1. Inleidende brief met redes hoekom jy aansoek doen vir hierdie pos (beperk tot 1 bladsy, letter-grootte 12)2. ’n Volledige voltooide aansoekvorm.

ALGEMEENAansoekvorms is aanlyn beskikbaar by http://www.ngkenridge.co.za/nuus.html of dit kan aangevra word by [email protected]. Kandidate kan aansoeke e-pos of faks.

E-pos: [email protected]: 021 913 6043

Kortlys-kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud by Kenridge. Die keuringsproses mag psigometriese assessering en praktiese vaardigheidstoetse insluit.

Navrae kan gerig word aan Tersia by [email protected]/ 021 913 4206 of aan Willem by by [email protected].

Sluitingsdatum: 29 Oktober 2014 om 17:00

Page 23: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Diensaanvaarding: Februarie 2015 *(verkieslik, maar onderhandelbaar)

*Vergoeding volgens sinodale riglyne** Die Kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

GROOTE KERK (HARTKLOP)MUSIEKLEIER

Die Groote Kerk wag aansoeke in vir die deeltydse pos van Diensleier – Sang en Musiek wat op ’n kontrakbasis aangestel sal word.

Die geskikte kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:• Grondige kennis van sang en musiek. Self kan begelei en sing tydens aanddienste en ander spesiale programme. • Grondige kennis van musiekverwerking, seleksie, verwerking en transponering van nuwe liedere. • Moet grondige kennis en ervaring hê in kontemporêre geestelike musiek begeleiding (Praise and Worship) en verwerkings vir orkes. • Erediens koördineringswerk in oorleg met die leraars en ander rolspelers asook met die Hartklop-bestuurspan.• Goeie samewerking noodsaaklik met ander orreliste/musiekspan.• Musiekgroep kan selekteer, bou, bestuur en afrig. Voorsangers kan afrig en bestuur en inoefen saam met orkes. • Deelname aan kategese-jeugbediening. • Beplanning en projekbestuur van alle feeste, soos bv Pinkster, Paasfees, Kersfees en 40 dae. • Verantwoordelikheid neem vir alle musiek-en klanktoerusting.

Die kandidaat moet beskikbaar wees vir 'n onderhoud en speelbeurt.

Vergoeding: OnderhandelbaarSluitingsdatum: 31 Oktober 2014Posaanvaarding: 1 Januarie 2015Stuur volledige CV: Verkieslik per e-pos aan [email protected] of faks na 021 424 7545 of per hand in te lewer by die kerkkantoor, Kloofstraat 55.

Die Groote Kerk behou homself die reg voor om nie die pos te vul nie vir welke rede ook al in terme van aansoeke ontvang.

Terug na Hoofblad.

Page 24: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

--------------------------------------------------------

BESTUURDER VIR BETTYSBAAI OORDDie Ring van Parow se oord is geleë teenaan die see in die Kogelberg Bewaringsgebied met sy ryke verskeidenheid fynbos en fauna. Dis die ideale omgewing vir mense wat werklik na siel en liggaam wil ontspan en ons soek ’n persoon om Bettysbaai Oord se unieke karakter te bewaar en uit te bou.

Die ideale kandidaat moet oor finansiële, bestuurs- en rekenaarvaardighede beskik. Ervaring in die gasvryheidsbedryf kan ook voordelig wees.

Verantwoordelikhede sluit ook in:• implementering van Direksie se beleid en besluite• ondersteuning met die formulering van Oord se doelwitte en strategie• bevordering en bemarking van die oord• algemene instandhouding en ontwikkeling van die terrein• alle personeelsake• toesig oor besprekings • enige ander taak wat met ’n bestuurspos verband hou

Ons bied ’n mededingende vergoedingspakket aan, wat inwoning op die terrein insluit.

Rig aansoeke aan: Jurie Swart, Posbus 703, Parow, 7499 of e-pos [email protected] (CV maksimum twee bladsye).

Sluitingsdatum vir aansoek: 24 Oktober 2014

Diensaanvaarding: 01 Maart 2015

Indien geen terugvoering binne twee (2) weke na sluitingsdatum vir aansoeke ontvang word nie, kan aanvaar word dat u aansoek onsuksesvol was.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BADISA HUIS MOSTERTSHOEK WOLSELEYADMINISTRATIEWE BEAMPTE

Huis Mostertshoek Tehuis vir Bejaardes (Wolseley) is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persoon word vir hierdie betrekking ingewag.

Page 25: Web viewBob Buford het ’n boek geskryf getiteld: ... Die gemeente word bedien deur ses predikante, ... Op-die-Berg. Badisa Koue

Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Bestuurder verslag doen en verantwoordelik wees vir: • Ontvangs /telefoon • kantooradministrasie • finansiële administrasie (losies, subsidies en rekeninge) • hantering van inwoner fonds • administratiewe- en sekretariële pligte • personeeladministrasie • neem en skryf van notules.

Kandidate moet oor ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie en bewese ervaring beskik. Moet ook oor mondelingse en skriftelike kommunikasie-, koördinerings-, rekenaarvaardighede, menseverhoudinge en oor ’n geldige rybewys beskik.

Ons bied ’n onderhandelbare salaris, aangevul deur ’n mediese en aftreeskema, asook ruim verlof.

Rig volledige CV, voor of op 24 Oktober 2014 aan: Huis Mostertshoek, Eeufeesstr 37, Wolseley of e-pos: [email protected].

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------