web viewcd’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om...

54
EERSTE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG DIE WET EN DIE GESKIEDENIS

Upload: nguyendieu

Post on 06-Feb-2018

231 views

Category:

Documents


9 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

EERSTE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG

DIE WET EN DIE GESKIEDENIS

Page 2: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

1

INHOUDBLADSY

ALGEMENE INLIGTINGAdministrasie 2Beleid van Bybelskool 3

MODULE I DIE ONTSTAAN, GESAG EN AARD VAN DIE BYBEL 4Genesis: Skepping en Sondeval 4

MODULE II DIE PENTATEUG 5Lesing 1: Gen 12:50 5Lesing 2: Eksodus 8Lesing 3: Levitikus en Numeri 11Lesing 4: Deuteronomium 14

MODULE III DIE OORGANGSTYDPERK 17

MODULE IV ISRAEL AS VERENIGDE KONINKRYK 25

MODULE V KONINKRYKE EN PERIODE NA BALLINGSKAP 28Lesing 1: Noordelike Koninkryke 28Lesing 2: Suidelike Koninkryke 32Lesing 3: Esra, Nehemia en Ester 37

Page 3: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

2

ADMINISTRASIE

BYBELSKOOLKANTOOR

TELEFOON en FAKS: 012 361 3180 (Klasstudente)

MAIL MANAGER: 086 503 6343 (Voorkeur nommer vir fakse vir Korrespondensiestudente)

E-POS: [email protected]

ADRES: Straatadres: H/v Hibuscus- en Lanciastraat

Lynnwoodrif

Posadres: Posbus 75444

Lynnwoodrif

0040

KANTOORURE Maandae tot Donderdae 10:00 -- 13:00

Dinsdae 19:00 -- 21:30

KONTAKPERSONE

* Hoofkoördineerder / Oorsig Oggendklas: Elize Snyman012 361 3180 (Bybelskoolkantoor)

012 803 9707 (H)

072 319 7597 (S)

* Koördineerder Oorsig Aandklas: Leona Reyneke012 993 1931 (H)

082 578 7328 (S)

* Koördineerder Koreespondensie: Yvette Kruger083 602 5995 (S)

* Koördineerder Leendiens: Elsie Jäger082 809 6883 (S)

Bankbesonderhede: ABSA Lynnwoodrif

Rek. Naam Lynnwoodrif Bybelskool

Rek. no. 1630 5102 75

Tak no. 333 845

Page 4: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

3

BELEID VAN DIE BYBELSKOOL

Bywoning

1. Dit word van studente verwag om gereeld die lesings by te woon. Indien u nie teenwoordig kan wees nie, of u vroeër moet loop, bied asseblief verskoning aan by die betrokke koördineerder.

2. Stel asseblief u koördineerder in kennis indien u nie met die kursus voortgaan nie.

Hantering van Vrae

1. Vrae moet weekliks ingehandig word.

2. Die kursus dien tot u eie verryking, dus handig u eie werk in.

3. Skryf u naam op elke bladsy.

4. Skrifverwysings moet deurlopend gegee word. Moenie skrifverwysings uitskryf nie.

5. Hanteer die voorgeskrewe Skrifgedeelte vir die beantwoording van die vrae.

6. Nasieners gee nie toestemming vir laat inhandiging nie. Dit word alleenlik deur die koördineerder hanteer.

7. Korrespondensie studente stuur opdragte per faks/epos na Bybelskoolkantoor (tensy anders gereël).

Hantering van CDs

1. CD’s het kopiereg en mag dus nie self gedupliseer word nie. Dit mag slegs geskied deur die kanale deur die Bybelskool voorsien.

2. CD’s is bedoel vir gebruik alleenlik deur Bybelskoolstudente. Dit mag dus nie vrylik uitgedeel en uitgeleen word nie.

3. Leendiens: CD’s van lesings is beskikbaar by die Koördineerder van die leendiens voor lesings en tydens pouse. Indien ‘n student ‘n lesing nie kon bywoon nie, kan CD’s geleen word om na die lesing te luister. ‘n Deposito van R20 is betaalbaar, waarvan R15 teruggegee word wanneer die CD’s terugbesorg word. CD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, dus nie studente wat wel in die klas was nie.

4. Verkope: ‘n Student wat ingeskryf is vir een van die kursusse soos aangebied by die Bybelskool, mag CD’s van die betrokke kursus bestel en aankoop. Indien ‘n volledige kursus bekom wil word, kan dit vooruit bestel en op ‘n weeklikse basis afgehaal word. Verkope word alleenlik deur koördineerder van die leendiens hanteer. Betaling geskied alleenlik by bestelling.

5. Kopiereg op alle Opnames: Ons doen ‘n ernstige beroep op u vriendelike en begripvolle samewerking.

Page 5: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

4MODULE I: GEN 1 – 11

DIE BYBEL: ONTSTAAN, GESAG EN AARD VAN DIE BYBEL

GENESIS: SKEPPING EN SONDEVAL

LESINGRAAMWERK

1. Die Bybel

Die ontstaan van die Bybel Die gesag en betroubaarheid van die Bybel Die Bybel as een verhaal

2. Genesis 1 – 11

Waar pas die boek in?

In die begin het God ... Wie is hierdie God? Gen 2:4

Skeppingsverhale in die Ou Nabye Ooste

Literêre struktuur van Genesis 1Die regte klem!Genesis 1 se lering oor:

God Mens Wêreld

Genesis 3:1-6: Die Sjalom verbreekDie aard en gevolge van sonde

Genesis 4: Die ontkenning van sonde in menslike lewe

Genesis 6 – 9 : God se reaksie: oordeel: Getrou aan belofte

Die parallel tussen Noag en AdamVerbond?Na die vloed?Nasies en rebellie: Gen 10 – 11

Page 6: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

5MODULE II: PENTATEUG

Lesing 1 GENESIS 12 – 50

Voorgeskrewe leeswerk:

Bybel bestek: Gen 12 – 50Verpligte leeswerk: Gen 12:1-3; Gen 15; Gen 17; Gen 22; Gen 25 – 36; Gen 45:5-7, Gen 50

INHOUD: DIE GESKIEDENIS VAN DIE DRIE AARTSVADERS – ABRAHAMISAK, JAKOB EN JOSEF

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Abraham se verhaalLees: Gen 12 – 18

Vraag 1: Skryf al die beloftes neer wat God aan Abraham gee?

Dag 2: Lees: Gen 19 – 23 en 25:1-11

Vraag 2: In die lig van God se beloftes aan Abraham: Hoekom dink jy sou die offer van Isak verpletterend wees vir Abraham? Herinner sy offer jou aan iets in die Nuwe Testament? (Kyk veral na hoofstuk 22:8, 13, 18).

Dag 3: Isak se verhaalLees: Gen 24; 25:19-26 en 34

Vraag 3: Wat leer die Isak verhaal jou omtrent God en Sy verbond?

Dag 4: Jakob se verhaalLees: Gen 27 – 35

Vraag 4: Jakob was in baie opsigte geen goeie voorbeeld vir ons nie. Hoe gee sy lewe vir ons hoop?

Dag 5: Josef se verhaalLees: Gen 37 – 50

Vraag 5: Wat leer jy van God en die swaarkry in ons lewens uit hierdie verhaal?

Page 7: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

6KORT VRAE

Dag 1: Gen 12 – 18God se beloftes aan Abraham wys dat Hy

(a) Net die Jode wil red (b) Steeds ‘n plan vir die hele wêreld het (c) Die heidene wil straf

God beloof onder andere aan Abraham(a) Wysheid (b) ‘n Vrou (c) ‘n Groot nageslag

Dag 2: Gen 19 – 23 en 25:1-11God se opdrag aan Abraham om Isak te offer was ‘n toets vir

(a) Abraham se geduld (b) Sy geloof (c) Sy deursettingsvermoë

Die offer van Isak is geweldig betekenisvol vir ons(a) Omrede Abraham al oud was (b) Isak ‘n seun was (c) ‘n Ram in sy plek geoffer is

Dag 3: Lees: Gen 24; 25:19 – 26:35God openbaar Homself aan Isak as

(a) Ek is wat Ek is (b) Die Skepper van hemel en aarde (c) Die God van Abraham

God belowe aan Isak(a) Sterre, ‘n land en ‘n vrou (b) ‘n Land, ‘n groot nageslag, seën vir die nasies (c) ‘n Kind, ‘n lang lewe, ‘n land

Dag 4: Lees: Gen 27 – 35Jakob se verhaal leer ons dat God

(a) Mense help wat hulleself help (b) Jonger broers lief het (c) Gebroke mense inskakel in Sy plan

Jakob het by die Jabbokrivier geveg met(a) Esau (b) Die Satan (c) God

Dag 5: Lees: Gen 37 – 50Die verhaal van Josef leer ons dat

(a) God die oorsaak van lyding in die wêreld is (b) Satan die oorsaak van lyding is (c) God lyding gebruik en inskakel by Sy plan van verlossing

Josef herinner ons aan(a) Die verhaal van die verlore seun (b) Die Fariseër en die tollenaar (c) Jesus se pad van lyding na verhoging

Page 8: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

7

RAAMWERK VIR LESING

Die verhaal tot hier ...

Genesis 12:1-3 Wat God beplan om deur Abraham te doen (beloftes) Tweede Adam figuur

Hoofstuk 15 Die verbond Die vreemde verbondseremonie en die betekenis daarvan

Genesis 17 Die besnydenis en die betekenis daarvan

Genesis 22 Abraham se geloof getoets Die heilshistoriese betekenis

Genesis 25 – 36 Die herbevestiging van beloftes Die herhaalde tema van verbreking van familieverhoudinge God se voorsiening en sorg te midde van struikelblokke Die aardsvaders en Nuwe Testamentiese waarhede

Genesis in die groter prentjie

Wat sê God in Genesis vir ons?

Page 9: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

8Lesing 2 EKSODUS

INHOUD: DIE ONTSTAAN EN VORMING VAN ‘N VOLK

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Israel in Egipte, Moses se verhaalLees: Eksodus 1 – 7:13

Vraag 1: Watter spesifieke belofte aan Abraham is aan die begin van Eksodus nog nie vervul nie?

Dag 2: Die tien plae, paasfees, uittogLees: Eksodus 7:14-15

Vraag 2: Waaroor gaan dit regtig in die 10 plae? Wat leer jy van God?

Dag 3: Israel in die wildernes tot by Sinai, die Wet en die VerbondLees: Eksodus 16 – 20 (opsionele leeswerk 21 – 23); 24

Vraag 3: Wat is God se bedoeling met die sluit van die verbond? Vergelyk ook Genesis 17:7-8

Dag 4: Voorskrifte by die tabernakelLees: Eksodus 25 – 31

Vraag 4: Waarom was die voorskrifte vir die tabernakel belangrik? Waarvoor was die tabernakel bedoel?

Dag 5: Die Verbond verbreek en herstelLees: Eksodus 32 – 34, 40

Vraag 5: Waarom was die maak van die goue kalf so ‘n ernstige sonde?

Page 10: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

9KORT VRAE

Dag 1: Lees Eksodus 1 – 7:13Aan die begin van Eksodus is die volgende belofte nog nie vervul nie

(a) Nageslag (b) Koning (c) Land

Dat God die versugting van Sy volk in Eksodus 2:24 hoor, word duidelik(a) As Farao siek word (b) Aaron ‘n volksleier word (c) ‘n Babatjie vir Miriam gebore word

Dag 2: Lees: Eksodus 7:14 – hoofstuk 15In die 10 plae is die stryd eintlik (vgl Eks 12:12) tussen God en

(a) Farao (b) Die gode van Egipte (c) Die Egiptiese towenaars

Die pasga is vir ons belangrik want dit wys(a) God hou van bloed (b) Die regter en verlosser is dieselfde persoon (c) Verlossing is altyd deur plaasvervanging

Dag 3: Lees: Eksodus 16 – 20 (opsionele leeswerk 21 – 23); 24God sluit die verbond met Israel

(a) Omdat hulle vir Hom lief was (b) Hulle ‘n groot volk was (c) God hulle lief het

As verbondsvolk moes Israel(a) Die nasies uitroei (b) Sorg dat hulle vermeerder (c) ‘n Koninkryk en priesters wees ter wille van die nasies

Dag 4: Lees: Eksodus 25 – 31 Die tabernakel is gebou om

(a) Vir priesters en Leviete huisvesting te gee (b) Die kwartels en manna te bewaar (c) ‘n Beweegbare woonplek vir God te wees

Die inhoud van die tabernakel herinner aan(a) Dinge in ‘n Kerkgebou (b) Dinge in tuin van Eden (Gen 1 – 2) (c) Dinge in Salomo se paleis

Dag 5: Lees: Eksodus Die goue kalf is gemaak

(a) Toe die volk deur die Rooisee getrek het (b) Nadat die Midianiete die volk aangeval het (c) Terwyl Moses op die berg met God gepraat het

Die maak van die goue kalf is ‘n verbreking van(a) Die 3de en 4de gebod (b) Die Nasireër belofte (c) Die 1ste en 2de gebod

Page 11: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

10

RAAMWERK VIR LESING

Die verhaal tot hier ...

Eksodus 1:6 e.v.

Die bedreiging vir God se belofte en God se reaksieDie geboorte van Moses: God se ironiese werking

Eksodus 3

Moses se betekenisvolle roeping

Eksodus 9 e.v.

Die plae: Wat sê dit regtig?

Eksodus 12 e.v.

Die Pasga en die betekenis vir ons

Eksodus 19 e.v.

Die ou VerbondDie verhoudingKoninklike priesterdom vir die nasies!Die tien gebooie

Eksodus 29 e.v.

Die bou van die tabernakelDie goue kalf episodeDie tabernakel en Eden

Wat sê God vir ons deur Eksodus?

Page 12: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

11Lesing 3 LEVITIKUS EN NUMERI

Voorgeskrewe leeswerk:

Bybel bestek: Levitikus 1 – 27, Numeri 1 – 36 Verpligte leeswerk: Lev 1 – 11; 16; 17; 19 – 20:9; 26

Num 1 – 10; 22 – 25; 26; 33

INHOUD: Lewe saam met ‘n Heilige God en Op reis na die beloofde land

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Levitikus

Goddelike versoeningLees: Levitikus 1 – 11; 16

Vraag 1: Wat sou jy dink is die verband tussen die offers en die uitspraak: “Wees heilig want Ek is heilig” (Lev 11:44-45).

Dag 2:

Vraag 2: Wat dink jy, leer ons oor Jesus Christus en Sy werk, uit dit wat op die Groot Versoendag (Lev 16) gebeur?

Dag 3: Menslike toewydingLees: Levitikus 17 – 27

Vraag 3: In die eerste 16 hoofstukke het jy gesien dat dit handel oor die offers wat God voorskryf. In hierdie gedeelte gaan dit meer oor hoe die mense toegewy aan God moet lewe. Hoekom dink jy is dit belangrik dat alles wat hier voorgeskryf word, eers ná hoofstuk 16 kom, en nie anders om nie?

Dag 4: Terugblik en voorbereidingLees: Numeri 1 - 10

Vraag 4: Watter plek en rol neem die Leviete in tussen die twaalf stamme van Israel?

Dag 5: Opstand en Murmerering van volk, bevestiging van beloftesLees: Numeri 22 – 25; 26; 33

Vraag 5: Rebellie en ongeloof, oordeel en die uitstel van beloftes is hier aan die orde van die dag. Wat het jy van God geleer wat jou bemoedig?

Page 13: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

12

KORT VRAE

Dag 1: Lees Levitikus 1 – 10Die offers is gegee omrede

(a) Die volk moes eet (b) Offers wys hulle is anders as die nasies (c) God heilig is

Behalwe vir die versoening van sonde was offers ook(a) ‘n Simboliese maaltyd in die teenwoordigheid van God (b) Vir higiëniese redes gegee (c) Vir die beheer van diere getalle gegee

Dag 2: Levitikus 16Die plaasvervangende offer dui daarop

(a) Dat die dier onrein is (b) God mense liewer het as diere (c) ‘n Dier in die plek van ‘n sondaar sterf

Die sogenaamde sondebok herinner ons aan (a) Wat Judas gedoen het (b) Jesus se werk aan die kruis (c) Wat Annanias en Saffira gedoen het

Dag 3: Lees Levitikus 17 – 27Volgens Levitikus 17:11 simboliseer bloed

(a) Dood (b) Lewe (c) Straf

Levitikus 26:12 dui op die ...(a) Getrouheid van Israel (b) Moses se standaarde vir die volk (c) Die twee kante van God se verbond met die volk

Dag 4: Lees Numeri 1 – 10Die reiniging van die kamp en die wette wat gegee word herinner daaraan dat Israel

(a) ‘n Heilige nasie moet wees (b) Nie ‘n leier gehad het nie (c) Jode was

Die finale voorbereiding vir die tog fokus op(a) Die tabernakel en die plek van offers (b) Kleredrag (c) Voorbereiding van padkos

Dag 5: Numeri 22 – 25; 26; 33Die groot ironie in die verhaal van Balaam (Bileam) is dat

(a) ‘n Donkie praat (b) Die profeet skrik (c) God ‘n heidense profeet gebruik om die sekere vervulling van Sy verbond aan te kondig

Die groot vertroosting in Numeri is dat God(a) Sondaars straf (b) Harde werkers beloon (c) Getrou bly aan Sy beloftes al is ons ontrou

Page 14: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

13RAAMWERK VIR LESING

LEVITIKUS

Die verhaal tot op hierdie punt ...Waaroor gaan Levitikus?Waarop lê die boek klem?Oorsig

Levitikus 1:7-38Instruksies vir die vyf offers

Levitikus 8:1 tot 10:20Priesterskap begin

Levitikus 11:1 tot 16:34Reinheid en onreinheid

Levitikus 17:1 tot 25:55Die Heiligheidskode

Levitikus 26:1-46Verbondsanksies

Levitikus 27:1-34Wette oor die loskoop van mens

Hoe moet ek Levitikus lees?

NUMERI

Die verhaal tot op hierdie punt...Waaroor gaan die boek?Wat word beklemtoon?

Oorsig oor Numeri

Num 1:1 tot 2:34 of 1:1 – 2:34Die sensus by Sinai

Num 3:1 tot 4:49 of 3:1 – 4:49Die verslag van die Leviete

Num 5:1 – 6:27Die skoonmaak van die kamp

Num 7:1 – 9:14 Die finale voorbereidings vir vertrek

Num 9:15 – 14:45Van Sinai tot Kades

Num 15:1-41Bykomende wette

Num 16:1 – 19:22Die krisis rondom leierskap en priesterskap

Num 20:1 – 25:17Van Kades tot die vlaktes van Moab

Hoe moet jy Numeri benader as jy dit lees?Wat sê God vir ons?

Page 15: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

14

Lesing 4 DEUTERONOMIUM

Voorgeskrewe leeswerk:

Bybelse bestek: Deuteronomium 1 – 34 Verpligte leeswerk: Deut 1 – 11; 12:1 – 16:17; 19:1 – 25:19; 27:9 – 28:68

INHOUD: OP DIE GRENSE VAN DIE BELOOFDE LAND

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Historiese proloog en vermaningLees: Deut 1 – 11

Vraag 1: Moses in sy toesprake kyk terug na die verlede en vorentoe na die toekoms. Wat het die volk uit die verlede van God geleer en wat sê dit vir hulle oor die toekoms?

Dag 2: Deutronomistiese kode wette Lees: Deut 12:1 – 16:17

Vraag 2: Met watter aspek van Israel se lewe hou hierdie wette verband en wat leer ons van God se wil vir Sy volk hieruit?

Dag 3: Deutronomistiese kode wetteLees: Deut 19:1 – 25:19

Vraag 3: Handel hierdie wette oor die vertikale of horisontale aspek van Israel se lewe? Wat leer ons daaruit?

Dag 4:Lees: Deut 27:9 – 28:68

Vraag 4: As jy die vloeke en seëninge lees, watter hoop gee dit wat Jesus gedoen het vir jou? (Vgl Galasiërs 3:10-14).

Dag 5: Bedink die boek in sy geheel

Vraag 5: (a) Oor watter belofte aan Abraham word die meeste in die boek gepraat en wat het jou opgeval in verband daarmee?

(b) Wat is die uitstaande ding wat jy van God geleer het uit hierdie boek?

Page 16: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

15

KORT VRAE

Dag 1: Lees Deuteronomium 1 – 11Deuteronomium begin met ‘n klomp toesprake deur

(a) God (b) Josua (c) Moses

In hierdie eerste gedeeltes sien ons dat(a) Moses die volk in die land gaan inlei (b) Moses nie die land sal ingaan nie (c) Josua nie die land sal ingaan nie

Dag 2: Lees Deut 12:1 – 16:17God gaan in die toekoms die tabernakel vervang met

(a) ‘n Altaar (b) ‘n Paleis vir Salomo (c) ‘n Heiligdom waar Sy Naam gevestig sal word

Die wette wat in hierdie gedeeltes gevind word sou Israel(a) Vir die hemel voorberei (b) Onderskei van die nasies rondom hulle (c) Help om die Land in te neem

Dag 3: Lees Deut 19:1 – 25:19Die sake wat in hierdie gedeelte van die wetskode behandel word, fokus op

(a) Die verhouding met God (b) Persoonlike en gemeenskapsverhoudings (c) Die reinheid van die tabernakel

Die wette in hierdie gedeelte wys dat God(a) Net belang stel in ons persoonlike verhouding met Hom (b) Lofliedere en koordanse belangrik ag (c) In die hele lewe belangstel

Dag 4: Lees Deut 27:9 – 28:68Ons sien uit die vloeke en seëninge dat dit vir God belangrik is dat

(a) Ons nie te veel maak van ons emosies in ons godsdiens nie (b) Ons Hom met vreugde en blydskap moet dien (c) Ons nie te veel besit nie

Die gedeelte oor die vloek en seën is vir ons relevant want(a) Ons as Christene kan onbewus ‘n vloek oordra op ons kinders (b) Ons moet doelbewus die vloeke oor ons verbreek sodat ons seën kan ontvang (c) Jesus het die vloek in ons plek gedra sodat ons geseën kan word

Dag 5:Uit die boek Deuteronomium word daar ontsaglik baie gepraat oor die belofte van

(a) ‘n Groot nageslag wat ons herinner aan Jakob se kinders (b) ‘n Saad wat die nasies gaan seën en ons herinner aan Jesus (c) Die Land, wat oor geïdealiseer word en herinner aan Eden

Wanneer ‘n mens die hele boek Deuteronomium in ag neem word ‘n mens bewus van(a) Die goedheid wat nog in elke mens skuil (b) Die feit dat God nie sommer ligtelik vergewe as Sy volk sondig nie (c) God se liefde en getrouheid ten spyte van Sy volk se rebellie

Page 17: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

16

RAAMWERK VIR LESING

Die verhaal tot op hierdie punt ...Waaroor gaan die boek?Wat word beklemtoon in hierdie boek?Oorsig oor Deuteronomium

Deut 1:1 – 3:29Historiese Inleiding

Deut 4:1-43Inleiding tot die groot vermaning

Deut 4:44 – 11:32Die groot vermaning

Deut 12:1 – 26:19Die wet

Deut 27:1 – 30:20Die verbondseremonie

Deut 31:1 – 34:12‘n Kykie vorentoe

Spesifieke raad vir die lees van Deuteronomium

Wat sê God vir ons?

Page 18: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

17

MODULE III: OORGANGSTYDPERKJOSUA

INHOUD: DIE ISRAELIETE NEEM DIE BELOOFDE LAND ONDER JOSUA SE LEIDING IN

INDELING EN VOORBEREIDING

Verowering (Josua 1 – 12)

Dag 1: Josua volg vir Moses opLees: Josua 1 – 5

Vraag 1: Wat is die betekenis daarvan dat die manna weggebly het op die dag toe die Israeliete die eerste keer van die opbrengs van die beloofde land geëet het?

Dag 2: Jerigo word verower en toe kom die moeilikheidLees: Josua 6 – 12

Vraag 2: Hoe het dit gebeur dat die Israeliete die sterk stad Jerigo kon inneem, maar misluk het om die klein stad Ai in te neem?

Verdeling (Josua 13 – 21)

Dag 3: Josua verdeel die land tussen die stamme van IsraelLees: Josua 13 – 17

Vraag 3: Daar was 12 stamme in Israel. Waarom moes Josua volgens Josua 13:7 die land net “vir die nege stamme en die halwe Manassestam” verdeel?

Dag 4: Verdere verdeling, met asielstede en Levitiese stedeLees: Josua 18 – 21 (Verplig: Josua 20:1-9, 21:1-2, 21:43-45)

Vraag 4: Wat was die doel met die asielstede?

Verpligting (Josua 22 – 24)

Dag 5: Besluit nou of julle die Here wil dienLees: Josua 22 – 24

Vraag 5: Na watter geskiedenis verwys Josua wanneer hy met Israel praat oor die keuses wat hulle vír of téén die Here moet maak?

Page 19: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

18

KORT VRAEINDELING EN LEESWERK

Verowering (Josua 1 – 12)

Dag 1: Josua volg vir Moses opLees: Josua 1 – 5

Die verkenners wat Jerigo gaan verken het, is ...(a) Vinnig deur Regab teruggestuur omdat dit in Jerigo baie gevaarlik was (b) Deur Regab gered omdat sy bang was vir hulle (c) Deur Regab weggesteek en toe dit veilig was, gehelp om weg te kom

Die manna wat die IsraeIiete elke dag in die woestyn ontvang het, het opgehou omdat ...(a) Daar nie meer voorraad was nie (b) Hulle van die produkte van die beloofde land begin eet het (c) Hulle nie dankbaar genoeg was nie

Dag 2: Lees Josua 6 – 12 Om in Jerigo te kon oorwin, moes Israel ...

(a) Vir ses dae om die stad stap en op die sewende dag sewe maal om stap (b) Stil sit en wag, omdat God self die geveg vir hulle sou wen/sewe dae om

die stad stap en ramshoring blaas (c) Die stad aanval, maar vooraf vir Ragab en haar gesin gaan red

Akan en sy familie is gestraf ...(a) Omdat hy die buit uit Jerigo van God gesteel het (b) Vir die hele volk se sonde (c) Omdat hy nie wou erken nie

Verdeling (Josua 13 – 21)

Dag 3: Josua verdeel die land tussen die stamme van IsraelLees: Josua 13 – 17

Toe Josua die land tussen die stamme van Israel moes verdeel ...(a) Was hy reeds te oud om dit te doen (b) Was die hele beloofde land reeds verower (c) Het twee en ‘n halwe stamme reeds hulle gebied oorkant die Jordaan ontvang

Kaleb kon aanspraak maak op ‘n spesiale gebied, omdat ...(a) Hy reeds 85 jaar oud was (b) Moses die gebied wat hy verken het aan hom belowe het (c) Hy en Josua saam die land verken het en toe reeds vriende was

Dag 4: Verdere verdeling, met asielstede en Levitiese stedeLees: Josua 18 – 21

Die asielstede was ...(a) Bedoel as toevlug vir enige misdadiger (b) Bedoel vir mense wat per ongeluk iemand doodgemaak het (c) Leë stede wat met misdadigers bevolk is

Die stede van die Leviete was ...(a) Dorpe en weivelde wat elke stam aan die Leviete afgestaan het (b) Almal in die stamgebied van Levi geleë (c) Die Kanaänitiese stede wat Israel nog nie verower het nie

Page 20: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

19

Verpligting (Josua 22 – 24)

Dag 5: Besluit nou of julle die Here wil dienLees: Josua 22 – 24

Waar het Josua al die leiers van Israel ontmoet?(a) Naby Jerigo (b) By Sigem (c) In die tempel

Wat was die Israeliete se antwoord op Josua se eis dat hulle moes kies wie hulle nou eintlik wou dien?

(a) “Gee ons kans om daaroor te dink” (b) “Ook ons sal die Here dien” (c) “Elke Israeliet sal self kies wie hy wil dien”

Page 21: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

20

RAAMWERK VIR LESING

In die boek Josua word vertel hoe Israel die beloofde land in besit geneem het.

Die boek behandel drie belangrike fases in die proses om die land in te neem:

Die verowering van die land (Josua 1 – 12) met belangrike gebeure soos die deurtog deur die Jordaanrivier, die eerste feeste wat in die beloofde land gevier word, die inname van Jerigo en die terugslag by Ai.

Die verdeling van die land deur Josua volgens die riglyne wat Moses gegee het en volgens die stamgebiede van al die stamme (Josua 13 – 21). Twee en ‘n halwe stamme vestig hulle oos van die Jordaanrivier en die res aan die westekant. Spesiale relings word vir die Kaleb en vir die Leviete getref en asielstede word aangewys.

Die verpligting om die Here te dien (Josua 22 – 24). Josua stippel aan die einde van sy lewe vir Israel uit wat nou, nádat die land beset is, die belangrikste dinge is. Hy stel hulle voor ‘n ultimatum: dien die Here, omdat Hy julle hele geskiedenis laat gebeur het, óf besluit nou om Hom nie te dien nie en dra die gevolge.

Waar pas die boek Josua in die groot geskiedenis in en wat beteken die boek vir ons as Christene vandag?

Page 22: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

21

MODULE III: OORGANGSTYDPERKRIGTERS, RUT, 1 SAMUEL 1 – 8

INHOUD: RIGTERS EN SAMUEL LEI GOD SE VOLK DEUR KRISISSE. RUT OORLEEF HAAR EIE KRISIS

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Israel gaan getoets wordLees: Rigters 1:1 – 3:4

Vraag 1: Hoe verstaan jy die rol wat die volkere wat saam met Israel in die Beloofde Land aangebly het, moes speel?

Dag 2: Israel word getoets (Rigters 3:5 – 16:31)Lees: Rigters 3:5 – 4:24, 6 – 8, 10:6 – 12:7, 13 – 16

Vraag 2: Waarom het die Here opdrag gegee dat Gideon sy soldate van oor die dertig duisend tot slegs drie honderd man moes verminder?

Dag 3: Israel het die toets gedruipLees: Rigters 17:1 – 21:25

Vraag 3: Waarom dink jy herhaal die verteller so dikwels die feit dat “daar nog nie ‘n koning in Israel” was nie?

Dag 4: RutLees: Rut 1 – 4

Vraag 4: Lees wat die vroue volgens Rut 4:14-15 aan Naomi gesê het. Waarom het hulle soveel lof vir Rut gehad?

Dag 5: Samuel: Rigter, priester en profeetLees: 1 Samuel 1 - 8

Vraag 5: Waarom was die geboorte van Samuel vir Hanna so ‘n belangrike gebeurtenis? Waarom word Samuel ‘n betroubare profeet genoem?

Page 23: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

22

KORT VRAEINDELING EN LEESWERK

Rigters en Samuel lei God se volk deur krisisse. Rut oorleef haar eie krisis

Dag 1: Israel gaan getoets wordLees: Rigters 1:1 – 3:4

Watter eis het die Engel van die Here aan die Israeliete gestel?(a) Dat hulle die altare van die Kanaäniete moes vereer (b) Dat hulle geen verdrag mag sluit met die Kanaäniete nie (c) Dat hulle die Kanaäniete moes laat deel in hulle diens aan die Here

Watter een van die volgende volke was nie deel van die toets waaraan Israel in die Beloofde Land onderwerp sou word nie?

(a) Filistyne (b) Egiptenare (c) Kanaäniete

Dag 2: Israel word getoetsLees: Rigters 3:5 – 16:31

Gideon moes die Israeliete van onderdrukking deur die ... bevry?(a) Midianiete (b) Ammoniete (c) Filistyne

Wat het die driehonderd manne wat saam met Gideon gaan veg het gedoen om deel van die klein leër te kon wees?

(a) Hulle was die eerste driehonderd wat aangemeld het (b) Hulle het water met die hand opgeskep en gedrink (c) Hulle het gekniel om water te kon drink

Dag 3: Israel het die toets gedruipLees: Rigters 17:1 – 21, 25

Wat het Miga vir homself uit silwer laat maak?(a) ‘n Beeld van die God van Israel (b) ‘n Silwer kettinkie (c) ‘n Afgodsbeeld

Wat was kenmerkend van die mense van Lajis toe die manne van Dan hulle land gaan verken het?(a) Hulle was rustig en sonder agterdog (b) Hulle was agterdogtig en goed gewapen (c) Hulle was bang en bereid om oor te gee

Dag 4: RutLees: Rut 1 - 4

Waarom het Rut daarop aangedring om as weduwee saam met haar skoonma Naomi na Betlehem te gaan?

(a) Rut was finansieel van Naomi afhanklik (b) Rut wou wegkom van haar eie familie in Moab (c) Rut het besluit om haar volledig met Naomie se lewe en geloof te vereenselwig

Waarom was Rut se seuntjie Obed so belangrik in Israel se geskiedenis?(a) Obed was Boas en Rut se oudste kind (b) Naomi het vir Obed as haar eie kind aangeneem (c) Obed was ‘n voorvader van die latere koning Dawid

Page 24: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

23

Dag 5: Samuel: Rigter, priester en profeetLees: 1 Sam 1 – 8

Waarom het die priester Eli gedink dat Hanna dronk was? Omdat ...(a) Hy haar gladnie geken het nie (b) Hy haar nie kon hoor bid nie, terwyl hy haar mond sien beweeg het (c) Sy rumoerig in die heiligdom te kere gegaan het

Hoe het die mense van Israel agtergekom dat Samuel ‘n betroubare profeet was? (a) Samuel het wonderwerke gedoen wat nog nie in Israel gesien is nie (b) Hulle het gehoor dat Samuel die seun van Hanna en Elkana was (c) Die Here het nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat nie

Page 25: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

24

RAAMWERK VIR DIE LESING

Die lesing handel oor drie Bybelboeke: Rigters, Rut en 1 Samuel

Die boek Rigters

Rigters handel oor die tyd nadat Josua die Israeliete in die Beloofde Land ingelei het. Groot dele van die land is deur die Israeliete beset, maar daar was nog van die ou bewoners van die land wat in hulle stede gewoon het.

Rigters dui op God se groot toets aan sy mense. In Josua 24 het Josua die Israeliete voor ‘n keuse gestel: om God te dien of om die gode van die Kanaäniete te dien. Hulle het belowe dat hulle die God van Israel sou dien.

Rigters kyk of die Israeliete by hulle voorneme gebly het.

In Rigters 1:1 – 3:4 word aangekondig dat Israel getoets gaan word.

In Rigters 3:5 – 16:31 word vertel hoe Israel getoets is en hoe hulle elke keer deur een van die Rigters van ‘n vyandelike mag verlos is.

In Rigters 17:1 – 21:25 word vertel dat Israel die toets gedruip het en dat hulle nie aan God se verwagtinge kon voldoen nie. Hulle staat was in chaos en elkeen het gedoen wat hy gedink het reg was.

Die boek Rut

Rut het as jong weduwee gekies om by haar weduwee skoonma Naomi te bly en haar deur dik en dun te ondersteun. Rut trou met Boas, ‘n familielid van Naomi en word die ma van Obed, ‘n voorvader van koning Dawid.

1 Samuel 1 – 8

Samuel word gebore nadat sy ma Hanna hom van die Here afgesmeek het. Toe hy groot genoeg was, het Hanna hom na die tempel gebring om by die priester Eli te woon en diens in die tempel te lewer.

Samuel raak bekend as ‘n baie betroubare profeet wie se woorde nie onvervuld gebly het nie. Ná die dood van Eli was Samuel die logiese opvolger as priester en hy word die oorgangsfiguur tussen die rigters en die konings van Israel.

Page 26: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

25

MODULE IV: ISRAEL AS VERENIGDE KONINKRYK (DRIE KONINGS)

Voorgeskrewe leeswerk:

Bybel bestek: 1 Samuel; 1 Konings 11; 1 Kronieke; 2 Kronieke 9Verpligte leeswerk: 1 Samuel hoofstuk 8 – 22, 24, 26, 28, 31; 2 Samuel hoofstuk 2,5,6 – 7, 9, 11 – 12, 15 – 19, 23 – 24, 1 Konings 1 – 11

INHOUD: ISRAEL AS VERENIGDE KONINKRYK (SAUL, DAWID EN SALOMO)

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Instelling van die koningskapLees: 1 Samuel hoofstuk 8 – 13

Vraag 1: Watter versoek rig die volk aan Samuel en hoekom?

Dag 2: SaulLees: 1 Samuel hoofstuk 14 – 15

Vraag 2: Wat was Saul se sonde? Waarom dink jy was dit so ernstig?

Dag 3: DawidLees: 1 Samuel 16 – 17

Vraag 3: Wat is opvallend van Dawid se roeping? Sien jy ooreenkomste met Jesus? Wat dink jy sê die verhaal van Dawid en Goliat vir ons as Nuwe Testamentiese Christene?

Dag 4: DawidLees: 1 Samuel 7 – 12

Vraag 4: Waarom kan Dawid nie die tempel bou nie, en wat beloof God aan Dawid? Wat het jy geleer uit Dawid se sonde en belydenis?

Dag 5: SalomoLees: 1 Kon 1 – 11

Vraag 5: Wat was die uitstaande kenmerk van Salomo se Koninkryk?

Page 27: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

26

KORT VRAE

Dag 1: 1 Samuel 8 – 13

Die volk rig ‘n versoek aan Samuel omtrent(a) Strawwe teen sy seuns (b) ‘n Koning (c) Groter grondgebied

Die volk wil ‘n Koning hê omrede(a) Samuel nie goed regeer het nie (b) God nie hulle koning kon wees nie (c) Al die ander volke ‘n koning gehad het

Dag 2: 1 Samuel 14 – 15 Saul sondig omrede hy

(a) Die Nasireër belofte breek (b) Self as priester optree (c) Afgode aanbid het

Samuel beskryf Saul se sonde ten diepste as(a) Gierigheid (b) Egbreuk (c) Ongehoorsaamheid

Dag 3: Lees: 1 Samuel 16 – 17 In Dawid se salwing sien ons dat God

(a) Altyd die jongstes uitkies vir Sy werk (b) Herders as kosbaar beskou (c) Na die hart kyk

Die roeping en salwing van Dawid herinner ons aan(a) Matteus (b) Jesus (c) Paulus

Dag 4: 2 Samuel 7 – 12 Dawid kon nie die tempel bou nie want

(a) Hy was ‘n egbreker (b) Het te veel bloed vergiet (c) Hy het nie ‘n tempel nodig gehad nie

God belowe aan Dawid dat(a) Sy seun tot in ewigheid iemand op Sy troon sal sit (b) Sy nageslag in die land sal woon (c) Sy nageslag grootliks sal vermeerder

Dag 5: 1 Kon 1 – 11 Salomo begeer van God

(a) ‘n Groot nageslag (b) ‘n Seun wat op sy troon kon sit (c) Wysheid

Salomo se baie vroue veroorsaak dat(a) Hy sy Koningskap afskeep (b) Hy die Here nie dien met toewyding soos Dawid nie (c) Hy na Isebel begin luister

Page 28: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

27

Page 29: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

28

RAAMWERK VIR LESING

Die verhaal tot hier ...

Instelling van die koningskap

Bybels teologiese betekenis van Saul se lewe en regering

Enkele perspektiewe op die Bybels teologiese betekenis van Dawid se lewe en regering

Enkele perspektiewe op die Bybels teologiese betekenis van Salomo se lewe en regering

WAT Sê GOD VIR ONS DEUR DIE KONINGS?

Page 30: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

29MODULE V

KONINKRYKE EN PERIODE NA DIE BALLINGSKAP

Lesing 1 (1 Konings 12 – 2 Konings 17) NOORDELIKE KONINKRYK – ISRAEL

Voorgeskrewe leeswerk:

Bybel bestek: 1 Konings 12 – 2 Konings 17Verpligte leeswerk: Soos per Indeling en voorbereiding

INHOUD: DIE VERDEELDE KONINKRYKAl die stamme behalwe Juda en BenjaminGod is getrou aan Sy karakter en belofte, ten spyte van die ongehoorsaamheid van Sy volk

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Jerobeam 1 tot ElaLees: Jerobeam 1 1 Konings 12:25 – 14:20

Nadab 1 Konings 15:25-31Beasa 1 Konings 15:32 – 16:7Ela 1 Konings 16:8-14

Vraag 1: Daar word van Beasa gesê: “Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad van Jerobeam geloop en dieselfde sonde gedoen as dié waarmee Jerobeam vir Israel laat sondig het.”Wat bedoel die skrywer met “dieselfde sonde”?

Dag 2: Simri tot AgabLees: Simri 1 Konings 16:15-20

Tibni 1 Konings 16:21-22Omri 1 Konings 16:21-28Agab 1 Konings 16:29 – 22:40

Vraag 2: Wat is dit wat Agab onderskei as die koning wat slegter as enige van die ander konings was?

Dag 3: Ahasia tot JehuLees: Ahasia 1 Konings 22:51-53; 2 Konings 1:1-18

Joram 2 Konings 2:1 – 8:15Jehu 2 Konings 9:1 – 10:36

Vraag 3: Watter profeet ná Elia het in die tyd van Joram in Israel opgetree? Noem een voorbeeld van elk van die volgende wonderwerke wat hy gedoen het ten opsigte van: voedsel; lewe; genesing? (Meer leeswerk nodig om die vraag te beantwoord.)

Dag 4: Joahas tot SagariaLees: Joahas 2 Konings 13:1-9

Joas 2 Konings 13:10-25Jerobeam II 2 Konings 14:23-29Sagaria 2 Konings 15:8-12

Vraag 4: Watter uitspraak gee die Bybel oor elkeen van dié vier konings?

Dag 5: Sallum tot HoseaLees: Sallum 2 Konings 15:13-15

Menahem 2 Konings 15:16-22Pekahia 2 Konings 15:23-26Pekah 2 Konings 15:27-31Hosea 2 Konings 17:1-41

Vraag 5: Hoe sien ons die genade van God te midde van die ballingskap van Israel?

Page 31: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

30

KORT VRAE

Dag 1: Jerobeam 1 tot Ela

1 Konings 12:25 – 14:20; 1 Konings 15:25-31; 1 Konings 15:32 – 16:7; 1 Konings 16:8-14

Jerobeam het twee goue kalwers laat maak omdat hy(a) Hulle wou laat sondig (b) Hulle wou weghou van Jerusalem (c) Hulle beter oor hulle self wou laat voel

Watter koning is nie vermoor nie(a) Nadab (b) Baesa (c) Ela

Dag 2: Simri tot Agab

1 Konings 16:15-20; 1 Konings 16:21-22; 1 Konings 16:21-28; 1 Konings 16:29 – 22:40

Koning Omri het die stad Samaria vernoem na(a) Die persoon van wie hy dit gekoop het (b) Die sandagtige omgewing (c) Die uitsig oor die Mara vlakte

Giël van Bet-El het Jerigo opgebou. Hoekom het twee van sy seuns gesterf?(a) Die seuns was rebels (b) Daar was ‘n aardbewing (c) God het ‘n vloek oor hulle uitgespreek

Dag 3: Ahasia tot Jehu

1 Konings 22:51-53; 2 Konings 1:1-18; 2 Konings 2:1 – 8:15; 2 konings 9:1 – 10:36

Wat het Elisa in Jerigo se water laat gooi om dit weer suiwer te maak?(a) Suiker (b) Meel (c) Sout

Watter rede het God gegee vir Jehu se koningskap?(a) Jehu moes die Amalakiete verslaan (b) Jehu moes Agab se koningshuis uitroei (c) Jehu moes die altaar in die tempel herbou

Dag 4: Joahas tot Sagaria

2 Konings 13:1-9; 2 Konings 13:10-25; 2 Konings 14:23-29; 2 Konings 15:8-12

Koning Joas het ‘n teken by Elisa gekry dat hy Aram sal verslaan. Die koning het(a) ‘n Pyl deur die venster geskiet (b) ‘n Pyl in die grond gesteek (c) ‘n Pyl op die grond geslaan

Die Here het die volk onder koning Jorebeam II gered(a) Omdat Jerobeam ‘n goeie koning was (b) Omdat dit die sewende jaar was (c) Sodat die naam van Israel nie uitgewis word nie

Page 32: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

31

Dag 5: Sallum tot Hosea

2 Konings 15:13-15; 2 Konings 16:16-22; 2 Konings 15:23-26; 2 Konings 15:27-31; 2 Konings 17:1-41

Hoekom het Mehahem almal in die omgewing van Tirsa doodgemaak?(a) Hulle was melaats (b) Hulle het nie vir hom die hekke oopgemaak nie (c) Hulle het probeer om hom te vergiftig

Die Bybel sê van Hosea(a) Hy was ‘n goeie koning (b) Hy het erger gesondig as die konings voor hom (c) Hy was nie so erg soos die konings voor hom nie

Page 33: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

32

RAAMWERK VIR LESING

Titel

Outeur en datum

Agtergrond en ligging

Sleutelpersone in die Noordelike Koninkryk

Jerobeam Elia en Elisa Agab en Jesabel Die Sunemietiese vrou Naäman Jehu

Sleutelwoorde

Baäl Smeking Naam Goud

Historiese en Teologiese temas

HistoriesTeologies

Die Here oordeel Sy volk Die woorde van die ware profete word bewaarheid Die Here is getrou aan Sy belofte aan Dawid

Sleutel doktrines

God oordeel God waarsku God is getrou

God se karakter

Groot Glorie Genade Getrou Gee goeie gawes Goedertierend Geheel (Een)

Interpretasie uitdagings

Jesus en die Noordelike Konings

Die koninklike bloedlyn word vir Jesus bewaar Jesus sou kom om Sy mense van hulle sondes te red

Page 34: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

33MODULE V

KONINKRYKE EN PERIODE NA DIE BALLINGSKAP

Lesing 2 (1 Konings 12 – 2 Konings 17) SUIDELIKE KONINKRYK – JUDA

Voorgeskrewe leeswerk:

Bybel bestek: 1 Konings 12 – 2 Konings 17Verpligte leeswerk: Soos per Indeling en voorbereiding maar slegs die Konings gedeeltes. Lees die

gedeeltes in Kronieke as jy kan

INHOUD: DIE VERDEELDE KONINKRYKSlegs Juda en Benjamin bly in die Suide oorGod is getrou aan Sy karakter en belofte, ten spyte van die ongehoorsaamheid van Sy volk

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Rehabeam tot JoranLees: Rehabeam 1 Konings 12:1 – 14:31 (2 Kronieke 10:1 – 12:16)

Abia 1 Konings 15:1-8 (2 Kronieke 13:1-22)Asa 1 Konings 15:9-24 (2 Kronieke 14:1 – 16:14)Josafat 1 Konings 22:41-50 (2 Kronieke 17:1 – 20:37)Joram 2 Konings 8:16-24 (2 Kronieke 21:1-20)

Vraag 1: Watter getuigskrif gee die Bybel oor beide Asa en Josafat? Wat het albei gedoen? Wat het hulle nagelaat om te doen?

Dag 2: Ahasia tot AsarjaLees: Ahasia 2 Konings 8:25-20 (2 Kronieke 22:1-9)

Atalia (Koningin) 2 Konings 11:1-16 (2 Kronieke 22:10 – 23:21)Joas 2 Konings 11:17 – 12:21 (2 Kronieke 23:1 – 24:27)Amasia 2 Konings 14:1-22 (2 Kronieke 25:1-28)Asarja 2 Konings 15:1-7 (2 Kronieke 26:1-23)

Vraag 2: In 2 Konings 11 sien ons ‘n verhaal van ‘n lewe wat gespaar word en lewens wat geneem word. Beskryf hoe jy God se betrokkenheid in die mens se aksies sien uitspeel waar lewe en dood plaasvind.

Dag 3: Jotam tot Amon

Lees: Jotam 2 Konings 15:32-39 (2 Kronieke 27:1-9) Agas 2 Konings 16:1-20 (2 Kronieke 28:1-27)Hiskia 2 Konings 18:1 – 20:21 (2 Kronieke 29:1 – 32:33)Manasse 2 Konings 21:1-18 (2 Kronieke 33:1-20)Amon 2 Konings 21:19-26 (2 Kronieke 33:21-25)

Vraag 3: Hoe het koning Hiskia gereageer op die dreigemente van die hoofadjudant van Assirië asook op die boodskap van die Koning van Assirië?

Dag 4: Josia tot Sedekia

Lees: Josia 2 Konings 21:26 – 23:30 (2 Kronieke 34:1 – 35:27) Joahas 2 Konings 23:31-33 (2 Kronieke 36:1-4)Eljakim 2 Konings 23:34 – 24:7 (2 Kronieke 36:5-8)Jojagin 2 Konings 24:8-16 (2 Kronieke 36:9-10)Sedekia 2 Konings 24:18 – 25:21 (2 Kronieke 36:11-21)

Vraag 4: Wat leer ons van God se soewereiniteit uit die lewe en sterwe van Josia?

Page 35: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

34Dag 5: Goeie konings

Lees weer Skrifgedeeltes vir

Asa 1 Konings 15:9-24 (2 Kronieke 14:1 – 16:14) Amasia 2 Konings 14:1-22 (2 Kronieke 25:1-28)Asarja 2 Konings 15:1-7 (2 Kronieke 26:1-23)Jotam 2 Konings 15:32-38 (2 Kronieke 27:1-9)Hiskia 2 Konings 18:1 – 20:21 (2 Kronieke 29:1 – 32:33)Josia 2 Konings 21:26 – 23:30 (Kronieke 34:1 – 35:27)

Vraag 5: Hoekom was daar slegs in Israel (Suidelike Koninkryk) konings wat gedoen het wat reg is in die oë van die Here en hoe wys dit vorentoe na die volmaakte Koning?

Page 36: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

35

KORT VRAE

Dag 1: Rehabeam tot Joram

1 Konings 12:1 – 14:31; 1 Konings 15:1-8; 1 Konings 15:9-24; 1 Konings 22:41-50; 2 Konings 8:16-24

Wat was Josafat se versoek aan Agab (koning van Israel) voor die geveg teen Arum?(a) Bring eers ‘n offer aan die Here (b) Ons moet ons vermom (c) Is hier nie nog ‘n profeet om te raadpleeg nie

Wat was die verwantskap tussen koning Joram en die slegte koning Agab?(a) Agab was Joran se broer (b) Agab was Joram se skoonpa (c) Agab was Joram se raadgewer

Dag 2: Ahasia tot Asarja

2 Konings 8:25-29; 2 Konings 11:1-16; 2 Konings 11:17 – 12:21; 2 Konings 14:1-22; 2 Konings 15:1-7

Na Atalia se dood het koning Johada ‘n verbond gesluit(a) Tussen die noorde en suide (b) Tussen die koning en die Here (c) Tussen die Here, die koning en die volk

Van watter afgodstekens het koning Amasia nie ontslae geraak nie?(a) Die hoogtes (b) Die pale (c) Die altare

Dag 3: Jotam tot Amon

2 Konings 15:32-38; 2 Konings 16:1-20; 2 Konings 18:1 – 20:21; 2 Konings 21:1-18; 2 Konings 21:19-26

Watter afskuwelike gebruik van die heidennasies het koning Agas ook gedoen?(a) Sy seun verkoop (b) Sy seun onteien (c) Sy seun verbrand

Wat was deur koning Manasse aanbid?(a) Maan en sterre (b) Goue kalf (c) Die natuur

Dag 4: Josia tot Sedekia

2 Konings 21:26 – 23:30; 2 Konings 23:31-33; 2 Konings 23:34 – 24:7; 2 Konings 24:8:16; 2 Konings 24:18 – 25:21

Waar is koning Joahas in die tronk gehou?(a) Samaria (b) Babilon (c) Ribla

Salomo het goue ornamente vir die tempel van die Here gemaak. Wie het dit stukkend geslaan?(a) Nebukadneser (b) Jojagin (c) Elnatan

Page 37: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

36

Dag 5: Goeie konings

1 Konings 15:9-24; 2 Konings 14:1-22; 2 Konings 15:1-7; 2 Konings 15:32-38; 2 Konings 18:1 – 20-21; 2 Konings 21:26 – 23:30

Wat het al die “goeie konings” in gemeen?(a) Hulle het al die afgodsbeelde vernietig (b) Hulle het gedoen wat reg is in die oë van die Here (c) Hulle het net met vroue van hulle eie nasie getrou

Wat het Amasia gedoen met die amptenare wat sy pa vermoor het?(a) Laat doodmaak (b) In die tronk gegooi (c) Verban uit die land

Page 38: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

37RAAMWERK VIR LESING

Titel

Outeur en datum

Agtergrond en ligging

Sleutelpersone in die Suidelike Koninkryk

Rehobeam Joas Hiskia Jesaja Josia Jojagin Sedekia Nebukadneser

Sleutelwoorde

Baäl Smeking Naam Goud

Historiese en Teologiese temas

HistoriesTeologies

Die Here oordeel Sy volk Die woorde van die ware profete word bewaarheid Die Here is getrou aan Sy belofte aan Dawid

Sleutel doktrines

God oordeel God waarsku God is getrou

God se karakter

Groot Glorie Genade Getrou Gee goeie gawes Goedertierend Geheel (Een)

Interpretasie uitdagings

Jesus en die Suidelike Konings

Die koninklike bloedlyn word vir Jesus bewaar Jesus sou kom om Sy mense van hulle sondes te red

Page 39: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

38MODULE V

KONINKRYKE EN PERIODE NA DIE BALLINGSKAP

Lesing 3 Esra, Nehemia, Ester

Voorgeskrewe leeswerk:

Bybel bestek: Esra, Nehemia, EsterVerpligte leeswerk: Soos per Indeling en voorbereiding

INHOUD: Esra – die bannelinge keer terugNehemia – Jerusalem se mure word herbouEster – Die koningin van die KONING

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Esra – Die eerste terugkeer onder leiding van Serubbabel – Infrastruktuur herstelLees: Esra 1 - 6

Vraag 1: Nadat Serubbabel en die priesters die altaar opgebou het in Jerusalem het hulle gereelde brandoffers daar gehou. Watter ander offers het hulle weer ingestel?

Dag 2: Esra en Nehemia – Die tweede terugkeer onder leiding van Esra – Herlewing in JerusalemLees: Esra 7:1 – 10:44; Nehemia 7:73 – 10:39

Vraag 2: Esra het nuus ontvang wat veroorsaak het dat hy sy klere geskeur het, sy baard en hare uitgetrek het en moedeloos gaan sit het. Wat was die nuus? Wat het Esra toe gedoen?

Dag 3: Nehemia die getroue goewerneurLees: Nehemia 1:1 – 7:73; 11:1 – 13:31

Vraag 3: Hoe het Nehemia sy onbaatsugtigheid gewys?

Dag 4: Ester die boodskapper van God – Voorbereiding Lees: Ester 1:1 – 2:18; 4:1 – 5:14; 8:1-17

Vraag 4: Na Haman se dood, wat het Ester en Mordegai ontvang? Wat moes hulle toe doen?

Dag 5: Mordegai – getroue en wyse raadgewerLees: Ester 2:19 – 3:15; 6:1 – 7:10; 9:1 – 10:3

Vraag 5: Hoekom maak die Jode die veertiende van die maand Adar ‘n dag van vreugde en feesviering en wat gee hulle vir mekaar?

Page 40: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

39

KORT VRAE

Dag 1: Esra – Die eerste terugkeer onder leiding van Serubbabel – Infrastruktuur herstel

Esra 1 – 6

Hoeveel sangers en sangeresse het saam met Serubbabel teruggekeer na Jerusalem?(a) 2000 (b) 200 (c) 20

Koning Darius het aan goewerneur Tattenai geskryf dat hulle(a) Uit Jerusalem moet bly (b) Moet help om die tempel te bou (c) Kos en water moet verskaf

Dag 2: Esra en Nehemia – Die tweede terugkeer onder leiding van Esra – Herlewing in Jerusalem

Esra 7:1 – 10;44; Nehemia 7:73 – 10:39

Esra het by Ahawarivier ‘n vasdag uitgeroep en gebid vir(a) Reën (b) ‘n Herlewing onder die volk (c) ‘n Veilige reis

Sommige mans het tydens die ballingskap met vreemde vroue getrou. Wat het onder Esra se aanmoediging met die vreemde vrouens en hulle kinders gebeur?

(a) Hulle is gevange geneem (b) Hulle is weggestuur (c) Hulle is doodgemaak

Dag 3: Nehemia die getroue goewerneur

Nehemia 1:1 – 7:3; 11:1 – 13:31

Wat was Nehemia se gemoedstoestand voordat hy vir koning Artasasta gevra het om hom na Jerusalem te stuur?

(a) Hy was hartseer (b) Hy was bekommerd (c) Hy was bang

Nehemia het opdrag gegee dat die poorte van Jerusalem tydens die Sabbat(a) Oop moet bly (b) Toe moet bly (c) Slegs vir Jode oopgemaak moet word

Dag 4: Ester, die boodskapper van God – voorbereiding

Ester 1:1 – 2:18; 4:1 – 5:14; 8:1-17

Hoe het Ester aspirant-koningin geword? Sy was(a) ‘n Prinses (b) Baie slim (c) Baie mooi

Toe Mordegai van Haman se moordplan hoor het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek en as op sy kop gegooi. Hy het deur die stad geloop en hard en bitterlik gekerm. Ester het vir hom ‘n geskenk gestuur sodat hy by die paleis kon inkom. Wat was dit?

(a) ‘n Sleutel (b) ‘n Wapen

Page 41: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

40(c) Klere

Dag 5: Mordegai – getroue en wyse raadgewer

Ester 2:19 – 3:15; 6:1 – 7:10; 9:1 – 10:3

Hoekom wou koning Ahasveros vir Mordegai vereer? (a) Hy wou betaal vir Ester (b) Mordegai het ‘n moordplan teen die koning gekeer (c) Vir die goeie wette wat Mordegai ingestel het

Op wie se bevel is die voorskrifte van die Purimdae vasgestel? (a) Ester (b) Koning Ahasveros (c) Mordegai

Page 42: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

41RAAMWERK VIR LESING

ESRA

Titel

Outeur en datum

Agtergrond en ligging

Sleutelpersone in Esra

Esra Kores Serubbabel Hagai Sagaria Darius I Artasasta

Sleutelwoorde in Esra

Jode Oorgeblewenes

Historiese en Teologiese temas

Sleutel doktrines

God is soewerein

God se karakter

God is goed God is magtig God is regverdig God is wys God is wraaksugtig

Interpretasie uitdagings

Jesus in Esra

NEHEMIA

Titel

Outeur en datum

Agtergrond en ligging

Sleutelpersone in Nehemia

Nehemia Esra Sanbalat Tobia

Sleutelwoorde in Nehemia

Bely Ontsagwekkend

Historiese en Teologiese temas

Page 43: Web viewCD’s mag nie langer as een week gehou word nie en is bedoel vir studente wat om ‘n spesifieke rede nie die lesing kon bywoon nie, ... Die altare Dag

42

Sleutel doktrines

Gesag van God se woord Gehoorsaamheid Teenkanting

God se karakter

God is heerlik God is goed God is dierbaar God is geduldig God is genadig God is magtig God is die gewer God is regverdig God is een God is wys

Interpretasie uitdagings

Jesus in Nehemia

ESTER

Titel

Outeur en datum

Agtergrond en ligging

Sleutelpersone in Ester

Ester Mordegai Koning Artasasta Haman

Sleutelwoorde in Ester

Vas Pur

Historiese en Teologiese temas

Sleutel doktrines

Purim – Feesviering vir God se trou God se belofte om die Jode te bewaar

God se karakter

God is die gewer van goeie gawes

Interpretasie uitdagings

Jesus in die storie van Ester