€¦  · web viewgraad 8 lesplan: 1+4 intervensie – ... dit word dus aanbeveel dat fokus...

5
Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1 HEELGETALLE:Hersiening (Les 6) PROVINSIE: DISTRIK: SKOOL: NAAM VAN OPVOEDERS: DATUM: TYDSDUUR: 1 Uur 1. ONDERWERP: HEELGETALLE: HERSIENING (Les 6) 2. BEGRIPPE EN VAARDIGHEDE WAT BEREIK MOET WORD: Aan die einde van die les moet leerders instaat wees om:- ‘n verskeidenheid strategieë te kan gebruik om hoofrekene en skriftelike bewerkings met heelgetalle te doen wat die volgende insluit: o faktore en veelvoude o priemfaktore van 3 syfer heelgetalle WISKUNDE LES PLAN GRAAD 8 TERM 1: JANUARIE – MAART

Upload: phamnhu

Post on 22-May-2018

237 views

Category:

Documents


5 download

TRANSCRIPT

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1HEELGETALLE:Hersiening (Les 6)

(Konsep)

PROVINSIE:

DISTRIK:

SKOOL:

NAAM VAN OPVOEDERS:

DATUM:

TYDSDUUR: 1 Uur

1. ONDERWERP: HEELGETALLE: HERSIENING (Les 6)

2. BEGRIPPE EN VAARDIGHEDE WAT BEREIK MOET WORD:

Aan die einde van die les moet leerders instaat wees om:-

‘n verskeidenheid strategieë te kan gebruik om hoofrekene en skriftelike bewerkings met heelgetalle te doen wat die volgende insluit:o faktore en veelvoudeo priemfaktore van 3 syfer heelgetalleo die KGV en die GGF van ‘n 3 syfer getal dmv.inspeksie of faktorisering

probleme wat heelgetalle behels, ingesluit verhouding en koers, spoed, afstand en tyd op te los.

probleme wat heelgetalle behels insluitende persentasie en desimale breuke in finansiëlekonteks op te los

WISKUNDE LES PLAN GRAAD 8

TERM 1: JANUARIE – MAART

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1HEELGETALLE:Hersiening (Les 6)

(Konsep)

3. HULPMIDDELS: DBO boek 1, Sasol-Inzalo Boek 1, Handboeke, Sakrekenaars

4. VORIGE KENNIS:

eienskappe van getalle berekenings tegnieke faktore en veelvoude probleemoplossing

5. NASIEN EN VERBETERING VAN TUISWERK (Voorgestelde tyd: 10 minute)Tuiswerk bied ‘n geleentheid vir onderwysers om leerders se vordering in die bemeestering van wiskunde konsepte te kan nagaan en om probleem areas wat onmiddelike aandag benodig te kan identifiseer. Dit word dus aanbeveel dat fokus geplaas moet word op die hantering van foute gemaak deur leerders wat later tot wanbegrippe kan lei.

6. INLEIDING (Voorgestelde: 10 Minute)

Laat leerders terme wat hulle in die aktiwiteit gaan gebruik definieer o.a.

faktore, veelvoude, priemfaktore, KGV, GGD, ens.

7. LES AANBIEDING / ONTWIKKELING (Voorgestelde tyd: 30 minute)

OnderrigaktiwiteiteLeeraktiwiteite

(Van leerders word verwag om:)

Ontwerp ‘n aktiwiteit met uitgesoekte vrae wat die konsep van heelgetalle soos hieronder aanspreek. Leerders werk op hul eie met die onderwyser se ondersteuning. Stel vas waar leerders foute begaan en bespreek dit met die klas. Skep geleenthede vir leerders om hul mening te lig.

Bladsy 2 van 4

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1HEELGETALLE:Hersiening (Les 6)

(Konsep)

a) Voltooi die volgende:i) Die faktore van 28 is: ……………………………………ii) Die priemfaktore van 28 is: ……………………………. (2)iii) Die positiewe veelvoude van 7 wat minder as 60 is: ………. (2)

iv) Die vermenigvuldigingsinverse van −14 is: (2)

v) Die heelgetalle tussen 1 en 30 waarvan die vierkantswortels rationale getalle is:…….

b) Skryf die volgende getalle as produkte van hul priemfaktore:i) 84ii) 326

Gebruik bogenoemde antwoorde om die volgende te bepaal:iii) die GGD van 84 en 326iv) die KGV van 84 en 326

c) Kies die korrekte antwoord: Die KGV van 9 en 6 is…A 54 B 36 C 18 D 3

d) Mpho leen R6 000 teen 13% rente per jaar, oor ‘n tydperk van 36 maande van die bank. Hoeveel sou hy betaal teen die einde van die tydperk?

e) Rashied leen R6 000 teen 14% rente per jaar,oor ‘n tydperk van 104 weke, van die bank. Hoeveel sou hy betaal teen die einde van die tydperk?

f) ‘n Winkelier gee 35% afslag op kompakte skywe (CDs). Na die afslag moet jy R 95.00 betaal. Hoeveel kos die kompakte skyf (CD) voor die afslag?

g) Eddie leen geld oor ‘n tydperk van een jaar en moet 20% rente per jaar terug betaal. Teen die einde van die jaar moet hy R 1 800 betaal om sy skuld te vereffen. Hoeveel geld het hy geleen?

h) Sipho koop ‘n yskas van R 4 499 (kontant prys) op kredietooreenkoms (huurkoop). Hy moet ‘n deposito van R 400 betaal. Sy maandelikse paaiement is R 273.00 oor twee jaar. As sy maandelikse paaiement agterstallig is, sal hulle die yskas terug neem.

i) Bereken die totale bedrag wat Sipho vir die yskas moet betaal?ii) Hoeveel meer as die kontant prys het Sipho vir die yskas betaal?iii) Gee die antwoord as ‘n persentasie van die kontantprys.

die werkopdrag individueel te voltooi.

mekaar te help indien nodig.

Bladsy 3 van 4

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1HEELGETALLE:Hersiening (Les 6)

(Konsep)

i) Nathi, Paul en Tim werk in Mnr Setati se tuin. Nathi het vir 5 ure, Paul vir 4 ure en Tim vir 3 ure gewerk. Mnr Setati het vir die seuns R 600 vir hul werk betaal. Hoe moet hulle die R 600 tussen hulle opverdeel?

j) Die munisipaliteit se hooftuinier wil 324 bome langs die hoofweg van die dorp plant. Die bome kos R 27 elk, en ‘n bedrag van R 9 400 was vir die doel begroot. Is die bedrag genoeg om die bome aan te koop?

k) Water vloei teen 12 liters per minuut uit ‘n kraan. Hoe lank sal dit neem om ‘n 360 liter houer te vul?

l) Die jongste reeks Spiderman winterslaapklere sal € 8.50 per item kos. As die Rand-Euro wisselkoers R 11.36 vir elke € 1 is, hoeveel sal elke stel slaapklere in Rand kos?

8. VASLEGGING/ SAMEVATTING & TUISWERK (Voorgestelde tyd: 5 minute)

a) Beklemtoon dat: wanneer met woordprobleme gewerk word, klem gelê moet word op die volgende:

o die lees van die woordprobleemo die opsomming van die probleem om te verseker dat die vraag verstaan wordo die kies van die korrekte bewerkingstekenso die ontwikkeling van getalsinne vanuit problemeo die gebruik van die tegniekeo die skryf van antworde op die korrekte manier

b) Die primêre doel van tuiswerk is om aan elke leerder die geleentheid te gee om die bemeestering van Wiskunde vaardigheid wat in die klas onderrig is, te demonstreer. Dus moet tuiswerk doelgerig wees en die beginsel van ’Minder is meer’ word aanbeveel, met ander woorde gee leerders ‘n paar hoë orde aktiwiteite wat ‘n verskeidenheid vaardighede verskerp eerder as baie aktiwiteite wat nie leerders se begripsvermoë bevorder nie.Kies geskikte aktiwiteite noukeurig uit die Sasol-Inzalo boeke. Die gekose aktiwiteite moet die verskillende kognitiewe vlakke aanspreek.

Bladsy 4 van 4