web viewindien baadjie gedra word moet die kraag oor die baadjie gevou wees. vlootblou skoolbaadjie...

4
GJJ/BM 30 September 2011 Geagte Ouer en Leerder Ons hierby Hoërskool Bellville is baie opgewonde. Hoekom .... sou jy kon vra? Die antwoord is dat ons volgende jaar ‘n unieke groep graad 8’s gaan ontvang! Uniek omdat julle die graad 8-groep is tydens die 75- jarige feesvieringe van die skool. Uniek omdat julle met die 80 -jarige vieringe as graad 12-groep julle skoolloopbaan sal afsluit! Daar is min graad 7’s wat hierdie geleenthede gaan hê tydens hulle leeftyd! Ons wil graag ‘n paar sake onder julle aandag bring. KLEREBANK Die skool beskik oor ‘n klerebank. Besonderhede is by die sekretaresse, mev. Mong (021 948 1801) beskikbaar. Goeie tweedehandse skoolklere is hier verkrygbaar. Nuwe sportklere kan ook by klerebank aangekoop word. Mev. Susan Hogg (021 948 5648) bedryf die klerebank. Skoolreënbaadjies en netbal-, hokkie- en krieketklere kan by die skool gekoop word by die sportorganiseerder, mev. Pansegrouw (021 948-1801). Sportklere kan ook by die klerebank aangekoop word. Skoolreënbaadjies kan buite die skool bo-oor die skoolbaadjie gedra word. Skoolreënbaadjies vervang nie die skoolbaadjies nie. BOEKTAS ‘n Netjies voorgeskrewe blou boektas met ‘n geborduurde skoolwapen word ingefaseer vanaf 2012. Hierdie tas kan by die skool bestel en aangekoop word teen R220. Elke boektas het ‘n aparte vakkie vir kos of pennehouer, asook plek vir ‘n naamplaatjie en het stewige versterkings binne wat voorkom dat boeke verniel. Geen graffiti, plakkers of enige tierlantytjies mag op tasse aangebring word nie. Bestellings kan slegs gedoen word as die voltooide bestelvorm en betaling ingehandig word by die skool. Dit is verder belangrik dat u kind se tas en klere deeglik gemerk is. SOMERSDRAG SEUNS Wit kortmouhemp . Indien baadjie gedra word moet die kraag oor die baadjie gevou wees. Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend tydens saalbyeenkomste. Grys broek (kort of lank) en swart lyfband met klein gespe.

Upload: truongnga

Post on 06-Mar-2018

241 views

Category:

Documents


19 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web viewIndien baadjie gedra word moet die kraag oor die baadjie gevou wees. Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend tydens saalbyeenkomste

GJJ/BM30 September 2011

Geagte Ouer en Leerder

Ons hierby Hoërskool Bellville is baie opgewonde. Hoekom .... sou jy kon vra? Die antwoord is dat ons volgende jaar ‘n unieke groep graad 8’s gaan ontvang! Uniek omdat julle die graad 8-groep is tydens die 75- jarige feesvieringe van die skool. Uniek omdat julle met die 80 -jarige vieringe as graad 12-groep julle skoolloopbaan sal afsluit! Daar is min graad 7’s wat hierdie geleenthede gaan hê tydens hulle leeftyd!

Ons wil graag ‘n paar sake onder julle aandag bring.

KLEREBANK

Die skool beskik oor ‘n klerebank. Besonderhede is by die sekretaresse, mev. Mong (021 948 1801) beskikbaar. Goeie tweedehandse skoolklere is hier verkrygbaar. Nuwe sportklere kan ook by klerebank aangekoop word. Mev. Susan Hogg (021 948 5648) bedryf die klerebank. Skoolreënbaadjies en netbal-, hokkie- en krieketklere kan by die skool gekoop word by die sportorganiseerder, mev. Pansegrouw (021 948-1801). Sportklere kan ook by die klerebank aangekoop word.Skoolreënbaadjies kan buite die skool bo-oor die skoolbaadjie gedra word. Skoolreënbaadjies vervang nie die skoolbaadjies nie.

BOEKTAS

‘n Netjies voorgeskrewe blou boektas met ‘n geborduurde skoolwapen word ingefaseer vanaf 2012. Hierdie tas kan by die skool bestel en aangekoop word teen R220. Elke boektas het ‘n aparte vakkie vir kos of pennehouer, asook plek vir ‘n naamplaatjie en het stewige versterkings binne wat voorkom dat boeke verniel. Geen graffiti, plakkers of enige tierlantytjies mag op tasse aangebring word nie. Bestellings kan slegs gedoen word as die voltooide bestelvorm en betaling ingehandig word by die skool. Dit is verder belangrik dat u kind se tas en klere deeglik gemerk is.

SOMERSDRAGSEUNSWit kortmouhemp. Indien baadjie gedra word moet die kraag oor die baadjie gevou wees. Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend tydens saalbyeenkomste. Grys broek (kort of lank) en swart lyfband met klein gespe. Vlootbloutrui met V-nek, met ingebreide skoolkleure moet saam met die baadjie gedra word. -Moulose oortrektrui mag egter sonder baadjie gedra word in die somer. Swart poleerbare toerygskoene (nie Sweedse leerskoene,sportskoene, skerppuntskoene, velskoene, hoë hakskoene of stewels nie) met grys skoolkouse.

MEISIESDonkerblou rok sonder gordel met wit kortmouhemp. Vlootblou skoolbaadjie met die skoolwapen is verpligtend tydens saalbyeenkomste. Vlootbloutrui met V-nek, met ingebreide skoolkleure moet saam met baadjie gedra word. Moulose oortrektrui mag egter sonder baadjie gedra word in die somer. Swartleer plathak, opryg- of skoene met een bandjie is verpligtend. Kort wit sokkies, sonder logo, motiewe of strepies.

WINTERSDRAGSEUNSVlootblou skoolbaadjie met die skoolwapen is verpligtend te alle tye. Wit hemp waarvan die boonste knoop vas is met skooldas is verpligtend. Grys broek (kort of lank) en swart lyfband met klein gespe. Vlootbloutrui met V-nek, met ingebreide skoolkleure of oortrektrui met ingebreide skoolkleure moet saam met baadjie gedra word. Donkerblou geweefde serp met ingebreide skoolkleure kan gedra word. Geen handskoene nie. Swart poleerbare toerygskoene (nie Sweedse leerskoene, sportskoene, skerppuntskoene, velskoene, hoë hakskoene of stewels nie) met grys skoolkouse.MEISIESVlootblou skoolbaadjie met skoolwapen is te alle tye verpligtend. Donkerblou rok sonder gordel, wit langmouhemp waarvan die boonste knoop vasgemaak is met skooldas is verpligtend. Vlootbloutrui met V-nek, met ingebreide skoolkleure of oortrektrui met ingebreide skoolkleure moet saam met baadjie gedra word. Donkerblou geweefde serp met ingebreide skoolkleure kan gedra word. Geen handskoene nie. Swartleer plathak, opryg- of skoene met een bandjie is verpligtend. Lang swart kouse.

Page 2: Web viewIndien baadjie gedra word moet die kraag oor die baadjie gevou wees. Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend tydens saalbyeenkomste

LEWERANSIERS

De Jagers Uitrusters (regoor die Tygervallei Sentrum langs Chris Willemse Fietse) 021 914 7816Sportsmans Warehouse (regoor die Tygervallei Sentrum) 021 914 1801

HAND- EN SKRYFBOEKE

Benewens sekere handboeke wat deur die WKOD aan leerders verskaf word, is die verkryging van handboeke en skryfbehoeftes die verantwoordelikheid van die ouer. Die skool probeer die ouer op die volgende maniere bystaan:

Volledige lyste met handboeke en skryfbehoeftes wat voorgeskryf is, word aan die einde van die jaar aan ouers verskaf. Tye waarop die skool tweedehandse handboeke inkoop en nuwe en tweedehandse handboeke verkoop, word ook

deurgegee.

Meer besonderhede omtrent die volgende sal mettertyd aan u gestuur word:

- Hand- en skryfboeklyste asook datums en tye van verkope- Onderriggeld en finansiële reëlings vir 2012- Datums en tye van die klerebank

‘n Paar belangrike datums vir die vierde kwartaal word hieronder gelys. Kom gerus en ondersteun hierdie aktiwiteite. Ons ontvang u graag by die skool!

Vierde kwartaal : Belangrike gebeure

Orkes: Gala-aand 14 Oktober Atletiek : Kleurbyeenkoms 28 OktoberToneel : Gr 11-Regisseurs 8 November

Ons hoop dat jy ‘n heerlike vakansie sal hê en lekker sal uitrus vir jou laaste kwartaal in die Laerskool. Geniet elke geleentheid wat in die laaste kwartaal plaasvind. Besef dat elke aktiwiteit wat jy nou aanpak, die laaste keer is wat jy dit doen. Doen dit dus met oorgawe.

Thomas Edison het gesê “Die meeste mense laat wonderlike geleenthede onbenut verbygaan omdat dit dikwels ‘n oorpak dra en soos werk lyk.”

Sterkte vir die vierde kwartaal .Paratus ad Omnia.

Deon du PlessisSKOOLHOOF

Page 3: Web viewIndien baadjie gedra word moet die kraag oor die baadjie gevou wees. Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend tydens saalbyeenkomste

BESTELVORM: HANDTAS – 2012

NAAM EN VAN HOEVEELHEID BEDRAG

.....................................................................................

.....................................................................................

..........................

..........................

.................

.................

INBETAALOPSIES

Betaling kan kontant of per tjek gedoen word by die Hoërskool Bellville.Direkte betaling by ABSA of elektroniese oorplasing aan:Hoërskool BellvilleRekno: 1450 390 077Sanbel takkode: 632005Verwysing wat u moet gebruik: Tas en leerder se voorletter en van.Sluitingsdatum vir bestelling: 18 November 2011

RUGKANT VOORAANSIG