web viewindustri. ë. l. e. areas. meer ... immigrante, wat winkels open en ryk word deur...

13
Bevolkingsgeografie Termyn 3 Ekurhuleni- Noord D6 GEOGRAFIE BEVOLKING GRAAD 10 BEVOLKINGSVERSPREIDING EN -DIGTHEID: Bevolkingsverspreiding : Waar in die wêreld mense woon. Bevolkingsdigtheid : Aantal mense wat op elke vierkante km. van die wêreld woon. Faktore wat bevolkingsverspreiding en –digtheid beÏnvloed FAKTOR DIGTE BEVOLKING YL BEVOLKING FISIESE FAKTORE: Reliëf Plat aarde-meer mense Bergagtige areas-min mense Klimaat Gematigde areas-meer mense Te warm of koud-min mense Plantegroei Graslande-meer mense Woude en woestyne-min mense Grond Vrugbare grond-meer mense Onvrugbare grond-min mense Reënval Goeie reënval-meer mense Lae reënval-min mense Natuurlike bronne Baie minerale-meer mense Gebrek aan minerale-min mense Watervoorraad Baie water-meer mense Droë areas-min mense Siektes/peste Geen siektes-meer mense Peste bv. Malaria/tsetse vlieg –min mense Mense per vk.

Upload: hanguyet

Post on 07-Feb-2018

263 views

Category:

Documents


21 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web viewIndustri. ë. l. e. areas. Meer ... Immigrante, wat winkels open en ryk word deur hardewerk en goeie besigheidsbeginsels, ... veral semen. Onbeskermde

Bevolkingsgeografie Termyn 3 Ekurhuleni- Noord D6

GEOGRAFIE BEVOLKING GRAAD 10BEVOLKINGSVERSPREIDING EN -DIGTHEID:Bevolkingsverspreiding: Waar in die wêreld mense woon.Bevolkingsdigtheid: Aantal mense wat op elke vierkante km. van die wêreld woon.

Faktore wat bevolkingsverspreiding en –digtheid beÏnvloed FAKTOR DIGTE BEVOLKING YL BEVOLKINGFISIESE FAKTORE:Reliëf Plat aarde-meer mense Bergagtige areas-min menseKlimaat Gematigde areas-meer

mense Te warm of koud-min mense

Plantegroei Graslande-meer mense Woude en woestyne-min menseGrond Vrugbare grond-meer mense Onvrugbare grond-min menseReënval Goeie reënval-meer mense Lae reënval-min menseNatuurlike bronne Baie minerale-meer mense Gebrek aan minerale-min menseWatervoorraad Baie water-meer mense Droë areas-min menseSiektes/peste Geen siektes-meer mense Peste bv. Malaria/tsetse vlieg –min

menseMENSLIKE FAKTORE:Industriële areas Meer industrieë-meer mense Min industrieë-min menseToerisme Baie aanloklikhede-meer

menseMin aanloklikhede-min mense

Vervoerfasiliteite Vervoerfasiliteite-meer mense

Vervoertekorte-min mense

POLITIEKE REDES: As mense geforseer word om in ‘n area te bly, om ontwikkeling te stimuleer, sal dit digter bevolk wees

SOSIALE REDES: Beter toestande soos, behuising, gesondheid en onderwys sal meer mense na ‘n gebied trek.

Mense per vk. Km.

Page 2: Web viewIndustri. ë. l. e. areas. Meer ... Immigrante, wat winkels open en ryk word deur hardewerk en goeie besigheidsbeginsels, ... veral semen. Onbeskermde

Bevolkingsgeografie Termyn 3 Ekurhuleni-Noord D6

BEVOLKINGSTRUKTUUR:Hoofterme / Definisies Geboortesyfer/-koers: Aantal lewende geboortes per 1 000 mense per jaar Sterftesyfer/-koers: Aantal sterftes per 1 000 mense per jaar Groeikoers: is die verskil tussen die geboortesyfer/-koers en die sterftesyfer/-koers –

ook genoem die natuurlike bevolkingstoename- As geboortesyfer hoër is as sterftesyfer, is die groeikoers positief- As sterftesyfer hoër is as geboortesyfer, is die groeikoers negatief

Vrugbaarheidsyfer: Die gemiddelde aantal kinders per vrou Lewensverwagting: Gemiddelde aantal jare wat ‘n persoon lewe. Lewensverwagting

is gewoonlik hoër by die jonger ouderdomsgroepe Baba-/suiglingsterftesyfer: Hoeveelheid babas wat sterf voordat hulle 5 jaar oud is

– word aangetoon as ‘n % per ‘n duisend geboortes

FAKTORE WAT GEBOORTESYFERS BEÏNVLOEDVerminder geboortesyfer Smag na luukshede Regeringsbeleide Oorlog Migrasie Vroueregte Opvoeding oor geboortebeperking Opvoeding oor gevaar van

oorbevolking Beskikbaarheid van

voorbehoedmiddels

Verhoog geboortesyfer Gelowe wat voorbehoedmiddels

verbied Tradisies waar kinders as rykdom

gesien word Kinders word benodig vir arbeid Kinders moet sorg vir bejaarde ouers Na oorloë – baba-ontploffing Tekort aan onderrig en opvoeding Regeringsbeleid om baie kinders te

hê Vrou se reg om self te besluit

FAKTORE WAT STERFTESYFER BEÏNVLOED

Verhoog sterftesyfer Swak sanitasie Swak diëte Natuurlike rampe Oorlog Swak behuising Swak mediese fasiliteite Tekort aan onderrig Vroueregte bv. aborsies

Verlaag sterftesyfer Mediese verbeterings Verbeterde sanitasie Verbeterde voedselvoorsiening Verbeterde watervoorsiening Beter woontoestande Beter onderrig en opvoeding Beplanning vir natuurlike rampe Vroueregte

HOE VERBETERING VAN VROUEREGTE ‘N UITWERKING KAN HÊ OP GEBOORTE- EN STERFTESYFERS Vroue met regte tot onderrig, kan meer tyd op skool spandeer Beter opgeleide vroue kan goeie werke kry – verlaag geboortesyfer Vroue kan kies wie en wanneer om te trou – as hulle later trou, het hulle minder

kinders Kinders op ‘n later stadium, beteken vroue is sterker – kinders is gesonder Opgeleide vroue het meer toegang tot goeie dokters Opgeleide vroue weet meer van siektes, higiëne en diëte

2

Page 3: Web viewIndustri. ë. l. e. areas. Meer ... Immigrante, wat winkels open en ryk word deur hardewerk en goeie besigheidsbeginsels, ... veral semen. Onbeskermde

Bevolkingsgeografie Termyn 3 Ekurhuleni-Noord D6

Vroue met regte het toegang tot vroulike dokters – beter behandeling as in lande waar manlike dokters nie vroue mag aanraak nie

Minder vroue sterf met kindergeboortes Vroue met regte het toegang tot voorbehoedmiddels Opgeleide vroue soek meer luukshede – sal minder kinders hê Vroue geniet meer beskerming deur die regsisteem

BEVOLKINGSPIRAMIDES‘n Spesiale grafiek wat die verspreiding van mans en vroue in die verskillende ouderdomsgroepe aantoon. Dit toon die struktuur van ouderdom en geslag. (Ook genoem die geslagstruktuur))Belangrikste kenmerke van bevolkingspiramidesPiramide word verdeel in 3 ouderdomsgroepe.1. Die jong- (jeug-)groep : 0 – 142. Die ou- (volwasse-)groep : 15 – 64

(Jong volwassenes 15-34 en ouer volwassenes 35-65)3. Die bejaarde groep: oor 65 jaarVertolking van bevolkingspiramides:

Ontwikkelende land– Meksiko Ontwikkelde land - VSA LEOL – Laer ontwikkeld HEOL – Hoër ontwikkeld

Vorm van piramide Driehoekig KlokvormigGeboortesyfer Hoog LaagSterftesyfer Hoog LaagGroeikoers Hoog LaagVrugbaarheidsyfer Hoog LaagBabasterftesyfer Hoog LaagAfhanklikheidskoers Hoog LaagLewensverwagting Laag HoogTipe bevolking Jong/jeugdige bevolking Ou/bejaarde bevolking

Mans en vroue Meer mans as vroue in die jonger ouderdomsgroepe

3

Bejaarde groep

Volwasse groep

Jong groep

Manlik Vroulik Manlik Vroulik

Meksiko VSAOuderdomManlik Vroulik

Bevolkingspersentasie

Page 4: Web viewIndustri. ë. l. e. areas. Meer ... Immigrante, wat winkels open en ryk word deur hardewerk en goeie besigheidsbeginsels, ... veral semen. Onbeskermde

Bevolkingsgeografie Termyn 3 Ekurhuleni-Noord D6

Meer vroue as mans in die bejaarde groepe

AFHANKLIKHEIDSBEVOLKINGDit is gedeeltes van die ou en jong bevolking wat afhanklik is van die werkende gedeelte van die bevolking. Meestal dra hulle nie by tot die ekonomie nie en is afhanklik van die werkende volwasse groep

Onder 15 (Jeugdiges) Oor 65 (Oues/bejaardes)Benodig leiding Benodig spesiale mediese sorgBenodig geld vir onderrig Benodig aftree-oorde en ouetehuiseBenodig voedsel Benodig pensioeneBenodig skuiling Kannie harde werk verrig nieBenodig klere Baie benodig vervoer

WÊRELD BEVOLKINGSGROEI

Faktore wat bevolkingsgroei bevorderBeter mediese fasiliteite Beter behandeling van siektes Minder sterftes a.g.v. geringe beserings Inentings teen siektes Veiliger toestande by geboortes Vroeër diagnoses teen siektes verbeter

oorlewing.

Verminderde babasterftes Kinders word op vroeë ouderdom

ingeënt Behandeling teen siektes

beskikbaar Bewusmaking van gevare vir

kinders Beter higiëniese toestande by

geboortes – verlaag infeksiesVerhoogde lewensverwagting Beter mediese sorg verminder kanse van

vroeë sterftes Beter diëte beteken sterker liggame Beter lewenstoestande- minder

blootstelling aan elemente Aftree-oorde en ouetehuise wat omsien

na bejaardes Pensioene en aftreeplanne beteken

bejaardes is minder afhanklik van andere

Verbeterde sanitasie Verminder infeksies Voorkom maklike oordraag van

kieme Meer higiëniese lewenstoestande Verminderde kanse van

verspreiding van epidemies Peskontrole, soos rotte en muise,

verminder verspreiding van siektes.

Beter voedselvoorsiening Gesonder diëte Verminder siektes Verbeter breinfunksionering Verhoog hardwerkendheid Verminder risiko van hongersnood.

DEMOGRAFIESE OORGANGSMODEL:Hierdie is ‘n teoretiese model wat toon hoe die bevolking van ‘n land met tyd verander.

4

Page 5: Web viewIndustri. ë. l. e. areas. Meer ... Immigrante, wat winkels open en ryk word deur hardewerk en goeie besigheidsbeginsels, ... veral semen. Onbeskermde

Bevolkingsgeografie Termyn 3 Ekurhuleni-Noord D6

(Hoofsaaklik toegepas op hoër ekonomies ontwikkelde lande, HEOL)

Fase 1: Hoë Stilstaande Onderontwikkelde gemeenskap Hoë geboortesyfer Hoë sterftesyfer Lae groeikoers Tekort aan dienste, voedsel, werk,

water, hospitale, onderrig, vroue regte.

Fase 2: Vroeë uitbreiding Ontwikkeling verbeter Beter dienste, onderrig, hospitale,

water, voedsel, ens. Sterftesyfer begin daal Geboortesyfer bly hoog – baie ou

tradisies – tekort aan voorbehoedmiddels

Groeikoers verhoog skerp Jongmense benodig as werkers –

kinders benodig vir werkFase 3: Laat uitbreiding

Sterftesyfer is laag Geboortesyfer daal Onderwys, industrie, vroue regte,

dienste, ens.. - almal verbeter Minder tradisies en gewoontes Groeikoers vertraag

Fase 4: Lae stilstaande Hoogs ontwikkelde land Lae geboortesyfer Lae sterftesyfer Lae groeikoers Bevolking verouder

BEVOLKINGSONTPLOFFING: Gevolge van bevolkingsontploffing Onvoldoende maatskaplike dienste

5

DEMOGRAFIESE OORGANG

Geboortesyfer

Totale Bevolking

Sterftesyfer

TYD

Stadium 1 Hoë geboortesyfer Hoë

maar wisselende sterftesyfer

Stadium 2 Dalende sterftesyfer en volhoudende

hoë geboortesyfer

Stadium 3 Dalende geboorte- en sterftesyfers

Stadium 4 Lae sterftesyfer en lae maar

wisselende geboortesyfer

Page 6: Web viewIndustri. ë. l. e. areas. Meer ... Immigrante, wat winkels open en ryk word deur hardewerk en goeie besigheidsbeginsels, ... veral semen. Onbeskermde

Bevolkingsgeografie Termyn 3 Ekurhuleni-Noord D6

Tekort aan behuising Verhoogde politieke konflik oor hulpbronne Groter markte Krotbuurtes as gevolg van Gebrek aan ruimte Oorbevolking Uitputting van grond Minerale hulpbronne is uitgeput Verhoogde besoedeling Uitputting van watervoorraadTEKENS DAT AREA MISKIEN OORBEVOLK ISOorbevolking verwys na ‘n situasie waar daar meer mense is as wat onderhou kan word deur die beskikbare hulpbronne en tegnologie.-Daar sal ‘n tekort wees aan hulpbronne soos:

VoedselWater Minerale Energiebronne Land/grond

-Grootskaalse werkloosheid sal voorkom-Groot probleme met plaaslike droogte en hongersnood-Gemiddelde inkomste is laag en geen besparing vind plaas nie-Swak lewenstoestande en groot informele nedersettings sal voorkom-Grootskaalse emigrasie want mense soek elders na ‘n beter lewe-Basiese dienste soos, skole, hospitale en vervoer, sal oorvol wees-Buitelandse hulp sal al hoe meer benodig word-Bevolking sal baie groot wordBEVOLKINGSBEWEGINGSTipes bevolkingsbewegings Geforseerde migrasie: Mense trek uit vrees vir hul lewens –

bv. slawerny, oorlog, natuurlike rampe of politieke onderdrukking Vrywillige migrasie: Mense trek omdat hulle beter werk wil

hê, beter onderwys, beter behuising of ‘n beter lewenstan-daard – hulle wil trek

Immigrasie: As mense in ‘n gebied in beweeg – veroorsaak “brain gain” Emigrasie: As mense uit ‘n gebied uit beweeg – veroorsaak “brain drain” Landelike-stedelike migrasie: Mense beweeg van platteland na stede

(van landelike na stedelike gebiede) Stedelike-landelike migrasie: Mense beweeg van stedelike na landelike gebiede Pendel: Mense reis daagliks werk toe en terug huis toe Trekarbeid: Werkers reis vanaf hulle tuistes en gaan woon in ‘n ander deel van die

land om daar te gaan werk. As die werk daar voltooi is, trek hulle na ‘n ander plek om te werk

VLUGTELINGE: Dit is mense wat hul huise verlaat en na ‘n ander land vlug uit vrees vir

6

Oorbevolking

Nommer

Page 7: Web viewIndustri. ë. l. e. areas. Meer ... Immigrante, wat winkels open en ryk word deur hardewerk en goeie besigheidsbeginsels, ... veral semen. Onbeskermde

Bevolkingsgeografie Termyn 3 Ekurhuleni-Noord D6

hul lewens. Oorsake: Dit kan die gevolg wees van ‘n natuurlike ramp soos, vloede, droogte, vulkane of aardbewings. Of dit mag die gevolg wees van ‘n oorlog of enige vorm van politieke onrus. Hierdie mense val onder die beskerming van die Verenigde Nasies se Hoë Kommisariaatvir vlugtelinge (VNHKV)Voorbeelde: Palestyne het uit hul land gevlug, nadat Israel gevestig was en land geannekseer was,

na vele oorloë in die Midde-Ooste Irakiërs het na ander lande gevlug as gevolg van die Golf Oorloë Ruandese het na naburige lande gevlug na die massamoorde tydens die 1990s Angolese het na naburige lande soos, Namibië en Zambië, gevlug tydens die lang

burgeroorloë in hul land Afghanistanse mense het tydens die oorloë gevlug sedert die Sowjet inval in 1979 Suid-Afrikaners het die land verlaat om die onderdrukking van die apartheidstelsel te

vermyREDES VIR BEVOLKINGSBEWEGINGSTrekfaktore: Trek mense na ‘n plek toeStootfaktore: Druk/stoot mense weg van ‘n plek afTrekfaktore: Trek mense aan Stoot-/drukfaktore: Stoot mense wegGenoeg werk Tekort aan werk Goeie onderrigdienste Swak skole Genoeg huise Swak mediese dienste Goeie munisipale dienste Tekort aan huise en diensteGoeie ontspanningsfasiliteite Tekort aan vermaak Beter fisiese omgewing Droogte, onvrugbare grondMenseregte Tekort aan menseregteGoeie mediese fasiliteite Oorbevolking

Probleme vir migrante in stede Misdaadslagoffers Oorvol skole Behuisingstekorte Swak infrastruktuur in informele nedersettings Tekort aan werk Misbruik deur skelm sakemanne Tekort aan geld Slegte behandeling deur gemeenskappe Swak diëte Ongesonde lewenstoestande

Probleme a.g.v. snelle landelike-stedelike migrasie (probleme in stede) Meer misdaad Oorvol skole, hospitale, ens. Groot hoeveelheid

werkloosheid Hulpbronne onder druk, bv. hout + water

Behuisingstekorte Verkeersopeenhopings Informele nedersettings Druk op munisipale finansies Onhigiëniese lewenstoestande Verhoogde aanvraag vir water +

elektrisiteit

HOUDINGS TEENOOR MIGRANTENegatief Migrante word met agterdog bejeën Immigrante word gesien as mense wat plaaslike inwoners se werk afneem

7

Page 8: Web viewIndustri. ë. l. e. areas. Meer ... Immigrante, wat winkels open en ryk word deur hardewerk en goeie besigheidsbeginsels, ... veral semen. Onbeskermde

Bevolkingsgeografie Termyn 3 Ekurhuleni-Noord D6

Immigrante, wat winkels open en ryk word deur hardewerk en goeie besigheidsbeginsels, word gesien as skelms wat die plaaslike bevolking misbruik

Mense stereotipeer sekere groepe en gebruik dit om haat jeens immigrante aan te wakker

Baie immigrante is arm en moet op andere steun om gevestig te raak Weersin kan lei tot xenfobië en aanvalle op immigrante Migrante woon dikwels tussen mense met dieselfde agtergrond – hulle voel veilig

tussen hulle eie mense Migrante skep areas in nuwe lande - Bv. Klein Nigerië, “Chinatown”, ens. Hulle bly getrou aan hul eie lewenstyl – kom in konflik met wette van nuwe land bv.

vooraf gereëlde huwelikePositiefImmigrante word dikwels aanvaar in nuwe lande – hulle kan ‘n groot bydrae maak tot die bevolking – Immigrante kan help bou aan multi-kulturele gemeenskappe in die nuwe lande – hulle bring nuwe vaardighede na die nuwe land

HOUDINGS TEENOOR VLUGTELINGEPositief en negatief Soms word hulle deur die gemeenskap aanvaar as mense wat swaar kry – bv. Kubane

en Haitiane in die VSA Soms word hulle verwerp omdat hulle kosbare grond beset Hulle word ook beskuldig dat hul kosbare hulpbronne benut Mense misbruik vlugtelinge vir politieke gewin Vlugtelinge word soms geïsoleer van die res van die bevolking om sosialisering en

konflik te voorkom

XENOFOBIÊXenofobië is ‘n ongegronde vrees, wantroue en haat in vreemdelinge, buitelanders of enige iets wat vreemd of anders voorkom.

MIV EN VIGS

MIV: Menslike Immuniteitsgebrek VirusVIGS: Verworwe immuniteitsgebreksindroomVIGS breek die immuunsisteem af en die liggaam kan nie siektes bestry nie

Oorsake van VIGS: Verspreiding van liggaamsvloeistof, veral semen Onbeskermde seksuele omgang Oorgedra deur bloedoortappings Oorgedra van moeder na baba tydens swangerskap Moeders dra dit oor na babas tydens borsvoeding Deel inspuitingsnaalde met andere

Gevolge van VIGS (op ekonomie): Tekort aan arbeiders Verlies van jong volwassenes wat die produktiefste deel van bevolking is Baie geld word spandeer aan ontwikkeling van medikasie Wesies moet versorg word want vroue is meer vatbaar vir siekte as mans

8

Page 9: Web viewIndustri. ë. l. e. areas. Meer ... Immigrante, wat winkels open en ryk word deur hardewerk en goeie besigheidsbeginsels, ... veral semen. Onbeskermde

Bevolkingsgeografie Termyn 3 Ekurhuleni-Noord D6

Plaas druk op die mediese versorgingsdienste Verlies aan toeriste-inkomste Kinders verlaat skool om na families om te sien Tekort aan gekwalifiseerde onderwysers Verlaagde oesopbrengste – plaaswerkers baie vatbaar vir siekte Druk op pensioenskemas

Moontlike oplossings: Daar is nog geen geneesmiddel vir VIGS nie Anti-Retrovirale medikasie kan die MIV-virus vertraag Goeie gesonde kos, soos vrugte en groente, moet daagliks ingeneem word VIGS-bewusmakingsprojekte moet ingestel word bv. advertensies op TV, radio en

koerante Groot advertensieborde maak mense ook bewus Onderrig op skool aangaande die gevare Kondome gratis beskikbaar stel Veilige seks moet benadruk word Sommige maatskappye het ‘n VIGS-beleid vir werkers Gratis toetsing vir siekte Gratis berading beskikbaar stel

Deur: Marina Cronje

9