destinata.co.zadestinata.co.za/wp-content/uploads/2019/08/afr_8.docx · web viewjy moet jou...

10
INSTRUKSIES EN INLIGTING 1 Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Lang transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2 Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling. 3 Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 4 Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf. 5 ALLE beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die beplanning nadat jy die finale produk geskryf het. 6 Nommer elke teks soos dit op die vraestel genommer is. 7 Skryf die titel/opskrif van elke teks bo-aan jou FINALE skryfstuk neer. 8 Skryf duidelik die woorde FINALE SKRYFSTUK bo-aan die skryfstuk wat geassesseer moet word. 9 Die volgende tydsbesteding aan elke afdeling word aanbeveel: AFDELING A: ongeveer 80 minute AFDELING B: ongeveer 40 minute Page 1 of 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 GRAAD 11 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR MODERATOR: I WILMANS

Upload: others

Post on 27-Oct-2019

10 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1 Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

AFDELING A: Opstel (50)AFDELING B: Lang transaksionele teks (30)AFDELING C: Kort transaksionele teks (20)

2 Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.

3 Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.

4 Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.

5 ALLE beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.

6 Nommer elke teks soos dit op die vraestel genommer is.

7 Skryf die titel/opskrif van elke teks bo-aan jou FINALE skryfstuk neer.

8 Skryf duidelik die woorde FINALE SKRYFSTUK bo-aan die skryfstuk wat geassesseer moet word.

9 Die volgende tydsbesteding aan elke afdeling word aanbeveel:

AFDELING A: ongeveer 80 minuteAFDELING B: ongeveer 40 minute

Page 1 of 7

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 3GRAAD 11

PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR

MODERATOR: I WILMANS

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/ V3 GRAAD 11 MEI 2018

AFDELING C: ongeveer 30 minute

10 Dui die getal woorde aan die einde van jou skryfstuk aan.

LET WEL: Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11 Skryf netjies en leesbaar. Gebruik slegs ʼn BLOU pen.

Bladsy 2 van 7 Blaai om asseblief

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/ V3 GRAAD 11 MEI 2018

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1 Skryf ’n opstel van 200 – 250 woorde oor EEN van die volgende

onderwerpe. Skryf die nommer en die titel wat jy kies, bo-aan.

1.1 Die belangrikste mense in my lewe [50]

OF

1.2 Eendag wil ek graag …

[50]

OF

1.3 Sosiale media is (nie)

alles (nie)![50]

OF

1.4 Almal droom[50]

OF

Bladsy 3 van 7 Blaai om asseblief

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/ V3 GRAAD 11 MEI 2018

1.5 Waarheen nou? [50]

OF

1.6 Kies EEN van die onderstaande visuele tekste en skryf ʼn opstel daaroor.Gee die skryfstuk ʼn gepaste titel. Jou opstel moet direk by die prent aanpas.

1.6.1

(hillegal.com.au) [50]

OF

1.6.2

(www.comsoc.org) [50]

Bladsy 4 van 7 Blaai om asseblief

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/ V3 GRAAD 11 MEI 2018

OF

1.6.3

(wallpaper.com) (50)

TOTAAL AFDELING A: 50

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

Kies EEN onderwerp en skryf 120 – 150 woorde daaroor. Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, bo-aan.

2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF

Jy en jou beste maat het baklei. Jou hart is baie seer en jy voel skuldig.

Skryf vir hom/haar ’n brief waarin jy omverskoning vra en verduidelik hoekom hy/sy altyd jou beste vriend sal wees.

(Classroom clipart.com) [30]

OF

2.2 HULDEBLYK

Jou ouma was een van die belangrikste mense in jou lewe. 2018 het op ʼn slegte noot begin toe sy in Januarie oorlede is. Omdat jy so lief vir haar was, het jou ma gevra dat jy ʼn huldeblyk vir haar gedenkdiens skryf.

In die huldeblyk kan jy al die lekker dinge onthou wat julle saam gedoen het, die grappies wat sy altyd vertel het en waarom sy so spesiaal was. [30]

OF

Bladsy 5 van 7 Blaai om asseblief

(www.ndtv.com)

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/ V3 GRAAD 11 MEI 2018

2.3 KOERANTBERIG

Leerders is ongelukkig oor die swak geriewe by hulle skool. Daar is nie rekenaarsentrums of enige internet by die skool nie. Jy is ʼn joernalis by Netwerk 24.

Skryf ʼn koerantberig waarin jy oor die leerders se klagtes skryf. Onthou om jou berig van ʼn gepaste opskrif te voorsien. [30]

OF

2.4 DIALOOG

Jou wiskunde-onderwyser is baie streng. Jy het nie jou huiswerk gedoen nie.

Skryf die gesprek wat tussen jou en die onderwyser plaasvind in dialoogvorm neer.

([email protected]) [30]

TOTAAL AFDELING B: 30

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

Kies EEN onderwerp en skryf 80 – 100 woorde daaroor. Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, bo-aan.

3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE

Die graad 11’s is elke jaar verantwoordelik vir die ontwerp van die uitnodigings vir die matriekafskeid.

(Bron: Barlo.nl)

Ontwerp ʼn uitnodigingskaartjie vir die matriekafskeid.

[20]

Bladsy 6 van 7 Blaai om asseblief

Netwerk 24

OF

3.2 DAGBOEKINSKRYWING

ONE DIRECTION het Suid-Afrika onlangs besoek. Jy en ʼn paar van jou vriende/vriendinne het die konsert bygewoon.

Voltooi TWEE dagboekinskrywings oor jou ervarings die dag tydens die konsert en die dag daarna.

[20]

OF

3.3 INSTRUKSIES

Aan die begin van die jaar het julle ʼn hele stapel boeke gekry wat oorgetrek moes word. Jy het besluit om jou suster te betaal om die boeke oor te trek. Al die boeke moet met helderkleurige papier en plastiek oorgetrek word.

Verduidelik stap vir stap aan jou sussie hoe die boeke oorgetrek moet word. [20]

TOTAAL AFDELING C: 20

GROOTTOTAAL: 100

Bladsy 6 van 7 Einde van dokument

Bron: mtv.com