hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/nuu…  · web viewskenkings...

16
NUUSBRIEF NOVEMBER 2014 Beste Ouers, Aan die einde van 2014 kan ons met groot dankbaarheid terugkyk op ‘n geseënde jaar waartydens ons die goedheid en guns van ons Hemelse Vader ervaar het. ‘n Kwartaal waar dit weer eens met ons skool goed gegaan het en verskeie hoogtepunte beleef is. ‘n Baie Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwejaar word aan u almal toegewens! Ons doen graag verslag oor die afgelope kwartaal se gebeure. AKADEMIE Baie geluk aan al die leerders wat volgende jaar in ‘n nuwe graad sal wees. Vir die leerders wat dit nie gemaak het nie, wens ons sterkte toe. Moenie tou opgooi nie. Die slaagsyfers in: Graad 11 = 100% Graad 10 = 99% Graad 9 = 86% Graad 8 = 96% Hou so aan en laat hierdie sukses vir jul na nog hoër hoogtes mik en die dryfveer word vir nog beter resultate. U kan die koerante dophou vir ons matriekuitslae wat op 6 Januarie 2015 sal verskyn. Matriekleerders kan hul uitslagadvies op Dinsdag 6 Januarie 2015, om 12:00 by die skool kom afhaal. Geen graad 12– uitslae is voor 12:00 beskikbaar nie. Vakveranderings vir 2015 moet voor die volgende datums afgehandel word. Na die datums is GEEN vakveranderings vir 2015 moontlik nie: Graad 12 vakveranderings sluit op Vrydag 30 Januarie Graad 11 vakveranderings sluit op Vrydag 27 Februarie Graad 10 vakveranderings sluit op Vrydag 31 Julie Op die graad 10 en 11 rapporte verskyn daar twee stelle punte vir kwartaal 4, naamlik kwartaal 4 en finale punt. Die kwartaal 4 punt word gebruik om die skool se top 10 leerders in die graad te bepaal. Die finale punte word gebruik vir bevorderingsdoeleindes! Onderstaande die top 12 presteerders in elke graad vir 2014: GRAAD 11 GRAAD 10 1 Marcelo Cardoso 1 Carmen Kriel

Upload: phamnga

Post on 06-Feb-2018

238 views

Category:

Documents


7 download

TRANSCRIPT

Page 1: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

NUUSBRIEFNOVEMBER 2014

Beste Ouers,

Aan die einde van 2014 kan ons met groot dankbaarheid terugkyk op ‘n geseënde jaar waartydens ons die goedheid en guns van ons Hemelse Vader ervaar het. ‘n Kwartaal waar dit weer eens met ons skool goed gegaan het en verskeie hoogtepunte beleef is.‘n Baie Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwejaar word aan u almal toegewens!

Ons doen graag verslag oor die afgelope kwartaal se gebeure.

AKADEMIEBaie geluk aan al die leerders wat volgende jaar in ‘n nuwe graad sal wees. Vir die leerders wat dit nie gemaak het nie, wens ons sterkte toe. Moenie tou opgooi nie.Die slaagsyfers in:Graad 11 = 100%Graad 10 = 99%Graad 9 = 86%Graad 8 = 96%Hou so aan en laat hierdie sukses vir jul na nog hoër hoogtes mik en die dryfveer word vir nog beter resultate.

U kan die koerante dophou vir ons matriekuitslae wat op 6 Januarie 2015 sal verskyn. Matriekleerders kan hul uitslagadvies op Dinsdag 6 Januarie 2015, om 12:00 by die skool kom afhaal. Geen graad 12–uitslae is voor 12:00 beskikbaar nie.

Vakveranderings vir 2015 moet voor die volgende datums afgehandel word. Na die datums is GEEN vakveranderings vir 2015 moontlik nie:Graad 12 vakveranderings sluit op Vrydag 30 JanuarieGraad 11 vakveranderings sluit op Vrydag 27 FebruarieGraad 10 vakveranderings sluit op Vrydag 31 Julie

Op die graad 10 en 11 rapporte verskyn daar twee stelle punte vir kwartaal 4, naamlik kwartaal 4 en finale punt. Die kwartaal 4 punt word gebruik om die skool se top 10 leerders in die graad te bepaal. Die finale punte word gebruik vir bevorderingsdoeleindes!

Onderstaande die top 12 presteerders in elke graad vir 2014:

GRAAD 11 GRAAD 101 Marcelo Cardoso 1 Carmen Kriel2 Dawid-Ben Saayman 2 Liza-Marié Steyn3 Petrus Haasbroek 3 Lize le Roux4 Daniel Joubert 4 Wynné Makriga5 Andrea Weichelt 5 Marethe Coetzer6 Kobus Lubbe 6 Shanel Odendaal7 Stefan Marais 7 Marilee Becker8 Lené van Heerden 8 Stephanie Eksteen9 Stean du Toit 9 Sebastian Cloete10 Amy Jansen 10 Ruan du Preez11 Monique Harmse Christine van Zyl

Page 2: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

12 Liam Lovegrove 12 Madri van Heerden

GRAAD 9 GRAAD 81 Anlé de Wet 1 Jillian John2 Anrais Coetzer 2 Alet-Mari Snyman3 Elmarie Krapohl 3 Mariana van Deventer4 Anike Swart 4 Jeanne-Mari du Toit5 Carmen van Leeuwen 5 Marlé Marx6 Henco Arlow 6 Stephanie van Papendorp7 Emme Harman 7 Mariné Schoeman8 Annaleen le Roux 8 Jean Swart9 Valerie Stander 9 Gaby Weichelt10 Ju-Nique Figland 10 Louis van Eeden11 Marschel Tomlinson 11 Robin Bruce12 Anandi Munnik 12 Inamari Neethling

SLAAGVEREISTES: GRAAD 8 EN 9Huistaal 50% Vlak 4Addisionele Taal 40% Vlak 3Wiskunde 40% Vlak 3Enige drie ander vakke 40% Vlak 32 van die oorblywende vakke 30% Vlak 2

SLAAGVEREISTES: GRAAD 10 - 12Huistaal 40% Vlak 32 ander vakke 40% Vlak 33 ander vakke 30% Vlak 2

PERSONEELOns groet die volgende personeellede:Mev. Du Toit het ‘n nuwe uitdaging met ‘n pos by Olyfkrans Kollege aanvaar. Sy het in ons harte ingekruip en sal altyd deel bly van ons.Dit is met groot hartseer en spyt dat ons mev. Spies, as Wiskunde opvoeder, moet groet. Baie dankie vir u onbaatsugtige diens wat u aan Hoërskool Swellendam gelewer het. Ons gaan mev. Spies baie mis!Namens die Swellie–familie, wens ons albei dames baie sterkte toe op hul pad vorentoe. Kom wys darem so af en toe jul gesig hier by die skool!

Ons verwelkom me. Tharia du Plessis wat in 2015 by ons aansluit. Me. Du Plessis sal verantwoordelik wees vir IGO vir graad 10, Tegnologie vir graad 8 en 9, asook NW en LO vir graad 8. Mag me. Du Plessis baie gelukkig wees by Hoërskool Swellendam waar sy haar onderwysloopbaan begin bou.

SKOOLDAG VIR 2015Die skool open en sluit deur die loop van die jaar as volg:Maandae tot Vrydae van 07:30 – 14:00.Detensie vind op Vrydae na skool plaas vanaf 14:15 tot 16:15.

VOORKOMSINSPEKSIEOuers moet asseblief toesien dat leerders op Woensdag 21 Januarie 2015 voldoen aan die voorkomsinspeksiereëls, soos uiteengesit in die skool se gedragskode. In kort beteken dit:

Page 3: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

Hare netjies. Skoon. Kort (seuns). Korrek vasgebind (dogters). Naels kort, skoon en sonder gekleurde naellak. Korrekte oorbelle. Netjies geskeer. Korrekte skooldrag. Formele baadjie en das is verpligtend by saalbyeenkomste op Maandagoggende.

JAARPROGRAM 2015Ingesluit die volledige jaarprogram vir 2015. Ons doen ‘n dringende, ernstige beroep op alle ouers om vroegtydig u beplanning rakende 2015 se skoolkwartale te doen. Ons vra asseblief dat ouers nie versoeke moet rig wat die skoolprogram ontwrig nie. Dit is veral problematies gedurende toets-reekse en eksamens. Lisensie afsprake moet ook asseblief sover moontlik buite skooltye geskeduleer word.

HANDBOEKINSPEKSIEAlle skoolboeke ( handboeke, werkboeke, lêers, ens. ) moet teen Dinsdag 3 Februarie 2015 oorgetrek en reg wees vir inspeksie. Daar is genoeg tyd vir alle leerders en koshuisleerders om te voldoen aan die uiteengesette datum!

FINANSIESAan al ons ouers wat so getrou hul skoolfonds betaal wil ons ons dank en waardering uitspreek! Die teendeel is ook waar dat daar nog heelwat ouers is wat agterstallig is, ongeveer R400 000. Ons doen ‘n vriendelike dog ernstige beroep op ons ouers om asseblief ‘n ernstige poging aan te wend om hierdie skoolfonds te kom betaal. Ons kantore sal vir hierdie doeleindes oop wees tot die 12de Desember 2014. Ongelukkig beteken dit dat ons na die 12de Desember 2014 alle uitstaande skoolfonds aan die prokureurs sal oorhandig vir invordering.

SKOOLFONDS 2015  Skoolfondsbydraes vir 2015 beloop R8 525 per leerder per jaar.   Skoolfondsbydraes is jaarliks vooruitbetaalbaar. Ons gee egter aan ouers die opsie om dit ook

maandeliks (van Januarie tot November) of kwartaalliks te betaal voor die 7de van elke maand. U sal elke maand ‘n rekeningstaat ontvang, behalwe vir Januarie.

Vir ouers se gerief het ons ook nou ‘n debietorderstelsel geïmplementeer en ouers is welkom om met mev. Van der Merwe daaroor te skakel.

  Vrystelling of gedeeltelike vrystelling van skoolfondsbydraes is beskikbaar aan alle ouers wat daarvoor kwalifiseer en die nodige aansoekprosedures gevolg het. Enige navrae in die verband moet aan mev. Van der Merwe ( finansiële beampte ) gerig word.

DONASIES: HOËRSKOOL SWELLENDAMIndien daar enige instansie of persone is wat ‘n donasie of skenking vir enige onderwysgerigte projek aan Hoërskool Swellendam wil maak, kan ‘n Artikel 18A kwitansie kry wat deur die skool uitgereik word. Die SBL/Skoolhoof kan genader word om uit te vind watter projekte vooraf deur die skool geïdentifiseer is. Skenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie kan namens die skool aan ‘n donateur uitgereik word waar die donateur belasting-verligting kan kry. Indien u sou belangstel, of weet van ‘n instansie wat dalk sou belangstel om aan Hoërskool Swellendam ‘n donasie of skenking te maak, kan u die skool skakel om te verneem watter spesifieke projekte vir die toekoms beplan word.

Page 4: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

Artikel 18A (1)(a) van die Inkomstebelastingwet, 2000 (Wet 30/2000) soos gewysig deur die negende skedule van die Inkomstebelastingwet, 2002 (Wet 30/2002) maak voorsiening dat daar aan alle openbare skole goedkeuring verleen word om donasie-kwitansies uit te reik wat, in die hande van die donateur, belasting aftrekbaar is.

Mev. Van der Merwe

INTERVENSIEKLASSE / ONDERSTEUNINGSKLASSEIntervensieklasse word op Dindae en Donderdae aangebied van 14:00 – 14:45.

Dinsdae sal die ondersteuningsklasse aan vakgroepe aangebied word en sal die onderwyser die leerders betyds in kennis stel hiervan.

Donderdae is vir individuele ondersteuning. Opvoeders sal leerders identifiseer en leerders uitnooi om die ondersteuningsklasse by te woon.

Dit staan leerders ook vry om afsprake met opvoeders self te maak.Ons versoek leerders en ouers om bg. reëling as ‘n geleentheid tot groei te sien en u samewerking in die verband te gee.

OUERKOMITEENa ‘n jaar waarin die Ouerkomitee van Hoërskool Swellendam meer as hul deel gedoen het, wil ek net GROOT Baie Dankie sê aan elkeen van julle! Danksy julle kon die snoepies vlot verloop, kon ons van die Gholf Classic ‘n reuse sukses maak en bo dit alles, broodnodige fondse vir ons skool in! Baie dankie aan elkeen vir al die opofferings wat jy gemaak het – familietyd wat jy vir die die skool gegee het, moeite wat jul gedoen het met reëlings en voorbereidings dat ons funksies glad kon verloop. Behalwe die vereiste bedrag wat ons jaarliks aan die skool moet oorbetaal om hul boeke te laat klop, het die ouerkomitee die jaar ook ruim bygedra tot die “oordoen” van die personeel-kamer! Baie dankie aan elkeen van julle vir jul harde werk – dit is vir ons as personeel heerlik!Ons groet die van julle wat na die jaar se bydrae ophou en veral die van julle wat nou al drie of vier jaar die ouerkomitee dra, met ‘n swaar hart – BAIE DANKIE aan elkeen van julle wat bereid is om voort te gaan. Ons waardeer die toewyding opreg! Baie sterkte ook aan me. Riana Cronje wat weer bereid is om as voorsitter voor te vat! Geniet die vakansie saam met jul kinders en mag jul elkeen waarlik ‘n Geseënde Kersfees hê!

Corina le Roux

TECHNO BOFFIN KOMPETISIEGedurende die jaar het die graad 11 RTT-leerders aan ‘n kompetisie deelgeneem wat deur die Overberg se Onderwysdistrik onder leiding van die vakadviseur, me. Estelle Goosen geloods is.Op Woensdag, 29 Oktober, het die 15 finaliste van ons skool na die finale rondte te Caledon deurgedring. 11 Omliggende skole het deelgeneem. Hierdie leerders het baie goed gevaar, met Liam Lovegrove wat algeheel tweede in die streek was. Hiermee het hy ‘n tablet rekenaar en ‘n RTT graad 12 e-boek gewen. Die ander wenners was Lee-Anne Ellis en Morton Steenkamp wat onder die top 10 geëindig het. Baie geluk aan elk van hierdie 15 leerders. Ons is trots op julle!

Mev. M Groenewald

SPORTDRAG 2015In die Swellie-Info van 1 Augustus 20124 het ons gemeld dat ons ondersoek instel rakende die vernuwing van ons skool se sportdrag en die standaardisering van ons skooltasse.Ons het ‘n professionele mode-ontweper geraadpleeg om ons behulpsaam te wees rakende die ondersoek/proses.Dit is vir my aangenaam om aan u die nuwe sportdrag voor te hou:

Page 5: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

1. SWEETPAKBAADJIE EN SWEETPAKBROEK

2. SPORTHEMP

3 PT - BROEK

Sweetpakbroek

Sweetpakbaadjie

Dogters sporthemp(dogters”kapmou”)

Seuns sporthemp

Seuns Dogters

Page 6: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

4 ATLETIEKHEMP

Die skool se amptelike verskaffer van skool- en sportdrag is: De Bruyns/Spoilt Brats. Die winkel het geskuif na die Carlton Mall en het ‘n nuwe eienaar. Die winkel dryf handel onder die nuwe naam van “CARLTON CLOTHING”. Hul gegewens: Eienaar, mnr. Christo Ahlers 082 333 7076. Tel. nr. 028-514 1571 (winkel).Slegs die sportklere van die skool verander. Die skoolklere, insluitend die skool se reënbaadjie, bly presies dieselfde. Die nuwe sportdrag gaan oor ‘n tydperk van 4 jaar ingefasseer word. Dit beteken dat alle nuwe graad 8-leerders en nuwe leerders die skool se sportdrag moet aankoop.Die graad 9 - 12 leerders word egter nie verplig om dadelik na die nuwe sportdrag oor te skakel nie, maar is welkom om dit aan te skaf soos die klere benodig word.

Besoek gerus die skool se web-tuiste vir kleurfoto’s van bg. sportdrag!

LO–DRAGDogters en seuns gebruik voortaan die rooi T-hemp en kortbroek / oorvouromp vir LO -doeleindes.Leerders mag ook die skoolsweetpak aantrek indien hul LO-prakties het. Tekkies moet nog steeds eenvormige sporttekkies wees. Oorwegend wit tekkies word voorgeskryf! Aangesien die sportdrag ingefasseer word en verpligtend is vir graad 8 en alle nuwe inskrywings, mag graad 9 -12 nog steeds die “ou sportdrag” as LO-drag gebruik.

SKOOLTASSE 2015Verder het ons ons skool se skooltas vir 2015 gestandaardiseer. Ons het navorsing gedoen rakende skooltasse wat duursaam is asook geskik is om die skool se handboeke, werkboeke en skryfbehoeftes te beskerm.Daar is 3 voorstelle van tasse wat aangekoop kan word. Tans word die tasse deur leerders in die skool gebruik. Die tasse is van ‘n goeie gehalte, is bekostigbaar en het oor die bestek van ‘n jaar goed gehou, weens die feit dat hul met sorg hanteer was.

1.

Dogters en seuns

Posture Pro rugsak wat spesiaal ontwerp word om leerders se postuur en kroniese pyn simptome (voete, rug, nek en skouers) te ondersteun. Die tas kos ongeveer R495 en is tans beskikbaar by SSK Landmark. ‘n Skoolwapen kan ook op die voorkant van die tas aangebring word. Vir verdere navrae skakel mnr. Johan Stander by SSK.

Page 7: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

2.

3.

Beskikbaar by De Jagers-takke, Checkers, Makro en Game teen ongeveer R225.

Indien die foto’s onduidelik is, gaan asseblief na die skool se webtuiste om na die kleurfoto’s te kyk.

Baie leerders maak tans gebruik van Billabong, Lizard, Volcom en ander sakke. Die pryse van hierdie sakke wissel tussen R450 en R700. Ons wil hierdie skooltasse standaardiseer en stel 3 tasse aan u bekend wat voortaan vir alle graad 8 leerders, asook graad 9 - 12 leerders wat nuwe skooltasse moet aankoop, verpligtend sal wees.

GRAAD 8 – BEKENDSTELLINGSDAGAlle leerders wat betrokke is by die bekendstelling van ons skool se aktiwiteite, moet op 20 Januarie 2015 om 09:00, die oggend, by die skool wees. Alle stalletjies moet teen 11:00 gereed wees. Sorg asseblief dat alle reëlings met die onderskeie onderwysers betyds getref word.

Mev. Weichelt

GROEPFOTO’SAlle leerders wat groepfoto’s bestel het moes dit reeds ontvang het. Daar was egter op sommige foto’s ‘n nommer voorop gedruk. Abri Bothma van Abri Bothma Fotografie vra groot verskoning hiervoor en het dit onmiddellik opgevolg. Hy gaan al daardie foto’s vir ons herdruk. Ek vra dus dat u kind met die foutiewe foto (naam en van agterop) na my sal kom sodat ek dit kan vervang. Ek sal ook die dag met die rapporte se uitdeel, fotos vervang. Jammer vir die ongerief.

Mev. Brown

KULTUURVCSVJeandré Taylor, Stefan Marais, Kaylin Samson, Leandrie Kotze en Elandri Venter dien as groepleiers by die skoolverwisselingskamp te Kleinmond gedurende die September-vakansie. Johan Geldenhuys was hulp-aanbieder saam met die gesoute Charlie Haultzkamp, eens Wes-Kaap VCSV se hoof-

Beskikbaar by De Jagers-takke, asook Handelshuis Riversdal teen ongeveer R215.

Page 8: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

kampleier. Dit was soos altyd ‘n sinvolle ervaring. Mnr. Terblanche en sy Kakiebos-band doen goeie werk as musiekbedieners. Hul reik op nog ‘n manier uit na voornemende Swellies deur Potberg se avontuur met aandgodsdiens af te sluit by KamBati. Twee koffiekroegaande sorg vir pret. Ds. Dirkie hanteer die groot groep-afsluiting van die matrieks in die skoolsaal. ‘n Spesiale koffiekroeg word gehou om die matriek-kringleiers te groet en hul te herinner aan die aangename geur (soos die van wierook) wat hulle steeds moet versprei. Ons dank aan ds. Dirkie vir sy normaalklas-leiding die laaste twee jaar. Die nuwe kringleiers is op 4 Desember 2014 deur Dorian Adams, Wes-Kaap skoleleier, opgelei. Ds. Gawie Gous wat volgende jaar die kringleiers se “herder” is, het ingeskakel om die groep te leer ken. Scherlize Hayes, oud-leerder en Teologie-student aan die Universiteit van Stellenbosch het waardevolle insette gelewer. Ons sien uit na ‘n Vuur en Vlam Vonk(el) Jaar vir die VCSV 2015.

Mev. Mouton

CALM CLUBThe past term was a good one for the CALM club, where we had three very eventful gatherings. The first was facilitated by mrs. Van Vuuren. She showed us the art of dance. She demonstrated and taught us some Irish dancing as well as a Ballet dance. With great fun, we've discovered there could be some potential dancers among Swellie students and teachers. Die tweede byeenkoms is gehou aan huis van Dawid-Ben Saayman. Perkussie-improvisasie en eie komposisie van al die groeplede het verrassende resultate gelewer. The last gathering was held at mrs. Steenekamp. Each of the learners and teachers brought either a song, video, poem or object which is dear to them and holds a story. Stories were shared and everyone had the chance to speak their mind and learn a little more about one another. Die behoefte na meer gesprek rondom issues wat na vore gekom het, het die jaarbeplanning vir 2015 gerig. Temas gaan maandeliks toegeken word en leerders se insette (uitlopers van teater, kuns, letterkunde en musiek ) sal die spyskaart wees. Gedurende die jaar is dit ‘n geslote groep van wie “commitment” verwag word. Nuwe lede kan gedurende die eerste kwartaal van 2015 aansluit."Thank you for an incredible year of sharing love for various aspects of art. "

Mevv. Steenekamp en Mouton

VOORTREKKERSHierdie kwartaal was baie kort aangesien daar slegs Oktober was om aktiwiteite te doen voordat die eksamen die 10e November begin het. Die kwartaal is afgeskop met ’n kommando-uitstappie na die plaas van Paulus en Hester Jordaan. Elke span het sy eie vuur gemaak op die oewer van die Breërivier. Elkeen het ’n bietjie koekmengsel gekry wat in ’n uitgeholde lemoenskil, toegemaak in foelie in die vuur gebak is. Die allerheerlikste lemoen ‘cupcakes’ is in die vuur gebak. Verder het die brawes hulle gate uitgeniet in die rivier met ’n trekkerband en swaaitou.Die ander hoogtepunt van die kwartaal, is die Wes-Kaap Nagmars wat op Lourensford te Somerset-Wes plaasgevind het en waaraan die Kommando’s oor die hele Wes-Kaap deelgeneem het. Tien graad 10-leerders van Hoërskool Swellendam het deelgeneem, sowel as Louw Jordaan in graad 8. Die Saterdagmiddag van die nagmars het almal ’n besoek gebring aan die historiese plaas, Vergelegen wat aan Willem Adriaan van der Stel behoort het. Daarna het al die spanne wat ingeskryf het, mekaar aangedurf deur verskillende speletjies te speel en sodoende hulle rangorde te verwerf waarin hulle vir die nagmars sou wegspring. Die nagmars het plaasgevind aan die voetheuwels van Helderberg en was ’n groot uitdaging. Die 2 spanne van Swellendam het hul baie goed van hul taak gekwyt en moes ’n paar nagmerries trotseer voor hul in die vroeë oggendure weer by die kampplek opgedaag het. Die span van Simon van Eeden, Arina Eksteen, Julia Barnard, Marethe Coetzer en Johan Alberts het 4e geëindig uit 11 spanne. ’n Wonderlike prestasie aangesien daar van die spanlede was wat nog nie sulke ervare voortrekkers is nie.Verdere aktiwiteite die kwartaal wat plaasgevind het, was ’n Musiekwaarderingsessie waar Annelie Linde vir hulle die dwarsfluit gedemonstreer en bespeel het, die inheemse bome in die dorpstuin

Page 9: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

langs die rivier by La Belle Alliance is d.m.v. ’n skattejag ondersoek en leer ken en die graad 8’s en 9’s het ’n besoek gebring aan die Drostdy. Die jaar se bedrywighede is afgesluit met ’n kommando-uitstappie na Buffeljagsdam met ’n worsbraai op die vlot en ’n swem en kano-ryery in die kloof. Aangesien die graad 10’s nie bg. afsluiting kon bywoon nie weens sportverpligtinge, het hul hul eie afsluiting gehou by Woodpecker waar daar gesellig verkeer is, baie lekker geëet is en oor die lewe gefilosofeer is.Baie geluk aan Johan Alberts wat die wisseltrofee vanjaar verower het vir die lojaalste verkenner wat die meeste voortrekkeraktiwiteite en kampe bygewoon het hierdie jaar. Dit is vir my werklik ’n groot voorreg om by hierdie leerders van Hoërskool Swellendam betrokke te wees. Hulle energie, passie vir die lewe, goeie maniere maak van hulle baie spesiale mense en ’n voorreg om te ken. Mev. Alet Streicher

KOOR EN MUSIEKBaie dankie aan alle koorlede en in besonder die sanggroep vir hulle optrede gedurende die jaarlikse Kerssangdiens in die Moederkerk. Dit is oral met groot lof ontvang.

Mev. Marais

DRAMAElaine du Toit is weer terug na haar kraamverlof. Oefeninge het voortgegaan en ‘n afsluitings-vertoning, “Straight from the Art” is op 2 Desember 2014 in die Laerskoolsaal gehou. Nuwe lede is welkom om volgende jaar aan te sluit by hierdie senior groep van Helen O’Grady Drama Academy.

DANSBeide Anneen Engelbrecht en Charlene Roux se dansgeselskappe het kleurvolle jaareindvertonings aangebied. Ons is trots op die Swellie-meisies wat deelneem aan hierdie stylvolle, liggaamlik-kreatiewe uitvoerende kunsvorm. Ons sal graag meer van jul deelname en prestasies wil hoor in die toekoms.

RAILTON STIGTING JEUGSAAMTREKKobus Lubbe tree op as seremoniemeester in die Burgersentrum, waar jongmense van alle skole en kerke uit ons omgewing byeen was.

REDENAARSDie skool se eie redenaarskompetisie is vroeg in 2015 (sien jaarprogram). Dit is vir sprekers verpligtend om aan hierdie kompetisie deel te neem as hulle wil kwalifiseer vir die ATKV-redenaarskompetisie. Die voorgeskrewe temas sal ook gebruik word vir die eerste klasmondeling in 2015. Dit beteken elke spreker moet sy/haar eie toespraak binne die tema skryf. So, daar is nou lekker tyd om inligting te versamel en sprekers kan hul reeds voorberei.Hier volg die temas:Graad 8 - 91. Skoenmaker hou jou by jou lees2. Klein baas beter as groot kneg3. Baie honde is 'n haas se dood4. Bloed uit 'n klip tap5. Met jou hoed in die hand kom jy deur die hele land

Graad 10 - 121. Dis die hand wat die wieg skommel wat die wêreld regeer2. As die klou uitsteek, is die leeu daaragter3. Waar die aas is, vergader die arende/aasvoëls

Page 10: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

4. Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie5. Volstruispolitiek Mev. Theron

SKAAKBaie dankie aan elkeen wat ‘n skaakstuk geborg het. Die name van donateurs is met plaatjies aangebring en so verewig op gekose stukke. Daar is trotse Laerskool Swellies wie se ouers belê het in die voortbestaan van hierdie brein-stimulerende spel onder leerders. Ook oud-leerders en onderwysers het hul kant gebring. Jul kan gerus kom kyk volgende jaar asook leerders aanmoedig om pouses skaak te speel (eerder as op selfone). Daar is nog pionne “te koop” teen R150 (koste van naamplaat + gravering ingesluit).

Mev. Mouton

TENNISIn die laaste Swellie-info is berig van Stephanie van Papendorp wat Noord-Boland O/15 verteenwoordig het in Worcester. Dit is met groot vreugde dat ons u kan meedeel dat die O/15 span die toernooi gewen het. Hulle het onder andere gespeel teen Wes-Boland, Suid-Boland en Noordwes-Boland. Stephanie het ook al haar wedstryde ( 3 enkels, 3 dubbels en 3 gemeng ) gewen. Ons is trots op die O/15 Noord-Boland span en op Stephanie wat deel was daarvan.

Mev. Jordaan

KRIEKETDie 2014/2015 krieketseisoen het afgeskop met gemengde uitslae vir beide die O/15 en O/19. Die dogters het egter net een wedstryd gehad, wat altyd groot pret is. Die seuns en dogters toon egter baie entoesiasme vir die res van die seisoen en ons verwag nog groot dinge.Dan spog ons vanjaar met twee spelers wat opgeneem is in Boland-spanne en wat die vakansie aan toernooie gaan deelneem. Gladine Gertze en Lundi Msenge het albei die jaar baie goed vertoon en so die Boland-spanne gehaal. Ons wens hulle alle sterkte toe.Volgende jaar se eerste kwartaal spring weer weg met baie wedstryde en ons sien baie uit daarna.

Mnr. Cornelissen

TOUTREKMC Willemse het vroeg in die vierde kwartaal met die toutrekkers begin oefen. Ons het nog nie hierdie kwartaal aan kompetisies deelgeneem nie, daarom sien ons baie uit na die eerste kompetisie aan die begin van 2015. Ons is baie gelukkig om MC as afrigter te hê en ons sê solank vir hom baie dankie vir tyd wat hy nou al reeds opgeoffer het. Ook vir vergaderings wat hy bywoon. Toutrekoefeninge is van Maandag tot Donderdag om 17h00!

Mev. Theron

DEURNAG: VRYDAG, 6 FEBRUARIEWord deel van hierdie nuwe tradisie! Ons hou ons eerste DEURNAG op Vrydag, 6 Februarie 2015, vanaf 7 nm. tot 7 vm. Saterdagoggend. Moet dit nie misloop nie. Aktiwiteite sluit in ‘n fliek of twee , ‘n boks-demonstrasie en –les, ‘n Swellie-dans, sokkie, ‘n gymsessie, kuier saam met die res van die skool en ‘jam’ saam met ons eie ‘band’! Kos- en drinkgoed sal te koop wees vir die wat nie genoeg bring nie. Betaal R50 sodra die skool begin en verseker so jou plek!

Mev. van Vuuren

STUDENTERAADOp Woensdag, 26 November, het die Matriekraad geskakel met die Laerskool se Leerlingraad van 2015 en geskenkpakkies aan hulle oorhandig.

Page 11: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

Op Donderdag, 27 November, het die Studenteraad die personeel bederf met ‘n baie spesiale en lekker kersete.Baie baie dankie aan al die Studenteraad se ouers wat by alles betrokke was.

STUDENTERAADSVERSLAGNa ‘n suksesvolle verkiesing is die volgende leerders verkies tot die Studenteraad 2015: Stéan du Toit (Hoofseun en VRL-Voorsitter), Lené van Heerden (Hoofdogter), Kobus Lubbe (Onderhoofseun), Elandri Venter (Onderhoofdogter), Ralph Swart (VRL-Ondervoorsitter), Paul Baatjies (VRL-Sekretaris), Leandrie Kotze, Lee-Ann Michaels, Elle Zeeman, Stefan Marais, Dawid- Ben Saayman, Morton Steenkamp en Francois Steyn. Graad 11: Marilee Becker, Ronel de Wet, Liza-Marié Steyn, graad 10: Henco Arlow, Zaun-Lee Jansen, Ivana Johnson en graad 9: Rashieda Alexander, Louwtjie Groenewald en Louis van Eeden. Die graad 8 ‘s hou hul verkiesing gedurende die eerste skoolweek volgende jaar. Baie dankie aan mnr. Dave Guy wat ons gehelp het en wat as monitor opgetree het gedurende die verkiesing en telproses. Stéan du Toit en Paul Baatjies is ook verkies as die leerders se verteen-woordigers in die skool se beheerliggaam.Die ou matriekraad het die nuwe raad op tradisionele wyse ingehuldig en hulle het alreeds hul eerste projek, Swellendam Secret Santa-Projek suksesvol afgehandel. Ons is trots om so ‘n groep entoesiastiese leerders as leiers te hê!Twaalf van die dertien graad 12’s gaan gedurende die skoolvakansie op ‘n ATKV-Jeugleiersberaad te Goudini (8 – 11 Desember). Ons wens hul sterkte toe en hulle moet dit geniet. Dit kos baie geld en daarom baie dankie aan die ouers wat dadelik bereid was om daarvoor te betaal. Dankie aan mnr. Cornelissen wat die groep kinders neem en weer gaan haal. Baie geluk aan Stéan du Toit wat gekeur is om ons skool te verteenwoordig by die 56ste Burger Jeugberaad gedurende die vakansie. Dit is ‘n groot eer vir ons skool en ons is trots op hom wat daar gaan skouer skuur met van die land se voorste jeugleiers. Baie dankie aan die VRL- en Matriekraadouers wat hul bereid verklaar het om deel te wees van die ouerkomitee volgende jaar. Mev. Reinette Aubrey het ook weer soos gewoonlik ons Matriekraad se baadjies gratis omgewerk. Baie dankie vir die positiewe gees waarin dit gedoen word.Baie dankie aan die Studenteraad en hul ouers wat ‘n heerlike kersete aan die personeel voorgesit het. Ons waardeer dit.

Mevv. van Rensburg en Theron

ATLETIEK8 atlete het deelgeneem aan die Top 10 in Bredasdorp. Luciano Makhala wen 'n brons medalje in die 100mH. Baie geluk Luciano!

Mev. Jooste

SOMERSPORTPROGRAM en KOOR 2015ATLETIEKDie eerste twee weke tot en met die kleure- atletiek:Dinsdae en Donderdae - 17:00 tot 18:00* Daarna sal gespesialiseerde oefentye deurgegee word. KRIEKETO/19 seuns: Dinsdae en Donderdag - 15:30 tot 17:00O/15 seuns: Maandae en Woensdae - 15:00 tot 17:00 DOGTERSKRIEKETDinsdae en Donderdae - 14:30 tot 15:30

Page 12: hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/.../wp-content/uploads/2013/05/Nuu…  · Web viewSkenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie

TENNIS1ste seuns en dogters: Maandae en Woensdae - 16:30 tot 17:302de spanne en beginners: Maandae en Woensdae - 15:15 tot 16:15 KOORMaandae 14:00 tot 15:00

Mev. Weichelt

WEBBLADSYBesoek gerus ons skool se webbladsy by www.hsswellendam.co.za. Daar is heelwat interessante informasie asook foto’s ens. waarna u kan kyk.

Mev. Groenewald