week 17 – 19 helde - christelike media...deel van die groot trek onder hendrik potgieter. so word...

11
54 Week 17 – 19 Helde Helde en belangrike persone 1 Samuel 17: 49 die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val. Mense bewonder of vereer soms iemand wat goed is in sport, musiek of in enigiets eie lewe sal opoffer. mense wat vir God se saak in die geloof gestry het. Voorbeelde is die dapper manne nie, maar deur die Here wat hom vashou (Psalm 33). Hulle was nie helde nie, maar het gehoorsaam in die geloof, gelewe in die roeping waarmee God hulle geroep het. Die Bybel leer ons dat ons tot alles in staat is deur Hom wat ons krag gee. My eie held gehoorsaam te wees en hulle lief te hê.

Upload: others

Post on 27-Nov-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

54

Week 17 – 19 HeldeHelde en belangrike persone

1 Samuel 17: 49

die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.

Mense bewonder of vereer soms iemand wat goed is in sport, musiek of in enigiets

eie lewe sal opoffer.

mense wat vir God se saak in die geloof gestry het. Voorbeelde is die dapper manne

nie, maar deur die Here wat hom vashou (Psalm 33).

Hulle was nie helde nie, maar het gehoorsaam in die geloof, gelewe in die roeping waarmee God hulle geroep het. Die Bybel leer ons dat ons tot alles in staat is deur Hom wat ons krag gee.

My eie held

gehoorsaam te wees en hulle lief te hê.

Page 2: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

55

Emily Hobhouse

Emily Hobhouse is op 9 April 1860 in Cornwall in

hom het sy geleer wat dit is om naasteliefde te betoon. Sy het nooit getrou nie en toe haar vader oorlede is, het

dienswerk.

plekke en tye in die geskiedenis om sy raadsplan uit te voer. Die Bybel vertel byvoorbeeld van Dawid wat met

gespeel. Die Here het aan haar die krag en insig gegee om haar taak uit te voer.

Met die uitbreek van die Boere-oorlog (Engeland teen die Boererepublieke) in 1899, was sy geweldig teen die oorlog gekant. Sy veroordeel Engeland se optrede en is

kinders wat in die kampe aangehou word, laat haar besluit om na Suid-Afrika te gaan. Sy het besef hoe wreed die oorlog was en dat dit lyding en verdriet veroorsaak het. Sy reis per skip vanaf Engeland en kom op 27 Desember 1900 in Kaapstad aan. In Engeland het sy fondse ingesamel om die mense in Suid-Afrika te help.

Met haar aankoms in Suid-Afrika vra sy toestemming van die regering om die konsentrasiekampe waarin vroue en kinders aangehou is, te besoek. Sy word egter net tot in Bloemfontein toegelaat. Na haar eerste besoek besef sy hoe haglik die toestande in die kampe is. Sy stuur verslae na die noodlenigingsfonds in Engeland. Die noodlenigingsfonds stuur vragte klere, voedsel, medisyne en ander goedere aan die gevangenes in die kampe.

Emily Hobhouse beweeg van kamp tot kamp en deel voorrade uit aan die boervroue. Sy was onder

vroue en kinders se smart en lyding was vir haar te veel en sy besluit om terug te keer na Engeland om te pleit vir beter toestande. Niemand wou na haar luister nie en sy keer weer terug na Suid-Afrika.

Page 3: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

56

bly in Frankryk en was baie bly toe die oorlog eindig.

In 1908 is sy weens swak gesondheid terug na Engeland. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het sy in Middel-Europa gaan help. Toe die Vrouemonument in 1913 onthul is, is sy gevra om die onthulling waar te neem. Sy reis tot op Beaufort-Wes maar was te swak en stuur haar boodskap op skrif aan President Steyn se eggenote.

word.

Nadat sy op 8 Junie 1926 in Londen oorlede is, is haar as na Suid-Afrika gebring en op 26 Oktober 1926 aan die voet van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein begrawe. Die monument is opgerig om die lyding van die boerevroue en kinders te herdenk.

Paul Kruger

gebore op 10 Oktober 1825 in Steynsrus in die Vrystaat. Hy was die derde van sewe kinders.

vir ons volk te wees.

As gevolg van baie rondtrekkery het hy geen skoolopleiding gehad nie. Sy ma het hom vir

se formele skoolonderrig by Tielman Roos ontvang.

Die Bybel was die enigste boek waaruit hy gereeld gelees het. Sy skrif was nie baie goed gevorm nie en hy leer eers laat in sy lewe om beter te lees en skryf.

deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas

die Zoeloes van hulle laer af weg te hou deur saam met die vroue die voorlaaiers (gewere) te help laai.

Page 4: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

57

om die leeu te soek wat sy pa se beeste vang. Die mans het uitmekaar beweeg en

afgestorm. Hy het onmiddellik die gevaar besef en aangelê. Die skoot het geklap en

infeksie opgedoen het, is sy duim verwyder.

in die distrik Rustenburg. Hy trou met sy eerste vrou Maria du Plessis. By die geboorte van hul eersteling sterf sy en die kind. Daarna trou hy met Gezina du Plessis en hulle vestig hulle op die plaas Boekenhoutfontein. Hulle het 16 kinders gehad, nege seuns en sewe dogters.

Gereformeerde Kerk in 1859. In 1853 het die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) tot stand gekom en Paul Kruger is tot die Volksraad gekies. Op 9 Mei 1883 is hy gekies as staatspresident van die ZAR.

gespeel in die beplanning en strategie van die oorlog.

Hy reis na Europa om steun vir die Republiek teen die Engelse te kry, maar niemand wou hom help nie. Sy vrou is, terwyl hy weg was, oorlede in Suid-Afrika en hy besluit om in Europa te bly. Hy word siek en sterf op 14 Julie 1904 in Switserland. Sy begrafnis is op 16 Desember 1904 uit die Gereformeerde Kerk in Pretoria sowel as die ou kerk op Kerkplein gehou. Hy is in die begraafplaas in Kerkstraat-Wes (Heldeakker) begrawe.

Page 5: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

58

Klara Majola

in die Ceres-distrik gewoon. Klara se pa, Lemmie, was vroeër een van die beste skaapskeerders van die distrik. Hy kon nie meer werk nie, want hy was blind. Klara se ma, Maria, het die boer se vrou in die huis gehelp.

werk soos hy nie.

sy elke dag saam met haar pa gaan hout soek.

dag. Lemmie het, soos gewoonlik, in die namiddag gaan hout haal. Toe hy terugkom

haal, want dit gaan nog lank reën. Dan

ma by die huis kom, sê vir haar ek het net

Kort daarna kom Lemmie by die huis in. Toe Maria hom vra waar Klara dan

nog hier buite in die koue wees. Kyk, dit begin kapok, die kind sal mos verkluim!

gaan Lemmie en Maria hand aan hand na buite.

Dit kapok baie en is pikdonker. Hulle stap aan en roep en roep, maar kry geen antwoord nie. Hulle soek die hele nag lank. Nie een dink daaraan om huis toe te gaan nie.

Page 6: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

59

Net voor sonopkoms gaan hulle huis toe. Hulle wag tot dagbreek en daarna het

gemaak om te help soek. Hulle stap rondom die dam, teen die voorste rante langs en anderkant af. Toe soek hulle al met die sloot langs wat na die dam lei. Daar waar die sloot deur die vlei gaan, het hulle haar gekry. Sy het op haar maag gelê, halfpad in die water. Sy was reeds dood.

Nadat Klara die vorige aand nie haar pa kon kry nie, het sy waarskynlik gedink

verder is. Sy was bekommerd oor hom en het soontoe gegaan. Haar voete het gegly toe sy deur die stroompie wou gaan. Sy was waarskynlik al te koud om op te staan.

heldin, omdat sy sonder om aan haarself te dink, haar lewe gewaag en gesterf het om haar pa te help.

Page 7: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

60

John Ross

Luitenant King was die kaptein van die skip. Hulle moes vanaf Tafelbaai na die hawe

verrig en helde wees. Die Here het John Ross gebruik om deur dapper dade mense se lewens te red.

Die reis was voorspoedig totdat hulle reg voor Port Natal gekom het. Daar het die sterk seestroom die Mary laat strand. Die hele bemanning het gelukkig oorleef, maar

nuwe boot te bou met wrakstukke en met hout wat hulle uit die omgewing gekry het, maar dit het baie stadig gevorder.

Die setlaars in Natal het armoedig gelewe. Hulle het klein riet- en kleihuisies gehad en moes alles te voet doen, omdat al die perde doodgegaan het. Die Zoeloekoning

Die naaste plek waar hulle dit kon kry was Delagoabaai, wat ongeveer 600 kilometer vanaf Port Natal geleë is. Daar was ook geen paaie wat soontoe gelei het nie en dit

Luitenant King besluit dat John na Delagoabaai moet reis om medisyne te koop. John moet saam met twee

dink dat hulle spioene is. John gaan eers saam met die twee Zoeloes

vriendelik ontvang en was so beïndruk met die dapperheid van die seun, dat

hom stuur.

John vertrek met die groep Zoeloes

en dit is baie warm. Die bosse is ruig en die riviere vol. Wilde diere het hulle dikwels bedreig en die stamme verder weg van Zoeloeland af ontvang hulle baie vyandig.

Page 8: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

61

Na agtien dae kom hulle by koning Makhasane van die Tembe Tonga-stam aan, wat hulle vriendelik ontvang.

Hierdie koning gee vir John Ross twee gidse saam wat hulle tot in Delagoabaai bring. Drie weke nadat John Ross uit Port Natal vertrek het, kom hulle in Delagoabaai aan.

Dit was nog nie die einde van hulle probleme nie. Die Portugese hoofman het John nie vertrou nie. Hy

is en wou nie glo dat iemand die pad vanaf Port Natal kon stap nie. Dit het John lank geneem om hom te oortuig. Nadat hy vir hulle die geld gewys het waarmee hy voorraad moes koop, het die Portugese hom geglo. Hulle was

dit kon regkry. Hulle het hom gehelp om medisyne en ander voorrade te kry.

Hulle bly drie dae lank in Delagoabaai. John is onrustig, omdat daar heelwat slawehandelaars in die stad was en hulle baie belang gestel het in die Zoeloes. Hy is bang dat hulle die Zoeloes wil ontvoer en as slawe verkoop. Daarom pak hulle na drie dae stil-stil op en begin die terugtog.

Die terugtog neem langer omdat hulle soveel bagasie het. Hulle moet ook waaksaam wees, omdat enige vyand graag hierdie groot voorrade in die hande wil kry. Na vier weke kom hulle weer in Port Natal aan. Luitenant King en die bemanning was

gevaarlike tog voltooi.

Page 9: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

62

Die eerste blankes aan die Kaap het Nederlands gepraat. Die Nederlands wat die mense gepraat

het ontstaan en die uitspraak het verander. Die mense het nog steeds Nederlands geskryf en gelees, maar ook dit het uiteindelik verander, sodat Afrikaans ook as amptelike skryf- en leestaal aanvaar is.

in die ontwikkeling van die Afrikaanse skryftaal.

Net na voltooiing van sy studies, breek die tweede Vryheidsoorlog uit tussen die Boere en die Engelse.

Hy trek saam met die Boere as veldprediker. Totius was nie baie gesond nie. Daarom verhuis hy in 1900 na Amsterdam en studeer daar verder in die teologie. In 1903 keer hy terug en word predikant van die Gereformeerde Kerk in Potchefstroom. Die

met sy perdekar by elke gemeentelid besoek af te lê. Totius word later professor by die Teologiese Skool van Potchefstroom.

taal vir die Afrikanervolk baie belangrik. Skrywers begin al meer in Afrikaans skryf. .

Dit was die eerste digbundel wat in Afrikaans verskyn het.

Die Bybel is in hierdie tyd nog altyd in Nederlands gelees. Noudat daar al so baie in Afrikaans geskryf is, is besluit om ook die Bybel in Afrikaans te vertaal. Totius was

1933 voltooi. Nie net die Bybel is belangrik in die kerk nie, ook die Psalmboek word

in Afrikaans te berym. Dit beteken dat hy gedigte moes maak van die Psalms, sodat dit in die kerke gesing kan word. Hy het nie die melodieë gekomponeer nie, dit

Afrikaanse Psalmboek uitgegee.

Totius gee agt digbundels uit. Behalwe die werk wat hy aan die vertaalde Bybel en Psalmboek gedoen het, het hy nog baie meer geskryf. Al sy skryfwerk is in elf boeke

met sy hele hart gedien het. Dit is ook hoekom hy hierdie groot werk kon aanpak. Hy sê self dat die Here hom die krag gegee het, omdat hy dit uit homself nie sou kon regkry nie.

Page 10: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

63

Eietydse heldeTwee Nobelpryswenners

Alfred Nobel is in 1833 in Stockholm, Swede gebore.

graag vrede op aarde hê. Daarom bepaal hy in sy testament dat al sy geld as pryse aan mense gegee moet word wat vir vrede gewerk het. Dit gebeur ook

sulke mense uitgedeel.

In 1993 het twee Suid-Afrikaners hierdie prys gedeel. Hulle is Frederik W de Klerk en Nelson Mandela. Kom ons kyk wie is hierdie mense en hoekom hulle die toekenning gekry het.

Frederik W de Klerk

Frederik Willem de Klerk is op 18 Maart 1936 in Johannesburg gebore. Nadat hy aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer het, begin hy as prokureur werk. Hy

1989 word hy die leier van die Nasionale Party (NP). Die NP wen die verkiesing in September 1989 en hy word die staatspresident van Suid-Afrika.

In hierdie tyd was daar nog apartheid in Suid-Afrika. Dit beteken dat daar wette is om blanke en swart mense van mekaar te skei. Blankes en swartmense

aparte regering gehad. Net die blankes kon stem vir

teen hierdie wette gestry, omdat hulle gesê het dat dit onregverdig was.

was nie so maklik as wat dit klink nie. Baie wette is verander en ure se samesprekings gevoer. Dit neem

president De Klerk volgehou om die proses te laat plaasvind.

Page 11: Week 17 – 19 Helde - Christelike Media...deel van die Groot Trek onder Hendrik Potgieter. So word hulle Voortrekkers. Hy pas V\ SD VH YHH RS HQ ZRUG QDWXXUNHQQHU 2S MDULJH RXGHUGRP

64

Nelson Mandela

Nelson Rolihlala Mandela is op 18 Julie 1918 in die Transkei gebore. Hy studeer regte aan die Universiteit van Fort Hare en werk ook as prokureur. In sy werk word hy bewus daarvan dat die wette van die land nie regverdig is teenoor swartmense nie. Daarom sluit

politieke party wat die apartheidswette wou verander. Die Nasionale Party het die voortbestaan van die ANC verbied. Nelson Mandela wou toe met geweldadige optrede die regering verander. Hy is gevange geneem en in die tronk op Robbeneiland gesit.

Terwyl hy in die tronk was, werk Nelson Mandela steeds vir verandering in die land. Oral in die wêreld het dit bekend geword hoe hard hy vir die vryheid van die swartmense in Suid-Afrika stry.

werk hierdie twee manne baie nou saam om die apartheidswette van die verlede af

Mandela word die staatspresident van die RSA (Mei 1994 - Junie 1999). Nelson Mandela maak voorspraak vir menseregte-organisasies en werk om mense op te hef en armoede te bekamp. Hy tree ook in 2004 op om die RSA te verteenwoordig by Fifa, om die wêreld beker-sokkertoernooi in 2010 aan te bied. In Junie 2004 kondig hy aan dat hy uit die openbare oog gaan tree. Hy wil meer tyd met sy familie deurbring en baie leeswerk doen.

Die res van die wêreld het gesien dat daar in Suid-Afrika groot veranderinge plaasvind en dat dit in vrede en samewerking gebeur. Die Nobelpryskomitee besluit om die Nobelprys vir vrede aan FW de Klerk en Nelson Mandela gesamentlik te gee vir hierdie werk wat hulle vir ons land gedoen het gedurende 1993.

Vanaf die Bybelse tyd hoor ons van helde. Deur die hele geskiedenis was daar mense wat alles, selfs hulle lewe, gee om ander mense te red. Die Here gee vandag ook nog vir mense krag om dapper dade te doen. Nie almal word in boeke en koerante genoem nie. Soms gebeur daar dapper dade waarvan niemand ooit hoor nie. Ons moet ook nie net die mense wat wel bekend geword het, eer nie. Ons moet die eer aan die Here gee wat mense gebruik om sy plan en wil hier op aarde uit te voer.