weet u … geliefdes … wanneer ons ons bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van israel...

22
2Kon 8:16-29 Die krisis van die die Kerk wat soos die wêreld word. En die Evanelie daar binne in. September 2017 Ps 30: 1, 3 – vooraf Ps 16: 1, 3, 5 – lofpsalm Ps 119: 21, 22 – na wet Ps 86: 6 – as antwoord op die Woord Ps 145: 9, 10, 12 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 89: 1, 2, 14 – slotpsalm Lees: 2Kon 8:16-29 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes Jesus het in Mat 5:13 vir sy dissipels vir ons gesê: “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.” Verduidelik 1 Nou daarmee sê Jesus dat sy dissipels ons in-ie wêreld soos sout moet wees. Sout gee smaak aan-ie pap waarin-it is al kan jy nie eers die sout sien nie. Sout bewaar sout preseveer die biltong waarop-it is sodat die biltong nie vrot nie. Maar as die sout laf geword het nie meer sout is nie as daar geen verskil is tussen sout en pap nie dan is daai pap vrek sleg en die biltong vrot. En so is-it met Jesus se dissipels ook. As ons soos-ie wêreld om ons geword het as ons nie meer anders as-ie wêreld dink-en-doen-ie dan is ons as dissipels as kerk nie meer relevant nie. Dan kan ons net sowel nie meer hier wees nie. Dis wat Jesus in Mat 5:13 sê. En dis ‘n krisis! Verduidelik Want as-ie kerk soos-ie wêreld geword het as dissipels nie meer anders is nie dan staan ons ook nes-ie die wêreld onder-ie oordeel van-ie HERE. En dis waaroorit gaan as ons in 2Kon 8:16-29 lees. Die boodskap wat hier uitkom is-ie boodskap van: 1 Vgl Reformation Heratige study Bible bl 1363

Upload: others

Post on 22-Jan-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

2Kon 8:16-29

Die krisis van die die Kerk wat soos die wêreld word. En die Evanelie daar binne in.

September 2017 Ps 30: 1, 3 – vooraf Ps 16: 1, 3, 5 – lofpsalm Ps 119: 21, 22 – na wet Ps 86: 6 – as antwoord op die Woord Ps 145: 9, 10, 12 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 89: 1, 2, 14 – slotpsalm

Lees: 2Kon 8:16-29 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes Jesus het in Mat 5:13 vir sy dissipels vir ons gesê: “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.”

Verduidelik1 Nou daarmee sê Jesus dat sy dissipels ons in-ie wêreld soos sout moet wees. Sout gee smaak aan-ie pap waarin-it is al kan jy nie eers die sout sien nie. Sout bewaar sout preseveer die biltong waarop-it is sodat die biltong nie vrot nie. Maar as die sout laf geword het nie meer sout is nie as daar geen verskil is tussen sout en pap nie dan is daai pap vrek sleg en die biltong vrot. En so is-it met Jesus se dissipels ook. As ons soos-ie wêreld om ons geword het as ons nie meer anders as-ie wêreld dink-en-doen-ie dan is ons as dissipels as kerk nie meer relevant nie. Dan kan ons net sowel nie meer hier wees nie.

Dis wat Jesus in Mat 5:13 sê. En dis ‘n krisis!

Verduidelik Want as-ie kerk soos-ie wêreld geword het as dissipels nie meer anders is nie dan staan ons ook nes-ie die wêreld onder-ie oordeel van-ie HERE.

En dis waaroorit gaan as ons in 2Kon 8:16-29 lees. Die boodskap wat hier uitkom is-ie boodskap van:

1 Vgl Reformation Heratige study Bible bl 1363

Page 2: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

1

Die ontsaglike krisis as-ie kerk soos-ie wêreld word. Maar dan’s hier ook Evangelie hier’s nie net ‘n krisis nie. Nee hier’s ook goeie nuus. Want vanuit 2Kon 8:16-29 leer ons ook die HERE in sy genade ken die HERE wat vir ons Jesus beloof.

Verduidelik Jesus die Enigste een wat ons werklik kerk kan maak werklik dissipels kan maak wat dan hier in die wêreld anders kan wees en daarom sout kan wees.

So ja dis waarby ons vanoggend gaan stil staan in 2Kon 8:16-29.

Die ontsaglike krisis as die Kerk soos die wêreld word. Maar dan ook: In dit alles is daar Evangelie.

1. Maar om by hierdie boodskap van 2Kon 8:16-29 uit te kom

moet ons eers stil staan by wat in vers 16-29 gebeur. Of anders gesê: Ons moet stilstaan by die gedagte-gang of-ie gedagte-struktuur van vers 16-29.

Nou in vers 16 is ons in-ie 5de jaar van koning Joram van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk.

Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken. Hier van 2Kon 3 af het ons aan mekaar met hom te doen gehad.

In vers 25 is ons in die 12de jaar van Joram se regering.

Opmerking Dis ook Joram se finale regeringsjaar. 2Kon 3:1 sê-it: “En Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die agttiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer.”

* * * * * Maar nou gaan-it in 2Kon 8:16-29 nie oor Joram nie. In elkgeval nie in die eerste plek nie. Nee.2

Bewys Kyk vers 16-17: “En in die vyfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, terwyl Jósafat koning was van Juda, het Jehóram, die seun van Jósafat, die koning van Juda, koning geword. Hy was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem.”

2 Vgl House se 2Kon komm bl 285; The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 845; Van Gelderen se 2Kon komm bl 113

Page 3: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

2

In vers 25-26 staan daar: “In die twaalfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, het Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, koning geword. Twee en twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri, die koning van Israel.”

So dit gaan hier in 2Kon 8:16-29 oor Jehoram die seun van Josafat en oor Ahasia die seun van Jehoram. En hulle altwee was konings oor Juda. So dit gaan hier oor twee konings van Juda. Hulle staan in die fokus. Dit gaan nie oor Joram van Israel nie.

Gedagte-struktuur3 I En dan kry ons in vers 16-17 en vers 25-26 ‘n berig oor wanneer Jehoram en Ahasia aan bewind gekom het. Ons kan sê vers 16-17 en vers 25-26 is tronbestyging-berigte. II In vers 18 kry ons die HERE se evaluering van Jehoram se lewe en regering. In vers 27 kry ons die HERE se evaluering van Ahasia se lewe en regering. III In vers 20-24 kry ons ‘n greep of ‘n ‘clip’ uit Jehoram se regeringstyd. En in vers 28-29 kry ons ook so ‘n greep so ‘n geskiedenis-greep uit die lewe en regering van Ahasia.

So sien julle waaroor gaan-it in vers 16-29. Dit gaan oor Jehoram en Ahasia se troon-bestyging. Dit gaan oor-ie HERE se evaluering van hulle lewens en regerings. En dan-saar ‘n geskiedenis-greep uit elkeen van hulle se lewens en regerings. En dan belangrik: Jehoram en Ahasia is konings van Juda. Hulle is nie soos Joram konings van Israel van-ie noordelike 10-stamme-ryk nie. Nee Jehoram en Ahasia is konings oor Juda in die tyd van Joram van Israel.

Oorgang Maar nou-saar iets wat mens pla hê? En dis-ie konteks. So kom ons staan bietjie hierby stil. 2. By 2Kon 8:16-29 se Konteks.

Want iets is anders hier. Want onthou nou in 2Kon 8:7-15

3 Vgl The Expositor’s Bible commentary, vol 3 bl 845

Page 4: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

3

waar ons so drie weke terug was het Elisa die koms van-ie HERE se oordeel oor Israel en-ie huis van Agab

waarvan koning Joram deel is verkondig.4

Verduidelik En hierdie oordeel van-ie HERE hou in dat die hele koningshuis van Agab uit gewis gaan word. En dan begin-ie HERE hierdie oordeel deur die Arameërs onderleiding van koning Hasael te gebruik. In 2Kon 8:12-13 het Elisa-it aangekondig. Die HERE het al daaroor in 1Kon 19:15-17 met Elia

Elisa se voorganger gepraat. En nou het die tyd van daai oordeel aangebreek. Dis wat Elisa in 2Kon 8:12-13 verkondig het.

So dis-ie ding wat nou volgende moet gebeur. Die HERE se oordeel moet nou begin.

Opmerking5 Die HERE se genade-tyd sy tyd vir bekering van 2Kon 2-7

waar-ie HERE deur Elisa met wonder-werk op wonder-werk sy genade sy liefde sy almag gewys het gewys het dat Hy die God is na wie Israel terug moet bekeer

het nou verbygegaan. Joram het hierdie genade-tyd verag. Hy’t nie bekeer nie. En nou het die tyd van oordeel gekom.

En dis wat nou volgende moet gebeur.

Opmerking6 En dit gaan ook gebeur. Ons gaan net-nou sien hoe die HERE in vers 28-29 alles in plek kry daarvoor En in 2Kon 9-10 bars-ie oordeel in krag los.

Maar nou-sie vraag: Hoekom dan hier in 2Kon 8:16-29 eers-ie fokus op koning Jehoram en koning Ahasia van Juda? Hoekom gaan-ie HERE nie net aan om vir ons te vertel hoe sy oordeel toe gekom het nie?

4 Vgl 2Konings 8,7-15.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 5 Vgl 2Konings 2-7preke by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 6 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 105-106; K&D se 2Kon komm bl 338; Davis se 2Kon komm bl 143; House se 2Kon kon

komm bl 285; The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 848; Reformation Heratige study Bible bl 625; Reformation study Bible bl 621; Van Gelderen se 2Kon komm bl 118-119.

Page 5: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

4

Verduidelik7 Nou dis ‘n belangrike vraag. Want die antwoord bring ons by die boodskap van 2Kon 8:16-29. Daai boodskap van die krisis as-ie kerk soos die wêreld word. Want presies dit gebeur in vers 16-29. Hoekom sê ons so? Wel omdat vers 16-29 nie net fokus op koning Jehoram en koning Ahasia van Juda nie. Nee ‘n baie belangrike fokus van vers 16-29

net voor-ie HERE se oordeel oor-ie huis van Agab kom is om vir ons te wys dat Jehoram en Ahasia die konings van Juda uit die huis van Dawid

wat regeer in-ie tyd van Joram van Israel presies net so boos net so Goddeloos net so wêrelds soos-ie huis van Agab geword het. Ja die Goddeloosheid van Agab en Joram het in-ie regeringstyd van Jehoram en Ahasia tot in die koningshuis van Dawid in gekanker. Die huis van Dawid en die huis van Agab het in hulle Goddeloosheid en wêreldsheid een geword. En so het die huis van Dawid ook saam met die huis van Agab onder-ie ordeel van-ie HERE gekom. En dit bring ‘n ontsettende krisis in-ie OT-kerk.

Oorgang En nou sien ons hierdie waarheid hierdie krisis en hoe-it met ons praat en op ons van toepassing is as ons in zoom op die HERE se evaluering van-ie lewens en regerings van koning Jehoram en koning Ahasia van Juda in vers 18 en vers 27. 3. So kom ons fokus op hierdie verse.

En hoe-it wys op-ie krisis as die kerk soos-ie wêreld word.

Kyk vers 18: “En hy (Jehoram) het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.” En vers 27 sê: “En hy (Ahasia, Jehoram se seun) het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met (of ingetrou in8) die huis van Agab.”

7 Vgl Davis se 2Kon komm bl 138; House se 2Kon komm bl 285; Konkel se 2Kon komm bl 473; K&D se 2Kon komm bl 336;

Olley se 2Kon komm bl 253. 8 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 326; House se 2Kon komm bl 285; Hobbs se 2Kon komm bl 104

Page 6: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

5

Verduidelik9 Nou mens kan-it nie mis nie. Jehoram en Ahasia leef ‘n lewe van “doen wat verkeerd (is) in die oë van die HERE.” So hulle leef nie met vertroue op-ie HERE alleen nie. Hulle leef nie met liefde vir-ie HERE nie. Die HERE staan nie vir hulle eertste nie. Daar’s nie by hulle ‘n Godgesenteerde lewe nie. Die HERE se wil en Woord maak nie vir hulle saak nie.

Hoekom nie? Wel omdat dit in vers 18 en vers 27 wemel van Agab. Agab en sy huis is net oorweldigend. Agab en sy huis se invloed het die hartklop van Jehoram en Ahasia geword.

Bewys10 Dit kom nogal sterk uit in vers 27. Kyk hoe word “huis van Agab” daar herhaal: “En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab.” Drie keer in een vers. Die HERE wil-it regtig in hamer. Agab en sy huis het die lewe van Jehoram en sy seun Ahasia helemal oorgevat.

Verduidelik11 En toe ons in ons prediking in-ie lewe en tyd van Elia stil gestaan het het ons gesien dat die groot krisis met Agab was dat hy getroud was met Isebel. Sy’t van Sidon af gekom of Finisië.

Opmerking Dis mos daar teen die middellandse see net noord-wes van Israel.

En Isebel het die afgod Baäl met ‘n absolute passie gedien. En sy’t Agab verlei om die selfde te doen. En sy’t dit reg gekry. Agab het sy rug finaal en totaal op die HERE gedraai en ‘n passie-volle Baäl-dienaar geword. Hy’t die Baäl-godsdiens Israel die noordelike-10-stamme-ryk

9 18d – ויעשׂ הרע בעיני יהוה hou hier veral in dat Jehoram gedoen het soos Agab-hulle – vgl 18b. Hy het soos Agab-hulle sy rug

totaal op die HERE gedraai en Baäls begin dien (vgl NIDOTTE vol 4 bl 849). 10 27a-c – die herhaling van בית אחאב – drie keer hier in een vers – plaas groot klem daarop (OTES 611 bl 89-90). Ons sien

hier die uiters bose invloed van die huis van Agab op die huis van Dawid. Spesifiek dan koning Ahasia. Saam met vers 18 waar Agab en die huis van Agab ook prominent is, word hierdie bose invloed van die huis van Agab die groot saak hier in vers 16-29 (vgl Davis se 2Kon komm bl 138).

11 Vgl 1Konings 16,29-17,1.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

Page 7: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

6

se staats-godsdiens gemaak. En dis so anders as om die HERE te dien.

Opmerking En ons gaan nie nou diep daarop kan ingaan nie. Maar die Baäl-goedsdiens is ‘n totaal selfgesentreerde godsdiens. Ek met my sondige totaal verdorwe begeertes staan in die middelpunt. In die Baälgodsdiens gaan-it oor ek en my geluk en my voorspoed en my rykdoem en my mag. En God moet vir my al hierdie goed gee.

* * * * * By die HERE verander alles. Die HERE verlos jou uit genade alleen uit jou sonde-skuld-en-straf. Hy gee jou uit genade alleen die ewige lewe op-ie nuwe aarde. En daarby verlos die HERE jou uit jou totaal-verdorwenheid sodat jy ‘n uwe lewe vir die HERE wil begin leef. ‘n Lewe waarin die HERE se wil al meer jou wil word. Waarin die HERE se begeertes al meer jou begeertes word. Waarin die HERE se vreugde al meer joune word. Waarin die HERE se eer in alles vir jou eerste word.

By Baäl is-it anders. Daar is jy nog ‘n slaaf van Satan en jou eie totaal verdorwenheid. Jy staan in die middelpunt. En jy word gedryf deur jou sondige begeertes.

En nou sê 2Kon 8:18 “En (Jehoram van Juda) het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het ...” En vers 27 sê: “En (Ahasia) het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos die huis van Agab ...”

Verduidelik12 So sien julle? Jehoram en Ahasia se dink en doen en leef en regeer het geword soos Agab sin. So Agab se Baäl-godsdiens het alles in Juda en Jerusalem

daar waar-ie Tempel van die HERE was oorgeneem en die Godsdiens geword.

12 Vgl House se 2Kon komm bl 285; Konkel se 2Kon komm bl 473; K&D se 2Kon komm bl 336; Olley se 2Kon komm bl 253

Page 8: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

7

Baäl-godsdiens het almal se dink en doen en leef bepaal. Baäl-goedsdiens was dit wat jou laat ‘tic’ het. Baäl-goedsdiens het die hele manier waarop Jehoram en Ahasia regeer het bepaal.

Toepassing En net hier is-ie ding wat ons nou moet raak sien. Die koningshuis van Agab en die koningshuis van Dawid het nou in-ie tyd van Jehoram en Ahasia uit die geslag van Dawid presies die selfde geword. Hulle dink-en-doen lewe-en-regeer presies die selfde. So ons kan sê: die huis van Dawid het totaal ‘ver-Agab’. En dis wat gebeur as die Kerk ‘ver-wêrelds’. Ons dink ons doen ons leef ons regeer word die selfde as die van die Goddelose bose wêreld waarin ons is. Ons is nie meer anders nie. Ons is nie meer sout nie. Ons is nie meer lig nie. En dan sê Jesus in Mat 5:13 “maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.” En dis ‘n krisis!

Oorgang Maar nou-sie groot vraag: Hoe gebeur-it dat die Kerk so ver-wêrelds? Wel iets daarvan leer ons as ons kyk hoe die koningshuis va Dawid ‘ver-Agab’ het. 4. So kom ons staan daarby stil.

By hoe die koningshuis van Dawid ‘ver-Agab’ het.

A. Kyk weer na vers 18: “En hy (Jehoram) het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad ...”

Verduidelik I13 So hier-sie rede waarom Jehoram en die koningshuis van Dawid ‘ver-Agab’. Jehoram het getrou met die dogter van Agab. II14 Nou hierdie dogter van Agab was Atalia.

13 18c – כי gee die rede waarom Jehoram begin doen het wat die huis van Agab doen (BHNG bl 247; Van Gelderen se 2Kon

komm bl 116). Die groot rede is Jehoram se huwelik met die dogter van Agab – Atalia (vers 26; NIDOTTE vol 4 bl 364; Van Gelderen se 2Kon komm bl 116).

14 26c – Hoe moet ons dit verstaan dat עתליהו, die ma van Ahasia, die vrou van Jehoram, hier die בת־עמרי genoem word? – vgl

Page 9: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

8

Vers 26 praat van haar as “Atália, die dogter van Omri, die koning van Israel.” Nou Omri was Agab se pa. So eintlik was Omri Atalia se oupa.

.het in die OT ook die betekenis van oupa (pa/ vader) אב Byvorbeeld Gen 28:13.

III So Atalia is Agab en Isebel Agab se bose vrou se doegter. Atalia kry opvoeding in ‘n Baäl-godsdiens-huis!! IV15 En dan? Wel as Atalia dan uiteindelik met Jehoram trou dan gebeur met Jehoram wat met Agab gebeur het. Isebel het van Agab ‘n passie-volle Baäl-dienaar gemaak. En Atalia doen dit met Jehoram. Dit werk altyd so.

Bewys Die HERE het dit gesê in Deut 7:3-4 “Jy mag jou ook nie met (die ongelowige volke van Kanaän) verswaer nie jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie; want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg.”

Toepassing16 En dis ook hoe die kerk hoe dissipels soos die wêreld word. Huwleike met ongelowiges maak dissipels soos die wêreld. Net soos Jehoram se huwleik met Atalia hom en die huis van Dawid soos die huis van Agab laat word het.

Bewys Daarom dat Paulus in 2Kor 6:14-16 skryf: “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? ...”

2Kron 22:2. 18c sê tog duidelik dat die ma van Ahasia, die vrou van Jehoram, בת־אחאב was. Dit kan wees (a) dat Atalia die eie dogter van Omri was, maar ‘n baie laat-lam, wat toe na die dood van Omri, deur haar ouer broer, Agab, en sy vrou Isebel, groot gemaak is. En so ook baie sterk onder die invlooed van Isebel was. So kan sy dan in 18c die dogter van Agab genome word … terwyl sy eintlik die eie dogter van Omri is (26c) (NIDOTTE vol 4 bl 420). Dit kan ook wees (b) dat Atalia ‘n dogter van Omri was in die sin dat Omri haar oupa was en sy ‘n klein-dogter van Omri (vgl NIDOTTE vol 4 bl 1026; Konkel se 2Kon komm bl 473). Gevolgtrek: In die lig daarvan dat אב (pa/ vader) in die OT ook die betekenis van oupa kan hê (vgl Gen 28:13) (Holladay bl 1; NIDOTTE vol 1 bl 219), kies ek hier vir die tweede verstaansmoontlikheid. Dis die envoudiger verstaan (vgl Hobbs se 2Kon komm bl 104; The Expositor’s Bible commentary, vol 3 bl 848; Wiseman se 2Kon komm bl 229).

15 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 420, 746, 849; Reformation study Bible bl 526; K&D se 2Kon komm bl 336; Davis se 2Kon komm bl 137-138; Van Gelderen se 2Kon komm bl 116

16 Vgl https://www.thegospelcoalition.org/article/dont-take-it-from-me-reasons-you-should-not-marry-an-unbeliever

Page 10: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

9

Wel die antwoord is net mooi niks nie. In ‘n huwelik waar alles een moet wees kan ‘n gelowige en ongelowige nie saam wees nie.

Opmerking Jy kan saam met ongelowiges werk. Jy kan saam in een land bly. Jy kan en moet die ongelowige Moslem by die Samoesa winkel se vertroue wen en met hom begin praat oor Jesus.

Maar in die huwelik waar die HERE wil hê dat man en vrou in alles een moet wees kan ‘n gelowige en ongelowige nie saam wees nie. Daarom dat Paulus as hy in 1Kor 7:39 vir weuwees sê dat hulle weer kan trou dadelik daarby sê: “maar net in die Here.”

En ignoreer dit nou en gaan trou met ‘n ongelowige. I Wel ons leef in hierdie gejaagde besige wêreld. En dan kom jou stilt-tyd. En jou ongelowige huweliksmaat? Wel sy neem jou kwalik dat jy nie eerder daai tyd aan haar spandeer nie. En jy? Wel jy gee maar in. Jy’t haar tog lief. II Jou christen-vriende kom ook nie meer kuier nie. Die Bybelstudie wat jy altyd gedoen het saam met hulle gebeur ook nie meer nie. Want dis nie lekker vir jou ongelowige huweliksmaat nie. III Jy’s ook nie meer betrokke by daai Evangelisasie-aksie van vroeër nie. Want dit voel net nie lekker nie. Jy gaan doen Evangelisasie maar in jou eie huwelik praat jy nie oor Jesus nie want dit gee elke keer ‘n geveg af. IV En dan na ‘n paar jaar? Wel dan verdwyn daai eerste liefde vir die Here. Daar’s nie meer daai totale oorgawe aan die Here nie. En stadig maar seker word jy wêrelds. Jou kinders word groot in ‘n huis waar oorgawe aan die Here nie so ernstig is nie. Oor werklike ernstige verhouding met Jesus word daar nie gepraat nie. En so word dissipels en die kerk soos die wêreld.

* * * * *

Page 11: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

10

V Maar werk-it nie so met baie goed wat ons in ons lewens inbring. En dan ‘n plek daarvoor gee wat dit nie moet hê nie.

Voorbeelde • Flieks waarin die naam van die HERE eidelik gebruik word. • Sport waarvoor ek so lief is.

Maar dan gebeur dit op Sondag. • Musiek met daai lekker ritme en so meesleurend.

Heuwels fantastis. Daai liedjie van ‘Beloofde land’ waar hulle sing:17 “Ons kan wees wat ons wil aan daardie kant. Geen reëls geen kontant.”

Uiteindelik raak jy gewoond aan hierdie goed. Jy sal sê: ‘Ja dis seker nie so helemal reg nie.’ Maar jy gaan maar aan daarmee. En dan? Wel jy’t vrede gemaak in jou kop met wat direk teen Jesus ingaan. En so word jy soos die wêreld wat ook vrede het met vyandskap teen Jesus.

* * * * * B. Maar nou kry ons

veral as ons ingaan op Ahasia daar in vers 26 nog ‘n rede vir waarom-ie kerk waarom dissipels soos-ie wêreld word. Kyk daar staan: “Twee en twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália ...”

Verduidelik18 En nou weet ons al wie’s Atalia. Sys-sie dogter van Agab en Isebel. Isebel het vir Atalia groot gemaak. Isebel het vir Atalia ‘n passie-volle dienaar van Baäl gemaak. En Atalia? Wel sy doen die selfde met haar seun, Ahasia.

Skrif met Skrif Wanneer 2 Kronieke hierdie selfde gskiedenis oor vertel dan sê 2Kron 22:3 dat Ahasia “gewandel het in die weë van die huis van Agab, want sy moeder was sy raadgeefster om goddeloos te handel.”

17 Vgl. https://www.youtube.com/watch?v=PSY1NalnSqI 18 Vgl House se 2Kon komm bl 285; Konkel se 2Kon komm bl 475; Van Gelderen se 2Kon komm bl 131

Page 12: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

11

Toepassing En net hier sien ons die tweede ding wat maak dat die Kerk wêrelds word. Dit gebeur op die manier waarop ons ons kinders opvoed. Verkeerde opvoeding maak dat die Kerk verwêrelds. Net soos dit gebeur met Ahasia. Atalia se opvoeding maak Ahasia goddeloos wêrelds. En nou moet ek en jy selfondersoek doen. Hoe voed ons ons kinders op? I19 Voed ek my kinders op met die idee van: ‘ek doen-it soos my pa dit gedoen het.’ Wel as dit die manier is dan is my opvoeding tradissie-gesentreerd nie Godgesentreerd nie. En tradissie-gesentreerd is hoe die wêreld ook is. Met tradissie-gesentreerde opvoeding maak ons ons kinders en ook die kerk soos die wêreld. II20 Ons wil hê ons kinders moet suksesvol wees. Dis goed. So wie besluit wat sukses is? Is sukses om goed te lewe te hê, ‘n goeie werk te hê, om jou lewens idiale te bereik? Is dit al waaroor dit gaan. Wel dis-ie wêreld se standaard vir sukses. Dis nie die HERE se standaard vir sukses nie. As ons ons kinders opvoed met die wêreld se standaard vir sukses dan maak ons ons kinders en ook die kerk soos die wêreld. III21 In die opvoeding van kinders wat is vir jou belangrik? Baie van die boeke wat gaan oor kinderopvoeding sê dat die een van die belangrikste dinge is dat jou kind ‘n goeie selfbeeld moet hê dat jou kind goed moet voel oor homself of haar self. Maar dis wat die wêreld leer. Die wêreld in opstand teen die HERE en ver weg van die HERE. Die HERE leer ons in sy Woord om ons eie sonde te besef.

19 Vgl Tripp, Sheperding a Child’s Heart, bl 12 20 Vgl Tripp, Sheperding a Child’s Heart, bl 40-41 21 Vgl Tripp, Sheperding a Child’s Heart, bl 41, 50-51

Page 13: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

12

Die HERE leer ons in Eseg 36:31 om te walg vir ons self en ons lewe in opstand teen die HERE. En om te walg vir jou self beteken beslis nie om net altyd goed te voel oor jouself nie. Maar die HERE leer ons: dis juis hierdie ouens wat deel in sy verlossing. IV22 Ons sal in ons opvoeding klip hard daaraan werk dat ons kinders goeie maniere het en sosiaal goed aan pas. Ons sal klip hard werk dat ons kinders se gedrag so is dat dit darem vir die kultuur en die mense rondom hulle aanvaarbaar is. En dis sekerlik nie verkeerd nie. Maar as dit al is dan is ons kinders nog net soos die res van die wêreld. Want die res van die wêreld maak ook so. Met goeie maniere manupileer ons ander om te kry wat ons in ons selfsugtigheid wil hê. So nee om nie wêreldse kinders te hê nie moet ons opvoeding oor meer gaan as goeie maniere en goeie gedrag. Ons kinders moet in ‘n lewende verhouding met Jesus kom. Hulle moet navolgers van Jesus word. Jesus se gedrag van nederigheid en dien moet hulle gedrag word. V23 Hoe motiveer ons ons kinders deur hule heeltyd te beloon? Wel so maak ons ons kinders soos die wêreld so word die kerk soos die wêreld. Want so leer ons ons kinders die beginsel van ‘ek doen niks as ek nie voordeel daaruit kry nie.’ Dis so anders as die Evangelie waarin die HERE ons uitgenade verlos en ek dan begin dien nie omdat ek iets daarvoor kry nie maar omdat ek soveel gekry het vir Jesus gekry het.

* * * * * So ja hoe lyk die opvoeding van ons kinders? Is dit selfgesentreerd? Of is ons opvoeding God-gesentreerd? Ons moet so op-pas. Want met ons opvoeding maak ons ons kinders en die Kerk soos die wêreld.

22 Vgl Tripp, Sheperding a Child’s Heart, bl 43-44, 54 23 Vgl Tripp, Sheperding a Child’s Heart, bl 60-62

Page 14: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

13

C. Hier’s nog ‘n derde ding wat ons moet leer oor hoe die Kerk soos die wêreld word. En ons sien-it as ons weereens fokus op vers 18 en vers 27. Kyk daar staan: “En (Jehoram) het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het ...” In vers 27 staan daar: “En (Ahasia) het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos die huis van Agab ...”

Verduidelik24 Nou wat ons hier moet raaksien is dat elke keer gesê word dat Jehoram en Ahasia “wandel in die weg van die huis van Agab” . So hulle hele manier van lewe hulle hele mnier van dink-en-doen is soos Agab-hulle sin. Hulle hele lewe en dink-en-doen word deur Agaba-hulle beïnvloed.

Skrif met Skrif Ons sien dit ook as 2 Kronieke hierdie geskiedenis oor vertel. 2Kron 22:4 sê dat Ahasia “gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE soos die huis van Agab, want húlle was sy raadgewers ... hom tot ‘n verderf.”

Toepassing En net hier sien ons nog ‘n manier hoe dissipels of hoe die kerk soos die wêreld word. Dit gebeur deur die ouens wat jou raad gee en jou dink-en-doen beïnvloed. I So na watter ouens luister jy en watter ouens beïvloed jou in die manier waarop jy jou lewenskrisise hanteer? II Na watter ouens luister jy en watter ouens beïnvloed jou as dit byvoorbeeld gaan oor hoe jy met jou geld werk en dit belê en spandeer. III Na watter ouens luister jy en watter ouens beïnvloed jou

24 18a – Die frase וילך בדרך מלכי ישׂראל het die letterlike betekenis van ‘en hy het gegaan op die pad van die konings van

Israel’. Dit gaan dan daaroor dat Jehoram ‘n lewenswyse begin leef het wat ooreenstem met die van die konings van Israel. Hy het soos hulle begin dink en doen (vgl NIDOTTE vol 1 bl 991-992; Reformation study Bible bl 526). Ek meen dat vir ons meer spesifiek sê met watter konings van Israel Jehoram se dink en doen oor een gestem (18b) כאשׁר עשׂו בית אחאבhet. Dit was met die van die huis van Agab (vgl Reformation study Bible bl 526; Van Gelderen se 2Kon komm bl 116). 27a – Die frase אחאב בית בדרך וילך het letterlik die betekenis van ‘en hy het gegaan op die pad van die huis van Agab’. Dit gaan dan daaroor dat Ahasia ‘n lewenswyse begin leef het wat ooreenstem met die van die huis van Agab. Hy het soos hulle begin dink en doen (vgl NIDOTTE vol 1 bl 991-992; Reformation study Bible bl 526). Hy leef dus net soos sy pa Jehoram ook inlyn met die huis van Agab se dink-en-doen. Hulle was ook sy raadgewers na sy pa se dood (2Kron 22:4). Baäl-diens staan dus ook vir hom voorop in sy lewe en in sy regering van Juda (vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 131; The Expositor’s Bible commentary, vol 3 bl 848).

Page 15: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

14

as jy moet besluit oor die soort beroep wat jy moet volg. Onthou Spr 13:20 sê: “Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.” verwêrelds. En Paulus sê in 1Kor 15:33 “Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.” Dit maak jou wêrelds.

Oorgang So geliefdes dis wat ons uit 2Kon 8:18 en vers 26-27 leer oor hoe dissipels en die kerk soos die wêreld word. I Dit gebeur deur huwelike met ongelowiges. II Dit gebeur deur verkeerde opvoeding. III Dit gebeur deur daai mense en daai goed waardeur jy jou laat beïnvloed.

En as die kerk soos die wêreld word veroorsaak dit krisise met skrikwekkende gevolge.

5. Kom ons fokus op die skrikwekkende gevolge

wat dit vir die koningshuis van Dawid gehad het. En dan sien ons hierdie skrikwekkende gevolge in daai geskiedenis-grepe uit die lewe van Jehoram in vers 20-24 en die lewe van Ahasia in vers 28-29.

A. Kyk eerste na daai geskiedenis-greep uit die lewe van Jehoram. Veral daar daar na vers 20-22. Kyk bietjie hoe word die woord afvallig herhaal. “In sy dae (Jehoram se dae) het die Edomiete van Juda afvallig geword en ‘n koning oor hulle aangestel.” “Daarom het Joram oorgetrek na Saïr, en al die strydwaens saam met hom; en toe hy hom in die nag gereedgemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat hom omsingel het, saam met die owerstes van die strydwaens; en die manskappe het na hulle tente gevlug.” “So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword.”

Verduidelik25 Sien julle daai herhaling van afvallig? Dis die groot saak in hierdie geskiedenis greep. Die huis van Dawid raak afvallig. Hulle draai hulle rug op die HERE en raak afvallig.

25 Die herhaling van פשׁע (20a, 22a, 22b) beklemtoon dat Juda en die huis van Dawid in die tyd van Jehoram פשׁע teen hulle

beleef (OTES 611 bl 89-90). En dan het Juda/ die Dawidiese koning nie meer die mag om hierdie פשׁע te onderdruk nie … Onder Jehoram se regering gaan alles agteruit. Hier is niks meer oor van die glorie van Dawid en Salomo nie (vgl House se 2Kon komm bl 285; Konkel se 2Kon komm bl 474; Hobbs se 2Kon komm bl 99; Olley se 2Kon komm bl 254).

Page 16: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

15

En dan? Wel Edom en Libna raak afvallig. En wat erg is is dat Libna deel is van Juda. Hulle is nie soos Edom buite Juda nie. Nee hulle is deel van Juda in Juda se grond-gebied. Maar dan raak hulle ook afvallig. Hulle rebelleer teen Juda. So dit gaan egtig nie goed in Juda terwyl Jehoram regeer nie.

Hoekom? Wel dis die HERE se oordeel.26

Bewys Deut 7:3-4 sê dit vir ons: “Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie

en dis presies van Jehoram gedoen het toe hy met Atalia getrou het

want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg.”

En hier is dit besig om te gebeur. Ons sien dit in hierdie afval en rebellie van Edom en Libna teen Juda.

* * * * * B. Ons sien hierdie oordeel oor die huis van Dawid nog duideliker as ons kyk na die geskiedenis-greep uit die lewe van Ahasia daar in vers 28-29. Ons gaan stilstaan sommer net by vers 28: “En (Ahasia) het met Joram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek by Ramot in Gílead teen Hásael, die koning van Aram; maar die Arameërs het Joram gewond.”

Verduidelik27 Sien julle wat hier gebeur? Ahasia is saam in oorlog saam met Joram van Israel.

26 20a-22b – Vraag: Wat is die verband tussen Juda/ die Dawidiese koning se פשׁע teen die HERE (vers 18) en Edom se פשׁע

teen Juda/ die Dawidiese koning? K&D se 2Kon komm bl 336 sê dat ons hierin die HERE se oordeel moet sien op Jehoram se regering in lyn met die van die huis van Agab – vgl 2Sam 7:14; Ps 89:30-33; 2Korn 21:16-17; Deut 7:3-4; Lev 26; Deut 28. Een met die huis van Agab … kom die HERE se oordeel ook oor die huis van Dawid (vgl The Expositor’s Bible commentary, vol 3 bl 847; Lange se 2Kon komm bl 89; Davis se 2Kon komm bl 141, 142; Hobbs se 2Kon komm bl 106; Van Gelderen se 2Kon komm bl 119, 125).

27 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 105; K&D se 2Kon komm bl 338; Davis se 2Kon komm bl 143; Reformation Heratige study Bible bl 625; Reformation study Bible bl 621; Van Gelderen se 2Kon komm bl 118-119

Page 17: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

16

Teen wie? Wel teen die Arameërs onderleiding van hulle nuwe koning Hasael. So sien julle wat is aan die gebeur? Ons lees hier van die oordel van die HERE wat besig is om te gebeur. Die oordeel wat Elisa in 2Kon 8:12-13 aangekondig het. Die oordel van die HERE wat uiteindelik die koningshuis van Agab totaal gaan uitwis Die oordeel waarin Hasael ‘n instrument in die HERE se hand is soos Elisa dit in 2Kon 8:12-13 aangekondig het. En hier in 2Kon 8:28-29 lees ons hoe daai oordeel nou begin het.

Opmerking In 2Kon 9-10 gaan hierdie oordeel nog in al sy felheid los bars.

Maar vir nou is dit met eers belangrik om hierdie raak te sien. Sien julle waar is die koningshuis van Dawid? Wel onder Ahasia is die koningshuis van Dawid saam met die koningshuis van Agab in die oorlog teen Hasael maar so is die koningshuis van Dawid ook saam met die koningshuis van Agab onder die oordeel van die HERE.

Toepassing Dis verskriklik. Dis ‘n krisis. Die huis van Dawid saam met die huis van Agab in die oordeel van die HERE. Beteken dit dat die koningshuis van Dawid ook nou totaal uitgewis gaan word soos die koningshuis van Agab? En onthou bietjie.

En ons sal dit net-nou nog mooi sien. Uit die koningshuis van Dawid moet die Messias kom. Sien julle die krisis!

6. Maar nou-sit in hierdie krisis dat daar ook Evangelie is.

Goeie nuus is ook vir ons as kerk wat soos die wêreld word.

Opmerking Kom ons staan ten slotte hierby stil.

Nou ons kry hierdie Evangelie in vers 19. En ons moet dit raaksien want vers 19 staan uit. Hoe so?

Page 18: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

17

Verduidelik Wel onhou nou 2Kon 8:16-29 het mos hierdie struktuur I van troonbesygingsberig, II daarna kom ‘n evaluering deur die HERE III en dan ‘n geskiedenis-greep. Maar in hierdie struktuur pas vers 19 nie so heel lekker nie. Mens kan vers 19 eintlik uithaal sonder ‘n probleem. Sonder dat wat jy lees nie sin maak nie.

Bewys28 Kyk bietjie. As ons daar by vers 18 begin lees en ons laat vers 19 uit: “En (Jehoram) het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE ...

en hier kom vers 20 nou In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en ‘n koning oor hulle aangestel.”

Sien julle? Vers 20 pas baie mooi by vers 18 in. So vers 19 sou maklik net weg gelaat kon word en mens sou dit net glad nie gemis het nie. Maar nou kom sit die Heilige Gees vir ons vers 19 hier in.

Ons moet vers 19 raaksien. Vers 19 staan uit. Vers 19 verkondig Evangelie. So kom ons gaan nou in op vers 19.

Opmerking En nou moet ons onthou dat vers 19 se Evangelie na ons toe kom binne in hierdie ontsettende krisis van die huis van Dawid wat soos die huis van Agab geword het en nou onder die oordeel van die HERE staan.

So kyk wat staan daar: “Maar die HERE wou Juda nie vernietig nie ter wille van Dawid, sy kneg, volgens sy belofte aan hom dat Hy hom altyd ‘n lamp vir sy seuns sou gee.”

Verduidelik Sien julle dit? Die HERE wil Juda nie vernietig nie. Die HERE wil die huis van Dawid nie vernietig nie29 soos die HERE die huis van Agab wil vernietig nie.

En hoekom nie?

Verduidelik Wel ter wille van Dawid. Dawid is die rede.30

28 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 99; Davis se 2Kon komm bl 139; Van Gelderen se 2Kon komm bl 119 29 2Kron 21:7 30 19b – met למען word die rede ingelei vir waarom die HERE nie Juda en die huis van Dawid wil uitwis soos Hy dit gaan

Page 19: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

18

En omdat die HERE vir altyd vir Dawid “‘n lamp” wil gee.31

Skrif met Skrif32 En vanuit 1Kon 15:4 kom ons agter wat hierdie lamp is. Dit gaan daar oor koning Abia. Ook uit die koningshuis van Dawid. Soos Jehoram en Ahasia was hy ook ongelowig en Goddeloos. Maar dan sê 1Kon 15:4 “Maar ter wille van Dawid het die HERE sy God vir hom ‘n lamp in Jerusalem gegee deur sy seun ná hom te verwek en Jerusalem in stand te hou ...” So sien julle? As die HERE ‘n lamp gee dan gee Hy ‘n Seun.

So sien julle die Evangelie van 2Kon 8:19. Die HERE gaan die hele koningshuis van Agab uitroei. En dan hier in 2Kon 8 het die koningshuis van Dawid net so Goddeloos soos die koningshuis van Agab geword. Die koningshuis van Dawid is ook saam met die koningshuis van Agab onder die oordeel van die HERE. Maar dan is daar ‘n verskil. En die verskil maak die HERE met sy belofte aan Dawid. Die HERE sal alyd vir hom ‘n seun gee. Daar sal altyd ‘n Seun van Dawid wees. En daarom sal die HERE in sy oordeel nie die hele huis van Dawid uitroei soos Hy die huis van Agab gaan uitroei nie.

doen met die huis van Agab nie (vgl Holladay bl 207). Gewoonlik verstaan ek למען as doel of gevolg aanduidend (BHNG bl 249). Holladay bl 207 wys my dat ons למען egter ook as oorsaak of rede aanduidend kan verstaan (vgl Hobbs 2Kon komm bl 94). Dis ook hoe die Lxx למען in hierdie konteks verstaan. Hulle vertaal למען דוד עבדו met διὰ Δαυιδ τὸν δοῦλον αὐτοῦ. Die voorsetsel διὰ + akk Δαυιδ τὸν δοῦλον is dan oorsaak of rede aanduidend (Greek Grammar beyond basics bl 368). Dus: Die HERE wil nie Juda en die huis van Dawid uitwis soos dit die geval met die huis van Agab is nie. Die oorsaak of rede daarvan is Dawid, die kneg van die HERE (vgl Hobbs se 2Kon komm bl 94).

31 19c – Wat is die funksie van כאשׁר? Ek meen dat כאשׁר ‘n sin inlei wat steeds, net soos by 19b, die oorsaak of rede aandui vir waarom die HERE nie Juda en die huis van Dawid wil uitwis nie. Holladay bl 149-150 toon aan dat כאשׁר ook bierdie funksie kan hê. Ons het du shier nog ‘n rede. Hierdie verstaan word na my mening ondersteun deur 2 Kronieke se oorvertel van hierdie geskiedenis. 2Kron 21:7 plaas die voegw waw voor כאשׁר. Dus: “ter wille van … Dawid … en volgens ingelei word, verduidelik dan ook כאשׁר sy belofte om vir hom en sy seuns altyd ‘n lamp te gee.” Die sin wat deur (כאשׁר)19b verder. 19c sê dus vir ons in meer detail hoekom Dawid die rede is waarom die HERE nie Juda wil uitwis nie (vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 119). Dawid is die rede waarom die HERE nie Juda en die huis van Dawid uitwis nie, want die HERE het aan Dawid beloof om vir hom te gee ניר לבניו כל־הימים

32 19c – In hierdie konteks egter is ניר simbolies of figuurlik van ’n koning uit die geslag van Dawid – vgl. 1Kon 11:36; 15:4; Ps. 132:17 (NIDOTTE vol 3 bl. 159-160).

Page 20: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

19

Openbaringshistories33 Dis daai belofte wat die HERE aan Dawid gemaak het in 2Sam 7:11-16. Dis daar waar die HERE vir Dawid sê: “Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig ... En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vasstaan tot in ewigheid.” So Dawid jou koningshuis sal bly vortbestaan. Daar sal alytyd ‘n Seun van Dawid wees. En weet julle: In Jesus kry hierdie belofte sy volste volheid. Want in Mat 1:1 staan daar: “Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham.” En dan word Jesus Jesus genoem. Want sê Mat 1:21 “dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” Ook van ons sonde om soos die wêreld te word.

Toepassing En geliefdes dis Wie ons nodig het. Ons maak met ons huwelike en met die goed waaraan ons ons self verbind en met ons opvoeding en deur die mense waardeur ons ons self laat beinvloed en met ons eie boese harte ons self en die kerk soos die wêreld. Self kan ons nie hier uitkom nie. Ons eie planne kry ons nie hieruit nie. Ons eie planne maak ons krisis net erger

Bewys As ons na die kerkgeskiedenis kyk sien ons hoe die kerk baie maal tussen hierdie uiterstes rondswaai. Die kerk word soos die wêreld. En dan wil ons dit reg kry met ons eie planne. En dan? Wel ons trek helemal uit die wêreld terug. Ons bou koosters. Ons vermy die wêreld. Ons reik nie uit nie. En dan? Wel op die ou-end is ons net soos die kerk wat soos die wêreld geword het. Ons is nie hier in die wêreld sout en lig nie.

33 Vgl Davis se 2Sam komm bl 77vv

Page 21: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

20

So Nee! Ons eie planne werk nooit nie. Ons eie pogings werk nie. Nee wat ons nodig het is 2Kon 8:19. Ons het die belofte van die Seun van Dawid nodig wat altyd daar is. Ons het Jesus nodig.

* * * * Jesus wat ons radikaal uit ons sondes kom everlos. En ons radikaal anders maak as die wêreld. Terwyl Jesus ons hier binne in die wêreld sout en lig maak. Ja Jesus verlos ons dat die gesindheid van Jesus al meer ons gesindheid word.

Verduidelik34 En hoe is dit? Wel Jesus praat daaroor as Hy in Mark 10:45 sê dat Hy “nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.” Paulus praat oor hierdie selfde ding as hy in Fil 2:5-8 skryf: “hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.” En dis so radikaal anders as die wêreld. Mense in die wêreld leef om gedien te word. Hulle leef om mag te hê. Hulle leef hoogmoedig. Hulle leef in opstand teen die HERE.

Maar Jesus het gekom nie om gedien te word nie maar om te dien en sy volk te verlos sodat ons radikaal anders as die wêreld kan word en nederig kan word gehoorsaam kan word en kan dien in die wêreld sonder om soos die wêreld te word.

Slot So geliefdes wat ons nodig het waar ons ons self en die kerk so baie soos die wêreld laat word en so onsself en ons kinders en die kerk onder die oordeel van die HERE bring

34 Vgl Keller, Center Church, bl 46-47; http://www.desiringgod.org/articles/three-tips-on-being-a-friend-of-sinners

Page 22: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 8,16-29.pdf · 2017. 9. 5. · van Israel of-ie noordelike 10-stamme-ryk. Opmerking En ons het Joram nou al goed leer ken

21

is nie ons eie planne en pogings nie.

Nee ons het die Evangelie belofte van 2Kon 8:19 nodig. Ons het Jesus nodig.

En Hy’s daar vir ons. Kom ons gaan na Hom toe. Amen.