wel en wee van die militêre veterane : berig 11/2020 … · 2020. 12. 8. · koos van rensburg of...

17
WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2020 04/12/2020 WEE VAN DIE VETERANE 1. Afsterwe van Ed van Ravenstein van die SALM Jerry Coetzee van die SALM verwittig met leedwese “… dat Ed skielik op 28/10/2020 by sy huis in Somerset-Wes oorlede is. Hy was 90 jaar oud. Sy laaste pos in die SALM was Bev Opl Kmdmt en het voor dit as ‘n instrukteur, transportvlieënier en militêre attaché gedien. Hy het ‘n groot bydrae gelewer om die SALM as ‘n doeltreffende organisasie te vorm en sal onthou word vir sy fyn humorsin, medemenslikheid en as ‘n ware offisier en heer. Hy word oorleef deur sy seun Edwin, wat in die SALM as ‘n Mirage-vlieënier gedien het en sy dogter, Sonja. ‘n Gedenkdiens is vir Ed op 06/11/2020 in die Strand gehou, waartydens hulde aan hom deur verteenwoordigers van die SALMV gebring is”. 2. Passing of Brad Morris of the SAN Arne Soderland advises with deep regret of the passing “… of Brad Morris on 01/11/2020 in Johannesburg at the age of 63, from complications while under treatment for cancer. Our sincerest sympathy to his wife, Sabrina and her family, as well as his first wife, Lynn and daughter, Alex”. 3. Passing of WO1 Dirk Swarts of the Infantry Emma Schoeman of Personnel advises with regret “… that Dirk passed away on 23/10/2020 after a long battle with stomach cancer. He was 89 years old. Dirk had served at 1 SA Div during WW2 and at 7 Inf Div after the War. His daughter Caro can be contacted at 082 448 0237. Dirk lived for many years in Robertson, but went to Stanford in Mar 2020 where Caro took care of him”. 4. Afsterwe van Erna Da Costa van Personeel Erna se seun, Salmer Scheffer, verwittig met leedwese “… dat my moeder op 15/11/2020 oorlede is, nadat sy aan kanker gely het. Dankie vir al die bystand, mooi wense, liefde en ondersteuning wat almal my Ma gegee het. Sy rus nou by God, vry van pyn en bekommernisse. Nou is die tyd om oor die verlies te rou en die lewe van ' n ware kampioen te vier”. 5. Afsterwe van Wikus van Stade Nico Smith het op die webblad van die United Veteran Association met spyt verwittig “… dat Wikus op 08/11/2020 oorlede is. Ons gaan jou mis en ek wil graag my medelye met alle familie en vriende uitspreek”.

Upload: others

Post on 08-Feb-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2020 04/12/2020

    WEE VAN DIE VETERANE 1. Afsterwe van Ed van Ravenstein van die SALM Jerry Coetzee van die SALM verwittig met leedwese “… dat Ed skielik op 28/10/2020 by sy huis in Somerset-Wes oorlede is. Hy was 90 jaar oud. Sy laaste pos in die SALM was Bev Opl Kmdmt en het voor dit as ‘n instrukteur, transportvlieënier en militêre attaché gedien. Hy het ‘n groot bydrae gelewer om die SALM as ‘n doeltreffende organisasie te vorm en sal onthou word vir sy fyn humorsin, medemenslikheid en as ‘n ware offisier en heer. Hy word oorleef deur sy seun Edwin, wat in die SALM as ‘n Mirage-vlieënier gedien het en sy dogter, Sonja. ‘n Gedenkdiens is vir Ed op 06/11/2020 in die Strand gehou, waartydens hulde aan hom deur verteenwoordigers van die SALMV gebring is”. 2. Passing of Brad Morris of the SAN Arne Soderland advises with deep regret of the passing “… of Brad Morris on 01/11/2020 in Johannesburg at the age of 63, from complications while under treatment for cancer. Our sincerest sympathy to his wife, Sabrina and her family, as well as his first wife, Lynn and daughter, Alex”. 3. Passing of WO1 Dirk Swarts of the Infantry Emma Schoeman of Personnel advises with regret “… that Dirk passed away on 23/10/2020 after a long battle with stomach cancer. He was 89 years old. Dirk had served at 1 SA Div during WW2 and at 7 Inf Div after the War. His daughter Caro can be contacted at 082 448 0237. Dirk lived for many years in Robertson, but went to Stanford in Mar 2020 where Caro took care of him”. 4. Afsterwe van Erna Da Costa van Personeel Erna se seun, Salmer Scheffer, verwittig met leedwese “… dat my moeder op 15/11/2020 oorlede is, nadat sy aan kanker gely het. Dankie vir al die bystand, mooi wense, liefde en ondersteuning wat almal my Ma gegee het. Sy rus nou by God, vry van pyn en bekommernisse. Nou is die tyd om oor die verlies te rou en die lewe van ' n ware kampioen te vier”. 5. Afsterwe van Wikus van Stade Nico Smith het op die webblad van die United Veteran Association met spyt verwittig “… dat Wikus op 08/11/2020 oorlede is. Ons gaan jou mis en ek wil graag my medelye met alle familie en vriende uitspreek”.

  • 6. Passing of Frank Halforty of the SAAF Koos van Rensburg of the SAAFA states that “… it is with great sadness that we learned of the passing away of Frank on 21/11/2020 in a hospital in Durban. We will sadly miss him and wish to convey our sincere condolences to his wife and the family.

    7. Afsterwe van Eben van den Heever van die Kavallerie * Hercules (Ore) van den Heever van die Kavallerie verwittig met spyt “… dat Eben op 21/11/2020 oorlede is”. * Alwyn van Niekerk spreek op FaceBook leedwese met Eben se heengaan namens die Pantserbond uit en bring hulde aan hierdie Kavalleris. 8. Passing of Ray Houghton of the SAAF Koos van Rensburg of the SAAFA advises with regret “… that Ray, a chopper pilot and member of Weskus Branch of the SAAFA, had passed on to higher service on 27/11/2020. Our sincere condolences to Lola, Ray's sons James and Mark and all his friends and family. Ray will be remembered”. 9. Afsterwe van Hans Burger van die Tiffies Jaco Van As van die Pantserbond verwittig met spyt “… dat Hans op 12/11/2020 oorlede is. Hans was die bevelvoerder van die LWT by 2 SDB en was later lank by Pantser- ontwikkeling by Dir TDK, KRYGKOR en OMC betrokke. Innige simpatie en sterkte word die familie toegewens. Die begrafnisdiens het op 20/11/2020 by die NG Gemeente in Valhalla paasgevind”.

  • 10. Passing of Audrey Geyer of the SAAF John Wesley is the Chairman of the branch of the SAAFA in Port Alfred and advises with regret “… that Audrey had passed away on 18/11/2020. Audrey had served in the SAAF in WW2, was the last active member of the branch in Port Alfred who had served in WW2 and was 96 years old. The SAAFA expresses its sincere condolences to her friends and family at these truly sad times. May Audrey rest in peace”. 11. Afsterwe van Peter Penning van die SAV Dan Lamprecht van Spesiale Magte verwittig met leedwese “… dat Peter op op 18/11/2020 aan huis oorlede is. Hy het longvlieskanker opgedoen en het behandelings met drie reekse chemoterapie ontvang. Tydens sy versorging aanhuis het hy geval en ‘n skouer gebreek. Weens sy toestand en ouderdom, was ‘n operasie nie moontlik nie en het hy geweldige pyn verduur. ‘n Geleentheid om sy lewe te vier is op 29/11/2020 by sy seun, Francois, se woning gehou. Francois se selno is 084 465 6999”. 12. Passing of Michael Wilhelm (Buks) Prinsloo van Afd Inl * Manuel Ferreira of the SAAF advises with regret of “... the passing of Buks in his homeland, Angola, on 31/10/2020, after suffering of cancer of the liver. Buks was a citizen of Angola, where he had lived and worked for the last 25 years. * Buks se broer, Corrie, noem dat Buks op 16/07/1958 in Angola as ’n nasaat van die Dorslandtrekkers gebore is, waar hy die afgelope 25 jaar woonagtig en werksaam was. Nadat hy sy diens by Afd Inl voltooi het, is Buks geskei en het hy alleen in Angola gewoon en gewerk. Buks is op die Prinsloo-familieplaas se begrafplaas langs sy oupa met ewe naam begrawe, na 'n kerkdiens op ons dorpie, Chiange, Noord van Cahama, in SW Angola. Ek wil vra dat u my moeder, Breggie Prinsloo, ’n oud-inwoner van Tsumeb, maar nou woonagtig in São Paulo in Brazilië, in u gebede onthou. My Ouboet, mag jou rustelose siel nou vir ewig rus. Kommandant, ek salueer jou!”

    13. Afsterwe van Maggie : Vrou van Jurie Bosch van die Ierse Infanterie en Afd Inl Jurie verwittig met spyt “… dat my sweetheart op 15/11/2020 in Pretoria weens orgaanversaking oorlede is. Sy het die laaste tyd baie swaar gekry en nou stap ek alleen saam met my God op hierdie laaste deel van die pad”. Gen Ian and Helen Gleeson of the Infantry had advised Jurie “… of our deepest sympathies at the passing of your beloved wife, Maggie, whom we knew as a wonderful friend and a very talented and sophisticated lady. We have many happy memories of Maggie and may she Rest in Peace”.

  • 14. Passing of Joan : Widow of Capt Paul Jonker of the SAN Arne also advises with regret of the passing of Joan on 05/11/2020 at home in Durban after battling melanoma cancer for some time. Our sincerest sympathy to Karen, Neil and Lisa and families. In the previous Newsletter it was reported with regret that Paul had passed away in hospital in Durban on 27/10/2020 after suffering a heart attack. He was 81 years old. 15. Passing of Ettie : Wife of Nico Smit of the SAAF Koos van Rensburg of the SAAFA advises with regret “… that Ettie was called to Higher Service on 20/11/2020 after a short illness of one month. She was the epitome of a real lady. We will remember her”. 16. Afsterwe van Trudie : Vrou van Walter Volker van Afd Inl Walter verwittig met leedwese op FaceBook “… dat Trudie op 01/12/2020 in Pretoria oorlede is”.

    17. Operasie vir Tinus (AK) de Jager van die Infanterie In die vorige Nuusbrief is gemeld dat Tinus \n operasie ondergaan het om ‘n gewas in sy buik te verwyder. Tinus noem nou dat hy op 24/11/2020 met ‘n reeks chemo-behandelings begin het en by die huis aansterk. Tinus se selno is 082 805 2448. 18. Terugslag vir John Lizamore van die Infanterie Geoff Holland-Muter van die SA Infanterie-vereniging (SAIV) rapporteer dat John, die SAIV se Nasionale Ere-President is en dat hy by die huis aansterk, nadat hy behandeling by ’n hospitaal in Johannesburg ondergaan het. John verwittig self dat “… daar kanker van die slukderm by my gediagnoseer is en dat daar eersdaags ’n operasie by die St Josephs hospitaal in Johannesburg uitgevoer gaan word, waarna bestralingsbehandeling sal volg. Ek is positief en voel andersins goed. My selno is 082 668 4370“. 19. Terugslag vir Jack Pearce van die Infanterie Geoff Holland-Muter verwittig ook “... dat Jack se gesondheid nie goed is nie. Sy toestand is besig om te verbeter maar hy is onder streng toesig by sy huis. Jack se selno is 083 844 3461. 20. Operasie vir Johann Boshoff : Voorsitter van die Infanterie-vereniging Albert Peters van Leërinligting rapporteer “… dat Johann ‘n ernstige rugoperasie ondergaan het en kort daarna longontsteking in die hospitaal opgedoen het, waarna hy in Hoë Sorg vir

  • behandeling geplaas is. Op 16/11/2020 is hy na ‘n gewone saal oorgeplaas en is besig om goed te herstel”. 21. Terugslag vir Mias Muller van Leërinligting Sarel du Plessis van die Geskut rapporteer “… dat Mias, woonagtig by die Theewaterkloofdam, by die Medikliniek in Hermanus vir ‘n rugoperasie opgeneem is en sterk steeds tans daar aan. Die operasie was sovêr ‘n sukses. My selno is 083 254 4514”. 22. Set-back for Chaplain Reg Cawcutt of the SAN Arne also advises that “… on 09/11/2020 Bishop Reg Cawcutt collapsed and was taken to Cape Town Medical-Clinic and later transferred to Chris Barnard Hospital where they performed emergency surgery for an aortic aneurysm. He was in ICU in a critical condition for a while but is now back at home in his flat at Nazareth House and well on his way to recovery”. PERSOONLIKE BOODSKAPPE 23. Gedagte oor Peter Penning van die SAV Dan Lamprecht van Spesiale Magte verklaar namens die SA Mil Akad se klas van 1963 “… dat Peter se loopbaan gekenmerk is deur sy professionaliteit, netjiese drag en sy spitsvondigheid. Hy was ‘n ware heer. Na sy militêre loopbaan het hy ‘n suksesvolle sake-onderneming tot stand gebring en was betrokke by die Vriende van Indonesië-vereniging, ‘n saak wat hom na aan die hart gelê het. Hy was ‘n ywerige en gewaardeerde lid van MA63 se reünies en byeenkomste, waar hy onder andere as die ‘amptelike’ fotograaf gedien het. Dit was ‘n riem onder die hart om sy goeie stem te hoor en hy het altyd suiwer Afrikaans of Engels gebruik. Hy was ‘n ware kameraad en sy plek is nou leeg. Ons gun hom die verlossing van pyn en die rus en vrede wat hierdie oproep na Hoër diens bring”. 24. Gedagte oor Chris Snyman van die SALM Wynand Bauer van die SALM noem dat hy “... en Chris saam op die SALM se Stafkursus in 1990 was, waar Chris as die kursusleier verkies is. Na ons rondawels aan ons toegeken is, het Chris met ‘n stokoue yskas opgedaag, waarin hy ’n hoeveelheid versterkmiddels gepak het. Hy dra ook ‘n hele paar blikke Kenna koffie en drie kartonne sigarette aan, maar het gelukkig darem later opgehou rook. Vele male gedurende die kursus is ek geroep om eers saam Schnapps en daarna koffie te drink. Nodeloos om te noem dat ek na die kursus nooit weer Schnapps of Kenna koffie gedrink het nie. Chris, ou maat, ek sal altyd daardie kuiersessies tussen die waarderings en stafgeskrifte onthou. Rus in vrede”. 25. Andre Kruger van die Infanterie “Ons het die gastehuis, Walking on Water, in Saldanhabaai weens Covid-19 gesluit en wag om dit as deel van aftreebeplanning te verkoop. Dien nog steeds op Saldanhabaai se Burgemeesterskomitee tot die 2021 verkiesing. Daarna gaan ek my toespits op die Weskus se natuurbewaring”. 26. Robbie Fox van Logistiek Presteer Robbie verwittig dat hy die Silwermedalje by Gauteng se rolbalkampioenskappe gewen het.

  • MILITêRE AANGELEENTHEDE 27. Die Patetiese Militêre Argief in Irene * Paul Els noem dat hy nie meer bereid is om sy tyd by die SANW Argief te mors nie. * Die Militêre Geskiedkundige, Neels Nothling, beaam en verklaar dat hy “… na vyf jaar steeds sukkel om toegang tot twee afgestorwe vlieëniers se diensrekords by die SANW Argief te kry. My e-posberigte en fakse word geïgnoreer en dit blyk dat die verskuiwing vanaf Schwickerdtstraat vir hulle baie traumaties was”. 28. Russia Co-operates With China to Achieve Parity with the West In Arne Soderland MN reference was made to a speech of the Russian President on prospects of military co-operation between Russia and China, to create a military union. Pres Putin stated that “... our relationship has reached a level of interaction and trust. We jointly hold regular military exercises at sea and on the ground in China and the Russian Federation. We have reached a high interaction level in military-technical co-operation and technology transfer”. The photo shows Chinese and Russian warships during a joint drill on the East China Sea in 2014.

    DIE STRYD IN NOORD-MOSAMBIEK 29. Versoek dat een van ons lesers ‘n inset oor hierdie kwessie lewer. Dit het die potensiaal om die hele streek te destabiliseer. Wonder wanneer gaan Al J. Venter weer daar besoek aflê? TOEKOMSTIGE OORLOGTEATERS 30. Taiwan Is Building Eight New Submarines Angel reports in his MN that Taiwan has begun building its first new submarines in a generation. And when the boats enter service starting around 2025, they could help to tilt the balance of power across the Taiwan Strait toward Taiwan. it is assessed that they alone

  • could destroy a Chinese invasion fleet. Photo shows one of its submarines surfacing near a frigate of the navy of the Republic of China (Taiwan).

    WELSYNSPROJEKTE 31. NTR. EIETYDSE MILITERE GESKIEDENIS 32. Noodvlug vanaf Rundu na LMB Waterkloof Johann Engelbrecht van Leërinligting noem dat hy “… wil kontak maak met die vlieënier wat op 18/02/1985 ‘n noodvlug met ‘n King Air van die SALM vanaf Rundu na LMB Waterkloof met my vrou, Eljo, en ons pasgebore seuntjie, Buchner, onderneem het. Buchner is in die Staatshospitaal in Rundu gebore, maar het kort daarna asemnood ontwikkel, kon nie in Rundu behandel word nie en moes na 1 Mil Hosp vir behandeling afgevoer word. BG SWAGM, Genl Georg Meiring, het sy beplande vlug na Ariamsvlei gekanselleer en die King Air is na Rundu gespaander om Eljo en Buchner na Pretoria te vlieg. Na tien dae se intensiewe behandeling en baie gebede, waartydens ons kind se lewe letterlik aan ‘n draadjie gehang het, was hy buite gevaar en kon ek moeder en kind gaan haal en met ‘n vlug van SAFAIR huis toe bring. Die vlieënier was `n kaptein van die SALM wat as een van Dick Lord se manne op Windhoek gestasioneer was. Ek het die vlieënier nog etlike keer daarna gesien, waartydens hy altyd oor my seuntjie navraag gedoen het. Na my termyn in Sektor 20 het ek die vlieënier nooit weer gesien nie, maar waaroor ek regtig spyt is, is dat ek sy naam vergeet het. Graag sou ek met hom in verbinding wou tree of ten minste net sy naam en van bekom vir die gedeelte van `n boek waarvan ek tans medeskrywer is. Ek sal dit baie waardeer as een van die makkers my op my e-posadres, [email protected], sal kan help”. 33. Die Slag van Ebo Jaco Steenberg noem “... dat op 23/11/2020 het ons die veldslag by Ebo 45 jaar gelede tydens Op Savannah herdenk”. Die datum is op een van FAPLA se gevegstenk geskryf wat op daardie datum uitgeskiet is”.

  • 34. Spanish Fort on the Coast of Florida in the USA This well-preserved fort has a remarkable resemblanche to our own, but seems to be missing one of the battlements.

    35. Remembering the Fallen. Jaco Steenberg van die SAWV provided the following in memory of all our fallen comrades: 36. The SAAF Also Remembers This photo appeared in Martha Visser’s Newsletter of the Whale Coast Branch of the SAAFA.

  • MILITêRE MEDIESE VERSORGING 37. Dank aan die SAGD se Siekeboeg in Port Elizabeth Kapt (SAV) M.J. Grobbelaar noem dat hy “... die afgelope twee jaar in Port Elizabeth woon en graag my dank en waardering teenoor die mediese personeel by hierdie Siekeboeg wil uitspreek. Hulle is altyd hulpvaardig en beleef, ongeag die getal lede wat hulle moet bedien. Ek wil in die besonder vir sers Pietersen bedank, wat altyd flink en professionele mediese diens verskaf en ek het die bevelvoerder dienooreenkomstig ingelig”. 38. Goeie Diens by die Siekeboeg in Kempton Park Laurette Smalman skryf oor die SAMGD se installasie in Kempton Park en noem dat “… hierdie ‘n voorbeeld is waar ‘n bevelvoerder haar beroep met ‘n passie bestuur. Die personeel is op hulle pos, almal is Covid-19 bewus en daar is gemaklike stoele in die wagarea op die stoep. Die stoep is vol lieflike plante wat die personeel self aangeplant het. Die diens is uitstekend. Dankie, maj Fourie”.

    FUNCTIONING OF THE MEDICAL CONTINUATION FUND (RFMCF) 39. NTR. NUWE MILITêRE BOEKE 40. Ons Was Daar : Sektor 20 en 70. Johan van Wyngaard van Leërinligting verwittig soos volg oor sy nuwe boek wat nou reeds beskikbaar is: “Die boek beslaan 520 bladsye en bevat al die insette wat ek van julle en nog meer ontvang het. Die voormalige BG SWAGM, Genl Willie Meyer van die Kavallerie, het die voorwoord geskryf. Daar is twee weergawes, naamlik ‘n swart en wit boek vir R280 en ‘n boek met 30 kleur blaaie vir R340. Lede wat se insette in die boek verskyn kan dit teen kosprys vir R280 kry. Daar is ‘n fooi om dit per pos aan te stuur. Die boek is nie geskryf om ‘n inkomste te verdien nie en derhalwe verkies ek om dit self te verkoop, aangesien drukkers en boekwinkels tussen 35% en 50% van die boek se prys neem. Ek verneem graag van belangstellendes en sal oproepe op WhatsApp by 083 797 8026 waardeer”.

  • PAUL ELS SE BOEKE 41. NTR. ALGEMENE ASPEKTE 42. Military Despatches Robbie Roberts reports that the issue for Dec 2020 of Matt Tennyson's excellent publication is available from his e-mail address at [email protected]. 43. Newsletter of the Naval Officers’ Association of Southern Africa Angel states that Spindrift, the Newsletter for Dec 2020 and Jan 2021, is available and can be requested from the Secretary, John Lamont, at [email protected].

    44. Bat Chat : Newsletter of the Pretoria Canopy This exelent publication of Chris Pohl and Paul Els quarterly issue No 03/2020 is now available from [email protected]. It features some great articles, like ‘The reasons for the Border War’ and it may surprise the reader”.

  • NUUS OOR DIE VETERANE-ORGANISASIES 45. Inleiding Hierdie groephoof is geskep met die spesifieke doel om aan die Veterane-organisasies ’n forum te bied waar hulle die breër Veterane-gemeenskap oor hulle onderskeie aktiwiteite kan inlig. Maak gerus gebruik daarvan en insette sal waardeer word. 46. Aktiwiteite van die SA Infanterie-vereniging (SAIV). Geoff Holland-Muter verwittig soos volg: a. Gedenkdienste Al die SAIV se Takke en die NUR het aan die Wapenstilstandsdag se Gedenkdienste deelgeneem. Hierdie foto toon sommige van die Infanteriste wat die geleentheid by die Oorlogsmuseum in Johannesburg bygewoon het.

    .

    b. Hinderlae. Daar gaan hierdie jaar geen verdere Hinderlae plaasvind nie. Sluit gerus by van die takke se geleenthede aan wat in Des 2020 gereël word. In 2021 sal daar weer voluit met die reël van Hinderlae begin word. c. SAIV se Tak op die Wesrand Die Tak op die Wesrand het op 25/10/2020 ’n geslaagde potjiekosdag gehou en 17 nuwe lede is tydens ‘n vergadering op 31/10/2020 verwelkom en hulle lidmaatskap-sertifikate oorhandig. d. Tak op die Tuinroete Hierdie Tak is op 26/09/2020 gestig om die Veterane woonagtig in George, Mosselbaai, Oudtshoorn en die omgewings te bedien. Skakel vir Sam Thwaites by 082 570 4891 of Derick Coetzee by 083 459 9030 om aan te sluit. e. Tak in Pretoria-Noord Bekendstelling van die Tak het op 28/11/2020 plaasgevind en bedien die Moot en die gebied Noord van die Magaliesberg. Doen asseblief navraag by Bertus te 076 850 8004 of Geoff by 076 637 9355. Volgende jaar sal ontbyt by die Montanellis Restaurant in Montana vanaf 08:00 vir R69-00 per persoon gereël word.

  • f. Tak aan die Oos-Rand Veterane in hierdie gebied moet vir Sven Smuts-Muller by 072 831 4884 skakel om betrokke te raak. Kom kuier saam. g. Navrae Vir navrae oor die SAIV se aktiwiteite kan enige lid van die NUR of die sekretaris, Geoff Holland-Muter, by 076 637 9355 geskakel word. 47. Voorsiening vir die Senior Veterane van die SAIV Die Bestuur van die SAIV is besig om die Vereniging te herontwerp en het reeds gevorder met die stig van landwye takke, soos wat hierbo gesien kan word. Die herontwerp het egter ook ten doel om te verseker dat daar nou voldoende voorsiening vir die ouer garde gemaak word. Die Bestuur beskou hierdie poging as van kritieke belang, aangesien die senior lede nog altyd die kern van die korps verteenwoordig het. Daar is kennis geneem van die gevoel dat geleenthede op Saterdae nie noodwendig geskik is nie en dat Woensdae beter sal werk. Die Bestuur wil verseker dat reëlings getref word wat vir die meeste van die senior lede aanvaarbaar sal wees en benodig u insette om ‘n geloofwaardige alternatief te skep. Bywoning van die SAIV se geleenthede op Saterdae het reeds ‘n gevestigde gebruik onder die jonger lede geword en daar gaan nie noodwendig daarvan afgesien word nie. Daar is selfs die gedagte uitgespreek dat ‘n SAIV Oudstryderstak (!) gestig moet word. U mening word graag by die e-posadres te [email protected] versoek,

    48. Celebration of the 20th Anniversary of the Signals’ Association in the Western Cape Robbie Roberts is the Chairman of the Signals Association and reports that “… on 02/12/2000 I was serving as OC 71 Sig Unit and I and my leader group initiated the establishment of the Signals’ Association (Western Cape), following a successful Open Day event held at Acacia Park Military Base where Maj Gen Piet Verbeek officiated and where Signallers from all walks of life came together after reading advertisements placed in various newspapers. Thus, on 02/12/2020 we celebrate our 20th year of existence and are proud of the fact that on not a single occasion did we ever fall foul of our association’s Constitution. We are proud of the fact that our Association has been going for probably longer than any other Military Veteran Association for Signallers in our country, other than the 70 year ‘tradition’ set by the Cape Town based 3 Bde Sig Coy Reunion Association which was held every year from 01/05/1946 until 01/05/2016”. 49. The Signals Newsletter : Jimmy's Own All interested persons can view the latest edition of Jimmy's Own on the website at www.signalsassociation.org.za, or it can be obtained from Robbie on his e-mail address at [email protected]. This issue provides a modest reflection of our 20th year of existence and contains some newsworthy articles which I hope our readers will find of interest. I call upon our members/readers to provide me with input that could be inserted in future editions of our newsletter. Thanks to new member Bill Smith for drafting us an article about his stint in Op Savanna when he was a member of 71 Sig Unit at the time.

  • ASPECTS CONCERNING OUR PENSION FUND (GEPF) 50. Beroep op Ondersteuning van AMAGP. Hermann Hanekom van AMAGP het op die FB-blad , GEPF Waghond die volgende beroep op die Pensionarisse gedoen: “Geagte bydraers tot en begunstigdes van ons pensioenfonds. Daar is nou meer as 39 700 inskrywings en volgelinge van ons Webblad en dit is iets om oor te jubel. Die probleem is dat Facebook egter geen stukrag verskaf nie. AMAGP het nog meer lede nodig om ons pensioene te beskerm sodat ons ernstig opgeneem kan word. Sluit aan by AMAGP sodat ons getalle ons sterker kan maak en meer bedingingsmag kan verskaf. Aansluiting kos niks en neem net minder as drie minute om te doen. Drie minute ter beskerming van ons pensioene is niks. Gaan na die skakel by https://www.amagp.co.za/ en sluit asseblief spoedig aan. Kliek op die hoofblad se boonste linkerkolom en kliek op ‘Application’, kies jou taalvoorkeur, voltooi en stuur in en jy is nou outomaties ‘n lid. AMAGP is 100% apolities”. 51. Public Statement by AMAGP on the Government’s Request to Invest. AP Stemmet has issued the following statement on behalf of AMAGP, which has been shortened: Pension Funds are being invited to invest in infrastructure projects with the Government, but it is to equate the SA Government to the jackal and the Pension Funds to the gosling in the well-known rhyme. The SA Government has in the past neither demonstrated the capabilities required to safeguard investments, nor to manage any business entity successful. On the contrary! Every day we hear about yet another failed State Owned Entity that requires a bailout. The expectation must be high from within Government that the GEPF, due to its size, should provide the funds required. A third of the GEPF's assets have been placed at the disposal of the SA Government for more than 10 years already. In 2019 the amount was R521 billion and is not visible or matched by any of the other pension funds in SA. The money belongs to the members of the pension fund and not to the government. The GEPF is already overexposed to the SA Government. The GEPF does not have surplus funds at its disposal for investment in government infrastructure projects. Already the unhealthy situation exists where returns on investments are not sufficient to cover administration costs and the payment of existing pensions. Finally, the Trustees of the GEPF should be reminded that the pension fund was established to provide a pension for its members and not for the schemes of a bankrupt government with a junk status credit rating. Such actions are in fact illegal. To date the Trustees have distanced themselves from taking full accountability for the outcome of investments. A repeat performance of shifting all blame to the asset manager for making ill advised

  • investments is not going to work. Personal accountability of trustees should now become a reality. 52. The Risk of Investing in State Projects Johan Alberts state that “… the news that the Government is in talks with pension fund managers should terrify all of us. Please keep in mind that to invest in the State projects, other GEPF investments will first have to be liquidated to raise funds, which will be at a loss in this current depressed financial climate”. 53. Bedreiging vir Ons Pensioenfonds As Kleynhans van die Lugafweer noem dat “… die Minister van Finansies se aankondiging dat die Regering beplan om Regulasie 28 te wysig, raak die bedreiging vir ons Pensioenfonds net groter. Dit is noodsaaklik dat ons getalle versterk word en ek het dokumentasie, soos hieronder, wat beskikbaar is om met ‘n werwingspoging te gebruik. Verwittig my op die e-posadres by [email protected] dan stuur ek dit aan. Die volgende skakels kan gebruik word om aanlyn vir lidmaatskap te registreer: https://amagp.coffeecup.com/forms/amagp%20membership https://amagp.coffeecup.com/forms/amagp%20membership-afr

    54. Advies teen Onttrekking uit die Pensioenfonds AP Stemmet noem “... dat Nico van Gijsen reeds op 29/04/2018 in Rapport teen onttrekking uit die Fonds gewaarsku het. AMAGP kry geweldig baie navrae hieroor, maar AMAGP huldig steeds dieselfde standpunt en ons glo nie dat dit tot die voordeel van die lid is om sy

  • aktuariële belang te neem en self te belê nie. Dit is ook ongetwyfeld tot die nadeel van die pensionfonds”. 55. Legal Action by AMAGP Adamus P Stemmet explains that “… our members often blame AMAGP for not taking the GEPF to court. The obvious reason is that we simply cannot afford it. We, however, work in close co-operation with organizations like the PSA, Solidarity and also have the support of some political parties. In this regard we are grateful to note that the High Court has ruled in favour of the PSA on the actuarial interest factors affecting the benefit of some 1.2 million public servants”. 56. Hulp met Navrae oor Pensioene Susan Voges is vir die GEPF behulpsaam met navrae oor lede se pensioene by die GEPF. Kontak vir Susan by [email protected] indien u steun benodig. 57. New Issue of the GEPF Monitor The new Issue, namely Newsletter 19 of 2020, is now available and can be read on our website at www.amagp.co.za, or can be requested from the e-mail address at [email protected]. 58. Nuwe Voorkoms van AMAGP se Blad op FaceBook As Kleynhans van die Lugafweer verwittig “…dat AMAGP se blad op FaceBook ‘n gedaanteverwisseling ondergaan het. Dit het ‘n nuwe gesiggie en die naam is nou GEPF WATCHDOG/WAGHOND. Die nuwe voorkoms trek aandag en ons ledetal op Facebook binne drie dae met meer as 1000 gegroei, wat talle lede van die SAP en ander staatsdepartemente insluit”. SOEKTOGTE 59. Waar is Les, Tienie en Martyn Johan van Wyngaard van Leërinligting noem dat sy nuwe boek, Ons Was Daar Sektor 20 en 70, nou voltooi is en hy graag almal wil bedank wat bydraes gelewer het. Ek en Johan het die e-posadresse van Les Lynch van die SALM en Tienie Coetzer van die Kavallerie verloor, terwyl Wynie ook met kpl Martyn Turk wil kontak maak. Wynie se e-posadres is [email protected] en verwittig ook die Nuusbrief asseblief. GELEENTHEDE, FUNKSIES EN KURSUS- EN ANDER RE-UNIES 60. SAAFA Banquet 2020 Koos van Rensburg of the SAAFA states that he “… has created a picture gallery for the 2020 Banquet that was held on 07/11/2020 at the Saint George Hotel in Pretoria. Koos asks that if anyone has any pictures to be added, it should be forwarded to him for inclusion. The e-mail address of Koos is [email protected]. 61. Middagete van die SALMV se Tak in Hermanus Martha Visser noem dat “… alhoewel die Covid-19 pandemie sy tol met ons geskeduleerde byeenkomste vir die jaar geëis het, was dit sommer ekstra lekker om weer saam met almal

  • na al die maande te kon kuier. Die ete op 04/11/2020 by die Hermanus Gholfklub was sommer baie lekker, soos wat die foto toon”.

    62. Eenheid Griffioen van die SAWV se Laaste Ontbyt van die Jaar Kleintjie Hattingh nooi almal na Eenheid Griffioen se laaste maandelikse ontbyt onder die vaandel van Op Kolgans. Dit is ‘n heerlike buffet-ontbyt met onbeperkte koffie en tee wat vanaf 08:30 op Saterdag 12/12/2020 by Chatterley’s Tea Garden in Valhalla vir R60 per persoon aangebied word. Onthou asseblief die blikkieskos as bydrae vir ons Projek Sandpatrys, wat as Makkerhulp beoog word. My selno is 083 776 7667”. 63. Geleentheid vir die Veterane van Op Savannah in Boksburg Basil Duke-Norris van die Infanterie noem dat “… al die Veterane genooi word om ‘n geleentheid saam met Op Savannah se Veterane by die Adventure Country Pub by 119 Madeleyweg 119 in Boksburg vanaf 10:00 op 16/12/2020 by te woon. Die toegangsfooi is R25 toegangsfooi wat vir 'n porsie varkvleis op die spit voorsiening sal maak. Daar sal musiek, ‘n kontantkroeg, samesang, en die verkoop van boeke en memorabilia wees. Braaivleisvure sal gereed wees vir die wat self wil braai, terwyl ons die pap en sous sal verskaf. Bring ' n kampstoel. Met sonsondergang sal ‘n gedenkhuldeblyk aan wyle genl Constand Viljoen gelewer word, gevolg deur Carols by Fire Light. Bel vir my by 072 9019 280 of Peter by 082 893 8357 vir meer informasie”. ADMINISTRASIE 64. Verskoning word aangebied dat hierdie Nuusbrief nie teen 30/11/2020 beskikbaar was nie, maar my rieme het vasgedraai. Die Agentskap gaan teen volle stoom in Des 2020 voort, maar ek en Isa wil graag toestemming vra om nie in Des 2020 ‘n Nuusbrief uit te reik nie. Ons moet batterye herlaai en sal in Jan 2021 weer op ons pos wees. Gaan asseblief voort om insette in te stuur, maar dit sal eers teen einde Jan 2021 in die eerste Nuusbrief van die jaar ingesluit wees. NETWORKING 65. NTR. LAASTE LAWWE (EN SOMS ERNSTIGE) STUKKE 66. Die Ware Naarheid. Die familie is op pad vir Krismis:

  • 67. Heard on the Golf Course on the Heights Player who had a disastrous round to his Caddy : I am certain that we will do better when I see you next time. Caddy : Not if I see you first. 68. Problem Solving in the SADF

    Make a plan. And if that does not work, make another one and if that does not work, you are probably the problem – Cpl Alexandra Fuller SLOT 69. And on that thoughtful note, begin om die voorbereidings vir die Kersgety te geniet. Johann VRYWARINGSKLOUSULE 70. Hierdie Nuusbrief bevat die uiteenlopende en diverse persoonlike menings van Militêre Veterane en die Opsteller van die Nuusbrief kan nie in sy persoonlike hoedanigheid daarvoor verantwoordelik of aanspreeklik gehou word nie.