welpienuusbrief 29 2014

4
2014 September 30 Nuusbrief 29 Saamgestel deur Wilna van Rooyen 083 454 2843 [email protected] Oupa—en Oumadag Dit was darem net ’n voorreg om saam met ons mooi kleuters se oupas en oumas te kuier! Baie dankie aan elkeen wat die geleentheid bygewoon het! Baie dankie aan juffroue Jeannine en Zuanéll wat die dag vir ons gereël het! Ons het dit as ’n heerlike fees beleef. Baie dankie aan elke juffrou vir insette en aktiwiteite, wat die dag besonders gemaak het! OUPAS EN OUMAS, liefde en lente!: Moet nooit die waarde van jou voorbeeld onderskat wanneer jy vir jou kleinkinders verdraagsaamheid, genade, vergifnis, vrygewigheid of geduld illustreer nie. Dit is nooit te laat in die lewe om vir iemand anders ’n inspirasie te wees nie! Ted O’Neal Mense word vernuwe deur die liefde. Soos sondige begeer- tes hulle verouder, so werk liefde om hulle jonk te maak. Augustinus Maak nuut my dink oor U, ander en myself. Maak nuut my hart. My siel. Ja! Laat blom my manier van leef. Dag na dag na dag. Milanie Vosloo

Upload: tame-times

Post on 05-Apr-2016

219 views

Category:

Documents


2 download

DESCRIPTION

Welpienuusbrief 29 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Welpienuusbrief 29 2014

2014 September 30 Nuusbrief 29

Saamgestel deur Wilna van Rooyen

083 454 2843

[email protected]

Oupa—en Oumadag

Dit was darem net ’n voorreg om saam met ons mooi

kleuters se oupas en oumas te kuier!

Baie dankie aan elkeen wat die geleentheid bygewoon

het!

Baie dankie aan juffroue Jeannine en Zuanéll wat die

dag vir ons gereël het! Ons het dit as ’n heerlike fees

beleef.

Baie dankie aan elke juffrou vir insette en aktiwiteite,

wat die dag besonders gemaak het!

OUPAS EN OUMAS, liefde en lente!:

Moet nooit die waarde van jou voorbeeld onderskat wanneer

jy vir jou kleinkinders verdraagsaamheid, genade, vergifnis,

vrygewigheid of geduld illustreer nie. Dit is nooit te laat in

die lewe om vir iemand anders ’n inspirasie te wees nie!

Ted O’Neal

Mense word vernuwe deur die liefde. Soos sondige begeer-

tes hulle verouder, so werk liefde om hulle jonk te maak.

Augustinus

Maak nuut my dink oor U, ander en myself. Maak nuut my

hart. My siel. Ja! Laat blom my manier van leef. Dag na dag

na dag. Milanie Vosloo

Page 2: Welpienuusbrief 29 2014

Page 2 GRADEPLEGTIGHEID 7 OKTOBER:

Ons graad nulle se gradeplegtigheid vind op 7 Ok-

tober om 18:30 in die Hoërskoolsaal plaas. Dit is ’n

baie spesiale geleentheid vir ons mooi maatjies en

ons nooi ouers, grootouers familie en vriende om

ons kleuters se vreugde met hulle te kom deel.

Onthou asseblief om per SMS te laat weet hoeveel

gaste u gaan wees!

KAALVOET:

Ons kleuters is baie welkom om kaalvoet

skool toe te kom, gedurende die heerlike

lente- en somermaande!

FANTASIETUIN:

Ons het begin met ’n ―fantasietuintjie‖

onder die groot klim– en klouterappa-

raat. Ons vra dat u asb. oortollige plant-

jies, enige tuinversierings, trapklippe,

ens. wat u nie gebruik nie, na die skool sal

stuur—ons sal dit verwelkom!

Ons kleuters is vreeslik trots op die tuin-

tjie, u hulp daarmee sal wonderlik wees!

VERJAARSDAE IN OKTOBER:

Baie geluk aan:

Carlo Bricalli, Kaden Geldenhuys, Shiloh

Gooding, Welton Botha, Megan de Vaal, Hanno

Pienaar, Helen Hunt, Lia Grobler en Margue-

riterite met jul verjaarsdae!

Mag die Heer elkeen in besonder seën en

koester in Sy liefde en genade.

Page 3: Welpienuusbrief 29 2014

7 Oktober om 18:30 Gradeplegtigheid in die

Hoërskoolsaal 10 Oktober: Bandanadag—almal dra

kopdoeke 16 Oktober: Skool sluit om 12:00 vir reses

en open weer op 21 Oktober 24 Oktober: Wieledag

Belangrike datums: Page 3

Ons Oupas en Oumas maak die mooiste artikels

saam met ons kleuters!

Page 4: Welpienuusbrief 29 2014

Kopiereg

Voorebehou

Telefoon: 011 622-1806

Wilna: 083 454-2843

[email protected]

KLEINKINDERS :

Kleinkinders is vir grootouers ’n gawe, maar so ook is grootouers vir kleinkinders ’n genade. Oupas en oumas maak die

wêreld net so ’n bietjie sagter, so ’n bietjie warmer. En kleinkinders doen dit ook: hulle aanvaar ouma soos selfs haar

ouers, man of hul kinders haar nie aanvaar het nie. En niks maak ’n kind slimmer, ouliker en meer spesiaal as om ’n

liefdevolle ouma se kleinkind te wees nie. Niemand kan vir kinders gee wat oupas en oumas kan nie—soveel liefde, tyd,

aandag, bewondering en alles sonder kritiek of haas.

Geniet u kleinkind met volle oorgawe!

Vriendelike groete!

Wilna van Rooyen en die Voorskoolpersoneel

Liefde

Liefde is onsigbaar—dit kan nie gemeet of gesien word nie en tog is

dit magtig genoeg om jou in ’n oomblik te transformeer en jou

meer vreugde te bied as enige materiële besittings.

Barbara de Angelis

Vier pilare: Christelikheid en dissipline,

Uitnemende Akademie, Kultuur en Sport

Professionaliteit