wessel, joan en tiago van der merwe · 2018. 8. 10. · 6. nagmaal: sondag 19 augustus ons wil die...

5
PROGRAM VIR VANDAG Baie welkom in die erediens. ʼn Spesiale welkom aan nuwe lidmate, besoekers en studente. Het jy geweet dat jy die Bybel op jou foon kan aflaai? Ringskanselruiling Oggenddiens: 09:00 Kategese 10:00 Erediens: Ds. Hannes Koegelenberg Skriflesing: 1 Petrus 5: 5-11 Tema: Hoe moet ons leef in hierdie onderstebo , deurmekaar en vyandige wêreld 11:00 Tee na die erediens Aanddiens: 18:00 Erediens: Dr. Johan van den Heever Skriflesing: Johannes 6: 35; 41-51 Tema: Om te glo of om nie te glo nie. Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] facebook.com/ngrondebosch NG Gemeente Rondebosch Derryweg 2, Rondebosch Die Bulletin: 12Augustus 2018 Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family who with open doors joyfully reach out to our community. Indien jy gebed of huisbesoek benodig, voltooi asb. die groen vorm in die kerk of kontak die kerkkantoor by 021 686 4315. Sendingwerkers vir die week: Benson en Mutende Sakala....... doen evangeliseringswerk onder die Somaliërs in Kenia. Hulle werk onder groot druk en is baie afhanklik van die bydraes van ondersteunende gemeentes. Dankie vir elke bydrae. Voog: Ina du Toit Wessel, Joan en Tiago van der Merwe Huidiglik werk Wessel en Joan om Bybelopleiding aan jongmen- se te gee in Mosambiek. Hulle het onlangs Bybels in beide Por- tugees en Engels ontvang wat hulle onder die betrokkenes uitdeel en vir hulle leer. Hulle vra voorbidding vir van die leiers wat hulle opgelei het om die Woord te bedien. Hulle gebruik baie eenvoudige hulpmiddels om aan die ge- meenskap God se woord te bring. Hulle getuig ook van wonderwerke en vra ook dat ons ge- meente bid vir beskerming teen Malaria, wat hulle werk bemoeilik. Groete uit Mosambiek aan ons gemeente! Voog: Ester Freeman

Upload: others

Post on 17-Mar-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe · 2018. 8. 10. · 6. NAGMAAL: Sondag 19 Augustus Ons wil die Nagmaal Flip Rossouw, Huis Piet du Toit, Rosebank 'n besonderse aanbiddingsgeleent-

PROGRAM VIR VANDAG Baie welkom in die erediens.

ʼn Spesiale welkom aan nuwe lidmate, besoekers en studente. Het jy geweet dat jy die Bybel op jou foon kan aflaai?

Ringskanselruiling

Oggenddiens:

09:00 Kategese

10:00 Erediens: Ds. Hannes Koegelenberg

Skriflesing: 1 Petrus 5: 5-11

Tema: Hoe moet ons leef in hierdie onderstebo , deurmekaar en

vyandige wêreld

11:00 Tee na die erediens

Aanddiens:

18:00 Erediens: Dr. Johan van den Heever

Skriflesing: Johannes 6: 35; 41-51

Tema: Om te glo of om nie te glo nie.

Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] facebook.com/ngrondebosch

NG Gemeente Rondebosch Derryweg 2 , Rondebosch

Die Bulletin: 12Augustus 2018

Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family who with open doors joyfully reach out to our community.

Indien jy gebed of huisbesoek benodig, voltooi asb. die groen vorm in die kerk of kontak die kerkkantoor by 021 686 4315.

Sendingwerkers vir die week:

Benson en Mutende Sakala.......

doen evangeliseringswerk onder

die Somaliërs in Kenia. Hulle

werk onder groot druk en is baie

afhanklik van die bydraes van

ondersteunende gemeentes.

Dankie vir elke bydrae.

Voog: Ina du Toit

Wessel, Joan en Tiago

van der Merwe

Huidiglik werk Wessel en Joan

om Bybelopleiding aan jongmen-

se te gee in Mosambiek. Hulle

het onlangs Bybels in beide Por-

tugees en Engels ontvang wat

hulle onder die betrokkenes

uitdeel en vir hulle leer. Hulle vra voorbidding vir van die

leiers wat hulle opgelei het om die Woord te bedien.

Hulle gebruik baie eenvoudige hulpmiddels om aan die ge-

meenskap God se woord te bring.

Hulle getuig ook van wonderwerke en vra ook dat ons ge-

meente bid vir beskerming teen Malaria, wat hulle werk

bemoeilik.

Groete uit Mosambiek aan ons gemeente!

Voog: Ester Freeman

Page 2: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe · 2018. 8. 10. · 6. NAGMAAL: Sondag 19 Augustus Ons wil die Nagmaal Flip Rossouw, Huis Piet du Toit, Rosebank 'n besonderse aanbiddingsgeleent-

Verjaardae vir die Week

Florrie Kerschbaumer 12 Aug Doreen Starke 14 Aug Betsie Momsen 15 Aug Francois Conradie 17 Aug Edward Coetzee 18 Aug

HUIS LüCKHOFF JAARLIKSE

FONDSINSAMELING

Die ontbyt by Kelvin Grove vind Donderdag, 16 Augustus, om 09:00 plaas. Die koste beloop R300 pp en die spreker is Robin Jackman. Ons gemeente samel elke jaar fondse in vir 3 tafels

met 10 sitplekke.

Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie, is enige donasie welkom.

Kontak asb. Thea, Anna, Ina of Ester

FINANSIËLE OORSIG AUGUSTUS 2018:

Dankoffers vir Augustus: R7055 Mikpunt: R50 000 p.m. Erediensoffers vir Augustus: R3 567 Mikpunt: R12 000 p.m.

1. Railway Vintage Market: 28 September 16:00-20:30 en

2 November.

Ons fokus is die jongmense in ons

gemeenskap. Stalletjies sal baie bepaald

op hulle behoeftes probeer fokus. Stal-

letjies gaan aan buite uitstallers verhuur

word vir R50. (Indien jy weet van mense

wat 'n stalletjie sou wou kom op sit, laat

weet gerus. Ons kort nog plate en klere-

stalletjies). Ons gaan egter die kos en

drinkgoed self verkoop. Ons wil die mark klein begin en hoop om

dit 'n permanente instelling hier by ons te maak. Indien jy

ou plate, nog in hulle omslae, aan ons wil skenk, kan dit by die

kerkkantoor afgelaai word. Indien jy 'n stalletjie wil kom opsit met

ou “vintage” klere, kontak ons gerus. Kontak vir Arina by

071 594 9659 vir meer inligting.

2. Saameet Oggend: Ons beplan ‘n heerlike saameet-gemeente-

ete op Sondagmiddag, 19 Augustus, na kerk. Almal wat dit wil

bywoon, moet net een spesifieke gereg vir die ete saambring. Die

spyskaart gaan bestaan uit bobotie, geelrys/witrys, mengelslaai en

roomys. Laat weet asb. vir Ester watter gereg (vir 6 of 7 persone) jy

gaan maak. Daar gaan geen kaartjies verkoop word nie, ‘n gesin

bring net een gereg en almal eet lekker saam van almal se kos.

Elkeen bring sy eie eetgerei en drinkgoed saam. Neem die los

blaadjie en nooi iemand saam vir daardie oggend. Indien jy nie ʼn

ete-bydrae kan maak ten opsigte van die oggend nie, is jy steeds

welkom om saam te kom kuier en eet.

3. Gebedsoggend: 17 Augustus 2018

Die dames van die Wêreld Biddag Vrouegroep reël ‘n gebeds-

oggend Vrydag 17 Augustus om 10:00. Hulle nooi almal wat wil, om

daardie oggend te kom saambid.

Die geleentheid sal by die kerk-kompleks plaasvind.

Page 3: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe · 2018. 8. 10. · 6. NAGMAAL: Sondag 19 Augustus Ons wil die Nagmaal Flip Rossouw, Huis Piet du Toit, Rosebank 'n besonderse aanbiddingsgeleent-

Wanneer: 19 Augustus 2018

Hoe laat: 11:00 na afloop van die diens

Waar: Kerkkompleks

Dit is ‘n gesellige saamkuier-oggend van ons

Rondebosch-familie.

Elkeen wat die oggend bywoon, bring ‘n spesifieke

gereg op ons spyskaart (vir 6 - 7 persone) saam om

dan met mekaar te deel.

Ons Spyskaart

Bobotie

Geel/witrys

Mengelslaai

Roomys

Laat weet asb. die kerkkantoor wat jy bereid sal wees om

vir daardie oggend saam te bring . Geen kaartjies gaan vir

die oggend verkoop word nie. Bring asb. jou eie eetgerei en

drinkgoed saam.

Augustus is

Rosedon Huis-Maand Maranata besoek Rosedon Huis een keer ʼn maand. Ons het drie baie getroue lidmate wat in Rosedon Huis woon en ons wil die huis graag onder-steun. Talita Momsen neem een van die dae oor by Jacques Kriel as leier van die Maranata-groep. Hulle nooi die hele gemeente om een keer ʼn maand, van 19:00 - 20:00, by die Rosedon-inwoners te gaan kuier. Rosedon Huis is baie afhanklik van donasies en ons wil graag Augustus maand ... “Rosedon-maand” by ons ge-meente maak. Soortgelyk aan die insamelings wat ons vir Huis Lückhoff doen, gaan ons ook vir Rosedon Huis ʼn paar benodighede bymekaar maak. Regs is die lysie van benodighede. Enige donasies kan in die kerk in gemerkte houers geplaas word. Bydraes ten opsigte van die projek kan by die kerkkantoor inbetaal word of via internet bankdienste: NG Kerk Rondebosch ABSA Claremont Rek: 2870141125 Verw: Rosedon Huis

Lysie van Benodighede:

Blikkieskos

Sopmengsel/ Split-ertjies

Tee/Koffie

Tandepasta

Seep

Deodorant

(mans en vroue)

Waslappe

Page 4: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe · 2018. 8. 10. · 6. NAGMAAL: Sondag 19 Augustus Ons wil die Nagmaal Flip Rossouw, Huis Piet du Toit, Rosebank 'n besonderse aanbiddingsgeleent-

Woensdag:

15:00 Bybelstudie Huis Lückhoff

16:00 Wykskerkraad Vergadering

20:00 Caritas Selgroep

Donderdag:

09:00 Huis Lückhoff Ontbyt

Vrydag:

10:00 Vroue Biddag

Program vir die Week Maandag:

19:30 Jedida

19:30 Maranata Omgee

Dinsdag:

09:30 Lewende Woord Bybelstudie

10:00 Moria Bybelstudie

17:30 Samaritane Vergadering

19:00 Getuienisbediening

.....vervolg 4. Kerkraadsvergadering: Die volgende kerkraadsver-

gadering vind DV 30 Augustus om 19:00 by die kerkkom-pleks plaas.

5. Gebed Simfonie 25 Augustus: Ons gebedsoggend vir by

die volgende gebedshuise plaas: * Johann en Ina du Toit - Freanweg 15, Rondebosch * David en Thea Lotz - Dumbartonweg 1, Nuweland * Koos Venter - Ranelaghweg 61, Claremont * Susan Rabe - Riversideweg 48, Rondebosch-Oos 6. NAGMAAL: Sondag 19 Augustus Ons wil die Nagmaal 'n besonderse aanbiddingsgeleent- heid maak. Die liturgie gaan dus soos volg verloop: 09:40 Aanbiddende samesang. Geen aankondiging van liedere nie. Ons aanbidding vloei in die erediens in. 10:00 (Let op: sonder aankondiging) Votum en seën- groet. Ons sal net staan vir die eerste lied en die slotlied. Verloop van erediens soos gewoonlik, sonder aankondigings tot by die Nagmaal. Almal word bedien met die tekens, daarna word die woorde oor die tekens gespreek en ons gebruik almal saam die Nagmaal. Na die nagmaal volg die afkondigings, kollekte en ons groet

mekaar. Slotsang. Seën

11:00 Ons kuier in die saal verder.

Siekes Tuis: Mariana Heath, Brackenfell by haar suster (diabetes)

Flip Rossouw, Huis Piet du Toit, Rosebank

Bennie Havenga, Livingstoneweg, Claremont

Hospitaal:

Cora Louw, Huis Lückhoff Siekeboeg Hannes Mocke - keelkanker

(Annette Kitching se broer) Anna Mongie, Mosselbaai - Kanker

(Suster van Martha Janse van Rensburg) Thys, Beaufort-Wes Hospitaal

(Lorette Jaguasi se vader)

Leslie Rix: Groote Schuur Hospitaal

Bybelleesrooster 12 Augustus - 18 Augustus

So 2 Samuel 18: 1-15 Do Efesiërs 4: 25-5:2 Ma 2 Samuel 18: 16-33 Vr Johannes 6:35, 41-51 Di Psalm 130 Sa 1 Konings 19: 4-8

Page 5: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe · 2018. 8. 10. · 6. NAGMAAL: Sondag 19 Augustus Ons wil die Nagmaal Flip Rossouw, Huis Piet du Toit, Rosebank 'n besonderse aanbiddingsgeleent-

Hulle benodig die volgende: