wintermiddag met eugÈne n. marais in brooklyn (18.6.2017) 2.pdf · wintermiddag met eugÈne n....

6
WINTERMIDDAG MET EUGÈNE N. MARAIS Sondag 18 Junie 15:00 Die legendariese digter, skrywer, wetenskaplike en morfinis, Eugène N. Marais (1871–1936), se lewe en werk word gevier deur die bekende omroeper, Nic de Jager, die bekroonde skrywer en letterkundige, dr. Johann Lodewyk Marais, en die sangeres, Lizanne Barnard (voorheen van die duo Marimba), tesame met ’n vyfstuks instrumentale ensemble. Heini Kotze sal die gehoor met unieke visuele materiaal oor Marais se lewe en werk laat kennis maak. Die program bestaan uit voordragte van Marais se gedigte, 'n toeganklike gedenklesing oor die ontwikkeling van Marais se statuur, ’n visuele aanbieding, en nuwe musikale toonsettings van sy gedigte wat die gehoor die ryke verskeidenheid van sy werk en opvattings sal laat ervaar. Met hierdie program kom Marais, wie se bydrae die afgelope jare soveel aandag geniet, as ’t ware “terug” Pretoria toe, waar hy die grootste deel van sy lewe gewoon en gewerk het. “Wintermiddag met Eugène N. Marais” word aangebied in samewerking met die Eugène Marais Stigting, wat in van die geboue op die terrein van die ou Paarl Public School for Boys in die Paarl gesetel is. Marais was van 1884 tot 1887 ’n leerling van dié skool – voorloper van die huidige Hoër Jongenskool Paarl (HJS). Die Eugène Marais-museum word tans in die geboue van die Paarl Public School ingerig. Die Eugène Marais Stigting beywer hom om Marais se lewe en werk op ‘n interaktiewe, praktiese en leersame wyse vir die grootste moontlike gehoor toeganklik te maak. Sondag 18 Junie 15:00 BESPREEK NOU Kaartjies teen R150 elk Brooklyn Theatre (012 460 6033) Greenlyn Village Centre h/v Thomas Edison en 13de Straat Menlo Park VERVOER OPSIES NA TEATER 1. UBER 2. GAUTRAIN Time table for SUNDAY concerts at 15:00 1

Upload: others

Post on 11-Sep-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

WINTERMIDDAG MET EUGÈNE N. MARAISSondag 18 Junie 15:00

Die legendariese digter, skrywer, wetenskaplike en morfinis, Eugène N. Marais (1871–1936), se lewe en werk word gevier deur die bekende omroeper, Nic de Jager, die bekroonde skrywer en letterkundige, dr. Johann Lodewyk Marais, en die sangeres, Lizanne Barnard (voorheen van die duo Marimba), tesame met ’n vyfstuks instrumentale ensemble. Heini Kotze sal die gehoor met unieke visuele materiaal oor Marais se lewe en werk laat kennis maak.

Die program bestaan uit voordragte van Marais se gedigte, 'n toeganklike gedenklesing oor die ontwikkeling van Marais se statuur, ’n visuele aanbieding, en nuwe musikale toonsettings van sy gedigte wat die gehoor die ryke verskeidenheid van sy werk en opvattings sal laat ervaar. Met hierdie program kom Marais, wie se bydrae die afgelope jare soveel aandag geniet, as ’t ware “terug” Pretoria toe, waar hy die grootste deel van sy lewe gewoon en gewerk het.

“Wintermiddag met Eugène N. Marais” word aangebied in samewerking met die Eugène Marais Stigting, wat in van die geboue op die terrein van die ou Paarl Public School for Boys in die Paarl gesetel is. Marais was van 1884 tot 1887 ’n leerling van dié skool – voorloper van die huidige Hoër Jongenskool Paarl (HJS). Die Eugène Marais-museum word tans in die geboue van die Paarl Public School ingerig.

Die Eugène Marais Stigting beywer hom om Marais se lewe en werk op ‘n interaktiewe, praktiese en leersame wyse vir die grootste moontlike gehoor toeganklik te maak.

Sondag 18 Junie 15:00

BESPREEK NOU

Kaartjies teen R150 elk

Brooklyn Theatre (012 460 6033)

Greenlyn Village Centre

h/v Thomas Edison en 13de Straat

Menlo Park

VERVOER OPSIES NA TEATER

1. UBER

2. GAUTRAIN Time table for SUNDAY concerts at 15:00

!1

DKS is an exclusive chauffeur service. Offering 24 Hour group or individual short or long distance transfers.

Tel: 0861462222. Emergency: 0823076193

Email : [email protected]

www.dks.co.za

WOORD EN BEELD

Nic de Jager

Nic de Jager was ses jaar lank ʼn Tukkie (UP) en besig met ʼn graad in Argitektuur, maar voordat hy gegradueer het, is hy in die laat sestigs by die destydse Afrikaanse Diens van Radio Suid-Afrika aangestel. By radio het hy verskillende programme, o.m. ernstige musiek, opera, motorwedrenne, ens. gedoen.

Gedurende hierdie tydperk het hy in Springbokradioverhale soos “Dans van die flamink”, “Ongewenste vreemdeling” en soortgelyke diep kulturele aktiwiteite begin speel. Hy speel ook in rolprente. Die eerstes was

“Petticoat Safari” en “Die geheim van Nantes” (lg. onder regie van Dirk de Villiers). In 1971 het Manie van Rensburg sy eerste speelfilm saam met Franz Marx gemaak – “Freddie’s in Love”.

Met die koms van TV in 1976 (nadat hy die SAUK in 1974 verlaat en ’n vryskut geword het) het hy programleier geword van verskillende TV-programme, o.m. “Uit die wakis”. Van 1976 tot 1986 was hy ʼn vryskut TV-nuusleser. Hy het ook in die heel eerste Afrikaanse TV-reeks, “Dokter Dokter”, verskyn.

In die TV-jare was hy die regisseur van ʼn enkeldrama, “Luglokval”, en twee TV-reekse, “Die vlakte duskant Hebron” en “1945”. Vir lg. het hy ʼn Artesnominasie vir die Beste TV-dramaregisseur ontvang. Hy het ook twee Artesnominasies ontvang as Beste Radioakteur en ʼn Avanti-toekenning by die NTVA vir die stemkommentaar van die TV-program “Verdrinkte hande”, wat handel oor die lewe van Ingrid Jonker.

Hy was ook in sy jare in Johannesburg een van die top kommersiële stemkunstenaars.

In 1989 het hy na Kaapstad teruggekeer en hom met o.m. grafiese ontwerp besig gehou. In 2004 het hy weer na Stellenbosch getrek, waar hy ʼn maatskappy bedryf wat spesialiseer in stilfotografie en dokumentêre TV-programme. ʼn Paar jaar later

!2

het hy na Somerset-Wes verhuis, waar hy met grafiese ontwerp, dokumentêre programme, fotografie en rolprentwerk besig is. Hy was onlangs as redigeerder en kamermaman betrokke by huldigingsprogramme oor die musikante Nico Carstens en Ollie Viljoen.

Wat TV betref, was hy te sien in reekse soos “Egoli”, “Arsenaal” en “Geraldina die tweede”.

Hy hanteer op die oomblik ook ’n Sondagprogram, “Nic se Goed”, op RSG, waarin hy musiek uit sy eie versameling speel.

Origens eet hy gesond, maar drink dalk soms ʼn bietjie wyn. Hy is baie lojaal – iemand moet die plaaslike wynbedryf ondersteun.

Heini Kotze

Heini Kotze is die inisieerder en eienaar van die Eugène Marais-konsep en was Direkteur: Reklame by Carter & A Couple in Johannesburg, Hoof: Grafiese Ontwerp by Berry Bush BBDO in Kaapstad en Senior Grafiese Ontwerper by Saatchi & Saatchi in Kaapstad. Hy werk tans aan ’n geïllustreerde lewensverhaal van Eugène N. Marais.

Johann Lodewyk Marais

Johann Lodewyk Marais is in Johannesburg gebore en het in 1975 aan die Hoёrskool Harrismith gematrikuleer. Daarna het hy aan die Universiteit van Pretoria studeer, waar hy in 2001 ’n D.Litt.-graad vir sy proefskrif oor Eugène N. Marais se wetenskaplike prosa en in 2013 ʼn D.Phil. (Geskiedenis)-graad oor Kenia se geskiedenis sedert onafhanklikheid verwerf het. Hy het vroeër onder meer ’n M.A.-graad (cum laude) oor opleiding in skeppende skryfwerk aan dieselfde universiteit behaal.

Marais het as skeppende skrywer met die digbundel Die somer is ’n dag oud (1983) debuteer, waarvoor hy die Ingrid Jonker-prys gekry het. Hy het nog agt bundels geskryf, waarvan Nomade (2014) die jongste is. Vir Diorama (2010) is die South African Literary Award vir poësie aan hom toegeken. Hy het ook drie digbundels saamgestel, nl. Groen: Gedigte oor die omgewing (1990), Ons klein en silwerige planeet: Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing (1997, saam met die

!3

Amsterdamse digter en letterkundige Ad Zuiderent) en Honderd jaar later: Ter viering van die publikasie van Eugène N. Marais se “Winternag” op 23 Junie 1905 (2006). In 2003 het ʼn prosawerk, Lae wolke oor Mosambiek: ’n Reisboek, verskyn.

Johann Lodewyk Marais was deur die jare heen op talle maniere betrokke by navorsing oor en die bevordering van Marais (nie familie nie!) se werk en nagedagtenis. Behalwe sy proefskrif en die huldigingspublikasie oor “Winternag”, was hy in 1989 die organiseerder van die Marais en Preller-simposium by die RGN, het hy navorsing gedoen wat gelei het tot die inisiatief om die Paarl Public School for Boys in die Paarl vir die nageslag te bewaar, was hy die medeskrywer van die hoofstuk oor Marais in H.P. van Coller (red.) se Perspektief en profiel: ʼn Afrikaanse literatuurgeskiedenis: Deel 2 (2015) en het hy opgetree as leier vir die gewilde toer op Marais en Preller se spore na Pelindaba. Hy is die skrywer van ʼn agtiental artikels en referate oor verskeie fasette van Marais se lewe en werk. In 2015 het hy die eerste Eugène Marais-gedenklesing in die Paarl aangebied.

MUSIEK

Volgens Lizanne Barnard lê die werk van Eugène N. Marais haar na aan die hart. Veral sy vermoë om die geestelike, dieper elemente in die mens, natuur en dier raak te sien, te verstaan en te verwoord trek haar na hom toe aan. “Sy gedigte het in die meeste gevalle ʼn ingeboude ritme, en die musiek is so te sê reeds teenwoordig tussen die lyne van die strofes,” vertel sy. “Dit is met groot eerbied dat ek my hand aan hierdie digter se werk waag. Die meeste van die liedere wat ek gekies het vir hierdie vertoning het ek meer as 20 jaar gelede as stigterslid van die duo Marimba vir die bekroonde verhoogproduksie ‘Uit die bloute’ getoonset. ‘Skoppensboer’, ‘Diep Rivier’ en ‘Êonone’ het ek die afgelope maand en ʼn half spesiaal vir hierdie aanbieding by die Brooklynteater in samewerking met die Eugène Marais Stigting begin en voltooi.”

!4

Lizanne Barnard

Hierdie pianis, fluitspeler, sangeres, liriek-/musiekskrywer en produksieskepper is ’n musikant in murg en been. Lizanne het haar B.Mus. (Uitvoerende Kuns)-graad in 1988 onder leiding van Marian Friedman aan die Universiteit van Pretoria in 1988 behaal.

Sy het by die begeleiding van kabaretsangers betrokke geraak en in Suid-Afrika en Europa saam met o.a. Helena Hettema, Evan Schoombie en Laurika Rauch

opgetree.

Sy het haar liedjieskryf- en sangloopbaan op ʼn vroeȅ ouderdom afgeskop en is in 1993 as algehele wenner, asook wenner van die eie komposisie afdeling vir die ATKV- Crescendo kompetisie met haar liedjie “Modjadji” aangewys.

Sy het vanaf 1994 tot 2012 deel van die duo Marimba gevorm. Die duo was baanbrekers in die Woordkuns-genre met hulle toonsettings van die werk van o.a. Marais, N.P. van Wyk Louw en Ingrid Jonker. Hulle het vier albums vrygestel en verskeie toekennings en nominasies, waaronder 'n Radio Artes-toekenning en twee FNB/SAMA-nominasies, ontvang.

Lizanne was grootendeels verantwoordelik vir die musiekklankbaan van die bekroonde verhoogproduksie “Uit die bloute”, waarin die werk van Marais vereer is en wat staande applous in teaters uitgelok het. Ilze van Heemert was die regisseur. Die produksie het 'n Herrie-toekenning vir die “Mees Innoverende Produksie” by KKNK 1996 ontvang.

Carel Trichardt, Petru Wessels, Anna-Mart van der Merwe, Gys de Villiers en Elize Caywood is van die akteurs wat saam met Lizanne in produksies betrokke was.

In 2014 het sy begin om haarself as solo-kunstenaar te vestig. Haar debuutalbum as Lizanne Barnard, "Mis voor die son", is as ’n hoogs suksesvolle loodsingskonsert op 30 Oktober 2015 in die Centurionteater vrygestel. Die album is in die Januarie 2016-uitgawe van Rooi Rose as die CD van die maand aangewys.

!5

Haar multimedia-eenvrouvertoning, “Poppemeester”, wat ʼn intieme kykie bied in die werk en lewe van Ingrid Jonker, is spesiaal geskep vir die Foxwoodteater Kunstefees in Oktober 2015 en is sedertdien herhaaldelik en met welslae aangebied.

Tydens die Woordfees by Maties in Maart 2017 was Lizanne betrokke by twee produksies wat met lof ontvang is, nl. “Totally twins” (met Anne-Marie van Eeden en Leon Ecroignard) en “Landskap” (met Anna Davel en Laurinda Hofmeyr). “Landskap” het die toekenning vir die beste Woordkuns-produksie by die fees ontvang.

ʼn Verhoogproduksie wat fokus op die psige van die vrou met die werk van Lidi van Schalkwyk as vertrekpunt word beplan vir 2018, sowel as die herlewing van die bekroonde verhoogstuk “Uit die bloute”.

Die albums wat onder die naam “Marimba” uitgegee is, sluit in “Marimba”, “Uit die bloute”, “Ingrid Jonker – Die kind is nie dood nie” en “Liza B”, en kan saam met “Mis voor die son” by [email protected] bestel word.

“Winternag”, “Skoppensboer”, “Die towenares”, “Diep Rivier”, “My liefste’s soos ‘n dieprooi roos”, “Wanneer dit reën op Rietfontein” en “Êonone” is die toonsettings wat uitgevoer gaan word. Al die toonsettings is geskryf en verwerk deur Lizanne, wat ʼn verskeidenheid musikante vir hierdie geleentheid genader het om die musiek saam met haar uit te voer:

• Leon Ecroignard van “Ses Snare”-faam sal te sien wees op kontrabas en elektriese baskitaar, sowel as ʼn koperblaasinstrument. Hy is die wenner van verskeie toekennings vir sy innoverende verhoogproduksies onder die naam “Stok” en is bekend vir die wye verskeidenheid van instrumente waarvan hy sommige self maak en kan bespeel. Hy is ʼn briljante musikant, musiekskrywer en gesoute verhoogkunstenaar.

• Thys Van Deventer is ʼn jong trom-/perkussiespeler met ʼn fyn aanvoeling en wêreldmusiek-inslag wat sy talent vir ʼn aantal van die liedjies met ons deel.

• Rhona van der Merwe het pas haar B.Mus.-graad in sang aan die Universiteit van Pretoria behaal. Lizanne het haar net een liedjie ongeveer vier jaar gelede hoor sing en kon sedertdien nooit daardie pragtige stem vergeet nie. Sy sal as gaskunstenaar optree vir ʼn paar van die items.

• Loandi Richter is geskool in timpanie en die perkussie-afdeling van die simfonie-orkes. Vir “Wintermiddag” gaan sy die marimba en xilofoon bespeel.

• Adam Helberg, seun van die ex-duo Marimba, is ʼn musikant en musiekskrywer in eie reg wat tans aan sy eerste album, “Pyjama Shark 1”, werk. Hy vorm met ondersteunende sang en kitaarspel deel van die program.

!6