w@w online study group vroue van die bybel reeks · ek is baie opgewonde en wat ‘n ongelooflike...

7
Women@Work Online Ministries Women@Work for God “Doing life together to glorify God and advance His Kingdom” www.womenatwork.online | www.app.womenatwork.online | www.facebook.com/WomenAtWorkMinistries/ W@W Online Study Group Vroue van die Bybel Reeks Welkom en Inligting Gids

Upload: others

Post on 10-Oct-2019

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: W@W Online Study Group Vroue van die Bybel Reeks · Ek is baie opgewonde en wat ‘n ongelooflike voorreg om jou te verwelkom by ons W@W aanlyn reeks en studiegroep: VROUE VAN DIE

Women@Work Online Ministries

Women@Work for God

“Doing life together to glorify God and advance His Kingdom”www.womenatwork.online | www.app.womenatwork.online | www.facebook.com/WomenAtWorkMinistries/

W@W Onl ine S tudy Group

Vroue van die Bybel Reeks Welkom en Inligting Gids

Page 2: W@W Online Study Group Vroue van die Bybel Reeks · Ek is baie opgewonde en wat ‘n ongelooflike voorreg om jou te verwelkom by ons W@W aanlyn reeks en studiegroep: VROUE VAN DIE

WELKOM!VROUE VAN DIE BYBEL REEKS

Ek is baie opgewonde en wat ‘n ongelooflike voorreg om jou te verwelkom by ons W@W aanlyn reeks en studiegroep: VROUE VAN DIE BYBEL.

Dit is die gebed van my hart dat ons ongelooflike groot en goeie Vader God hierdie studie sal gebruik om Homself aan jou te openbaar op ‘n nuwe, vars en onbeskryflike wyse. Ek bid dat Jesus jou sal lei en leer om nuwe perspektief en insig te kry rondom Bybelse vrouwees. Ek bid dat jy deur hierdie studie tot ‘n nuwe besef sal kom van wie ons Vader jou gemaak het om te wees. Dat jy Sy hand van voorsiening, beskerming en beheer op ‘n nuwe manier sal beleef en dat jy Hom sal vertrou met werklik alles in jou lewe. Hy is in beheer en Hy wil die beste vir jou hê! Glo jy dit? Besef jy dat al gaan ons soms deur swaar of moeilike situasies, al verstaan ons nie altyd alles nie, dat God als weet en in beheer is. Dat ons lewens deel uitmaak van ‘n baie groter storie. Een waarin elkeen van ons ‘n ongelooflike belangrike rol speel om ons Vader God te aanbid, Sy naam te verheerlik en ons deel te speel om die Koninkryk uit te bou.

Mense is vir God belangrik. Ons Vader God het ons na Sy beeld geskape. Sy ontwerp vir elkeen van ons is ONGELOOFLIK! En Hy het ons oneindig lief. Hy wil ons seën om gelukkige, vol en buitengewone lewens te leef. Lewens wat Hom eer in elke opsig.

Die Bybel is vol stories van mans en vrouens en hulle verhoudings met ons Vader. Om te leer uit hulle ervarings en lewens is beide bemoedigend en waardevol. Dit help ons om nuwe kennis en insig te bekom as ons kyk na hulle goeie eienskappe en keuses, maar help ons ook om soortgelyke waarskuwings raak te sien en swakpunte te vermy.

Kan ek jou aanmoedig om elke week stil te gaan staan in die skoene van die vrou wat ons bestudeer. Ervaar hoe sy moes dink en voel. Sien en hoor dinge uit haar perspektief. Word haar beste vriendin. Spandeer genoeg tyd om die Bybel te bestudeer en werklik te verstaan wie die persoon was. Evalueer jou eie lewe gegrond op die studie en vra vir die Here om jou te help om die lesse wat jy leer prakties in jou lewe toe te pas. Vra vir ons Vader God om jou te help groei en Hom op ‘n nuwe manier te leer ken.

Die VROUE VAN DIE BYBEL REEKS strek oor 7 weke. Ons skop af met ‘n verwelkoming en inligting sessie, daarna volg 6 studies van vrouens in die Bybel. Die spesiale Bybel vrouens wat ons behandel sluit in: Elisabet, Die Spreuke 31 vrou, Ma’s van konings, Rebekka, Abigail, en Rut. Ons is baie bevoorreg om elke week ‘n gasspreker te hê wat die aanbieding behartig. Ons ontmoet elke Donderdagaand, via Zoom, van 20:00-21:00nm. Ons het ook verdere kommunikasie gedurende die week deur middel van ons Facebook en WhatsApp groepe.

Jy is welkom om die uitnodiging en registrasie skakel aan te stuur na jou vriendinne. Dis ‘n wonderlike platform om saam te leer en groei.

Ons sien baie uit om jou te verwelkom by hierdie lewens transformerende studie!

Al my liefde,Mariana

www.womenatwork.online | www.app.womenatwork.online | www.facebook.com/WomenAtWorkMinistries/

Mariana Carroll

Page 3: W@W Online Study Group Vroue van die Bybel Reeks · Ek is baie opgewonde en wat ‘n ongelooflike voorreg om jou te verwelkom by ons W@W aanlyn reeks en studiegroep: VROUE VAN DIE

Liesl Alberts

Marisa Badenhorst

TBC

Vroue van die Bybel:Spreuke 31 vrou

Vroue van die Bybel:Rebekka

Vroue van die Bybel:Rut

Jackie Arndt

Retha de Villiers

Marinda Prinsloo

Vroue van die Bybel:Elisabet

Vroue van die Bybel:Ma’s van konings

Vroue van die Bybel:Abigail

www.womenatwork.online | www.app.womenatwork.online | www.facebook.com/WomenAtWorkMinistries/

GASSPREKERSVROUE VAN DIE BYBEL REEKS

Page 4: W@W Online Study Group Vroue van die Bybel Reeks · Ek is baie opgewonde en wat ‘n ongelooflike voorreg om jou te verwelkom by ons W@W aanlyn reeks en studiegroep: VROUE VAN DIE

VROUE VAN DIE BYBEL

Die Bybel is vol stories van mense wat oor generasies heen ‘n groot impak gemaak het op wêreldgeskiedenis asook Christenskap soos ons dit vandag ken. Die Bybel noem honderde vroue, party per naam, ander net ‘n beskrywing as vrou, ma, dogter, weduwee, koningin, profetes, leier, ens. Genesis 1:27 is die eerste verwysing na vrouwees: “God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep”. In Genesis 2:22-23 kry die vrou haar naam: “Toe het die Here God die mens baie diep laat slaap. Terwyl hy slaap, vat Hy een van die mens se ribbebene en vul die plek weer op met vleis. Van die ribbebeen maak die Here God toe ’n vrou en bring haar na die mens toe. ‘Uiteindelik is dit die regte metgesel!’ sê die mens. ‘Sy is regtig deel van my. Sy sal ‘vrou’ genoem word, want sy is uit die man geneem’”. Ontwerp as die man se helper en gelyke, het ons Vader God die vrou gemaak om die man aan te vul, te ondersteun, en lief te hê. Om saam, in gelyke waarde maar uniek, ons rol en funksie te speel in God se meesterplan. Om die Evangelie van genade, liefde en hoop uit te leef, Sy naam te verheerlik en die Koninkryk hier op aarde uit te brei en voor te berei vir Jesus se koms.

Ons gebed is dat hierdie studie jou sal help om opnuut te verstaan wie ons Vader God jou gemaak het om te wees, en wat jou rol in jou gesin, familie, kerk, gemeenskap en omgewing is. Hy het ‘n ongelooflike plan vir jou lewe! Mag jy Sy onvoorwaardelike liefde en genade elke dag beleef.

OORSIG EN FORMAAT

Hierdie reeks bestaan uit 7 interaktiewe aanlyn ontmoetings. Die groep kom weekliks, aanlyn bymekaar op ‘n Donderdagaand om 20:00-21:00nm. Ons gebruik elke week dieselfde Zoom ID. Ons spesiale gasspreker lei die eerste 30 tot 35 minute en help ons met ‘n oorsig en beter verstaan van die Bybelse vrou wat ons bespreek. Daarna sluit ons af met ‘n interaktiewe groep bespreking.

BELANGRIKE INLIGTING

Eerste sessie: Donderdagaand, 12 April 2018 om 20:00 - 21:00nmZoom ID: https://zoom.us/j/247922698Taal: AfrikaansKoste: Gratis

Studie Werkboek: ‘n Studie Werkboek is elke week beskikbaar en sal deur middel van die WhatsApp groep en epos versprei word. Die Studie Werkboek is in PDF formaat en kan gedruk of elektronies gebruik word. Die Studie Werkboek bevat ‘n oorsig van die week se studie, Skrifverwysings, vrae vir oordenking of groepbespreking en spasies om notas te maak.

Ander benodighede: Stabiele Internet konneksie deur middel van ‘n rekenaar, tablet of selfoon. ‘n Gewone telefoon of selfoon lyn kan ook gebruik word om in te bel – in hierdie geval sal daar geen beeld wees nie.

Zoom ID: 247922698

www.womenatwork.online | www.app.womenatwork.online | www.facebook.com/WomenAtWorkMinistries/

INLIGTING GIDSVROUE VAN DIE BYBEL REEKS

Page 5: W@W Online Study Group Vroue van die Bybel Reeks · Ek is baie opgewonde en wat ‘n ongelooflike voorreg om jou te verwelkom by ons W@W aanlyn reeks en studiegroep: VROUE VAN DIE

STUDIE OORSIG

Verwelkoming en Inligting sessie (12 April)

Week 1: Elisabet - Gasspreker: Jackie Arndt (19 April)Week 2: Spreuke 31 vrou - Gasspreker: Liesl Alberts (26 April)Week 3: Ma’s van konings - Gasspreker: Retha de Villiers (3 Mei)Week 4: Rebekka - Gasspreker: Marisa Badenhorst (10 Mei)Week 5: Abigail - Gasspreker: Marinda Prinsloo (17 Mei)Week 6: Rut - Gasspreker: TBC (24 Mei)

ZOOM PLATFORM

Ons gebruik ‘n aanlyn platform, Zoom, om weekliks bymekaar te kom. Kliek op die skakel om die Zoom applikasie te installeer. Sodra jy Zoom geïnstalleer het, kan jy elke week op die Zoom ID skakel kliek wat vir jou toegang tot die sessie sal gee. Indien jy enige vrae of tegniese probleme ervaar, kontak ons gerus by [email protected] of kyk na die “Zoom How To Video”.

KOMMUNIKASIE

“Like” en besoek asseblief ons Facebook blad om seker te maak dat jy die nodige inligting ontvang. Net voordat die reeks begin sal ons ook ‘n skakel stuur na ‘n geslote Facebook groep waaraan jy kan deelneem. Die weeklikse Studie Werkboek sal hier beskikbaar wees, asook verdere studie besprekings, vrae en antwoorde. Belangrike groep inligting sal ook deur gegee word op WhatsApp. Vir enige vrae, kontak ons gerus by [email protected].

Zoom Applikasie Zoom ID: 247922698 Zoom “How To Video”

www.womenatwork.online | www.app.womenatwork.online | www.facebook.com/WomenAtWorkMinistries/

INLIGTING GIDSVROUE VAN DIE BYBEL REEKS

Facebook Blad

[email protected]

Page 6: W@W Online Study Group Vroue van die Bybel Reeks · Ek is baie opgewonde en wat ‘n ongelooflike voorreg om jou te verwelkom by ons W@W aanlyn reeks en studiegroep: VROUE VAN DIE

WAT OM VOLGENDE TE DOEN?

1. Indien jy nog nie geregistreer het nie, gaan na https://app.womenatwork.online of kliek hier vir registrasie:

* Stuur die registrasie skakel na jou vriendinne, dit is so lekker om weekliks saam te kan kuier rondom God se Woord. 2. Installeer Zoom. Sodra jy Zoom geïnstalleer het, kan jy elke week op die Zoom ID skakel kliek, wat jou toegang tot

die sessie sal gee. Indien jy enige vrae of tegniese probleme ervaar, kontak ons gerus by [email protected] of kyk na die “Zoom How To Video”.

3. Kry die weeklikse Studie Werkboek op die WhatsApp groepie, epos of Facebook groep. Die formaat is PDF en kan gedruk of elektronies gebruik word.

4. Maak jou hart oop sodat ons Vader God Homself aan jou kan openbaar gedurende hierdie reeks. Wees oop vir

verandering en groei. Gebruik die Studie Werkboek om notas te maak en deel ook wat jy ervaar en leer met ander. 5. Woon getrou elke week by. Of indien iets regtig voorval, om na die opname te kyk (meer inligting hieroor gedurende

die eerste sessie). 6. Besoek die Facebook groep gereeld en neem deel aan die besprekings.

REGISTREER HIER!

Zoom Applikasie Zoom ID: 247922698

Facebook Blad

Zoom “How To Video”

www.womenatwork.online | www.app.womenatwork.online | www.facebook.com/WomenAtWorkMinistries/

INLIGTING GIDSVROUE VAN DIE BYBEL REEKS

Page 7: W@W Online Study Group Vroue van die Bybel Reeks · Ek is baie opgewonde en wat ‘n ongelooflike voorreg om jou te verwelkom by ons W@W aanlyn reeks en studiegroep: VROUE VAN DIE

KALENDER

Hierdie ongelooflike reis deur die spesiale Vrouens van die Bybel se lewens wat ons bespreek gedurende hierdie reeks, begin Donderdagaand, 12 April 2018 om 20:00-21:00nm. Ons laaste ontmoeting is Donderdagaand, 24 Mei 2018.

“Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom”.Spreuke 31:25

Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag01 02 03 04 05 06 07

08 09 10 11 1220-21nm: Verwelkoming en Inligting sessie

13 14

15 16 17 18 1920-21nm: Week 1 - ElisabetGasspreker: Jackie Arndt

20 21

22 23 24 25 2620-21nm: Week 2 - Spreuke 31 vrouGasspreker: Liesl Alberts

27 28

29 30 01 02 0220-21nm: Week 3 - Ma’s van koningsGasspreker: Retha de Villiers

04 05

06 07 08 09 0920-21nm: Week 4 - RebekkaGasspreker: Marisa Badenhorst

11 12

13 14 15 16 1620-21nm: Week 5 - AbigailGasspreker: Marinda Prinsloo

18 19

20 21 22 23 2420-21nm: Week 6 - RutGasspreker: TBC

25 26

27 28 29 30 31

Apr

il 20

18M

ei 2

018

www.womenatwork.online | www.app.womenatwork.online | www.facebook.com/WomenAtWorkMinistries/

INLIGTING GIDSVROUE VAN DIE BYBEL REEKS