om sa…  · web view.php. of .html. nie. as jy dit stoor ... oop. in excel. maak seker ... dit...

14
Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web 1 Invoeging van ’n nuwe lid in jou sentrum Op die web blaaier (bv. Internet Explorer, Firefox, Chrome, ens.) gaan na http://www.sasmt-savmo.org.za/maint/ 1 Klik op die kieslys item ‘Login2 As jy data vir ’n gewone sentrum wil verander gebruik jy die linkerkolom. As jy van ’n spesifiek institusionele sentrum is, gebruik jy die regterkolom. 3 Kies jou SAVMO sentrum of institusie en gee die korrekte wagwoord wat voorheen ontvang is. 4 Klik op die ‘Login’ knoppie. eewh/201801 1

Upload: dinhdieu

Post on 01-Feb-2018

232 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

1 Invoeging van ’n nuwe lid in jou sentrum

Op die web blaaier (bv. Internet Explorer, Firefox, Chrome, ens.) gaan na http://www.sasmt-savmo.org.za/maint/

1 Klik op die kieslys item ‘Login’

2 As jy data vir ’n gewone sentrum wil verander gebruik jy die linkerkolom. As jy van ’n spesifiek institusionele

sentrum is, gebruik jy die regterkolom. 3 Kies jou SAVMO sentrum of institusie en gee die korrekte wagwoord wat voorheen ontvang is.4 Klik op die ‘Login’ knoppie.

eewh/201801 1

Page 2: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

of as dit vir ’n institusie was,

5 As jy suksesvol aangemeld het, klik op die kieslys item Nuwe onder Lede

..............

6 Vul die velde in. Vir Vakke/Instrumente, maak gebruik van die kodes in die linker kolom en skei hulle van mekaar met ’n enkele spasie.

7 Let op die 4 vlaggies onder. Verwys na seksie 3 vir die betekenis van hierdie vlaggies. As jy die 'Aktief' en 'Betaal' vlaggies ongemerk laat, sal die lid se inligting nie later op die web verskyn nie.

8 Klik uiteindelik op die 'Registreer' knoppie om die data in die databasis te plaas.

eewh/201801 2

Page 3: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

9 Daar behoort ’n nuwe bladsy te verskyn wat aandui dat die data ingeplaas is:

10 As die boodskap lui 'Rekord 0 ingeplaas, het iets verkeerd geloop, die data het nie ingegaan nie en die webmeester moet verwittig word.

11 Klik op die 'Volgende rekord' knoppie om nog ’n rekord in te lees.

eewh/201801 3

Page 4: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

2 Bywerking van inligting vir ’n bestaande lid

Op die web blaaier (bv. Internet Explorer, Firefox, Chrome, ens.) gaan na http://www.sasmt-savmo.org.za/maint/

1. Klik op die kieslys item ‘Login’

2. As jy data vir ’n gewone sentrum wil verander gebruik jy linkerkolom. As jy van ’n spesifiek institusionele sentrum is,

gebruik jy die regterkolom. 3. Kies jou SAVMO sentrum of institusie en gee die korrekte wagwoord wat voorheen ontvang is.4. Klik op die ‘Login’ knoppie.5. As jy suksesvol aangeteken het, klik op die kieslys item Opdateer onder Lede

6. Spesifiseer ’n gedeelte van die van wat jy soek. Klik dan op die 'Soek' knoppie.7. ’n Lys sal verskyn van al die name wat daardie letters in die van het. Byvoorbeeld, as jy die letters 'van' gebruik, kry

jy al die Vander Merwes and Van der Walts maar ook name soos Evans en Ivanovic.

eewh/201801 4

Page 5: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

8. As daar nie ’n lys verskyn nie, bv. die boodskap

,

gaan terug en maak die kriteria minder streng.

As daar wel ’n lys verskyn, klik op die nommer in die linker kolom van die rekord wat jy wil hê.

9. ’n Nuwe bladsy met die inligting van die betrokke lid verskyn.10. Verander die data soos nodig. Jy kan ook die sentrum verander waaraan die lid behoort maar sal dan nie later meer

daardie data kan sien nie tensy jy die wagwoord van die nuwe sentrum ken.11. As jy 'Aanvaar' merk vir die eerste keer, word ’n verwelkomings E-posboodskap gegenereer en gestuur na die nuwe

lid sowel as die sentrum sekretaresse en die webmeester, aannemende natuurlik dat daar wel ’n E-pos adres vir die lid bestaan.

12. Klik uiteindelik op die 'Opdateer' knoppie om die veranderinge te bewaar.

eewh/201801 5

Page 6: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

3 Die betekenis van die status vlaggies

1 Wanneer ’n nuwe rekord ingevoeg word of ’n bestaande een verander word, is daar 4 vlaggies onder wat afgemerk kan word.

Aanvaar Die persoon is aanvaar as lid van SAVMO. As hierdié vlaggie nie afgemerk is nie, is die lid nog nie aanvaar nie of is afgewys.

Aktief Die persoon is ’n huidige lid van SAVMO. Indien nie afgemerk nie, het die lid bedank of sal onaktief wees vir ’n geruime tyd, bv. vir ’n jaar of meer. Die inligting sal nie op die web verskyn as hierdie vlaggie nie afgemerk is nie.

Betaal Die ledegeld vir hierdie lid is op datum. Indien nie afgemerk nie is gelde uitstaande en sal die inligting nie op die web verskyn nie.

Sertifikate Kopieë van sertifikate is ontvang.

Ter opsomming, vir die inligting om op die web te verskyn hoef net die twee vlaggies 'Aktief' en 'Betaal' afgemerk te wees

2 As jy wil streng wees mag jy dalk by die begin van die finansiële jaar al die 'Betaal' vlaggies wil afhaal en dan een vir een weer bysit soos gelde betaal word.

3 Daar is ’n funksie onder die Sentrum kieslysitem om al die betaalvlaggies vir die sentrum as ’n geheel te stel.

eewh/201801 6

Page 7: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

4 Aflaai van al die inligting na ’n Excel spreivel1 Dit is moontlik om al die data van al die lede in ’n spesifieke sentrum te verkry en dit in ’n Excel spreivel te

plaas.2 Daarvoor is daar basies 3 dinge wat jy moet hê of moet weet:

a. Jy moet die Excel makro lêer SAVMO_csv2spr_3.xls hê. Dit bevat ’n Excel program wat dit makliker maak om die data uiteindelik in ’n spreivel te kry. Vra die webmeester vir hierdie lêer en hy sal dit per E-pos stuur. Alternatiewelik kan jy dit self aflaai van die 'downloads' bladsy.

b. Jy moet weet waar op jou rekenaar jy hierdie lêer geplaas het. c. Jy moet weet waar op jou rekenaar aflaaie van die web opeindig. By party blaaiers (Firefox, Chrome,

Internet Explorer 9 en hoër) kan jy dit vooraf stel maar met ouer weergawes van Internet Explorer is dit vas of word dit elke keer gevra by ’n aflaai.

3 Ondervinding het geleer dat een van die grootste probleme wat meeste rekenaargebruikers ondervind, veral diegene wat hulleself beperk tot suiwer Windows toepassings soos die lêer bestuurder Windows Explorer, is om lêers en gidse (vouers) doeltreffend te bestuur en ’n bestaande lêer maklik te vind.

Gaan na http://www.sasmt-savmo.org.za/maint/ met die blaaier (bv. Firefox, Chrome of Internet Explorer)

1 Klik op ‘Login’

2 Kies die sentrum waarvan jy data wil hê en gee die korrekte wagwoord. Klik op die ‘Login’ knoppie.

3 Gaan na kieslys item Lede, daaronder Lys en daaronder Teks lêer

eewh/201801 7

Page 8: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

Jy kry dan die aflaai dialoog.Vir Firefox lyk dit so:

4 Klik op ‘OK’ om die lêer te stoor en let op waar dit beland.5 Wag tot die lêer klaar afgelaai is. Dit sal ’n naam hê opgebou uit die datum, tyd en sentrumkode, bv.

20110408_0905_TXT_pta.txt

Indien jy Internet Explorer of Chrome gebruik en jy sien die data direk op die skerm, soos byvoorbeeld:

Regs-klik op hierdie data, en bewaar dit deur Ctrl-s te gebruik of File>Save van die kieslys. Die lêer wat jy bewaar moet die .txt ekstensie hê , nie iets soos .php of .html nie. As jy dit stoor met ’n ander ekstensie as .txt, herbenoem dat agterna om die ekstensie .txt te hê . Jy kan dit byvoorbeeld stoor as Dbn_data.txt.

6 Let op waar jy die lêer stoor. Jy moet later weer daarna verwys. Andersins, skuif dit na die gids (vouer) waar jy normaalweg SAVMO data hou.

7 Ons verwys na hierdie afgelaaide lêer as die data lêer.8 Maak die Excel makro lêer SAVMO_csv2spr_3.xls oop in Excel.

eewh/201801 8

Page 9: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

9 Maak seker dat makro’s in Excel ontsper is. Normaalweg is hulle versper in Excel en moet spesifiek ontsper word voor ’n makro sal loop. Sien seksie 5 hieronder om makro’s te ontsper in die geval van MS Office 2007.

10 Klik op die Read File knoppie.11 Navigeer na jou data lêer en klik op die Open knoppie.12 Klik op die Yes knoppie op die bevestigingsvenster.13 Die data sal nou ingelees word in ’n spreivel en van ’n titelry voorsien word.

14 Die program vra ook vir die bewaar van die spreivel lêer (’n .xls lêer)

eewh/201801 9

Page 10: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

5 Ontsperring van makro’s in Excel

Wanneer Excel 2007 geïnstalleer is word makro’s by verstek versper ("disabled")

Om dit te aktiveer vir Excel 2007, gaan as volg te werk:

1 Klik op die toepassingsblokkie van Microsoft

2 Klik op "Excel Options"

3 Kies "Trust Centre"

4 Klik op Trust Centre Settings

5 Kies "Macro Settings"

eewh/201801 10

Page 11: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

6 Kies "Enable all macros"

7 Klik op "OK" herhaaldelik totdat jy terug is in die spreivel.

eewh/201801 11

Page 12: om SA…  · Web view.php. of .html. nie. As jy dit stoor ... oop. in Excel. Maak seker ... Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige

Instruksies vir instandhouding van SAVMO data op die web

6 Vertoon van data soos dit in die gedrukte lys verskyn

1. Op die web blaaier (bv. Internet Explorer, Firefox, Chrome, ens.) gaan na http://www.sasmt-savmo.org.za/maint/

2. Klik op ‘Login’

3. Kies die sentrum waarvan jy data wil hê en gee die korrekte wagwoord. Klik op die ‘Login’ knoppie.

4. Gaan na kieslys item Lede, daaronder Lys en daaronder pdf lêer

5. ’n pdf-lêer van die lede van die betrokke sentrum sal gegenereer word. Dit is dieselfde formaat as dié wat gebruik word in die gedrukte ledelys in die tydskrif 'Die Suid-Afrikaanse Musiekonderwyser'. Dit kan op die blaaier bladsy oopgemaak word of gestoor word vir latere gebruik soos enige ander pdf lêer wat van die web kom.

eewh/201801 12