121€¦ · - 121-no 4 simbool : soldaat met geweer = saw trefwoord : call up, terrorist, sadf,...
TRANSCRIPT
- 121 -
No 4
Simbool : Soldaat met geweer = SAW
Trefwoord : Call Up, Terrorist, SADF, Conscription
Veldtog : Troops out of the townships. Stop the Call Up
Kleur : Blou
Ontwerp/styl : Realistiese dog moderne skets
Opmerkings : Word in pamfletvorm versprei. Bewering isdat SA-troepe teen mede-Suid-Afrikaners moet veg. Die SAP dwing "unjust laws" af. 'n Baie selektiewe weergawe van 'n ECC-lid, wat diens in swart woonbuurtes gedoen het, word gegee.
No 5
Simbool Oorlogstenk = SAW
Trefwoord
VeldtogKleur
Apartheid War, Troops Out
Troops out of the Townships
Geel
Moderne grafiese skets (realisties)
Se die SAW is besig met 'n "apartheid war", en opereer daarom in swart woonbuurte. Treffend, met min teks. Goeie balans.
Eli\l)I4i NASIONALE m i Y S N K ,
I5N1) CONSCRIPTION CAMPAIGN
M M fi:i\in(i v i s i o w i j ; i i i k n S p i .h ;
|{LKIi\I)IG VlillPLIGTli MIHTMIH DMiNS
3 O € C C -O O O O O O ::/ )0 -£ K }
No 6
SimboolTrefwoord
VeldtogKleur
Soldaat met geweer = SAW
Verpligte militere diens
Beeindig Verpligte Militere diens
Rooi
Moderne grafiese ontwerp
Die grafiese boodskap is veral daarop gerig om die bevryding van gedissiplineerde soldaat tot "joller" te illustreer. Die hoofdoel word goed in die slagkreet oorgedra.
No 7
Simbool
Trefwoord
VeldtogKleur
Pleitende swart vrou by Oorlogstenk/soldate = teen SAW vir hul "slagoffers"
Apartheid War, Troops, Townships
Troops out of the Townships
Rooi
Realistiese moderne skets
Die vrou se afwerende hand kan emosie ontlok.Die implikasie is dat die "apartheid war" baie lyding veroorsaak, en dat die SAW die oorsaak daarvan is.
No 8
Simbool
Trefwoord
VeldtogKleurOntwerp/styl Opmerkings
T-hemp waarop "Killing is no solution" verskyn teen die agtergrond van "Stop the Call Up" = anti-dienspligCall Up
Stop the Call Up
Pienk
Foto van trompetspeler met T-hemp aan
Hierdie almanak is vir 1986 versprei. Moderne effek. Nasionale sekretaresse *se dat hierdie plakkaat die "kulturele"-fase inlui. Gedenkdae soos Gaborone Massacre - 14 Junie", onderaan.
Gedurende persoonlike onderhoud te Johannesburg op 31 Augustus 1987.
w m
8 PM ST GEORGES CATHEDRAL HALL
e c c
No 9
Simbool
Trefwoord
VeldtogKleur
Duif wat deur twee hande vasgehou word = (vrede wat onderdruk word)
Apartheid War, Concern
Fast against apartheid war
Inkblou
Baie rnoderne skets
Adverteer die sogenaamde "Day of Concern" oor die "Apartheid War". Implikasie is dat oorlog in SA "unjust" is, en die godsdienstige word as teenmaatreel betrek.
pEACEn[ALLY
DR BORAINE DR NAUDE REV TSELE MRS SISULU CHOIR POETRY
CITY HALL 29 APRIL 8 p.m.
ORGANISED BY ECCNo 10
Simbool "Vrede1
Trefwoord
VeldtogKleur
Peace
Working for a Just Peace
Geel
Gedrukte teks
'n Blote kennisgewing, wat treffende kleur-impak het. - "Choir" en "poetry" dui op- toenemende — gebruik van kultumrvorme as alternatiewe media.
Simbool : Son (= vrede)
Trefwoord
VeldtogKleur
Just Peace
Working for a Just Peace
Blou
Moderne grafiese kuns
Eenvoud en min gedrukte teks dra by to'C saaklikheid wat die boodskap goed kommunikeer. Voeding, opleiding, ens., beteken regverdige vrede, teenoor "apartheid war" wat die meerderneid benadeel.
No 12
Simbool
Trefwoord
VeldtogKleurOntwerp/styl
Lugmaghelikopter wat vrees by swart persoon inboesem (= SAW-geweld)
SADF terror
Uitgereik na afloop van militere operasies vandie SAW in buurlandeRooi
Moaerne kunsskets
Gebruik van vrees-appel. Direk na SAW militere operasies in buurlande uitgereik. Propaganda- tegnieke van oorplasing en intensivering van andere se swakheid sigbaar.
would you buy your child a war toy to celebrate the birth of the Prince of Peace ?
buy toys for peace!
No 13
Simbool
Trefwoord
Veldtog
Kleur
Ontwerp/styl
Opmerkings
Speelgoea-oorlogwapens (= kontras tussen oorlog en vrede)
Killing, War Toy, Peace
Kersfees (1986)
Wit op swart
Naiewe kinderkuns
Sentiment-gelaaide plakkaat is teen oorlog per se gerig, en betrek die kyker deur "you" aan te spreeic. Ooricg—speelgoed word in dieseifde konteks as Christus se ge’ooorte gepiaas ora sterk anti- oorlogs—gevoel te kommunikeer. Vrede is sentraal. Baie groot plakkaat.
A
dorit give a war toy
^ t h i s C h r i s t m a s— _ - 11 |i ^ j buv toys -for peace, not war mm
i&tcgiSs'iV* V*»r •
No 14
Simbool
Trefwoord
Veldtog
Kleur
Teleurgestelde kind met speelgoedgeweer (= kontras tussen vrede en oorlog)
War, Peace
Kersfees 1986
Swart op wit
Naiewe kinderkuns
Hierdie plakkaat het saam met no 13 verskyn. Dit maak ook 'n emosionele appel op die kyker omdat die vrede van Kersfees teenoor oorlog, en meer spesi- fiek teenoor oorlogspeelgoed vir kinders, plaas. Die kind se teleurgestelde uitdrukking simboliseer die weerstand teen oorlog. Hierdie plakkaat is, soos no 13, ook buitengewoon groot.
No 15
Simbool
Trefwoord
Veldtog
Kleur
DO I HAVE TO FIGHT
IN THE S.A.D.F? . -*r-,
m
SRC Advice Bureau on Military Conscription.
Every Thursday 12h35-13h30 Counselling and Careers Unit SH 3011 3rd floor Senate House.
Or Contact Sue or Dave at SRC reception (716- 3101) to arrange another time.
Geraamtes gekonfronteer deur geweer (= SAW, en verwarrir.g wat diensplig veroorsaak)
Fight, SADF, Conscription
War is not compulsory
Rooi
Moaerne lito-afdruk
Kwessie oor sogenaamde verpligte krygsdiens aangespreek. Effek is dat gevolge van oorlog op mense wat vrede begeer, verwoestend is. Individu raak verward en daarvoor is Advies- buro by Wits daar. Harmonieuse kleur/balans.
A CIVIL WAR IS
NOT VERY RELAXING
No 16
Simbool Verwarring (= oorlog is ontwrigtend)
Trefwoord
Veldtog
Kleur
War
Let's choose peace
Rooi
Picasso-afdruk
Kunswaarde is hoog. Eenvoud en balans kommunikeer boodskap baie effektief, jil_. dat oorlog verwoestend is. ECC beeld weersin in oorlog uit.
No 17
Simbool : Gewetensbeswaarde (= vrede)
Trefwoord
VeldtogKleur
Peace, Conscientious objector
P Wilkinson-verhoor
Geel
Foto en teks
Philip Wilkinson was gewetensbeswaarde indetensie. _ Hofsake_ in Port Elizabethhet____gevolg (ook ander media uitgereik - Aanhangsel11). Propagandategniek van weglating sigbaar, want mens lees net van persoon wat in vrede glo en dan skielik in die tronk beland.
VIGILPHILIP WILKINSDM
conscientious objector
st georges cathedral Wednesday 25 march 6 -7 pm
KKK3€K30€JCO^-0€H>00
No 18 L
Simbool
Trefwoord
Veldtog
Kleur
Hande wat vasgevange duif uitbeeld (= onder- drukking van vrede in SA, a.g.v. SAW-oorlog)
Conscientious objector
P Wilkinson-verhoor
Swart
Skets
Hang saam met no. 17. Simpatie vir persoon in detensie gewek. 1n "Vigil" word in 'n katedraal gehou. Sterk simboliek in hande wat vrede _ _ voorstel, en wat vasgebind word (onaerdrukking van vrede).(Die WRL (1985) verwys pertinent na die gebruik om 'n "vigil" te hou, wat 'n effektiewe metode van "nie-geweldadige" teenstand is).
No 19
Simbool
Trefwoord
Veldtog
KleurOntwerp/styl
V O V^rbonerof v « r
f>XHIfSITION 16 Fes - Tmcn■Uive terform am s in the- Rehearsal R<x>iri o n t f f c M + f t , W + w f t b o i n U t f f l b r . WauhthtJVtss.
0=€INi
Gewere (= gevolge van oorlog)
Prisoner of war
Let's choose peace
Geel
F oto-tekening
Hierdie was 'n kennisgewing vir 'n uitstalling rondom die tema van krygsgevangenes, wat by die Markteater in “Johannesburg gehou was. 'Die afkorting POW,~ wat opvallend vertoon, het 'n universele betekenis, kan noontlik empatie by sekere groepe wek. Die foto en teks suggereer dat die eie magte verantwoordelik is vir "moorde" — nie die vyand nie. Die implikasie van hierdie plakkaat is egter nie baie duidelik nie, en dit word nie as 'n baie goeie plakkaat beskou nie.
THE PROBLEM
WITH THIS GENERAL ELECTION
IS THAT WE DON'T
KNOW WHICH
GENERAL WE'RE
ELECTING.E C C =••
t-r- d Ctr'iCsf’pt'Lfri putyO
No 20
Sirabool Generaal (= SAW/Staatshoof)
Trefwoord
VeldtogKleurOntwerp/styl
General election
SA Algemene Verkiesing
Swart
Geskrewe teks
Tydens die 1987-Algemene Verkiesing versprei.Doel is skynbaar om wantroue‘in Regering'en" verkiesing te saai. (vig. beperkte alternatiewe wat twyfel saai as propagandategniek)
Simbool
Trefwoord
Veldtog
KleurOntwerp/styl Opmerkings
SAW-kenteken/Casspirs (= SAW vs vrede)
War
War is not compulsory
3ruin
Kort teks teen agtergrond van Rl-uitbeelding
Ook tydens RSA-verkiesing. Doel is skynbaar om Regering se geloofwaardigheid aan te "tas - want oorlog affekteer gewone burger se welsyn. Eerste volledige R1 links bo beeld SAW-kenteken uit, maar 5 punte is deur duiwe vervang. Daarbinne verskyn die slagspreuk.
Simbool : Mismaakte duif (= toestand van vrede in SA)
Trefwoord
VeldtogKleur
Ontwerp/styl Opmerkings
War
War is not compulsory
Swart
Abstrakte skets
Advertensie van Kaapse tak se "filmfokus"_oor _ oorlog. In die meegaande pamflet word eksplisiet gese dat veldtog ter ondersteuning van "War is not compulsory"-veldtog is. Treffende plakkaat.
DENVER RD KENILWORTH
No 23
Simbool Duif, Olyftak (= vrede]
TrefwoordVeldtog
Kleur
ECC
ECC-fees
Groen
Vrolike naiewe skets van wit duif/ballonne
Verskeie van hierdie plakkate is in verskillende kleure as advertensie-kennisgewings vir die Kppase ECC-fees versprei. Doel van simbole is weer propaganda vir vrede, wat vreugdevol is.
Die volgende vier plakkate is na die tydperk van Mei 1987 uitgereik, en word ter wille van die aktualiteitswaarde en die waarneming van 'n moontlike klemverskuiwing in die ECC se velctog kortliks gewys en opgesom (dit word nie by die ontleding se bevindings ingesluit nie).
No A
Simbool
E m >'i
LI
theiT'TlDo y
support right
; South Africans
of
i / %u i
Referendum = vrye spraak
Trefwoord
VeldtogKleur
Conscription
Dat dienspligtiges geen vrye keuse het nie
Ligpers
Teks
Hierdie twee plakkate vorm deel van 'n referendum wat gedurende Augustus 1987 op Wits gehou is oor die reg om nasionale diensplig te beveg. Die * suggestie is dat jong mans geen inspraak oor hul lewe of toekoms het nie. (Vgl. plakker in Aanhangsel 5).
No B
Simbool
Trefwoord
VeldtogKleur
Marionet (= SAW/staat gebruik dienspligtiges vir eie doeleindes)
Referendum
Dat dienspligtiges geen vrye keuse het nie
Blou
Moderne realistiese skets
Verskyn saam met A. Die doel kan wees om die SAW-moreel en geloofwaardigheid aan te tas.
An ECC Cultural Evening Music, Drama, Exhibitions,
m Poetry, Cabaret, Displays -
APARTHEID OUT
Saturday 8 August • 7-12 pmJustice Hall, Ecumenical Centre,| 20 St Andrews St
Entrance Fee - R6
No c
Simbool : Soldaat met geweer (= SAW)
Trefwoord : Apartheid (out)
Veldtog : Out of step
Kleur : Rooi
Ontwerp/styl: Moderne geometriese ontwerp
Opmerkings : Hierdie motief is voorheen gesien. Links onder— op die plakkaat word twee bekende slagspreuke
gesien, wat weer 'n parallel tussen die SAW en die "apartheidsbestel" trek.
VIETNAM4. SS.V:* fci c C =§3i
"SADF" saam met doodskedel (= haatgevoelens wat SA Weermag in dienspligtiges kweek)
Vietnam
Losstaande; sluit egter aan by "War is not compulsory"Rooi
Moderne skets
Hierdie plakkaat is volgens die bron* tydens September 1987 uitgereik. Op 14 September 1987 maak 'n lid van die PFP die stelling in die Par— lement dat SWA besig is om SA se Vietnam te word.Op die persoon op die plakkaat se vingers (regter- hand) verskyn die lettertjies h a t , en dit word vermoed dat die woord "hate" daar gespel word.Baie treffende plakkaat met sterk boodskap en appel
♦Nasionale sekretaresse van die ECC
Simbool :
Trefwoord :
Veldtog :
Kleur :Ontwerp/styl :
Opmekrings :
6.3.6 Bevindings
Die bevindings van die ontleding sal aan die hand van die onderskeie kategorie bespreek word, met 'n grafiese voorstelling direk voor elke bespreking.
6.3.6.1 Datumverspreiding (figuur 6.1)
D A T U M V E R S P R E ID IN G F IG U U R 6 .1
1985 1986 1987
146
Die verspreiding van plakkate is betreklik eweredig, met uitsondering van die groot leemte vanaf Junie tot Desember 1986. Die nasionale noodtoestand (Staatskoerant 10279, gedateer 12 Junie 1986) is gedurende Junie 1986 afgekondig, ingevolge waarvan sekere plakkate asook ander media van die ECC onder die betrokke mediaregulasies verbode was. Dit is duidelik dat die organisasie to lae profiel gedurende hierdie tydperk gehandhaaf het.
'n Interessante tendens word voor en rondom die 1987-Algemene Verkiesing waargeneem. Hoewel die ECC se dat hulle nie 'n politiese organisasie is nie, en hulle hul vir 'n "single issue" beywer, is daar to merkbare toename in media-aktiwiteit direk voor en rondom die verkiesing, wat dui op to politiese betrokkenheid by hierdie aangeleentheid. Die meeste plakkate maak inderdaad hul verskyning gedurende Maart en Mei 1987.
6.3.6.2 Kantoor van vrystelling (figuur 6.2)
AANT
AL
PLAK
KATE
K A N TO R E VAN V R Y S T E LL IN GF IG U U R 6 . 2
SLEUTEL
z ZOl PLAKKATE
WITS DURBANKANTORE VAN VRYSTELLING
Dit word beklemtoon dat daar ter goeder trou aanvaar is dat hierdie populasie plakkate so volledig as moontlik verskaf is. In die lig daarvan blyk dit dat die meeste plakkate in die Johannesburg-streek (Johannesburg en Wits), en op to nasionale basis vrygestel is. Die bron* het bevestig dat die ECC geen bepaalde hoofkantoor het nie, hoewel dit in gedagte gehou moet word dat Kaapstad die basis vir die ontstaan van die veldtog was. Dit is onseker wie die sogenaamde nasionale plakkate sou opstel en versprei, maar daar moet in gedagte gehou word dat die enigste voltydse personeellid, wat nie ook rondreisend is nie, in Johannesburg gebaseer is. Indien die bestaande verspreiding egter beskou word, is dit steeds duidelik dat die organisasie op to goed-georkestreerde en nasionale basis te werk gaan om publisiteit en propaganda vir die veldtog te wen.
6.3.6.3 Simbole (figure 6.3, 6.4 en 6.5) **
* Onderhoud met nasionale sekretaresse te Johannesburg op 17 Junie 1987.
** By simbole word spesifiek aangedui of to betrokke simbool "negatief" of "positief" is. Hierdie terme verwys na die ECC se standpunt of houding jeens to betrokke simbool. So word bv. "vrede" positief of goed bejeen deur die ECC terwyl oorlog to negatiewe (slegte) konnotasie vir die lede van die organisasie sal he.
AANT
AL
PLAK
KATE
S IM B O LE FIG U U R 6 .3
SLEUTEL
it PLAKKATE
TOTAAL ECC/KETTING
FIGUUR 6.4
Kenteken/simbool van die ECC.
— • —
S IM B O L E FIG U U R 6 .5
SLEUTEL
PLAKKATE
SIM BO LE
Simboliek word as Yi nie-verbale vorm van kommunikasie gesien, en daar word ook daarna verwys as "kommunikasie tussen die reels" (Dichter, in Malan, 1973:134). Dichter beweer voorts dat simboliek veel meer doeltreffender as suiwer logiese verbale kommunikasie is.
Uit verwante navorsing blyk dit dat daar tussen drie soorte simbole onderskei kan word : intensionele simbole, wat maklik herken word, soos vlerke of 'n vliegtuig om vlieg aan te dui; konnotatiewe simbole, wat assosiasies opwek wat van groep tot groep kan verskil, bv. kentekens op uniforms en vlae; en vertolkende simbole wat 'n emosionele proses op dreef bring en tot eie assosiasies en vertolkings lei. Hiervan is reaksie op kleur een voorbeeld (Dichter, in Malan,1973:135).
Altschull (1984:139) le veral klem daarop dat 'n groep of organisasie wat na gewildheid strewe, nie die fundamentele simbole van die gemeenskap of groep waarbinne dit opereer, mag kritiseer nie. Sulke fundamentele simbole is bv. die nasionale vlag of die president van 'n land.
Simboolgebruik in kommunikasieboodskappe is van geweldige groot belang, omdat die simbool die instrument word waarmee die boodskap in "kapsule-vorm" aangebied word. "One can write abbreviated political graphic sentences through the incorporation of a number of symbols in a single poster. Symbols frequently suggest meanings directly related to their symbolic form" (Yanker,1972:53). Die feit dat die duif bv. 'n simbool van vrede is, is juis vanwee die duif se bepaalde eienskappe - dis sag ("gentle"), stil en swak, wat gevoelens soos liefde of deernis kan wek in *n politieke boodskap. 'n Gevange duif sal waarskynlik baie simpatie by 'n kyker ontlok weens die sagte geaardheid van die dier, en die teenstellende wrede
behandeling deur die agressor daarvan. Yanker (1972:54) se om as simbool geklassifiseer te kan word, moet 'n bepaalde ontwerp of element wyd gebruik en herken word.
Die onderliggende denkraamwerk van die ECC is belangrik indien die simbole korrek geinterpreteer wil word. Daar moet in gedagte gehou word dat die groep 'n totale pasifistiese karakter het, en as sulks vir vrede staan. Vrede word in direkte teenstelling tot oorlog gesien, maar die beskouing van oorlog as sulks gaan verder, en sluit die SA Weermag daarby in.
Die groep sien hulself dus nie net in opposisie tot oorlog nie, maar as't ware teen die SAW en SAP (alle veiligheidsmagte in die RSA). Die lede van die organisasie verklaar hulself bereid tot al- ternatiewe vorme van nasionale diens, soos opvoeding, voeding van minder-bevoorregtes, die boue van huise in swart en ander woon- buurte, en beskou die huidige stelsel van nasionale diensplig as sou alle dienspligtiges geforseer word om die wapen op te neem en fisies oorlog te voer. (Dit moet daarenteen beklemtoon word dat talle huidige dienspligtiges in die SAW inderdaad besig is om onderwys te gee, administratiewe take te verrig, as geneeskundiges en kapelane werksaam is, dat talle opgelei word om sjefs te wees, en dat nog ander vir die totale duur van hul diensplig bv. in die kulturele verband optree, soos bv. die Lugmagkoor of bekende "kanaries").
Teen die agtergrond van die huidige toestand in en om die RSA, waar die SA Weermag en SA Polisie die landsgrense daadwerklik teen terroriste beskerm, en poog om die onrus binne die RSA by wyse van die nasionale noodtoestand en gepaardgaande veiligheidsoptrede te beheer, kan die volgende verbande tussen simboliese voor- stellings en die betekenis wat die ECC daarmee wil kommunikeer, ge- tref word.
Binne die RSA- en SA Weermagsverband, word die uitbeelding van oorlogswapens (soos tenks, Casspirs, lugmaghelikopters, ens.) gebruik om die Suid-Afrikaanse Weermag voor te stel. ViVoorstelling van 'n persoon (soldaat) met 'n geweer daarenteen simboliseer die kleiner verband van "verpligte militere diens" in die SA Weermag. Die SAW-kenteken word ook gebruik as direkte voorstelling van die SA Weermag - die SAW is na alles 'n konsep wat moeilik voorgestel kan word, terwyl bykans alle burgers bekend is met die kasteelvormige simbool van die SA Weermag.
Die ECC se stelling dat hulle 'n "single-issue campaign" is wat hulle uitsluitlik beywer vir beeindiging van nasionale diensplig, kom in die gedrang as die teenstelling tussen vrede en oorlog betrek word. Die ECC stel op sekere plakkate 'n verband daar tussen vrede, wat gelykheid vir alle mense in SA beteken, teenoor oorlog, waarmee 'n analoog vir apartheid getref word. Dit is vanwee hierdie parallelisme dat die ECC soveel gekant is teen SAW- en SAP-teenwoordigheid in "townships" en buurlande. Laastens stel die ECC dit self in 'n pamflet (Aanhangsel 10c) dat "onwillige dienspligtiges" aangewend word om apartheid in stand te hou. Dit kan dus indirek afgelei word dat die groep hulself beywer vir die aftakeling van apartheid, en nie alleenlik die beeindiging van die dienspligstelsel nie.
Die ECC-logo of simbool (figuur 6.4), wat feitlik deurgaans op al hul media, soos bufferplakkers en pamflette, aangetref word, kom op 18 uit die 23 plakkate voor (figuur 6.3). Hierdie simbool wat bykans altyd deur die ECC gebruik word om hulself mee te identifiseer, word volgens Yanker (1972:59) wereldwyd met bepaalde linkse of regse groepe geidentifiseer. Yanker se dat die ketting universeel die onderdrukking van veral vryheid van spraak impliseer, en dat die gebreekte kettingmotief die stryd teen onderdrukking deur linkse en regse faksies voorstel.
Daar die groep hulle op verskeie plakkate teen die sg. "apartheid war" uitspreek, simboliseer hierdie gebreekte ketting dat die bande van apartheid in SA gebreek moet word. Die dienspligtige en apartheid word as dieselfde deur die ECC beskou. Die sterkte van enige ketting word ook altyd deur die sterkte van die swakste skakel bepaal, en die ECC wil deur die aftakeling van Nasionale Dienspligmoreel en -motivering, wat die swak skakel in die verdedigingsketting kan wees, die kettings van "verpligte militere diens wat apartheid in stand hou", breek.
Daar moet gemeld word dat sommige plakkate meer simbole as een bevat, in welke geval die meer primere simbool; die simbool of reaksie wat eerste ervaar is, genoteer is. Enige uitbeelding van 'n oorlogswa- pen, hetsy dit 'n kanon, Casspir, lugmaghelikopter of selfs speelgoed- geweer is, is onder oorlogswapens aangeteken (6 frekwensies), terwyl enige prominente voorstelling van die SAW-kenteken, die kasteel of to soldaat met to geweer in sy hand as to verwysing na die SA Weermag ver- tolk is (5 frekwensies). Daarbenewens word die verkiesingsplakkaat (no 20), wat lui "The problem with this general election is that we don’t know which general we’re electing", ook hier geklassifiseer. Dit insinueer dat die SA Weermag die land regeer , en inderwaarheid "the power behind the throne" is. Laastens geniet die gevolge van oorlog, wat voorgestel word met behulp van to "mismaakte" duif en to half-abstrakte skildery van Picasso ("A civil war is not very relaxing" as byskrif), twee frekwensies, terwyl die bestaande diens- pligstelsel (die sg "call up"), een keer negatief voorgestel word.
Bogenoemde totaal van 15 frekwensies het almal negatiewe konnotasies, m.a.w. die ECC (bron of kommunikator) neem to negatiewe en afkeurende standpunt hierteenoor in. Die ECC, wat hulle na bewering vir die enkele saak van dienspligbeeindiging beywer, neem nou standpunt in teenoor oorlog, en meer spesifiek die "SA Weermag
se apartheidsoorlog" (daar sal in 6.3.6.4 gesien word dat "apartheid war" dikwels in die boodskap voorkom). Die Staat en die SA Weermag word as een gesien, wat die dienspligstelsel aanwend om die oorlog vol te hou.
Daarenteen word die konsep 'vrede' met behulp van vier simboliese voorstellings agt keer voorgestel. Die duif is 'n gewilde simbool (5 frekwensies). Yanker (1972:58) se : "The dove, symbol of peace, is another symbol of the left. It has been used in numerous ways by the world's peace groups". Op twee plakkate (9 en 18) word die baie interessante kombinasie van 'n paar hande en h duif aangetref. Daar is 'n sterk ooreenkoms tussen een van hierdie plakkate (18), en 'n plakkaat van die Columbia University Student Mobilization for Peace Committee in NYC, (Yanker, 1972:84) waar die duif se vlerke as't ware h paar hande word wat opwaarts reik soos in 'n pleidooi vir hulp. In die plaaslike weergawe is die duif in gevangeneskap. In die ander plakkaat van die ECC hou 'n paar hande 'n duif, met 'n treurige uitdrukking op die gesig, vas, wat simboliseer dat vrede onderdruk word in SA. Hierdie simbool word gebruik tydens die "Fast against Apartheid War". Vrede word by die naam genoem "Peace" (1 frekwensie), en beide die son en 'n kontroversiele gewetensbeswaarder word elk een keer as simbool gebruik om die weersin wat oorlog wek teenoor vrede, wat terselfdertyd 'n toestand van gelykheid vir almal simboliseer teenoor die "apartheid war", te illustreer.
'n Ander vredessimbool wat aangetref word, is die duif met die bekende olyftak in sy snawel (23). Die wese van die ECC word as vrede uitgebeeld, en hierdie plakkaat maak effektief gebruik van helderkleurige ballonne om die advertensie van die ECC-fees ("fair") uit te dra, en so word die suggestie van vrolikheid en vryheid as die ECC se wese gelaat.
Dit blyk dat die organisasie hulle nie slegs besig hou met propaganda vir 'n alternatiewe dienspligstelsel en die bee'indiging van die huidige stelsel nie, maar ook 'n veldtog voer om die SA Weermag se geloofwaardigheid en moreel af te takel, deur dit gelyk te stel a an die sg. "apartheidsoorlog", waarvoor dienspligtiges gebruik word.
Simbole word weldeurdag aangewend om die boodskap van die ECC via hul plakkate te kommunikeer. Die implikasie is dat die SA Veiligheidsmagte ongeoorloofde terreurdade pleeg en onuitspreeklike lyding en vrees saai (vgl. plakkate met "emosionele" swart figuur), asook verwarring by baie mense skep, omdat dit wat hulle ervaar en dit wat die Regering/Weermag verkondig, nie ooreenstem met hul eie belewenis nie.
Die gevolgtrekking waartoe die oningeligte kyker kan kom is dat die oorlog in SA ongegrond is, en dat dit die enigste faktor is wat apartheid in stand hou en vrede weerhou. Dit blyk dat die ECC glo indien die militere dienspligstelsel afgeskaf en vervang word met 'n alternatiewe stelsel van nasionale diens, alle probleme in Suid-Afrika opgelos sal wees, en vrede en vreedsame naasbestaan die bo-toon sal voer.
6.3.6.4 Trefwoorde (figuur 6.6)*
Hierdie kategorie wys heen na spesifieke enkele woorde wat by die oorkoepelende tema van die veldtog waartoe 'n plakkaat behoort, aansluit, asook daardie woorde wat betrekking het op die ECC se ideologie, soos bv. "Peace", "War", "Call Up", ens.
* Vgl. verduideliking van positiewe en negatiewe konnotasie op bl.149.
TR E FW O O R D E F IG U U R 6 .63.0-
2.5**
2 . 0 - -
1.5- -
1 . 0 - -
.5-
O-
-.5--
1.0 - *
1.5- -
2 . 0 * -
2.5--
3.0- -
3.5-
•4.0-
•4.5-
-5.0-
i 1
1
pi 1
1S i
Ii
I ii ii
7?VsI£
__ i_____ i i i —i----- 1 -i----- 1----- •----- • * * "* *C /U P A P T H D CEN SADF S A D F /T KILL WAR CONS TERR CO ECC PCE J /P C E POW
TREFWOORDE
SLEUTEL
M .A K K A T E
C/up = Call UpAPTHD = ApartheidGEN = GeneralSADF = SA Defence
ForceSADF/T = SADF TerrorKILL = KillingWAR = War (oorlog)CONS = ConscriptionTERR = TerroristCO = ConscriptionECC = End Conscrip
tion CampaignPCE = PeaceJ/PCE = Just PeacePOW = Prisoners of
War
Twaalf woorde wat belangrik is met betrekking tot die organisasie se doel en oogmerke, is geidentifiseer.
Die woorde waarteenoor die ECC baie negatief en aversief staan, is nie slegs beperk tot "conscription" soos wat verwag sal word van 'n "single-issue campaign" wat geloods word hoofsaaklik vir die beywering van dienspligbeeindiging nie. Ander woorde soos "apartheid", "SADF terror" en "killing" word nou ook betrek by die veldtog, waaruit dit sonder veel verduideliking duidelik blyk dat die ECC hulself op 'n politieke terrein begewe ("apartheid", "SADF terror", en "general"), en dat baie van die veldtog se aktiwiteite en kommunikasie juis daarop konsentreer om die SA Weermag te diskrediteer, en 'n absolute parallel te trek tussen die SAW en die sg. "apartheid war", (wat dus voor die deur van die SAW gele kan word). Die organisasie is dus meer onwillig om betrokke te wees by die sg. apartheidsoorlog, as oorlog per se (in die lig van hul pasifistiese beskouing).
Die ECC is voorts nie alleenlik positief teenoor vrede ("peace") nie maar spesifiek teenoor 'n "just peace". "A just peace" is nou die teenpool van militere diensplig (wat "unjust" is), en as dit in verband gesien word met "SADF terror" word die denkwyse agter die veldtog al duideliker. Tydens die Algemene Verkiesing (1987) word daar nie slegs op die politieke element met betrekking tot die dienspligwet gekonsentreer nie, maar word wantroue in die Regering/Staat per se gedemonstreer as die groep se "We don't know which general we're electing" (plakkaat 20).
Desnieteenstaande, geniet die woorde "war", "call up" en "apartheid" die meeste frekwensies (4, 3 en 3). Die universele afkorting P 0 W
wat dui op "prisoners of war", word selfs as positief deur die ECC bejeen, maar die plakkaat waarop dit voorkom se implikasie is nie volkome duidelik nie (no. 19).
Die organisasie konsentreer daarbenewens ook op die sogenaamde "conscientious objectors", wat twee frekwensies geniet. Om 'n gewetensbeswaarde te wees en te weier om nasionale diensplig te doen, behoort nie, volgens die ECC, teen die morele norme van die gemeenskap wees nie, maar daardie individu se regte moet gerespekteer word, en gehoor gegee word aan sy begeerte, selfs al sou dit van die norm afwyk.
6.3.6.5 Veldtog (figuur 6.7)
Die ECC bou baie van sy aktiwiteite rondom veldtogte (teen die agtergrond van die groter veldtog, End Conscription Campaign) met spesifieke temas. Binne die raamwerk van die oorhoofse veldtog, loods die streek- en/of kampuskomitees hul eie onderskeie veldtogte, wat dikwels verband hou met die beplanning van nasionale veldtogte (sien 6.2.2).
Die ECC-veldtogte wat gedurende die tydperk van die populasie geloods is, word volgens die ECC (pamflet, sj) genoem :Julie 1985: ECC National Peace Festival.Oktober 1985: Troops out of the Townships, insluitende Fast for a
Just Peace.April 1986 : Working for a Just Peace.Augustus 1986: ECC's right to speak.Oktober 1986: Tie a Yellow Ribbon Campaign en Troops out of the
Townships.April 1987: War is not compulsory - Let's choose peace.
AANT
AL
PLA
KK
ATE
VELDTOGTE FIGUUR 6 .7
8 - -
4 - -
3 - -
a - -
1 - -
pI 1
sii — I-----ECC N P f W O R K /JPC C TIC
T K O O P S /T 3 C C C *« /K W K
II
1I II 1
1I■ >' AII
Y RIB PAST/APTH XM ASM lL C C T /» 7
WAR/NOT COMP STO P/SA D FT C O N S /O B J
VELDTOGTE
SLEUTEL
'/S s . PLAKKATE
ICC NPF = ECC NationalPeace Festival
rROOPS/TS = Troops out of the Townships
iJORK/JPCE = Working for a Just Peace
iCC’S/RSPK = ECC’s Right to Speak
TIE Y RIB = Tie a Yellow Ribbon Camp
a/AR/NOT COMP = War is not compulsory
FAST/APTH = Fast against Apartheid War
BTOP/SADFT = Stop SADF Terror
XMAS86 = Kersfees 1986CONS/OBJ = Conscientious
ObjectorsELECT/87 = Verkiesing ’87
Omdat die opskrifte of titels van die onderskeie veldtogte van die ECC inderdaad 'n boodskap insigself is, word veldtogte vir hierdie doeleindes as die ekwivalent van slagspreuke beskou. Daar word dus kortliks stilgestaan by die implikasie en betekenis van slagspreuke.
Malan (1973:134) se 'n slagspreuk is in der waarheid 'n oproep om saam te werk, wat die saak ook al is, en dit het oorspronklik ontstaan uit die wagwoord of oorlogsuitroep wat reeds in Bybelse tye gebruik is. *n Slagspreuk bevredig die behoefte van 'n individu om aan 'n groep te behoort, en is 'n kort en bondige uitnodiging tot deelname aan 'n bepaalde sosiale interaksie. Dit word veral op die terreine van reklame, godsdiens, politiek en selfs sport aangetref.
Die slagspreuk help die propagandis om die maksimum effek met die minimum woorde te bereik, want bondigheid maak enige mededeling treffend. Dit moet egter aanpas by die sentiment en beginsels van die publiek vir wie dit bedoel is, en dit is goed as dit ritme kan he, bv. soos in "een man een stem". Alliterasie en assonansie dra by tot effek, en 'n positiewe suggestie werk die beste.
Wanneer daar dus betreklike lang periodes tussen veldtogte verloop, is dit waarskynlik dat daar ook minder plakkate sal verskyn. Uit die plakkate blyk dit egter duidelik dat die organisasie ook van groot "geleenthede" soos Kersfees, militere operasies in buurlande deur die SAW, en die Algemene Verkiesing gebruik maak om hul boodskap, met bepaalde aanpassings, te versprei.
Die veldtogte se benamings hou bepaald verband met die tydperk waarbinne dit geloods word. Ongeveer 'n maand na die afkondiging van die Nasionale Noodtoestand (Junie 1986) loods die ECC 'n veldtog, "ECC's right to speak", wat heenwys na die beperkings van die noodtoestand op sekere organisies se aktiwiteite en media-inhoud. Tydens April 1987, 'n maand voor die RSA-Algemene Verkiesing word 'n veldtog geloods wat lui "War is not compulsory - Let's choose peace". Die term "choose" het betrekking op die Verkiesing, en dat individue 'n reg het om hul eie keuse uit te oefen - maar nie slegs met betrekking tot die heersende politieke party nie, maar ook t.o.v. die bereidheid tot oorlog (nasionale diensplig), asof dit 'n vrywillige keuse vir die meeste Suid-Afrikaners impliseer (Vgl. ook plakker in Aanhangsel 5 ). Dit is interessant dat die hoogste frekwensie plakkate juis rondom hierdie tema handel ten spyte daarvan dat die organisasie hulself nie onomwonde as 'n politieke organisasie sien nie.
Die ander hoogste frekwensies (4 elk) hou verband met die ECC se werklike oogmerk, "Stop the Call Up", en die tema "Troops out of the Townships", wat "Fast for a Just Peace" insluit. Daar kan tereg gevra word wat die sg. "Troops in the Townships" met die nasionale dienspligstelsel te make het, asook wat 'n "Fast for a Just Peace" in terme van die verandering/beeindiging van nasionale diensplig beteken. Weer eens word daar 'n verband tussen die SA Weermag ("call up", en "troops") met die sg. "apartheid war", "townships" en "a just peace" gemaak. (vergelyk veldtog "Fast against Apartheid War", op figuur 6*6).
Met verwysing na plakkate buite die konteks van beplande veldtogte kan daar bv. gesien word hoe die ECC die geleentheid van Kersfees (1986) benut en plakkate rondom die "birth of the Prince of Peace" opstel om standpunt jeens oorlog per se in te neem. (no. 13 en 14).
Hierdie twee buitengewone groot plakkate is op die ouer as teiken gerig en die motivering word gestel dat oorlogspeelgoed sleg is, veral tydens die herdenking van die geboorte van "The Prince of Peace". Insgelyks word die verkiesing (Mei 1987) ook benut om standpunt teenoor Regeringsbeleid (wat as parallel met die SAW gesien word) in te neem. (no. 21 en 22).
Indien plakkate rondom die sg. "just peace" getel word, sonder dat dit een gelsoleerde veldtog is, geniet hierdie saak 7 frekwensies ("Fast for a Just Peace" (Okt.1986), "Working for a Just Peace" (April 1986) en "Let's choose peace" (April 1987). Hierdie tendens kom meer na die laaste gedeelte van die tydperk van ontleding voor, terwyl die werklike doel van die organisasie gedurende die eerste maande van die tydperk voorkom. Dit kan dui op h meer politiese verskuiwing met verloop van tyd.
6.3.6.6 Kleur (figuur 6.8)
Die meeste van die ECC-plakkate wat ontleed is, is nie slegs swart en wit nie, maar het ander sterk kleure daarop. Indien die uitgangspunt gebruik word dat kleur simboliese betekenis het, is dit wel relevant ten opsigte van 'o studie van plakkate.
Dichter (in Malan, 1973:134) verwys na onderskeie simbole wat in kommunikasie gebruik word, en hier word klem gele op die sogenaamde vertolkende simbole, wat bepaalde emosionele reaksies by individue kan uitlok. *n Voorbeeld van so 'n simbool is kleur - en, s§ Dichter, kan daar bv. universele konnotasies vir die kleur rooi bestaan, wat dui op geweld, bloed, hartstog en dergelike intense emosies.
AANT
AL
PLAK
KATE
K LE U R E FIGUUR 6 .8SLEUTEL
PLAKKATE
ROOI CEEL BLOU SWART
KLEUREGROEN PIENK BRUIN
166
Hier word ook verwys na Yanker (1972) se omskrywing van die sogenaamde PLANT-metode van plakkaatontleding. In die ontwikkeling van hierdie metode is gehore getoets vir response op kleur en ander simbole. Die uitgebreide veldtog het, onder meer, bevind dat blou die kleur is wat die beste aanspraak maak op "moderate conservative leaning silent" individue. Swart en wit daarenteen maak die grootste appel op gesofistikeerde stedelinge. Geel is by uitstek die kleur wat "reform-minded voters" aanspreek, terwyl rooi universeel h intense gevoel kommunikeer, hetsy dit van die linkse of regse politiese vleuel afkomstig is. Laastens is rooi op swart die beste kleurkombinasie om 'n onbekende kandidaat of idee te propageer (1972:68).
Rooi is by uitstek die kleur wat die meeste frekwensies ontvang (7), terwyl geel as sentrale kleur, en swart en wit elk 5 keer aangetref word. Dit is opvallend dat die plakkate wat van rooi gebruik maak, telkens die plakkate is wat die meer sentrale boodskappe of "slagkrete" van die organisasie verkondig. Van die "rooi" plakkate het twee direk betrekking op die "beeindig verpligte militere diens"-tema ("Stop the Call Up", no. 1 en "beeindig verpligte militere diens", no. 6). Drie van die ander plakkate wat van rooi gebruik maak is openlik daarop uit om die SAW te diskrediteer en skuldig te hou vir die "apartheid war" en "terror" in Suid-Afrika wat veral in die "townships" en onrusdistrikte voorkom, volgens die ECC. (Interessantheidshalwe word verwys na plakkate C en D, wat nie in die populasie wat ontleed is nie voorkom, en ook baie sterk gebruik maak van rooi om die SA Weermag "te beskuldig" van die "Apartheid War" en "troops" in die "townships". Plakkaat D stel selfs met baie effektiewe gebruik van rooi 'n parallel daar tussen Vietnam en Namibie).
♦
Die sesde plakkaat wat van rooi gebruik maak, verwys na die kwessie van die sg. "verpligte diens", gekoppel aan die vraag "Do I have to fight in the SADF?", terwyl plakkaat 7 direk na oorlog verwys as dit s§ "A civil war is not very relaxing". Die ECC stel dit dus duidelik dat daar 'n burgeroorlog woed, wat vir almal sleg en ontwrigtend is. Veral die twee plakkate (7 en 12) wat vrees en lyding by die "slagoffers" van die SA Weermag uitbeeld, gebruik swart en rooi in kombinasie om 'n baie sterk boodskap teen die SAW te kommunikeer - dat die veiligheidsmagte inderdaad die oorsaak is van die onnoemlike vrees en lyding wat by uitnemendheid in die swart woonbuurtes en in buurlande bestaan as gevolg van die SAW teenwoordigheid daar.
Geel is die kleur met die tweede hoogste frekwensie. Dichter (in Malan, 1973:135) se dat die indruk van sonnigheid en vrolikheid veral deur gebruik van die kleur gekommunikeer word. Die vyf plakkate wat daarvan gebruik maak verwys na die gewetensbeswaarder se verhoor, en die uitstalling van skilderye en dies meer wat krygsgevangenes as tema het,asook na die "stop the call up"-veldtog.
Een plakkaat wat die "peace rally" van die ECC adverteer, is byna totaal in geel, en laastens word die troepe in Alexandra van h "apartheid war" met behulp van hierdie kleur beskuldig.
Vyf swart en wit plakkate word aangetref - twee plakkate tydens Kersfees, een tydens die verkiesing en een tydens die verhoor van Philip Wilkerson, gewetensbeswaarde, en 'n laaste om 'n oorlogsfilmveldtog te adverteer. Veral die twee plakkate wat tydens Kersfees 1986 uitgereik is en besonder groot is, is baie aantreklik en plaas veral ouers voor die dilemma of geskenke van oorlogspeelgoed goed genoeg is vir hul kinders tydens die geboorte van die "Prince of Peace". Die beoogde reaksie by die bestemming behoort te wees dat mense werklik oor hierdie kwessie sal dink.
Collection Number: AG1977
END CONSCRIPTION CAMPAIGN (ECC)
PUBLISHER: Publisher:- Historical Papers Research Archive
Location:- Johannesburg
©2013
LEGAL NOTICES:
Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner.
Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only.
People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate,
distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of paper documents and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or
omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website.
This document is part of a collection held at the Historical Papers Research Archive at The University of the
Witwatersrand, Johannesburg, South Africa.