26januarie2014 dié hotel is ’n paternoster hele vakansie ... · bome wat die klein binnehof...

2
Dié hotel is ’n hele vakansie op sy eie . . . D ie reuk van vrede skuil in donkerbruin masseerolie, en soos die masseuse my sty- we skouers sag brei, so hang my wêreld tussen slaap en wakker, die sorge van die week aan’t wegsweef. Ons het vir twee dae ingeboek by Abalone House & Spa, ’n boetiekhotel wat nou ook met ’n nuwe spa, Healing Earth Spa, en ’n Reuben’s-restaurant spog. Ons drink ons yskoue ystee voordat ons besluit dis tyd om die dorp te verken. Die dorp en omgewing het so baie om jou mee besig te hou: Jy kan ver op die strand gaan stap, gaan kajak, daar is walvisroetes en vele meer. Of jy kan net oor die see uitstaar, die vuurtjie aansteek en kreef braai wat vanoggend nog op die seebodem rondgeloop het en deur ywerige verkopers gesmous word. Jare lank al is die Paternoster-hotel ’n gewilde stop- plek. Jy sit op die stoepie met ’n glasie Swartland-char- donnay en vars skelvis tussen die plaaslike mense, en luister na die stories oor die groot vangste, die lekker kreef wat hulle uitgetrek het of hoe die vis loop. Die hotelgebou is meer as 100 jaar oud en die ingangspor- taal se mure is volgeskryf van kliënte van toeka tot nou wat gelukkige, vredevolle ure hier verwyl het. Oorkant die hotel sit die dorp se kinders met ingeryg- de skulpies wat hulle aan verbygangers verkoop. Ons gaan stap op die 8 km lange strand. Op die spierwit sand lê ’n visserskuit. “Kaptyn Sardyn” is in baldadige kleure geverf. Die verf op ander skuite dop af in lae oranje, geel en rooi, en ’n mens wonder watter stories daardie verweerde hout sal kan vertel. Daar is nog sand tussen my tone in my vissieplakkies toe die kelnerin ons vroegaand ons tafel wys by The Noisy Oyster. Ek kry lag vir die spyskaart waar die ver- skillende gange aangedui word met “Flirting”, “Fore- play” en “Intercourse”. Die musiek speel iewers uit die bome wat die klein binnehof omring en ding mee met ’n klomp raserige vinke in ’n nes hier naby. Ons knaag aan soet basiliekruid-en-melkbrood met olywe en hoenderpatee en pikante tamatiesous, terwyl die Darling Brew Bone Crusher-bier yskoud in ons kele afgly. By die tafel langs ons eet hulle soesji, maar ons is lus vir biefstuk en bunny chow, wat ons al eenkeer voorheen hier geëet het en wat ’n groot indruk gemaak het. Terwyl ons wag vir ons kos, sien ek die Trivial Pur- suit-kaartjies raak. Opgespeel, ore wat omkrul, ure se plesier in die gebleikte kaarte vasgevang. Ons is verras hoe “dom” ons geword het in die laaste jare, ons kan die meeste antwoorde glad nie onthou nie. Selfs nie eens sportgebeure of politici wat tien jaar gelede ons lewens regeer het, maak meer saak nie. Die dorp se luilekkerte het tot in ons beenmurg ingesypel. Die lug raak koel toe ons terugstap hotel toe. Die vuurtoring digby Tietiesbaai flits kort-kort oor ons, so amper asof dit vir ons wil rigting wys; ons wil verseker dat daar lig vir ons voete is, en dat die pad huis toe sonder duwweltjies is. Ek sit by die hotel onder die baldadige bougainvillea met ’n koppie laataand-tee. Die blou lig in die swem- bad is afgesien van die maan die enigste lig, die geluid van die see die allesoorheersende, allesomvouende klank wat jou toevou soos die veilige arms van ’n rond- borstige ma. Die ritmiese breek van die branders wil jou aan die slaap sus, en die baie son en stap van die dag help ewe maklik mee om jou lomerig te maak. Twee dae lank tob ons oor wat om aan te vang en twee dae lank roep die swembad onder ons kamer net te hard, en lê ons soos wafferse toeriste en lees. Ons dut in, laaf onsself met koue dran- kies, vinnige dompelings in die koue water en gaan daarna vir namid- dagslapies soos ryk men- se! Op ons tweede aand heers daar groot opwin- ding omdat ons by Reu- ben’s bespreek het. Ons stort, ek trek my mooi somersrok aan en ons stap tien treë van ons ka- mer kulinêre heerlikheid in. Die restaurant van dié bekende sjef het in Okto- ber hier geopen. Sjef Aviv Liebenberg kom groet, vertel van sy lewe hier >> Toe die spa se deur agter haar toeknip en die klanke van reëndruppels so saam met die reuk van laventel, roos- maryn, geranium en sandelhout oor haar spoel, weet sy haar naweek op Paternoster aan die Weskus het begin, skryf Maryke Roberts . 10|bestemming 26 januarie 2014 Die bunny chow by The Noisy Oyster is heerlik! Sjef Aviv Liebenberg is aan stuur van sake in Reuben’s op Paternoster. Kreef, wat vanoggend nog geswem het, geurig berei. Geen koste is ontsien om die hotel in ’n lushof te omskep nie. | FOTO’S: CLIFFORD ROBERTS Paternoster Die son gaan agter die huisies onder. Ons smul heerlik in die restaurant, terwyl die seemis indryf.

Upload: others

Post on 25-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 26januarie2014 Dié hotel is ’n Paternoster hele vakansie ... · bome wat die klein binnehof omring en ding mee met ... die lig kan snags tot 60 km oor die see gesien word –

Dié hotel is ’nhele vakansieop sy eie . . .

Die reuk van vrede skuil in donkerbruinmasseerolie, en soos die masseuse my sty-we skouers sag brei, so hang my wêreldtussen slaap en wakker, die sorge van dieweek aan’t wegsweef. Ons het vir twee

dae ingeboek by Abalone House & Spa, ’n boetiekhotelwat nou ook met ’n nuwe spa, Healing Earth Spa, en’n Reuben’s-restaurant spog.

Ons drink ons yskoue ystee voordat ons besluit distyd om die dorp te verken.

Die dorp en omgewing het so baie om jou mee besigte hou: Jy kan ver op die strand gaan stap, gaan kajak,daar is walvisroetes en vele meer. Of jy kan net oor diesee uitstaar, die vuurtjie aansteek en kreef braai watvanoggend nog op die seebodem rondgeloop het endeur ywerige verkopers gesmous word.

Jare lank al is die Paternoster-hotel ’n gewilde stop-plek. Jy sit op die stoepie met ’n glasie Swartland-char-donnay en vars skelvis tussen die plaaslike mense, enluister na die stories oor die groot vangste, die lekkerkreef wat hulle uitgetrek het of hoe die vis loop. Diehotelgebou is meer as 100 jaar oud en die ingangspor-taal se mure is volgeskryf van kliënte van toeka tot nouwat gelukkige, vredevolle ure hier verwyl het.

Oorkant die hotel sit die dorp se kinders met ingeryg-de skulpies wat hulle aan verbygangers verkoop.

Ons gaan stap op die 8 km lange strand. Op diespierwit sand lê ’n visserskuit. “Kaptyn Sardyn” is inbaldadige kleure geverf. Die verf op ander skuite dop afin lae oranje, geel en rooi, en ’n mens wonder watterstories daardie verweerde hout sal kan vertel.

Daar is nog sand tussen my tone in my vissieplakkiestoe die kelnerin ons vroegaand ons tafel wys by TheNoisy Oyster. Ek kry lag vir die spyskaart waar die ver-skillende gange aangedui word met “Flirting”, “Fore-play” en “Intercourse”. Die musiek speel iewers uit diebome wat die klein binnehof omring en ding mee met’n klomp raserige vinke in ’n nes hier naby.

Ons knaag aan soet basiliekruid-en-melkbrood metolywe en hoenderpatee en pikante tamatiesous, terwyldie Darling Brew Bone Crusher-bier yskoud in ons keleafgly. By die tafel langs ons eet hulle soesji, maar ons is

lus vir biefstuk en bunny chow, wat ons al eenkeervoorheen hier geëet het en wat ’n groot indruk gemaakhet.

Terwyl ons wag vir ons kos, sien ek die Trivial Pur-suit-kaartjies raak. Opgespeel, ore wat omkrul, ure seplesier in die gebleikte kaarte vasgevang. Ons is verrashoe “dom” ons geword het in die laaste jare, ons kandie meeste antwoorde glad nie onthou nie. Selfs nieeens sportgebeure of politici wat tien jaar gelede onslewens regeer het, maak meer saak nie. Die dorp seluilekkerte het tot in ons beenmurg ingesypel.

Die lug raak koel toe ons terugstap hotel toe. Dievuurtoring digby Tietiesbaai flits kort-kort oor ons, soamper asof dit vir ons wil rigting wys; ons wil versekerdat daar lig vir ons voete is, en dat die pad huis toesonder duwweltjies is.

Ek sit by die hotel onder die baldadige bougainvilleamet ’n koppie laataand-tee. Die blou lig in die swem-bad is afgesien van die maan die enigste lig, die geluidvan die see die allesoorheersende, allesomvouendeklank wat jou toevou soos die veilige arms van ’n rond-borstige ma. Die ritmiese breek van die branders wiljou aan die slaap sus, en die baie son en stap van die

dag help ewe maklik meeom jou lomerig te maak.

Twee dae lank tob onsoor wat om aan te vangen twee dae lank roepdie swembad onder onskamer net te hard, en lêons soos wafferse toeristeen lees. Ons dut in, laafonsself met koue dran-kies, vinnige dompelingsin die koue water engaan daarna vir namid-dagslapies soos ryk men-se!

Op ons tweede aandheers daar groot opwin-ding omdat ons by Reu-ben’s bespreek het. Onsstort, ek trek my mooisomersrok aan en onsstap tien treë van ons ka-mer kulinêre heerlikheidin. Die restaurant van diébekende sjef het in Okto-ber hier geopen. Sjef AvivLiebenberg kom groet,vertel van sy lewe hier >>

Toe die spa se deur agter haar toeknipen die klanke van reëndruppels sosaam met die reuk van laventel, roos­maryn, geranium en sandelhout oorhaar spoel, weet sy haar naweek opPaternoster aan die Weskus het begin,skryf Maryke Roberts.

10|bestemming 26 januarie 2014

Die bunny chow by The Noisy Oysteris heerlik!

Sjef Aviv Liebenberg is aan stuurvan sake in Reuben’s op Paternoster.

Kreef, wat vanoggend nog geswemhet, geurig berei.

Geen koste is ontsien om die hotel in ’n lushof te omskep nie. | FOTO’S: CLIFFORD ROBERTS

Paternoster

Die son gaan agter die huisies onder. Onssmul heerlik in die restaurant, terwyl dieseemis indryf.

Page 2: 26januarie2014 Dié hotel is ’n Paternoster hele vakansie ... · bome wat die klein binnehof omring en ding mee met ... die lig kan snags tot 60 km oor die see gesien word –

>> aan die Weskus, maar maak gou verskoning, daar iseen of ander geheime sous wat nou amper te lank pruten wat dringend sy aandag verg. Aviv het by al drie dieander Reuben’s-restaurante gewerk: Franschhoek, Ro-bertson en die One&Only in Kaapstad. Sy kos het ’nplattelandse gevoel; met vyfster-geure. En varser gaanjy nie kry nie.

Die venster langs ons tafel is oop. Die son gaan traagonder, die lug is ’n skouspel van oranje, pienk, blou engeel. Die see se kleur verdiep en die reuk van seemiskom oor die strand na ons aangedryf.

Ons eet soos konings: Smul eers aan die dubbelge-bakte kaassoufflé met gerooktesnoek-room, perskekon-fyt en ’n tamatie-en-uieslaatjie en die bieftartare metroketblare, parmesaan en ’n truffel-balsemiekasyn-sou-sie voordat ons kreef en Karoolam bestel. Met elkegang stel ons kelner ’n lekker wyn voor.

Saans word daar kaggel gemaak in die sitkamer en náete sit ons daar en blaai deur die boeke op die rak endrink ons drankies. Die hotelverblyf word ’n hele va-kansie op sy eie.

Ons glip darem die volgende middagete uit vir ’n lek-ker pizza by Blikkie Pizzeria, waar ons die Paternoster-pizza met sy gemarineerde bokkoms, gerookte snoek,uie en pikantrissie eet. Elke nou en dan gewaar ons ’nvisserskuitjie wat van die sandbankie onder ons oor diegroot, bloue water uitwyk.

En ry daarna Kaap Columbine toe. Dié vuurtoring hetin 1936 die eerste keer sy lig oor die water gegooi endie lig kan snags tot 60 km oor die see gesien word –32 seemyl vir dié wat meer wil weet. Dit is die eerstevuurtoring wat skepe onderweg van Europa sien en lêop breedte 32° 48’ 39” S en lengte 17° 51’ 23” O.

Die ligtoring is genoem na die skip Columbine, wat in1829 onderweg van Londen na Nieu-Suid-Wallis daar opdie rotse geloop het. Die area is berug vir sy skeeps-wrakke; slagoffers van die rotse en riwwe vlak onderdie water.

Paternoster kry sy naam, het ons ook verneem, vandie woorde Padre Nostro (ons Vader). Die legende luihoe ’n skip vol slawe, die Meermijn, daar anker gegooihet om sy proviand aan te vul. ’n Katolieke priesteraan boord het die Vader se gebed (Padre Nostro) opdie strand gebid om dank te betuig vir die vars vrugte,groente en water wat hulle aan land kon kry.

Met ons kattebak vol skulpe, gemmerkoekies van diebekende winkel Oep ve Koep en ons hart vol seelug engoeie herinneringe val ons in die pad.

Honde lê lui in die son en bak, stilte het neergedaalop die gemeenskappie en die wasgoed wapper dank-baar in die ligte windjie.

My hart trek terug na die soel binnehof langs dieswembad, waar ek die heerlike soetgoed van die tee-maaltyd (high tea) van die vorige middag nog op mytong kan proe.

26 januarie 2014 bestemming|11

Abalone House and Spa het die kostevan Maryke Roberts se besoek gedra.

; Bespreek vir dieAbalone House & Spaby 022 752 2044; e­[email protected] of besoekwww.abalonehouse.co.za.; Bespreek toere nadie Cape Columbine­vuurtoring en oornaggeriewe by www.npa.co.za, [email protected] of 022 752 2705; inligting oor die Columbine­natuurreser­vaat by Tietiesbaai en staproetes is by www.saldanhabay.co.za of 022 752 2718.; Seekajak: Vir toere van The Beachcamp af en bergfietsroe­tes kyk by www.ratrace.co.za of skakel 082 926 2267.; Kyk by Saldanhabaai­Toerisme, www.sbto.co.za, vir alles opdie dorp, en skakel 022 433 8505 of kyk by www.capewestco­ast.org vir alles wat jy in die Weskus kan aanvang.

goed om te weet

Paternoster, aan die Weskus, is ’n ware seeparadys.

Oep ve Koep, ’n winkel wat jou aan kinderdae herinner.