curriculum afr eat lps.doc · web viewmaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten...

41
LESPLAN (jeugverhaal) Afrikaans Eerste Addisionele Taal Konteks: Jeugverhaal Tyd: 3 weke Graad: 9 LU en ASS ONDERWYSER en LEERDER AKTIWITEIT ASSESSERING STRUIKELBLOKKE VIR LEER Lees die jeugverhaal voor aan die leerders. Lu: 1 Luister As 1,2,4 As 1 Verstaan en waardeer stories, asook dié wat deur medeleerders vertel word. reageer persoonlik en krities, stel en beantwoord vrae; evalueer die manier waarop die storie vertel is en gee terugvoering. Aktiwiteit 1 Onderwyser sal aan die leerders voorlees. Leerders luister aandagtig en volg terwyl die onderwyser hardop lees. Aktiwiteit 2 Leerders maak ‘n lys van woorde wat hy nie ken nie. Aktiwiteit 3 Die leerder moet instaat wees om die verskillende temas in hierdie verhaal te kan identifiseer. Klasbesprekings en oefening in Onderwyser Self/leerder Self/leerder Leerders het elkeen sy eie boek en volg terwyl die onderwyser voorlees Leerder het ‘n sterk akademiese maat wat hom ten alle tye bystaan

Upload: others

Post on 12-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

LESPLAN(jeugverhaal)

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Konteks: Jeugverhaal

Tyd: 3 weke Graad: 9

LU en ASS ONDERWYSER en LEERDER AKTIWITEIT ASSESSERING STRUIKELBLOKKE VIR LEER

Lees die jeugverhaal voor aan die leerders.

Lu: 1 Luister As 1,2,4

As 1 Verstaan en waardeer stories, asook dié wat deur medeleerders vertel word.

reageer persoonlik en krities, stel en beantwoord vrae;

evalueer die manier waarop die storie vertel is en gee terugvoering.

As 2 Verstaan mondelinge tekste (soos geselsprogramme, tekste met statistiek):

beantwoord vrae;

vertel oor en som op;

identifiseer standpunt/perspektief en is in

Aktiwiteit 1

Onderwyser sal aan die leerders voorlees. Leerders luister aandagtig en volg terwyl die onderwyser hardop lees.

Aktiwiteit 2

Leerders maak ‘n lys van woorde wat hy nie ken nie.

Aktiwiteit 3

Die leerder moet instaat wees om die verskillende temas in hierdie verhaal te kan identifiseer. Klasbesprekings en oefening in kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede moet aangemoedig word.

Aktiwiteit 4

Vra vir die leerders met watter karakter hulle die meeste identifiseer of deur wie word hulle die meeste geїnspireer en waarom. Leerders moet kan verduidelik in hul eie woorde of hulle met die verskillende standpunte en karakters saamstem

Onderwyser

Self/leerder

Self/leerder

Groep/portuur

Leerders het elkeen sy eie boek en volg terwyl die onderwyser voorlees

Leerder het ‘n sterk akademiese maat wat hom ten alle tye bystaan

Page 2: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

staat om 'n alternatiewe standpunt te gee;

ontleed die kenmerke van verskillende soorte mondelinge tekste (soos 'n gesprek, 'n verhaal).

As 4 Luister aandagtig tydens 'n bespreking:

is ontvanklik vir idees en is krities teenoor ander se standpunte, maar toon respek;

vra vir bydraes van ander en reageer op standpunte;

is bereid om ander se standpunte te bevraagteken, maar doen dit op 'n hoflike wyse en onderbreek nie;

kritiseer idees en nie die persoon nie.

Lu 2 Praat As 1,3,5

As 1 Vertaal en tolk:

vertel stories uit die huistaal oor in die addisionele taal;

vertaal of tolk boodskappe;

vertaal of tolk tydens 'n gesprek, indien nodig.

As 3 Toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme.

As 5 Word deur iemand ondervra (soos in 'n werksonderhoud):

voorspel die vrae wat gevra gaan word en

of nie. Vra ook hoe sal die leerders die verskillende konfliksituasies hanteer.

Aktiwiteit 5

Leerders moet terwyl hulle die boek lees, soek vir voorbeelde van positiewe sowel as negatiewe waardes. Leerders moet ‘n debat hou waar hulle gedrag en lewenstylkeuse bespreek en of dit ‘n uitwerking het op die gesondheid en welsyn van leerders het.

Aktiwiteit 6

Leerders moet die morele lesse wat in die eerste 3 hoofstukke na vore tree, identifiseer.

Aktiwiteit 7

Klasdebat. Vertoon 2 stellings op die swartbord of op die oorhoofse projektor of data projektor. Verdeel die leerders in groepies of pare en laat hulle toe om self een van die stellings te kies of wys ‘n stelling aan hulle toe. Hulle moet dan teen ‘n ander groep of paar daaroor debatteer. Leerders word dan een vir een vorentoe geroep om ‘n minuut lank ten gunste van een van die stellings te redeneer.

Aktiwiteit 8

Onvoorbereide rolspel. Kry 2 vrywilligers uit die klas om die volgende onvoorbereide rolspel te vertolk en 2 karakters te dramatiseer. Skets vir hulle die agtergrond. (Hierdie oefening is ideaal wanneer daar ‘n spannende hoofstuk klaar gelees is en almal wonder wat volgende gaan gebeur of daar was konflik tussen 2 karakters waarmee die leerders kan identifiseer maar geen oplossing word gebied nie)

Self/leerder

debat

Self/leerder

Klas

Maats bv. In pare

Groep/portuur

Debat

rubriek

Maats bv. In pare

Rolspel

Page 3: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

doen voorbereiding;

beantwoord vrae;

gebruik die gepaste toon, register en liggaamstaal.

Lu 3 Lees en Kyk As 1,6,7,8

As 1 Lees 'n verhaal (fiksie of nie-fiksie):

Identifiseer die doel, teikengroep en konteks;

verstaan betekenis van dinge wat nie direk genoem word nie deur afleidings te maak;

identifiseer die register/styl (formeel of informeel);

verduidelik en evalueer perspektief/houding in sowel die geskrewe as visuele dele van 'n teks en bied alternatiewe idees;

verstaan die manier waarop 'n teks 'n leser posisioneer (soos deur die gebruik van die inklusiewe voornaamwoord "ons");

onderskei tussen kern- en ondergeskikte gedagtes;

toon begrip van karakter, intrige en ruimte/agtergrond in fiktiewe tekste.

vergelyk verskillende tekssoorte en bring dit in verband met die doel van die teks (soos oorreding, instruksies).

As 6 Gebruik leesstrategieë:

Aktiwiteit 9

Hou ‘n dinkskrum. Skryf die woorde: ”liefde, seks, vigs “ (of enige woord wat verband hou met die tema van die verhaal) op die skryfbord neer en hou ‘n dinkskrum binne klasforumverband oor wat die woorde vir jou beteken.

Aktiwiteit 10

Gebruik ou tydskrifte om ‘n collage te maak wat jou siening van ‘n liefdevolle verhouding uitbeeld. Of gebruik ou tydskrifte om ‘n collage te maak wat die verhouding tussen die hoofkarakter en haar beste vriend uitbeeld na hul eerste rusie.

Aktiwiteit 11

Waar en onwaar speletjie. Laat leerders in ‘n ry in die middel van die klas staan. Lees stellings en vra die leerders om of na die linkerkant van die klas te beweeg indien hulle dink die stelling is onwaar, of na die regterkant indien hulle dink die stelling is waar. (kritiese evaluering van ‘n stelling, respek vir die mening van ander persone word hier getoets)

Aktiwiteit 12

Verdeel die klas in groepe van 4 tot 6 leerders. Deel aanhalings uit sodat hulle dit kan bespreek. Laat leerders die vrae/aanhalings in groepsverband bespreek en dan as ‘n groep terugvoering gee. Slegs een segsman per groep lewer terugvoering.

Aktiwiteit 13

Rollees enige hoofstuk. Daar is ten minste 6 karakters en ‘n verteller in hierdie jeugverhaal. Laat die leerders spontaan dramatiseer terwyl hulle lees.

Klas

Maats bv. In pare

Collage

Klas

memo

Groep/portuur

Aanbieding

Groep/portuur

rubriek

Page 4: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

vluglees tekste - identifiseer die onderwerp, kerngedagtes en bladuitlegtegnieke (soos illustrasies);

pas gepaste leestegnieke op verskillende tekssoorte toe;

ontwikkel en evalueer leesspoed;

gebruik strategieë om woordbetekenis vas te stel (soos: lees omringende woorde; kyk na illustrasies/diagramme; bespreek 'n woord in die huistaal).

As 7 Lees vir genot:

lees fiktiewe en nie-fiktiewe tekste op die gepaste lees- en taalvlak;

lees enkele nuwe tekssoorte (soos 'n roman);

evalueer 'n teks deur 'n boekverslag te skryf;

lees 'n eenvoudige boekresensie;

los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels).

As 8 Toon begrip van die gebruik van naslaanwerke:

evalueer en kies boeke deur die inhoudsopgawe en indeks te gebruik;

gebruik 'n woordeboek, 'n eenvoudige tesourus en ensiklopedieë.

Lu 4 Skryf As 4,6,7

As 4 Skryf skeppend:

Aktiwiteit 14

Hou ‘n meerkeusevasvrae. Laat hulle een van die moontlikhede (a,b,c.d of e) as antwoord op elke stelling kies om so sy eie kennis oor ‘n bepaalde onderwerp te toets. Daar mag plek-plek meer as een korrekte antwoord wees. (Leerders het pret terwyl hulle leer en verbeter hulle kennis oor ‘n bepaalde onderwerp)

Aktiwiteit 15

Werk jou eie vasvra uit. Kies een van die hoofstukke wat julle alreeds in die klas behandel het en vra die leerders om ‘n vasvra van nie meer as 10 vrae op een bladsy op te stel. Dit sal aan ‘n ander leerder in die klas gegee word om te beantwoord. Die vrae moet basiese feitevrae oor die hoofstuk bevat met kort eenvoudige antwoorde.

Wanneer die vasvrablaaie gereed is (dalk eers die volgende periode) word hulle onder mekaar uitgeruil of ingeneem. Sodra almal klaar is, word die blaaie terugbesorg om nagesien te word aan leerders wat dit opgestel het.

Aktiwiteit 16

Leerders moet ‘n blokkiesraaisel in vul deur die leidrade te bestudeer en woorde te gebruik wat betrekking het op die jeugverhaal.

Aktiwiteit 17

Leerders moet die woorde wat hy nie weet wat dit beteken nie in ‘n woordeboek naslaan en gebruik dit in goeie verklarende sinne. Dit lei tot die uitbreiding van woordeskat en dit verbeter sy spel- en skryfvermoё .

Self/leerder

memo

Self/leerder

memo

Self/leerder

Self/leerder

Page 5: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

vertaal verhale (en ander tekste) uit die huistaal, probeer om die taalidioom daarin te vervat en let op hoe dit (en dikwels ook waardes) in twee tale kan verskil;

toon ontwikkeling in die skryf van stories, gedigte en toneelstukke.

As 6 Benader skryf as 'n proses:

skryf 'n konsepweergawe en lees en bespreek eie skryfwerk krities;

gebruik terugvoering om te hersien, te redigeer en te herskryf;

gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer;

evalueer ontwerp en bladuitleg.

As 7 Gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:

toon begrip van styl en register (soos herskryf 'n verhaal as 'n koerantberig);

toon begrip van die inligtingstruktuur van tekste;

skryf samehangende, langer skryfstukke met 'n inleidende en slotparagraaf;

evalueer eie houding krities;

begin verstaan hoe eie skryfwerk die leser posisioneer.

Lu 5 Dink en Redeneer As 3

Aktiwiteit 18

Leerders moet ‘n valetynskaartjie ontwerp. Daar word van hulle verwag om ‘n kort romantiese boodskap of gedig binne-in te skryf.

Aktiwiteit 19

Maak ‘n plakkaat. Leerders kan hierdie opdrag individueel of in groepsverband uitvoer.

Leerders word versoek om ‘n plakkaat te ontwerp waarmee mense van hul eie ouderdomsgroep ingelig kan word oor hoe om konfliksituasies te hanteer. (Probleemoplossingsvaardighede word dus uitgebeeld en leerders ontwikkel hierdie vaardighede terselfdertyd)

Aktiwiteit 20

Ontwerp ‘n simbool. Vra die leerders om ‘n simbool te ontwerp/teken wat volgens hulle liefde/vigs/vriendskap/tering verteenwoordig. Laat leerders toe om hulle ontwerpe/simbole aan die klas te wys en te verduidelik wat elkeen beteken.

Aktiwiteit 21

Leerders moet ‘n opstel skryf oor ‘n persoon of gebeurtenis wat sy lewe verander het.

Aktiwiteit 22

Stomstreke. Verdeel die klas in 2-4 spanne. Vra elke span om 5 interessante woorde uit ‘n bepaalde hoofstuk te haal. Die doel is om een van die woorde aan ‘n lid van een van die ander spanne te wys en hy/sy moet dan die woord deur middel van stomstreke aan sy/ haar span uitbeeld. Die span verdien ‘n punt as hulle binne ‘n bepaalde tydperk (bv. 2 minute) kan raai wat die woord is. Slegs nie-verbale kommunikasie word toegelaat. Daar mag nie geskryf of met die vingers gespel

Self/leerder

Funksionele skryfstuk

Self/leerder

Maats bv. In pare

Plakkaat

Self/leerder

Projek

Opstel

rubriek

Aanbieding

Klas

Page 6: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

As 3 Versamel en teken inligting op verskillende maniere op:

kies relevante inligting en skryf aantekeninge (organiseer kernidees onder hofies en subhofies; gebruik bladuitlegtegnieke soos hoofletters en onderstreping);

lees en gee 'n samevatting van inligting uit verskeie tekste oor dieselfde onderwerp;

dra inligting van een modus na 'n ander oor (soos gebruik statistiek om paragrawe te skryf; gebruik kopkaarte).

Lu 6 Taalstruktuur en Taalgebruik As 1,2,3,4

As 1 Spel bekende woorde korrek:

woorde wat dikwels verkeerd gespel word (soos: dieselfde, speel, vriendin, idee);

woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: droom, drome; grap, grappe).

woorde wat los of vas geskryf word (soos: Ons ry vier uur lank daarheen; Om vieruur begin die wedstryd);

woorde met hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken, afkappingsteken, hakies);

gebruik algemene afkortings (soos: gr., d.w.s., dr., SA, VSA);

pas kennis van lettergrepe toe deur woorde

word nie.

Aktiwiteit 23

‘n Opname (ondersoek) Deel ‘n opnamevraelys aan die leerders uit. Leerders het ‘n week of twee om onderhoude te voer met 4 volwassenes en 6 leerders van hul eie ouderdom maar van ‘n ander skool. Nadat hulle al die inligting ingesamel het, moet die leerders ‘n nuusverslag skryf oor hulle bevindings.

Aktiwiteit 24

Leerders beantwoord ‘n “cloze oefening” om hul spelvermoё te verbeter.

Aktiwiteit 25

Raaiselwoorde. Voorsien die leerders van 10 woorde uit ‘n bepaalde hoofstuk. Die letters van die woorde is deurmekaar. Vra die leerdes om die letters te herskommel om die oorspronklike woord te vorm. Leidrade kan ook gegee word om die leerder te help om by die antwoord uit te kom.

Aktiwiteit 26

Soek die woord. (wordsearch- woordsoektog) Deel ‘n werksblad uit na ‘n hoofstuk klaar gelees is. Vra die leerders om die woorde te soek wat binne die raam versteek is. Die woorde staan horisontaal, vertikaal of diagonaal binne die raam. Leerders moet elke woord omkring wat hy/sy vind. Die woorde moet almal binne die bepaalde hoofstuk voorkom wat so pas afgehandel is. ‘n Lys van woorde wat gesoek moet word, moet of onderaan of aan die regterkant van die bladsy verskyn. (Die leerders het pret terwyl hulle leer en die vermoё om woorde op te spoor en te identifiseer word ontwikkel. Woordeskat word uitgebrei en spelvermoё word verbeter)

Self/leerder

Gevallestudie

onderhoude

Self/leerder

Klaswerk

Maats bv. In pare

Self/leerder

Praktiese oefening

Maats bv. In pare

Self/leerder

Praktiese oefening

Page 7: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

aan die einde van 'n reël korrek af te kap.

As 2 Gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

alledaagse meervouds-, geslags- en verkleiningsvorme;

alledaagse voorsetsels in vaste en vrye verbindings;

algemeen gebruikte adjektiewe (verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme);

voornaamwoorde: persoonlik (soos: jy, u, julle), besitlik (soos: myne, hare, ons s'n), betreklik (soos: wat, met wie), vraend (soos: watter, hoekom) en onbepaald (soos: iemand, almal, 'n mens … jy/jou);

determineerders (soos: 'n, die) en telwoorde (soos: veertien, laaste);

soorte sinne (stelsin, vraagsin, bevelsin.

enkelvoudige sinne met 'n onderwerp, gesegde en voorwerp;

die gebruik van die teenwoordige-, verlede- en toekomendetydsvorm;

die verbinding van sinne met voegwoorde met die korrekte woordorde;

die ontkennende vorm (soos: Ek hou nie van brood nie; Niemand sal dit doen nie);

alledaagse bywoorde in die korrekte

Aktiwiteit 27

‘n Goeie taalhandboek behoort al Leeruitkomste 6 se Assesseringstandaarde goed te verduidelik. Terwyl daar deur hierdie jeugverhaal gewerk en geworstel word, kan leerders sekere taalaspekte verduidelik soos die gebruik van leestekens (As 2) Laat leerders byvoorbeeld soek na voorbeelde van die ontkennende vorm op ‘n sekere bladsy in die jeugverhaal. Soek byvoorbeeld na woorde wat met deeltekens geskryf word en teken dit aan in jou oefeningboek. Elke leerder behoort self ‘n persoonlike spellys in sy oefeningboek by te hou met verwarrende woorde waarmee hy of sy sukkel.

Maats bv. In pare

Self/leerder

Klaswerk

toetse

Page 8: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

volgorde (tyd, wyse, plek);

hulpwerkwoorde om tyd en modaliteit uit te druk;

die aktiewe (bedrywende) en passiewe (lydende) vorm in eenvoudige sinne;

leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken, aanhalingstekens).

As 3 Brei woordeskat uit:

verstaan en gebruik woorde wat verwarrend kan wees (soos: verveeld, vervelig; aand, nag; spieël, speel; help, hulp);

toon taalgevoeligheid vir woorde (soos: jy/julle teenoor u; mond teenoor bek; maag teenoor pens);

gebruik enkele vergelykings (soos: so dood soos 'n mossie; so arm soos 'n kerkmuis; so koel soos 'n komkommer);

gebruik een woord vir 'n omskrywing (soos: 'n plek waarheen siek mense gaan - 'n hospitaal; messe, vurke, lepels - eetgerei; wortels, boontjies, patats, mielies - groente);

gebruik voor- en agtervoegsels om nuwe woorde te vorm (soos: bedags, weekliks, onskuldig);

brei gebruik van samestellings uit (soos: lewe + verhaal = lewensverhaal);

gebruik sinonieme en antonieme;

Page 9: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

ondersoek temagerigte woorde (soos woorde wat met die liefde verband hou) en woordfamilies (soos: outobank, outomaties, outobiografie);

Gebruik 'n tweetalige en verklarende woordeboek en 'n tesourus.

As 4 Demonstreer begrip van 6 000 tot 8 000 alledaagse gesproke woorde binne konteks teen die einde van graad 9. Indien leerders die addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle na meer as 8 000 woorde te mik.

Hulpmiddels:Leesboek, Prente, Liedjies, Woordeboek, Skryfbord, Kasette, Atlas, Rekenaar, Woordkaarte,TV , videobande

Nabetragting:

LESPLAN(gedigte)

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 10: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

Konteks: Gedigte

Tyd: 3 weke Graad: 9

ONDERWYSER AKTIWITEIT LEERDER AKTIWITEIT ASSESSERING STRUIKELBLOKKE VIR LEER

Lees die gedigte met kos as tema aan die leerders voor.

Bv. Peter Blum se “Miljenêr se kombuis”, “Oppie Parade” van Adam Small, Potjiekos deur Maruis Titus, “Die rugby onthaal” deur Leon Schuster en “Shopping” deur Maruis Titus.

Kookboeke kan ook gebruik word. Bv Kook en Geniet, Jamie Oliver se kookboeke behoort ook aan klank te vind.

Speel gerus Jan de Wet se liedjie “My nooi is in ‘n nartjie” aan die leerders voor. Of gebruik Anton Goosen se liedjie “Potjiekos”

Neem die TV-program Pasella en Top Billing op, want baie keer bevat dit ‘n kosmaakinsetsel (en moenie die kookprogramme soos Nigella of Jamie Oliver vergeet nie)

Lu: 1 Luister As 1,2,4

As 1 Verstaan en waardeer stories, asook dié wat deur medeleerders vertel word.

reageer persoonlik en krities, stel en beantwoord vrae;

evalueer die manier waarop die storie vertel

Aktiwiteit 1

Onderwyser sal aan die leerders voorlees. Leerders luister aandagtig en volg terwyl die onderwyser hardop lees.

Aktiwiteit 2

Leerders maak ‘n lys van woorde wat hy nie ken nie.

Die onderwyser moet hier baie fokus in die voorafverduideliking op woordeskat (streektaal) en gebruiksafkortings. (eetlepel, teelepel, gram, milliliter)

Aktiwiteit 3

Onderwyser: Onthou van hierdie gedigte is in Kaapse dialek geskryf en moet foneties (phonetically) gelees word om dit makliker te verstaan.

Leerders: Vra gerus die leerders om die streektaalwoorde te identifiseer. Laat die leerders in pare die gedig herskryf met ‘n ander gehoor in gedagte. (kon hul die humor behou?) Laat die leerders hul gevoelens oor hul eie streektaal formuleer.

Noem en bespreek (watter streek) die streeksvariante van Afrikaans: Kaapse Afrikaans, Namakwalandse Afrikaans, Griekwa-Afrikaans ens. hier gebruik word. Laat hulle in pare die gebruik van Standaardafrikaans bespreek en variante van Afrikaans identifiseer. (die een variant is nie minder of meer verhewe as die ander nie)

Onderwyser

Self/leerder

Groep/portuur

Leerders het elkeen sy eie afskrif van die gedigte en volg terwyl die onderwyser voorlees

Leerder het ‘n sterk akademiese maat wat hom ten alle tye bystaan

Page 11: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

is en gee terugvoering.

As 2 Verstaan mondelinge tekste (soos geselsprogramme, tekste met statistiek):

beantwoord vrae;

vertel oor en som op;

identifiseer standpunt/perspektief en is in staat om 'n alternatiewe standpunt te gee;

ontleed die kenmerke van verskillende soorte mondelinge tekste (soos 'n gesprek, 'n verhaal).

As 4 Luister aandagtig tydens 'n bespreking:

is ontvanklik vir idees en is krities teenoor ander se standpunte, maar toon respek;

vra vir bydraes van ander en reageer op standpunte;

is bereid om ander se standpunte te bevraagteken, maar doen dit op 'n hoflike wyse en onderbreek nie;

kritiseer idees en nie die persoon nie.

Lu 2 Praat As 1,3,5

As 1 Vertaal en tolk:

vertel stories uit die huistaal oor in die addisionele taal;

vertaal of tolk boodskappe;

vertaal of tolk tydens 'n gesprek, indien

Laat leerders in groepies die verband tussen die titel en inhoud en die indruk wat elke gedig by die leerder skep, bespreek. Maak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer.

Laat leerders hul eie vrae oor die gedigte (met kos as tema) op stel.

Aktiwiteit 4

Die leerders maak ‘n plakkaat waarop hulle die kos van ‘n bepaalde streek of die kos van ‘n bepaalde kultuurgroep uitbeeld.

Die leerders kan ook ‘n plakkaat maak waarop hulle kossoorte van ‘n ander land uitbeeld. (dink aan jou immigrante wat in die klas is – betrek hulle - jy sal verbaas wees hoe vinnig hulle nou gaan ontdooi) Indien moontlik, kan hierdie kos later in die klas voorberei word.

Aktiwiteit 5

Sorg dat leerders die volgende wel kan identifiseer in die betrokke gedigte: rym, personifikasie, alliterasie, assonansie, metafoor, vergelyking

Kan die leerders die doel en nut van bogenoemde verduidelik in die konteks?

Aktiwiteit 6

Aanvullende leerderaktiwiteit in samewerking met ‘n ander leerarea bv. EBW of Toerisme

Die leerders kan in groepe hul eie restaurant begin bedryf. Hulle kan dan die binneversiering, bemarking en advertensie

Klas

Maats bv. In pare

Plakkaat

Rubriek

Maats bv. In pare

Klas

Page 12: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

nodig.

As 3 Toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme.

As 5 Word deur iemand ondervra (soos in 'n werksonderhoud):

voorspel die vrae wat gevra gaan word en doen voorbereiding;

beantwoord vrae;

gebruik die gepaste toon, register en liggaamstaal.

Lu 3 Lees en Kyk As 1,6,7,8

As 1 Lees 'n verhaal (fiksie of nie-fiksie):

Identifiseer die doel, teikengroep en konteks;

verstaan betekenis van dinge wat nie direk genoem word nie deur afleidings te maak;

identifiseer die register/styl (formeel of informeel);

verduidelik en evalueer perspektief/houding in sowel die geskrewe as visuele dele van 'n teks en bied alternatiewe idees;

verstaan die manier waarop 'n teks 'n leser posisioneer (soos deur die gebruik van die inklusiewe voornaamwoord "ons");

onderskei tussen kern- en ondergeskikte

van die restaurant ontwerp en ook ‘n spyskaart beplan en pryse vasstel. Die leerders moet hul eie navorsing doen deur ‘n inligtingsentrum te besoek of deur ‘n onderhoud met ‘n volwassene te voer.

Aktiwiteit 7

Debat: Laat leerders die voor- en nadele daarvan om in ‘n restaurant te werk, krities bespreek.

Verduidelik vooraf hoe jy jou leerders gaan assesseer. Fokus op die volgende.

Het die spreker liggaamstaal gebruik om sy praatjie te ondersteun?, Was die spreker entoesiasties oor die onderwerp?, Het die spreker diagramme, prente, of enige visuele materiaal gebruik?

Kon julle die spreker gehoor het en het die spreker na ons gekyk?

Het die spreker by die tydsbeperking gehou en was die praatjie logies en maklik om te volg?

As die leerders weet dat dit is waarop jy gaan fokus, sal die debat van ‘n beter gehalte wees.

Aktiwiteit 8

Die onderwyser kan ‘n resep voorlees en daarna moet die leerders vrae daaroor skriftelik beantwoord.

Laat die leerders toe om hul eie resep te “skep” deur gegewe bestanddele te gebruik bv. elke groep kry 1 eier, 1 kg bruismeel en 1 liter melk.

Hulle moet nou ‘n resep saamstel, die produk maak en

Maats bv. In pare

Debat

Waarnemingsvel

Groep/portuur

Aanbieding

Page 13: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

gedagtes;

toon begrip van karakter, intrige en ruimte/agtergrond in fiktiewe tekste.

vergelyk verskillende tekssoorte en bring dit in verband met die doel van die teks (soos oorreding, instruksies).

As 6 Gebruik leesstrategieë:

vluglees tekste - identifiseer die onderwerp, kerngedagtes en bladuitlegtegnieke (soos illustrasies);

pas gepaste leestegnieke op verskillende tekssoorte toe;

ontwikkel en evalueer leesspoed;

gebruik strategieë om woordbetekenis vas te stel (soos: lees omringende woorde; kyk na illustrasies/diagramme; bespreek 'n woord in die huistaal).

As 7 Lees vir genot:

lees fiktiewe en nie-fiktiewe tekste op die gepaste lees- en taalvlak;

lees enkele nuwe tekssoorte (soos 'n roman);

evalueer 'n teks deur 'n boekverslag te skryf;

lees 'n eenvoudige boekresensie;

los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels).

terugvoering daaroor aan die klas lewer.

Aktiwiteit 9

Die leerders wat alreeds by die huis met resepte geёksperimenteer het, kan die klas daarvan vertel.

Die leerders kan natuurlik die klas vertel van hul gunstelinggeregte.

Aktiwiteit 10

Die beplanning van ‘n skryfstuk

Laat die leerders eers besluit watter kossoort sy/haar gunsteling is.

Skryf die naam van jou gunsteling kossoort in die middel van ‘n sirkel neer. Doen nou ‘n spinnekopdiagram. Maak gebruik van die volgende 4 bene.

– wie berei dit die beste voor? - met watter ander kossoort word dit bedien? - waaraan laat dit jou dink? - watter gevoelens wek dit by jou op?

Elkeen van bostaande aspekte kan ‘n afsonderlike paragraaf in die skryfstuk wees. Voorsien jou skryfstuk van ‘n treffende inleiding en slot.

Gebruik goeie taal (suiwer standaard Afrikaans) en verduidelik waarom jy sekere kossoorte verkies.

Aktiwiteit 11

Die leerders moet in pare al die afkortings wat in die resep voorkom uitskryf. Bv. (g – gram, l- liter)

Aktiwiteit 12

Groep/portuur

aanbieding

Self/leerder

rubriek

Maats bv. In pare

Page 14: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

As 8 Toon begrip van die gebruik van naslaanwerke:

evalueer en kies boeke deur die inhoudsopgawe en indeks te gebruik;

gebruik 'n woordeboek, 'n eenvoudige tesourus en ensiklopedieë.

Lu 4 Skryf As 4,6,7

As 4 Skryf skeppend:

vertaal verhale (en ander tekste) uit die huistaal, probeer om die taalidioom daarin te vervat en let op hoe dit (en dikwels ook waardes) in twee tale kan verskil;

toon ontwikkeling in die skryf van stories, gedigte en toneelstukke.

As 6 Benader skryf as 'n proses:

skryf 'n konsepweergawe en lees en bespreek eie skryfwerk krities;

gebruik terugvoering om te hersien, te redigeer en te herskryf;

gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer;

evalueer ontwerp en bladuitleg.

As 7 Gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:

toon begrip van styl en register (soos herskryf 'n verhaal as 'n koerantberig);

toon begrip van die inligtingstruktuur van

Laat leerders ‘n woordeboek gebruik om die volgende kookterme op te soek: al dente, croutons, garneer, invryf, marineer, mezes, patee, prut, soteer.

Leerders moet hierdie kookterme kom verduidelik wat dit in hul eie taal beteken en dan moet hulle die kookterme in hul eie resepte gebruik.

Self/leerder

Page 15: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

tekste;

skryf samehangende, langer skryfstukke met 'n inleidende en slotparagraaf;

evalueer eie houding krities;

begin verstaan hoe eie skryfwerk die leser posisioneer.

Lu 5 Dink en Redeneer As 3

As 3 Versamel en teken inligting op verskillende maniere op:

kies relevante inligting en skryf aantekeninge (organiseer kernidees onder hofies en subhofies; gebruik bladuitlegtegnieke soos hoofletters en onderstreping);

lees en gee 'n samevatting van inligting uit verskeie tekste oor dieselfde onderwerp;

dra inligting van een modus na 'n ander oor (soos gebruik statistiek om paragrawe te skryf; gebruik kopkaarte).

Lu 6 Taalstruktuur en Taalgebruik As 1,2,3,4

As 1 Spel bekende woorde korrek:

woorde wat dikwels verkeerd gespel word (soos: dieselfde, speel, vriendin, idee);

woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: droom, drome; grap, grappe).

woorde wat los of vas geskryf word (soos:

Page 16: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

Ons ry vier uur lank daarheen; Om vieruur begin die wedstryd);

woorde met hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken, afkappingsteken, hakies);

gebruik algemene afkortings (soos: gr., d.w.s., dr., SA, VSA);

pas kennis van lettergrepe toe deur woorde aan die einde van 'n reël korrek af te kap.

As 2 Gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

alledaagse meervouds-, geslags- en verkleiningsvorme;

alledaagse voorsetsels in vaste en vrye verbindings;

algemeen gebruikte adjektiewe (verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme);

voornaamwoorde: persoonlik (soos: jy, u, julle), besitlik (soos: myne, hare, ons s'n), betreklik (soos: wat, met wie), vraend (soos: watter, hoekom) en onbepaald (soos: iemand, almal, 'n mens … jy/jou);

determineerders (soos: 'n, die) en telwoorde (soos: veertien, laaste);

soorte sinne (stelsin, vraagsin, bevelsin.

enkelvoudige sinne met 'n onderwerp,

Page 17: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

gesegde en voorwerp;

die gebruik van die teenwoordige-, verlede- en toekomendetydsvorm;

die verbinding van sinne met voegwoorde met die korrekte woordorde;

die ontkennende vorm (soos: Ek hou nie van brood nie; Niemand sal dit doen nie);

alledaagse bywoorde in die korrekte volgorde (tyd, wyse, plek);

hulpwerkwoorde om tyd en modaliteit uit te druk;

die aktiewe (bedrywende) en passiewe (lydende) vorm in eenvoudige sinne;

leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken, aanhalingstekens).

As 3 Brei woordeskat uit:

verstaan en gebruik woorde wat verwarrend kan wees (soos: verveeld, vervelig; aand, nag; spieël, speel; help, hulp);

toon taalgevoeligheid vir woorde (soos: jy/julle teenoor u; mond teenoor bek; maag teenoor pens);

gebruik enkele vergelykings (soos: so dood soos 'n mossie; so arm soos 'n kerkmuis; so koel soos 'n komkommer);

gebruik een woord vir 'n omskrywing (soos: 'n plek waarheen siek mense gaan - 'n

Page 18: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

hospitaal; messe, vurke, lepels - eetgerei; wortels, boontjies, patats, mielies - groente);

gebruik voor- en agtervoegsels om nuwe woorde te vorm (soos: bedags, weekliks, onskuldig);

brei gebruik van samestellings uit (soos: lewe + verhaal = lewensverhaal);

gebruik sinonieme en antonieme;

ondersoek temagerigte woorde (soos woorde wat met die liefde verband hou) en woordfamilies (soos: outobank, outomaties, outobiografie);

Gebruik 'n tweetalige en verklarende woordeboek en 'n tesourus.

As 4 Demonstreer begrip van 6 000 tot 8 000 alledaagse gesproke woorde binne konteks teen die einde van graad 9. Indien leerders die addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle na meer as 8 000 woorde te mik.

Hulpmiddels: Prente, Liedjies, Woordeboek, Skryfbord, Kasette, Atlas, Rekenaar, Woordkaarte,TV , videobande, kookboeke, afskrifte van resepte, spyskaarte, tydskrifte

Page 19: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

Nabetragting:

LESPLAN(kortverhale)

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Konteks: Kortverhaal

Tyd: 3 weke Graad: 8

ONDERWYSER AKTIWITEIT LEERDER AKTIWITEIT ASSESSERING STRUIKELBLOKKE

Page 20: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

VIR LEER

Lees die kortverhaal voor aan die leerders.

Lu: 1 Luister As 1,2,4

As 1 Verstaan en waardeer stories, asook dié wat deur medeleerders vertel word:

reageer persoonlik en krities, stel en beantwoord vrae;

evalueer die manier waarop die storie vertel is en gee terugvoering.

As 2 Verstaan mondelinge tekste (soos oorvertellings, radiodramas);

beantwoord toenemend moeilike vrae;

identifiseer perspektief/standpunt;

vertel oor en som op;

beskryf die kenmerke van verskillende soorte mondelinge tekste (soos 'n praatjie, 'n storie).

As 4 Luister aandagtig tydens 'n bespreking:

is ontvanklik vir idees en respekteer ander se standpunte;

vra vir bydraes van ander en reageer op standpunte;

is bereid om ander se standpunte te

Aktiwiteit 1

Voordat daar gelees word, gesels eers oor die titel. Onderwyser sal aan die leerders voorlees. Leerders luister aandagtig en volg terwyl die onderwyser hardop lees. Die onderwyser kan gerus op enige plek ophou met lees en die leerders vra om te voorspel wat gaan gebeur.

Aktiwiteit 2

Leerders maak ‘n lys van woorde wat hy nie ken nie. (Begin dus sy eie persoonlike woordeboek)

Aktiwiteit 3

Bespreek die volgorde van die kortverhaal. Dui die volgorde van die gebeure op ‘n storiesirkel aan. Die kinders werk in pare. Leerders moet woorde uit die storie neerskryf langs hul sketse van die storielyn.

Aktiwiteit 4

Die klas bespreek kortliks die karakters en die invloed van die omgewing op die karakters. Watter rol speel die omgewing in die kortverhaal. Maak ‘n lys op die skryfbord.

Aktiwiteit 5

Laat leerders toe om te gesels oor die kinders se gevoelens. Vra die vraag: Hoe sou jy gevoel het as dit met jou gebeur het?

Laat toe dat die leerders gesels van hul ervarings. Die

Onderwyser

Klas

Klas

Maats bv. In pare

Breinkaart

Onderwyser

Klas

Onderwyser

Klas

Onderhoude

Leerders het ’n afskrif (fotostaat) van die fabel wat die onderwyser voorlees

Leerder het ‘n sterk akademiese maat wat hom ten alle tye bystaan

Page 21: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

bevraagteken, maar doen dit op 'n hoflike wyse en onderbreek nie;

kritiseer idees en nie die persoon nie.

Lu 2 Praat As 3,5

As 3 Toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme.

As 5 Toon 'n kritiese bewustheid van eie taalgebruik:

gebruik taal om mense by situasies te betrek en nie uit te sluit nie.

is diplomaties oor wanneer om die addisionele taal en wanneer om die huistaal te gebruik.

Lu 3 Lees en Kyk As 1,7

As 1 Lees 'n verhaal (fiksie of nie-fiksie):

identifiseer doel, teikengroep en konsteks;

verstaan betekenis van dinge wat nie direk genoem word nie deur afleidings te maak;

verduidelik en evalueer perspektief/houding in sowel die geskrewe as visuele dele van 'n teks (soos besluit of die wêreldbeskouing wat voorgestel word, aanvaarbaar of stereotipies is);

onderskei tussen kern- en ondergeskikte gedagtes;

toon begrip van karakter, intrige en

onderwyser skryf woorde neer op die skryfbord wat deur die leerders gebruik word, maar ook wat in die kortverhaal voorkom wat later gebruik kan word vir ‘n skryftaak. (maak woordkaarte wat in die klas opgesit kan word)

Aktiwiteit 6

Nooi ‘n kundige van buite (bv. Veearts / mediese dokter/ predikant/ sakeman/ of enige karakter in die kortverhaal wat ‘n belangrike rol in die gemeenskap speel). Laat een leerder hom/haar voorstel en ‘n ander leerder moet hom/haar bedank in sy /haar Eerste Addisionele Taal.

Laat leerders toe om anoniem vir die veearts/mediese dokter/ predikant ‘n brief te skryf waarin hulle raad vra vir ‘n teer sakie/verleentheid/probleem wat hulle ervaar het. Wanneer hulle die goeie uitvoerbare raad ontvang, moet dit aan die klas voorgelees word. (Natuurlik kan die een helfte van die klas die probleembrief skryf terwyl die ander helfte die korrekte inligting gaan soek via die internet/oplees/onderhoude met kenners en dan moet hulle kom terugrapporteer)

Aktiwiteit 7

Rollees die kortverhaal in groepe – elke leerder kry ‘n rol om te lees. Die kortverhaal kan ook gedramatiseer word, maar onthou dit is gr 8 Eerste Addisionele leerders, laat hulle toe om hulle rolle te lees terwyl hulle dramatiseer. (sterk klas kan rolspel doen sonder om by die teks te hou of te lees terwyl hulle die rolspel doen)

Self/leerder

Kundige van buite

Ondersoek

Klas

Opstelle

Rubriek

Onderhoude

Rolspel

Maats bv. In pare

Rubriek of portuurassessering

Page 22: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

ruimte/agtergrond in fiktiewe tekste.

As 7 Lees vir genot:

lees fiktiewe en nie-fiktiewe tekste op die gepaste lees- en taalvlak;

lees enkele nuwe tekssoorte (soos 'n speurverhale);

Lu 4 Skryf As 5,6,7

As 5 Ontwerp mediatekste:

ontwerp 'n eenvoudige advertensie of pamflet;

skryf 'n eenvoudige nuusberig.

As 6 Benader skryf as 'n proses:

skryf 'n konsepweergawe en lees en bespreek dit krities;

gebruik terugvoering om te hersien, te redigeer en te herskryf;

gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer;

skenk aandag aan ontwerp en uitleg.

As 7 Gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:

skryf 'n samehangende teks (soos deur verbindingswoorde te gebruik om paragrawe te skakel);

skryf goeie paragrawe met een hoofgedagte, 'n kernsin en ondergeskikte

Aktiwiteit 8

Ontwerp ‘n plakkaat waarin jy ‘n sekere boodskap wil oordra.

Aktiwiteit 9

Maak ‘n collage, uit ou tydskrifte, wat die tipe verhoudings tussen die karakters aandui (fokus op die positiewe)

Aktiwiteit 10

Gaan soek na soortgelyke storiesinsidente wat in die afgelope jaar in jou plaaslike koerant en op TV-nuus was wat aansluit by die tema/storielyn van die kortverhaal Kom vertel die klas daarvan en verduidelik hoe die oortreders gestraf is. Dink jy hul straf was regverdig? Motiveer jou standpunt. Skryf ‘n nuusverslag en neem julle self op met ‘n videokamera en kom vertoon dit in die klas.

Plakkaat

Maats bv. In pare of Self/leerder

kontrolelys

Collage

Maats bv. In pare of Self/leerder

Aanbieding

Ondersoek

Groep of hele klas

Observering

Gevallestudie

Praktiese oefening

Debat

Page 23: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

idees/sinne en is in staat om daaroor na te dink;

skryf tekste met 'n inleidende en slotparagraaf;

skryf vanuit 'n spesifieke perspektief.

Lu 5 Dink en Redeneer As 2

As 2 Gebruik taal om te dink:

stel en beantwoord meer komplekse vrae (soos: Indien dit verander, wat sal ook verander?);

skryf definisies, klassifikasies en veralgemenings;

verstaan en gebruik bewyse wat 'n teorie of argument staaf (soos 'n foto, voorwerpe uit die verlede, 'n onderhoud met 'n getuie).

Lu 6 Taalstruktuur en Taalgebruik

As 1,2,4

As 1 Spel bekende woorde korrek:

woorde wat dikwels verkeerd gespel word (soos: familie, moeilik, Saterdag, gedurende);

woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: jaar, jare; klas, klasse);

woorde wat los of vas geskryf word (soos: Ons speel een uur lank in die park; Om eenuur moet ons by die huis wees);

woorde met hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken,

Aktiwiteit 11

Laat leerders toe om die plaaslike polisiekantoor/ DBV-tak/ kerkantoor/ munisipaliteit/ lughawe of enige plek wat ‘n prominente rol in die kortverhaal gespeel het te besoek . (reёl net vooraf dat al die betrokkenes weet ‘n groep skoolkinders kom besoek aflê)

Laat die leerders observeer hoe daar gewerk word. Laat hulle ‘n waarnemingsvel in vul. Laat hulle ‘n verslag skryf oor hulle ervarings of laat hulle toe om die rol van ‘n karakter te wees wat gely het in daardie omgewing. Skryf sy gedagtes neer.

Aktiwiteit 12

Kom verduidelik stap-vir -stap wat het alles bygedra tot die konflik/botsing in die kortverhaal.

Aktiwiteit 13

DBV is die afrikaans vir die SPCA. Leerders moet kyk hoeveel afkortings hulle kan maak van die woorde wat in die kortverhaal verskyn.

Aktiwiteit 14

Leerders moet gaan soek na byvoeglike naamwoorde en bywoorde in die kortverhaal en maak ‘n lys daarvan om op die

Waarnemingsvel

Ondersoek

klas

Gevallestudie

self/leerder

Onderhoude

Vraelyste

self/leerder

memo

toetse

Ondersoek

Maats in pare

memo

eksamen

Maats in pare

Page 24: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

afkappingsteken);

algemene afkortings (soos: So., Ma., ens.; dr;, vm., nm.);

pas kennis van lettergrepe toe deur woorde aan die einde van 'n reël korrek af te kap.

As 2 Gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

alledaagse meervouds-, geslags- en verkleiningsvorme;

alledaagse voorsetsels in vaste en vrye verbindings;

algemeen gebruikte adjektiewe (verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme);

voornaamwoorde: persoonlik (soos: jy, u, julle), besitlik (soos: hare, Stanley s'n), betreklik (soos: wat, vir wie), vraend (soos: wanneer, waarom) en onbepaald (soos: 'n mens … jy/jou);

determineerders (soos: 'n, die) en telwoorde (soos: twaalf, eerste);

As 3 Brei woordeskat uit:

verstaan en gebruik woorde wat verwarrend kan wees (soos: eie, eier, uie; kuier, besoek; kwaad, kwaai);

gebruik woorde wat ongeveer dieselfde beteken en woorde met teenoorgestelde betekenis;

muur van die klas aan te bring.

Daar is wonderlike gr. 8 taalhanboeke beskikbaar. Gaan soek na ‘n hoofstuk in die handboek wat aansluit by hierdie kortverhaal se tema/les en behandel leeruitkoms 6 en sy assesseringstandaarde soos aangedui in die linkerkantse kolom.

toetse

Klaswerk

memo

Page 25: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

brei die gebruik van alledaagse samestellings uit (soos: skoolklok, landsvlag) en van afleidings (soos: ongelukkig, skrywer);

ondersoek temagerigte woorde (soos woorde wat met die natuur verband hou) en woordfamilies (soos: outobank, outomaties, outobiografie);

Gebruik 'n tweetalige en verklarende woordeboek en 'n tesourus.

As 4 Demonstreer begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse gesproke woorde binne konteks teen die einde van graad 8. Indien leerders die addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle na meer as 7 500 woorde te mik.

Hulpmiddels: Fotostaat van kortverhaal, Woordeboek, Skryfbord, Spreker, Kasette, Rekenaar, Woordkaarte,TV , videobande

Page 26: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

Nabetragting: Menseregte wat van diereregte?

http://www.tessafrica.net

.

LESPLAN(FABEL)

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Konteks: Fabel/Kortverhaal

Tyd: 3 weke Graad: 7

Lu en Ass ONDERWYSER AKTIWITEIT en LEERDER AKTIWITEIT

ASSESSERING STRUIKELBLOKKE VIR LEER

Page 27: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

Lees die fabel voor aan die leerders.

Lu 1 Luister As 1,2,4

As 1 Verstaan en waardeer stories, asook dié wat deur medeleerders vertel word.

reageer persoonlik en krities, stel en beantwoord vrae;

evalueer die manier waarop die storie vertel is en gee terugvoering.

As 2 Verstaan mondelinge tekste (soos oorvertellings, sportkommentaar):

beantwoord vrae wat toenemend moeilik word;

identifiseer perspektief, soos in twee vertellinge oor dieselfde insidient;

vertel oor en som op, met ondersteuning.

As 4 Luister aandagtig tydens 'n bespreking:

reageer op idees en toon respek vir ander se standpunte;

vra vir bydraes van ander en reageer daarop;

druk verskille op 'n hoflike wyse uit en onderbreek nie ander nie.

Lu 2 Praat As 3,5

As 3 Toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme.

Aktiwiteit 1

Onderwyser sal aan die leerders voorlees. Leerders luister aandagtig en volg terwyl die onderwyser hardop lees.

Aktiwiteit 2

Leerders maak ‘n lys van woorde wat hy nie ken nie.

Aktiwiteit 3

Die leerder moet instaat wees om die lessie of lewenswaarheid in hierdie verhaal te kan identifiseer.

Aktiwiteit 4

Laat leerders in pare oor die fabel gesels. Laat hulle selfs vir mekaar die storie vertel. Leerders moet ook kyk na die prentjie en vertel wat gebeur in die prentjie. Verduidelik watter gevoel/emosie word deur die diertjie uitgebeeld in die

Aktiwiteit 5

Sien skets/tekening. Verduidelik aan ‘n maat wat gebeur in die skets/tekening. Wat is die storie rondom hierdie prentjie. Wat dink jy gaan volgende gebeur?

Aktiwiteit 5

Leerders moet kyk of hulle die verskillende rolle kan speel en die diere se stemme kan namaak. Laat die leerders ‘n rolspel doen en mekaar beoordeel.

Aktiwiteit 6

Leerders maak illustrasies wat die fabel uitbeeld. Verduidelik aan die klas met watter dier hulle die meeste kan identifiseer

Onderwyser

Self/leerder

Klas

Maats bv. In pare

Maats bv. In pare

Aanbieding

rolspel

Leerders het ’n afskrif (fotostaat) van die fabel wat die onderwyser voorlees

Leerder het ‘n sterk akademiese maat wat hom ten alle tye bystaan

Rolspel

Page 28: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

As 5 Toon 'n kritiese bewustheid van eie taalgebruik:

gebruik taal om mense by situasies te betrek en nie uit te sluit nie.

Lu 3 Lees en Kyk As 1,6,7

As 1 Lees 'n teks (fiksie of nie-fiksie);

neem kennis van die manier waarop 'n teks gekonstrueer is om 'n bepaalde wêreldbeskouing oor te dra (perspektief);

neem kennis van die rol wat visuele beelde speel om betekenis te skep en te interpreteer;

identifiseer kerngedagtes;

toon begrip van karakter, intrige en ruimte/agtergrond in fiktiewe tekste.

As 6 Gebruik leesstrategieë:

pas gepaste leestegnieke op verskillende tekssoorte toe (soos: soeklees 'n reinrooster; stiplees instruksies; vluglees 'n koerantberig vir kernidees);

verbeter en evalueer leesspoed;

gebruik strategieë om woordbetekenis vas te stel (soos: lees omringende teks; kyk na illustrasies/diagramme; bespreek die woordbetekenis in die huistaal).

As 7 Lees vir genot:

lees fiktiewe en nie-fiktiewe tekste op die

en hoekom.

Aktiwiteit 7

Laat leerders toe om die storie oor te skryf nadat hy toegelaat is om hierdie bobbejaan huis toe te neem om by hom te kom bly en die gebeure wat volg. Leerders kan die storielyn gebruik om hulle eie storie op te maak met hul eie karakters en detail.

Aktiwiteit 8

Die diertjie wat die hoofrol gespeel het, het jy nou huis toe gebring. Hy neem nou oor. Hulle teel aan en word ‘n probleem. Hoe gaan jou ma en pa optree en wat gaan jy doen om sy lewe te red? Kom vertel die klas daarvan.

Aktiwiteit 10

Julle as klas gaan nou die Oos-Londen dieretuin besoek. Daar sal die kurator van die dieretuin julle toespreek oor hoe duur dit is om die verskillende diere te voed. Jy as “joernalis” moet nou ‘n artikel vir jul skoolkoerant skryf waar jy verslag doen oor die noodsituasie in die dieretuin.

Aktiwiteit 11

Reёl ‘n fondsinsameling om die dieretuin van ondergang te red. Leerders word aangemoedig om plakkate te maak om ‘n bewusmakingveldtog van stapel te stuur. Laat hulle die plakkate op bekende plekke op sit soos die Spar, die biblioteek, die kerk en die skoolgebou. Leerders moet ook

Uitstalling

opstelle

mondeling aanbieding

Waarneming

Opstelle

rubriek

plakkate

rubriek

Page 29: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

gepaste lees- en taalvlak;

los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels).

Lu 4 Skryf As 4,7

As 4 Skryf skeppend:

toon ontwikkelende vermoë om stories, gedigte en toneelstukke te skryf (soos deur dialoog by 'n storie in te sluit).

As 7 Gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:

skryf 'n samehangende teks (soos deur voornaamwoorde te gebruik);

begin om bewustelik vanuit 'n sekere perspektief te skryf.

Lu 5 Dink en Redeneer As 2

As 2 Gebruik taal om te dink:

stel en beantwoord meer komplekse vrae (soos: Wat sal gebeur as …?);

Lu 6 Taalstruktuur en Taalgebruik As 1,3

As 1 Hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is.

As 3 Gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

alledaagse meervouds-, geslags- en verkleiningsvorme;

rondstap en mekaar se plakkate beoordeel.

Aktiwiteit 9

Leerders moet kyk of hy al die voorsetsels, werkwoorde, bywoorde en tussenwerpsels kan identifiseer.

toetse

Page 30: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke

alledaagse voorsetsels in vaste en vrye verbindings;

algemeen gebruikte adjektiewe (verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme);

die gebruik van die teenwoordige-, verlede- en toekomende tydsvorm;

alledaagse bywoorde in die korrekte volgorde (tyd, wyse, plek);

die ontkennende vorm (soos: Ek speel nie tennis nie; Dit is nêrens nie);

die verbinding van sinne met voegwoorde met die korrekte woordorde;

Hulpmiddels: Fotostaat van Fabel, Prente, Liedjies, Woordeboek, Stories, Skryfbord, Speletjie, Spreker, Kasette, Atlas, Rekenaar, Woordkaarte,TV , videobande

Nabetragting: Enige diertjie kan ‘n troeteldiertjie word as jy net lief is vir hom. Kan kinders identifiseer met ‘n bobbejaan as troeteldier? Miskien moet ‘n mens fokus wat kan ‘n mens leer by ‘n bobbejaan.

Page 31: Curriculum AFR EAT LPs.doc · Web viewMaak seker dat die leerders die funksie van taalvariasie ten opsigte van effektiwiteit bespreek. Laat elke groep terug rapporteer. Laat elke