afrikaans eerste taal hg (primêre taal ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7...

20
0001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 1 NOVEMBER 2007 TYD: 2½ UUR PUNTE: 100 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2007 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS EERSTE TAAL HOËRGRAAD (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 1) Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Upload: others

Post on 28-Feb-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

10001.1

AFRIKAANS EERSTE TAAL HG(PRIMêRE TAAL)VRAESTEL 1

NOVEMBER 2007

TYD: 2½ UURPUNTE: 100

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN2007

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS EERSTE TAAL HOËRGRAAD(PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 1)

Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Page 2: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

2

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit die volgende afdelings:

AFDELING A: Leesbegrip, Advertensie en Opsomming

AFDELING B: Taalgebruik in konteks en Redigering

2. Beantwoord AL die vrae.

3. Begin jou antwoord op elke vraag boaan ‘n skoon bladsy.

4. Skryf die nommer van elke vraag boaan jou antwoord neer.

5. Nommer die vrae presies soos op die vraestel.

6. Beantwoord die vrae in die volgorde waarin dit in die vraestel verskyn.

7. Laat ‘n reël oop tussen antwoorde.

8. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

3

AFDELING A

VRAAG 1 – LEESBEGRIP

Lees die onderstaande leesstuk aandagtig deur en beantwoord dan die vrae STRENG VOLGENSDIE VOORSKRIFTE.

DIE KULTUUR VAN DIE GEWILLIGE OOR

1. Vandag is die oplossing vir verskeie probleme slegs ‘n telefoonoproep ver. Of só blyk dit.2. Banke, mediese fondse, versekeringsmaatskappye, Internetdiensverskaffers en ander grootmaatskappye het hul diensverskaffingsafdelings gaan setel in wat sommige beskryf as die“monteerfabriek van die nuwe ekonomie”.3. Honderde mense, met telefone aan hul ore vasgeplak, sit in groot oopplan-kantore waar ‘newige gedruis van stemme dieselfde rympies oor en oor laat weerklink – uur ná uur, dag en nag –soos ‘n worsmasjien.5. Die gesiglose “adviseur” aan die anderkant van die telefoonlyn antwoord met ‘n geoefendeaksent. Dit verklap nie die ligging van die oproepsentrum nie en minwetend praat jy dalk metiemand in Indië. Dié land, sowel as China, die Filippyne en ‘n paar Afrika-lande suid van dieSahara, is Suid-Afrika se vernaamste mededingers wat wedywer om ‘n sny van die internasionaleoproepsentrumkoek.6. Met reeds sowat 60 000 mense wat in Suid-Afrikaanse oproepsentrums werk, word dit beskouas ‘n towerstaf teen werkloosheid.7. Die doel is om Amerikaanse en Europese ondernemings na Suid-Afrika te lok, omdat ditgoedkoper is om so ‘n sentrum hier te bedryf. Suid-Afrika bied goedkoper arbeid, ‘n redelik goeieinfrastruktuur en opgeleide mense met Engelse aksente wat aanvaarbaar is vir Westerse kliënte.8. Dié groeiende bedryf laat jou dink aan fabrieke vol mense wat elkeen ‘n spesifieke taak op diemonteerband het.9. Die oproepsentrumkultuur bied nuwe sosiologiese en sielkundige uitdagings vir werknemersen bestuurders. Prof. Eddie Webster, nywerheidsosioloog aan die Wits-universiteit, noem ditemosionele arbeid. Dit verwys na die manier hoe ‘n mens jou gevoelens manipuleer om andertevrede te stel.10. “Oproepsentrum-agente is baie soos ‘n verkoopsman of ‘n lugwaardin wat die hele tyd moetglimlag. Waar ‘n handearbeider met sy hande werk en ‘n onderwyser opvoed deur sy intellek tegebruik, werk ‘n emosionele arbeider met gevoelens.” Dit word “stem-tot-stem”-emosies genoem.Die agent gebruik sy stemtoon en woorde om sekere “positiewe” gevoelens by die kliënt uit te lok.Dit is ‘n baie stresvolle omgewing waar die agent oppervlakkige emosies moet gebruik – dit is soos‘n kelner wat vriendelik moet glimlag en behulpsaam moet wees, al bedoel hy dit nie altyd nie.11. Webster sê oproepsentrum-agente moet ‘n ander identiteit aanneem by die werk. Hoewel diemeeste mense ‘n “ander persoonlikheidsmasker” by die werk dra, word agente gereeld blootgestelaan kliënte wat hulle uitskel al is hulle maar as’t ware die boodskapdraers. Dan moet die agentmaar sluk. “Hy moet sy gevoelens kan beheer en nie die kliënt uitskel nie.”12. Nóg stresfaktore vir agente is die permanente toesighouding deur onder meerkringtelevisiekameras en bandopnames wat van elke telefoongesprek gemaak word. Agente is dusbewus van “loerbroer” wat elke woord, stemtoon en optrede monitor. “Die agent weet as hy ietsonaanvaarbaar doen, gaan hy gedissiplineer word. Hy word dan soos ‘n robot wat nie kreatief kanwees nie omdat hy elke dag dieselfde teks volg.”13. Volgens Webster veroorsaak dit dat die agent leer om sy emosies só te onderdruk dat hy dansekere antisosiale gedrag ontwikkel. Sy omgang met mense in sy persoonlike lewe word daardeurbeïnvloed.

Page 4: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

4

14. Aan die ander kant van die opkomende oproepsentrumkultuur is die kliënt wat dié sentrums as‘n seën sowel as ‘n nagmerrie ervaar.15. Die doeltreffendheid van die oproepsentrums verskil van sentrum tot sentrum. Maatskappyewat nie behoorlike oproepsentrums en opgeleide agente het nie, dra daartoe by dat kliënte ‘n afkeerhet van oproepsentrums.16. Gevoelens word op ‘n spits gedryf as jy eers na ‘n lang tyd met ‘n agent praat enlaasgenoemde moet weer gereeld op sy tande byt en nie laat blyk dat hy heeltemal uitgeput is nieomdat hy elke dag moet voorgee dat die kliënt altyd reg is. Maar vir baie jongmense is dit die pryswat hulle betaal om in ‘n “energieke werkplek” te kan werk.17. Een so ‘n jong agent sê: “Ons lewe vir die adrenalien. Ek kry minstens agt of tien moeilikekliënte op ‘n dag en ek verstaan soms hul frustrasie as ek nie hul probleme kan oplos nie omdat ditnie in my afdeling is nie.” Sy filosofie is soos in enige ander stresvolle beroep om die “werk by diewerk” te los wanneer hy huis toe gaan.18. Die wonder van dié sentrums is dat jongmense opleiding kan ontvang en twee maande later as‘n agent kan begin werk. Dis werk én opleiding: ‘n skaars kombinasie vir jongmense wat niegeleenthede het om verder te gaan studeer nie.19. Me. Belinda du Pisanie, hoof van die Absa-oproepsentrum, sê: “Jongmense is baie aanpasbaaren omdat die sakewêreld en produkte so gereeld verander, is hulle ideale agente. Hulle leerrekenaar- en produkvaardighede aan en ook hoe om met mense te werk.”20. Weens die aard van die werk, die werkure en die hoë stresvlakke is daar egter ‘n grootarbeidsomset in die bedryf – sowat 30% per jaar. Die oproepsentrum-voorstanders hou egter voldat Suid-Afrika tussen nou en 2009 werkgeleenthede vir sowat ‘n halfmiljoen mense kan skep.

(Verkort en effens gewysig uit PERSPEKTIEF – RAPPORT, 28 Mei 2006)

BEANTWOORD ELK VAN DIE VOLGENDE VRAE IN ‘N AFGERONDE VOLSIN.

1.1 Daar is verskeie redes waarom Amerikaanse en Europese ondernemings met oproepsentrums na Suid-Afrika gelok word. Noem die EEN rede wat totvoordeel van Suid-Afrika sal wees. [2]

1.2 Verklaar wat bedoel word met “emosionele arbeid” in paragraaf 9. [2]

1.3 Wat is die tweeledige gevolg van die agent se robotagtige werk? [2]

1.4 Wat is waarskynlik vir die kliënt die grootste bron van irritasie metbetrekking tot die oproepsentrum? [2]

1.5 Wat moet ‘n jongmens soms noodgedwonge aanvaar as hy by so‘n “energieke werkplek” wil werk? [2]

1.6 Verduidelik in JOU EIE WOORDE wat bedoel word as daar gesê worddat daar “‘n groot arbeidsomset in hierdie bedryf” is. [2]

Page 5: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

5

DIE VOLGENDE VRAE HOEF NIE IN VOLSINNE BEANTWOORD TE WORD NIE.

1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendigin ‘n telefoonoproep lê nie. [2]

1.8 Verwys na paragrawe 16 – 20 en noem TWEE stresfaktore waaraanoproepsentrum-agente blootgestel word. [2]

1.9 Skryf slegs TWEE WOORDE neer wat dui op die grootste voordeel wat dieoproepsentrums vir jongmense inhou. [2]

1.10 Skryf EEN WOORD uit die leesstuk neer wat verwys na die wetenskap wat die betekenis van lewe ondersoek. [1]

1.11 Waarom is jongmense “ideale agente” in ‘n oproepsentrum? [1]

/20/

Page 6: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

6

VRAAG 2 – ADVERTENSIE

Bestudeer die volgende advertensie uit De Kat en beantwoord dan die vrae. Volsinne word nievereis nie.

Die nuwe Saab Turbo Diesel.Straler se kind.Individualisme se Moses

Page 7: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

7

2.1 Wie is die teikenmark vir die produk in die advertensie? [1]

2.2 Watter handelsmerk word geadverteer? [1]

2.3 Waarvoor staan die letter D in Saab 93 1.9 TiD? [1]

2.4 Watter ander drie opeenvolgende woorde in die advertensie kan verbindword met die frase:”Toetsvlieg een vandag”? [1]

2.5 Wat wil “Toetsvlieg een vandag” van hierdie motor sê? [1]

2.6 Vervang Moses in “Individualisme se Moses” met ‘n ander woord sodat die betekenis van die uitdrukking duidelik word. [1]

2.7 Skryf ‘n woord uit die advertensie neer wat daarop dui dat geen ander motormet die Saab 93 1.9 TiD vergelyk wanneer dit by reaksie en hantering kom nie. [1]

2.8 Hoe probeer die adverteerder die voornemende koper se ego streel en hom of haarspesiaal laat voel, sodat hy of sy die motor sal wil koop? [1]

2.9 Hoe ondersteun die kamerahoek die beeld wat in die advertensie se opskrif geskep word? [1]

2.10 Hoe sou jy meer inligting oor die motorreeks kan bekom? [1]

/10/

VRAAG 3 – OPSOMMING

Lees die volgende effens gewysigde advertensie van ABSA deur en voer dan dieopdragte daarna uit.

SPAAR, SUID-AFRIKA, SPAAR

Verbeel jou ‘n wêreld waar jy in beheer van jou finansiële toekoms en die trotse eienaar van joubesittings is. Die goeie nuus is dat jy vandag nog beheer oor jou finansiële toekoms kan neem enkan begin om jou vry te maak van die alledaagse kommer oor oorweldigende finansiëleverantwoordelikhede.

Ons is oortuig dat alle Suid-Afrikaners die geleentheid verdien om hul eie huis te besit, om te kanspaar, mediese versekering te kan bekostig en genoeg vir hul kinders se opleiding opsy te kan sit.Daarom doen ons alles moontlik om aan alle Suid-Afrikaners die advies te gee om hul persoonlikekapitaal uit te brei en finansiële onafhanklikheid te behaal.

Page 8: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

8

Die waarste, wysste woorde oor finansies is: begin deur jou skuld met die hoogste rentekoers eersteterug te betaal. Met ander woorde, konsolideer jou skuld onder die laagste rentekoersrekening –wat waarskynlik jou huislening sal wees.Sodra jy in ‘n huis belê het, onthou dat jy die rentekoste op jou huislening kan verlaag deur joupaaiement teen die middel van die maand te betaal. Deur die verband te betaal ‘n paar dae voor diepaaiement verskuldig is, spaar jy baie geld.

Probeer om jou nie te oorspan deur te veel te leen nie en vermy duur krediet. Die sleutel is om teweet wat jy kan bekostig. Gesels altyd met ‘n betroubare kredietverskaffer soos Absa en oorweegverstandige en bekostigbare leningsoplossings.

Vind uit wat die minimum saldo in jou rekening moet wees sodat jy van bykans alle bankkostevrygestel is. Vra ons uit oor die beste produkeienskappe en fooi-opsies vir jou. Deur die regteproduk en die regte fooi-opsie te kies, kan jy heelwat spaar.

Doen verstandige transaksies. Dit is goedkoper om kontant by ‘n Absa-OTM te trek as in die tak ofby ‘n Saswitch-OTM. Oorweeg Internetbankdienste wat jou teen geen bykomende maandeliksekoste nie outomaties vir telefoonbankdienste laat kwalifiseer.

Gebruik ‘n debietkaart om vir jou aankope te betaal waar ook al die Visa Electron of Maestro-tekens getoon word. Dit is makliker en veiliger as om kontant saam te dra.

(Uit RAPPORT, 22 Oktober 2006)

OPDRAG

Daar word in hierdie advertensie 7 wenke/feite gegee oor hoe Suid-Afrikaners kan spaar.Verkort elke wenk/feit deur slegs die KERNDEEL in 7 VOLSINNE puntsgewys ondermekaar neer te skryf. Die 7 sinne saam mag nie meer as 50 WOORDE wees nie. /10/

LET WEL

• By hierdie vraag sal die punte as volg toegeken word:

Inhoud (1 punt per kernfeit) = 7 punte Korrekte getal woorde = 1 punt Korrekte taalgebruik = 1 punt Formaat (Volsinne) = 1 punt TOTAAL: = 10 punte

• Oorskryding van die lengte sal gepenaliseer word.• Telegramstyl is onaanvaarbaar. Skryf in volsinne.

Page 9: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

9

AFDELING B : TAALGEBRUIK IN KONTEKS (KOMMUNIKATIEWE TAALLEER)

VRAAG 4

Die volgende vrae het betrekking op die artikel wat in Rapport verskyn het. Lees dit vlugtig deuren beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel is:

SPOOK jaag huis op hol

1. In ‘n ou, afgeleefde plaashuis buite Pietermaritzburg loop glo ‘n spook wat die afgelopetwee jaar al lelik (4.1 . . .) maak – só erg dat hy of sy jou blykbaar nie eens toelaat om invrede die badkamer te gebruik nie.

2. ‘n Besoek aan dié plaashuis wat met lang gras, donker dennebome en ‘n afgeskeepte tuinomring word, het die afgelope week selfs die hare van Rapport se verslaggewer laat(4.2 . . .). Dit voel behoorlik of jy knaend oor jou skouer wil loer terwyl jy deur die yskouevertrekke loop.

3. Vir die nege mense wat in die huis woon – ‘n familie wat naamloos wil bly en hul vierloseerders – was die afgelope 24 maande glo loutere hel.Hulle sê: “Ons weet regtig nie hoe lank ons dit nog hier sal uithou nie.”

4. Mnr. Raymond van Biljon wat sedert 2003 in die reusagtige ou plaashuis loseer, sê hy wasaanvanklik erg skepties totdat hy dit self beleef het.

5. “Ek het nog nooit aan spoke geglo nie, maar het my deuntjie gou verander.”6. “Die eerste keer was toe gaste kom kuier het en hulle ons een aand kom wakker maak het

omdat hulle gevoel het daar is ‘nog iets’ saam met hulle in hul slaapkamer. Ek is volgrappe saam met die res van die huis se mense na hul slaapkamer. Een van die vroue hetsteeds vas aan die slaap op ‘n dubbelbed gelê. Ons het nog so na haar gekyk toe die bedskielik vyf meter van die een kant van die vertrek na die ander kant geskuif het.

7. “Daarna is die steeds slapende vrou se bene van die bed gelig. Haar regtervoet het daarnavoor ons oë sowat 360º in die rondte gedraai voordat haar bene gesak het. Ek kan nie glowat ek sien nie.”

Page 10: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

10

8. “Ons was só bang dat ons almal in die huis om die kombuistafel gaan sit en bid het.”9. Nog ‘n inwoner vertel sy was in die badkamer toe ‘n borsel wat op ‘n rak gelê het, deur die

lug vlieg en haar kop rakelings gemis en die muur agter haar getref het.10. Sy was nog histeries, toe gee ‘n stoel skielik onder die vrou van die huis pad.11. Van Biljon sê waterkrane draai vanself oop en toe en hulle hoor gereeld hoe “iets soos ‘n

reuseketting” op die plafon rondgesleep word. Hy is op ‘n keer ook teen die kop getref toe‘n flits uit die kombuis “gevlieg het”. ‘n Vlieënde blik ertjies het ‘n ander inwoner weerrakelings gemis.

11. Almal in die huis sê hulle is Christene. “Ons lees gereeld Bybel, hou huisgodsdiens, enmense van ons kerk het ook al hier kom bid. Baie pogings is al aangewend om van diespook ontslae te raak.“Alles verniet. Ons is nou radeloos. Ek weet nie meer hoe lank ek hier gaan bly nie,” sêVan Biljon.

4.1 Skryf die ontbrekende woord neer.Die uitdrukking beteken tot raserny dryf. [1]

4.2 Voltooi die uitdrukking in paragraaf 2 deur die ontbrekende woord neer te skryf. [1]

4.3 Herskryf die volgende sin in die indirekte rede:

Die familie sê: ”Ons weet regtig nie hoe lank ons dit nog hier sal kanuithou nie.” [1]

4.4 Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies:

Ek het nog nooit aan spoke geglo nie.Ek het gou van deuntjie verander. (dog) [1]

4.5 Skryf die onderstaande sin in die verlede tyd:

Ek kan nie glo wat ek sien nie. [1]

4.6 Skryf die volgende sin in die lydende vorm:

‘n Vlieënde blik ertjies het ‘n ander inwoner rakelings gemis. [1]

4.7 Skryf die onderstaande sin in die ontkennende vorm:

Daar is al baie pogings aangewend om van die spook ontslae te raak. [1]

4.8 Herskryf die onderstaande sin, maar begin met die onderstreepte gedeelte,sodat die woordorde verander.

‘n Besoek aan dié plaashuis het die afgelope week selfs Rapport severslaggewer, ondanks sy skeptisisme, koue rillings gegee. [1]

Page 11: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

11

4.9 Reduseer die onderstaande sin deur die onderstreepte sinsdeel in ‘nfrase te verander.

Hy is op ‘n keer ook teen die kop getref deur ‘n flits wat uit die kombuisgevlieg gekom het. [1]

4.10 Skryf ‘n idioom neer vir die volgende stelling. Maak gebruik van diesleutelwoord tussen hakies.

Daar het niks van die pogings gekom om van die spook ontslae te raak nie.(dadels) [1]

/10/

VRAAG 5

Lees die onderstaande artikel uit Die Burger vlugtig deur en voer dan die opdragte uitwat daarop volg.

Klein jakkalsies1. DIEGENE wat Suid-Afrika regtig liefhet en vir hul medemens omgee,het heelwat gemeen: hunkering na ‘n nasionale kentering, hoop op doel-treffende strategieë ter oplossing van ‘n magdom vraagstukke en versugtingna betekenisvolle vooruitgang.2. Indien ons hoop op ’n beter toekoms is daar geen plek vir apatie enonbetrokkenheid nie. Elke mens wat die welstand van ons land en sy menseop die hart dra, het ‘n bydrae te lewer tot die koersverandering wat nodig isom Suid-Afrika van rampspoed en agteruitgang te red. Wat saak maak, isdie lewering van hierdie bydraes en nie soseer die omvang daarvan nie.3. Wat kan gewone mense doen om die heersende situasie te verbeter endie toekomsmoontlikhede te verbreed? Heelwat, want die klein jakkalsiesverniel beslis die wingerde.4. ‘n Aartseuwel van ons tyd is ongedissiplineerdheid. Dis aansteeklik enverlammend. Dit geld vir jongmense en volwassenes. As alle ouers hulledaarop sou toespits om hul kinders van jongs af te dissiplineer, en ‘nwaardering vir (5.7 dissipline) gedrag by hul kinders sou kweek, sou dit ‘nreusestap vooruit wees.5. Dink net hoe goed dit sou wees as padboewe hul wetteloosheid enroekeloosheid die rug sou toekeer deur volgafstande te handhaaf, padtekenste eerbiedig en ander padgebruikers se regte te respekteer. As (5.8) hulmorsigheid sou laat vaar deur hul rommel op te ruim, openbare plekkeskoon te hou en ander mense se eiendom te respekteer. As sportboewe hulboewery sou staak deur die reëls na te kom, beslissings van skeidsregters teaanvaar en sportmanskap te openbaar.6. Dink net. Alle bietjies help.

Page 12: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

12

5.1 Skryf twee woorde uit paragraaf 1 neer wat min of meer dieselfdebetekenis het. [2]

5.2 Haal woorde uit paragraaf 1 van bostaande stuk aan wat min of meerdieselfde beteken as elk van die onderstaande:

5.2.1 verandering (1)

5.2.2 probleme (1) [2]

5.3 Gee ‘n kort verklaring vir die woord apatie soos dit in paragraaf 2 gebruikword. [1]

5.4 Gee ‘n kort verklaring vir die idiomatiese uitdrukking klein jakkalsies. [1]

5.5 Wat is die betekenis van die voorvoegsel aarts- in aartseuwel? [1]

5.6 Plaas die korrekte aksentteken op en in paragraaf 4 om aan te dui dat dit beklemtoon word. [1]

5.7 Gee die korrekte vorm van die woord dissipline in paragraaf 4. [1]

5.8 Gee EEN WOORD (idiomatiese woord) vir iemand wat altyd mors.(paragraaf 5) [1]

/10/

Page 13: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

13

VRAAG 6

Die volgende vrae het betrekking op die artikel en spotprent wat in Die Burger verskyn het. Leesdit vlugtig deur, bestudeer die spotprent en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel is.

Energiekrisis

1. Die beroep van Eskom vandeesweek op mense wat elektrisiteit by hulle koop om krag indie komende weke te bespaar, is nie om dowe (6.1 . . .) nie.

2. Indien mense nie daaraan gehoor gee nie, is grootskaalse kragonderbrekings in die Wes-Kaap hul voorland. Indien wel, sal die onderbrekings beperk wees.

3. (6.2 . . .) word gevolglik gevra om hul elektrisiteitsverbruik in spitstye – tussen sesuur enhalfelf saans – soveel moontlik (6.3 . . .) te kort. Kook kos in die mikrogolfoond, eerder asom (6.4 energie + verslind) elektriese oonde te gebruik. Maak liewer (6.5 geregte) wat opeen plaat voorberei kan word as om alle plate te gebruik. Skaf liewer die nuwe soortgloeilampe aan wat veel minder elektrisiteit gebruik.

4. Ongerief gáán daar wees, maar die ongerief kan wel tot die minimum (6.6 . . .) word asalmal mooi saamwerk.

5. Eskom sal die probleem onder beheer kry, maar Suid-Afrikaners moet besef dat die gouetye wat energieverbruik betref, stadigaan einde se kant toe staan. Die Aarde seenergiebronne word uitgeput, en dié wat tans op groot skaal gebruik word, soos olie ensteenkool, is besig om die atmosfeer, die water en die grond waarvan alle lewe afhanklik is,te vergiftig.

6. Bowendien tas dit die (6.7 osoonlaag), wat die aardse lewe teen die son se ultravioletstralebeskerm, aan. Die harde waarheid is dat die mensdom deur sy gulsigheid besig is omstadigaan kollektiewe selfmoord te pleeg.

7. Die huidige probleem met kragonderbrekings kan dalk ‘n uitdaging vir die mense in dieWes- en Oos-Kaap wees om maniere te vind om met minder energie oor die weg te kom, ofalternatiewe energiebronne te ontgin. Die alternatief is immers ‘n onleefbare planeet vir dienageslag.

(Verwerk uit: Die Burger, 26 April 2006)

Page 14: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

14

6.1 Voltooi die uitdrukking deur die gepaste woord neer te skryf:

Nie om dowe . . . nie. [1]

6.2 Skryf die persoonsnaam afgelei van gebruik neer. [1]

6.3 Skryf die korrekte ontbrekende voorsetsel neer. [1]

6.4 Vorm ‘n samekoppeling van die woorde (energie + verslind) sodat dit asbyvoeglike naamwoord saam met elektriese oonde gebruik kan word. [1]

6.5 Skryf die verkleinwoord van geregte neer. [1]

6.6 Skryf die gepaste ontbrekende werkwoord neer. [1]

6.7 Skryf die meervoud van osoonlaag neer. [1]

6.8 Wanneer daar snags ‘n kragonderbreking plaasvind, is dit gewoonlik baiedonker. Skryf die intensiewe byvoeglike naamwoord vir donker neer. [1]

6.9 Die woorde Rustyd vir my in die spotprent impliseer dat die spreker baie gerus is. Hy was dus die (gerus) van almal.

Skryf die oortreffende trap van gerus neer. [1]

6.10 Voltooi die onderstaande sin met ‘n idiomatiese werkwoord, nadat jy diespotprent bestudeer het:

Kragonderbrekings gaan weer hierdie winter by ons in die Wes-Kaap . . . [1]

/10/

Page 15: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

15

VRAAG 7

Bestudeer die onderstaande koerantopskrifte en beantwoord die vrae wat daaroor gestel word.

Bokke het dors om teen All Blacks op Loftus te les

7.1 Word dors hier letterlik of figuurlik bedoel? [1]

7.2 Verklaar die betekenis van dors soos dit in die opskrif voorkom, met‘n kort sin. [1]

Samewerking kán buite WHO geskied

7.3 Skryf die afkorting WHO voluit. [1]

7.4 Wat sê die beklemtoonde kán vir ons van die skrywer se gevoelens ten opsigtevan samewerking met die WHO? [1]

Waternood bedreig derde van wêreld

7.5 Kies die korrekte betekenis uit die woorde tussen hakies:

‘n Derde van die wêreld se bevolking het ‘n tekort aan water; hulle lydus aan ‘n (watersnood; waternood). [1]

7.6 Verduidelik kortliks wat die woord beteken wat jy nie gekies het nie. Jy hoef dit nie in ‘n sin te gebruik nie. [1]

Oer-oue werktuig in Wieg ontdek

7.7 Skryf die betekenis van die voorvoegsel oer- in oer-oue neer. [1]

Ongelukkigheid oor dié (korporasie) beheer

7.8 Skryf die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussenhakies neer. [1]

Ekonomie kort brieke

7.9 Vervang die woord brieke met ’n ander gepaste Afrikaanse woord.Onthou om die hele koerantkop te herskryf. [2]

/10/

Page 16: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

16

VRAAG 8 – REDIGERING

Dit is nie nodig om die volgende artikel eers deur te lees nie, aangesien jy in die uitvoer vanopdragte na spesifieke dele verwys sal word.

Riversdal se Buster word ‘n rolprentsterRIVERSDAL. – ‘n Suid-Kaapseratel is besig om te ontlyk in ‘ninternasionale rolprentster.2. Buster, wie skaars so groot soos‘n man se hand was toe sy as baba-ratel tydens die vloede aan dieeinde van 2004 uit die moddergered is, speel ‘n hoofrol in een vandie ses programme in die bevaamdeDavid Attenborough se nuwedokumentere reeks, Life in ColdBlood.3. Die energieke bondelkie is metgroot geduld deur Mnr. VernonGibbs van die Arendhoogte-gaste-huis en -roofvoël-en-wildlewesen-trum in Riversdal grootgekry en isnou twee jaar oud. Sy tree gereeldsaam met hom op as ambasadeurvir ratelvriendelike heuning deurbyeboere bewus te maak vanalternatiewe byekorwe wat nie deurratels vernietig kan word nie.4. Die nuwe BBC-reeks handel oorreptiele en hul vriende en vyandeen wat hulle eet.5. Ratels is een van die natuurlikevyande van slange, en dus waar

Buster haar debut as rolprentstergemaak het.6. ‘n Span van die BBC, bestaandeuit mnrr. Justin Maguire, diekameraman, en James Brickell, dievervaardiger het verlede week dieverfilming gedoen in die Aardvark-natuurreservaat, sowat 40 km uitRiversdal.7. Volgens Gibbs wou die spanBuster se interaksie in ‘n skyn-aanval verfilm met ‘n koperkapel.8. Mnr. Sean Thomas vanKaapstad, ‘n slangkenner en han-teerder, en Gibbs het deurentyd virseker dat nie een van die twee dierebeseer word nie.9. “Ek het eenkant gestaan en Seanaan die ander kant en ons hetgesorg dat hulle mekaar nie bykomtydens die skynaanval nie.”10. “Ons is natuurlik nie te sien indie rolprent nie, maar Buster seoptrede teenoor die slang waswerklik outenties.”11. “Sy was meer nuuskierig oordie slang as aggressief. Dit was

amper asof sy intuïtief geweet hetdie slang is groot gif en sy het ditnie te naby gewaag nie.”12. Sy het ook verseg om ‘n dooieslang wat Sean spesiaal saamge-bring het te eet sê Gibbs.13. Volgens Gibbs het Buster soos‘n tipiese ratel elke nou en danbelangstelling in die slang verlooren dan eers ‘n draai gehardloop,aan kameralense probeer kou,koelsakke omgekeer en in dieskadu onder die voertuie teen dieson gaan skuiling soek.14. Gewoonlik word minstens ‘nweek opsy gesit vir die verfilmingvan ‘n soortgelyke greep uit dienatuur. Buster het haar egter sógoed gedra dat die verfilming binnetwee dae afgehandel is.15. Die span was baie beïndruk metdie manier waarop sy soos ‘n wilderatel eiers gekraak het, klippeomgekeer het en gegrawe het –ratelgewoontes wat Gibbs, assurrogaat-ma, vir haar met grootgeduld geleer het.

Aangepas uit Die Burger.

Page 17: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

17

PARAGRAAF 1

8.1 Korrigeer die spelfout wat voorkom. [1]

PARAGRAAF 2

8.2 Korrigeer die taalfout deur slegs die verkeerde woord met die korrekte eente vervang. [1]

8.3 Korrigeer die spelfout. [1]

8.4 Skryf die woord waarin daar ‘n skryfteken weggelaat word, korrek neer. [1]

PARAGRAAF 3

8.5 Skryf die korrekte verkleiningsvorm neer van die woord waarin die foutvoorkom. [1]

8.6 Korrigeer die hoofletterfout. [1]

8.7 Daar is ‘n woordkeusefout. Vervang die woord met die korrekte een. [1]

8.8 Korrigeer die spelfout. [1]

PARAGRAAF 5

8.9 Korrigeer die woordkeusefout deur die verkeerde woord met die korrekteeen te vervang. [1]

8.10 Korrigeer die spelfout. [1]

PARAGRAAF 6

8.11 Die meervoudsafkorting mnrr. is verkeerd. Skryf die korrekte afkorting neer. [1]

8.12 Daar ontbreek ‘n komma in hierdie paragraaf. Skryf slegs die twee woorde neermet die komma tussen hulle. [1]

8.13 Vervang die foutiewe voorsetsel in 40 km uit Riversdal met die korrekte een. [1]

PARAGRAAF 7

8.14 Hierdie paragraaf is lomp. Herskryf die hele paragraaf en verbeter diewoordorde. [1]

PARAGRAAF 8

8.15 Daar ontbreek ‘n skryfteken in die onderstreepte deel. Herskryf dié deel en duidie korrekte skryfteken aan. [1]

Page 18: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V1

(PRIMêRE TAAL) (0001.1)

18

8.16 Daar ontstaan ‘n taalfout as gevolg van ‘n woord of woorde wat verkeerdeliklos of vas geskryf word. Korrigeer die fout deur die korrekte woord(e) neerte skryf. [1]

PARAGRAAF 10

8.17 Herskryf die woord outenties in sy korrekte vorm. [1]

PARAGRAAF 12

8.18 Herskryf die hele paragraaf en voorsien dit van al die ontbrekende leestekenssodat dit as Gibbs se direkte woorde gelees word. [3]

/20/

AFDELING A: /40/AFDELING B: /60/

GROOTTOTAAL: /100/

Page 19: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in
Page 20: AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL ...wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...1.7 Haal ‘n sin aan om te bewys dat die oplossings vir probleme nie noodwendig in