afrikaans graad 6 - christelike media...kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. een van...

18
61 5. Maak goeie sinne met: a. bekoor: (werkwoord) b. bekoring: (selfstandige naamwoord) c. Vul in: bekoor eindig op ‘n _______ lettergreep en bekoring het ‘n ________ lettergreep na die o. d. Gebruik ook in sinne: vereer (werkwoord) verering (selfstandige naamwoord) verklaar (werkwoord) verklaring (selfstandige naamworod) Aktiwiteit 10 Die Groen Ghoen Uit: P.H. Nortje - Die Groen Ghoen Lees hoofstuk 5 van die Groen Ghoen en beantwoord die volgende vrae: 1. In watter seisoen speel hierdie hoofstuk af? Noem ‘n aantal bewyse. 2. Henk-hulle het ‘n interessante wyse van tydsaanduiding op die plaas gehad. Verduidelik hoe hulle in die oggend geweet het hoe laat dit is. 3. Dié dag se werkery was deel van “die groen ghoen”. Verduidelik. 4. Wat bedoel Henk as hy sê Fielies en Tom haal ‘n man se pit uit jou lyf uit? Is dit 5. Wat bedoel Henk as hy sê “liewer dooie Jan as bang Jan”? Hoe moet die spreekwoord eintlik lui? 6. Waarvoor was Likkewaan baie bang? 7. In wie het die Ruiters ‘n bondgenoot gehad? Verduidelik. 8. Wat bedoel Henk as hy sê hy lei Thysie “van die spoor van die groen ghoen af”? 9. Thysie wil vir Hans afpers. Verduidelik. 10. Henk is opgewonde oor die “heerlikheid wat voorlê”. Wat is dié heerlikheid? Leseenheid 6 Aktiwiteit 1 Luister na gedigte Luister na die voorgelese gedeelte uit D.J. Opperman (Groot Verseboek) en beantwoord die vrae:

Upload: others

Post on 28-Jan-2020

23 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

61

5. Maak goeie sinne met:a. bekoor: (werkwoord)b. bekoring: (selfstandige naamwoord)c. Vul in: bekoor eindig op ‘n _______ lettergreep en bekoring het ‘n ________

lettergreep na die o.d. Gebruik ook in sinne:

vereer (werkwoord)verering (selfstandige naamwoord)verklaar (werkwoord)verklaring (selfstandige naamworod)

Aktiwiteit 10 Die Groen Ghoen

Uit: P.H. Nortje - Die Groen GhoenLees hoofstuk 5 van die Groen Ghoen en beantwoord die volgende vrae:

1. In watter seisoen speel hierdie hoofstuk af? Noem ‘n aantal bewyse.2. Henk-hulle het ‘n interessante wyse van tydsaanduiding op die plaas gehad.

Verduidelik hoe hulle in die oggend geweet het hoe laat dit is. 3. Dié dag se werkery was deel van “die groen ghoen”. Verduidelik.4. Wat bedoel Henk as hy sê Fielies en Tom haal ‘n man se pit uit jou lyf uit? Is dit

5. Wat bedoel Henk as hy sê “liewer dooie Jan as bang Jan”? Hoe moet die spreekwoord eintlik lui?

6. Waarvoor was Likkewaan baie bang?7. In wie het die Ruiters ‘n bondgenoot gehad? Verduidelik.8. Wat bedoel Henk as hy sê hy lei Thysie “van die spoor van die groen ghoen

af”?9. Thysie wil vir Hans afpers. Verduidelik.10. Henk is opgewonde oor die “heerlikheid wat voorlê”. Wat is dié heerlikheid?

Leseenheid 6

Aktiwiteit 1 Luister na gedigte

Luister na die voorgelese gedeelte uit D.J. Opperman (Groot Verseboek) en beantwoord die vrae:

Page 2: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

62

A. Die oue wilg

2. Hoe het sy takke gekraak?3. Waarmee vergelyk die digter die wilg se kleed?4. Die gedig speel in ‘n sekere seisoen af. Watter seisoen? Verduidelik.5. Wat sê die wilg as die wind hom roer?

B. Die wêreld

1. Noem twee dinge waarna die digter kyk en besef die wêreld is nie ons woning nie.

2. Watter tyd van die dag speel die gedig af?3. Noem twee diere waarvan die digter praat.4. Van watter boom skryf die digter?

C. Vaalrivier

1. Wat drink water uit die rivier?2. Waarom is die rotse blink?3. In watter seisoen dink jy speel die gedig af? Verduidelik.4. Wie moet die rivier kruis?5. Noem die name van twee diere waarvan die digter in die gedig skryf.

D. Die Tarentaal

1. Waarmee vergelyk Totius die tarentaal se geluid?2. Waarom soek die tarentaal vir hom ‘n maat? Gee twee redes wat die digter

noem.3. In watter soort boom rus die tarentaal?4. Waarom vlieg net een tarentaal weg?

Verdeel in groepe. Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees.

Aktiwiteit 2 Kom ons lees in groepe

“Spookstemme” uit die rots

VAN RHYNSBURG – Daar is die naweek op die plattelandse dorpie buit gemaak op duisende talle vee wat die afgelope maande op onverklaarbare wyse verdwyn het. Mnr. Ernst van den Heever, eienaar van die plaas Donkerhoek, het net soos talle ander veeboere van die omgewing, die afgelope paar maande swaar verliese gely met

Page 3: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

63

groot getalle vee wat eenvoudig spoorloos verdwyn. Mnr. Van den Heever vertel: “Die veediefstalle het vroeg in Januarie begin. Die hulp van die plaaslike polisie is ingeroep, maar hulle kon geen hond haaraf maak nie. Die hulp van die veediefstaleenheid is ingeroep, maar nog steeds kon geen vee terug gevind word nie. Klopjagte is ook oor die grens uitgevoer, maar tevergeefs. Ons was moedeloos.” Hulp het vanuit ‘n onverwagte rigting gekom, toe een van die werkers by mnr. Van den Heever kom kla het, dat hy asseblief ‘n ander huis wou hê. Die huis is aan die voet van die Donkerberg geleë. Mnr. Van den Heever was stom geslaan. Die betrokke werker woon al geslagte lank op die familieplaas. Waarom nou die verandering? Die werker, mnr. Sithole het aan hom verduidelik dat hulle nie in die nag kan slaap nie, aangesien daar spoke in die berg was. Hulle sou kwansuis stemme in die middel van die nag hoor. Mnr. Van den Heever het dadelik snuf in die neus gekry en besluit om die nag by mnr. Sithole te oornag. Groot was sy verbasing toe hy ook teen ongeveer middernag stemme, wat klink of dit uit die berg kom, gehoor het. Mnr. Van den Heever en sy werknemer het toe, na baie oorreding van mnr. Van den Heever se kant, ondersoek gaan instel. Toe hulle naby die plek waar hulle die stemme gehoor het, kom, het hulle op ‘n klompie beeste afgekom wat daar rondgemaal het. Skielik het hulle swart gedaantes gewaar. Hulle was besig om die vee die berg in te jaag. Groot was mnr. Van den Heever se verbasing toe hy besef dat daar ‘n versteekte ingang na die berg is, wat in ‘n reuse grot uitloop! Die hulp van die polisie is ingeroep en die veediefstal-sindikaat is gearresteer. Later is mnr. Van den Heever en ander boere van die omgewing meegedeel dat die sindikaat groot getalle vee binne-in die grot kon huisves. Daar is hulle brandmerk verander. Die grot loop uit in ‘n versteekte tonnel wat ‘n uitgang oorkant die grens het, waar die vee maklik van die hand gesit is. Nie alle vee is teruggevind nie, alhoewel baie boere verlig gelyk het met die hoeveelheid beeste wat aan hulle terugbesorg is. Kaptein Dries Vermeulen, wat aan die hoof van die operasie gestaan het, sê dat die tonnel baie makliker sigbaar is van die anderkant en dat niemand dit op Donkerberg ooit sou bespeur het nie. Mnr. Van den Heever was stom geslaan: “Die plaas behoort reeds etlike jare aan ons familie en ek het as kind dikwels gaan berg klim. Nooit kon ons droom van die geheime grot en tonnel hier reg onder ons neuse nie. Uit: G.C. van Rooyen: Skitterlees

VraeDie volgende vrae kan na die lees van elke paragraaf gevra word om die oordrag van betekenis (begrip) te toets:1. Verduidelik waarom die woord “spookstemme” in aanhalingstekens is.2. Wat, behalwe vee, kan nog buit gemaak word?3. Verduidelik wat dit beteken om “swaar verliese te ly.”4. Wat beteken dit om “spoorloos te verdwyn”?5. Gee ‘n ander spreekwoord wat dieselfde sal beteken as die kursiewe een

(paragraaf 2). 6. Watter ander eenhede kry ons nog in die polisie?

Page 4: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

64

7. Watter lande kan oor ons land se grens wees?8. Mag klopjagte oor die grens uitgevoer word?9. Hoekom sê die skrywer van die berig in die eerste sinnetjie dat “hulp vanuit ‘n

onverwagte rigting gekom het”?10. Waar is die voet van ‘n berg?11. Wat word die hoogste punt van ‘n berg genoem?12. Hoe dink jy het die berg gelyk?13. Hoekom dink jy het mnr. Sithole gedink dat daar spoke in die berg was? Wat

was anders aan die stemme sodat hy so kon dink?14. Wanneer is dit in die middel van die nag?15. Waarom “gril” mense vir die middel van die nag?16. Wat doen jy wanneer jy by iemand “oornag”?17. Dink jy hulle het geslaap?18. Waarom was mnr. Van den Heever verbaas toe hy ook stemme hoor?19. Sou jy ook gaan ondersoek instel het?20. Wat sou jy doen indien jy stemme uit ‘n berg gehoor het in die middel van die

nag?

Aktiwiteit 3 Kom ons lees stil

Spoedlees-oefening: Jy het drie minute om die leesstuk deur te lees. Tel die aantal woorde wat jy gelees het en beantwoord dan die vrae soos aangedui en merk in julle groepe. Onthou dit is belangrik om te verstaan wat jy lees al lees jy vinnig!

Daarna lees julle die stuk as gedeelde leesles en behandel weer die vrae se antwoorde.

Die spookpadda Wanneer jy in die bos stap, hoor jy dikwels ‘n sagte geluid wat klink soos ‘n klokkie wat lui. Jy sal baie verbaas wees wanneer jy die oorsprong van die geluid gevind het;

gewebde vingers en tone. Nee, dit is nie iets uit die ruimte nie, dit is die spookpadda! In ons land is daar ses verskillende soorte spookpaddas. Hulle verskil nie veel van mekaar nie en het daarom almal dieselfde naam.

word tot 63 mm lank. Hierdie diere word slegs in die nag aangetref. Hulle skuil dikwels onder klippe en indien die skuilplek per ongeluk omgeskop word, sal hulle gou wegspring op soek na ‘n nuwe wegkruipplek. Hierdie wegkruipplek sal onder ‘n oorhangende rots of dooie plantmateriaal wees. Die spookpadda is baie lief vir vinnigvloeiende bergstrome met hul koue helder water en digte plantegroei. Bedags sal jy deur hulle “sang” bekoor word, wanneer hulle in rotse of skeure skuil. Hierdie diertjie met sy feetjiestemmetjie kruip ook soms in moddergate langs rivieroewers weg. Hierdie gate kan so klein wees, dat hulle agteruit daarin moet kruip.

Page 5: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

65

Die spookpadda kruip onder rotslyste in waar hulle ongesiens en ongestoor hul eiers in ‘n nes kan lê. Sommige spookpaddas lê ook hul eiers in rivierbeddings wat uit lae

Wanneer die paddavissie te voorskyn kom, is dit selde korter as 20 mm, sonder uiterlike kiewe, met ‘n bekkie wat baie lyk soos ‘n suiertjie. Die rede hiervoor is dat die suieragtige vorm van sy bek, die paddavissie in staat stel om aan die gladde klip in die waterstrome vas te suig. Dit is nie al voordeel wat hierdie suieragtige bek het nie; die paddavissie kan deur die lippe te beweeg, vorentoe of agtertoe op die rotswand beweeg. Indien die paddavissie bedreig word, los hy die klip. Hy word dan in die snelvloeiende stroom opgeneem. Namate die paddavissie groei, verander hy. Die paddavis se metamorfose is egter ‘n lang proses en dit kan tot twee jaar duur totdat hy in ‘n volwasse padda ontwikkel het.

30 mm lank, en hy het nog ‘n lang stert. Nou word daar in digte plantegroei geskuil wat gedeeltelik onder die water is, of in skeure en gate in rotse, totdat die liggaam die stert geabsorbeer het. Dan verskyn die spookstem in die bos: ‘n splinternuwe spookpadda met sy sopraanstem! Uit: G.C. van Rooyen: Skitterlees

Vrae

Spoedlees

Tot by 89 woorde:1. Waaroor het jy gedink sal die leesstuk handel toe jy die opskrif gesien het?2. Hoekom sal jy verbaas wees indien jy die oorsprong van die geluid vind?3. Hoe lyk die spookpadda?4. Hoeveel soorte spookpaddas kom in ons land voor?

Tot by 110 woorde:

Tot by 141 woorde:6. Wanneer sal jy moontlik een van hierdie diertjies kan sien?7. Waar skuil die paddas?

Tot by 183 woorde:8. Hoekom dink jy is die spookpaddas lief vir bergstrome?9. Waarom bekoor die paddas se gesang ‘n mens?

Tot by 205 woorde:10. Hoekom vergelyk die stem van die padda met die van ‘n feetjie?11. Waar kruip die spookpadda soms ook weg?

Page 6: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

66

Tot by 249 woorde:12. Waar word die eiers gelê en hoekom?

Tot by 260 woorde:13. Waarom kan die paddas ook hulle eiers in die nou skeure en gate van

rivierbeddings lê?

Tot by 282 woorde:14. Hoe lank is die paddavissie?

Tot by 304 woorde:15. Hoe lyk die paddavissie se bek?

Tot by 335 woorde:16. Waarvoor gebruik die paddavissie sy bekkie?

Tot by 352 woorde:17. Wat doen die paddavissie indien hy bedreig word?

Tot by 374 woorde:18. Hoe lank duur dit voordat die paddavissie in ‘n volwasse spookpadda

ontwikkel het?

Tot by 410 woorde:19. Hoe verander die paddavissie tot ‘n volwasse spookpadda?

Tot by 446 woorde:20. Wat gebeur met die paddavissie se stert?

Feite of meningsDui aan of die volgende stellings feite of menings is:1. Die spookpadda verbaas ‘n mens.

3. Die spookpadda lyk soos iets wat uit die ruimte kom.4. Spookpaddas skuil graag in donker plekke.

Page 7: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

67

Aktiwiteit 4 Ek rilDie ruiter van Skimmelperdpan

Op die pad wat verdwyn in die Skimmelperdpan,by ‘n draai in die mond van die kloof,het ‘n bom in die oorlog ‘n vlugtende manop ‘n perd soos ‘n swaardslag onthoof.

Aan die saalboom krampagtig die hande verstyf,met ‘n laaste stuiptrekkende krag,en die bene geklem soos ‘n skroef om sy lyf,op die perd sit die grusame vrag.

Met sy neusgate wyd en die ore op sy nek,soos die wind yl verbysterd die dier,met skuim in wit vlokke wat waai uit sy bek,en gespan soos ‘n draak elke spier,

By die huise verby waar ‘n vrou staan en kyk…In die afkop-ding ken sy haar man…Met ‘n onaardse gil val sy bleek soos ‘n lyk…Perd en ruiter verdwyn in die Pan!

Wee die reisiger wat daar onwetend kom skuilwaar bouvallig die huisie nog staan,en vreesagtig by wyle ‘n nagdiertjie huilby die newelige lig van die maan!

Want by middernag waai daar ‘n wind deur die kloof,waai en huil soos ‘n kindjie wat kerm,en dan jaag daar ‘n perd met ‘n man sonder hoof…Wie dit sien, roep verskrik: “Heer, ontferm!”

Want die vuurvonke spat waar die hoefslae dreun,en dit vlam uit sy neus en sy oog;styf en stram sit die ruiter na vore geleun,en die bloed uit sy nek spuit ‘n boog;

En dan eenklaps van uit die vervalle geboukom ‘n vreeslike skrikbeeld gevaar,al die hare orent – ‘n waansinnige vroumet ‘n hande-verwringend gebaar:

“Waarom rus jy nie, rus jy nie, Jan van der Meer?Waarom jaag jy my elke nag op?Sal daar nimmer ‘n einde kom…altyd maar weerdie galop… die galop… die galop?”

Page 8: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

68

Die afgryslike klank – nóg gehuil nóg gelag –en die perd met die romp van ‘n man…!Dis geen plek vir ‘n Christenmens daar in die naglangs die pad na Skimmelperdpan! A.G. Visser

Vrae1. Hoe weet jy dat hierdie ‘n gedig is?2. Word hier ‘n storie vertel? Wat noem ons so ‘n gedig?3. Hoe laat hierdie gedig jou voel?4. Hoe het die pan, dink jy, aan sy naam gekom?5. Gebruik die woordeboek en sê wat die volgende woorde in die eerste strofe

beteken: mond, swaardslag, onthoof.6. Vertel in jou eie drie sinne waaroor hierdie gedig gaan.7. Verduidelik die betekenis van die volgende woorde in die tweede strofe:

krampagtig, saalboom, grusame.8. Waarom is die perd se neusgate “wyd” en kom daar wit skuim uit sy bek?9. Waarom is daar drie puntjies aan die einde van die eerste drie reëls in strofe 4?10. Verduidelik die betekenis van die woorde in strofes 3 en 4: verbysterd,

onaardse.

12. Waarom dink jy, verskyn die ruiter juis om middernag?13. Verduidelik die betekenis van die woord “bouvallig” en “newelige” in strofe 5.14. Waarom skrik die mense wat die ruiter sien?15. Watter woorde in die gedig wys dat die mense skrik wat die ruiter en sy perd

sien?16. Wat is ‘n “hande-verwringende” gebaar?17. Waarom is die woorde van strofe 9 skuins gedruk?18. Die atmosfeer in die gedig is spookagtig en grillerig. Watter woorde gebruik die

digter om hierdie atmosfeer te skep?19. Wie was Jan van der Meer?20. Wat beteken die woorde: “nóg gehuil, nóg gelag…”?21. Watter woorde word herhaal in strofe 9?22. Gee ‘n rede waarom die volgende woorde herhaal word:

“rus jy nie” (Strofe 9 reël 1) en“Die galop…” (Strofe 9 reël 4).

Page 9: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

69

Musiek (liedjie) – Koos du Plessis

Op die pad na Nooitgedacht

Op ‘n donker aand, diep in Juliemaand,op die pad na Nooitgedacht,waar drie rotse staan teen die sekelmaan,het ek lank gewag die nag.Want ‘n skurk van ouds het ‘n sak vol gouddaar begrawe langs die paden elke donker aand, met die sekelmaankom hy terug en soek sy skat.

In die verte hoor ek vier hoewe,soos ‘n hartpols diep in die nag;dis of die duiwel hom jaag,want die maan sit al laagop die pad na Nooitgedacht.

By die Spookklippe naby Nooitgedacht, so’t die mense my vertel, kan geen man dit waag op ‘n donker nag –hy begeef hom in die hel.Maar ek het vasgestaan en gesê ek gaanman-alleen een donker nag.Ek’t myself gestaal en my perd laat haal,maar ek het so iets nooit verwag,nee, ek’t so iets nooit verwag.

Want die vuurvonke spat uit sy hoeween tien vlamtonge speel in die nagen die ruiter lê plat, want sy perd ken die padna die skat van Nooitgedacht.

Ek’t veel gesien en ek dog miskienis die beste plek die huis.Want ek ken gevaar, maar ek trap onklaaren ek wens ek was al tuis.

Maar die huis is ver en die môresterhang spookagtig oor die veld.Dis g’n plek vir my; ek wil liewer ry –gee die kêrel maar sy geld,gee die kêrel maar sy geld.

Maar die hoefslae dreun in my oreen ‘n skim skiet stil uit sy saal;

Page 10: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

70

en die vuurvonkes spat soos hy grou langs die pad,want hy kom om sy skatte te haal.Maar die burgers gun hom geen rus nie:soos ‘n veldbrand kom hulle aan.

En die Mauser-vuur dreun en looddruppels reën –en ek dog die einde breek aan.Maar twee kole gloei in sy oë;met een haal is hy weer in die saal,en sy perd ploeg die lug in sy ylingse vlug,want hy weet die dood kom hom haal.

Op ‘n donker aand diep in Juliemaandop die pad na Nooitgedacht,waar drie rotse staan teen die sekelmaanhet ek lank bly lê in die nag.

En ek weet geeneen sal my glo nie. Dit klink al’s so gek in die dag.Maar wees elkeen wat lageenmaal daar in die nagop die pad na Nooitgedacht.

Aktiwiteit 6 Ek verstaan wat ek lees

Lees die onderstaande aandagtig deur en beantwoord dan die vrae:

Wanneer ‘n mens die verhale van Esopus lees, verstaan jy dat daar onder die konings en magtiges mense moes gewees het wat nie van die fabel gehou het nie. Daarvandaan kom dalk ook die storie dat hy om die lewe gebring is deur mense wat hom as ‘n oproermaker beskou het. Maar ‘n mens verstaan ook waarom die verhale so gewild gebly het deur al die eeue; daar is maar altyd mense wat swaarkry onder die sterkeres en wat troos vind in hierdie fabels. In hul Griekse vorm het die verhaaltjies dikwels ‘n dieper betekenis gekry as wat hulle oorspronklik gehad het. So groot was Esopus vir die Grieke as fabelverteller dat hulle mettertyd allerhande verhaaltjies oor hom bedink het. So word daar vertel dat hy eenmaal toe hy as slaaf verkoop was, ‘n lang reis saam met ander slawe moes onderneem. Elkeen moes ‘n swaar pak dra. Die ander slawe was verbaas toe hy die swaarste pak van almal vat – ‘n groot mandjie vol kos; hulle het ligter pakke gevat. Maar die eerste maal wat hulle gerus en geëet het, het sy pak ligter geword; elke keer is dit ligter gemaak, en voor die end van die reis het hy net die leë mandjie gehad om te dra.

Uit: N.P. van Wyk Louw in Die Afrikaanse Kinderensiklopedie, deel 12.

Vrae1. Onder watter naam is die verhale van Esopus bekend?2. Waarom sou die konings en magtiges nie van sy verhale gehou het nie?

Page 11: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

71

3. Wat word bedoel met: “dat hy om die lewe gebring is”?4. Watter woord dui aan dat hy nie doodgemaak is nie?5. Wanneer is iets of iemand gewild?6. Het Esopus lank gelede geleef? Watter woord dui dit aan?7. Wie is getroos deur die fabels en waarom?8. Wat beteken: mettertyd?9. Het die gebeurtenisse met die pak goed wat hy moes dra werklik gebeur? Gee

‘n rede.10. Het die ander slawe gedink dat hy dom was? Waarom?11. Wie was die verstandigste slaaf? Waarom?

Prosa

weg en kyk in die byna toegegroeide wildpaadjie af. Fernando het pas ‘n paar minute tevore deur hierdie selfde boskasie in die wildpaadjie verdwyn. Die gedruis van die rivier oor die stroomversnelling is byna oorverdowend, so naby is dit. Sy is sommer lus en draai om. Wie’s hy om te maak of hy grootman is en alles weet. Maar sy kan hom nie laat wegloop nie. Sy het hom te nodig. En hy het darem met haar die rietmuis wat hy met die klip bygekom het, gedeel. Maar waar is hy dan? Sy word opnuut kwaad. “Kom help!” Die kreet is byna nie hoorbaar nie. “Kom help!” Sy wonder of sy haar verbeel het. Die katlagters in die bome bokant haar gaan onbedaarlik aan die raas. “Ag, bly stil julle mislike goed!” Sy beweeg moeisaam in die paadjie aan. Die katlagters is net soos die kwêvoëls die brandwagte van die wildernis.

klink. Dit is taamlik donker in die paadjie tussen die riete onder die groot bome. En dan sien sy die gat in die paadjie ‘n paar tree voor haar. Die ingetuimelde riete en blare beweeg effens en ‘n geritsel kan onder in die gat gehoor word. Met ’n skok besef Maria dat wilddiewe die vanggat in die paadjie moes gegrawe het. “Maria, help my! Help my! Voertsek!” kom die swakkies van onder uit die gat. Sy beweeg ‘n treetjie nader. Haar oë rek wyd oop. Haar lippe, nog bruin van die modderwater wat sy gedrink het, gaan onbedaarlik aan die bewe, en een gil na die ander ontsnap haar keel. “Weg! Weg! Gaan weg jou haatlike ding!” Anderkant die vanggat, regoor die paadjie, hang ‘n reusagtige luislang uit die takke en gly geluidloos al laer en laer af na die gat toe. Fernando se een hand verskyn vir ‘n oomblik teen die wand van die gat, maar dit is te diep. Hy kan nie bo bykom om uit te klim nie. Nou kom die slang met mening nader. Maria se gille laat hom effens huiwer. Die menslike stem is en bly steeds iets vreemds vir die wilde dier. “Help my, Maria! Help my!” Fernando se keel trek toe van vrees. Sy gryp ‘n lang riet en slaan wanhopig na die reptiel. Hy ruk sy lyf soos blits op en hang soos ‘n groot staalveer – oorgehaal om toe te slaan. Sy kan nie waag om nader te gaan nie.

Page 12: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

72

Langs haar in die riete lê ‘n droë tak. Maar miskien gaan dit vir die verhongerde meisietjie te swaar wees. Sy los die riet en gryp die tak. Die slang ruk hom nog verder op. Sy beur die tak regop. Dit moet net reg val na die gat se kant toe. Sy het nie genoeg krag om dit weer op te tel nie. Met ‘n gekraak val die tak skuins oor die gat. Die slang ruk hom op en gly dan verder af. Fernando spring en kry die tak met sy vingerpunte beet. Die tak rol om. Sy vingers glip los. Die slang gly nou vinnig al laer en laer tot op die grond. Hy is ontsettend lank. Maria

keel. Die slang steur hom nou weinig aan die meisie. Sy hou wanhopig aan slaan. Fernando spring weer, kry die tak met sy een hand beet. Hy trap teen die kant van die vanggat vas. Sy ander hand kom by. Hy lig sy een been oor die rand van die gat en rol oor. Hy struikel orent, gryp Maria se hand en val-val verdwyn hulle in die byna toegegroeide paadjie. Met ‘n sagte plofgeluid val die slang in die paadjie langs die gat neer. Sy voorste gedeelte lig ongeveer ‘n meter van die grond af op. Die riete ritsel saggies en beweeg effens waar die lang bruin, kronkelende lyf verdwyn. “Ons moenie weer baklei nie. Hoor jy, Maria!” sê Fernando toe hulle uitgeput op die sand by die rivier neersak. “Ja, jy moenie weer vir my wegloop nie. Ons moet bymekaar bly.” Vrae1. Wat sou julle sê was die onderwerp waaroor hierdie skrywer geskryf het?2. Gee ‘n ander woord wat ons ook kan gebruik om hierdie beskrywing of

vertelling van hierdie gebeurtenisse te noem.3. Al is die gebeurtenisse neergeskryf, is dit nog altyd iemand wat dit vir die leser

………4. Probeer ‘n titel of naam vir hierdie verhaaltjie gee. 5. Wie het die probleem gehad?6. Wie het die probleem opgelos?7. Waarvan het jy die minste in die verhaal gehou?8. Waarvan het jy die meeste in die verhaal gehou?9. Wat sou jy gedoen het as jy in Maria se plek was?10. Wat sou jy gedoen het as jy in Fernando se plek was?11. Noem die verskillende gebeurtenisse wat plaasgevind het.12. Word die gebeurtenisse in dieselfde volgorde neergeskryf as wat dit

plaasgevind het?13. Wat dink jy is die les wat die leser uit hierdie verhaal kan leer?

Page 13: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

73

Aktiwiteit 7 Ons korrespondeer

Lees die onderstaande stuk deur. Skryf na aanleiding daarvan ‘n brief aan die veearts waarin jy sekere vrae oor jou troeteldier vra.

-Beeld-dierearts-‘n Paar weke gelede het ons gevra dat lesers vir ons die storie van hul troeteldier vertel. Die bestes sal in die rubriek verskyn en die heel beste een sal einde April ‘n prys wen. Hier is die eerste een. Mev. H. D. van Crosby skryf dat sy ons graag wil vertel van die bure se grys strepieskat-

hulle gebly. Die arme kat moes al van kleins af leer om vir haarself te sorg. Toe sy wasdom bereik het, het sy male sonder tal die een werpsel klein katjies na die ander op hulle perseel gekry. Deurdat hulle gewoonlik ‘n klompie hoenders aangehou het, het mev. H.D. en haar man altyd bo-op die dak van die hoenderhok oorskietkos, pap en brood vir die voëls uitgesit. Later het hulle opgelet dat die gryskat daar kom eet en water drink. Maar as hulle nader gekom het, het sy afgespring en gevlug. Dit was seker ‘n billike vermoede dat haar oorspronklike eienaars haar sommer so gelos het, skryf mev. H.D. Sowat anderhalf jaar gelede het haar dogter en drie kleinkinders by mev. H.D. ingetrek. Hulle het die katjies hoor miaau en het na ‘n gesoekery vyf pragtige kleintjies bo-op die hoenderhok gekry. Daarna het die makmaakproses geleidelik begin. Elke namiddag het mammakat kom kos eet en ook vir die kleintjies kos aangedra. Ná ‘n paar weke het die kat toegelaat dat haar dogter haar streel en só, stadigaan, al hoe makker geword. Daar was nog drie werpsels. Twee werpsels het hulle goeie huise voor gekry maar

Dit was toe dat hulle besluit het om die PDSA (People’s Dispensary for Sick Animals) te bel. Die PDSA het gesê mev. H.D. en haar dogter moet die kat op ‘n Dinsdagmiddag na hul mobiele kliniek in Riverlea vat. So gesê en so gedaan. Hulle het ‘n groot donasie gegee en Mammiekat ‘n paar dae later gaan haal. Sy het pragtig herstel en nou is daar nie meer elke vyf of ses maande ‘n werpsel en ‘n gesukkel om huise vir klein katjies te kry nie. As hulle “Mammiekat” roep, kan kom sy en sy is nou so mak soos ‘n lammertjie. Natuurlik nou baie bederf en kom soek sommer vroegoggend ‘n bietjie kos en melk. Die lekkerste slaapplek is op ounooi se skoot en as daar vreemde mense kom dan grom en blaas sy soos ‘n wafferse waghond. Wel mev. H.D., dit is ‘n pragtige storie. Dit is lekker om te hoor dat iemand soveel moeite sal doen om ‘n optelkat aan te neem. Dierewelsynorganisasies doen ‘n wonderlike werk deur mobiele klinieke te verskaf waar daar min veeartse is, en u moet ook gelukgewens word dat u vir Mammiekat laat steriliseer het.

Page 14: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

74

Aktiwiteit 8 Ek ken my taal

1. Kyk na die teks by Aktiwiteit 7. Skryf al die selfstandige naamwoorde in die stuk neer in jou boek.. Tel hoeveel het “die” of “ ‘n” vooraf. Onderstreep al die woorde wat die selfstandige naamwoord beskryf in ‘n ander kleur. Omkring almal wat voor die selfstandige naamwoord staan. Trek ‘n blokkie om dié wat na die selfstandige naamwoord staan.

Onthou: Ons noem die woorde wat die selfstandige naamwoord beskryf, ‘n byvoeglike naamwoord.

2. Skryf tien sinne oor die prentjie waarin jy byvoeglike naamwoorde gebruik. Vyf byvoeglike naamwoorde moet na die selfstandige naamwoord staan. Ons gebruik dan ‘n koppelwerkwoord.

Page 15: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

75

3. Skryf vyf sinne met ‘n intensiewe vorm van die byvoeglike naamwoord na aanleiding van die prent, byvoorbeeld: Hy het asvaal geword toe die vuur in die winkel uitbreek.

4. ‘n Versamelnaam is ook ‘n selfstandige naamwoord. Voltooi die volgende sinne deur versamelname in te vul:‘n Klomp brode in ‘n oond:‘n Klomp kanonskote wat gevuur word:‘n Klomp vere wat gepluk word van ganse of volstruise:‘n Klomp dennebome:‘n Versameling varkies van ‘n sog:

5. Gee versamelname vir die volgende en gebruik hulle in sinne:Vliegtuie, soldate, skepe, matrose op ‘n skip, rowers, blomme in ‘n rangskikking, toneelspelers, ministers, mense wat sportspanne kies, miere, sterre, voertuie wat as ‘n groep ry, mense wat by dieselfde winkel koop, mak diere bymekaar, pêrels in een string, bome geplant vir hout.

Aktiwiteit 9 Ek kan spel

Lees die leesstuk aandagtig

Ons verhuising na ‘n ouerige woongebied was vir ons as huisgesin ‘n baie hartseer ervaring. Die meubels moes in ‘n vervoerwa gelaai word, die hele proses was traerig en tranerig, veral vir Mamma, want sy en Pappa was jare hier woonagtig, hy het geen moeite ontsien om alles vir haar te vergemaklik nie. Eers was hulle kinderloos, totdat ek en sussietjie ons opwagting gemaak het. Ons verblyf was heuglik!

Opdrag

2. Vul in:a. Wanneer ons skryf maak ons _______ vir klanke.b. Woorde kan verdeel word in kleiner dele, naamlik _______ .c. Ons gebruik drie ______ groepe, om ons te help met die vorming van

klanke in geskrewe taal.3. Wat beteken?

a. Morfeem: ‘n Taaleenheid met betekenis.b. Om nuwe woorde te vorm beteken om woorde te bou.

4. Vorm nuwe woorde:a. Hy is ‘n leuen_____ , want hy het die ou man wat al grys is _____ beroof.

Page 16: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

76

b. Na die paar reën ______ dae is die grond vrug _______c. Die vrou is sonder kinders ______ ; dis jammer want sy is baie fyn en

vrou ______ .d. Die sonder werk _______man soek koors _______ na werk.e. Die vrou wat verpleeg _____ het die kind wat klein is ______kalm

gemaak ______ en die wond rein/skoon gemaak ______ .f. Jy kan nie vir my die blaam gee ______ nie, dit is jy wat die persoon

skinder ______ het. 5. Al die “voegsels” aan die woordmorfeme het die woordmorfeme ‘n nuwe

betekenis laat kry, byvoorbeeld ont- = weg, on- = nie, loos- = sonder, her- = weer ‘n keer.

6. Vorm nog ‘n woord met die voorvoegsel her-, soos hersien. _________________7. ‘n Voorvoegsel word ‘n premorfeem genoem. Pre- staan voor, soos die

preprimêre skool. Dit is die skool wat kleuters besoek voor die primêre skool.8. Agtervoegsels word ook postmorfeme genoem.9. Postuum: beteken byvoorbeeld ‘n boek wat verskyn nadat die skrywer reeds

dood is.10. Hierdie manier van woordvorming word genoem.

HaweloosOntsien

Voorbeeld: besering = be + seer + ingOnthou: Dit is nié lettergreepverdeling nie!sade = saad + eontkiem katte herkou astrantheidbakleiery veroorsaak verhaar koeiedronkaard sendeling besering

13.wat in die grappe verskyn:

BokserDie bokser kom op Nuweland aan en sê hy wil twee kaartjies vir die rugbytoets hê.VERKOPER: “Ek is jammer, maar ons het nog slegs staanplekke oor.”BOKSER: “Is hulle langs mekaar?”

SuigelingeGeheim van Paarl skryf hulle het op pad Durban toe sy vierjarige niggie se Engels probeer verbeter om die rit minder vervelend te maak. Hy het vrae in Engels gestel en sy moes in Afrikaans antwoord.

Page 17: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

77

“Who’s your parent?” vra hy naderhand. Tot sy verbasing begin sy die eienaardigste geluide maak. Uiteindelik sê sy: “Nee, ek kan nie.” “Kan nie wát nie,” vra hy. “Kan nie hoes soos ‘n perd nie,” sê sy.

kaart + jies = verkoop + er = ver + beter = vraag + e = verveel + end = verbaas + ing = vier + jaar + ige =

14. Woordbou: in hierdie blok is al die diere wat hieronder genoem word versteek.

S W A R T W I T P E N S

W K E M P H A A N E J P

A O O I E V A A R K A O

R E I E R S L A K H L E

T A R E N T A A L O A G

R E I M N L L E L R B K

E U E K R A A I O I O O

N S T M H O P P T N O B

O D B L O U A A P G M R

S N O R I L L H I E N A

T A K N A G M O T O R V

E L O J A K K A L S E LR E N O S T E R V O E L

slak, mier, kraai, rot, mot, tarentaal, renostervoël, njala, mol, eland, tiptol, swartwitpens, spoegkobra, swartrenoster, reier, lalapalm, hiëna, skoenlapper, blouaap, rietbok, eekhoring, jakkals, kemphaan, njalaboom.

Aktiwiteit 10 Die Groen Ghoen

Uit: P.H. Nortje - Die Groen Ghoen.

Page 18: Afrikaans graad 6 - Christelike Media...Kies ‘n gedig en stel vrae vir die ander groep op. Een van julle groep moet die gedig aan die ander groep voorlees. Aktiwiteit 2 Kom ons lees

78

Lees hoofstuk 6 van Die Groen Ghoen en beantwoord die volgende vrae:

1. “Die eerste sonstrale begin geel verf”. Wat bedoel die skrywer daarmee? Wat noem ons hierdie vorm van taalgebruik?

2. Granaat se hare pas by sy humeur. Stem jy saam met hierdie stelling? Verduidelik deur voorbeelde uit die hoofstuk te noem.

3. Ons leer ‘n paar dinge van ‘n donkie in hierdie hoofstuk. Bespreek ‘n paar.4. Henk sê Likkewaan is geen mens nie. Wat bedoel hy? Haal voorbeelde aan dat

Likkewaan foute maak.5. Die uitstappie berge toe,was nie om dowe neute nie. Die Ruiters het ook ander

planne gehad. Verduidelik.6. Waaruit lei ons af dat Granaat nie van die “mooier” dinge hou nie?7. Ou Klaas is baie bygelowig. Stem jy saam? Verduidelik jou antwoord.8. Waarom wou hulle die volgende dag voor bustyd weer op Sewefontein wees?9. Wat bedoel Thysie met “tand vir tand”?10. Wat in die hoofstuk het jy die meeste geniet?

Leseenheid 7

Aktiwiteit 1 Kom ons luister met aandag

Luister na die voorlesing - Die donkerte (in bylaag) - en doen die opdragte:1. Waarom het die ander duikers gedink sal Charl en Henry die geheime tonnel

vind?2. Waar bevind Charl en Henry hulle?3. Watter toerusting gebruik hulle?4. Wat veroorsaak dat klein stukkies rots en gruis van die plafon losraak?

6. Hoekom is dit skielik so donker dat die twee duikers mekaar nie kan sien nie?7. Hoe kom Charl in sy verwarring agter watter kant onder is?8. Watter teken gee hulle om teruggetrek te word?9. Hoe weet jy dat Charl en Henry hulle rigting in duie donkerte kwyt was?10. Waarom was die ander duikers bekommerd?

Jy is een van die duikers wat in die grot was. Beskryf hoe jy gevoel het, toe jy in die grot was en wat deur jou gedagtes gegaan het.