afrikaans tweede taal sg (addisionele taal) (vraestel 2...

23
1013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) NOVEMBER 2007 TYD: 2 UUR PUNTE: 80 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2007 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

Upload: hoangnga

Post on 17-Feb-2018

335 views

Category:

Documents


17 download

TRANSCRIPT

1013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG(ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) NOVEMBER 2007

TYD: 2 UUR PUNTE: 80

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

2007

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD

(ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2)

Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

2

(ADDISIONELE TAAL)

INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: Afdeling A Afdeling B Afdeling C 2. Beantwoord slegs TWEE vrae uit verskillende boeke: AFDELING A: FEESMAAL Beantwoord Vraag 1 OF Vraag 2

AFDELING B: VERSLIG Beantwoord Vraag 3 OF Vraag 4

AFDELING C: DIE VERDWYNING Beantwoord Vraag 5 OF Vraag 6 VAN MINA AFRIKA

3. Skryf die nommer van die vraag bo elke antwoord neer. 4. Nommer die vrae soos op die vraestel. 5. Slegs die EERSTE TWEE vrae wat beantwoord word, sal nagesien word. EKSTRA

antwoorde, dit wil sê antwoorde op meer as twee vrae, sal glad nie nagesien word nie. 6. Begin die antwoord op elke nuwe vraag bo-aan 'n nuwe bladsy. 7. Laat 'n reël oop na elke onderafdeling van 'n vraag. 8. Beantwoord die vrae volgens die voorskrifte. 9. Skryf netjies en leesbaar.

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

3

(ADDISIONELE TAAL)

AFDELING A Beantwoord Vraag 1 of Vraag 2 FEESMAAL (Saamgestel deur E.A. Swanepoel) VRAAG 1 DIE MATRAS (deur Pieter Pieterse) 1.1 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi.

Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte woord langsaan neer. WOORDELYS: Sakkie tafeldoek Vleiplaas bolyf Senekal kombuisvadoek klapperhaar Gertjie Giep sy Oom Nollie …(1.1.1)… en tant Karlena is getroud en uit die huwelik is …(1.1.2)…, die meisiekind, en …(1.1.3)… gebore. Hulle het op …(1.1.4)… gebly, waar hulle altyd gelukkig was, nooit ryk nie. Tant Karlena het in ʼn stadium in die hospitaal beland omdat sy pyn in haar …(1.1.5)… gehad het. Terwyl tant Karlena in die hospitaal was, het oom Nollie slegs een keer by haar gaan kuier. Hy het nie van die dorp gehou nie en het gesê dat dit hom laat dink aan die …(1.1.6)… wat Karlena so netjies stywe. Op die plaas was hy baie meer gemaklik en het die gevoel wat hy daar gekry het met ʼn …(1.1.7)… vergelyk. Toe hy vir tant Karlena by die hospitaal gaan haal het, het hy sy …(1.1.8)… gewas soos hy altyd gemaak het as hy dorp toe gaan. Voordat hy hospitaal toe gegaan het, het hy eers al die beddegoed van die bed afgehaal, tot die ou …(1.1.9)… matras. Hy sit toe die nuwe matras op die bed wat hy by …(1.1.10)… se winkel gekoop het. Daardie aand kon albei hy en tant Karlena nie slaap nie, omdat hulle nie aan die nuwe matras gewoond was nie.

[10] 1.2 In elk van die onderstaande sinne is daar EEN woord wat verkeerd is.

Skryf elke keer net die een verkeerde woord teenoor die nommer neer en teenoor dit die regte woord.

1.2.1 Die grootste gebeurtenisse in oom Nollie se lewe het altyd met sy kinders te doen gehad. (1)

1.2.2 Oom Nollie drink elke oggend ʼn lekker koppie tee. (1)

1.2.3 Tant Karlena het een Vrydag dokter toe gegaan. (1)

1.2.4 Oom Nollie het vir tant Karlena in die dorp met ʼn motor gaan besoek. (1)

1.2.5 Oom Nollie het genoeg geld gehad vir vyftig matrasse. (1) [5]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

4

(ADDISIONELE TAAL)

TWEE GESIGTE (deur Elise Muller) 1.3 Veelkeusevrae

• Skryf elke keer die letter en die antwoord volledig langs die vraagnommer neer.

• Moenie net die letter neerskryf nie.

1.3.1 Die titel van die kortverhaal beteken dat mense …

A tweegesig is. B uit goed en kwaad bestaan. C verskillend optree teenoor verskillende mense. D twee verskillende mense is. (1)

1.3.2 Katrien is Rina-hulle se … se dogter.

A huishoudster B tuinier C kok D onderwyser (1)

1.3.3 Rinatjie het een vyftigsent gekry toe sy vir haar ma … het.

A wasgoed weggeneem B ʼn rekening gaan betaal C strykgoed gedoen D die skottelgoed gewas (1) 1.3.4 Toe Rinatjie haar pa vir geld vra vir die mallemeule is daar

eenstemmigheid tussen haar pa en haar ma. Dit beteken dat hulle met mekaar … het dat Rinatjie kan gaan.

A verskil B baklei C geraas D saamgestem (1)

1.3.5 Rinatjie en Rosa gaan ry nie onmiddellik toe hulle by die

mallemeule aankom nie. Die rede hiervoor is dat hulle …

A nog nie hul geld wil uitgee nie. B presies wil weet wat gebeur. C die mense wil dophou. D die perdjies wil dophou. (1) [5]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

5

(ADDISIONELE TAAL)

1.4 Pas die verduideliking in Kolom B by die woord in Kolom A. Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer.

KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Die kaartjiesondersoeker A Moet R1 betaal op die mallemeule 1.4.2 Katrien B Gaan tien keer op die mallemeule ry 1.4.3 Rosa C Is tien jaar oud 1.4.4 Rinatjie D Lyk baie ouer as veertien 1.4.5 Grootmense E Is eers gaaf en later baie onbeskof

(5x1) [5] VANDISIEDAG (deur Pieter Pieterse) 1.5 Beantwoord die volgende vrae deur elke keer slegs die antwoord

neer te skryf. Jou antwoord hoef nie in ʼn volsin te wees nie.

1.5.1 In watter gebied is Tietiesbaai? (1)

1.5.2 Is Setlokwa ʼn taal of ʼn plek? (1)

1.5.3 Waar het die verteller verkies om te bly? (1)

1.5.4 Hoekom was die gordyn onnodig in die verteller se kantoor? (1)

1.5.5 Op watter manier het die verteller sy besittings verkoop? (1) [5]

1.6 Lees die paragraaf en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

Ek onthou hoe ek vir Penguin, die beheertoring by Kaappunt, gebel het as die vaskeer in my te groot word. Om vir Wally of John, of wie ook al aan diens was, te vra hoe lyk die see en of daar voëls op die water is. 1.6.1 Waar het die verteller hierdie tyd gewerk? (1)

1.6.2 Wie was Wally en John? (2)

1.6.3 Waarom het die verteller so baie toilet toe gegaan? (2)

1.6.4 Wat het die verteller by sy pa geleer? (2)

1.6.5 Die verteller van hierdie verhaal sê dat die “ompaaie” in ʼn mens

se lewe ook nodig is. Wat is die ompaaie waarvan hy hier praat? (2)

1.6.6 Sê in EEN woord hoe die verteller van hierdie verhaal wil lewe. (1) [10]

/40/

OF

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

6

(ADDISIONELE TAAL)

VRAAG 2 MY MAN IS IN LAVENTEL (deur Madeleine van Biljon) 2.1 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi.

Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte woord langsaan neer. WOORDELYS: bottel blatjang glas koue water uur roosmaryn suurlemoenboom laventel groenslaai pasiënt pietersielie knoffel Ons ontmoet in hierdie verhaal ʼn ma wat self erken dat sy nie ʼn goeie …(2.1.1)… is nie. Wanneer sy siek is, wil sy nie kos hê nie maar ʼn …(2.1.2)… . Maar dis op sulke tye dat haar man voel dat hy homself as kok moet bewys. Hy soek heel eerste die …(2.1.3)… waarvoor die ma dan gevra word. Toe sy siek was, wou hy weet waar die …(2.1.4)… in die tuin staan. Die ma sê dat dit langs die …(2.1.5)… staan, terwyl sy weet dat hy dit nooit gaan kry nie. Haar man kom vra dan self waar dit in die tuin is en sy vra hom of hy weet hoe …(2.1.6)… lyk. Terwyl hulle in die kombuis besig is, hoor sy hoe iets breek en die dogtertjie kom verduidelik dan dat dit net ʼn …(2.1.7)… was wat gebreek het. ʼn …(2.1.8)… later kom die gesin by die kamer in met ʼn skinkbord waarop daar ʼn interessante mengsel op rys is, ʼn skotteltjie …(2.1.9)… en twee snye knoffelbrood. Die vrou lag haar gesond omdat die kos na …(2.1.10)… smaak. [10] 2.2 In elk van die onderstaande sinne is die onderstreepte woord die

verkeerde een vir daardie verhaal. Skryf slegs die nommer van die vraag neer en langsaan die regte woord vir daardie sin.

2.2.1 Wanneer die verteller se kinders siek is, gee sy hulle ʼn glas koue water,

twee pille en ʼn nuwe speelding. (1)

2.2.2 Haar man maak altyd Japannese pannekoek. (1)

2.2.3 Laventel het groen blare. (1)

2.2.4 Die verteller se ouma se voorkamer het altyd na laventel geruik. (1) 2.2.5 Volgens die Bybel moet ʼn vrou se begeerte altyd na haar kinders wees. (1) [5]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

7

(ADDISIONELE TAAL)

MALGAS (deur Pieter Pieterse)

2.3 Veelkeusevrae

• Skryf elke keer die letter en die antwoord volledig langs die nommer neer.

• Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie. 2.3.1 Die eerste soort vis wat hulle aan die malgas gegee het, was …

A dassie B barber C galjoen D kabeljou (1)

2.3.2 Die verteller sê dat hy skemerdonker gestaan en skeer het.

Hierdie skemerdonker was in die …

A oggend. B aand. C nag. D vroegaand. (1)

2.3.3 Wanneer die spreker sê dat hy in sy Kavango-pajamas gestaan het,

beteken dit dat hy …

A baie mooi nagklere gedra het. B klere gedra het wat ʼn mens dra wanneer jy met vakansie is. C ʼn swembroek aangehad het. D geen klere aangehad het nie. (1)

2.3.4 Die verteller sê dat daar ʼn onrustigheid in hom gekom het. Hy was

onrustig omdat hy bang was …

A vir die donkerte. B dat die malgas hom sou byt. C dat hy hom sou raakskeer. D dat ander mense hom sou sien. (1)

2.3.5 Toe die spreker die voël in die water gesien het, was hy nie seker dat

dit ʼn malgas was nie. Dit was so omdat dit …

A ʼn groot voël was. B in die water gespartel het. C donker van kleur was. D nie kon vlieg nie. (1) [5]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

8

(ADDISIONELE TAAL)

2.4 Pas die verduideliking in Kolom B by die woord in Kolom A. Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer.

KOLOM A KOLOM B

2.4.1 Hannes Kleynhans A Die plek waar die malgas dood gevind is. 2.4.2 Die Ingilsman B Waar hulle die malgas vir vlieglesse geneem het. 2.4.3 Terracebaai C Die verteller se vrou. 2.4.4 Uniabrivier D Werk vir natuurbewaring. 2.4.5 Kavango E Plek waar die spreker hom nou bevind. [5] DIE KRISMISBOKKIE deur Audrey Blignault 2.5 Beantwoord die volgende vrae deur elke keer slegs die antwoord

neer te skryf. Jou antwoord hoef nie in ʼn volsin te wees nie. 2.5.1 Waarom wil Kleinboet wegloop plaas toe? (1)

2.5.2 Amanda sien haar pa dra ʼn plat kissie. Wat het sy gedink is daarin? (1)

2.5.3 Hoe lyk die bokkie se bene? (1)

2.5.4 Hoekom het die bokkie nie ʼn ma nie? (1)

2.5.5 Wie se kinders het vir tant Sofie melk kom vra om die bokkie te voer? (1) [5] 2.6 Lees die paragraaf uit DIE KRISMISBOKKIE en beantwoord dan

die vrae wat daarop volg. Die vreugde verdwyn uit die vόόr-Kersdae. Kleinboet wil nie saamgaan Sandhoogte toe om die boom te gaan kap nie. Ons kom nie sover om ons Kerpresente vir mekaar oop te maak nie. 2.6.1 Waarom het die vreugde uit die “vόόr-Kersdae” verdwyn? (1)

2.6.2 Hoeveel dae voor Kersfees het hierdie voorval plaasgevind? (1) 2.6.3 Behalwe die boom is daar DRIE ander goed wat hierdie gesin gewoonlik

met Kerstyd kry. Noem hulle. (3) 2.6.4 Wat het op Oukersdag gebeur wat vir Kleinboet nog meer ongelukkig

gemaak het? (2) 2.6.5 Voltooi die volgende asof dit op hierdie Kersdag deur Amanda gesê word.

Die Here het op Kersfees … (1)

2.6.6 Waarvoor het die gesin op Kersoggend blomme gepluk? (2) [10] /40/

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

9

(ADDISIONELE TAAL)

AFDELING B Beantwoord Vraag 3 of Vraag 4 VERSLIG (Saamgestel deur Charles Fryer) VRAAG 3 Lees die onderstaande gedig aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. troetelwoorde vir ogilvie douglas deur Marlene van Niekerk (ʼn bosbouer van 'n nedersetting by Grabouw het op 'n reëndag met sy mongoolkind op sy skoot gesit) 1. kyk oggeliefie druppeldou jakkals trou met wolf se vrou ag die stomme wêreld wou dat jy my kind sou wees my kind hier in ons eie dorp agter die bosrug van grabouw my droomoogkind met jou oophangmond wat kwyl soos heuningdruppelsdou kyk daar's druppels op jou mou kyk daar's druppels teen die ruit 2. o oggeliefie douglas elke druppel is 'n sonnetrou dit reën jou pa kan nie vandag sy boom gaan kap o nooit volprese God wat ook oor wurms wag moet hou seën die oggeliefiekind van my en my sy pa en daar sy maltrapma o oggeliefie druppeldou o jakkals trou met wolf se vrou Uit: Sprokkelster

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

10

(ADDISIONELE TAAL)

3.1 Gebruik slegs die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte woord langsaan neer.

WOORDELYS prys mond oë venster reën heuning sonnetrou jammer wurms kwyl Hierdie vader sit voor die …(3.1.1)… en gesels met sy seun. Omdat die vader sê dat jakkals daardie dag met wolf trou, weet ons dat dit …(3.1.2)… terwyl die son skyn. Dit klink of die vader vir die wêreld …(3.1.3)… is dat hulle so graag wou hê dat hy hierdie seun moes gehad het. Deur na die kind se …(3.1.4)… te kyk, kan ʼn mens sien dat daar met die kind fout is. Die kind se …(3.1.5)… hang ook oop en hy …(3.1.6)… . Dit veroorsaak druppels op sy mou wat die spreker met …(3.1.7)… vergelyk. Hy noem elke druppel ʼn …(3.1.8)… omdat die son daarop skyn. Ons kan aflei dat hierdie pa baie gelowig is, omdat hy nie die Here genoeg kan …(3.1.9)… nie. Hy bid dat God ook oor sy kind wag sal hou net soos hy oor die …(3.1.10)… waghou. [10] Beantwoord nou ook die volgende vrae volgens die voorskrifte. 3.2.1 Skryf die seuntjie se naam en van neer. (2) 3.2.2 In watter provinsie bly hierdie gesin? (1) 3.2.3 Watter TWEE verskillende woorde uit strofe 1 dui aan dat die kind verstandelik gestrem is? (2) 3.2.4 Watter soort werk doen die pa? (1) 3.2.5 Waarom kon hy op hierdie dag nie gaan werk nie? (1) 3.2.6 Die pa is baie lief vir sy kind. Skryf TWEE troetelname neer wat hy vir

sy kind gebruik. (2) 3.2.7 Wat is ʼn “maltrapma”? (1) [10]

EN

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

11

(ADDISIONELE TAAL)

3.3 Lees die onderstaande gedig aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

Om groot te word deur Maryke Heyns

1. Om groot te word is so tussenin. Grootmensdinge is nog ver, kinderdinge word min.

2. Kom ons lag weer vrolik

vir die maan se vet, geel gesig. Kom ons bring die trane oor ʼn dooie voëltjie terug. Kom ons eet weer slap-tjips en lek ons vingers af. Kom ons word weer kinders. Kom ons word weer laf!

3. Nou huil ons in ʼn kussing

en wonder waarom. Nou raak ons verlief en dink die wêreld glimlag krom. Nou’s ons so tussenin, vals noot,

want: ons word groot. Uit: Poort 1974

Veelkeusevrae • Skryf elke keer die letter en die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. • Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie. 3.3.1 Die spreker in hierdie gedig is ʼn …

A groot vrou. B tiener. C jong kind. D ou man. (1)

3.3.2 Die “tussenin-tydperk” in strofe 3 is tussen …

A kindwees en grootmens. B tienerwees en kind. C ouerwees en kind. D bejaardwees en grootmens. (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

12

(ADDISIONELE TAAL)

3.3.3 Wanneer die maan se gesig vet en geel is, is dit …

A volmaan. B donkermaan. C sekelmaan. D maanskyn. (1)

3.3.4 Die spreker sê dat “ons” weer vrolik moet lag. “Ons” verwys na die …

A mense. B lesers. C gehoor. D tieners. (1)

3.3.5 Wanneer ʼn mens “laf” is, sal jy vir enige iets …

A huil. B frons. C lag. D rondspring. (1) [5]

3.4 Pas die verduideliking in Kolom B by die woord in Kolom A.

Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer.

KOLOM A KOLOM B 3.4.1 Kussing A. Die kind eet lekker daaraan. 3.4.2 Maan B. Sy huil wanneer dit dood is. 3.4.3 Voëltjie C. Sy lag daaroor. 3.4.4 Vingers D. Sy weet nie waarom sy daarin huil nie. 3.4.5 Slap-tjips E. Sy lek dit af. [5] 3.5 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?

HAAL elke keer ʼn versreël uit die gedig AAN om jou antwoord te staaf.

3.5.1 Hierdie dogter het reeds grootmensdinge ervaar. (2)

3.5.2 Die dogter weet presies waarom sy huil. (2)

3.5.3 Sy dink dat almal vir jong paartjies lag wanneer hulle verlief is. (2)

3.5.4 Die dogter doen nog baie dinge wat ʼn kind doen. (2)

3.5.5 Sy wil nog vir oulaas soos ʼn kind wees. (2) [10]

/40/

OF

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

13

(ADDISIONELE TAAL)

VRAAG 4 Lees die onderstaande gedig aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. 'n Student skryf aan sy meisie deur Hennie Aucamp Watter nut het ironie in eensaamheid? Iwan Toergenjef 1. Ek stuur vir jou dié briefie al is ons ding nou oor. Ek dag: jy is tog menslik en wil dalk van my hoor? 2. Ek woon hier op 'n plasie – Karoo so ver jy kyk – 'n trein kom deur die leegte en neem dan weer die wyk. 3. Distansie bring besinning en mag ek sê: ook visie? Ek glimlag oor jou selfsug; jou passie vir 'n rusie. 4. Osmose tussen mense is moontlik, maar beperk: emosie kan ooreis word as dit van een kant werk. 5. Die oom sal netnou trug wees met meel en Vrydagpos (en ek sal glo moet hand gee met aflaai van die kos). 6. Jy word vir my weer naamloos: verlange onbegrens; en só is liefde sinvol nie ingekort tot méns. 7. Die tante gaan nou kamp toe, roep "Kiep-kiep" teen die wind; sal sweerlik weer kom aanklop: "Nog niks gehoor nie, kind?" 8. Ag, dêmmit, ek verlang jong, kom haal my, asseblief! En straf my tot ek seer kry – maar bêre net dié brief. 9. Want dit bevat gedagtes wat ons twee moet bespreek: as alles goed gaan, liefste, dan sien ons oor 'n week? Uit: Teen latenstyd

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

14

(ADDISIONELE TAAL)

4.1 Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi.

Skryf slegs die vraagnommer in die korrekte woord langsaan. WOORDELYS eensaam selfsugtig visie argumenteer bespreek student verlang glimlag plaas emosie Die spreker in hierdie gedig is ʼn …(4.1.1)… wat van die stad na ʼn …(4.1.2)… toe gaan om oor sy verhouding te dink. Hy het met ʼn meisie uitgegaan wat baie …(4.1.3)… was en baie daarvan gehou het om te …(4.1.4)… . Hy het moeg geword daarvoor, want hy het gevoel dat al die …(4.1.5)… in die verhouding net van sy kant af kom. Alhoewel hy dit nie meer kon hanteer nie, voel hy nou anders omdat hy so ver is. Hy voel dat hy nou …(4.1.6)… gekry het en dat hy nou oor hulle verhouding kan …(4.1.7)… . Al is dit die jongman wat die verhouding verbreek het, is hy nou baie …(4.1.8)… . Hy smeek die meisie om hom te kom haal, omdat hy so baie na haar …(4.1.9)… en hy wil hê dat hulle weer hulle verhouding moet …(4.1.10)… . [10] 4.2 Lees nou weer deur die gedig ʼn STUDENT SKRYF AAN SY MEISIE en

beantwoord die vrae daaroor. 4.2.1 Haal EEN woord uit strofe 1 aan wat vir ons sê dat die spreker nie seker

van sy saak is nie. (1) 4.2.2 Watter DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE in strofe 2 sê vir ons presies

waar hy die trein sien. (1) 4.2.3 Verduidelik: “Osmose tussen mense is moontlik, maar beperk:” (2) 4.2.4 Noem die TWEE goed wat die oom op ʼn Vrydag doen, volgens strofe 5. (2) 4.2.5 (a) Skryf die seun die hele gedig vir die meisie? (Ja/Nee) (b) Hoe weet jy dit? (2) 4.2.6 Hoe weet ons dat die tante van hulle verhouding bewus is? (2) [10]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

15

(ADDISIONELE TAAL)

4.3 Lees die onderstaande gedig aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TWEE STOKKIESDRAAIERS deur Etienne van Heerden 1. Op die dunwiel vir drie weke, die flikkerweb van speke, pedale wat stram teen bulte draai: met fietse oor Sir Lowry's na die Baai. 2. Lig klou soos klawer aan die fiets se speke, helder naalde, son en teer stroboskoop, teen Heidelberg se bulte moet ons afklim en loop. Bult dein na bult, die dag raak verstreke 3. En teen 'n Griek se randsteen laat ons bene blaas. Vlieë mor in die vuil kafee, teen die gaas brom of lê al dood 'n bondel brommers. In 'n rooi hokkie karring ons vergeefs bekende nommers ... 4. Ons lê op nylon die dou se reuk en afwag, skielik: die speldekussing van die nag. By Swellendam, waar graan geil oor die pram en boud van bulte staan 5. Is ons vir matriek en familie gans verlore; ondergronds verbol en groen geblaar, twee varkore. En by die bloekoms, net duskant Bontebok, spook saans die speke, die kettings, die silwer kok. (Twee matriekseuns het in November 1972 tydens 'n stokkiesdraaifietstoer êrens naby Swellendam, op pad na die Baai, spoorloos verdwyn.)

Uit: Obiter dictum Veelkeusevrae • Skryf elke keer die letter en die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. • Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie. 4.3.1 Die seuns was op pad …toe.

A Mosselbaai B Durban C Port Elizabeth C Gordonsbaai (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

16

(ADDISIONELE TAAL)

4.3.2 Die naalde in strofe 2 is die …

A speke van die fiets. B droë gras waaroor hulle gery het. C die son wat so gesteek het. D die blare van die dennebome waaronder hulle gery het. (1)

4.3.3 Toe die seuns “bene (laat) blaas” het hulle …

A die kos koud geblaas. B ʼn bietjie gerus. C hulle bene koud geblaas. D vinniger gery. (1)

4.3.4 Die woord wat vir ons sê dat die seuns nooit na hulle familie

deurgekom het nie, is die woord …

A “mor”. B “karring”. C “bekende”. D “vergeefs”. (1)

4.3.5 Wat sien ʼn mens wanneer dit op daardie plek spook? Jy sien die …

A seuns op hulle fietse. B fietse wat alleen daar rondry. C seuns wat daar rondstap. D speke, die kettings en die kok. (1) [5]

4.4 Pas die verduideliking in Kolom B by die woord in Kolom A.

Skryf slegs die vraagnommer en die letter neer.

KOLOM A KOLOM B 4.4.1 Bloekoms A Die speke het geblink soos ʼn spinnerak. 4.4.2 Flikkerweb B ʼn Soort lelie. 4.4.3 Rooi hokkie C ʼn Soort boom. 4.4.4 Nylon D Hiervandaan bel hulle. 4.4.5 Varkore E Hierop slaap hulle. [5] 4.5 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?

HAAL elke keer ʼn gedeelte van ʼn versreël uit die gedig AAN om jou antwoord te staaf.

4.5.1 Die seuns het die rit maklik gevind. (2)

4.5.2 Dit het aand geword. (2)

4.5.3 Daar was daardie aand geen sterre in die lug nie. (2)

4.5.4 Die twee seuns het mense probeer bel wat hulle nie goed geken het nie. (2)

4.5.5 Hulle het op die sypaadjie gaan sit. (2) [10]

/40/

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

17

(ADDISIONELE TAAL)

AFDELING C DIE VERDWYNING VAN MINA AFRIKA (deur Zuretha Roos) Beantwoord Vraag 5 of Vraag 6 VRAAG 5 • Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. • Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het neer: WOORDELYS drink winter kleurlinggemeenskap broers Tietser Meraai Gert Erik ou In die …(5.1)… van 1945 kom …(5.2)… by …(5.3)… aan en vra of hy nie vir hom raad het nie. Hy wil nie die kind in die …(5.4)… laat nie, omdat sy al is wat hy oorhet nadat sy …(5.5)… en sy vrou kort na mekaar gesterf het. …(5.6)… kon nie vir hom uithelp nie, omdat sy toe reeds te oud was. Hy kon ook nie die kind by sy ma los nie, omdat sy ʼn …(5.7)… man het en te veel …(5.8)… .

(8) Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het neer: WOORDELYS hysbak vyfde jonk Groenpunt kok trane koffer Mina se eerste werk toe sy in Kaapstad aangekom het, was by die twee misses White in …(5.9)… . Mina was dankbaar dat sy die …(5.10)… na hulle woonstel op die …(5.11)… verdieping kon neem, want haar …(5.12)… was net te swaar om te dra. Hulle wou eers nie vir haar die werk gee nie, want hulle het reeds iemand anders in gedagte gehad en het gesê dat sy te …(5.13)… was. Sy het aangedring dat sy ʼn goeie …(5.14)… is en toe hulle nog verder twyfel of hulle vir haar die werk moet gee, het sy in …(5.15)… uitgebars.

(7) [15]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

18

(ADDISIONELE TAAL)

Veelkeusevrae • Skryf elke keer die letter en die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. • Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie. 5.16 Bettie Els wou baie graag ʼn … hê.

A winkel B baba C lappop D ma (1)

5.17 Wat sê Tietser Meraai NIE vir Boeta Bantjies in verband met Mina nie.

A “Dis my special kind daai!” B “Wat ʼn slegte meisiekind!” C “Jy beter jou hande tuis hou, mannetjie!” D “Sy’s nie sommer hierjy se meisiekind nie, hoor!” (1)

5.18 Schoeman verkrag Mina toe hulle van die … af gekom het.

A bioskoop B dans C klub D wedstryd (1)

5.19 Mina wil nie met Boeta trou nie, omdat sy …

A reeds swanger is. B iets van haar lewe wil maak. C nie vir hom lief is nie. D dink sy is te goed vir hom. (1)

5.20 Sara wou graag vir Mina aanneem, omdat sy …

A nie swanger kon raak nie. B baie lief vir kinders was. C wou wys dat sy vir die bruin gemeenskap omgee. D haar skoonmoeder wou ontstel. (1)

5.21 Nadat Mina se ma oorlede is, het sy vir ʼn ruk by ʼn … gebly.

A skoonma B ma C ouma D skoonsuster (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

19

(ADDISIONELE TAAL)

5.22 Mina het eers in die …kamer by die De Graaffs gebly.

A bediende- B spaar- C kinder- D buite- (1)

5.23 Erik de Graaff het ʼn …plaas gehad.

A bees- B groente- C druiwe- D aarbei- (1)

5.24 Erik en Sara trek in hulle eie huis, omdat …

A Aletta nie meer vir hulle by haar wil hê nie. B Aletta nie ʼn bruin kind in haar huis wil hê nie. C Sara nie so naby haar skoonma wil bly nie. D Erik ver van sy ma af wil bly. (1)

5.25 Sara en Julia se babas word … dae uit mekaar gebore.

A drie B vyf C ses D twee (1) [10]

• Skryf die nommers in Kolom A onder mekaar neer. • Kies uit Kolom B die korrekte antwoord en skryf net die regte letter neer.

KOLOM A KOLOM B

5.26 Mara Jacobs A Was ʼn regte Afrikaner 5.27 Sara de Graaff B Laat al haar aardse besittings aan Mina na. 5.28 Aletta de Graaff C Aletta se kok. 5.29 Ida D Erik se skoonsuster. 5.30 Elsie Lubbe E Het tien kinders en geen man nie. 5.31 Julia de Graaff F Die De Graaffs se buurvrou. 5.32 Sanet G Mina se stiefma. 5.33 Iris Oortzen H Het kuns studeer. 5.34 Lien Afrika I Mina bly by haar in Distrik Ses. 5.35 Sêra J Speel by Mina. [10]

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

20

(ADDISIONELE TAAL)

Beantwoord die volgende vrae in volsinne. 5.36 Waarom was Sara vir die nege maande van haar eerste swangerskap

"nooit haarself" nie? (1) 5.37 Hoekom het almal verwag dat Bettie Els se ma voor haar pa sou sterf? (1) 5.38 Wat het gebeur dat Mina nie die aborsie gehad het nie? (1) 5.39 Op Mina se eerste dag by die Whites moet sy vis maak vir aandete

en sy besef dis ʼn toets. Wat wou hulle toets? (1) 5.40 Hoe het Mina aan die einde van haar baba "ontslae" geraak? (1) [5] /40/ OF VRAAG 6 • Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. • Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het neer: WOORDELYS Sarel Hanoverstraat drie hoofposkantoor aannneemkind Julie uitgeteer Sara Kort nadat Sêra vir …(6.1)… ingeneem het, het sy na die …(6.2)… gegaan om te kyk of daar nie briewe vir haar was nie. Daar was toe een wat …(6.3)… weke vantevore aan haar gepos is. Dit was van …(6.4)… om vir haar te sê dat dit duidelik is dat iets verkeerd geloop het, maar dat sy hulle …(6.5)… bly en dat sy asseblief huis toe moet kom. Een van die seuns, …(6.6)…, skryf ook in die brief en smeek haar om huis toe te kom, want hy is al …(6.7)… omdat niemand daar sulke lekker kos soos sy kan maak nie. Sy het toe in trane uitgebars, die brief in fyn stukkies opgeskeur en teruggestap …(6.8)… toe.

(8)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

21

(ADDISIONELE TAAL)

• Gebruik die woorde in die woordelys om die paragraaf te voltooi. • Skryf slegs die vraagnommer en die woord wat jy gekies het neer: WOORDELYS Juffrou Lubbe hotnos bankrot kennis Uitverkoping boekhouding Oom Pote Die middag toe Mina vir Bettie met die …(6.9)… by haar winkeltjie wil gaan help, was dit baie warm. …(6.10)… het vir haar gesê dat Mina gaan kom help. Mina is toe reeds gewaarsku dat die winkeltjie heel waarskynlik al …(6.11)… is en Mina is baie trots op haar …(6.12)… van hierdie dinge. Toe Mina met Bettie praat, het sy aangedring dat Mina haar miss Bettie noem, omdat sy mos wit is. Sy het gesê dat die …(6.13)… ook nie meer weet hoe om mense aan te spreek nie. Mina kon niks wys raak van wat daar aangaan nie omdat die laaste werk daar nog deur …(6.14)… gedoen is. Mina stel toe voor dat Bettie ʼn …(6.15)… hou om van al die ou voorraad ontslae te raak. (7) [15]

Veelkeusevrae • Skryf elke keer die letter en die antwoord volledig langs die vraagnommer neer. • Moenie net die letter van die antwoord neerskryf nie. 6.16 Tietser Meraai sê dat sy nooit getroud is nie, omdat …

A sy nie met ʼn swart man wou trou nie. B niemand haar wou hê nie. C die mans vrek bang was vir ʼn geleerde vrou. D sy nie mooi genoeg was nie. (1)

6.17 Die De Graaffs het elke jaar in … gaan vakansie hou.

A Kaapstad B Worcester C Kleinmond D Hermanus (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

22

(ADDISIONELE TAAL)

6.18 Toe Mina nog klein was, wou Sara eendag met Mina in … gaan koffie drink toe daar aan haar gesê is dat hulle nie Kleurlinge bedien nie

A Stuttafords B Delmonico C Hildebrands D Stakes by Lewis (1)

6.19 Mina het toe nooit die aborsie gehad nie, omdat …

A haar gewete haar gepla het. B sy graag die kind wou hê. C sy beroof is. D sy nie geweet het waarheen om te gaan nie. (1)

6.20 Mina het die kos vir Schoeman se … verjaardagpartytjie gemaak.

A sestiende B een-en-twintigste C agtiende D negentiende (1)

6.21 Sara kon baie goed …

A skilder. B kook. C huishou. D verf. (1)

6.22 Toe Mina terug Goedemoed toe gegaan het, het niemand haar herken

nie omdat sy … het. A so vet geword B soos ʼn regte Kapenaar gelyk C ʼn nuwe haarstyl gehad D soos ʼn wit vrou gelyk (1)

6.23 Dylan het die polisieman geskop omdat hy vir Mina ʼn … genoem het.

A hotnot B Kleurling C prostituut D hoermeid (1)

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (1013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL SG/V2

23

(ADDISIONELE TAAL)

6.24 Julie wou nie Dylan se huweliksaanbod aanvaar nie omdat …

A hy ʼn bendeleier was. B sy nog swanger was. C sy nie vir hom lief was nie. D sy Goedemoed toe wou gaan. (1)

6.25 Julie het die advertensie vir die werk by die Whites in … gesien.

A The Cape Times B The Cape Herald C Die Burger D The Argus (1) [10]

• Skryf die nommers in Kolom A onder mekaar neer. • Kies uit Kolom B die korrekte antwoord wat die beste pas by die item

in kolom A en skryf net die regte letter daarteenoor neer:

KOLOM A KOLOM B 6.26 Gert Afrika A. Het ʼn huisie vir Tietser Meraai laat bou. 6.27 Stefaans de Graaff B. Mina se eerste kliënt as spysenier. 6.28 Erik de Graaff C. Het “De Graaff Compound” in 1900 gebou. 6.29 Boeta Bantjies D. Werk by Vleis Voljoen. 6.30 Sarel de Graaff E. Sy pa was die burgemeester in die Vallei. 6.31 Dylan Appollis F. Sy twee broers sterf in ‘n ongeluk in Bainskloof. 6.32 John de Graaff G. Kom van Citrusdal en is verlief op Mina. 6.33 Deon du Toit H. Het baie “contacts” in die Kaap. 6.34 Schoeman Oortzen I. Red vir Mina toe sy selfmoord wou pleeg. 6.35 Gatiep J. Is 'n prokureur. [10] Beantwoord die onderstaande vrae in volsinne. 6.36 Hoekom het Mina nooit van skool gehou nie? (1) 6.37 Wat het met Bettie Els gebeur nadat hulle huis uitgebrand het? (1) 6.38 Waaraan is Tietser Meraai oorlede? (1) 6.39 Hoe het Mina in die Kaap gekom? (1) 6.40 Waar bring Julie haar eerste aand in die Kaap deur? (1) [5]

/40/ GROOTTOTAAL: /80/