fakulteit geesteswetenskappe - up
Post on 11-Dec-2021
2 Views
Preview:
TRANSCRIPT
Bladsy | 01FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Geagte kollegas
Dit is moeilik om te glo hoe vinnig die tyd verbygegaan het sedert ek net meer as ’n jaar gelede, op 6 Augustus
2015, my termyn as Dekaan van die Fakulteit begin het. Terwyl ons dieper in die lente inbeweeg (en verby ons
onlangse promosieplegtigheid), het die afgelope twee maande my ruimte gebied om ’n bietjie te besin oor my
jaar in die Fakulteit. Ek word deur my kollegas in die Fakulteit herinner aan wat ons bereik het, en om u en
ons prestasies te vier en geesdriftig na die toekoms uit te sien.
Afgesien van professionele en persoonlike skakeling met kollegas is dit dalk ’n oorbeklemtoning dat dit ’n
gebeurtenisvolle jaar vir ons almal was. Hoewel dit dalk soos déjà vu lyk, is ons in werklikheid in die middel
van die tweede jaar van studenteprotes en die beweging vir gratis universiteitsopvoeding. Dit is duidelik dat
hierdie uitdagende tye kollektiewe leierskap verg. Die antwoorde is geensins duidelik nie. Daar is nie ’n enkele,
onmiddellike oplossing nie.
U het reeds gehoor dat ons in 2017 ‘n moeilike begrotingsjaar gaan hê, en ek pleit by u om ons te help om so
doeltreffend en produktief moontlik te wees deur kwaliteit hoog en koste bekostigbaar te hou. Die Fakulteit is
gesond, en hoewel ons moeilike tye moet verwag en saam moeilike besluite sal moet neem, sal ons momentum
sterk bly. Ons moet besin, moeilike vrae stel en ons studente met groter intensiteit deur hierdie uitdagende
fase mentor, ondersteun en ontwikkel. Met nuwe toekennings en kontrakte sal die Fakulteit ’n nuwe fase
binnegaan. Ek sal party van hierdie nuwe ontwikkelings in die briewe vir November en Desember met u deel.
Met ons voortgesette investering in nuwe idees en geleenthede en met ons gevestigde personeel en ook ons
belowende nuwe personeel is ek vol vertroue dat dit sal meehelp om ons suksesse steeds te laat groei. Soos
gebruiklik kry u in hierdie briewe verskeie verhale van prestasies deur ons kollegas en alumni. Wens hulle
asseblief saam met my geluk.
Boodskap aan personeel van die Fakulteit GeesteswetenskappeSeptember 2016
Social media and the law
Faculty of HumanitiesLefapha la Bomotho
FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE
Bladsy | 02FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
’N LOERIE IN DIE HAND IS MEER WERD AS TWEE IN DIE BOSVELD
Fatima Cassim, dosent in Inligtingontwerp in die Departement Visuele Kunste, deel hierdie boodskap met ons.
Die 38ste jaarlikse Loerie-toekennings, wat op 20 Augustus 2016 in Durban se Internasionale Konvensiesentrum
gehou is, het die kollig laat val op ’n aantal Inligtingontwerp-alumni van die Departement Visuele Kunste wat
as beoordelaars en deelnemers deelgeneem het. Die Toekennings is in 1978 ingestel om Suid-Afrika se
reklamebedryf te steun. Dit het sedertdien aansienlik gegroei en verleen nou erkenning aan die beste kreatiewe
werk in Afrika en die Midde-Ooste. Die gesogte Loerie-trofeë is ’n bedryfsnorm vir kreatiewe uitnemendheid.
Een van die vier gesogte Grand Prix-toekennings het gegaan aan Sunshinegun, die “besielende druk- en digitale
ateljee wat op strategiese handelsnaamontwerp en kommunikasie fokus”, waarvan die alumnus Bronwen
Rautenbach medestigter is. Me Rautenbach se span bestaan uit nog twee Inligtingontwerp-alumni, Kirstin
Uken en Nicola Lourens. Hul veel bekroonde kliënt, Nando’s, het vir die Sunshinegun-span ook nog twee ander
Loerie-toekennings besorg.
’n Alumnus, Paul Hinch, uitvoerende kreatiewe direkteur van Grid Worldwide Branding, het aangekondig dat
hulle vanjaar nege Loeries in verskeie kategorieë ontvang het, insluitende druk-, digitale en omgewingsontwerp.
Tiyapo Moseki en Claudio Barreiro, wat in 2015 as INJOZI-werknemers aan projekte gewerk het, het ook ’n
paar toekennings ontvang. Moira-Gene Sephton (Ogilvy & Mather) en Stephanie Hunter (Shift Joe Public) is
nog twee alumni wat strategiese rolle in hulle onderskeie kreatiewe spanne gespeel het en ook ’n paar
toekennings ontvang het.
Sowel Rautenbach as Hinch was ook beoordelaars in die Kommunikasieontwerppaneel vir die Toekennings.
Hulle is vergesel deur nog ’n alumnus, Carla Kreuser (TJDR).
Meer onlangse Inligtingontwerp-gegradueerdes is ook vir hulle pogings beloon in die Studentkategorie. Drie
BA (Inligtingontwerp)-kurrikulumverwante projekte van die 2015-klas het in drie verskillende ontwerpkategorieë
erkenning gekry.
Benewens die twee hoofkategorieë, naamlik die Professionele en die Studentkategorie, was daar ook ’n aantal
spesiale toekennings. Een hiervan is die Adams & Adams-toekenning vir Jong Kreatiewe Mense vir uitsonderlike
prestasie op die ouderdom van 27 jaar of jonger. Een van die twee toekennings vir Jong Kreatiewe Mense is
gemaak aan Amori Brits, hoof van ontwerp by Shift Joe Public. Sy het R60 000 ontvang danksy die regsfirma
Adams & Adams, asook ’n retoervlug met die Suid-Afrikaanse Lugdiens na New York. Simone Rossum, ’n
kreatiewe direkteur by Shift Joe Public, het Amori geloof en gesê: ‘In die vier jaar dat Amori deel van Shift Joe
Public is, het sy ’n integrale rol gespeel in verskeie bekroonde handelsnaamkommunikasieveldtogte – insluitende
die bekroonde OSAAT “Fonts for the Future”-veldtog en die Antalis “Start Your Day with Paper”-veldtog. Haar
dryfkrag, passie en toegewydheid tot kreatiewe uitnemendheid is ’n groot bron van inspirasie en maak van
haar ’n uiters waardevolle bate vir die Shift Joe Public-span.’
Bladsy | 03FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Die volgende tabel bied ’n oorsig van Inligtingontwerp-alumni se sukses op 2016 se Loerie-toekennings:
PROFESSIONEEL
Prys Kategorie Handels-name
Produk Agentskap / Instelling
UP Inligtings-ontwerp
alumnispanlede
Titel
Grand Prix Brand Identity & Collateral Design - Identity Programmes
Nando’s Visuele Identite-itstelsel
Sunshinegun Bronwen Rautenbach, Kirsten Uken, Nicola Lourens
Nando’s Global Visual Identity System
Goud Brand Identity & Collateral Design - Identity Programmes
Nando’s Visuele Identite-itstelsel
Sunshinegun Bronwen Rautenbach, Kirsten Uken, Nicola Lourens
Nando’s Global Visual Identity System
Silwer Digital & Interactive – Microsite
Chicken Licken
Rock My Soul Meal
NJOZI Claudio Barreiro Soul Rocker
Silwer Outdoor and Out of home: In store
Clover SA
Varsmelk Shift Joe Public
Stephanie Hunter
Drought Packs
Silwer Print Communication: Magazine Advertising
PNet PNet Shift Joe Public
Stephanie Hunter
Part of the Furniture - Table
Veldtog Silwer
Digital Integrated Campaign
Chicken Licken
Chicken Licken
Network BBDO & INJOZI
Claudio Barreiro Kung Fu
Kirstin Uken (middel, met trofee) van SunshinegunAmori Brits, ontvanger van die Adams & Adams-toekenning vir Jong
Kreatiewe Mense
Bladsy | 04FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Veldtog Silwer
Brand Identity & Collateral Design - Identity Programmes
Destina-tion Brand Qatar
Katar-identiteit
Grid Worldwide Branding
Paul Hinch Destination Brand Qatar
Brons 3-Dimensional & Environmental Design - Interior Design & Temporary Structures
.Past .Past Grid Worldwide Branding
Paul Hinch All from one
Brons Digital & Interactive – Microsite
Corona-tion
Handels-naam
Grid Worldwide Branding
Paul Hinch BECAUSEITS-YOURMONEY.COM
Brons Brand Identity & Collateral Design – Logos
Destina-tion Brand Qatar
Qatar Word-mark
Grid Worldwide Branding
Paul Hinch Destination Brand Qatar
Veldtog Brons
Brand Identity & Collateral Design - Posters & Billboards
Anti-Est. Anti-Est. Grid Worldwide Branding
Paul Hinch Freedom - F-Bomb, Noise 1, Noise 2, You don’t have to Shout to be Heard, Race Must Fall
Veldtog Brons
Design Mixed-Media Campaign
.Past .Past Grid Worldwide Branding
Paul Hinch All from one
Veldtog Brons
Television, Film & Video Communication: Internet Commercials
Mondelez - Cadbury Dairy Milk
Cadbury Dairy Milk - Bubbly
Ogilvy & Mather Johannes-burg
Moira-Gene Sephton
Pre-Joy- Dad, Granny, Trumpet
Craft Certificate
Design Crafts - Typography
Anti-Est. Anti-Est. Grid Worldwide Branding
Paul Hinch Freedom
Handwerk sertifikaat
Design Crafts - Illustration
Nando’s Oor-spronk-like pa-troon-kuns
Sunshinegun Bronwen Rautenbach, Kirsten Uken, Nicola Lourens
Nando’s Afroklectic Patterns
Handwerk sertifikaat
Digital Crafts - Illustration, Photography & Graphic Design
Corona-tion
Handels-naam
Network BBDO & INJOZI
Tiyapo Moseki BECAUSEITS-YOURMONEY.COM
Bladsy | 05FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Handwerk sertifikaat
Digital Crafts - Illustration, Photography & Graphic Design
Chicken Licken
Rock My Soul Meal
Network BBDO & INJOZI
Claudio Barreiro Soul Rocker
Handwerk sertifikaat
Design Crafts - Typography
INDABA.ZA
INDABA.ZA
Grid Worldwide Branding
Paul Hinch A-Z of ZA
Handwerk sertifikaat
Design Crafts - Typography
Destina-tion Brand Qatar
Letter-beeld Katar
Grid Worldwide Branding
Paul Hinch Destination Brand Qatar
Veldtog Handwerk sertifikaat
Design Crafts – Photography
Destina-tion Brand Qatar
Handtek-eningfo-tografie
Grid Worldwide Branding
Paul Hinch Destination Brand Qatar
Veldtog Handwerk sertifikaat
Communication Design: Writing
Nedbank Klein-handel
Shift Joe Public
Stephanie Hunter
Food for Thought – ‘Big Cheese’, ‘Upper Crust’, ‘Bring Home The Bacon’
Veldtog Handwerk sertifikaat
Crafts – Print/Outdoor & Out of home: Art Direction
PNet PNet Shift Joe Public
Stephanie Hunter
Part Of The Furniture - Chair, Table, Coat Hanger
Student
Goud Student - Logo’s en Identiteits-programme
ISTD Handels-naam-identiteit
Universiteit van Pretoria (Inligtin-gontwerp)
Nadia Nel (Dosent: Gustav Greffrath)
The Secret Society of Liars
Silwer Student - Bewegingsgrafika
NVT Video Universiteit van Pretoria (Inligtin-gontwerp)
Kevin Lapham (Dosent: Kyle Rath)
Perceptions
Veldtog Brons
Student – Geïntegreer-de veldtog
NVT Opvoed-kundige instru-mentstel
Universiteit van Pretoria (Inligtin-gontwerp)
Nadia Nel, Gisela Kruger, Ancke Groenewald (Dosente: Fatima Cassim en Marguerite van der Merwe)
Germatology
Bladsy | 06FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
PROF BORNMAN ONTVANG GESOGTE ISAAC-GENOOTSKAP
Prof Juan Bornman, Direkteur van die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (SAAK), is
onlangs benoem as ’n Genoot van die International Society for Augmentative and Alternative Communication
(ISAAC) op die 17de tweejaarlikse konferensie van ISAAC in Toronto, Kanada. Die doel van die toekenning is
om ISAAC-lede wat onderskeiding in die ISAAC-gemeenskap verdien het, in die openbaar te vereer. Prof
Bornman het erkenning ontvang vir die uitstaande bydraes wat sy tot ISAAC gelewer het deur haar wetenskaplike
en praktiese bydraes, haar leierskap op die gebied van aanvullende en alternatiewe kommunikasie (AAK) en
haar toewyding aan die sake van ISAAC.
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA EN HOKKAIDO-UNIVERSITEIT ONDERTEKEN MVV
Die Universiteit van Pretoria (UP) en die Hokkaido-universiteit (HU) het op 28 Augustus ’n memorandum van
verstandhouding (MVV) onderteken in die kantoor van die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria,
professor Cheryl de la Rey.
Die universiteite het ooreengekom om opvoedkundige en akademiese uitruiling tussen hulle te bevorder en
gesamentlike navorsing, die uitruiling van studente en personeel en wedersydse institusionele kapasiteitbou te
bevorder en te ontwikkel. Onderliggend hieraan is ’n gedeelde begeerte om tot die vooruitgang van die wetenskap,
tegnologie en die vordering van leer by te dra.
Prof De la Rey het opgemerk dat die Universiteit van Pretoria al lank betrekkinge met 49 Japannese universiteite
het en dat UP al meer as 200 publikasies saam met Japannese instellings opgelewer het. Sy het bygevoeg dat die
MVV nie net ’n papierdokument sal wees nie maar ’n werklike en tasbare vennootskap sal bevorder tot wedersydse
voordeel van albei instellings.
In sy reaksie het prof Keizo Yamaguchi, President van die Hokkaido-universiteit, genoem dat sy instelling 12
fakulteite met 12 800 buitelandse studente het, maar baie min studente uit Suid-Afrika, ’n situasie wat hulle wil
regstel. Prof Yamaguchi is vergesel deur ’n afvaardiging van vier senior akademici van die Hokkaido-universiteit,
wat in 1876 gestig is en een van Japan se eerste hoëronderwysinstellings was wat baccalaureusgrade toeken.
Die Ministerraadslid in die Japannese Ambassade, mnr Shuichiro
Kawaguchi, het die Ambassade se heelhartige steun vir die
Universiteit van Pretoria en sy Sentrum vir Japannese Studies
uitgespreek betreffende die Sentrum se pogings om wedersydse
begrip en samewerking tussen Suid-Afrika en Japan te bevorder.
Die President van die Hokkaido-universiteit, prof Keizo
Yamaguchi, en die Visekanselier en Rektor van die Universiteit
van Pretoria, prof Cheryl de la Rey, ruil die getekende MVV uit.
Bladsy | 07FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
PROF MOLLY BROWN LEWER JAARLIKSE PERCY BANESHIK-LESING
Prof Molly Brown het die jaarlikse Percy Baneshik-lesing oor kinderlektuur op 17 September in Johannesburg
gelewer. Die geleentheid is deur die English Academy aangebied, en vorige sprekers sluit in prof Es’kia
Mphahlele, prof Njabulo Ndebele, prof Guy Butler, dr Alan Paton, prof Albie Sachs, prof Stephen Gray, Chris van
Wyk en John Matshikiza.
LOF VIR ZOË WICOMB
Die bekende Suid-Afrikaanse skrywer en kritikus, prof Zoë Wicomb, het op Woensdag 31
Augustus ’n eredoktorsgraad ontvang op die Universiteit van Pretoria se lentepromosie-
plegtigheid. Terwyl sy sukkel om haar akademiese mus in posisie te hou, het sy ironies
opgemerk dat haar hare waarskynlik terugveg in simpatie met studente by die nabygeleë
Pretoria High School for Girls.
Prof Wicomb het in Namakwaland grootgeword en het haar eerste graad van die Universiteit van Wes-Kaapland
ontvang voordat sy haar studie in Engeland voortgesit het. Sy woon sedert 1994 in Glasgow, waar sy tot haar
aftrede in 2009 professor in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Strathclyde was.
You can’t get lost in Cape Town, haar debuutversameling halfoutobiografiese kortverhale, was ’n onmiddellike
sukses en is sedertdien gevolg deur nog ’n hoog aangeskrewe bundel kortverhale, The one that got away, en
drie romans: David’s Story (2000), Playing in the Light (2006) en October (2015). Hoewel prof Wicomb se
werk met algemene kwessies van identiteit en die betekenis van tuiste worstel, is haar skryfwerk ook diep in
plaaslike werklikheid gewortel. Haar strak prosa en droë humor betrek die Suid-Afrikaanse ervaring op maniere
wat die besonderse lewendig oproep en ook die kompleksiteite van ons gedeelde geskiedenis belig.
Prof Wicomb, altyd bewus van ironie, het op die plegtigheid gesê sy sou in die verlede nie toegelaat gewees
het om aan UP te studeer nie en sy is verheug om aan die graduandi te sien hoeveel die Universiteit verander
het. In ’n openhartige en lewendige toespraak het sy graduandi aangemoedig om die glans van ‘bling’ te
weerstaan en eerder te probeer om ’n sin van die belangrikheid van kennis ter wille van kennis te bewaar en
om bewus te wees van hoe hul nuwe vaardighede gebruik kan word tot voordeel van diegene in nood.
PAULINE ALLEN ELECTED AS FELLOW OF THE BRITISH ACADEMY
Die Departement Antieke Tale en Kulture kondig met trots aan dat professor Pauline Allen, ’n navorsingsgenoot
van die Departement, as ’n Genoot van die Britse Academy gekies is.
Die Academy het op 14 Julie 2016 op sy algemene jaarvergadering 42 Britse akademici as genote gekies,
asook 20 korresponderende genote van oorsese universiteite. Professor Allen is ’n navorsingsprofessor in
Zoë Wicomb
Bladsy | 08FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Vroeë Christelike Studies en Direkteur van die Sentrum vir Vroeë Christelike Studies aan
die Australiese Katolieke Universiteit in Brisbane. Professor Allen se navorsingsveld is
vroeë Christelike literatuur, veral die studie van briewe en preke en teksweergawes.
Die boek Christians Shaping Identity from the Roman Empire to Byzantium: Studies
inspired by Pauline Allen is verlede jaar gepubliseer as ’n bylae by Vigiliae Christianae
deur Brill om professor Allen te vereer vir haar bydrae tot die studie van vroeë Christelike
literatuur. Dr Koos Kritzinger (UP) het ’n hoofstuk getitel ‘The use of comparison and
contrast in shaping the identity of a desert monk’ tot hierdie boek bygedra.
BOEKRESENSENT VAN DIE JAAR
Prof Willie Burger, Hoof van die Departement Afrikaans, het Saterdag die kykNET-Rapport-
prys as boekresensent van die jaar ontvang. Hierdie prys van R25 000 is tydens die
kykNET-Rapport-prysfunksie in Kaapstad oorhandig, saam met die bekronings vir die
beste fiksie, nie-fiksie en mees verfilmbare roman. Die boekpryse het ’n gesamentlike
waarde van R500 000.
Burger skryf weekliks resensies vir Vrouekeur en talle hiervan was genomineer vir die prys maar uiteindelik
het hy die prys gekry vir sy langer resensie oor Breyten Breytenbach se gebundelde politieke toesprake, Parool
/ Parole in Beeld.
Volgens die commendatio bied Burger se resensie “’n toeganklike, verteerbare ontsluiting van ’n komplekse
teks en dit bied duidelike rigtingwysers waarmee lesers die werk en gedagtegang van Breytenbach kan verken.
Dit is nóg meerderwaardig nóg neerhalend teenoor sogenaamde “gewone lesers” wat nie noodwendig reeds
’n Breytenbach op die bedkassie of boekrak het nie en dit spog nie met obskure verwysings wat net tot ’n
nismark spreek nie. En tog is dit soveel meer as “Breytenbach 101” vir die hoofstroom. Ook vir diegene wat
deeglik vertroud is met Breytenbach se werk, is Burger se resensie sinvolle, boeiende leesstof (…) Dit is ’n
stukkie filosofie wat jou lank bybly – ’n werklik betekenisvolle leeservaring.”
Burger het vroeër vanjaar ook ’n Caxton Excellence Award vir sy resensies in Vrouekeur verwerf.
NUWE MONOGRAFIE OOR ANTJIE KROG
Oor die afgelope twee dekades het Antjie Krog gegroei van ’n Afrikaanse digter wat buite Suid-Afrika heeltemal
onbekend was, tot ’n internasionaal bekroonde skrywer van Engelse niefiksie, waardeur sy ’n baie waardevolle
bydrae tot huidige Suid-Afrika diskoerse lewer. Hierdie werke sluit in die trilogie bestaande uit Country of my
skull (1998), A change of tongue (2003) en Begging to be black (2009).
Pauline Allen
Willie Burger
Bladsy | 09FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Dr Jacomien van Niekerk, dosent in die Departement Afrikaans aan UP, het onlangs ’n
boek gepubliseer waarin sy die argumente volg wat geleidelik in die trilogie ontwikkel
oor die eng verbonde begrippe kolonialisme en postkolonialisme, ‘ras’, identiteit, ’n
‘Afrika-wêreldbeskouing’ en die Suid-Afrikaanse nasie. Die boek, getitel ‘baie worde’:
identiteit en transformasie by Antjie Krog, is die sesde in die Talatala-reeks, ’n druknaam
van Van Schaik Uitgewers.
GK CHESTERTON AND THE DRAMA OF MEANING
Seeing things as they are: G. K. Chesterton and the Drama of Meaning (Cascade, USA),
geskryf deur dr Duncan Reyburn (Departement Visuele Kunste), handel oor die unieke
persepsie en hermeneutiese aard van die vrolike joernalis, filosoof en teoloog GK Chesterton
(1874–1936). Hoewel Chesterton se duidelike vertolkende benadering tot die wêreld die
voortdurende fassinasie van alle Chesterton-studies tot dusver is, is dit die eerste boek
in sy soort wat hierdie kwessie direk en omvattend behandel. Dr Reyburn se monografie
– deel van die hoog aangeskrewe Veritas-reeks monografieë, wat oor die kontak tussen
filosofie en teologie handel – word gesteun deur van die wêreld se voorste Chesterton-
kenners, insluitende prof Alison Milbank (Nottingham-universiteit, VK) en prof David W. Fagerberg (Universiteit
van Notre Dame, VSA). Meer inligting oor die boek kan hier gekry word:
http://wipfandstock.com/seeing-things-as-they-are.html
˜ PROFIEL : DR MALOSE MAKHUBELA ˜Dr Malose Makhubela is in Polokwane gebore en is ’n gekwalifiseerde kliniese sielkundige
wat aan die Universiteit van Limpopo en die Noordwes-Universiteit gestudeer het. Hy
het sy PhD op die gebied van psigometrie/sielkundige assessering aan die Universiteit
van Limpopo behaal met ’n proefskrif getitel Validation of the BDI-II in South Africa:
Testing for measurement invariance and latent mean differences across race, gender
and time in university students. Dr Makhubela het in 2012 by die Departement Sielkunde
in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria aangesluit. Hy is
tans die programvoorsitter vir die MA (Kliniese Sielkunde) en is betrokke by onderrig op sowel voorgraadse
as nagraadse vlak. Hy lees en skryf op die gebied van persoonlikheid, sielkundige ontwikkeling, psigopatologie,
psigometrie, psigoterapie, en teoretiese en filosofiese sielkunde. Sy navorsing handel oor die stand van
sielkunde in ’n kruiskulturele matriks – dikwels met kritiek op reduksionistiese sielkunde.
Malose Makhubela
Bladsy | 10FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Dr Makhubela se publikasies verskyn in plaaslike en internasionale joernale, insluitende Gender & Behaviour;
Psychological Reports; die Journal of Psychology in Africa; Theologia Viatorum; die South African Journal of
Psychology; die International Journal of Research in Social Sciences and Death Studies. Die meeste van sy
navorsing is ook in plaaslike en internasionale sielkundekonferensies/simposiums voorgedra, insluitende die
Annual International Symposium on Psychology in Griekeland; die Conference of the European Society for
Traumatic Stress Studies in Litoue; die International Conference on Community Psychology, die International
Decoloniality Conference on Decolonising the University in Africa, en die jaarlikse Suid-Afrikaanse Sielkunde-
kongres. Hy het ook ontwikkelingsnavorsing gedoen en tegniese verslae geskryf vir ontwikkelings-agentskappe,
insluitende GTZ, USAID, PACT-SA, en die Suid-Afrikaanse regering. Dr Makhubela is besig om aansoek te doen
vir NNS-gradering. Hy beoog om kontinentale en internasionale samewerking te vestig met sy navorsingswerk
oor psigopatologie en diagnostiek. Buite sy akademiese werk is dr Makhubela ’n jazzgeesdriftige en ’n ywerige
kuns- en wynversamelaar. Hy sê hy wil sy liefde vir klavierspeel laat herleef. Hy sê hy wil graag ’n gevestigde
NNS-gegradeerde navorser wees met ’n volgehoue publikasierekord en internasionale erkenning op sy
navorsingsgebied. Hy sê hy oorweeg dit ook om ‘n boek te skryf oor Fanoniese praktyke in Suid-Afrikaanse
sielkunde. Hy is getroud en het een kind.
SUID-AFRIKAANSE KERAMIEK
Hierdie twee uitstallingskatalogusse is saamgestel om saam te val met die heropening van die Universiteit
van Pretoria se Keramiekmuseum. Die hoofdoel van die museum is om die verskeidenheid keramiekversamelings
uit te stal wat deur UP Kunste versorg word, met klem op ons Afrika-, Westerse en Oosterse keramiek.
UP het nie net die grootste museumuitgestalde keramiekversameling in Suid-Afrika nie, maar hierdie keramiek
word ook as belangrike navorsingsinstrumente beskou vir voorwerpgebaseerde navorsing oor ’n wye spektrum
vakgebiede. Byvoorbeeld, die Mapungubwe-keramiek word deur die kontemporêre pottebakker van Mamelodi,
Nic Sithole, as inspirasie vir sy nuwe keramiekreeks gebruik. Die pragtige keramiek op die omslag van die Suid-
Afrikaanse keramiekkatalogus is trouens die jongste museumverkryging, wat mnr Sithole net vir UP gemaak het.
Daar is ook ’n kort dokumentêr oor pottebakkery, waarin die proses met inheemse keramiekvervaardiging in
verband gebring word. Hierdie video sal permanent as ’n opvoedkundige en opleidingsinstrument in die
museum gebruik word. Elke keramiekstuk in die katalogus het ’n intensiewe bewaringsnavorsingsproses van
die Mapungubwe-keramiekbewaringsprojek ondergaan, wat die onderwerp van ’n MA-verhandeling was wat
portuurevaluering deur die Britse Museum ondergaan het.
Voorts het elke keramiekstuk op openbare uitstalling en dié in die publikasie deur die museumbewaringslaboratorium
beweeg. Die Oosterse en Westerse keramiek, wat die grootste deel van die versameling uitmaak, is oor ’n
tydperk van vier jaar individueel deur Gerard de Kamper nagevors. Dit sluit in herbepaling van herkoms en
Bladsy | 11FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
oorsprong, en kontekstuele en geskiedenisnavorsing. Die afgelope vyf jaar se navorsing het nie net tot hierdie
publikasies gelei het nie maar ook tot die ses nuwe openbare galerye waar navorsingsinligting herbewerk,
hervertolk en op uitstalpanele geplaas word. Die samestelling van ’n keramiekpublikasie kombineer die vrugte
van kuratoriale versorging, bewaring en versamelingsbestuur – die drie pilare van die museumomgewing.
Die hoofgalery, getitel ‘Wêreld van Keramiek’, bevat Oosterse en Westerse keramiek (byna 2 000 stukke), en
die galery ‘Suid-Afrikaanse Keramiek’ bevat nuwe plaaslike keramiek (ongeveer 60 stukke). Die ‘Letsopa’-
galery (Letsopa beteken klei in Sepedi) in die Ou Letteregebou bevat meer as 90 K2- en Mapungubwe-
keramiekstukke, tesame met kontemporêre Afrika- en historiese keramiek.
FOTOSTORIES OOR LIEFDE, HOOP EN VREDE: ’N GEMEENSKAPSGEBASEERDE PROJEK VIR DIE WESKOPPIES PSIGIATRIESE HOSPITAAL
Die pasiënte van sale 8 en 9 in die Weskoppies Psigiatriese Hospitaal ly aan chroniese geestesversteurdheid.
Die sale verskaf fasiliteite vir behandeling en versorging, maar bied ook ’n ‘tuiste’ vir die meeste van die
pasiënte wat nie familie het om hulle te koester en te ondersteun nie. Die personeel gee baie aandag en sorg,
maar die mure van die sale is kaal en vaal. Die humanistiese versorging wat in die sale verskaf word, is dus
in skerp teenstelling met die gebou se tasbaar koue binnekant.
Rory du Plessis, dosent in Visuele Studies, het ’n gemeenskapsgebaseerde projek vir honneursstudente geïnisieer
met die doel om ’n huislike omgewing vir die pasiënte te skep. Die studente het opdrag gekry om fotostories
te maak om die sale se mure te versier. Die tema van die fotostories gaan oor die begrippe liefde, hoop en vrede,
en sluit beelde in wat kreatief en visueel stimulerend is. Die foto’s gaan gepaard met byskrifte wat die boodskap
Bladsy | 12FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
van die prent vertel, verken en uitbrei. Die fotostories was ’n poging om die lewensgehalte van die pasiënte te
verbeter maar het die bykomende voordeel gehad dat ’n positiewe omgewing vir die verpleegkundiges geskep
is en hul moraal en motivering verbeter is.
Die projek was ook tot voordeel van die studente deurdat dit hulle uitgedaag het om die stigma van
geestesversteurdheid te bowe te kom, om diversiteit te omarm en om steun te verleen aan mense met chroniese
geestesongesteldheid. Die studente het geleer om die pasiënte as individue te verstaan; hulle was empaties
teenoor die pasiënte se gevoelens van verveeldheid, angs, eensaamheid en treurigheid, en hulle het op ’n
persoonlike vlak met die pasiënte geskakel.
Die fotostories is op 1 September onthul en daarna het die studente die personeel en pasiënte op ’n begeleide
toer na die individuele werke geneem. Die studente het ook blogs gemaak om ’n webgebaseerde platform vir
die projek en hulle fotostories te bied. ’n Seleksie van hierdie blogs is beskikbaar by:
Julia Bain: https://juliasphotoessay.wordpress.com/
Nkami Manyike: https://rosesrredsite.wordpress.com/
Lee von Benecke: https://leephotoessay.wordpress.com/
TOEKENNINGS IN DIE GEESTESWETENSKAPPE
Die Fakulteit Geesteswetenskappe het onlangs sy jaarlikse Geesteswetenskappedag gehou. Dit het ’n
toekenningsplegtigheid ingesluit wat deur ’n konferensie vir nagraadse studente voorafgegaan is, waar
personeellede UP Beat-lesings van 10 minute in die formaat van TED-praatjies gelewer het. Hierdie lesings
sal binnekort op YouTube gelaai word.
Die volgende personeellede het erkenning gekry vir uitnemendheid in dosering. Die pryse sluit ’n
kontanttoekenning en ’n trofee in:
Mnr Rory du Plessis. Titel: Soundscapes of the Anthropocene
Mnr Rory du Plessis is sedert 2011 ’n voltydse lektor in die Departement Visuele Kunste.
Hy is besig met ’n PhD in Filosofie en Etiek van Geestesgesondheid. Sy navorsings-
belangstellings sluit in digitale en mediese humaniteite, met ’n sterk fokus op visuele
metodologieë.
Rory du Plessis
Bladsy | 13FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Dr Susan Haskins. Titel: ‘This is Sparta!’ Teaching the classics in 21st-century South Africa
Dr Susan Haskins het haar PhD in 2008 aan die Universiteit van KwaZulu-Natal behaal.
In 2010 het sy by die Departement Antieke Tale (nou Antieke Tale en Kulture) aangesluit,
waar sy die Klassieke-afdeling van Antieke Kultuurstudies, Latyn en Mediese Terminologie
doseer. Haar navorsingsbelangstellings sluit in seksualiteit en genderkwessies rakende
antieke Griekse en Romeinse asook moderne Afrika-kontekste, asook die antieke roman.
Dr Francois Steyn. Titel: Function(s) of crime?
Dr Francois Steyn het 13 jaar lank as ’n navorser vir die Sentrum vir Gesondheids-
telselsnavorsing en -ontwikkeling (UV) gewerk, waarvan die laaste twee jaar in die
hoedanigheid van waarnemende direkteur was. Gedurende daardie tyd het hy navorsing
gedoen wat deur byna 30 plaaslike en internasionale befondsingsagentskappe befonds
is. Hy het in 2009 ’n pos as lektor in Kriminologie aan UP aanvaar en is in 2014 tot senior
lektor bevorder. Hy het reeds meer as 70 publikasies op sy kerfstok. Sy doseer- en
navorsingsbelangstellings handel oor teorie, metodologie en kwesbare bevolkings.
Prof Ernst Wolff. Titel: Teaching philosophy
Prof Ernst Wolff is professor in die Departement Filosofie. Hy spesialiseer in filosofiese
hermeneutiek, sosiale en politieke filosofie en sosiale teorie. Tydens sy jare by die
Universiteit van Pretoria het hy groot klasgroepe hanteer en op klein seminare gepraat.
Hy het ook by talle ander instellings hier te lande en in die buiteland gedoseer.
Die volgende personeellede het erkenning gekry vir uitnemendheid in navorsing. Die pryse sluit ’n
kontanttoekenning en ’n trofee in:
Prof Amanda du Preez. Titel: Sublime selfies
Prof Amanda du Preez is professor in die Departement Visuele Kunste, waar sy sedert
2001 Visuele Kultuurstudies doseer. Sy het in 2003 ’n DPhil in Engels aan die Universiteit
van Suid-Afrika behaal oor die onderwerp kuberfeminisme en beliggaming. Sy was
mederedakteur van South African visual culture (2005); redakteur van Taking a hard
look: gender and visual culture (2009) en skrywer van Gendered bodies and new
technologies: rethinking embodiment in a cyber-era (2009). Sy was assistentredakteur
van twee geakkrediteerde joernale, Image & Text en De Arte. Tans dien sy in die Adviesraad van Gender
Questions en die internasionale joernaal Persona Studies. Sy is ‘n C2-gegradeerde navorser.
Susan Haskins
Francois Steyn
Amanda du Preez
Ernst Wolff
Bladsy | 14FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Dr Malose Makhubela. Titel: Understanding death fascination in South Africa: the structure and
measurement of the Death Obsession Scale
Kyk profiel oor dr Makhubela hierbo.
Prof Stephan Mühr. Titel: Narratives of cultural knowledge about infinity
Prof Stephan Mühr is in Namibië gebore en het Biologie, Duitse Studies en Opvoedkunde
bestudeer aan die Albert-Ludwigs-Universität Freiburg en die Universität Hamburg. Van
1996 tot 1997 was hy Max Kade-genoot aan die Colgate-universiteit in die VSA. Hy het
sy PhD oor ‘European perception of nature as the experience of otherness’ voltooi en dit
is in 2001 deur Peter Lang uitgegee. Hy het in 2005 by die Departement Moderne Europese
Tale aan UP aangesluit, het van 2007 tot 2013 as Departementshoof waargeneem en is
in 2013 tot medeprofessor bevorder. Hy was leier van ’n interdissiplinêre span vir die
ontwikkeling van ’n nuwe MA-program oor Afrika-Europese Kulturele Betrekkinge, wat in 2013 geïmplementeer
is. Hy het ongeveer 30 publikasies op sy kerfstok. As ’n geesdriftige dosent is hy op sy direkte omgewing
ingestel. Hy hanteer kwessies van letterkunde in taalonderrig, interkulturele hermeneutiek, en postkoloniale
studies met betrekking tot letterkunde. Hy werk tans aan ’n navorsingsprojek getitel ‘Narratives of cultural
knowledge about infinity’.
Prof Innocent Pikirayi. Titel: Trade, globalization and the archaic state of Southern Africa
Prof Innocent Pikirayi is professor in Argeologie en Hoof van die Departement Antropologie
en Argeologie. Sy navorsing fokus op die opkoms, ontwikkeling en ondergang van
komplekse samelewings in Suider-Afrika sedert 1000 AD. Hy doen tans geoargeologiese
ondersoeke by Groot Zimbabwe om hierdie antieke stad se waterhulpbronne te
dokumenteer en om die rol van water in sosiopolitieke vorming te bepaal. Hy is lid van
die Integrated History and Future of People on Earth (IHOPE)-inisiatief, ’n wêreldwye
netwerk van navorsers en navorsingsprojekte wat menslike en aardstelselgeskiedenis
koppel deur die integrasie van kennis en hulpbronne uit die biofisiese en sosiale wetenskappe, en die
geesteswetenskappe.
DEKAANSTOEKENNINGS
Dit is ’n nuwe kategorie toekennings wat in 2016 ingestel is om eer te betoon aan personeellede in ons Fakulteit
wat nie in die ander kategorieë erkenning gekry het nie. Dit erken werklike resultate wat ’n stelling maak oor
die kwaliteit van die mense in die Fakulteit. Die ontvangers is mense wat volhard ten spyte van die uitdagings
waarvoor hulle te staan kom. Ons hoop dat hierdie toekennings ’n besieling vir alle personeellede sal wees en
hulle daaraan sal herinner dat ons elkeen se bydrae in die Fakulteit raaksien en waardeer – al lyk dit of ons
altyd met vergaderings en ander sake besig is. In 2016 het ons vier toekennings gemaak, wat elk ’n geskenkbewys
en ’n trofee behels.
Stephan Mühr
Innocent Pikirayi
Bladsy | 15FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Prof Antoinette Lombard
Prof Antoinette Lombard ontvang die Dekaanstoekenning ter erkenning van haar
wydlopende en uitstekende bydrae tot die Fakulteit se kernoogmerke. Afgesien van ’n
indrukwekkende rekord van navorsing en studieleiding is sy ook diep betrokke by
nasionale en internasionale akademiese en professionele aktiwiteite ter bevordering
van die vakgebied maatskaplike werk en die visie en missie van die Fakulteit. Prof
Lombard is sedert 2005 hoof van die Departement Maatskaplike Werk en Kriminologie.
In 2015 en 2016 het prof Lombard vir vyf doktorale en drie meesterstudente as studieleier en medestudieleier
opgetree en nege portuurbeoordeelde artikels gepubliseer, waarvan vyf in ISI/IBSS-joernale opgeneem is, en
sy het ook sewe referate op internasionale konferensies gelewer. Haar nadoktorale student het ook oor die
afgelope jaar twee artikels gepubliseer, een daarvan in ’n ISI-geakkrediteerde joernaal. Voorts het sy twee
tegniese verslae gepubliseer oor die Global Agenda for Social Work and Social Development (’n beweging wat
deur die International Association for Schools of Social Work op die been gebring is), waarvan sy ook voorsitter
is. Haar NNS-gradering het verbeter van ’n C2 vir die tydperk 2011–2015 tot ’n C1 vir 2016–2020.
Sy is sedert 2012 programdirekteur van die UP-gebaseerde Ubuntu-program van die Fordham-universiteit
vir oorsese studie, en sy bestuur die projek en verskaf akademiese leiding. Die Provost van die Fordham-
universiteit (ekwivalent van ons Visekanselier en Rektor) het melding gemaak dat sy uitsonderlike leierskap
in hierdie hoedanigheid toon. Sy is ook ’n bestuurslid van die Association for Schools of Social Work in Africa.
Op nasionale vlak is prof Lombard lid van die bestuur van die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike
Diensberoepe en voorsitter van sy komitee vir onderwys en opleiding. In 2015 het sy ’n toekenning ontvang
as tweede naaswenner in die Minister van Wetenskap en Tegnologie se kompetisie vir Vooraanstaande Vroue
in die Wetenskap in die kategorie vir Geesteswetenskappe en Sosiale Wetenskappe. Prof Lombard se plaaslike
erkenning as ’n leier op die gebied van maatskaplike werk blyk uit haar aanstelling as lid van die
doseeroorsigpanele vir die Sentrum vir Maatskaplike Ontwikkeling in Afrika aan die Universiteit van
Johannesburg en die Skool vir Mens- en Gemeenskapsontwikkeling aan die Universiteit van die Witwatersrand.
Prof Lombard is een van ons Fakulteit se top-akademici en haar bydrae tot akademiese bestuur en leierskap
word net deur haar uitsonderlike baanrekord as dosent, studieleier en navorser oortref. Die Fakulteit is trots
en bevoorreg om akademici soos sy in ons personeel te hê.
Antoinette Lombard
Bladsy | 16FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
Mnr Johannes Lebea
Mnr Johannes Lebea ontvang die Dekaanstoekenning vir die uitnemendheid, pligsgetrouheid
en professionalisme waarmee hy sy pligte verrig. Hy is uit drie kandidate vir die toekenning
gekies. Hy is ’n bode en algemene assistent in die Departement Drama en sy pligte sluit
in die bestuur van die Departementele argief en toerustingpakkamer, optrede as die
Departement se veiligheidsverteenwoordiger en bystand aan studente met hulle
stemopnames in die radio-ateljee. Hy hanteer die hardeware, sagteware en oudio-
terugvoerstelsels vir opnames.
Mnr Lebea verrig sy pligte met geesdrif en hy het ’n uitstekende verhouding met die personeel en studente. Hy
is intelligent, aangenaam, betroubaar, gretig om te leer en altyd gewillig om te help. Ons is betroubaar ingelig
dat hy nog nooit nie daarin kon slaag om ’n item op versoek te kry nie en hy hou die lokale veilig. Hy is altyd
bereid om te help met geleenthede en hy hou die Departement deurlopend ingelig waar hy is en wat hy doen.
Hy het ’n aantal UP-prioriteitskursusse voltooi. Die Departement Drama is gelukkig om mnr Lebea in sy
personeel te hê en die Fakulteit Geesteswetenskappe is bevoorreg om ‘n personeellid van sy kaliber te hê.
Me Vicky Reynders
Die meeste mense sal saamstem dat mensehulpbronwessies dikwels die onderwerp van
intense ondersoek en kritiek is. Die Fakulteit Geesteswetenskappe kan egter trots wees
op die rol wat Vicky Reynders as ons Mensehulpbronsakevennoot sedert 1 Mei 2010
speel. Die Dekane het me Reynders eenparig erken vir haar uitmuntende leierskap in die
mensehulpbronportefeulje in Geesteswetenskappe, asook haar professionalisme, spoed,
akkuraatheid en detail by die verrigting van MH-funksies. Ons erken ook dat sy vaardig
en suksesvol met ’n span werk, en ons is bewus van die manier hoe sy haar span lei,
uitbou en koester. Op grond van my eie ondervinding as Dekaan oor die afgelope jaar
kan ek getuig van me Reynders se statuur en reputasie vir die lewering van kwaliteitdiens, selfs meer as wat
van haar verwag kan word. Wanneer daar op haar knoppie gedruk word, lewer sy telkens bykomende strategiese
insette wat weloorwoë en van uitsonderlike kwaliteit is.
Prof Sandy Africa
Professor Sandy Africa ontvang die Dekaanstoekenning ter erkenning van haar wyd-
strekkende, kreatiewe en energieke leierskap in die Fakulteit se Transformasiekomitee.
Professor Africa lei die Transformasiekomitee strategies en op bekwame wyse, en boonop
kombineer sy dit ook met haar rol as waarnemende Hoof van die Departement Politieke
Wetenskappe sedert 1 Maart 2016. Prof Africa het feitlik presies agt jaar gelede as
medeprofessor by die Universiteit aangesluit. Onder haar leiding is die Fakulteit se
Transformasiekomitee een van die lewenskragtigste komitees nie net in die Fakulteit nie
Vicky Reynders
Sandy Africa
Johannes Lebea
Bladsy | 17FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE | BRIEF VAN DIE DEKAAN
maar ook in die Universiteit as geheel. Sy toon uitstekende leierskap, dryfkrag en passie vir transformasiekwessies,
nie as iets wat instrumenteel is nie maar eerder as ’n omvattende dwarsliggende kwessie. Ons is oortuig dat die
sukses van die Transformasiekomitee onder prof Africa se leiding ook in groot mate te danke is aan die strategiese
inisiatiewe, betrokkenheid en konsultasie wat steeds op sy opdrag inwerk. Aktiwiteite en optrede geskied op ’n
manier wat mense met uiteenlopende perspektiewe, oortuigings en benaderings byeenbring in ’n gemeenskaplike
forum waar nuwe inisiatiewe en idees bespreek word. Saam met haar span, insluitende lede van verskeie
departemente en sentrums, toon prof Africa uitstekende leierskap en dryfkrag.
Ter afsluiting bedank ek u weereens vir u voortgesette toewyding en bydraes tot die daaglikse werk van hierdie
Fakulteit. In die jaar wat ek bevoorreg was om hier te werk, het ek baie dinge geleer. Ondanks talle verpligtinge
gaan dit in hierdie Fakulteit in die eerste instansie oor mense, plek en konteks. My doel as Dekaan is om steeds
met u saam te werk om die kunste, geesteswetenskappe en sosiale wetenskappe (saam met al ons fakulteite)
te koester en te bevorder sodat hulle kan voortgaan om ’n belangrike rol te speel ter verwesenliking van die
Universiteit se missie van leer, ontdekking, diens en insluiting.
Baie dankie
Vasu Reddy
top related