maskers gr9

Post on 07-Jul-2015

7.155 Views

Category:

Education

29 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

MASKERSGr.9 Kuns en Kultuur

OORSIG Masker artefak : mens gemaakde voorwerp Gebruik in rituele en seremonies Nog voorbeelde? Artefakte verklap iets oor die menslike

evolusie

OORSIG Onthou Maskers: funksioneel vs. esteties 50 000 jaar gelede is hierdie vorm van kuns

gebruik tydens rituele en seremonies waar daar byvoorbeeld vir die geeste gevra is vir suksesvolle jagtogte

Vandag- esteties of gesien as antiek

SIMBOLIEK EN RITUELE Kommunikeer deur simbole Enige voorbeelde? Simbole en rituele is eg aan ‘n kultuur Kan jy aan ‘n voorbeeld dink by Affies? Krag van ‘n ritueel lê in die herhaling

daarvan

SIMBOLIEK EN RITUELE Beplande ritueel = seremonie Dink byvoorbeeld aan ‘n massa mense van

verskillende kultuurgroepe wat opstaan wanneer die volkslied gespeel word.

SOOS IN SAALOPENING!!!! Seremonies word beskryf as “sosiale

drama”

SIMBOLIEK EN RITUELE Rituele is deel van ons sosiale waardes Die vier fokuspunte in elkeen se lewe,

ongeag van die gemeenskap of kultuurgroep, is

GEBOORTE PUBERTEIT HUWELIK DOOD.

GEBRUIK VAN MASKERS Die ou Latynse woord vir masker is

"persona" wat letterlik dui op "vals gesig". Dra jy soms ‘n masker?????

AFRIKA MASKERS Nyanga masker Bobo kultuur Burkina Fasso, Wes-Afrika Gebruik in rituele: plant-seisoen inisiasies begrafnisse.

MASKERS VAN INDIЁ

MASKERS VAN INDIЁ Konings masker Papier- Mache Indiese feeste Voorbeeld? Kyk na die detail….

SJINESE MASKERS Nuo masker Seremonies om bose

geeste uit te dryf Ritueel was gebruik

om plaag, dood en siekte uit te dryf

NAVORSING 1. Versamel vyf of meer prente/foto’s van

maskers van verskillende maskers en hul gebruike.

2. Maak ‘n collage van die prente en die gebruike.

Ontwerp 3. Maak drie “thumbnail“-sketse. Die sketse

gaan gemaak word deur eklektiese gebruike toe te pas. Jy gaan dus verskillende fasette van die prente gebruik en dan jou eie ontwerp skep. Die beste ontwerp uit die drie gaan dan gekies word vir jou finale ontwerp.

Finale Ontwerp 4. Begin met jou finale ontwerp op A4

skaal. In jou ontwerp moet die Kuns elemente, Ontwerp beginsels en arseringstegnieke geïntegreer word. Verwys asb na onderstaande terminologie.

Onthou die volgende vir jou ontwerp:

Onthou die volgende vir jou ontwerp: Werk netjies Sit so veel as moontlike detail by Onthou om jou ontwerp te ettiketeer Kleurgebruik en arseringstegnieke

Kuns Elemente en jou ontwerp 1. Lyn- maak gebruik van ’n variasie van

lyne bv. dik/dun, vloeiend/strak 2. Vorm- gee vorm aan jou masker deur

gebruik te maak van arseringstegnieke 3. Fatsoen- teken geometriese of

organiese fatsoene op jou masker wat dan ’n interessante patroon vorm.

Kuns Elemente en jou ontwerp 4. Tekstuur- die medium wat gebruik word

kan bydra tot die tekstuur van die masker. Tekstuur kan ook geskep word deur sekere arseringstegnieke te gebruik.

5.Toonwaarde- skadueer en arseer jou ontwerp op so ’n wyse dat dit jou ontwerp drie-dimensioneel laat voorkom. Jy kan ook verskillende skakerings van ’n kleur gebruik om toonwaarde voor te stel

Eenrigtingarsering

Kuns Elemente en jou ontwerp 6. Ruimte (Perspektief)- maak seker dat

jou ontwerp op so manier geskep is dat dit ’n interessante komposisie skep.

7. Kleur- maak gebruik van verskillende kleurkombinasies soos bv. warmkleure, kouekleure, aardse kleure,komplimentêre kleure ens.

Ontwerp Beginsels en hoe om dit in jou ontwerp te gebruik

1. Proporsie: Dit verwys na die verhouding waarin iets geskep word. Hetsy realistiese of oordrewe proporsie. Bv. jou masker kan in realistiese of oordrewe proporsie

ge-ontwerp word. 2. Ritme: Dit word bereik deur gebruik te maak

van herhaling van lyn, vorm of kleur. Ritme word dus bepaal deur hoe ’n mens se oog beweeg deur die komposisie. Bv. herhaal sekere patrone, kleure of lyne in jou masker

om sodoende visuele ritme te skep.

Ontwerp Beginsels en hoe om dit in jou ontwerp te gebruik

3. Balans: Daar is onderskeidelik drie tipes balans naamlik symmetries, asymmetries en radiale balans. Voorbeelde volg hier onder.

Radiale Balans

Asimmetriese

Balans

Simmetriese Balans

Ontwerp Beginsels en hoe om dit in jou ontwerp te gebruik 4. Klem: Dit word gebruik om die

appresieerder (persoon wat na die kunswerk kyk) se oog te lei na die aspekte van belang. Klem in ’n ontwerp word verkry deur die volgende te

doen: Gebruik kontrasterende kleure (lig en donker) Spasieer objekte op so manier dat een uitstaan Versier een objek en nie die ander Kontrasteer interessante lyne, vorms en vlakke Laat oop spasie rondom die objek van belang Gebruik onverwagse detail om aandag te trek.

Ontwerp Beginsels en hoe om dit in jou ontwerp te gebruik

5. Harmonie: Dit verwys na eenheid in diversiteit. Dit beteken dat alhoewel jou ontwerp uit verskillende aspekte bestaan dat dit nogsteeds ’n eenheid vorm.

Ontwerp Beginsels en hoe om dit in jou ontwerp te gebruik

6. Variasie: Maak gebruik van ’n verskeidenheid van die Kuns

Elemente om variase in ’n ontwerp te skep. 7. Eenheid:

Dit verwys na hoe goed al die verskillende dele van die kunswerk/ontwerp saamwerk om ’n suksesvolle geheelbeeld te vorm.

8. Kontras: Die beginsel werk saam met die beginsel Klem. Deur

kontras te gebruik word sekere aspekte in ’n ontwerp beklemtoon. Bv. lig en donker, wit en swart.

Maak van masker 5. Maak jou masker deur te verwys na die

assesseringsrubriek. Jy mag gebruik maak van enige medium

net solank jy die masker self maak. Wees kreatief, maar onthou jou masker

moet ’n afgeronde finale produk wees.

top related