€¦ · web viewwanneer die vyfde sny brood geëet word, is die marginale nut nul en die toename...
Post on 23-Jun-2020
0 Views
Preview:
TRANSCRIPT
MIKRO-EKONOMIE VRAESTEL II
ONDERWERP 1
Dinamika van markte
Om die mark as verskynsel (vraag en aanbod) te verduidelik en om grafieke te gebruik om die totstandkoming van pryse en hoeveelhede te ïllustreer.
3 weke om inhoud af te handelWeek Week
Leerders moet die volgende ken:
• Beskrywing
• Waarde, prys, nut
• Samestelling
• Tipes markte:
- volmaakte markte- onvolmaakte markte- wêreldmarkte (die effek van elektronika)
• Pryse:
- vraag- aanbod- prysvorming
• Funksies van markte:
- bring vraag en aanbod bymekaar- toekenning van hulpbronne- self-regulerend
1
Leerders moet eers ‘n beskrywing van die volgende woorde in hul notaboeke gee:
Woordeskatlys
Omskrywing van die term “Mark”
‘n Mark is enige plek of omstandigheid waar kopers en verkopers mekaar ontmoet en kommunikeer i.v.m. die koop en verkoop van goedere en dienste.
OF ‘n Mark is ‘n instelling of meganisme wat kopers en verkopers van ‘n goed of diens
bymekaar bring. OF
‘n Mark is ‘n plek waar kopers en verkopers goedere en dienste koop en verkoop.
Die aktiwiteite wat in markte plaasvind
1. Kopers en verkopers ruil inligting.2. Pryse word vasgestel.3. Die hoeveelheid goedere en dienste wat gekoop en verkoop word, word vasgestel.
Waarde, Prys en Nut
Waarde Waarde is die maksimum hoeveelheid geld wat ‘n persoon gewillig en beskikbaar
het om te betaal vir goedere en dienste. Waarde word uitgedruk in Rand en sent. Waarde van goedere en dienste is gelyk aan Prys x Hoeveelheid (P x Q).
Prys Prys die hoeveelheid wat betaal word vir goedere en/of dienste. Die prys word bepaal deur beide vraag vir en aanbod van goedere en dienste.
Nut Nut is die graad van bevrediging wat ‘n huishouding of verbruiker ontvang of
verwag om te ontvang deur die gebruik van goedere en dienste.
Nut
Beskrywing van term: Nut
Nut is die graad van bevrediging wat ‘n huishouding of verbruiker ontvang of verwag om te ontvang deur die gebruik van goedere en dienste.
2
Kenmerke van nut:
Nut verskil van persoon tot persoon Smake en voorkeure verskil van persoon tot persoon en beteken dat mense
verskillende nut het vir dieselfde produkte. Persoon A hou van burgers en verkry meer bevrediging uit die gebruik daarvan.
Persoon B wat nie van burgers hou nie, maar van hoender, verkry minder bevrediging van burgers en meer bevrediging van hoender.
Nut is subjektief Nut kan nie gemeet word in getalle nie.
Nut verskil van tyd tot tyd ‘n Lig het meer nut in die aand (donker) as gedurende die dag (daglig), omdat die
nut vir ‘n lig afneem gedurende die dag.
Nut verskil van plek tot plek ‘n Verbruiker mag meer nut het van ‘n produk op een plek hê as van dieselfde
produk op ‘n ander plek. Die verbruiker mag nut van ‘n woljas in ‘n koue area hê, maar geen nut van ‘n
woljas naby die ewenaar nie.
Nut beteken nie noodwendig nuttig nie. Bv. sigarette het nut vir ‘n roker omdat dit ‘n behoefte bevredig, maar dit is nie nuttig
nie, omdat dit skadelik is vir ‘n persoon se gesondheid.
Meet nut
Totale NutTotale nut is die nut wat verkry word uit verbruik van opeenvolgende eenhede.
Aantal snye brood Totale nut Marginale nut1 16 162 28 123 36 84 40 45 40 06 36 -4
Johan eet brood, hy eet 7 snye kort na mekaar. As hy een snytjie eet, verkry hy 16 eenhede nut, 2 snytjies verkry hy 28 eenhede nut, 3 snytjies verkry hy 36 eenhede nut, 4 snytjies = 40 eenhede nut, 5 snytjies = 40 eenhede nut en 6 snytjies = 36 eenhede nut.
Marginale nut3
Marginale nut is die nut wat verkry word van die addisionele eenheid (ekstra een) wat verbruik word.
Vanuit bg. is dit duidelik dat tot die vierde sny brood, is Marginale nut positief en Totale nut neem toe.
Wanneer die vyfde sny brood geëet word, is die Marginale nut NUL en die toename in Totale nut stop. Dit is die punt van versadiging.
Al die snye daarna, vanaf die 6de sny, het geen nut meer nie - dit word dus negatiewe marginale nut.
Totale nut begin dus afneem.
Johan verkry dus geen verdere bevrediging deur meer as ses snye brood na mekaar te eet nie - dit sal dan ook negatiewe nut veroorsaak.
Samestelling van markte
Kopers VerkopersKopers is die mense wat goedere en dienste koop teen ‘n prys, om hul behoeftes te bevredig.
Kopers bepaal die vraag na goedere en dienste.
Verkopers is besighede wat goedere en dienste teen ‘n prys verkoop.
Verkopers bepaal die aanbod van goedere en dienste in die mark.
Tipes markte
4
Volmaakte markte Onvolmaakte Markte Wêreldmarkte
Volmaakte markte
Definisie van ‘n volmaakte mark
‘n Volmaakte mark is ‘n markstruktuur met ‘n groot aantal kopers en verkopers wat geen invloed op die prys het nie.
OF‘n Volmaakte mark se pryse word bepaal deur vraag en aanbod.
OF Volmaakte mededinging kom voor wanneer geen individuele deelnemer in die mark die prys van ‘n produk kan beïnvloed nie.
Voorbeelde van volmaakte markte
Aandelemark Buitelandse valutamark Sentrale graanmark Mark vir landbouprodukte Wolmark
Kenmerke van volmaakte markte
Kopers en Verkopers Daar is baie kopers en verkopers in die mark.
Aard van die produk Al die produkte wat op die mark verkoop word is homogeen (identies/dieselfde),
d.i., hulle is dus presies dieselfde i.t.v. die kwaliteit, voorkoms, grootte, ens. Dit maak geen verskil aan die koper waar en van wie hy/sy hul produkte koop nie.
Beheer oor prys Die mark is baie groot en geen individuele koper of verkoper kan die markprys
beïnvloed nie. Kopers en verkopers is prysnemers.
Toetredingsversperrings Verkopers/besighede is totaal vry om in die mark in te kom, of die mark te verlaat Daar is geen wetlike-, finansiële-, tegniese-, ens. beperkinge, wat ‘n hindernis
veroorsaak nie.
Markinligting Beide kopers en verkopers het volle kennis van die marktoestande. Kopers weet wat elke verkoper bied asook die prys van sy goedere.
Geen samespanning Samespanning tussen verkopers bestaan nie.
5
In ‘n volmaak mededingende mark, reageer elke koper en verkoper onafhanklik van mekaar.
Samespannende aksies is onwettig in Suid-Afrika, volgens die Mededingingswet van 1998.
Ongereguleerde markte Geen regeringsinmenging wat kopers of verkopers kan beïnvloed nie. Besluite word oorgelaat aan individuele verkoper/produsente en kopers.
Onvolmaakte Markte
Definisie van Onvolmaakte Markte
‘n Onvolmaakte mark is ‘n mark waar geen volmaakte toestande bestaan nie, een of ‘n paar verkopers verkoop heterogene produkte en kan dus die prys van ‘n produk beïnvloed.
Voorbeelde van onvolmaakte markte
Oligopolieë Monopolistiese mededinging Monopolieë MTN Vodacom Cell C SAL Toyota / Ford / BMW
Steers KFC Edgars Foschini
Eskom Transnet
Monopolie
Definisie ‘n Monopolie is ‘n markstruktuur waar daar slegs EEN verkoper van ‘n goed of diens
bestaan, met geen naby substitute nie.
Voorbeelde:
EskomTransnet
Eienskappe van ‘n monopolie
Aantal besighede Daar is slegs een verkoper van die produk of diens.
Aard van die produk Produkte is uniek. Monopolieë vervaardig a verskeidenheid van produkte wat
moeilik is vir ander besighede om na te boots.6
Markinligting Beide kopers en verkopers is ten volle bewus van wat in die mark gebeur.
Toetrede tot en uittrede uit die mark Toegang tot die mark is geblokkeer wat mense verhoed om ‘n besigheid te begin. Voorbeelde van beperkings is lisensies, permitte, patente, ens.
Beheer oor prys Die monopolis het volle beheer oor die prys van die produk. Die monopolis is ‘n prysmaker.
Hulle mag verbruikers uitbuit ‘n Monopolis is die enigste verskaffer van ‘n produk en daar is altyd die
moontlikheid dat die verbruiker uitgebuit sal word.
Oligopolieë
DefinitionDie oligopolie is ‘n tipe onvolmaakte mark waar slegs ‘n paar produsente die mark oorheers.
Voorbeelde MTN Vodacom Cell C SAL Toyota / Ford / BMW
Eienskappe van ‘n oligopolie
Kopers en verkopers Dit is ‘n mark met ‘n paar verkopers en baie kopers.
Aard van die produk Die produk is homogeen (dieselfde) en heterogeen (gedifferensieerd).
Markinligting Daar is onvolmaakte markinligting.
Toetrede tot en uittrede uit die mark Toetrede tot die mark is maklik tot moeilik.
Beheer oor prys ‘n Oligopolis kan die prys beïnvloed, maar nie soveel as die monopolis nie.
7
Monopolistiese mededinging
Definition Monopolistiese mededinging is ‘n markstruktuur wat sekere kenmerke van ‘n
monopolie en perfekte mededinging kombineer.
Voorbeelde Steers KFC Edgars Foschini
Eienskappe van monopolistiese mededinging
Aantal besighede Daar is ‘n groot aantal besighede.
Aard van die produk Produkte is dieselfde, maar nie identies - dit word gedifferensieerde produkte
genoem.
Markinligting Beide kopers en verkopers het volle markinligting.
Toetrede tot en uittrede uit die mark Besighede kan vryelik toetree tot en uittree uit die mark.
Beheer oor pryse Die besigheid het min beheer oor die prys van produkte.
Wêreldmarkte en die effek van elektronika
Beskrywing van die term: Wêreldmarkte
Die aktiwiteit van koop en verkoop van goedere en dienste in al die lande van die wêreld.OF
Dit is die waarde van goedere en dienste wat wêreldwyd verkoop word.
Voorbeelde van produkte wat op die wêreldmark verkoop word: Koffie Olie Goud
8
Buitelandse valuta
Al die verbruikers in die wêreld betaal dieselfde prys vir hierdie goedere.
Die rol van tegnologie in wêreldmarkte
Tegnologie in kommunikasie en vervoer verbind die wêreld. Kommunikasiebronne is die rekenaar (internet en Wi-Fi), telefone, fakse, sellulêre
telefone (slimfone), ens. Kommunikasie maak dit vir ons moontlik om kennis te versprei, plaaslik en ook
internasionaal. Kommunikasie maak handel regoor die wêreld makliker. Kopers en verkopers is verbind en kan vinnig met mekaar in verbinding tree. Inligting van prysverandering in een deel van die wêreld kan maklik in ander dele
van die wêreld gesien word.
Prys
Beskrywing van Prys
Prys is die waarde waarteen goedere en dienste verkoop en gekoop word.Prys word bepaal deur die interaksie van vraag en aanbod.
VRAAG
Definisie van Vraag
Vraag verwys na die hoeveelheid goedere en dienste wat voornemende kopers bereid is om teen ‘n gegewe prys te koop, op ‘n spesifieke tydstip.
Tipes Vraag
Individuele vraag Individuele vraag is die vraag van een persoon of een besigheid.
Markvraag Markvraag is die totale hoeveelheid deur alle verbruikers gevra.
Komplementêre goedere en substituutgoedere
Komplementêre goedere is goedere wat met saam ander goedere gebruik word om ‘n behoefte te bevredig, bv. CD en CD-speler. Hulle kan nie afsonderlik gebruik word nie.
Substituutgoedere is goedere wat met ander goedere vervang kan word om dieselfde behoefte te bevredig. Bv. botter en margarien. Gewoonlik is die substituut goedkoper.Vraagskedule vir Coca Cola by die skool se snoepie
PRYS VAN EEN BLIKKIE COCA COLA HOEVEELHEID GEVRA(BLIKKIES COCA COLA)
R1.00 1009
R2.00 80R3.00 60R4.00 40R5.00 20
‘n Grafiese voorstelling toon die vraag van Coca Cola aan
Vraagkurwe
Die wet van vraag As die prys van ‘n produk verhoog, sal die vraag na die produk afneem, en as die
prys van die produk afneem, sal die vraag na die produk toeneem. Hierdie omgekeerde verhouding staan bekend as die Wet van Vraag.
Die beginsel van Ceteris Paribus Die vraagkurwe is ‘n eenvoudige manier om die verhouding tussen hoeveelheid
gevra en prys aan te toon. Dit is gebaseer op die aanname dat alle ander veranderlikes konstant bly. (Ceteris
Paribus).
Faktore wat vraag beïnvloed Die prys van die produk Die prys van verwante produkte Die inkomste van die verbruiker Smake en voorkeure van verbruikers Die grootte van huishoudings Die weersomstandighede
Beweging langs die Vraagkurwe
10
Toon die prys-hoeveelheid verhouding van die vraag. Indien die prys R5 is, sal die vraag na die produk 20 eenhede wees, indien die prys
verlaag na R3 sal die hoeveelheid gevra toeneem tot 60 eenhede en as die prys afneem tot R1, sal die hoeveelheid gevra toeneem tot 100 eenhede.
Dit verteenwoordig ‘n beweging langs die kurwe.
Verskuiwing van die Vraagkurwe
‘n Verandering van enige faktor, buiten prys, sal ‘n verskuiwing van die vraagkurwe veroorsaak, na regs of na links.
Verskuiwing na regs – Hoeveelheid gevra neem toe
11
Byvoorbeeld: Die markvraag vir sambrele neem toe a.g.v. reënweer. Dit sal ‘n toename veroorsaak in die hoeveelheid gevra. Die vraagkurwe sal dus na regs verskuif.
Verskuiwing na links- Hoeveelheid gevra neem af Byvoorbeeld: Die markvraag vir sambrele neem af in die somer. Dit sal veroorsaak
dat daar ‘n afname is in die hoeveelheid gevra. Die vraagkurwe sal na links verskuif.
Redes waarom die HOEVEELHEID GEVRA toeneem – Verskuif na Regs ‘n toename in die inkomste van verbruikers ‘n toename in die grootte van die bevolking Hoeveelheid gevra neem toe a.g.v.advertensies, mode, klimaatsverandering,
smake en voorkeure van verbruikers.
Redes waarom die HOEVEELHEID GEVRA afneem – Verskuif na Links ‘n Afname in inkomste van verbruikers ‘n Afname in die grootte van die bevolking Afname van vraag a.g.v. afname van advertensies, modes wat verander,
klimaatsverandering, smake en voorkeure van verbruikers.
AANBOD
Definieer die term “Aanbod”Aanbod is die hoeveelheid goedere en dienste wat produsente beplan en gewillig is om te verkoop teen elke moontlike prys gedurende ‘n spesifieke periode.
Aanbodskedule
PRYS VAN ‘N BLIKKIE COCA COLA HOEVEELHEID AANGEBIED (BLIKKIES COCA COLA)
R1.00 20R2.00 40R3.00 60R4.00 80R5.00 100
‘n Grafiese voorstelling van die Aanbod van Coca-Cola by die skool se snoepie.
12
AANBODKURWE
Die wet van aanbod As die prys van die produk toeneem, neem die aanbod van die produk ook toe en
as die prys van die produk afneem, sal die hoeveelheid aangebied ook afneem. Hierdie verhouding staan bekend as die wet van aanbod.
Die beginsel van Ceteris Paribus Die aanbodkurwe is ‘n eenvoudige manier om die verhouding tussen hoeveelheid
aangebied en prys aan te dui. Dit is gebaseer op die aanname dat alle ander veranderlikes konstant sal bly.
(ceteris paribus).
Faktore wat die Hoeveelheid Aangebied beïnvloed
Die pryse van goedere en dienste Die pryse van alternatiewe goedere en dienste Die prys van die produksiefaktore Die tegnologie
13
Beweging langs die Aanbodkurwe
‘n Verandering in die prys van ‘n produk lei tot beweging langs die kurwe. Dui verhouding aan van die prys en hoeveelheid aangebied. Indien die prys R1 is, sal die hoeveelheid aangebied 20 eenhede wees, indien die prys
toeneem tot R3, sal die hoeveelheid aangebied toeneem tot 60 eenhede en indien die prys toeneem tot R5, sal die hoeveelheid aangebied toeneem tot 100 eenhede.
Dit verteenwoordig ‘n beweging langs die kurwe.
Verskuiwing van die Aanbodkurwe
‘n Verandering in enige faktor, behalwe prys, sal veroorsaak dat die aanbodkurwe na links of regs verskuif.
Verskuiwing na regs – Hoeveelheid Aangebied neem toe Byvoorbeeld: Meer besighede kom in mark in. Meer goedere en dienste is
beskikbaar in die mark. Daar is ‘n toename in die hoeveelheid goedere en dienste aangebied.
Die aanbodkurwe verskuif na regs.
14
Verskuiwing na links – Hoeveelheid Aangebied neem af Byvoorbeeld: Besigheid sluit en verlaat die mark. Minder goedere en dienste
beskikbaar. Daar is ‘n afname in hoeveelheid aangebied. Die aanbodkurwe verskuif na links.
Redes waarom die HOEVEELHEID AANGEBIED verhoog – Verskuif na regs Meer besighede tree tot die mark toe. Die koste van produksiefaktore neem af (bv. Lone, Rente, Huur, Wins verminder) Die gebruik van nuwe kostebesparende tegnologie Stabiele werkersmag met geen politieke en werkeronderbrekings. Vrugbare grond, goeie weersomstandighede, ens.
Redes waarom HOEVEELHEID AANGEBIED verlaag – Verskuif na links Besighede verlaat die mark Die koste van produksiefaktore verhoog (ebv. Lone, Rente, Huur, Wins
verhoog/word duurder) Die gebruik van ou en oneffektiewe tegnologie teen hoë koste Onstabiele werksmag met baie onderbrekings, werksonderbrekings, arbeidsonrus,
tekort aan bronne, ens. Uitermatige weersomstandighede, bv. droogtes, storms, vloede
PRYSVORMING
VRAAG- EN AANBODSKEDULE
PRYS VAN COCA COLA HOEVEELHEID GEVRA(BLIKKIE COCA COLA)
HOEVEELHEID AANGEBIED (BLIKKIES COCA COLA)
R1.00 100 20R2.00 80 40R3.00 60 60R4.00 40 80R5.00 20 100
15
VRAAG- EN AANBODKURWES
Die vertikale as dui die PRYS aan en die horisontale as die HOEVEELHEID V = Hoeveelheid vraag vir goedere en dienste en A = Hoeveelheid goedere en
dienste aangebied. e = Ewewigspunt is waar die Hoeveelheid Gevra en die Hoeveelheid Aangebied
gelyk is aan mekaar. Die ewewigsprys = R3 en die Ewewigshoeveelheid = 60 eenhede goedere.
Teen R2 is die hoeveelheid goedere gevra 80 eenhede en die hoeveelheid goedere aangebied 40 eenhede.Die hoeveelheid gevra is dus meer as die hoeveelheid aangebied. Teen R2 is dus ‘n tekort aan produkte op die mark a.g.v. ‘n oorskotvraag.
Teen R4 is die hoeveelheid gevra 40 eenhede en die hoeveelheid aangebied 80 eenhede.Die hoeveelheid aangebied is dus meer as die hoeveelheid gevraTeen R4 is daar dus ‘n oorskot van produkte op die mark a.g.v. ‘n oorskotaanbod.
16
Die Funksies van Markte
Markte bring vraag en aanbod bymekaar KOPERS verteenwoordig die VRAAGKANT van die mark en Verkopers
verteenwoordig die AANBODKANT van die mark. Die drie basiese ekonomiese vrae is WAT?, HOE? en VIR WIE? moet geproduseer
word. Markte is een manier hoe die basiese problem van skaarsheid opgelos word.
Markte help om hulpbronne te verdeel Pryse dien as ‘n rigtingaanwyser vir beide die produsent en die verbruiker. Sakeondernemings wil winste maksimeer, daarom kies hulle self wat hulle wil
produseer en verkoop. Huishoudings wil goedere en dienste aankope teen die laagste moontlike pryse,
daarom beinvloed hulle wat besighede kan verkoop en teen watter prys.
Markte is selfregulerend Markpryse word deur die wisselwerking van vraag en aanbod bepaal. Daar is ‘n “onsigbare hand” in die ekonomie. Indien die prys van produkte styg, sal die vraag na die produk daal (verbruikers sal
minder koop), en verkopers sal meer wil verkoop omdat dit hul winste kan vergroot. Indien die prys van die produk daal, sal die vraag na die produk styg (verbruikers
meer wil van die produk koop), en verkopers sal minder wil verkoop omdat dit hul pryse nadelig beinvloed.
17
top related