hoërskool punt - point high school · 2018-02-19 · uit die hoof se kantoor geagte ouers baie...

18
Hoërskool Punt Prospektus

Upload: others

Post on 14-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Hoërskool Punt

Prospektus

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers

Baie dankie vir die geleentheid om Hoërskool Punt aan u bekend te stel. Hierdie prospektus bevat die jongste inligting rakende die verskillende fasette van Hoërskool Punt. Wanneer u die inhoud hiervan bestudeer, moet u asseblief die volgende belangrike aspekte in gedagte hou: 1. In graad 8 en 9 volg alle leerders in alle skole dieselfde leerareas. 2. Ons vakkeuses in Graad 10 tot 12 is so gestruktureer dat daar in die

behoefte van leerders oor 'n breë spektrum voorsien word. Dit berei leerders nie slegs vir verdere studie voor nie, maar hou ook rekening met die behoeftes van leerders wat na verwerwing van die sertifikaat, direk tot die arbeidsmark wil toetree.

3. Dit is belangrik dat die toekomsbeplanning van elke kind deurlopende

aandag moet geniet, sodat aanpassings gemaak kan word namate omstandighede, belangstellings, vereistes van tersiêre inrigtings en die arbeidsmark verander.

4. Die skoolhoof en skoolsielkundige is te alle tye beskikbaar om verdere

navrae te beantwoord. 5. Hoërskool Punt is ‘n skool van uitnemendheid – soos ons jaarlikse

matriekuitslae getuig. Indien u kind by hierdie skool ingeskryf word, wil ek u graag verseker dat Hoërskool Punt ‘n dinamiese gedissiplineerde opvoedkundige organisasie is waar elke persoon sy/haar unieke potensiaal kan uitleef. Ons doel is dus om ‘n positiewe bydrae te lewer tot die skool en elke kind se ontwikkeling. Om hierin te slaag wil ek u as ouer vra om ons te help om die waardes van respek, verantwoordelikheid, eerlikheid, omgee en innovasie by u kind te vestig. Ons bied dus aan elke kind ‘n opvoedingsgeleentheid waardeur hy/sy in staat gestel sal word om 'n gelukkige, volwaardige en meelewende lid van die samelewing te word. Dit kan uiteraard slegs bereik word indien die leerder hom/haar onderwerp aan die gedissiplineerde opvoedingsituasie wat hier nagestreef word. Terselfdertyd neem ek egter die vrymoedigheid om u aandag op u ouerlike verantwoordelikhede ten opsigte van die opvoeding van u kind te vestig. By implikasie beteken die voorafgaande dat daar 'n openhartige vennootskap tussen die skool en die ouerhuis moet bestaan. Ouers moet besef dat dissipline by die huis begin en dat kinders by die huis moet leer om volwassenes en ander kinders te respekteer.

Vriendelik die uwe

F. PIETERSE SKOOLHOOF

DOELSTELLINGS VAN HOËRSKOOL PUNT 1. Om leerders se verstandelike ontwikkeling te bevorder deur hulle met gesonde

studiemetodes, navorsingsvaardighede, logiese denke, probleemoplossing en kritiese selfevaluering vertroud te maak.

2. Om leerders se fisiese ontwikkeling te stimuleer deur middel van sport, ontspanning,

liggaamlike opvoeding en ‘n gesonde lewenstyl. 3. Om leerders se emosionele ontwikkeling te bevorder deur die aanleer van aanvaarbare

karakter- en persoonlikheidseienskappe, soos selfbeheersing, selfdissipline en sensitiwiteit vir ander se gevoelens.

4. Om leerders tot goeie landsburgers op te voed deur eerbied vir die nasionale simbole,

respek vir gesag, reëls en wette en 'n verantwoordelike benadering tot burgerlike verantwoordelikhede, stemreg en die regeringstelsel aan te kweek.

5. Om leerders tot selfstandigheid en volwassenheid op te voed deur leiding rakende

korrekte sosiale gedragspatrone, kommunikasievaardighede, goeie menseverhoudings, selfkennis, oordeelsvermoë, 'n individuele waardestelsel, 'n normale en gesonde lewensbeskouing en positiewe karaktereienskappe, asook die waarde van gemeenskapsbetrokkenheid te gee.

ALGEMEEN 1. Hoërskool Punt is 'n gevestigde skool wat sedert 1921 in diens van die gemeenskap van

Mosselbaai staan met die strewe om die kind as geheel te ontwikkel. 2. Die skool is 'n publieke skool. Die onderrignorme en -vereistes word deur die Wes-

Kaapse Onderwysdepartement bepaal. Die belange van ouers word op plaaslike vlak behartig deur 'n Beheerliggaam waarvan die meerderheid lede deur ouers uit eie geledere verkies word.

3. Die skool beskik oor die dienste van 'n toegewyde, energieke en ten volle

gekwalifiseerde personeel. 4. Die skool word in 'n moderne gebou gehuisves wat die mooiste uitsig in die land het. 5. Naas die gewone georganiseerde bedrywighede, word sporttoere, leierskampe en

opvoedkundige uitstappies gereeld onderneem. 6. 'n Bedrywige en dinamiese Ouer-Onderwysersvereniging lewer 'n waardevolle bydrae

tot verskillende projekte in die skool.

VAKKEUSE VANAF JANUARIE 2018

VERPLIGTE EKSAMENVAKKE

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

LEERAREAS MET VAKKE VERDERE ONDERWYS EN OPLEIDING

GRAAD 8 EN 9 GRAAD 10, 11 EN 12

1. Afrikaans/Engels :

Huis / Eerste Addisionele Taal

2. Wiskunde

3. Natuurwetenskappe

4. Sosiale Wetenskappe:

Geskiedenis + Aardrykskunde

5. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Rekeningkunde

Bedryfsekonomie

6. Tegnologie

7. Skeppende Kunste + Drama of Musiek

8. Lewensoriëntering

1. Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

2. English Home Language

English First Additional Language

* Vanaf Graad 10 mag ‘n leerder beide

tale as Huistaal neem

3. Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

4. Fisiese Wetenskappe

Lewenswetenskappe

Besigheidstudies

Rekenaartoepassingstegnologie

Toerisme

5. Ekonomie

Rekeningkunde

Lewenswetenskappe

Besigheidstudies

Verbruikerstudies

Siviele Tegnologie

Kuns

Musiek

6. Ingenieursgrafika & Ontwerp

Geografie

Rekeningkunde

Rekenaartoepassingstegnologie

Verbruikerstudies

Musiek

7. Lewensoriëntering

VERDUIDELIKINGS:

1. Die vakkeuse van leerders in graad 10, met die oog op die Nasionale Senior

Sertifikaateksamen, moet met groot omsigtigheid benader word. Met inagneming van die aanleg, vermoë en vorige prestasie van die leerder, word sekere aanbevelings gemaak rakende die vakke wat geneem kan word. Die finale vakkeuse moet deur die ouers bevestig word.

2. Sekere vakke kan slegs onder sekere voorwaardes geneem word, bv. indien ‘n leerder

Fisiese Wetenskap of Ingenieursgrafika en Ontwerp neem, moet hy/sy ook Wiskunde en nie Wiskundige Geletterdheid neem nie. Indien ‘n leerder Siviele Tegnologie wil neem, moet hy/sy Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Ingenieursgrafika en Ontwerp neem.

3. Die beskikbaarheid van vakke is ook onderhewig aan die getal leerders wat die vak wil

neem. Indien daar te min of te veel leerders is wat ‘n vak wil neem, kan dit die beskikbaarheid van die vak beïnvloed.

TOETSREEKSE EN EKSAMENS

Toetse om die leerders se vordering te bepaal word gereeld afgeneem. Die ouers van leerders wat nie bevredigend presteer nie, kan vir samesprekings ontbied word. In die eerste en derde kwartale word toetsreekse geskryf. Gedurende die tweede en vierde kwartale word formele eksamens afgeneem. Leerders wat tydens 'n toetsreeks of eksamen afwesig is, moet 'n dokter-/klinieksertifikaat inhandig as bewys dat hulle siek was. Indien hul sonder 'n aanvaarbare rede afwesig is, sal 'n nulpunt toegeken word. Die resultate van hierdie toetse, eksamens en deurlopende evaluering word by wyse van 'n rapport aan die ouers voorgelê. In die geval van matrikulante word daar ook gedurende September ‘n eksamen afgelê.

SKOOLBYWONING

Ten einde die normale vordering van 'n leerder te verseker, is dit belangrik dat die skool gereeld bygewoon moet word. Derhalwe moet daar noukeurig op die volgende gelet word: 1. Afsprake van enige aard tydens skoolure word ontmoedig. 2. Dit word vereis dat leerders die skool tot op die laaste dag van die kwartaal sal bywoon. 3. Die skool moet skriftelik in kennis gestel word van die omstandighede wat daartoe gelei het

dat 'n leerder op 'n bepaalde dag afwesig was. Na afwesigheid moet 'n leerder ‘n brief van sy/haar ouer/voog by die registeronderwyser inhandig en die rede vir sy/haar afwesigheid moet verduidelik word.

4. Geen leerder mag die skoolgronde verlaat sonder dat die ouer/voog hom/haar persoonlik

uitteken nie.

SKOOLKWARTALE - 2019 Ten einde u in staat te stel om u vakansies so te beplan dat die bogenoemde vereiste nagekom word, moet u die volgende datums in gedagte hou.

Eerste Kwartaal: Tweede Kwartaal: Derde Kwartaal: Vierde Kwartaal:

Vanaf Tot Vanaf Tot Vanaf Tot Vanaf Tot

07 Januarie 09 Januarie 15 Maart 02 April 14 Junie 09 Julie 20 September 01 Oktober 04 Desember 06 Desember

07:30 (Personeel) 07:25 (Leerders) 10:30 07:25 10:30 07:25 10:30 07:25 10:30 (Leerders) 10:30 (Personeel)

DAAGLIKSE BEGIN- EN SLUITINGSTYE VAN SKOOL

BEGIN : 07:25 SLUIT : 14:05

ENKELE HOOGTEPUNTE GEDURENDE JAAR:

JAN: Kleureatletiek

FEB: Metropolitan

Starganza

Vlotvaart

Valentynsbal

MRT : AJ Sportweek

MEI: Oscaraand

JUL: Matriekafskeid

AUG: Interskole

SEP: KFC Krieketfees

OKT: Prysuitdeling

SKOOLDRAG

SEUNS Somersdrag (kwartale 1 en 4) * Volle wintersdrag (sonder serp) OF * Wit kortmouhemp (wat tot bo toeknoop),

moulose trui, skooldas, grys kort- of langbroek, grys skoolsokkies. (Let wel: Geen langmoutruie in die somer nie en indien ‘n langmouhemp gedra word, MOET die moue tot 4 cm BO die elmboog opgerol wees).

* Swart of grys lyfband (belt) - (geen vreemde/groot gespes en sonder enige borduurwerk/knope).

* Gladde swart skoolskoene (veters/gespes, moet vasgemaak wees).

Wintersdrag (kwartale 2 en 3) * Grys lang- of kortbroek, grys

skoolsokkies, wit kort- of langmouhemp (wat tot bo toeknoop), skooldas, skoolbaadjie, skooltrui/moulose trui onder baadjie (moue mag nie uitgerafel of gerek wees nie).

* Swart of grys lyfband (belt) - (geen vreemde/groot gespes en sonder enige borduurwerk/knope).

* Vlootblou “navy” serp – opsioneel. * Gladde swart skoolskoene

(veters/gespes, moet vasgemaak wees). Sportdrag en Lewensoriëntering * Kort navyblou broekie en

gholfhempie/”Proudly Point” T-hemp vir praktiese lesse van Lewensoriëntering.

* Skoolsweetpak vir sportdoeleindes.

DOGTERS Somersdrag (kwartale 1 en 4) * Volle wintersdrag (sonder serp) OF * Rok (moulose skooltrui en baadjie

opsioneel), wit sokkies OF * Grys langbroek, grys sokkies, wit kort-

of langmouhemp (wat tot bo toeknoop), skooldas, moulose trui. (Indien ‘n langmouhemp gedra word, MOET die moue tot 4 cm BO die elmboog opgerol wees).

* Baadjie moet korter as die rok wees. * Gladde swart skoolskoene

(veters/gespes moet vasgemaak wees). Wintersdrag (kwartale 2 en 3) * Rok, skoolbaadjie, skooltrui/moulose trui

onder baadjie (moue mag nie uitgerafel of gerek wees nie en is opsioneel), navy kniekouse of lang navyblou “tights”,). OF

* Grys langbroek, grys sokkies, wit kort- of langmouhemp (wat tot bo toeknoop), skooldas, skoolbaadjie (moet korter wees as die rok), skooltrui of moulose trui.

* Vlootblou “navy” serp – opsioneel. * Gladde swart skoolskoene

(veters/gespes moet vasgemaak wees). Sportdrag en Lewensoriëntering * Golfhempie/”Proudly Point” T-hemp en

donkerblou broekie vir sport en praktiese lesse van Lewensoriëntering.

* Skoolsweetpak vir sportdoeleindes.

Bogenoemde skooluitrusting is verkrygbaar by:

De Ville's Uitrusters

Blandstraat

MOSSELBAAI

De Jagers

Blandstraat

MOSSELBAAI

SPORT Leerders word vir mededinging in die volgende sportsoorte afgerig: Rugby Tweekamp Hokkie Muurbal Tennis Netbal Atletiek Krieket Gholf Skaak Onderwysers rig die leerders in genoemde sportsoorte af, en deeglike toesig word gehandhaaf. Van elke leerder word verwag om aan ten minste een sportsoort per kwartaal deel te neem.

VERENIGINGS Leerders kan hulle by die volgende verenigings, wat onder beheer van onderwysers staan, aansluit: Debatsvereniging Fotografieklub Natuurleweklub Noodhulpliga Entrepreneursklub VCSV (One Way) HYPI (Gemeenskapsdiens) Dramaklub Joernalistiekklub

BIBLIOTEEK Die skool beskik oor 'n goed toegeruste biblioteek en die dienste van 'n bibliotekaresse. Die biblioteek is van Maandag- tot Donderdagmiddag vanaf 14:10 tot 15:30 oop vir leerders wat daar wil navorsing of tuiswerk doen.

LEESSENTRUM

‘n Ten volle toegeruste leessentrum is in 2017 in gebruik geneem. Graad 8- en 9- leerders volg ‘n program gedurende skoolure. Ons stel dit ten doel om leerders se leesvaardighede te ontwikkel aangesien lees die sleutel tot prestasie is. Die leessentrum is op Maandae tot Donderdae van 14:10 – 15:30 oop. ‘n Goedopgeleide leesassistent is te alle tye teenwoordig.

VOORLIGTINGSDIENS 'n Gekwalifiseerde skoolsielkundige gee deurlopende leiding aan leerders om hulle te help met vakkeuses, beroepskeuses en studiemetodes, asook ander ontwikkelingsprobleme. Die skool het ook ‘n lewensafrigter wat leerders met leiding ondersteun.

VERPLIGTE ONDERRIGGELD

Verpligte onderriggeld word volgens wetgewing gehef om die koste van opvoeding te delg. 'n Inligtingstuk waarop alle gelde betaalbaar aangedui word, is hierby ingesluit.

INSKRYWING

Inskrywings vind vanaf Februarie die voorafgaande jaar plaas, terwyl die sekretaresse verantwoordelik vir die inskrywings ook die dag voor die skole heropen in Januarie vanaf 09:00 tot 13:00 op kantoor sal wees met die oog op inskrywing van nuwe leerders. Die toelating van leerders geskied ooreenkomstig die toelatingsbeleid, soos deur die Beheerliggaam bepaal. Hiervolgens kan toelating geweier of indien dit sou blyk dat waninligting verskaf is, kan toelating nietig verklaar word.

OUERBETROKKENHEID 1. Oueraande word op 'n gereelde basis vir elke graad gereël. Ouers word betyds hiervan in

kennis gestel. Sulke aande bied aan ouers die geleentheid om met die hoof en personeel kennis te maak, sake rakende die leerders te bespreek en 'n nouer band tussen die skool en die ouerhuis te skep.

2. Gereelde skakeling met die hoof, die graadhoof, die skoolsielkundige en vakonderwysers

word sterk aanbeveel. 3. Ouerbetrokkenheid by alle buitemuurse aktiwiteite behoort hoë prioriteit te geniet. 4. Ouers word aangemoedig om hul kundigheid tot beskikking van die skool te stel deur:

* verteenwoordiging in die Beheerliggaam en sy subkomitees; * betrokkenheid by die Ouer-Onderwysersvereniging;

* hulpverlening met funksies; en/of * betrokkenheid by die buitemuurs-program van die skool.

Tania de Kock Annemarie van Staden

KOSHUIS

Die skool se koshuis, Huis Pepler, is goed toegerus en staan onder die beheer van die Koshuiskomitee, wat as sub-komitee van die Beheerliggaam funksioneer, terwyl onderwyspersoneel toesigdiens doen. Aansoek om toelating: Aansoekvorms kan by die skool verkry word. U sal skriftelik van die uitslag van die aansoek in kennis gestel word.

Naweke: Kosgangers moet elke naweek na hul ouerhuise gaan. Nieteenstaande die voorafgaande, moet ouers daarop let dat daar van kosgangers verwag word om ook op Saterdae aan die buitemuurse bedrywighede van die skool deel te neem.

Losiesgeld: Losiesgeld word jaarliks aan die hand van bedryfsuitgawes bepaal. Dit staan ouers vry om aansoek te doen om gedeeltelike vrystelling van losiesgeld. Sodanige aansoek moet die skoolhoof voor die begin van die nuwe jaar bereik. Losiesgeld is streng vooruitbetaalbaar aan die begin van elke kwartaal.

Uitrusting vir kosgangers: Seuns en dogters Skooldrag soos voorgeskryf, plus: 1 wasgoedsak 3 handdoeke toiletbenodigdhede 1 hangslot met twee sleutels (handig een sleutel geseël by die superintendent in) Paslike klere vir gebruik gedurende die namiddag Medikasie 1 Lampie (kragonderbrekings – nie kerse nie)

Algemeen: Daar is ‘n opsie vir dagstudente. Reëlings kan met die superintendent of matrone getref word. Indien enige verdere inligting verlang word, tree asseblief met die skoolhoof, superintendent of matrone in verbinding.

SIMBOLE VAN HOËRSKOOL PUNT

SKOOLWAPEN

Die skoolwapen simboliseer die uitdra van lig (kennis) in die vuurtoringmotief, asook die vryheid van gees en denke in die vlug van die seemeeu - albei eie aan Mosselbaai. Die leuse "Ex Altis In Altiora" in vrye, idiomatiese vertaling, beteken "Van Hoog na Hoër".

SKOOLLIED

O Mosselbaai ek min jou Punt, jou rotse, see en hawe;

Maar meer jou skool bemin ek, Waar'k my dors na kennis lawe;

Waar ons kan speel, waar ons kan werk,

waar ons kan leer en strewe. Die Here sterk jou in jou taak. Jy kweek by almal burgersin

en vorm ons vir die lewe.

SCHOOL SONG

O Mossel Bay I dearly love

Your sunlit blue and mountain, But dearer far to heart and mind,

Is Learning's noble fountain. We frolic there with joyous glee

Live, well-known school and teach us truth, (2x)

We spurn Life's "ifs" or stories.

SKOOLVLAG

Die skoolvlag behels die skoolwapen op 'n donkerblou agtergrond. Die skoolvlag word daagliks tesame met die landsvlag voor die hoofingang gehys.

VOORGESTELDE GELDE BETAALBAAR - 2019

1. VERPLIGTE ONDERRIGGELD

28 Februarie 7.5 % Afslag

1.1

Eerste leerder

R12 960.00

R11 988.00

1.2

Tweede leerder

R11 670.00

R10 794.75

1.3

Derde leerder

R10 370.00

R9 592.25

Afslag sal toegestaan word indien die volle bedrag voor ‘n vasgestelde datum

vereffen word. Aansoeke om vermindering van verpligte onderriggeld moet op die

voorgeskrewe vorm voorgelê word. Vorms is by die skool beskikbaar.

2. HANDBOEKE

Alle handboeke word aan leerders beskikbaar gestel. Handboeke wat verlore raak moet deur die ouer vervang word. Leerders in Gr 9 – 12 se handboeke sal slegs uitgereik word indien alle boeke van die vorige jaar ingehandig is. Aangesien die uitreiking van handboeke ‘n ooreenkoms tussen die leerder en die skool is, mag rapporte weerhou word as handboeke nie ingedien is nie.

3. SKRYFBEHOEFTES

'n Lys van skryfbehoeftes wat 'n leerder per graad/vak nodig het, word voorsien.

Ouers moet hierdie items self by die leweransier van hul keuse aankoop.

4. LOSIESGELDE

Losiesgelde word per kwartaal vasgestel en is kwartaalliks vooruitbetaalbaar.

Die bedrag is: Per leerder: R4 320.00