andrew murray sentrum vir spiritualiteit booklet · die historiese woonhuis van andrew murray,...
TRANSCRIPT
Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit
… uitnodiging vir verdieping in geloof en lewe …
Wellington
Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit
ontwikkel en bevorder missionale spiritualiteit wat
voortbou op die lewe en werk van Andrew Murray
vanuit die gereformeerde identiteit van die NG
Kerk.
Visie
Die ontwikkeling van Missionale Spiritualiteit
Die ontwikkeling van ʼn Missionale Spiritualiteit is sedert
die 2015 sinodesitting een van die fokusareas van die
Sinode van die Wes-Kaap in ons voortgaande verbintenis
om ʼn missionale kerk te word. In ʼn missionale kerk is
geloofsvorming en geloofsonderskeiding sentraal.
ʼn Uitgebreide Sinodale Taakspan vir Spiritualiteit
bestaande uit lede van al die diensgroepe is in die lewe
geroep. Hugenote Kollege vorm deel van die taakspan
en daar word voorsien dat die Kollege as vennoot ʼn
Gevorm & Gestuuraktiewe rol sal speel in die ontwikkeling en die bestuur
van die Sentrum.
Die taakspan het verskeie vergaderings gehad en ʼn
kleiner taakspan het sentra besoek om navorsing te doen
oor die funksionering en inrigting van die Spiritualiteits-
en Retraite Sentra.
In ons nadenke oor die Andrew Murray Sentrum vir
Spiritualiteit het ons ook inspirasie geput uit die
Finkenwalde Seminarie wat onder leiding van die Duitse
teoloog Dietrich Bonhoeffer in die Tweede Wêreldoorlog
ontwikkel is vir teologiese studente van die Belydende
Kerk. Murray en Bonhoeffer se visie en werk t.o.v.
spiritualiteitsvorming is uniek in reformatoriese kerke en
vul ʼn leemte waarop voortgebou kan word.
Dit is ʼn unieke uitdaging vir ʼn gereformeerde kerk om ʼn
Spiritualiteitsentrum te ontwikkel en daarom is dit vir ons
belangrik om dit histories te anker in ons eie kerk se
geskiedenis, maar ook in die breër gereformeerde
tradisie en teologie. Terwyl ons voortdurend sal leer by
die breër ekumeniese kerk sal ons ook terselfdertyd die
Sentrum stewig wil vestig binne die gereformeerde
teologie.
Gebed Roeping DiensDie lewe en werk van Andrew Murray as historiese anker en inspirasie
In die nadenke oor die ontwikkeling van Missionale
Spiritualiteit in en vir die NG Kerk kan die lewe en werk
van Andrew Murray vir ons dien as historiese
vertrekpunt en inspirasie.
Onlangse navorsing van Pieter de Villiers en Len
Hansen, tipeer sy bydrae as “praktiese mistikus” en
“missionaris” by uitnemendheid. Uniek aan Murray se
bydrae is sy verbintenis tot geloofsvorming én
praktiese missionale dienslewering. Die leuse van
Hugenote Kollege is daarom:
Gebed Roeping Diens
Op 17 Januarie 2017 sal dit die 100ste herdenking van
Murray se sterfdag wees.
Die unieke bydrae van Murray word beliggaam in die
Samuel kampus. Huis Samuel en die Jubileum Zaal is
deel van die geboue-kompleks van die vroeëre
Sending Instituut wat in 1877 deur dr Andrew Murray
en die NG Kerk Wellington begin is as deel van sy visie
dat die NG Kerk Wellington ʼn missionale gemeente sal
wees.
Aanvanklik is geboue gehuur en Huis Samuel is eers in
1883 betrek. Die Jubileum Zaal is in 1905 gebou as
lesingsaal. Die werksaamhede is aanvanklik deur die
plaaslike gemeente befonds, maar in 1903 is dit aan
die NG Kerk In SA oorgedra. Hierdie Instituut het
voortgegaan met die opleiding van sendelinge en
sendingpersoneel tot in 1962 toe die NG Kerk in SA
besluit het om die opleiding na die Kweekskool op
Stellenbosch te verskuif. ‘n Totaal van 567 sendelinge is
deur die Instituut opgelei en talle oudstudente was
betrokke by kerkplanting in verskeie dele van Afrika. ‘n
Groot deel van die oudstudente het ook jare lank diens
gedoen in die voormalige NG Sendingkerk. Na die
sluiting van die Sendinginstituut is die geboue aan
Hugenote Kollege oorgedra wat Huis Samuel tans
gebruik as koshuis en die Jubileum Zaal vir akademiese
en ander Kollege aktiwiteite.
Clairvaux is in 1883 gebou as woonplek vir dr Andrew
Murray en hy het daar gebly totdat hy oorlede is in 1917.
Die meeste van sy boeke en die talle referate is hier
geskryf. Die gebou is daarna verhuur. In 1969 is die
gebou erg beskadig deur die aardbewing. Prof Johan van
der Merwe, die destydse rektor van Hugenote Kollege,
het die gebou laat herstel en sedertdien is dit as
rektorswoning vir Hugenote Kollege gebruik. Die
afgelope paar jaar word dit weer verhuur.
Huis Samuel en Clairvaux verteenwoordig in ‘n beson-
dere sin die Spiritualiteit van dr Andrew Murray wat deur
die jare sterk neerslag gevind het in die NG Kerk. Hierdie
Spiritualiteit kan inderdaad beskryf word as ‘n “nugtere
mistiek” (De Villiers 2015) aangesien Murray deurgaans
geleer het dat vanuit die mens se verhouding met God,
wat hy beskryf as “kindskap van God” (Brummer 2013),
die mens geroep en gestuur word om in die koninkryk
van God te gaan dien. Vandaar ook die leuse van
Hugenote Kollege: Gebed, Roeping, Diens. Dit is
opvallend hoe hierdie vorm van mistiek die afgelope tyd
deur Suid-Afrikaanse teoloë herbesin word (Brummer
2013, De Villiers 2015, Hansen 2015).
Benewens die nadenke en studie oor Spiritualiteit deur
Andrew Murray in sy studeerkamer en op die stoep van
Clairvaux, getuig die Sending Instituut (Samuel Kampus)
en Hugenote Kollege (Cummings Kampus) op ‘n unieke
manier hoe die gelowige en ‘n gemeente se noue
omgang met God Drie-enig neerslag gevind het, en
steeds neerslag vind, in diens en deur dienslewering
meewerkend in die koms van God se koninkryk in Suid-
Afrika, Afrika en die hele wêreld. Ons vind reeds by hom
die saad van missionale denke wat veel later in die kerk
neerslag sou vind in ‘n missionale roepingsverstaan wat
holisties oor ons getuienis dink en die ophefng van
armoede, die ophefng van vroue en die menswaar-
digheid van alle mense sou insluit.
Spiritualiteitsontwikkeling‘n Ruimte vir die aanleer van geloofsgewoontes gebaseer op die lewe en werk van Andrew Murray
In ons werk as Taakspan het ons ook begin om inhoud te
gee aan “Missionale Spiritualiteit”. ‘n Span kundiges op
die gebied het ons gehelp om konsensus te bou. Hier
volg ‘n kort opsomming van die eerste resultate van ons
navorsing:
Ons is oortuig dat ‘n lewe van diensbaarheid vloei uit ‘n
persoonlike belewing van God se liefde. Daarom is dit
belangrik dat ons sal leer om uit ons geloofservaring in
God te lééf en nie net oor God te dink en te praat nie.
Ons moet leer om God se teenwoordigheid te beleef in
plaas van om bloot te fokus op ‘n “korrekte teologie”.
Teologie is belangrik, maar ons teologiese kennis moet in
ons lewens integreer.
Om hierdie rede glo ons dat ‘n Sentrum vir Spiritualiteit ‘n
besondere rol kan speel in die vorming van die bediening
en roepingsuitlewing van predikante en lidmate. Dit sal ‘n
groot verskil maak indien daar ‘n ruimte kom waar nuwe
geloofsgewoontes en ritmes doelbewus aangeleer en
ingeoefen kan word. Spiritualiteit – as die navolging van
Christus en die kweek van Christelike gedrag, houding
en gesindheid – word onder andere gevorm en gevoed
deur die beoefening van daaglikse gewoontes.
Dit gaan vir ons om Spiritualiteit wat fokus op wat
die Drie-enige God doen; om groei in kennis van die
Lewende Woord; om ‘n bewustelike en reekterende leef
in die teenwoordigheid van Christus; om ‘n verhouding
deur die Gees eerder as intellektualisme of moralisme;
om gemeenskap eerder as individualisme. Dit streef
geregtigheid en versoening na. Dit kweek ‘n passie vir
die koninkryk in plaas van om bloot ‘n private godsdiens
te bevorder. Dit erken ook die volle spektrum van
lewenservarings in plaas van om aan die wêreld te
ontvlug. Dit gaan om ‘n “missionale” Spiritualiteit, wat
gerig is op die wêreld waarbinne ons daagliks ons
roeping moet leef.
Hierdie soort spiritualiteit erken onvolmaaktheid as deel van die geloofsreis en is gemaklik met kwesbaarheid. Dit ken geen perfeksionisme of triomfalisme nie.
Om te groei in hierdie soort Spiritualiteit, is dit eerstens
nodig om Bybellees- en ander gewoontes en
vaardighede aan te leer wat nie net fokus op die
insameling van informasie nie, maar ook op geloofs-
vorming. Dit gebeur in ruimtes wat ingerig word vir
konneksie met en ervarings van God se teenwoordig-
heid. Op die terrein moet plekke geskep word vir gesprek
en afsondering, sowel as ‘n kapel waar mense saam kan
aanbid. Eenvoud is belangrik – eenvoud in die daaglikse
ritme, geboue, dekor en kos wat aangebied word.
Geloofsbegeleiers wat die unieke geloofsreis van elke
persoon in ag neem, is belangrik. Hulp aan mense om
hulle eie persoonlikheid beter te begryp en te leer hoe ‘n
mens as Christen daarmee saamleef, sal deel van die
begeleiding wees.
• Anker die werk in die besondere Spiritualiteitstradisie
en nalatenskap van Andrew Murray met sy fokus op
Gebed, Roeping en Diens en bou dit verder uit met
behulp van die diversiteit van Christelike geloofstradisies.
• Maak voorsiening vir verskillende “seisoene” of fases
van die lewe.
• Beoefen intensionele geloofsvormende praktyke,
gekoppel aan die kerklike jaar.
Ons voorsien dat ons by die sentrum o.a. die volgende
geloofsgewoontes sal beoefen:
• Gebed (verskillende vorme)• Afsondering en stilte. Meditasie/
kontemplasie.• Lectio Divina – die luisterende omgang
met die Skrif. • Vas.• Daaglikse Nadenke en Geloofsonder-
skeiding oor Roeping – Waarmee is God nou besig? (Daily Examen en Joernaal)
• Deelname aan die geloofsgemeenskap (Koinonia)
• Diensbaarheid: Gasvryheid, diensbaarheid en die bou van verhoudings oor grense.
• Beoefening van die Sabbat.• Rule of life: ‘n Eenvoudige struktuur vir
daaglikse spiritualiteit. • Geloofsbegeleiding (spiritual direction)• Belydenis van sonde• Feesviering• Pelgrimstogte
Ons voorsien dat die Sentrum ‘n ruimte sal wees wat
veilig en gasvry is vir mense om hulleself te kan wees en
om te kan deelneem aan ritmes waarby almal op die
terrein kan inskakel. Dat ons oop sal wees vir mense wat
net afsondering kom soek; vir uitgebrande “care givers”.
Ons sal graag ‘n verskeidenheid van leer- en groei-
ervarings (kunstekamer, tuin, skilder- en leesareas,
musiekkamer, biblioteek) en kernprogramme oor die
Christelike geloofsreis wil aanbied vir mense met min of
geen geloofsagtergrond nie. Ons sou bv begeleide stilte-
retraites; of toegespitste geleenthede vir beroepsgroepe
en deurlopende predikanteverryking by die sentrum kon
doen.
Ons het ‘n geïntegreerde Spiritualiteit nodig, ‘n lewende
verhouding met God waarby ons totale siese,
intellektuele en emosionele bestaan ingesluit word.
Ons kan nie bekostig om in geloofsvorming die klem
eensydig te plaas, hetsy op kennis (ortodoksie), óf op
aktiwiteit (ortopraksie, bv moralisme), óf op emosie
(piëtisme, sentimentalisme, sensasionalisme) nie.
‘n Eensydige, rasionele klem in die geloof kan, net soos
‘n eensydige emosionele klem, nie lei tot transformasie
nie. So ook nie ‘n sektariese onttrekking en wêreld-
vreemdheid nie.
‘n Sentrum vir die bevordering van Spiritualiteit sal die
doel hê om gelowiges te vorm wat geïntegreerd hulle
roeping uitleef met ‘n aktiewe gebedslewe, ‘n groeiende
roepingsbewussyn en ‘n lewe van opofferende diens.
Spiritualiteitsvorming
Die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum sal primêr ʼn plek van
afsondering en aanbidding wees waar missionale
geloofsgewoontes beoefen en ingeoefen word. Om hiervoor
voorsiening te maak sal daar ʼn kapel en gebedstuin wees waar
besoekers die geloofsgewoontes kan beoefen en aanleer.
Die Sentrum sal geloofsruimtes ontwikkel vanuit Murray se fokus
op Gebed, Roeping en Diens. Alle aktiwiteite van die Sentrum
sal in die konteks van hierdie fokus staan.
Die foto toon die groot tuine en rivier wat deel is van die Samuel
kampus wat benut sou kon word vir afsondering en stilte. Die
gebouekompleks is op die rand van die dorp met ʼn uitsig op die
berge. Die bos teen die Kromrivier het bekend gestaan as die
Donkiebos waar sendelinge in opleiding dikwels gebid het.
Verblyf
Die Sentrum sal voorsiening maak vir huisvesting van 40
persone deur die omskepping van die historiese Samuel
Koshuis wat gedien het as verblyf vir studente van die Sending
Instituut. Argiteksvoorstelle vir die herinrigting van die onderste
vloer van Samuel Koshuis.
Die kamers sal hoofsaaklik enkelkamers met ensuite-badkamers
wees.
4 Gebruike
Toerustinglokale en vergaderruimtes
Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit sal ruimtes
bied vir die aanbied van ʼn verskeidenheid van kursusse
en die hou van vergaderings.
Hiervoor sal o.a. die Jubileum Saal en die sit- en
eetkamer van Samuel benut word.
Navorsing oor spiritualiteit
Die historiese woonhuis van Andrew Murray, Clairvoux,
sal benut word om navorsing oor Missionale Spiritualiteit
te huisves. Daar sal ʼn Andrew Murray Museum en
Biblioteek gehuisves word. Daar sal verder ruimtes wees
om ʼn Eenheid vir Kerkmusiek (Flam en Vonk) te huisves.
Gemeentes en ringe
Ons voorsien dat die Sentrum aan gemeentes en
ringe wat retraites wil hou en wil deelneem aan
programme van geloofsontwikkeling ʼn diens sou kon
lewer. Behalwe vir algemene retraites sou die
Sentrum ook ideaal geskik wees vir die 100-Dae
Program van Communitas.
Studente van die Stellenbosch Seminarium en Hugenote Kollege
Die Seminarium en Hugenote Kollege beskou
geloofsvorming as ʼn prioriteit in hulle programme.
Die Sentrum sou kon dien as ʼn plek vanwaar
geloofsgewoontes deur die studente ingeoefen kan
word. Die Seminariumprogram maak voorsiening vir
verskeie periodes van afsondering vir die studente
gedurende die ses jaar van opleiding. Die Sentrum
sou vir studente kon dien as ʼn “geestelike tuiste”
waar hulle in hul studiejare blootgestel word aan
spiritualiteitsontwikkeling.
Individuele lidmate en predikante
Uit ons navorsing by die ander sentra het ons bewus
geword van die groeiende behoefte na
geloofsontwikkeling in ons gemeenskap. Van die
sentra is tot ʼn jaar vooruit volgeboek.
Benutting
VBO
VBO-kursusse wat fokus op persoons- en
geloofsontwikkeling soos die Geloofsreis vir Predikante.
Predikantebegeleidingsentrum
Die Sentrum sou by uitstek geskik wees vir sessies van
dié sentrum van die Taakspan vir Predikantebegeleiding.
Sinodale personeel
Ruimte vir die geestelike versorging van Sinodale
personeel.
Vergaderings en konferensies van Sinodale Taakspanne
Ons sinode het oor die afgelope dekade gegroei in die
praktyk van missionale geloofsonderskeidende
besluitneming. Verskeie van ons taakspanne en
diensgroepe het 'n behoefte aan ʼn “vergaderplek” waar
hulle in afsondering en stilte geloofsonderskeidend kan
nadink oor die besluite wat hulle moet neem.
Navorsers
Daar is ʼn groeiende behoefte aan navorsing oor
Spiritualiteit, maar daar is tans in Suid-Afrika nie sulke
fasiliteite beskikbaar nie. Die Argief het voortdurend
persone wat oor sy werk navorsing doen.
ToeristeToeriste (veral Buitelanders) met ʼn belangstelling in die
lewe en werk van Andrew Murray. Die Hugenote Kollege
en die Toeriste-buro van Wellington ontvang jaarliks
verskeie besoeke van toeriste wat Murray se nalatenskap
wil kom besigtig.