argeologie vir beginners@misterie

31

Upload: hermanttoerien1014

Post on 15-Nov-2014

128 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

Elementêre boekie oor Suid-Afrikaanse argeologie om jong mense te inspireer deur Herman Toerien

TRANSCRIPT

Page 1: Argeologie Vir Beginners@Misterie
Page 2: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Voorwoord deur skrywer

Die boekie in ‘n elementêre werkie bedoel om belangstelling in Argeologie onder jong Suid-Afrikaners te kweek. Dit probeer nie om volledig te wees, of om die romantiek aan argeologie onnodig weg te stroop nie. Ons kyk dus ook na aspekte wat nie sommer in gesaghebbende werke bespreek sal word nie, soos die Verlore Stad van die Kalaharie, maar darem met die nodige ontledings sodat die jongeling ‘n idee kan vorm van hoe feit van fiksie geskei word. Argeologie delf in die verlede, maar tog is dit wat vandag opgeteken word môre reeds effens verouderd. Die rede daarvoor is dat dit nie moontlik is om in die kort bestek van die bestaan van paleontologie en argeologie oornag ‘n volledige en korrekte prentjie van die miljarde jare van die aarde se geskiedenis te rekonstrueer nie. Stukkies van die legkaart word op ‘n daaglikse grondslag iewers opgediep, ou, vergete bronne word herontdek, en die tegnologie vir datering word deurlopend verbeter. Hierdie werkie is so geskryf dat dit in harmonie staan met die aanhangers van Godgedrewe evolusie (Teïstiese evolusie) en gewone kreasionisme. Ek besef dis nie dieselfde nie, maar die doel van argeologie is nie om die paleontoloog se werk oor te neem nie, en daarom nie werklik relevant nie. Aanhangers van die jong aarde kreasionisme moet asseblief nie hierdie boekie lees nie. Aspekte wat veel ouer as die sesduisend jaar is wat hulle beweer die aarde oud is, word as gegewe behandel, en nie gedebatteer nie. In hierdie werkie word van die standpunt uitgegaan dat God die Skepper is, en dat een dag soos ’n duisend jaar (simbolies bedoel) vir God is (2 Petrus 3:8 en Psalm 90: 4). Met hierdie aspek uit die weg geruim, kan nou ongehinderd gekyk word na die feite wat die wetenskap op die tafel plaas. Onlangse ontdekkings by die Wonderwerkgrot in die Noord-Kaap verbreed juis die horisonne deurdat klipwerktuie gevind is wat sowat 2 miljoen jaar terugdateer, en ou opvattings oor die ouderdomme van die oudste Steentydperk bietjie in die war stuur—as ‘n mens nie bygehou het nie. Die gedagte is ook dat hierdie boekie van tyd tot tyd bygewerk sal word tot geoordeel word dat dit gereed is om in gedrukte vorm te kan verskyn. Intussen is die doel doodgewoon om die belangstelling te prikkel en jong mense aan te moedig om self verder op te lees, en meer uit te vind.1 Herman Toerien

1 Grafika op voorblad: Kennis: Zimbabwe-ruïnes en rotsskets van die geheimsinnige “wit vrou” in die Brandberg, Namibië

Page 3: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Inhoudsopgawe

1. Inleiding 2. Definisie: Wat is argeologie? 3. Argeologie en die Bybel 4. Wonderwerkgrot 5. Steentydperke 6. Gestroop van misterie: Zimbawe-ruïnes 7. Raaisel in die middel van die stad 8. Verlore stad van die Kalaharie 9. Die Koranna: Dalk die Proto-verhaal van die Afrikaanses? 10 Duisend jaar Christendom in Amerika 11. Die vervloekte walvis 12. Paleontoloog steeds onthou 13. Argeologie in belang van vandag se aktualiteit 14. Argeologie: Wat kan ek doen?

Inleiding

My belangstelling in argeologie het baie vroeg in my lewe ontwikkel, en was waarskynlik te verwagte in die lig daarvan dat my pa, wyle prof. Jan Toerien, ‘n opgeleide paleontoloog was wat in ‘n stadium saam met die vermaarde prof. Raymanond Dart en prof. Phillip Tobias van die Bernard Price-Instituut by Wits gewerk het, en my ma, Johanna, wat ‘n opgeleide argeoloog is. Van kleins af het

Page 4: Argeologie Vir Beginners@Misterie

ek ‘n lewende belangstelling in klippe gehad, wat goedkeurend deur my pa—ook ‘n opgeleide geoloog, gade geslaan is. My belangstelling in die argeologie het eers ietwat later gekom. Ons het destyds in Stellenbosch gewoon en op ‘n dag bring my pa vir my twee pragtige klipwerktuie wat hy met sy gewerskaf in die tuin gekry het. Beide was deel van die Stellenbosch-kultuur—’n kultuur uit die eerste steentydperk. Veral die een werktuig was ongeskonde en die vernuftige kapwerk om dit so fyn afgewerk te kry, het my verstom. Tydens ‘n paleontologiese veldbesoek op ‘n familielid se plaas by Fauresmith het ek in aanraking met die Fauresmith-hultuur gekom, wat weer uit die laat steentydperk dateer. Teen daardie tyd het geen ongewone klip—hetsy interessante klip, werktuig, versteende been of hout of ander klip, my oog ontglip nie, en geoloë wat iewers in die verre toekoms opgrawings op my erf doen, gaan beslis kopkrap oor hoe so ‘n bonte versameling daar beland het, al is heelwat aan veral die Nasionale Museum in Bloemfontein geskenk.. Hierna het ek in die Kinderensiklopedie oor die Zimbawe-ruïnes gelees in ‘n tyd toe nog min oor die herkoms bekend was. Kort daarna lees ek in ‘n Dennis the Menace-strokiesboek van die Asteekse beskawing, en my belangstelling in argeologie vat behoorlik vlam. Op universiteit was ek dan ook bevoorreg om Bybelse Argeologie as deel van Hebreeus te neem. My eerste argeologieboek, Beginning in Archaeology deur Kathleen Kenyon, het in 1971 ‘n netjies R3,45 gekos. Suider-Afrika het nie indrukwekkende piramides soos Egipte en Sentraal Amerika nie. Tog is Suider-Afrika ‘n baie interessante gebied vir die argeoloog om in navorsing te doen en oorblyfsels van ou kulture en werktuie te soek. Suider-Afrika word nie verniet die wieg van die mensdom genoem nie, met

aanduidings dat die vroegste mens hier ontwikkel het, en dat die moderne mens later ook hier ontwikkel het. Dit beteken dat getuienis van die mens se vroegste werktuie, soos klipwerktuie uit die eerste Steentydperk, hier gevind word. Ook oorblyfsels uit die middel– en laat-Steentydperke is gevind. Trouens, vandag woon enkele van die San-mense nog in omstandighede wat baie moes

ooreenstem met die laaste Steentydperk.2

2Voorbeelde van klipwerktuie uit die verskillende Steentydperke:Voorbeelde van klipwerktuie uit die verskillende Steentydperke:Voorbeelde van klipwerktuie uit die verskillende Steentydperke:Voorbeelde van klipwerktuie uit die verskillende Steentydperke: Handbyl uit die eerste (vroeë) Steentydperk Klipwerktuig uit die Middelsteentydperk Halfmaanvormige klipwerktuig uit die Laat Steentydperk Duimnaleskraper Eendbekskraper Deurboorde klip (‘n stok met ‘n skerp punt is daardeur gesteek, om die stok meer gewig te gee sodat kos

makliker uit die grond gegrawe kon word)

Page 5: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Wanneer aan antieke ryke soos dié van die Egiptenare, Hetiete, Babiloiniërs, Asteke, Inkas, Mayas, Tolteke en Olemeke gedink word, word Suider-Afrika maklik misgekyk. Tog het argeoloë lank in verwondering navorsing oor die Zimbabwe-ruïnes gedoen. Maar die Zimbabwe-ruïnes was deel van ‘n indrukwekkende gebied van klip-bouwerke wat tot diep in Suid-Afrika ingestrek het. Vandag nog bied die Mopungugwe-heuwel heelwat vir navorsers, terwyl die ommuurde Tswana-stat, Kaditshwene (ongeveer van 1600 tot 1823 bewoon) , in ooreenstemmende tye groter as Kaapstad was. 3 Baie van die argeologiese misteries bly onbeantwoord, en as dié boekie ’n persoon se belangstelling prikkel wat eendag as argeoloog van die antieke raaisels oplos, sal dit in sy doel geslaag het. Juis daarom word die misteries—sommiges heel waarskynlik verdigsels of mites, nie sonder meer nek omgedraai nie. Trouens, as die amateur-argeoloog, Heinrich Schliemann (1822—1890) soos sy tydgenote geglo het die verhaal van Troje was ’n mite as deel van Homerus se klassieke werke, sou hy nie daarna gaan soek en dit in 1870 gekry het nie! Trouens, hy het nie net die Troje van die hout perd (ongeveer 1240 vC) gekry nie, maar oorblyfsels van nege stede wat op die terrein gebou is. Trouens, argeoloë het gou vasgestel dat Schliemann verkeerd was oor die laag wat hy gemeen het die Troje was wat hy gaan soek het. Die Suid-Afrikaanse geheime soos die verlore stad van die Kalahari word dus nie sonder meer afgeskiet nie, maar die misterie waarin dit verweef is eerder benut om kliniese argeologiese terme en tegnieke te verduidelik, en verklarings vir wel

Bron: KennisBron: KennisBron: KennisBron: Kennis

3 2007Volksblad Bl.8 Briewerubriek Jou Mening Brief getuig van minagting

Ben Groenewald se brief, Jan van Riebeeck het dit nie begin nie (13 Maart 2007), waarin hy minister Pallo Jordan knyp, getuig ongelukkig ook nie net van onkunde nie, maar minagting van inheemse kulture. Skynbaar verwar hy die inheemse inwoners van Van Riebeeck se tyd met die oertydse grotbewoners met sy stellings dat hulle in grotte en in die bosse gebly het, en nie plekname geken het nie. Hulle het. So weet ons via die Korannas wat die Koi-inwoners se naam vir die Sandrivier was. Ook Gariep het sy naam in ’n Koi-taal. Dit sal Groenewald ook loon om te gaan nalees oor die ommuurde nedersetting Kaditshwene naby Madikwe wat van omstreeks 1600 tot 1823 bewoon is, en volgens navorsing groter was as Kaapstad in die ooreenstemmende tydperke. Om in die debat oor plekname en hul herkoms neerhalend teenoor ander te wees stook net die gees teen versoening, en help glad nie die saak om vir sekere plekname te stry nie. In hierdie saak is vriende met gedeelde belange van die allergrootste belang en kan die wit Afrikaner en bruin mense hande vat om die naam Bloemfontein te behou, wat volgens sommige bronne na die Koranna-hoofman Jan Bloem genoem is. Koba van Rooi Petuniastraat 4, Heidedal

Page 6: Argeologie Vir Beginners@Misterie

bekende klipbouwerke te vind.

Definisie: Wat is argeologie?

Met ‘n definisie kan die romantiek so maklik uit argeologie gehaal word. Hoewel daar in die werk van ‘n argeoloog min plek vir die romantiek is, is dit waarskynlik

in die meeste gevalle so dat die romantiek wat die argeologie omhul die persoon in die eerste plek getrek het om argeoloog te word—om self te help om tergende geheime te ontrafel. Gereeld onderneem Suid-Afrikaners nog ekspedisies na die Kalahari om na die ontwykende Verlore Stad te gaan soek. Elders in die wêreld word verhale geskryf met Atlantis en Mu, beskawings wat volgens oorlewering onder die see verdwyn het, as tema. Die harde werklikheid is maar te dikwels tydsame en moeisame uitgrawings met ‘n troffeltjie, teelepel en tandeborsel sodat kosbare artefakte nie beskadig word nie,

onder primitiewe omstandighede. Moderne tegnologie help darem ook, soos radar en sonar, lugfoto’s en telefotografie.4 Die Wêreldspektrum beskryf argeologie as die wetenskaplike studie van oorblyfsels van menslike lewe en bedrywighede van die Oudheid, en word daarom ook die oudheidkunde genoem. Dit wat die argeoloog vind (artefakte) moet binne ’n bepaalde konteks geplaas word. So sluit die argeologie by die geskiedenis aan—dit vul leemtes omdat die geskiedenis nie altyd bewaar gebly het nie. Dit is skokkend om te lees hoe die opgetekende geskrifte van baie beskawings deur veroweraars of opvolgers self vernietig is. Argeoloë speel nou ’n baie belangrike rol om daardie geskiedenis te rekonstrueer. Nie alle beskawings het skrif geken nie, en werklike opgetekende bronne het dus ook nooit bestaan nie. Soms het kennis oor ou skrifvorme of selfs die taal verlore gegaan, en is dit baie moeilik om dit te ontsyfer. Baie geheime is moontlik opgeteken in die hiërogliewe wat op die bouvalle van die Titicacameer in die Andes gevind is, maar nie ontsyfer kan word nie. In Suider-Afrika is nie regstreekse geskrewe bronne uit die oudheid nie. Onlangs het die Chinese regering ‘n kopie van ‘n antieke kaart wat Chinese seevaarders lank voor Bartolomias Diaz van Kaappunt geteken het, aan die Suid-Afrikaanse parlement oorhandig. Uit ander antieke geskrifte wil dit voorkom asof ook die Fenisiërs lank gelede om die Kaap gevaar het. Hoewel argeologie by die geskiedenis aansluit, toon die werkwyse van die argeoloog veel meer ooreenkomste met die natuurwetenskappe. So skryf Wêreldspektrum dat dit bykans ondenkbaar is dat ‘n argeologiese

4 Kenyon, Kathleen M.: Beginning in Archaeology, 1971

Page 7: Argeologie Vir Beginners@Misterie

opgrawingsverslag nie ook bydraes van geoloë, mineraloë, plant– en dierkundiges, antropoloë en chemici sal bevat nie. By verskeie opgrawings kon al heelwat te wete gekom word deur oorblyfsels van byvoorbeeld stuifmeel te bestudeer.

Argeologie en die Bybel

Is die Bybel en argeologie in stryd met mekaar? Nee, dit kan nie. Thompson beskryf Bybelse argeologie soos volg: “When we extract from the field of general archaeology all the material that is relevant to the Bible, then organise our material into a formal study, we have the substance of a course in Biblical archaeology.”5 Thompson wys op vier aspekte wat vir die Bybelstudent van waarde is:

1. Dit skep die agtergrond waarin mense soos Abraham geleef het, 2. Tweedens is die Bybel nie ‘n volledige rekord van sy tyd nie. 3. Die argeologie help om dele van die Bybel te vertaal en te verstaan wat

andersins baie moeilik sou kon geskied 4. Bybelse argeologie het ‘n belangrike rol gespeel om skeptisisme oor die

geskiedkundige akkuraatheid van die Bybel, wat aan die einde van die 19de eeu posgevat en na die begin van die 20ste eeu oorgeloop het, verkeerd te bewys.

Soos ons binnekort sal sien, strek die laaste Steentydperk tot ongeveer 10 000 jaar terug. Dit is maar ‘n fraksie van die ouderdom van die aarde, wat op ongeveer 4 500 miljoen jaar bereken word. DNA-toetse dui daarop dat die gesamentlike voorouer van die mens en die gorilla sowat 10 miljoen jaar gelede uit mekaar ontwikkel het, terwyl die gesamentlike voorouer van die mens en sjimpansee sowat 5 miljoen jaar gelede uit mekaar ontwikkel het. Ons het pas heeltemal buite die tydsraamwerk van die argeologie beweeg, en die velde van die paleontologie, die geologie en geomorfologie betree. Die doel hiervan is bloot om ‘n tydskonsep te vorm. In die jongste aantal jare het ‘n leerstuk ontwikkel, wat bekend staan as die jong aarde kreasionisme. Volgens hierdie leerstelling is die ganse skepping slegs sowat 6 000 jaar oud. Dit is sommer gou duidelik dat hierdie leerstelling onbestaanbaar is naas nie net die geologie, geomorfologie en paleontologie nie, maar ook die argeologie en Bybelse argeologie omdat die mense se kultuuraktiwiteite veel, veel verder terug strek as 6 000 jaar. Trouens, die laaste ystydperk het sowat 10 000 jaar gelede ten einde geloop, en verklaar hoekom soveel artefakte, soos ook klipwerktuie aan die Suid-Afrikaanse kus, taamlik diep in die see aangetref word. Die MacMillan Bible Atlas wys onder meer daarop dat die stad Jericho reeds 7 000 jaar gelede ‘n ommuurde stad was, terwyl dit onseker is of dié stad werklik so ‘n uitsondering van sy tyd was. Dié bron meld ook dat die vroegste menslike bewoners die landstreek reeds sowat ‘n half miljoen jaar gelede bewoon het. Die jong aarde kreasionisme verskil van die ou Bybelse opvattings deurdat dit die

5 Thompson, J.A,: The Bible and Archaeology, 1973

Page 8: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Bybel as “bewysboek” gebruik, eerder as geloofsboek. Dit ruim dus geen plek in vir Bybelse argeologie en dus behoorlike teologiese ondersoek in nie. Die jong aarde kreasioniste ontken nie die bestaan van dinosourusse nie, en ook nie kontinentale drywing nie. Hoewel op baie van dieselfde argumente staatgemaak word as die aanhangers van die plat aarde teorie, word nie noodwendig geglo die aarde is plat nie. Die probleme wat die jong aarde kreasionisme ervaar, word onder meer verklaar deur te beweer die dinosourusse en die mens het saam geleef (en dat die dinosourusse byvoorbeeld saam op die ark was) en dat die kontinentale drywing in een jaar plaasgevind het. Verklarings word ook aangebied oor hoe dit moontlik is dat sterre wat miljoene ligjare van die aarde af is se lig die aarde binne sesduisend jaar kon bereik. Wetenskaplike bewyse dat kontinentale drywing teen enkele sentimeters per jaar plaasvind, DNA-toetse en self die uitdyende uitspansel word as sameswerings en bedrog deur wetenskaplikes afgemaak. Bepaal die Bybel werklik dat die aarde net 6 000 jaar oud is? Die 6 000 jaar word skynbaar bereken deur stamregisters wat in die Bybel aangeteken is, se tydperke bymekaar te tel tot by Adam en Eva. Die skeppingsdae word dan letterlik opgeneem om ook die tydperk van “woes en leeg” tot enkele 24-uur dae te reduseer, hoewel die son volgens hierdie letterlike opvatting toe nog nie geskep was nie. Die twee Bybelse verwysings, een in die Ou en een in die Nuwe Testament dat een dag vir God soos ’n duisend jaar is, en ’n duisend jaar soos een dag, word geïgnoreer of uit konteks gehaal. (Psalm 90 en 2 Petrus 3, NetBible). Die werklike verklaring eindig ook nie hier nie. Die duisend jaar simboliseer die oneindigheid (God het immers tyd ook geskape). Die getal “duisend” speel ‘n baie belangrike simboliese rol in veral die Ou Testament. Ons lees byvoorbeeld hoe die Israeliete toe hulle Kanaänitiese stede met die banvloek getref het, “tienduisende” doodgeslaan het. Argeologiese opgrawings bring egter aan die lig dat van hierdie “stede” klein nedersettings van skaars enkele honderde inwoners gehad het. ‘n Tweede dwaling deur die jong aarde kreasioniste is om die Hebreeuse woord “ben” wat in stamregisters gebruik word, deurgaans met “seun” in plaas van “nageslag” te vertaal. Wanneer die Bybel teologies suiwer gebruik word, is daar geen botsing meer tussen die argeologie en die Bybel nie. Trouens, Bybelse argeologie speel ‘n baie belangrike rol om die Bybel beter te verstaan. So is byvoorbeeld aanvanklik geglo dat Moses self die outeur van die eerste vyf boeke van die Bybel was. Dit het egter geblyk dat van die stede waarna verwys word, eers ontstaan het lank na Moses se dood. So kon dan vasgestel word dat die “boeke van Moses” die werk van ‘n groot aantal skrywers was wat oorleweringe opgeteken het. Skrif self het taamlik laat in die mens se geskiedenis ontstaan, en daarom is baie op oorlewering gebaseer. Bybelse argeologie het ook aan die lig gebring dat die huisgode wat Lea by haar vader, Laban, vasgelê het nie afgodsbeeldjies was nie, maar in die besproeiingsgebiede van Mesopotamië die benaming was vir titelaktes van grond was.

Page 9: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Danksy die opgrawingswerk en ander navorsing van argeoloë het ons vandag ‘n taamlike beeld van hoe Salomo se tempel, asook Herodes se tempel daaruit gesien het. Trouens, op hierdie manier het ons ‘n idee hoe Jerusalem en ander stede in verskillende tydsvakke gelyk het. Verklarende Bybels soos NetBible se verklarende notas is in ‘n groot mate geskoei op die resultate van argeoloë se navorsing. So bestaan die Bybel en die argeologie in harmonie—dit kan immers anders nie want beide is die produk van God se skepping. In die lig hiervan is dit ironies dat die jong aarde kreasioniste nie net bestaan nie, maar in getalle groei. Trouens, in so ‘n mate dat die Europese Unie, gesteun deur verskeie Christen-demokratiese regerings, in 2007 ‘n gewysigde dokument aanvaar het met die titel, Die gevaar van kreasionisme. Ingevolge dié besluit mag jong aarde kreasionisme nie as deel van wetenskapvakke op skool aangebied word nie. Die frustrasie wat met die jong aarde kreasionisme ervaar word, is dat dié teorie alle ander benaderings, insluitend die ou aarde kreasionisme, Godgedrewe evolusie en “intelligent design” as onbybels verwerp, en byvoorbeeld nie die onderskeid tussen Godgedrewe evolusie en toevallige evolusie erken nie. Talle Christene, en heel kerkverbande, word hierdeur tot “nie-Christene” verklaar, ’n oordeel wat slegs God self toekom. Die sogenaamde “oortuigende bewyse” deur die jong aarde kreasioniste dat die mens en die dinosourus “tydgenote” was (walking with dinosaurs) kan met enkele aantekeninge afgemaak word. Eerstens kom nie alle aspekte van tydvakke in dieselfde grondlae en selfs rotslae voor nie. Een van die argeoloë se gunsteling delfplekke is juis asgate. Hierdie asgate is uiteraard deur die lae van verskillende tydvakke gegrawe. Troje is maar een voorbeeld waar mense oor duisende jare op dieselfde terrein die een stad na die ander op die murasies van ‘n verwoeste stad gebou het. Dit verg dus deeglike wetenskaplike kennis om te kan onderskei tussen items wat dieselfde ouderdom het as die laag waarin dit gekry is, en veel jonger items wat in die ou laag begrawe is. Soortgelyk beteken die opgrawe van veel jonger klipwerktuie in baie ou rotslae in Tafelberg nie dat die rotslae verkeerd gedateer is nie, maar dit kon grotte gewees het wat voorheen bewoon was, en ingestort het. Die paleontologie ken die begrip van ‘n “nismark” en ‘n dier sal dus gewoonlik ontwikkel om in daardie “nismark” te bestaan. In die era van die dinosourusse was daar onder meer “reptielvisse” wat presies dieselfde funksie vervul het as die soogdiere soos dolfyne nou doen. Dié “visse” het ook baie soos die dolfyne gelyk. Ook vlieënde reptiele het voorgekom. Selfs vandag, na baie jare se opgrawings, word gereken dat oorblyfsels van slegs ‘n baie klein fraksie van alle dinosourusse wat bestaan het, al gevind is. Dat daar ‘n “nismark” sou wees vir ‘n dier wat oppervlakkig kenmerke van die mens sou kon hê is nie net moontlik nie, maar waarskynlik. Voetspore van “mense” binne dinosourus-voetspore is dus nie so onmoontlik nie. Bronne wat die jong aarde kreasioniste as bedrog afmaak, wys byvoorbeeld daarop dat die jong aarde kreasioniste onderneem het om verwysings na dinosourusspore bo-oor mensspore uit hul literatuur te verwyder, sou een van hul eie mense bewys dat die spore nie mensspore was nie. Na dit wel gedoen is, is die literatuur

Page 10: Argeologie Vir Beginners@Misterie

hiervan ook gesuiwer, hoewel dit weer sedertdien teruggevoeg is. Ook die voorbeeld wat graag gebruik word dat lawa wat wetenskaplikes sou bevind het, miljoene jare oud is terwyl dit van ‘n relatief jong uitbarsting afkomstig was, is bewese bedrog. Die jong aarde kreasioniste het naamlik op koolstoftoetse aangedring en daarvoor betaal, terwyl die wetenskaplikes daarop gewys het dat koolstoftoetse nie op rotsouderdomme gebruik kan word nie, en ‘n foutiewe lesing noodwendig was. Ook aansprake dat die uitdyende heelal “verkeerd bewys is” is as bedrog bewys, deurdat die liggolflengtes van ‘n enkele hemelligaam uit miljarde gebruik. Ook dit word wetenskaplik maklik verklaar, soos wanneer ‘n fakkel op ‘n skip afgevuur word, en die skip dan kortstondig in ‘n “verkeerde rigting” onder die fakkel deurvaar, hoewel hulle in dieselfde rigting beweeg. Om te beweer dat daar in die afgelope 6 000 jaar dinosourusse geleef het, en dat die drake waarna Middeleeuse ridders verwys het inderdaad dinosourusse was, is met die huidige kennis tot ons beskikking gewoon laf.

Page 11: Argeologie Vir Beginners@Misterie
Page 12: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Wonderwerkgrot

Die oudste artefakte nóg is in die Wonderwerkgrot in die Noord-Kaap deur ‘n internasionale span ontdek. Om hierdie grot se ontdekking nou sommer as die Wieg van die Mensdom te wil tipeer, sal waarskynlik verkeerd wees, omdat vermoed word dat die inwoners wat vir hierdie ou werktuie verantwoordelik was, waarskynlik homo habilus was en net soos die Neandertal, nie ‘n direkte voorouer van die mens was nie. Die artefakte is 2 miljoen jaar oud, meer as ‘n miljoen jaar ouer as die vorige oudste wat in Spanje ontdek is. Die ontdekking van artefakte van sulke ou artefakte lui ‘n nuwe era in van waar paleontologie en argeologie ineen vloei. Die Noord-Kaapse provinsiale regering het fondse begroot om hierdie grot meer toeganklik vir die publiek te maak.

Volgens beskikbare literatuur is die ouderdom van die grottekeninge wat tot dusver bestudeer is, minstens 10 000 jaar oud. Die ontdekking van artefakte skuif nie net die datering van menslike bewoning in die grot baie ver terug nie, dit neem die datering van artefakte terug na ongeveer die oudste menslike vorm wat nog beskryf is. Dit is lank reeds bekend dat dit nie net die moderne mens en sy regstreekse voorouers is wat werktuie gebruik het nie. Verskillende vorme wat self uitgesterf, of waarvan die latere vorme uitgesterf het, het ook werktuie gebruik. Dit is dikwels onregstreeks afgelei soos die nabyheid van die vondste van hierdie oer-menslike oorblyfsels en artefakte – natuurlik nie opsig selfs baie bevredigend nie omdat daar verskillende verklarings kan wees oor hoe goed bymekaar gekom het wat nie bymekaar hoort nie – soos dat die een groep van die ander groep kon opgevreet het, en die slagoffers se oorblyfsels naby hul vreetlustige tydgenote se werktuie gevind kon word. Argeoloë het dikwels ook te make met artefakte wat in lae voorkom wat veel ouer is as die tydperke van hul eintlike herkoms. Latere bewoners wat ouer bewoners se items begrawe, is maar een verklaring hiervoor, maar ook grotte wat instort en plundertogte dien as verklarings. Daar moet dus wyer gekyk word, soos om die grootte van artefakte met die grootte van handpalms te vergelyk. In die reël word werktuie groter hoe verder terug dit dateer. In hierdie opsig is die Wonderwerkgrot se vondste ‘n uitsondering – dit is weer veel kleiner as die eerste steentydperk se artefakte. Hier sal ‘n mens natuurlik vir meer inligting moet wag, aangesien dit nog nie werklik bekend is watter soort artefakte gevind is nie. Tog, dit wat op die TV-beeldmateriaal gesien is, lyk soos ‘n kleiner weergawe van die handgrawer wat so kenmerkend van die eerste en Middel-steentydperke is. Dit is natuurlik nie nuut dat paleontoloë en argeoloë elders ter wêreld traag is om Suidelike Afrika as die wieg van die mensdom te erken nie. Dit geld beide die oervoorouer van die mens, en die eerste moderne mense veel later. Daar is selfs by geleentheid vernuftig bedrog gepleeg deur stukke sjimpansee-skedel en ander menslike stukke aan mekaar te las en in ‘n Britse gruisgroef te “ontdek.”

Page 13: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Wat wel soos ‘n paal bo water staan, is dat die bestaande kennis van menslike vaardighede, deur die ontdekkings erg beïnvloed gaan word.

Steentydperke

Die oudste Steentydperk is gewoonlik ouer as 50 000 jaar, die Middelsteentydperk het ongeveer van 10 000 jaar gelede tot 50 000 jaar gelede gestrek, en die jongste Steentydperk is tot ongeveer 10 000 jaar oud. Die Steentydperke is gevolg deur die Bronstydperk, en uiteindelik die ystertydperk. Juis omdat die San tot in die moderne tyd die Steentydperkkultuur behou het, is

kan argeologies gewys nie werklik van brons- en Ystertyd-perke in Suid-Afrika gepraat word nie, en word dit ook nie spesifiek behandel nie. Breedweg, soos op die foto en ander grafika blyk, het die werktuie geneig om oor tyd kleiner te word. Van die amandelvormige handbyle was 200 millimeter en selfs groter, terwyl die skrapertjies van die laat Steentydperk soms skaars groter as ‘n duimnael was.

Van die werktuie het duidelik houtstele gehad, maar van die houtgereedskap of dele van gereedskap het daar uiteraard niks oorgebly nie.6 Die tydperke kan nie presies afgebaken word nie, omdat dit nie oral ter wêreld dieselfde was nie. Trouens, vandag nog word gereken dat sommige San-mense basies tot die laaste steentydperk behoort. In Papoa-Nieu-Guinee word soms nog primitiewe stamme ontdek wat in hul leefwyse ooreenkomste toon met van die steentydperke.

Die eerste, of oudste steentydperk, is baie interessant omdat die werktuie deur verskillende menstipes gemaak is. Dit beteken dat daar nog oermense saam met ons voorouers geleef het, maar wat nie self ons voorouers was nie. ‘n Bekende voorbeeld hiervan is die

homo habilis. Nog ‘n bekende wat in ‘n stadium as die moderne mens se voorouer gereken is, is die Neadertalmens. Navorsing het egter getoon dat die

6 Die verskil in grootte tussen klipwerktuie uit die ou steentydperk (links) (Stellenbosch-kultuur) en die laaste steentydperk (Fauresmithkultuur). Werktuie uit die ou steentydperk was soms aansienlik groter as die voorbeeld, wat die skrywer van hierdie bundel hier vashou.

Page 14: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Neandertal en die moderne mens se voorouer (bv die Cro Magnon) lank saam geleef het. Dit maak dit baie noodsaaklik dat die argeoloë en paleontoloë asook ander wetenskappe baie nou saamwerk. Om ‘n skedel van ‘n sekere menstipe by die oorblyfsels van ‘n antieke vuur te vind, beteken nie noodwendig daardie tipe mens het vuur geken of eerder, bemeester nie. Die skedel kon gewoon die oorblyfsels van ‘n maaltyd van ‘n ander menstipe gewees het. Dat verskillende menstipes soortgelyke kulture in terme van hul werktuie en lewenswyse kon ontwikkel ten spyte van ooglopende verskille in breingroottes, is nie verrassend nie. Moderne navorsing op sjimpansees dui daarop dat troppe wat weens druk op hul natuurlike woudhabitat na die savannas uitwyk, se sosiale gedrag verander na groter tropgebondenheid, maar ook dat veel meer voorwerpe as werktuie ingespan word. Uiteraard verander die dieet ook. Die verskillende menstipes (en ander oerdiere) is die studieveld van die paleontoloog, maar dit is ook nodig dat die argeoloog weet waarmee hy werk. ‘n Belangrike, maar algemene, mistasting is dat evolusie altyd in ‘n progressiewe rigting plaasvind. Wat wel waar is, is dat nuwe vorme wat ontstaan, ‘n beter kans op oorlewing het as ‘n minder suksesvolle nuwe vorm. Wanneer dit begryp word, kan verstaan word waarom daar lang tydperke in die verlede was waar verskillende mensvorme gelyktydig bestaan het. Volgens ‘n bron is daar by die berg Karmel in Israel oorblyfsels van hebrides van die Neandertal en die homo erectus opgegrawe. Oor die algemeen word dit egter gestel dat daar nie opvallende vermenging van menstipes was nie. Fossiele dui daarop dat verskeie diersoorte waarvan daar vandag net een spesie bestaan, voorheen verskeie spesies was, of waarvan daar ‘n paar is, voorheen ‘n nog groter verskeidenheid was. Kameelperde het byvoorbeeld voorheen meer verwante gehad as net die taamlike verlangse neef, die okapi. Vandag word aanvaar dat al die mense tot dieselfde spesie en subspesie, naamlik Homo Sapiens Sapiens behoort. Tog is dit interessant dat veral ouer bronne geneig is om te bespiegel dat sommige rasse afstammelinge van verskillende mensevorme uit die verlede kan wees. Saam met Neandertal is Europa byvoorbeeld in ‘n stadium deur die ‘n ander menstipe, Cro Grimaldi, bewoon. Laasgenoemde het negroïdetrekke gehad, en was kleiner as die Neandertal, en veral Cro Magnon. Weens ‘n spoor van antieke rotsskilderinge van Suid-Europa af tot in Suider-Afrika wat ooreenkomste met dié van die San toon, is in ‘n stadium afgelei dat hulle die voorouers van die San kon wees. Hierdie “trek” deur die San (wat eintlik via rotsskilderye tot die Oeralgebegtes “teruggespoor” kon word, word vandag nie meer aangehang nie. So meld ‘n ou bron ook dat die Saldanha-mens moontlik ‘n voorouer van die Koi kon wees. Hierdie soort redenasie sou die lawwe effek hê dat verskillende spesies en subspesies in grootlikse isolasie van mekaar uiteindelik tot dieselfde subspesie sou ontwikkel.

Gestroop van misterie—die Zimbabwe-ruïnes

Min argeologiese vondste in Suider-Afrika het die verbeelding so aangegryp soos

Page 15: Argeologie Vir Beginners@Misterie

die Zimbawe-ruïnes. Hoe ouer die bronne, hoe meer word in die reël gefantaseer oor die herkoms hiervan. Argeoloë beraam die ouderdom van die bouvalle op tussen 800 jaar en ‘n duisend jaar oud. Tog is die mites wat daaraan gekoppel baie, baie ouer. Een van die verhale waaraan Zimbabwe graag gekoppel word, is die Bybelse verhaal oor koning Salomo en die Koningin van Skeba.

Omdat Skeba volgens die Bybel “in die suide” geleë was, is in ’n stadium aanvaar dit moes in Afrika wees. Vandag lyk dit veel meer of dit by Aden (die teenswoordige Jemen) kon wees. Dit het gely tot ‘n eindelose aantal verhale oor Salomo wat iewers in Afrika goudmyne sou hê. Die bekendste is stellig H. Rider Haggard se King Soloman’s Mines. Sommer ten aanvang dra die verteller, Allan Quatermain die verhaal op

aan die groot en klein seuntjies wat dit sou lees. Uit die antieke Egiptiese argiewe en uit ou Griekse geskrifte ontvou ook ‘n verhaal van hoe die Egiptenare telkemale vlote na “Punt” gestuur het. In ‘n stadium het Konining Hatsheput ’n ekspedisie in 1 492 voor Christus getaak om aan die Ooskus van Afrika met Punt handel te drywe.. Die vloot het met aansienlike hoeveelhede

handelsware teruggekeer. Van die bronne maak daarop aanspraak dat ‘n Fenisiese vloot in ongeveer 600 v.C om Kaap punt gevaar het, maar in die teenoorgestelde rigting as wat Bartolomias Diaz dit sowat 2 000 jaar later sou doen. Dit was tydens die

heerskappy van Necho. Nog ‘n aanduiding dat reise om Afrika dalk nie heeltemal ongewoon kon wees nie, was ‘n aanduiding van die Griekse reisiger Eudoxus. Hy het ekspedisies vir Farao’s in ongeveer 150 v.C na onder meer Indië onderneem. Tydens ‘n tweede ekspedisie het y by die huidige Kaap Hoorn gestrand (destyds Kaap van Speserye). Hier het hy ‘n skip se boeg met ‘n perdekop op uitgekerf in

die see sien dryf. Later het hy skepe met identiese boë in die Atlantiese oseaan aan die kus van Marokko gesien. ‘n Fenisiese ekspedisie om Kaappunt word ook elders gemeld, hoewel die geloofwaardigheid hiervan nie bepaal kan word nie. Hiervolgens het 13 skepe in opdrag van ‘n koning van Sidon ‘n hawe aan die Rooi See verlaat en aan die ooskus van Ham (Afrika” gevaar, en later om Kaappunt. In die Atlantiese Oseaan is die vloot deur ‘n storm oorval. Een van die skepe het van die ander weggedryf, en het later aan die kus wat vandag Brasilië is, uitgespoel. Hier is die lotgevalle glo teen ‘n rots uitgekrap, en is onder meer geskryf hoe ‘n offer aan Baäl gebring

Page 16: Argeologie Vir Beginners@Misterie

is. Baie van hierdie inligting—feit of fiksie—was nog nie bekend toe prins. Hendrik die Seevaarder die ekspedisies langs Afrika se weskus afgestuur het nie. Hulle was wel “bewus” van ‘n legendariese Priester Jan, ‘n Christen-heerser, wat oor ‘n misterieuse ryk iewers in Afrika sou heers. In hierdie fabelagtige ryk was soveel goud, dit is selfs deur die rysmiere uitgegrawe. Haas enigiets kon aan hierdie ryk toegedig word, en dit sou geglo word, soos dat die priester onvernietigbare klere gedra het. Teen die tyd dat Jan van Riebeeck die verversingspos aan die Kaap gestig het, is steeds volstoom na Priester Jan en sy ryk gesoek. ‘n Nuwe naam het egter intussen opgeduik: die ryk van Monomotapa. Bykans enigiets wat voorheen van Priester Jan en sy ryk geglo is, is nou op Monomotapa van toepassing gemaak. (Priester Jan se ryk het vermoedelik na die Ethiopiese Ryk verwys wat na die opkoms van die Islam van die Weste geïsoleerd geraak het). Een van Van Riebeeck en sy opvolgers se vernaamste opdragte was om na Monomotapa (en die goud) te gaan soek. Ook Van der Stell se besoek aan die koperberge by die teenswoordige O’Kiep was teen hierdie agtergrond. Verskeie ander name is ook aan Monomotapa gekoppel. Aanvanklik is dit die Ryk van Makalanga genoem, waaroor Monomotapa sou heers. Hierdeur is ironies naby aan die waarheid gekom. Die ryk het later die Latynse naam Vigiti Magna gekry. Trouens, in een van die ekspedisies was iemand wat verskeie Latynse tale kon praat, en wat dan vermoedelik as tolk sou kon optree as met Monomatapa se mense kontak gemaak sou kon word! Dat Monomotapa ‘n swart, Shona-koning sou wees wat via handelsbande met die Portugese in die teenswoordige Mosambiek bekend sou word, is nie gedroom nie. Monomotapa het oor ‘n groot deel van die huidige Zimbabwe regeer toe die Portugese hulle aan die begin van die 16de eeu aan die Mosambiekse kus gevestig het. In daardie stadium was verskeie nasies uit die ooste, waaronder veral die Arabiere, maar ook Indiërs en Chinese, al eeue lank aan die ooskus van Afrika bedrywig. Arabiese nedersettings het tot relatief laag aan die kus van Mosambiek voorgekom, en is deur die Portugese verower. Trouens, Mosambiek het sy naam te dankie aan ‘n Arabiese heerser, Musa bin Mbiki wat op die eiland, Mosambiek, regeer het. Een van die produkte waarmee handel gedryf het, was goud. Toe Adam Render in 1867 waarskynlik die eerste blanke was wat die Zimbabwe-ruïnes besoek het, en die Duitser, Karl Mauch dit in 1871 dit wêreldkundig maak, was die wêreld ryp om bykans enigiets van hierdie indrukwekkende bouvalle te glo. Dit word as die grootste antieke klipbouwerk Suid van die Sahara beskou. Dit bestaan uit drie dele, naamlik indrukwekkende bouwerk op ‘n koppie wat as deel van die romantiek die Akropolis gedoop is. Die tweede is die vallei van ruïnes, en die derde is die sg tempel, wat vandag beskou word as die blyplek van die stamhoof se vroue. Vandag is sowat 300 terreine bekend waar soortgelyke, maar kleiner bouwerke voorkom, en kom oor ‘n groot deel van Zimbabwe voor, asook in Botswana,

Page 17: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Suid-Afrika en selfs in Angola (die bronne verskil hieroor).

Raaisel in die middel van die stad

NÁ meer as ’n 100 jaar het een van Bloemfontein se tergendste raaisels weer ’n inwoner – ’n sluipslaper. Die skanskraal in die middel van Bloemfontein, ’n hanetreetjie agter Oliewenhuis in die veld, dateer volgens argeoloë minstens uit die Anglo-Boere-oorlogtydperk. Dit kan egter veel ouer wees en ’n waardevolle kultuurskat wees wat vlak teenaan ’n museum deur sluipslapers en kinders verniel word. Dié struktuur waarvan bitter min mense bewus is, is ’n

skanskraal van ongeveer 100 m x 50 m. Die muur self

is sowat een en ’n half meter dik en was skynbaar voor die aftakeling begin het, ook so hoog.7 Die skanskraal was heel moontlik een van die verskansings waaruit Bloemfontein se verdedigers op die oprukkende Kakies geskiet het, wat volgens Karel Schoeman se boek vanuit die suide al aan die westekant van Bloemfontein opgeruk het, terwyl hulle vanuit die koppies onder die lood gesteek is. Verskeie skanskrale, soos op die sogenaamde Spitskop 2 in Langenhovenpark, is bekend. Die een op Grant’s Hill agter Oliewenhuis is egter besonder groot en van almal die minste bekend. Maar hoekom meen kenners dat die skanskraal dalk

veel ouer is? My pa, wyle prof. Jan Toerien, wat oor ’n doktorsgraad in paleontologie beskik het, en saam met sy argeoloog-ma, Johanna, onder meer baan-brekerswerk onder die Chrissiemeer-San gedoen het, het daarop gewys dat ’n mens sou verwag die gebied waar so ’n klomp klippe bymekaar gemaak is, skoon van klip sou wees. Rondom die skanskraal is dit egter baie klipperig, veel meer as wat ’n mens sou verwag sou oop erodeer in die 70 jaar tot 1971, toe sy pa die eerste keer op die skanskraal afgekom het.

7 ‘n Foto oor die een kant van die ringmuur geneem, met ‘n toring op die nabyrige Naval Hill op die agtergrond Die tweede foro gee ‘n idée van hoe wyd die muur is, hoewel hierdie deel reeds baie inmekaar geval het. Nic Toerien sit op ‘n deel van die oorspronklike muur wat behoue gebly het en wat diue netjies aard van die klipwerk verklap.

Page 18: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Ook mnr. Johan Loock, bekende geoloog en oudheidkundige van Bloemfontein, sê hy het op geleentheid vanuit ’n vliegtuig ’n stam-skanskraal naby Bloemfontein op ’n koppie gesien. Hoewel dit nie dieselfde struktuur is nie – hy kan dit nie op die grond opspoor nie – dui dit tog dat stamme wat sulke klipskanse gebou het in die omgewing van Bloemfontein woonagtig was. Volgens argeoloë is daar verskeie oorblyfsels van klipstrukture binne die grense van Bloemfontein, soos in die Botaniese Tuine, wat met die ou sg. Byekorf-hutte verband hou, wat bv. In die Willem Pretorius-wildtuin aangetref word. Wat kwel, is dat bewaringskundiges nie wil glo dat dit bestaan nie. “Ek glo byvoorbeeld nie dit is nou al op die Erfenisstigting se rekords aangebring nie, selfs nie nadat foto’s hiervan reeds gepubliseer is nie. Die ironie is dat, sou ’n mens ’n hek aan die agterkant in Oliewenhuis se omheining aan-gebring het, kon besoekers dit maklik op die 100-jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog

besoek het. Dis waarskynlik sowat 100 m van die heining af geleë. Maar die

herdenking het gekom en gegaan sonder dat die skanskraal enige erkenning gekry het.”

Verlore stad van die Kalahari

Min Suid-Afrikaners weet nie van die legende van die verlore stad wat naby Mier in die Kalahari ontdek sou wees nie. ‘n Amerikaner, Gilarmi A. Farini het in 1885 daarop aanspraak gemaak dat hy hierdie groot stad by Mier in die Kalahari ontdek het. Talle ekspedisies om die stad op te spoor, onder andere een waaraan die bekende Alan Paton deelgeneem het, het niks opgelewer nie, hoewel Farini in detail beskryf het waar hy die stad ontdek het. Bestaan daar werklik so ‘n stad? Farini word as ‘n

aspirant-ontdekkingsreisiger beskryf. Hy sou ongetwyfeld kennis geneem het van die opskudding wat die wêreldbekendstelling van die Zimbabwe-ruïnes sowat 14 jaar tevore veroorsaak het. Deur op ‘n soortgelyke vonds aanspraak te maak, sou Farini verseker dat sy naam verewig sou word. Sy loopbaan as waagarties was skynbaar aan die taan.8 Maar beteken dit dat die stad nie bestaan nie? Ten eerste moet in gedagte gehou word

dat bouwerke wat met Zimbabwe se bouwerke geassosieer word tot in Limpopo, Botswana, Namibië en volgens sommige bronne tot Namibië gevind is—’n totaal

8 Foto’s: ‘n Voorbeeld van Pedi-bouwerk bo, en die Tswana-bykorfhutte soos dit in byvoorbeeld die Willem Pretorius-wildtuin voorkom. Die Tswna’s het soms baie groot statte gebou.

Page 19: Argeologie Vir Beginners@Misterie

van sowat 300. Dit is dus nie onmoontlik nie dat Farini op so ‘n bouval afgekom het, en oor die omvang oordryf het, asook die vasstelling van die ligging verkeerd gehad het. ‘n Tweede meer waarskynlike verklaring is dat die bouwerke van Tswana-oorsprong kon wees. Soos ons reeds gesien het, het minstens sommige Tswana– en verwante stamme dikwels klip vir die bou van hutte en omheinings gebruik. Boonop was Tswana-statte soms geweldig groot. Elders is ook geskryf oor antieke hutte wat in 1872 op ‘n koppie in die Kalahari gekry is. Volgens die beskrywing van die hutte, wat klein was, kon hulle met die byekorf-hutte van die sogenaamde Legoya ooreengestem het, en dus ook van Tswana-oorsprong gewees het. Kontak met die bewoners van wat later as die Zimbabwe-ruïnes bekend gestaan het, kon boustyl beïnvloed het. Artefakte, en veral Europese krale wat onder meer by die byekorf-hutte in die Willem Pretorius-wildtuin gekry is, dui daarop dat nie net die mense van die ou Zimbabwe nie, maar ook die Tswanas wyd handel gedryf het (deur “middelmanne” en dit sou baie onwaarskynlik wees dat daar nie ook tussen die vroeë Tswanas en inwoners van die ou Zimbabwe ook kontak soos handelskontak sou wees nie. Dit moet in gedagte gehou word dat die inheemse inwoners die mitologie oor die Verlore Stad aangehang het lank voor Farini aangehang het. Farini het juis op ‘n

bestaande mitologie geteer. En ander bouvalle en artefakte maak dit ook nie so maklik om die mitologie sommer as mite af te maak nie. Hieronder tel die sogenaamde bobbejaankop, wat in styl sterk ooreenkomste met die Zimbabwiese voëlfiguur toon.9 Die voorkoms van dolomitiese gange wat water na plekke soos Kuruman se oog, die Wonderwerkgrot en Daniëlskuil neem, dui aan dat daar ook waterbronne vir betreklik groot bevolkings in die Kalahari kon wees.

Ook die vraag oor hoekom so ‘n stad—en ook die Zimbabwe-bouwerke ontruim sou word kan aan die hand van argeologiese parallelle verklaar word. Die voorkoms van “tel’e” in die Heilige land, asook die verskillende lae van Troje, dui hoe die een beskawing na die ander stede op dieselfde plek gebou het—na die vorige om ‘n verskeidenheid redes verlaat is. Dit is soms deur vyande verwoes, dit is soms deur aardbewings verwoes, brande het stede soms in puin gelê, en dan is daar die komplekse faktore wat mooi aan die hand van die Maya-stede verklaar kan word. Hier is imposante geboue soos piramides en tempels opgerig, en ‘n ruk lank bewoon voor die stede doodeenvoudig verlaat is, en weer elders herbou is. Dit is afgesien van die drie fases waardeur die Mayaryk gebloei, en gekwyn het. Navorsing het getoon dat die hoofoorsaak vir die verlaat van die stede waarskynlik in die boerderymetodes gevind kon word. ‘n Stuk woud is afgebrand, en mieliepitte asook ander gewasse se pitte is in holtes geplaas wat deur skerp

9 Die vreemde beeldjie van die bobbejaankop van die Kalaharie

Page 20: Argeologie Vir Beginners@Misterie

bamboestokke gemaak is. Na ‘n paar seisoene is die grond geheel en al uitgeput, en word ‘n ander stuk woud afgebrand. Die proses word herhaal tot die landerye werklik ver van die stede is. Soos in die geval van die Zimbabwe-ruïnes het die gewone Mayas nie in die geboude deel van die stede gewoon nie, maar in ruwe hutte wat nie werklik verskil het van die ander stamme nie. Dit was hierdie gewone mense wat die kos moes voorsien, en hulle het min gemeen gehad met die adel en geestelikes wat wonderlike beskawingspeile in die stede gehandhaaf het. Danksy die roofbou sou ‘n stadium gewoon aanbreek waar na nuwe landbougebiede gesoek moes word. Die “stedelike” bewoners sou doodgewoon moes saamtrek of sonder kos sit. Met kruipende woestynvorming in die Kalahari, en gewasse (byvoorbeeld sorgum) wat veel meer aandag as die mielies en pampoene van die Mayas sou vereis, is dit te verstane dat die bestaandruk op ‘n stad / stat wat nie behoorlike bespoeiingsvaardighede het nie, ontsettend groot sou wees. Trouens, in Zimbawe word soms ook aanspraak gemaak dat die Zimbabwe-beskawing deur ‘n vroeëre beskawing voorafgegaan is. Terrasse en (bespoeiings)kanale wat soms selfs deur rotstonnels loop, word as argumente hiervoor aangevoer. Die voorkoms van doleriet-intrusies kan ook ’n moontlike vergissing oor ’n groot stad verklaar. Doleriet (ysterklip) in gesmelte vorm het soms deur nou skeure in die aardoppervlak gebeur. Wanneer die sagter omringende materiaal wegge-erodeer word, bly daar soms “ysterklipmure” agter. Om dit nog meer soos mure te laat lyk, stol ysterklip in blokvorme, met die blokke wat al kleiner word namate die stolling nader aan die oppervlak plaasgevind het. Hierdie “stene” sou uiteraard ook nuttige stene vir bouwerke deur mense wees. Groot ooreenkomste is dan ook al tussen sketse deur Farini en sulke natuurlike rotsformasies gevind. ‘n “Pad” van steenblokke in die vlak see van die Mexikaanse Golf het onder andere vlieëniers wat dit uit die lug kon sien gefassineer. Groot dele van die golf was in tye toe die seevlak laer was op droë grond, en het ook primitiewe stamme in staat gestel om gebiede te bewoon wat later weer eilande geword het. Uiteindelik is vasgestel dat die blokke na natuurlike oorsprong is. Sedertdien is weer aangekondig dat ‘n stad glo onder die see ontdek is, wat onder meer piramides bevat wat gedeeltelik deur sand bedek word. Hieroor is nie onlangs weer gehoor nie Van die ekspedisieleiers op soek na hierdie verlore stad in die Kalahari meen die stad kon deur ’n sandstorm begrawe gewees het. Uitgrawings elders ter wêreld toon ook dat sand verlate beskawings vinnig kon bedek, soos ook in Mesopotamië gebeur het. In een geval sou die soektog gedoen word deur elektroniese toerusting wat meer as tien meter diep in die sand sou kon “sien.” Hoewel die aanduidings nou is dat Farini kluitjies gebak het, sal die uiteindelik ontdekking van selfs ‘n taamlike groot geboude stad / stat ernstige argeoloë nie werklik verbaas nie.

Page 21: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Die Koranna: Dalk die Proto-verhaal van die Afrikaanses?

Om ‘n onderhoud met prof. Raymond Beddy oor die geskiedenis van die Korannas te voer, is soos om oor ‘n honderd jaar ‘n onderhoud met ‘n laaste nasaat van die eens talryke Afrikaners of Afrikaanses - te praat wat nog met nostalgie oor die gloriedae te kan gesels. Beddy is die skrywer van die boek Inleiding tot die geskiedenis van die Koi-San. Dis die ongemaklike gevoel wat ‘n mens nie kan ontsnap nie – as die Korannas tot die vergetelheid kan behoort, wat keer dat dieselfde diegene wat Afrikaans omarm in die toekoms te beurt val as hy nie sy belange bly omarm en koester nie? Wanneer die Korannas in ons literatuur ter sprake kom, is dit dikwels in konfliksituasies, veral langs die benede-Oranjerivier. Dat die Korannas wydverspreid in die Vrystaat gewoon het, en dat Bloemfontein sy naam volgens die mees betroubare inligting aan ‘n Koranna-hoof, Jan Bloem, te danke het, is minder algemeen bekend. Die Korannaberg in die Oos-Vrystaat se naam dui aan dat dié Koi-volk tot by Ficksburg voorgekom het. Jan Bloem se oupa was ‘n Duitsers wat “iets vreesliks” in die Kaap aangevang, en vir die gereg uit die destydse kolonie aan die Kaap gevlug het. Met sy bietjie geleerdheid het sy nasate, waaronder Jan Bloem, ‘n status verwerf. Die bekende geskiedskrywer, Theal McCall het reeds voor die Brits-egpaar aan die fontein kom woon het, na Jan Bloem verwys en dit dui aan dat Bloemfontein se naam aan dié Korannahoof, wat volgens die geskiedenisboeke redelik weerskante van die gereg beweeg het, ontleen het. Hierdie geskiedenis is ‘n jaar of wat gelede netjies in ‘n brief aan Volksblad deur prof. Pieter Labuschagne uiteengesit. Trouens, van Jan Bloem se nasate woon steeds in Bloemfontein, maar die bekendste nasaat is stellig dr. Neil Bloem, ‘n mediese praktisyn van Port Elisabeth. Die Korannas se stryd was volgens prof. Beddy meestal teen die Engelse. Hul verhouding met die Afrikaner was dikwels goed, soos die grondgebied wat Stellaland en Goosen sou word, deur die Koranna-hoofman, Riet Taaibos, uit erkentlikheid vir hulp aan die Boere geskenk het. Toe die Britte die grondgebied oorneem, het Taaibos en sy twee seuns in ‘n bloedbad omgekom. Ook die diamantgronde in die Noord-Kaap was in werklikheid Korannagronde, maar is hanteer asof dit Griekwagronde was omdat die Britte ‘n beter verhouding met die Griekwas gehad het. Ook Kanoneiland was Korannabesit. Prof Beddy glimlag afsydig toe hy die uitdruk van my rubriek sien waar ek oor die herkoms van die naam Kanoneiland geskryf het. Hoe die hoofman besluit het om die oprukkende Boere in eie munt terug te betaal, en ‘n kokerboom laat uithol, en met allerlei skietgoed en skrapnel laat laai het. Na die slag, en hy die dood en verwoesting so aanskou, het hy glo gesê: “As dit hier so lyk, dink net hoe lyk dit daar by die Boere!”. “Eintlik was die Korannas se stryd teen die Engelse,” sê prof. Beddy. En dan maak die boek, Temmers van die Noordweste met sy tallose strafekspedisies teen veral Makataan, ‘n swart hoofman, meer sin. Die ekspedisies is in die naam

Page 22: Argeologie Vir Beginners@Misterie

van die Britse kroon uitgevoer, selfs al was daar geen Engelsman by betrokke nie, maar is selde teen die Korannas gevoer. In die Vrystaat het die Korannas se kerngebied na die gebied om ‘n Lutherse sendingstasie by Wurrasoord, of te wel Bethanië, gekrimp. Hier het Goliat Yzerbek en sy nasate die leiding geneem, en in 1910 het Timotheus Yzerbeck die eienaarskap van Bethanië hof toe geneem, maar die saak verloor. Prof. Beddy is ‘n afstammeling, aan moederskant, van die Yzerbeks. Die sendelinge het juis op versoek van die Korannas die sendingstasie gestig. Met die sluiting van die ooreenkoms tussen Adam Kok en die Britte, is spesifiek in die geskrewe ooreenkoms melding gemaak dat Wurasoord die Korannas se grondgebied is, en dat dit van die ooreenkoms met Kok uitgesluit is. Dié bepaling is ook in die Sandrivierkonvensie opgeneem. Na Bethanië het die Korannas in “diaspora” gegaan, en in Bloemfontein saam met die Tswanas die African Lutheran Church gestig. Met die groepsgebiedewet het die meeste Korannas in Heidedal en ander bruin woongebiede in die Vrystaat beland. Volgens prof. Beddy was die Koranas se grootste probleem dat hulle, anders as die Griekwas wat heelwat wegloperslawe geassimileer het, nie ‘n goeie begrip oor die waarde van grondbesit gehad het nie. So het dit gebeur dat hulle mettertyd grond kwyt is, onder meer Wurrasoord waarheen hulle die Duitse sendelinge genooi het. Hoewel daar in die omgang na 1950 min van die taal oorgebly het, oorleef sekere woorde steeds in die bruin gemeenskap, wat foneties klink soos Kwê (vrou), Kwêna (man), Nghoena (wit persoon) en ‘n Briep (swart persoon). ‘n Oggend-onderhoud is hopeloos te kort om sinvol gesprek te voer, veral as ‘n mens werklik belangstel. Daar is nog bitter baie van die geskiedenis wat nog herontdek moet word, sê prof. Beddy. Ouer bronne noem die Koi-tale as deel van die Hamitiese taalgroep, maar latere bronne koppel die Koi- en San-tale aan ‘n gemeenskaplike proto-taal – iets so oud dat al geskryf is oor die taal van Eden. DNA-toetse ondersktyf dat dit oud moet wees. Tog is prof. Beddy nie oortuig dat dit so in isolasie staan nie, en kyk hy na bronne wat ‘n verband na die Berbers (Hamiete) ondersoek, veral die Toaregs. Ook is daar nie ‘n lekker verklaring vir die effense anderse, en seegebonde leefwyse van die Topnaars van Namibië nie. En ‘n eeue-oue rotstekening in die Brandberg dui ‘n persoon aan wat aan sy wapentuig en voorkoms duidelik Koi is, maar lang hare het. En al soek hy wyd, en lees hy wyd, vra ‘n mens vrugteloos na ander fassinerende verhale in omloop – oor ‘n oer-Indonesiese verband wat skynbaar deur rotsgrafures onderskryf word, en die misterieuse Verlore Stad van die Kalahari. Prof. Beddy se kop staan in ander rigtings, en sy kop is propvol inligting en verhale wat nog vertel en opgeteken moet word. Van die Kora, die Goot Kora, die Klein Kora, die goeie gees wat soos klokslag as hy in sy skermutselings met die slegte gees (die duiwel) omkom, weer opstaan en so ‘n verstaanbare opening vir die sendelinge en die Christelike geloof gebied het. Die Sandawêh kry ‘n staanplek in die geskiedenis, en ook die Koi-stamme

Page 23: Argeologie Vir Beginners@Misterie

wat langs die Vrystaatse riviere geleef het soos die Anikwa, en die onderlinge taalverwantskappe. Stukkie vir stukkie word die geskiedenis hersaamgestel, en dinge val in plek. Maar dit gaan nog ‘n ruk neem.

Duisend jaar Christendom in Amerika!

Hierdie artikel word ingevoeg om te toon hoe geskiedenis wat in ‘n stadium wel bekend was, heeltemal verlore kon gaan. Ensiklopedieë het al vaer oor die onderwerp geword, en in ‘n stadium die Viking-kolonoasie openlik bevraagteken. Eers nadat ‘n deel van ‘n Nordiese spinwiel gevind is, is dit weer ernstig opgeneem. Intussen is met groter erns na die geloofwaardigheid van mondelings-oorgelewerde sagas gekyk, en kon die geskiedenis verbasend,

name en al gerekonstrueer word. In die jaar 2007 dit presies ‘n duisend jaar gelede dat die eerste Christene volgens talle aanduidings die eerste keer werklik in Noord-Amerika probeer vestig het.10 ‘n Paar jaar tevore het Bjarni Herjulfsson van ‘n reis na Ysland teruggekeer waar hy vertel het van die groot landmassa wat hy gesien het. Onder sy aanhoorders was die elfjarige Leif Ericson, seun van die bekende Erik die Rooie, wat aan Groenland sy naam gegee het. Leif is later bekeer, en wou graag die mense van Amerika, of Vinland soos die Vikings dit genoem het, bekeer. Onderweg het hy die Groenlandse koloniste gekersten.

Hierdie besoek het ongeveer in die jaar 1 000 NC plaasgevind. Hierna het Leif se broer, Thorwald, ‘n tydelike nedersetting gaan vestig, maar is deur inboorlinge om die lewe gebring. Hy is die eerste Christen, so ver bekend, wat in Amerika begrawe is, en volgens die sagas is ‘n kruis op sy graf geplaas. In die jaar 1007 het Thorfin Karsefeni en sy vrou, Gudrid, probeer om ‘n permanente kolonie te stig. Gudrid was die weduwee van nog ‘n broer van Leif. Meer as 150 immigrante het met talle lewensmiddele vertrek om die kolonie op te rig. Hierdie kolonie het drie jaar lank staande gebly. Gudrid se seun, Snorre, is moontlik die eerste baba van Christen-ouers wat in Amerika gebore is. 11 Die besbewaarde oorblyfsel van ‘n Noorse nedersetting is by L'Anse-aux-Meadows in New Foundland gevind, en volgens artefakte wat opgespoor is, is dit ook deur vroue bewoon. 10 ‘n Rekonstruksie van Vikinghuise. Dit is duidelik waarom dit baie moeilik sal

wees om sowat ‘n duisend jaar later nog enige oorblyfsels te kry.

11 Die binnekant van ‘n Vikinghuis

Page 24: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Een van die redes waarom die kolonie handdoek ingegooi het, was juis dat daar te veel mans en te min vroue in die kolonie was. Ook tydens vorige besoeke van die Vikings het vroue ‘n rol gespeel dat permanente vestiging in die slag gebly het, en het selfs tot slagtings tussen strydende Vikinggroepe gelei. Hoewel daar aanduidings is dat talle Europeërs, soos Grieke, Romeine, die Kelte en Iere voorheen die Nuwe Wêreld bereik het, en kort na die mislukte Noorse vestiging, die Walliese Prins Madog, is die Noorse ontdekking en nedersetting waarskynlik al wat werklik bewysbaar is. Daar is trouens baie aanduidings dat Columbus, tydens ‘n besoek aan Ysland, van Noord-Amerika verneem het. Hy sou ook in sy studies op geskrewe oorlewerings kon afkom. By hierdie eerste koloniste is die donder- en landbougod, Thor, se naam nog in talle se name opgeneem. Dit is bekend dat selfs na volledige kerstening van die Skandinawiërs, die heimlike aanbidding van Thor nog lank voortgeduur het. Tog is dit interessant dat die eerste geslag van bekeerdes by geboorte, reeds ander name gekry het, soos Snorre. (Die skrywer se van, Toerien, is ook onregstreeks van Thor afgelei. Dit dui naamlik na die dorpie van herkoms, Torestorp of Torsby in Swede wat op hul beurt weer na Thor vernoem is). Foto’s: Uit die rekonstruksies van buite en van binne gesien, is dit duidelik hoekom daar na duisend jaar so min opspoorbare oorblyfsels van die nedersettings is.

Die vervloekte walvis

‘n Saga uit die tydperk van die Vikingkolonosasie van Vinland. Die wind wat van die see af aanstu, is koud en onplesierig. Dit krap die gemoed van die eensame Viking wat die guur weer op ‘n strand van Vinland trotseer net verder om. Dis die jaar 1007, en sake verloop nie te goed vir die pas-bekeerde groepie Viking-koloniste op die kus van die huige Labrador nie. “Vinland, ba!” brom die Viking. “Van die land van wilde druiwe waar die trosse omtrent soos in ‘n aangeplante wingerd hang, is hier geen teken nie. G’n wonder Leif, wat die land Vinland genoem en ‘n paar jaar gelede sy eie nedersetting, Leifsbeddur verlaat en na Groenland teruggekeer het, wou nie saamkom om hierdie eerste permanente Christenkolonie te kom stig nie. “Al is hy ‘n Christen, lyk dit aard hy na sy pa, Erik die Rooie. Nie net moes Erik uit die ou land vlug na hy mense die josie in gemaak het nie, toe hy ‘n nuwe land ontdek noem hy dit boonop Groenland om nedersetters te lok. Dit terwyl die hele land omtrent deur die jaar verys is.” Van die koloniste hier in Vinland aangeland het, speel die weer glad nie saam om enige gewas tot oes te bring nie, en die wild is so skaars soos Viking-handelskepe. Ook die vis wil nie byt nie. Die hongerpyne knaag. Moedeloos gaan sit Thorin op ‘n groot klip en kyk uit oor die grou, troostelose see. “Met my geluk kry ek nog teenspoed by die Skraelings ook,” brom hy, verwysend na die barbaarse Indiane met wie die Vinkings tydens vroeëre besoeke al handel

Page 25: Argeologie Vir Beginners@Misterie

gedryf het, maar ook van tyd tot tyd in skermutselings betrokke geraak het. Selfs Leif se broer Thorwald, is tydens ‘n poging om ‘n tydelike nedersetting in Vinland te stig, deur die Skrealings vermoor. “Seker die eerste Christen om in hierdie ongenaakbare land onder ‘n kruis begrawe te word,” dink Thorin sluit sy oë om te bid, en onbedoeld rig hy sy gebed aan Thor. Hy besef met ‘n skok wat gebeur, maar na ‘n kort tweestryd voel hy gemakliker en tuis om weer Thor, wat nie net tot onlangs die Vikings se dondergod was nie, maar ook die god van landbou en klimaat. Hier in Vinland moet nou spoedig uitkoms kom. Wanneer Thorin sy oë oopmaak, kan hy sy oë nie glo nie. Sommer hier vlak naby die klipperige strand, swem ‘n walvis. Hy vlieg op en hardloop so vinnig as wat sy gespierde Vikingbene hom kan dra terug na die nedersetting, en roep al van ver af: “Thorvin, Gudrin, almal! Walvis. Daar is ‘n walvis.” Die 150 of so koloniste en hul kinders peul by die deure van hul snoesige hutte met grasgroen dakke uit. “Waar?!” roep Thorfin, die koloniste se leier. Hy neem ook nou dadelik die leiding oor. Thorin beduie strandaf uit die rigting waarvandaan hy gehardloop kom. Instinktief weet die manne Thorin sou hulle net kom roep het as die walvis nie te groot vir hul harpoene en bote was om baas te raak nie. Sommer gou gly die eerste bootjie in die water in, en die roeispane begin bedrewe die water klief. Nog ‘n bootjie volg, en nog een. Op elkeen se boeg staan ‘n groot Viking, harpoen gereed. Op die strand wag die vroue opgewonde. Hulle besef hoe belangrik hierdie vangs sal wees as dit suksesvol is. Hul kos is eenvoudig op, en nou is daar die vooruitsig van sommer baie kos wat vir baie lank kan hou. Nie lank daarna nie sien hulle die drie bootjies terug beur in die ontstuimige water. Van die manne wat hande los het, beduie opgewonde na die mense op die strand. Hulle sleep so wrintiewaar die walvis nader. Wanneer die karkas in vlak genoeg water is. Stroom al wat leef die water in, kap met hakke in die dier se vel en begin dit na die strand sleep. Die walvis is nog net ten dele uit die water, as die eerste stukke vleis na die vure aangedra word wat intussen aangesteek is. Die koloniste is baie honger, en daar gaan geen tyd verspil word om kragte te herwin nie. Saam met die walvisvleis kom ook waardevolle olie vir lampe en ander gebruike. Die Vikings is ou hande met walvisbewerking, en alles verloop seepglad terwyl ‘n bevel net af en toe gegee word om die werk eweredig verdeel te kry. Ook nie lank nie, smul almal heerlik aan die eerste stukke walvisvleis wat van die vure af gekom het. Maar terwyl die mense so smul, begin ‘n gerug te loop, ‘n gerug wat die kouery algaande na ‘n langtand-gekou laat verander. Uiteindelik staan Gudrin op. Sy is nie net die leier se vrou nie, sy is ook die weduwee van ‘n ander broer van die legendariese Leif, wat intussen sy oorlede vader, Erik die Rooie, as leier van die mense van Groenland en Vinland opgevolg het. Sy is ook die ma van Snorre, die eerste Christen wat op Vinland se bodem gebore is.

Page 26: Argeologie Vir Beginners@Misterie

“Thorin,” vra sy in haar harde stem, “Is dit so dat jy tot Thor gebid het net voor jy hierdie walvis gesien het.” “Vervlaks,” dink Thorin, “ek het dit net vir my vrou gefluister.” Hy aarsel. Maar uiteindelik kom sy stem: “Ja, dit het per ongeluk – uit gewoonte gebeur toe ons so swaar gekry het...” Die Vikings brom en spoeg die walvisvleis wat nog in hul monde was uit. “Ga, heidenskos,” laat meer as een hoor. Gudrin staan steeds, skynbaar in gedagte. “Nou wat maak ons nou?” vra sy. Haar man Thorfin het langs haar kom staan terwyl die Vikings ru onder mekaar argumenteer. “Ek dink,” sê Thorfin, “ons bid tot God om ons en veral vir Thorin te vergewe. Dan sleep ons alles wat ons nog nie geëet het nie terug die see in. Daar is nog ‘n gebrom uit sekere oorde, die swaarkry van geen kos nie, is nog lank nie vergete nie, maar dan word die eerste kind naar. “Dit lyk my God wil nie eens hê ons moet die kos inhou wat ons klaar geëet het nie,” sê Thorfin. Dit breek die laaste weerstand af, en die manne gryp die oorblywende deel van die karkas en begin dit see toe sleep. Intussen word nog meer van die koloniste naar, en die skaars verteerde vleis beland op die strand. “Maak gou!” begin van die koloniste nou op die ander gil, wat skynbaar nie hard genoeg aan die sleep was nie. Uiteindelik dryf die karkas in die grou see weg. Die Vikings versamel by hul nedersetting, en Thorfin lei die gebed. “O Here, die groot God wat ons maar pas leer ken het, vergeef ons ons onkunde en sonde. Amen.” Toe die Vikings hul oë oopmaak begin die son deur die grou wolke skyn. ‘n Paar manne wat op jag uit was kom met die vleis van ‘n elk by die nedersetting ingestap, totaal onbewus van presies hoe tydig hierdie gebeurtenis is. “Ons sal nie weer ‘n tekort aan vleis hê nie,” sê die ekspedisieleier. Ons het ‘n vleiland gekry waar daar nog baie is. Thorfin en Gudrun glimlag vir mekaar. Ook op die landerytjies lyk dit of die gewasse nou uiteindelik begin die mas opkom. (Hierdie nedersetting het so ongeveer vier jaar bly staan. Thorfin sterf hier, en Gudrin, soos die gebruik van baie Christenweduwees van daardie tyd, het ‘n pelgrimsreis na Rome onderneem waar sy ‘n paar jaar vertoef het. Die ander koloniste het later so konstant onder Skrealing-aanvalle deurgeloop dat hulle na Groenland teruggekeer het. Hoewel daar sprake van ander kolonisasies van die ou wêreld, soos die Walliese prins Madok is, was hierdie die laaste bewysbare Europese kolonisasiepoging. Die oorblyfsel van ‘n Viking-spinwiel wat by L’Anse Aux Meadows gevind is, was die finale bewys dat die Vinlandse sagas nie op mites geskoei was nie. Eers omtrent 500 jaar later het Europeërs hulle weer ernstig in die Nuwe Wêreld gaan vestig.)

Paleontoloog steeds onthou

Page 27: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Dertig jaar gelede wag die Afrikaanse digter / skrywer Barend J. Toerien op die J.F. Kennedy-lughawe in New York vir sy kleinneef. Hy keer later onverrigter sake terug na sy plasie by Kerhonkson noord van New York.

Eers later verneem hy hoekom sy kleinneef nooit sy opwagting gemaak het nie. Met die landing van hierdie vlug uit Suid-Afrika sterf nog een van die groot seuns wat

Namakwaland opgelewer het. Sy dood word dieselfde aand nog op TV in

Suid-Afrika aangekondig. Aan boord was Jan

Toerien, tweede oudste kind van Harry, in lewe bankbestuurder op Nieuwoudville en sy vrou Lita. Jan en sy broer, Rons en suster SC was as skoolkinders speelmaats van bekendes soos Koos, Willem en Andries Louw. Harry sterf egter jonk en Lita trek met die kinders Stellenbosch toe waar hulle almal matriek slaag. Hierdie skuif maak dit moontlik vir Jan om sonder matriek-wiskunde die wetenskapwêreld te betree. Destyds kon leerlinge aan Paul Roos Gimnasium danksy Maties sekere universiteitsvakke neem. Jan neem Geologie, en verkry sodoende toelating om Geologie te gaan studeer. Vakansietye werk hy op vrugteplase, en een vakansie op ‘n aarbeiplaas sodat hy tot sy dood met sy rug sukkel. Vir sy M Sc-verhandeling word hy deur die Royal British Academy se Suider-Afrikaanse tak (nou die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns) met ‘n medalje vereer. Dié moet hy in die destydse Salisbury gaan ontvang. Hy nooi sy suster SC, wat toe op Tweespruit skoolgehou het, saam op die lang treinreis, en sy nooi ‘n ander onderwyseres saam. So ontmoet Jan sy toekomstige vrou, Johanna Meyer, ‘n Vrystaatse plaasnooi. Jan werk aanvanklik by die museum in Pretoria, maar kort daarna word hy by die Bernard Price Instituut by Wits aangestel waar hy onder die beroemde prof. Raymond Dart werk, en hy ‘n lewenslange vriendskap met prof. Philip Tobias aanknoop. Hy behaal ‘n doktorsgraad in Paleontologie, en word dosent in Anatomie by Maties. Hy doen ‘n tyd lank navorsing in Switserland, en in 1961 is die hele gesin, toe reeds drie kinders sterk, vir ‘n jaar na die VSA waar Jan ‘n jaar lank navorsing by die Syracuse – universiteit doen. Later doen hy ook in Nederland navorsing. Hy behaal ‘n tweede doktorsgraad – die keer in embriologie, en word daarna die stigters-departementshoof in Anatomie van Kovsies se nuwe mediese skool. So

Page 28: Argeologie Vir Beginners@Misterie

word die Toerien-gesin in 1971 Vrystaters. Jan se geskiedenis as paleontoloog kom egter saam met hom Bloemfontein toe, waar hy kort-kort versoek word om in debatte oor evolusie op te tree. Hy self is egter ongesteurd, en hoewel hy uit sekere kringe erg gekritiseer word oor sy onbeskaamde standpunte vir Godgedrewe evolusie, dien hy as ouderling. Vroeër, as jongeling op Stellenbosch was hy die enigste lid van sy gesin wat nié in oom Pietie le Roux se Boereorkes opgetree het nie. Hy was egter vaste lid van die kerkkoor en het ook in verskeie ander kore gesing. Trouens, hy was baie lief vir klassieke musiek en het daarop aanspraak gemaak dat hy na slegs drie note kon sê wie die komponis was. In 1986 bel die Bloemfonteinse munisipaliteit om te verneem of hulle ‘n straat na hom kan vernoem. Jan sê egter dis teen sy beginsels dat iets na ‘n steeds lewende persoon vernoem word. Terselfdertyd ken die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns die Havenga-prys (die Biologie-weergawe van die Hertzogprys vir Letterkunde) aan hom toe. ‘n Paar maande later vertrek hy na New York om ‘n kongres toe gaan toespreek, van waar hy ook na Japan sou gaan om ‘n kongres daar te gaan toespreek. Destyds het Japan nie visums vir hierdie doel aan Suid-Afrikaners uitgereik nie, maar weens sy unieke kennisveld word ‘n uitsondering gemaak. Na sy dood op die ouderdom 51 ken die Mediese Navorsingsraad ‘n medalje aan hom toe. Hy het sy Namakwalandse wortels egter nooit afgeskud nie. Gereeld is sy gesin Nieuwoudville toe geneem en die geskiedenis van die omgewing vertel. Hy het egter ook die vermoë om humoristiese staaltjies te vertel. As sy kinders ‘n groepie mense gesien het wat kort-kort van die lag uitgebars het, kon hulle maar weet Jan is in die middel, besig om nog ‘n staaltjie uit Namakwaland op te dis. Selfs met sy roudiens (Jan is in die VSA veras) sê een van sy vriende vir sy ma, Lita: “As Jan self hier was sou hy weer ‘n grappie te make gehad het.” Die dekaan van die Mediese Skool, prof. Francois Retief, sê by hierdie diens Jan was ‘n merkwaardige leser. Hy het graag enigiets gelees van Keynes tot Louis Lamour. Ook Asterix-hulle, wat hy kort voor sy dood ontdek het, sou sy kinders kon byvoeg. Hoewel hy minder as sewe jaar ‘n Bloemfonteiner was, was die Klipkerk met sy roudiens stampvol. ‘n Effense ongewone vir destyds was ook die groot getal nie-blankes wat die diens kom bywoon het. Vandag het Bloemfontein ‘n Toerien-straat, maar dit is waarskynlik na ‘n destydse tydgenoot, prof. Daan Toerien vernoem. Jan se werke word steeds, na dertig jaar, deur navorsers van oor die hele wêreld in referate en navorsingstukke gebruik, soos ‘n mens deesdae deur die internet kan vasstel. Sy oudste seun, Herman, doen moeite om sy pa se staaltjies, veral dit wat uit Namakwaland kom, op te teken en vir die nageslag te bewaar. Hierin word hy goed ondersteun deur ‘n rubriek, Herrie se Kerrie, wat hy vir die Oos-Vrystaatse koerant, Vrystaat, skryf. Van die verhaaltjies is ook in die internet-boek, Die reine waarheid en ander liegstories, opgeteken. Enkeles hiervan is al oor radiostasies

Page 29: Argeologie Vir Beginners@Misterie

voorgelees. Hoewel Jan by die gewone publiek nie dieselfde bekendheid as sy kleinneefs, Barend en Heine Toerien (destyds van onder meer die Mielieblaar-klub en Stadig oor die klippe-faam op die radio) nie, was hy in eie reg merkwaardig. Iemand wat nie mediese opleiding gehad het nie maar wat deur die Mediese Navorsingsraad vereer is, en wat trouens nie Anatomie 1 verwerf het nie, maar departementshoof in hierdie vakgebied kon word.

Argeologie en die belang vir vandag se aktualiteit

Suid-Afrika ervaar vandag gereeld aandrang dat plekname na die “oorspronklike” plekname verander word. Dit veroorsaak gereeld groot spanning. In die Vrystaat is ons in die bykans unieke posisie dat stamme soos die Korannas en Griekwas die ou Koi-tale verstaan het, en ook Afrikaans magtig was. Op hierdie manier is daar, volgens mnr. Johan Loock wat tot in 2007 lid van die Vrystaatse pleknamekomitee was, heelwat van die oorspronklike name van riviere en ander plekname en hul betekenisse bekend. Net so is daar ‘n interessante stukkie geskiedenis aan die naam “Oranje” wat tradisioneel aan die Vrystaat gekoppel is. Een van die ou presidente van die Oranje-Vrystaatse Republiek het by geleentheid teenoor Nederland aangedui dat die “Oranje” ter ere van die Huis van Oranje in die naam gevoeg is. Die klaarblyklike doel was ‘n oop oor vir ‘n geldelike donasie. In werklikheid is die “Oranje” van die Oranjerivier afkomstig, wat op sy beurt na die Burghouer van Orangia vernoem is. Die betrokke plek maak vandag deel van Frankryk uit. Dit is duidelik dat ‘n deeglike kennis van die verlede noodsaaklik is om latere politiek te kan ontlont. Hoe verder terug in die geskiedenis gegaan kan word, hoe beter raak die kanse dat die oorspronklike losgemaak kan word van hedendaagse mededingende belange. Die naam van Bloemfontein is ‘n goeie voorbeeld. Volgens die amptelike webtuiste van die Mangaung-munisipaliteit is Mangaung die oudste bekende naam wat deur swart bewoners aan die plek gekoppel is. Maar is dit werklik. Navorsing deur prof. Pieter Labuschagne dui aan dat Bloemfontein nie na die stigter, Brits, se vrou se blomtuin of die blomme by die fontein vernoem is nie, maar na ‘n Koranna-kaptein, Jan Bloem. In Suid-Afrika is dit onteenseglik so dat die huidige inwoners amper voor die voet afstammelinge is van mense wat eers baie laat in die land se kulturele geskiedenis hier beland het. Onder ons voete is ‘n baie ryke erfenis. Die identifikasie van hierdie erfenis, en die behoorlike dokumentering en bewaring daarvan is gebiedend noodsaaklik. Iets wat vandag moontlik betreklik onbelangrik mag wees, kan in die toekoms blyk van besonder groot belang te wees, en die broodnodige toerismebedryf te stimuleer. Dit versterk die moontlikheid dat ook bewaringsgebiede omringend vir fauna en flora geskep kan word, soos wat nou reeds met die byekorfhutte in die Willem Pretoriuswildtuin gebeur. By geleentheid ry die uwe saam met ‘n neef op die wildplaas wat hy naby Middelburg, Mpumalanga, bestuur het. Tussen die bome gewaar ek skielik besonder groot klipbouwerke, wat met die vinnige oogopslag van argeologiese

Page 30: Argeologie Vir Beginners@Misterie

belang moet wees. Ek noem dit opgewonde. Sy reaksie was verbysterend—ek moes dit nooit gesien het nie. Die boere in die omgewing is besig om hierdie, tans nog onopgetekende bouwerke, in die riviere te gooi omdat swart mense dit as grondslag vir grond-restitusie-eise gebruik! Behoorlike argeologiese kennis sou kon bepaal of daar werklik ‘n verband tussen ‘n restitusie-eis en ‘n werklike aanspraak sou kon wees. Volgens geskiedskrywers het een van die kapteins wat in die Vegkop-era met Potgieter samesprekings gevoer het, nog in ‘n “byekorf-stat” gewoon. Dit is baie lank voor die restitusie-spertyd van 1912. Die argeologiese vondste op die Melville-koppies in Johannesburg verseker ewe-eens dat minstens hierdie oop ruimtes behoue moet bly. Te dikwels beland oop ruimtes, soos parke, in die hande van ontwikkelaars wat dan winkelkomplekse of hoë digtheidsbewoningseenhede oprig. In baie gevalle het geld onder die tafel volgens alle aanduidings van hande verwissel, en ‘n hofsaak oor ‘n verwante aangeleentheid wat onder meer ’n oud-burgemeester en sy stadsbestuurder betrek, vind tans plaas. Sulke ingeslote oop ruimtes is vir ontwikkelaars baie aantreklik, omdat infrastruktuur soos paaie en riolering reeds in die onmiddellike omgewing beskikbaar is. Indien ongerymdhede plaasvind, kan dit egter die paaie en riolering in die omgewing oorlaai. E-coli-tellings landswyd dui daarop dat die land reeds ernstige probleme ervaar om sy riolering te behartig. By Delmas het dit reeds lewens gekos na maagkoors uitgebreek het toe ondergrondse water, wat vir drinkwater onttrek word, hierdeur besoedel is. Dit gaan dus nie net oor oop ruimtes vir estetiese doeleindes nie. Die bepaling van die minimum persentasie oop ruimtes wat ‘n nedersetting moet hê om ‘n gesonde luggehalte te verseker en die impak op onder meer aardverwarming te beperk, verskil van die klimaatsomstandighede en bevolkingsdigtheid. ‘n Bewaringsbewustheid wat die bewaring van argeologiese fondse insluit, sal die druk op die opslurp van oop ruimtes beperk. ‘n Aantal jare gelede is berig oor selfoontorings wat in die omgewing van Ventersburg opgerig is waar oorblyfsels van byekorf-hutte bloot verwyder en vernietig is. Onkunde of argeloosheid kan onherstelbare skade aanrig. Met die bou van ‘n moltreinstelsel vir Amsterdam het dit geblyk dat die bodem te sanderig is vir die grawe van tonnels. Die enigste manier was om die bekisting bo-op die grond te plaas, en dan die beton-tonnels te ondergrawe sodat dit na die regte plek onder die grond kon sak. Dit het beteken dat die geboue op die oppervlak, dikwels geboue van groot historiese waarde, gesloop moes word. Elke steen van so ‘n gebou is gemerk en na die tonnels gelê is, is die geboue herbou—elke steen op sy oorspronklike plek.

Argeologie: Wat kan ek doen?

Argeologie is die een veld waar ‘n kenner ontsettende skade kan aanrig, en ‘n amateur besonder goeie werk kan doen. Die oorblyfsels van Troje is byvoorbeeld deur ‘n amateur-argeloog, Schliemann, ontdek. Tog is dit wys om as mens amateur-argeoloog wil wees, so gou as moontlik by ’n argeologieklub aan te sluit. Sulke klubs gaan gereeld onder toesig van bedrewe argeoloë op uitstappies. Nader die naaste museum met ’n argeologie-afdeling.

Page 31: Argeologie Vir Beginners@Misterie

Lees op oor argeologie. Begin egter by die Suid-Afrikaanse Argeologiese Vereniging www.archaeology.org.za met meer as duisend lede landswyd, en ‘n baie aktiewe program. Die webwerf bevat ook baie insiggewende inligting. Indien ’n mens, met of sonder kennis, ’n vermoedelike artefak in die veld vind, los dit verkieslik daar. Deesdae is dit betreklik maklik met soveel selfone wat oor digitale kameras beskik, en neem dit af, met ook ’n hoek wat die omgewing aandui. Maak seker dat ’n mens die area weer sal kry. Maak notas. Kontak dan ’n opgeleide argeoloog. Die werktuig moet verkieslik nie verwyder word nie, tensy daar ’n goeie kans is dat dit deur byvoorbeeld konstruksie verlore sal gaan. Hou in gedagte dat hierdie boekie nie ten doel het om van die leser ‘n argeoloog te probeer maak nie – daarvoor is dit te oppervlakkig en belangrike aspekte word glad nie aangespreek nie, of daar word bloot terloops na verwys. Wanneer die boekie uitgebrei word, sal dit ‘n hoofstuk oor Mapungubwe insluit, ‘n baie ou ryk met sy hoofsetel in Suid-Afrika maar wat ook oor die grense van Zimbabwe en Botswana gestrek het, en wie se inwoners onder meer eeue gelede met China handel gedryf het. Lesers word aangemoedig om ondertussen die volgende webwerwe te gaan lees: http://www.southafrica.info/about/history/mapungubwe.htm

http://www.isivivane.com/kmafrica/?q=group.tourism.knowledge.mapungubwe.first.sout

hern.african.state

Foto’s: Bronne nie elders vermeld: Kennis