beleide/ek…  · web viewdatum: 24 november 2012 weergawe: 1. 1. laerskool saamtrek. beleid: ......

12
LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTE Eksamen- en toetsbeleid Datum: 24 November 2012 Weergawe: 1 LAERSKOOL SAAMTREK BELEID: EKSAMENS EN TOETSE 1. HIERDIE BELEID VORM DEEL VAN DIE ASSESSERINGSBELEID VAN LAERSKOOL SAAMTREK. DIE SKOOLBESTUUR BEHARTIG DIE TOETSREEKS EN EKSAMENS IN SY GEHEEL. KONTINUE ASSESSERING WORD OOK HIERBY INGESLUIT. DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN: 1.1 Opstel van die toetsrooster: Kwartaalprogram 1.2 Sperdatums vir die inhandiging van vraestelle en memorandums: kwartaalprogram. 1.3 Vraestelle word opgestel en gehanteer volgens die prosedure, (Aanhangesel A) Alle vraestelle moet twee weke voor die datum van skryf ingegee wees by die departementshoof (DPS) vir moderering. Indien die vraestel aangepas moet word sal die DPS die vraestel aan die vakonderwyser teruggee vir die nodige aanpassings. Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word vir die tik van die vraestel. Nadat die vraestel getik is sal dit aan die vakonderwyser gegee word vir kontrole en verdere verwerking. 1.4 Bind, aftel en stoor van voorbereide vraestelle en invul van LP 10. Dit word deur elke vakonderwyser behartig. 1.5 Die byhou van die vraestel- en memorandumbank. Hierdie is uitsluitlik die taak van die vakhoofde. Die departementshoofde moet dit van tyd tot tyd kontroleer. 1.6 Die eksaminator van die betrokke vraestel oorhandig die vraestelle aan die toesighouers voor die eksamensessie op die betrokke eksamendag. Die vraestelle is in die assesseringslêer van elke klas met die LS 10 wat ingevul moet word deur die voogonderwyser van elke klas. 1.7 Reëlings vir elke dag word deur die adjunkhoof getref. Dit is soos volg: Bepaling van die duur van eksamensessies Pousereëlings Aanvang van studiesessies (indien enige) Die reël van plaasvervanger toesig 1.8 Die oplos van alle probleme 1.9 Eksamenkontrole : Leerders. Dit is die verantwoordelikheid van die voogonderwysers. Eksamenrooster in studiegids, portfolios Afbakening van leerstof. (Minstens twee weke voor die skryf van die vraestel. Afbakinings word ingegee by die DPS vir die tik en afrol daarvan. Opsommings en notas volgens studiemetodes en tegnieke 2. DIE TAAK VAN DIE TOESIGHOUER SIEN AS VOLG DAARUIT: 2.1 Plasing van leerders in alfabetiese volgorde. 2.2 Reël ‘n hersieningstyd direk voor die vraestel 2.3 Met die aanvang van die eksamensessie moet algehele stilte heers. Die vraestel moet baie deeglik vraag vir vraag deurgelees word. Daarna kan die leerders dadelik begin. 2.4 Maak seker dat elke leerder sy naam en graad op die vraestel skryf en gee leiding ten opsigte van beantwoording. 2.5 Personeel moet behoorlik toesig hou en deurentyd tussen die rye beweeg. 1

Upload: nguyentram

Post on 30-Jul-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Beleide/Ek…  · Web viewDatum: 24 November 2012 Weergawe: 1. 1. LAERSKOOL SAAMTREK. BELEID: ... Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word …

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEEksamen- en toetsbeleid

Datum: 24 November 2012 Weergawe: 1

LAERSKOOL SAAMTREK

BELEID: EKSAMENS EN TOETSE

1. HIERDIE BELEID VORM DEEL VAN DIE ASSESSERINGSBELEID VAN LAERSKOOL SAAMTREK. DIE SKOOLBESTUUR BEHARTIG DIE TOETSREEKS EN EKSAMENS IN SY GEHEEL. KONTINUE ASSESSERING WORD OOK HIERBY INGESLUIT. DIT

SLUIT DIE VOLGENDE IN:

1.1 Opstel van die toetsrooster: Kwartaalprogram

1.2 Sperdatums vir die inhandiging van vraestelle en memorandums: kwartaalprogram.

1.3 Vraestelle word opgestel en gehanteer volgens die prosedure, (Aanhangesel A) Alle vraestelle moet twee weke voor die datum van skryf ingegee wees by die departementshoof (DPS) vir moderering. Indien die vraestel aangepas moet word sal die DPS die vraestel aan die vakonderwyser teruggee vir die nodige aanpassings. Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word vir die tik van die vraestel. Nadat die vraestel getik is sal dit aan die vakonderwyser gegee word vir kontrole en verdere verwerking.

1.4 Bind, aftel en stoor van voorbereide vraestelle en invul van LP 10. Dit word deur elke vakonderwyser behartig.

1.5 Die byhou van die vraestel- en memorandumbank. Hierdie is uitsluitlik die taak van die vakhoofde. Die departementshoofde moet dit van tyd tot tyd kontroleer.

1.6 Die eksaminator van die betrokke vraestel oorhandig die vraestelle aan die toesighouers voor die eksamensessie op die betrokke eksamendag. Die vraestelle is in die assesseringslêer van elke klas met die LS 10 wat ingevul moet word deur die voogonderwyser van elke klas.

1.7 Reëlings vir elke dag word deur die adjunkhoof getref. Dit is soos volg:

• Bepaling van die duur van eksamensessies • Pousereëlings • Aanvang van studiesessies (indien enige) • Die reël van plaasvervanger toesig

1.8 Die oplos van alle probleme

1.9 Eksamenkontrole : Leerders. Dit is die verantwoordelikheid van die voogonderwysers.

• Eksamenrooster in studiegids, portfolios • Afbakening van leerstof. (Minstens twee weke voor die skryf van die vraestel. Afbakinings word ingegee by die DPS vir die tik en afrol daarvan. • Opsommings en notas volgens studiemetodes en tegnieke

2. DIE TAAK VAN DIE TOESIGHOUER SIEN AS VOLG DAARUIT:

2.1 Plasing van leerders in alfabetiese volgorde.

2.2 Reël ‘n hersieningstyd direk voor die vraestel

2.3 Met die aanvang van die eksamensessie moet algehele stilte heers. Die vraestel moet baie deeglik vraag vir vraag deurgelees word. Daarna kan die leerders dadelik begin.

2.4 Maak seker dat elke leerder sy naam en graad op die vraestel skryf en gee leiding ten opsigte van beantwoording.

2.5 Personeel moet behoorlik toesig hou en deurentyd tussen die rye beweeg.

2.6 Vraestelle mag nie voor die tyd ingeneem word nie.

2.7 Geen speletjies, selfone, tydskrifte of radio’s word in die eksamenlokaal toegelaat nie.

2.8 Geen nasienwerk mag gedurende eksamensessies gedoen word nie.

2.9 Wanneer die eksamentyd byna verstreke is (+/- 10 min) laat die adjunkhoof weet indien die leerders nie betyds gaan klaar kry nie sodat addisionele tyd toegestaan kan word.

2.10 Vul die LP 10 volledig in ten opsigte van afwesighede en enige ander saak wat u onder die eksaminator se aandag wil bring.

2.11 Antwoordstelle word gedurende pouse na die personeelkamer gebring en persoonlik aan die betrokke onderwysers oorhandig. Leerders word nie toegelaat om die antwoordstelle te hanteer nadat die vraestelle geskryf is nie.

2.12 Vraestelle moet altyd op ‘n veilige plek bewaar word en verkieslik toegesluit word gedurende pouses en wanneer die

1

Page 2: Beleide/Ek…  · Web viewDatum: 24 November 2012 Weergawe: 1. 1. LAERSKOOL SAAMTREK. BELEID: ... Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word …

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEEksamen- en toetsbeleid

Datum: 24 November 2012 Weergawe: 1

onderwyser nie in die klas is nie.

2.13 Leerders met leerprobleme:

2.13.1 Leerders wat ‘n leerprobleem het kan hulle toetse in ander lokale, soos gereël, gaan skryf. Hierdie leerders wat deur die skool se Assesseringskomitee op ‘n lys geplaas n.a.v. die probleem wat die betrokke leerder ondervind.

2.13.2 ‘n Lys van leerders wat met hulp eksamen skryf asook wie verantwoordelik is vir die hulp sal gesirkuleer word voor die aanvang van enige formele assessering. Dit sal gedoen word deur die DPS en\of deur die DPO. Dit geld veral

vir leerders met ‘n leesprobleem. Reël met die personeel vooraf sodat die leerder ook presies weet wat die prosedure gaan wees. Leerders wat ekstra tyd en aandag kort met die skryf van vraestelle moet gekontroleer wees deur die Ortodidaktikus wat skriftelik aansoek sou doen by die

Departement.

2.13.3 Onderwysers /studente wat vir die leerders as lesers optree sal opleiding ontvang. Die lesers moet ook hulle name bo-aan die leerder wat hulle ondersteun, se vraestel skryf

3. ALGEMENE REËLS:

3.1 Leerders skryf op die tafel. Geen ander boeke is op die tafel toelaatbaar totdat die vraestelle ingeneem is nie.

3.2 Voer alle opdragte van die eksaminator stiptelik uit.

3.3 Wanneer die vraestelle klaar nagesien is word dit veilig bewaar in die personeel se klaskamer, die LS 4 (a) en LS 4 (b) word voltooi en dit word na die vakhoof gestuur wat dit na kontrole na die departementshoof sal stuur wat dit op sy/ haar beurt aan die hoof sal stuur vir kennisname.

3.4 Voordat die punte finaal afgehandel word moet die vraestelle aan die leerders uitgedeel word, die memorandum behandel word en alle regstellings gemaak word.

4. PROSEDURE MET PUNTE EN PUNTESTATE:

4.1 Alle punte en kodes word op ‘n volledige klaslys geskryf. Dit is baie belangrik dat u nie punte op die klaslys sal skryf indien daar leerders weggelaat is nie. Wanneer ‘n leerder se naam nie op ‘n klaslys verskyn nie beteken dit dat die leerder se inligting nie korrek op die rekenaar is nie en ons dit eers moet regstel. Maak dus die regstelling en stuur die klaslys na die rekenaar sodat ‘n nuwe een gedruk kan word.

4.2 Indien die klaslys korrek is kan u die punte inskryf en dit saam met die volgende stukke na die vakhoof en departementshoof stuur vir kontrole: LS 4(a) en LS 4(b- Verspreidingstabel van die eksamenpunte ook die LP 10: Die vorm is op die

lêer geplak wat die vraestelle bevat

4.3 Die datums waarop u punte en kodes by die kantoor ingehandig moet word is 'n staande reëling, drie dae na die skryf van die vraestel moet die punte en kodes ingehandig wees. Hou asseblief by die reëling. Dit is egter baie belangrik dat die punte en kodes steeds via die vak- en departementshoof na die kantoor gestuur sal word. U as personeel word dus nie toegelaat om persoonlik u vak se punte in te handig by die kantoor vir opvangs nie.

4.4 Die hoof kontroleer nou die ingehandigde punte/ kodes in die puntebank en maak aantekeninge van uitvalle ens.

4.5 Die punte/ kodes word nou in die rekenaar ingevoer en u ontvang weer ‘n kontrolelys. Foute word op die gedrukte lys baie duidelik aangetoon en teruggestuur na die rekenaar vir regstelling.

4.6 Sodra alle punte en kodes vir die betrokke siklus ingevoer is word die promosies gedoen en word skedules gedruk. Die skool se assesseringskomitee maak aanbevelings wat aangeteken word vir latere verwysing. Die skool se assesseringskomitee bestaan uit:

∙ Die hoof, Adjunk-hoof, departementshoofde ∙ Die vakpersoneel van elke graad ∙ Voogonderwysers van elke graad.

4.7 Elke graad reël ‘n vergadering met die hoof waartydens die graad se punte en leerders met probleme bespreek word. Daar word van die skedules af gewerk./ Daar word dus elke kwartaal skedules gedruk. Die assesseringskomitee maak aanbevelings wat aangeteken word vir latere verwysing.

4.8 Een van die departementshoofde maak ‘n opsomming van die hoeveelheid leerders wat slaag of nie slaag nie. Daar word ook ‘n akademiese verslag aan die ISC gestuur aan die einde van elke kwartaal.

4.9 Nou word die vorderingsverslae gedruk en aan die personeel voorsien.

4.10 Alle leerders wat nie die verwagte uitkomste bereik in die vraestelle nie moet hulpverlening kry. Die nodige intervensievorm moet voltooi word vir aanmeldings en intervensies (Hierdie vorms is beskikbaar by die DPS en DPO).

4.11 Leerders wat nie die verwagte uitkomste bereik nie se ouers moet skriftelik ingelig word omtrent hul kind se vordering. U moet baie seker maak dat die ouer wel ontvangs van die skrywe erken tydens die oueraand of daarna.

4.12 Dit is die voogonderwyser se plig om nuwe leerders se evaluering na die rekenaar te stuur sodra die Leerderprofiel ontvang is. As daar nie punte en assessering saam met die Leerderprofiel ontvang is nie, moet die navraag by die vorige skool gedoen

word.

4.13 Assesseringslêers moet tydens oueraande beskikbaar wees vir leerders se punte.

2

Page 3: Beleide/Ek…  · Web viewDatum: 24 November 2012 Weergawe: 1. 1. LAERSKOOL SAAMTREK. BELEID: ... Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word …

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEEksamen- en toetsbeleid

Datum: 24 November 2012 Weergawe: 1

Hersien: Mei 2013

____________________ __________________________ Hoof Departementshoof

AANHANGSEL A:

LAERSKOOL SAAMTREK

VRAESTELLE EN ASSESSERINGSOPDRAGTE(PROSEDURE):

1. Alle vraestelle, werksopdragte en assesseringstake word getik met die gebruik van die "ARIAL" skrif in Microsoft Word.

3

Page 4: Beleide/Ek…  · Web viewDatum: 24 November 2012 Weergawe: 1. 1. LAERSKOOL SAAMTREK. BELEID: ... Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word …

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEEksamen- en toetsbeleid

Datum: 24 November 2012 Weergawe: 1

2. Die skrifgrootte moet 12 wees om leesbaar te wees aan alle leerders. Indien daar wel geïdentifiseerde leerders is wie se sig baie swak is kan groter lettertipes of vergrotings van die

vraestel\werkskaart gemaak word.

3. Alle werkskaarte\vraestelle en assesseringstake moet duidelik gemerk wees met LAERSKOOL SAAMTREK (in die middel van die eerste bladsy, bo-aan, skrifgrootte wissel tussen Arial, 16 en 14)

4. Na die aanhef volg die identifiserende gegewens van die vraestel, werkskaart of assesseringstaak in Arial, 14, middel van die bladsy bo-aan)

5. Die identifiserende gegewens word dan aangedui in Arial, 12. Dit lyk dus as volg:

LAERSKOOL SAAMTREK

JUNIE EKSAMEN : AFRIKAANS

Naam en van :_________________ Moderator :Mnr. S SenekalVak :Afrikaans Eksaminator :Me. M van HeerdenTydsduur :30 min. Bladsye :3Totaal :100___________________________________________________________________Alle vrae moet so volledig moontlik beantwoord word op die gegewe spasie. Maak seker die vraestel word weer deurgelees voor dit ingeneem word.

Vraag: 1 Benoem die volgende kleure?

1.1 Groen _________________ 1.2 Blou _________________

1.3 Pers _________________(3)

Vraag: 2 Onderstreep die korrekte antwoord in die volgende gegewe sinne:

2.1 Die kos is vyn\fyn gekap.

2.2 Die vye\fye aan die boom is ryp.(2)

TOTAAL: 5

6. Na die aanhef word 'n lyn deur die bladsy getrek.

7. Alle nodige instruksies volg nou in bold, Arial, skrifgrootte 12.

8. Vrae word duidelik genommer soos in voorbeeld.

9. Twee spasies word oopgelaat vir die invul van antwoorde op die gegewe spasies.

10. Alle vrae moet duidelik bepunt wees aan die regterkant, onderaan elke vraag.

11. Aan die einde van die vraestel moet die totaal van die vraestel aangedui wees.

12. Geen leerders mag op die amptelike skooldokument teken, inkleur en krap na vrye wil nie.

4

Page 5: Beleide/Ek…  · Web viewDatum: 24 November 2012 Weergawe: 1. 1. LAERSKOOL SAAMTREK. BELEID: ... Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word …

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEEksamen- en toetsbeleid

Datum: 24 November 2012 Weergawe: 1

13. Met die voorbereiding van alle vraestelle moet vraestelle twee weke voor die skryf daarvan ingehandig word by die departementshoof (DPS) om getik te word. Indien uself die tikwerk doen moet die vraestelle afgerol, gebind en in pakkies verpak wees met die LS10 (sien aanhangsel

B) voorop in die pakkie vir assesseringstake.

14. Hierdie vorm help die vakonderwyser om te bepaal wie afwesig is, en hoeveel leerders die vraestel geskryf het.

15. Die opmerkingskolom is om die vakonderwyser by te staan met leerders wat gesukkel het met spesifieke onduidelike vrae, leerders wat oneerlik was, nodige bystand wat gelewer is, leerders wat afwesig is met verskonings soos doktersbriewe, ens.

16. Vraestelle word in 'n assesseringslêer ontvang met die voorafgaande LS10. Daar moet altyd twee ekstra vraestelle in die lêer wees vir onvoorsiene omstandighede.

17. Die vraestelle moet voor die einde van die toetsing\eksaminering of assessering alfabeties opgeneem word . Die LS10 moet volledig ingevul wees en alle dokumentasie moet weer terug geplaas

word in die assesseringslêer.

18. Die assesseringslêer moet teen eerste pouse aan die vakonderwyser persoonlik oorhandig word. Leerders word nie toegelaat om vraestelle te hanteer nie.

19. Die vakonderwyser moet na die merk van die take die vorms LS 4(a) en LS 4(b) volledig invul en na die vakhoof stuur vir kontrole. Die vakhoof stuur dit weer aan die departementshoof en die stuur dit laastens na die hoof. Die LS 4 (a) en LS 4 (b) moet geberg word in die assesseringslêer vir die akademiese jaar, afskrifte word in die administratiewe kantoor geberg.

20. Die LS 5 word aan die begin van die jaar deur elke vakonderwyser ingevul en na die vakhoof gestuur. Hierdie is die doelwitte vir akademiese prestasie deur die leerders in elke vak.

AANHANGSEL B:(Word voltooi en ingegee saam met elke assesseringsopdrag in assesseringslêer)

LS 10

LAERSKOOL SAAMTREK

KONTROLEBLAD

Graad :___\___

5

Page 6: Beleide/Ek…  · Web viewDatum: 24 November 2012 Weergawe: 1. 1. LAERSKOOL SAAMTREK. BELEID: ... Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word …

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEEksamen- en toetsbeleid

Datum: 24 November 2012 Weergawe: 1

Voogonderwyser\es :________________________

Datum :________________________

Aantal leerders in klas :________

Aantal leerders geskryf :________

Aantal leerders afwesig :________

Vak :________________________

Naam en van, van afwesige leerders:

1. _____________________ 2. _____________________

3. _____________________ 4. _____________________

5. _____________________ 6. _____________________

7. _____________________ 8. _____________________

Opmerkings:

_________________________________________________________

_________________________________________________________

_________________________________________________________

_________________________________________________________

_________________________________________________________

__________________________________HANDTEKENING: VOOGONDERWYSER

AANHANGSEL C:(Word per klas voltooi en ingegee by DPS na elke assesseringsopdrag)

LAERSKOOL SAAMTREKLS 4 (a)

GRAFIESE ONTLEDING VAN ASSESSERING (KLAS)

6

Page 7: Beleide/Ek…  · Web viewDatum: 24 November 2012 Weergawe: 1. 1. LAERSKOOL SAAMTREK. BELEID: ... Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word …

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEEksamen- en toetsbeleid

Datum: 24 November 2012 Weergawe: 1

VAK :_____________________

Gr. :___\___

Datum :_____________________

Vakonderwyser\es : _____________________

Aantal leerders in klas :_______

Aantal leerder afwesig :_______

Aantal leerders geskryf :_______

Grafiese ontleding van vakprestasie (Klas):

GESKATTE

AANTAL

Geskatte Teiken1514131211109876543210 0 - 10 11 - 20 21 - 30 31 - 40 41 - 50 51 - 60 61 - 70 71 - 80 81 - 90 91 - 100

GESKATTE PERSENTASIE GEMIDDELD

Klasgemiddeld in % :________%

________________________________HANDTEKENING: VAKONDERWYSER

____________________________________HANDTEKENING: DEPARTEMENTSHOOF

_____________________HANDTEKENING: HOOF

AANHANGSEL D: (Word per Graad voltooi en ingegee by DPS na elke assesseringsopdrag)

LAERSKOOL SAAMTREKLS 4 (b)

GRAFIESE ONTLEDING VAN ASSESSERING (GRAAD)

VAK :_____________________

7

Page 8: Beleide/Ek…  · Web viewDatum: 24 November 2012 Weergawe: 1. 1. LAERSKOOL SAAMTREK. BELEID: ... Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word …

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEEksamen- en toetsbeleid

Datum: 24 November 2012 Weergawe: 1

Gr. :_________

Datum :_____________________

Vakonderwyser\es : _____________________

Aantal leerders in graad :_______

Aantal leerder afwesig :_______

Aantal leerders geskryf :_______

Grafiese ontleding van vakprestasie (Graad):

GESKATTE

AANTAL

GeskatteTeiken1514131211109876543210 0 - 10 11 - 20 21 - 30 31 - 40 41 - 50 51 - 60 61 - 70 71 - 80 81 - 90 91 - 100

GESKATTE PERSENTASIE GEMIDDELD

Graadgemiddeld in % :________%

________________________________HANDTEKENING: VAKONDERWYSER

____________________________________HANDTEKENING: DEPARTEMENTSHOOF

_____________________HANDTEKENING: HOOF

AANHANGSEL E:(Word voltooi aan die begin van elke akademiese jaar en ingegee by DPS)

LAERSKOOL SAAMTREKLS 5

GESKATTE PRESTASIETEIKENS VIR DIE JAAR: _______

VAK :______________________

Gr. :___\___

Datum :______________________

8

Page 9: Beleide/Ek…  · Web viewDatum: 24 November 2012 Weergawe: 1. 1. LAERSKOOL SAAMTREK. BELEID: ... Die finale vraestel sal deur die DPS aan die tiksters oorhandig word …

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEEksamen- en toetsbeleid

Datum: 24 November 2012 Weergawe: 1

Vakonderwyser\es :______________________

Vakhoof : ______________________

Aantal leerders in klas :_________

Aantal leerders in Graad: _________

Grafiese ontleding van vakprestasie (Graad):

GESKATTE

AANTAL

1514131211109876543210 0 - 10 11 - 20 21 - 30 31 - 40 41 - 50 51 - 60 61 - 70 71 - 80 81 - 90 91 - 100

GESKATTE PERSENTASIE GEMIDDELD

________________________________HANDTEKENING: VAKONDERWYSER

____________________________________HANDTEKENING: DEPARTEMENTSHOOF

_____________________HANDTEKENING: HOOF

9