86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/afrhtgr12...  · web...

18
HOËRSKOOL FRAMESBY AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 JUNIE 2014 VRAESTEL 1 TYD : 2 UUR PUNTE: 70 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1 Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taal (30) 2 Lees ALLE instruksies versigtig deur. 3 Beantwoord AL die vrae. 4 Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5 Trek ʼn streep ná elke afdeling. 6 Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is. 7 Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 8 Skryf netjies en leesbaar. 9 Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Upload: doannhi

Post on 07-Mar-2018

238 views

Category:

Documents


6 download

TRANSCRIPT

Page 1: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

HOËRSKOOL FRAMESBY

AFRIKAANS HUISTAALGRAAD 12JUNIE 2014VRAESTEL 1TYD : 2 UURPUNTE: 70

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1 Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: Leesbegrip (30)AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taal (30)

2 Lees ALLE instruksies versigtig deur.

3 Beantwoord AL die vrae.

4 Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.

5 Trek ʼn streep ná elke afdeling.

6 Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.

7 Laat ʼn reël oop na elke antwoord.

8 Skryf netjies en leesbaar.

9 Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Page 2: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

-2-AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS 1 : ARTIKEL

1

2

3

4

5

6

7

Sit die wis in wiskundeDie onderwyseres stap tussen die skoolbanke deur. “Wat is 7 x 8?” vra sy en wys met die liniaal na die kind se gesig.

Ehm ... ehm.” “Te stadig. Jy moet jou tafels in die middel van die nag uit jou kop kan opsê,” sê die onderwyseres

Dit is hoe wiskunde vir dié klas in 1981 geleer is. Memorisering! Maar hoe word wiskunde vandag op skool geleer? Wat is die standaard en die vlak van onderrig?

Om matriek te slaag moet leerders beide tale, asook wiskunde of wiskundige geletterdheid slaag. In 2011 het die Departement van Basiese Onderwys duisende vakadviseurs opgelei om op hul beurt onderwysers in die provinsies en distrikte in die nuwe kurrikulum-en-assessering-beleidsverklaring (Caps) touwys te maak.

Prof. Werner Olivier, wat in die advieskomitee van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-stigting (SAWS) dien, het navorsing gedoen oor of dié wiskunde-opleiding voldoende was. Hy het bevind die program was wel goed ontwikkel, maar “in baie gevalle was diegene wat die Caps-opleiding gedoen het, nie bevoeg genoeg nie.”

Daarom moet daar ’n bevoegdheidstoets wees vir diegene wat dié kennis op distriksvlak moet oordra, het Olivier aanbeveel. En kundiges op provinsiale vlak behoort toesig oor die proses te hou.

“Die wiskunde-kurrikulum is modern en van ’n hoë standaard; dus glo ek die fout lê nie by die beoogde wiskunde-sillabus nie,” sê Olivier. “Gegewe die huidige begrips- en ander kundigheidsagterstande by die meeste leerders, en ook sommige onderwysers, skep die behoorlike toepas van die kurrikulum ’n uiters hoë uitdaging aan onderwysers – veral in die sekondêre fases. Daar is ’n dringende behoefte om wiskunde-onderwysers met verdere opleiding by te

Page 3: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

-3-

8

9

10

11

12

13

14

staan.”

Dit word telkens bevestig deur nasionale en internasionale standaardtoetse. Teen die tyd dat dié leerders in die volgende fase (gr. 10 – 12) is, is dit feitlik onmoontlik om die agterstand sonder omvattende hulp van baie kundige onderwysers in te haal.

Die kritieke tekort aan kundige en gemotiveerde wiskunde-onderwysers speel ’n verdere rol. Soos gereeld in die media berig word, dra omstandighede in baie skole – soos die tekorte aan basiese infrastruktuur en boeke – nie juis by om onderwysers te motiveer nie. Ook moet ’n mens kennis neem van die algehele gebrek aan voorligting in die meeste skole oor hoe belangrik wiskunde as ’n sleutelvlak vir verdere studie is.

Indien ’n mens dit alles in ag neem, is dit duidelik dat die “toksiese slaagsyfer” in wiskunde in die land deur ’n mengsel van uiters onnatuurlike faktore aangeblaas word, sê Olivier. Daar moet vroeër ingegryp word, sê dr. Nico Govender. Sy navorsing in 17 skole nadat hulle die nasionale assessering gedoen het, toon ’n gemiddelde slaagsyfer van 13% vir wiskunde.

Maar in die eksamens het die leerders van nege van dié skole hul eksamen aan die einde van die jaar geslaag. Dit blyk hul eksamenpunte moet aangepas gewees het, of die eksamen is nie op die assessering-standaard nie. Die skole was in landelike gebied of stedelike townships.

Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-universiteit, is bekend vir sy wiskunde-passie. “Wiskunde is die standaard waaraan ’n land se respek vir sy onderwys en ontwikkeling gemeet word. Dit leer kinders om te dink en om analities en krities te wees,” het hy vroeër aan Die Burger gesê. “Die gebreke is sigbaar in die lae getal wat met universiteitstoelating slaag en die dalende getal leerders wat met wiskunde en wetenskap slaag,” sê hy. Van Schalkwyk meen wiskundige geletterdheid is ’n vak wat op tersiêre vlak geen nut het nie.

Prof. Johann Engelbrecht, wiskundige aan die Universiteit van Pretoria en deeltydse uitvoerende direkteur van SAWS, sê baie mense sal met hom verskil, maar hy hou van wiskundige geletterdheid.

Indien ’n leerder nie ’n loopbaan gaan volg waarin hy wiskunde nodig het nie, is daar “geen rede hoekom wiskundige geletterdheid nie ’n opsie moet wees nie. “Daar is te veel leerders wat wiskunde neem en nie die mas opkom nie, en dan druip hulle matriek. Wiskunde is net vir bepaalde leerders,” sê hy.

Page 4: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

-4-

Hy meen ook die standaard van wiskunde is te laag vir dié wat dit op tersiêre vlak nodig het. Engelbrecht glo wiskunde se standaard moet verhoog word en net diegene wat dit werklik kan baasraak en dit later sal benodig, moet die vak neem.

“Ons land se toekoms hang af van goeie wiskunde, maar dit kan nie op elke kind afgedwing word nie.” Hy is ten gunste van uitkomsgebaseerde onderrig, maar dit het “nie hier gewerk nie, omdat ’n mens onderwysers nodig het wat baie goed opgelei is. Dit kon nie met sukses in die meeste skole aangebied word nie. Caps is ’n terugkeer na meer basiese dinge,” sê hy.

“Wiskunde werk soos skaak. Jy moet weet wat elke speelstuk kan doen, maar die strategie van skuiwe is ook deel van geheue.”

[Aangepas uit: Die Burger,18 September 2013]

1.1 Waarom kan die artikel se opskrif as treffend beskou word? (1)

1.2 Watter rol, dink jy, het die liniaal in die aanleer van tafels gespeel? (1)

1.3 Hoekom kan beweer word dat die Departement van Basiese Onderwys ernstig was oor Caps? (1)

1.4 Tot watter uiteenlopende gevolgtrekking het prof. Olivier gekom? (1)

1.5 Beoordeel die waarde van prof. Olivier se aanbevelings in paragraaf 6. (3)

1.6 Verklaar waarom wiskunde-onderrig hoë uitdagings aan onderwysers stel. (3)

1.7 Wat veroorsaak ongemotiveerde wiskunde-onderwysers? (4)

1.8 Verduidelik kortliks wat met “toksiese slaagsyfer” bedoel word. (1)

1.9 Watter aanklag word teen landelike of township skole gemaak? (2)

1.10 Voer ’n geldige bewys aan waarom prof. Van Schalkwyk passievol oor wiskunde is. (2)

1.11 Hoe verskil prof. Engelbrecht van prof. Van Schalkwyk se siening? (2)

1.12 Watter ooreenkoms is daar tussen die twee professore? (1)

Page 5: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

-5-EN

TEKS 2 : VISUELE VOORSTELLING EN STATISTIEK

VOORSTELLINGS 1,2,3

1. 2.

3.

Page 6: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

-6-STATISTIEK

[Bron: Noordwes-universiteit, Grafika24]

1.13 Hoe skakel voorstelling 1 met die opskrif van die teks A? (1)

1.14 Dui aan hoe die leerders se ingesteldheid jeens wiskunde in voorstelling 3 van mekaar verskil. (2)

1.15 Watter verband is daar tussen die statistiek en uitkomsgebaseerde onderrig (par.16) in teks A? (1)

1.16 Motiveer waarom 2008 volgens die statistiek as ’n positiewe jaar beskou kan word. (1)

1.17 Verduidelik waarom die leerder met die das (voorstelling 2) positief voel oor wiskunde. (1)

1.18 Met watter een van die voorstellings kan jy identifiseer? Sê kortliks hoekom jy die ooreenkoms getref het. (2)

[30]TOTAAL: AFDELING A [30]

Page 7: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

-7-

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die onderstaande teks en maak ’n opsommimg van SEWE kopskuiwe wat jy elke jaar behoort te maak om jou ingesteldheid vir die nuwe jaar reg te kry.. Jou opsomming moet in jou eie woorde, in volsinne, in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.

Só kan jy jou kop vir 2014 regkry

Daar is maniere waarop jy jou drome in die nuwe jaar in dade kan omskakel, meen die sielkundige en Lonie Gildenhuys. Sy stel voor jy neem jou omstandighede in ag voordat jy ’n aksieplan vir die nuwe jaar bedink.

Dr. Christien Groothof, ’n leefstylafrigter, beaam dit: “Ons doelwitte realiseer dikwels nie omdat ons dit nie deurdink nie.”

“As jy ander resultate wil hê, is nuwe maniere waarop jy dinge doen nodig, en moet jy besef dit gaan moeite verg”.

“Nie álles wat jy die vorige jaar gedoen het, is sleg of hoef te verander nie. Behou dus die goeie dinge en dink hoe jy positiewe ervarings in die ou jaar in die nuwe jaar kan herskep.”

Dit is soms makliker om oor môre te droom of om oor gister te wroeg as om in die hede te leef, sê Gildenhuys. Sy sê jou lewenservaring kan in die nuwe jaar verander as jy leer om die oomblik aan te gryp.

“Oplettendheid is ’n ingesteldheid om dinge nie te bederf deur die oomblik as goed of sleg te probeer klassifiseer of te probeer interpreteer nie,” sê sy. As jy aan ander dinge dink, gaan die ervaring van ’n bepaalde oomblik verlore.

Slyp ook in die nuwe jaar aan ’n meer oper ingesteldheid in jou verhoudinge. “Dit beteken dat wanneer jy met jou lewensmaat gesels, moet jou ingesteldheid een van nuuskierige oopheid wees, waar jy nie wanneer hy of sy praat solank dink wat jy gaan antwoord nie. Jy behoort vrae te stel met genoeg belangstelling, sonder ’n agenda.”

’n Oplettende ingesteldheid kan slegs met tyd en aandag aangeleer word. Meditasie is, volgens Gildenhuys, een manier om dié ingesteldheid aan te leer; maar as jy ongemaklik daarmee is, kan jy leer om meer aandag aan jou asemhaling te gee.

Nog ’n manier om jou ingesteldheid te verander, is deur ankeroomblikke te skep wat jou gedagtes reg instel, verduidelik Gildenhuys. Dit is wanneer jy jou selfoon vir ’n

Page 8: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

-8-

kwartier afskakel om in die tuin tee te drink.

Deur verantwoordelikheid vir jou jaar te aanvaar en vooruit te beplan, sal dit makliker wees om spesiale oomblikke aan te gryp.

[Aangepas uit: Leefstyl, 22 Januarie 2014]

TOTAAL AFDELING B: 10

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES

VRAAG 3

Lees die onderstaande tekste en beantwoord die daaropvolgende vrae.

TEKS 1 : ADVERTENSIE

1. Die KKNK is – nes Afrikaans -

anders !

2.Ons bied jou die beste vermaak in

Page 9: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

jóú hartstaal...

3. * musiek * drama * visuele kuns

4.Die 2014-span het ‘n kookwaterfees vir die lojale feesgangers beplan.

Jy durf nie vanjaar se fees misloop nie! Dit gaan FEESTELIK wees…

3.1 Lees en kyk weer na paragraaf 1.

3.1.1 Waarom, dink jy, verskil die lettertipe van die woord ‘anders’ moontlikvan die ander woorde in dié paragraaf? (1)

3.1.2 Waarom is die uitroepteken in hierdie sin noodsaaklik? (1)

3.2 Wat is die bydrae van die prentjie in hierdie advertensie? (1)

3.3 Watter woord in paragraaf 2 wil die leser by uitstek manipuleer? (1)

3.4 Herskryf die eerste sin van paragraaf 4 in die lydende vorm. (1)

3.5 Brei die eerste sin van paragraaf 4 uit deur middel van ‘n:

3.5.1 byvoeglike bepaling (1)

3.5.2 bywoordelike bysin (1)

3.6 Gee ‘n sinoniem vir die onderstreepte woord in paragraaf 4. (1)

3.7 Haal ‘n frase uit die advertensie aan wat moontlik na Afrikaans verwys (1)

3.8 Waarin, na jou mening, lê die geslaagdheid van hierdie advertensie? (1)[10]

EN

Page 10: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

-10-VRAAG 4: STROKIESPRENTLees die onderstaande strokiesprent en beantwoord die daaropvolgende vrae.

4.1 Gee die stellende trap van die onderstreepte woord in raampie 1. (1)

4.2 Lewer kommentaar op die emosie wat in die tussenwerpsel in raampie 3 opgesluit lê. (1)

4.3 Skryf die infinitief wat in raampie 4 gebruik is, neer. (1)

1

3

5

7

2

4

6

8

Page 11: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

-11-

4.5 Hoewel‘daai’nie Standaardafrikaans is nie, word die woord in raampie 5 gebruik. Waarom is dit in hierdie teks aanvaarbaar? (1)

4.6 Identifiseer ‘n voltooide deelwoord in hierdie strokiesprent. (1)

4.7 Waaruit kan ons afleidat Ben sy vriend se motor in raampie 7 aangeskakel het? (1)

4.8 Gee ‘n voorbeeld van ‘n determineerder in die laaste raampie. (1)

4.9 Voltooi die idiomatiese uitdrukking: Dis duidelik dat Ben se vriend dit geniet om heeldag op Ben en Babs se _______ te lê. (1)

4.10 Lewer kritiese kommentaar op Ben en Babs se hantering van die situasie in hierdie strokie (1)

[10]

ENVRAAG 5 : BRIEF

Lees die onderstaande brief en beantwoord die daaropvolgende vrae.

“Sersant” aanwins vir haar werkgewer 123

4567

89

10

1112

13

Ek moes ʼn kleinigheid by die SA Inkomstediens op Uitenhage gaan doen en na al die stories wat ek gehoor het, het ek my klaargemaak vir ʼn lang dag in die warm son.

Na ongeveer twee minute se wag kom ʼn vriendelike veiligheidswag daar aan. Haar uniform is so netjies soos kan kom en sy het twee strepe op die skouer. Ek sê vir haar sy laat my aan ʼn sersant dink en blitsig kom die antwoord: “Maar ek is ʼn baie kwaai sersant, Meneer.”

Ek wys haar die brief wat ek ontvang het. Dadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word.

Ek groet en toe hoor ek: “ʼn Lekker dag verder, Meneer!”

Vanoggend (Maandag) neem ek en ouma die voltooide vorm terug. ʼn Klompie mense is reeds in die ry en toe gebeur die wonderlike.

ʼn Veiligheidswag met ʼn groot glimlag kom na my en ouma en wys ons ʼn

Page 12: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

1415

ander ry waar die “ou mense” wag. Skaars gestaan, toe kom “sersant” daar aan en sy en ʼn ander wag neem ons die vertrek in waar ons op stoele kan sit

-12-

161718

19

202122

2324

2526

2728

Ja, ons moes ons beurt afwag, maar na slegs ʼn uur is ons met dankbare harte daar uit. Sulke proffesionele en vriendelike diens kry jy nie deesdae oral nie.

Ons kom buite en daar staan “sersant” weer besig om iemand te help.

Sy is Denise Titus, een van die vriendelikste en mees spontane mense met wie ek al te doen gekry het. Ek groet en weer die wens vir ʼn lekker dag van haar kant af.

Wat ons in hierdie moeilike tye nodig het, is meer van haar soort wat met ʼn glimlag op die gesig hul daaglikse brood en botter verdien.

Ek weet baie mense kla soms oor onaanvaarbare diens, maar is dit nie dalk omdat die klaers nie ook ʼn vriendelike woord vir die amptenare het nie?

Denise Titus is ʼn aanwins vir haar werkgewer en ʼn lopende voorbeeld van hoe die publiek behandel behoort te word. Hannes Slabbert Despatch [Uit: Die Burger, 08/09/11]

5.1 Om watter rede is die onderstreepte woord in reël 1 ‘n afleiding? (1)

5.2 Verklaar die gebruik van die komma in reël 2. (1)

5.3 Gebruik die kern van die samestelling in reël 4 as ‘n bepaler in ‘n nuwe woord. (1)

5.4 Gebruik die onderstreepte woord in reël 10 om die verskil tussen ‘n letter- en klankgreep aan te dui. (1)

5.5 Motiveer waarom daar ‘n hoofletterfout in reël 11 is. (1)

5.6 Watter klankverskynsel kan voorkom met die uitspraak van die onderstreepte woord in reël 11. (1)

5.7 Watter woord in reël 15 kan geassimileer word? (1)

5.8 Skryf die woord uit reël 17 neer wat twee frikatiewe klanke bevat. (1)

5.9 Skryf die spelfout in reël 16 – 18 korrek neer. (1)

Page 13: 86427531 - taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/AfrHTGr12...  · Web viewDadelik neem sy my na ʼn kantoortjie en oorhandig ʼn vorm wat voltooi moet word

-12-

5.10 Gee die betekeniswaarde van die onderstreepte morfeem in reël 25. (1)[10]

TOTAAL:AFDELING C [30]GROOTTOTAAL: 70