beleide/skoolbeleid.docx · web viewna hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem...

21
SKOOLBELEID LAERSKOOL SAAMTREK ONS ONDERWYSFILOSOFIE Laerskool Saamtrek is ‘n opvoedkundige inrigting en is derhalwe ingestel vir die opvoeding van die kind in totaliteit. Alhoewel ons primêre taak die onderrig van leerlinge op akademiese gebied is, streef ons steeds na ‘n gebalanseerde opvoedingsprogram waar skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite mekaar aanvul. Daar moet dus gepoog word om soveel moontlik leerders by naskoolse aktiwiteite te betrek, waar elke kind ook volgens sy vermoë kan presteer en die wenmotief nie oorheersend is nie. ‘n Gelukkige skoolgemeenskap met ‘n gelukkige kind as uitgangspunt, moet deurgaans nagestreef word. ‘n Sinvolle wisselwerking tussen onderwyser, ouer en kind is uiters noodsaaklik vir suksesvolle onderwys. Die personeel moet as ‘n span funksioneer waar elkeen presies weet wat sy pligte en verantwoordelikhede is. Personeellede moet deur die hoof en dagbestuur professioneel hanteer word. Indiensopleiding en personeelontwikkeling met spesiale aandag aan die beginneronderwyser moet deurgaans by leerarea vergaderings en alle ander terreine aan die orde wees. Ekonomiese tydsbenutting moet in die klaskamer deel van ‘n ongeforseerde dissipline uitmaak maar ook na skool moet opvoeders deur eie voorbeeld t.o.v. stiptheid, kleredrag en entoesiasme die leerders begelei en vorm tot waardige burgers van ons land 1. INLEIDING: Die Onderwysdepartement voorsien aan skole ‘n beleid wat nagevolg moet word in die vorm van handleidings, regulasies en ordinansies. Daarmee saam word die kurrikulum en bevorderingsvereistes voorgeskryf wat die basiese riglyne vorm van die onderrigprogram. Met die beleid van die Onderwysdepartement as vertrekpunt word hierdie beleidstuk aan die personeel voorsien waarin die karakter en organisasie van die skool uiteengesit word. 2. ONS TAAK AS OPVOEDERS : 2.1 Inleiding : Ons ontvang klein kindertjies in die skool en daarom is ons aanvangsonderwys daarop gemik om almal skoolgereed te maak. Ons beskou elke leerder as ‘n unieke wese van God, elkeen met sy eie potensialiteit, neigings, swakhede en gebreke. Elkeen

Upload: dangtu

Post on 08-Jul-2018

229 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

SKOOLBELEID

LAERSKOOL SAAMTREK

ONS ONDERWYSFILOSOFIE

Laerskool Saamtrek is ‘n opvoedkundige inrigting en is derhalwe ingestel vir die opvoeding van die kind in totaliteit. Alhoewel ons primêre taak die onderrig van leerlinge op akademiese gebied is, streef ons steeds na ‘n gebalanseerde opvoedingsprogram waar skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite mekaar aanvul. Daar moet dus gepoog word om soveel moontlik leerders by naskoolse aktiwiteite te betrek, waar elke kind ook volgens sy vermoë kan presteer en die wenmotief nie oorheersend is nie. ‘n Gelukkige skoolgemeenskap met ‘n gelukkige kind as uitgangspunt, moet deurgaans nagestreef word. ‘n Sinvolle wisselwerking tussen onderwyser, ouer en kind is uiters noodsaaklik vir suksesvolle onderwys.

Die personeel moet as ‘n span funksioneer waar elkeen presies weet wat sy pligte en verantwoordelikhede is. Personeellede moet deur die hoof en dagbestuur professioneel hanteer word. Indiensopleiding en personeelontwikkeling met spesiale aandag aan die beginneronderwyser moet deurgaans by leerarea vergaderings en alle ander terreine aan die orde wees. Ekonomiese tydsbenutting moet in die klaskamer deel van ‘n ongeforseerde dissipline uitmaak maar ook na skool moet opvoeders deur eie voorbeeld t.o.v. stiptheid, kleredrag en entoesiasme die leerders begelei en vorm tot waardige burgers van ons land

1. INLEIDING:

Die Onderwysdepartement voorsien aan skole ‘n beleid wat nagevolg moet word in die vorm van handleidings, regulasies en ordinansies. Daarmee saam word die kurrikulum en bevorderingsvereistes voorgeskryf wat die basiese riglyne vorm van die onderrigprogram. Met die beleid van die Onderwysdepartement as vertrekpunt word hierdie beleidstuk aan die personeel voorsien waarin die karakter en organisasie van die skool uiteengesit word.

2. ONS TAAK AS OPVOEDERS :

2.1 Inleiding :

Ons ontvang klein kindertjies in die skool en daarom is ons aanvangsonderwys daarop gemik om almal skoolgereed te maak. Ons beskou elke leerder as ‘n unieke wese van God, elkeen met sy eie potensialiteit, neigings, swakhede en gebreke. Elkeen is ‘n persoonlikheid in wording en dis ons plig om hulle karakter deur simpatieke leiding te help vorm.

2.2 Die onderwyser:Opregtheid, eerlikheid, betroubaarheid en nougesetheid bepaal die waarde van ‘n onderwyser. Dis baie maklik vir kollegas, ouers en selfs leerders om raak te sien watter onderwysers nie hulle plig doen nie. Dit is ook vir ‘n hoof vernederend om ‘n kollega oor pligsversuim aan te spreek. U geluk hang van u gesindheid teenoor u werk en u professie. ‘n Lojale onderwyser maak hom nooit in die openbaar skuldig aan besprekings waardeur sy/haar skool, kollega of ander opvoedkundige inrigtings skadelik gemaak word nie.

2.3 Verantwoordelikheid van die Onderwyser :Onderwysers oefen ‘n geweldige invloed uit op die verloop van die leerproses en die karakter van die leerders. In bykans elke klas is daar ‘n paar leerlinge wat smag na ‘n bietjie liefde omdat hulle dit nie tuis ontvang nie; Wat nêrens anders as in die klaskamer iets leer van godsdiens nie, net in die klaskamer die twee tale korrek, duidelik en verfynd hoor. Daar rus dus ‘n geweldige verantwoordelikheid op ons skouers – maar dit bied ook ‘n wonderlike geleentheid vir die ware opvoeder.

2.4 Die Onderwyser as studentOpvoeding en onderwys moet studievakke wees vir elke onderwyser. Hou u oë op vir wat ander doen om u eie kennis en metodes aan te vul. Vra hulp – moenie in onkunde voortploeter nie.

Page 2: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

2.5 Uiterlike voorkoms :Die flinke en nette voorkoms van die onderwyser moet steeds die respek van almal afdwing. Geen weelderige oordaad of aanvegbare modegrille moet sy/haar kleredrag of uiterlike kenmerk nie. Hy/sy dien steeds onbewustelik vir die leerlinge as model.

2.6 Stiptheid en u teenwoordigheid in die klas :Die onderwyser moet ‘n voorbeeld vir die leeder wees. Wees stip by u klas asook by buite-aktiwiteite. ‘n Onderwyser se plek is voor sy klas en nie op die stoepe of elders in die skool nie.

2.7 Dissipline :Dissipline is die sleutel tot sukses van enige onderneming. Dit kan egter slegs gehandhaaf word as die onderwyser self gedissiplineerd is. Leerders in u klas moet alle skoolreëls en opdragte gehoorsaam

2.8 Die basis vir suksesvolle onderwys :

i) ‘n Bietjie, dog deeglike werk elke dag.ii) Beperkte meer deeglike skriftelike werk elke dag met goeie kontrole daarvan.iii) Remediërende oefeninge – wat eerstens beteken, die naspeuring en ontleding van die

oorsake van vertraging en swak prestasie en tweedens, doelbewuste pogings om hierdie swakhede te bowe te kom.

iv) Voortdurende herhaling en inskerping om werk te laat inslag vind en gereelde diagnostiese toetse om van te stel of leerlinge die werk ken. Om sukses te behaal kos bitter harde word. Elke ervare onderwyser weet dit.

2.9 Beginneronderwysers:Sodra ‘n nuwe aanstelling gemaak word moet die hoof gereed wees om vrae soos “Watter klas kry ek” of “Watter vakke gaan ek gee,” te beantwoord. Die beginnersonderwyser moet voel hy/sy is welkom by die skool al sou die hoof dalk ‘n ander ervare persoon aanbeveel het.‘n Besoek aan die skool moet so gou moontlik gereël word. Die nuweling moet voorgestel word aan die ander personeellede maar veral die Departementshoof in wie se afdeling hy/sy betrokke gaan wees moet teenwoordig wees.Aan die begin van die nuwe skooljaar word die betrokke beginneronderwyser by die deur die Departementshoof inwag en vergesel na die hoof se kantoor waarna hy dan na die personeelkamer geneem word. Kollega in die betrokke standerd moet veral vriendelik en behulpsaam wees teenoor die nuwe kollegas. Tydens die personeelvergadering sal waarskynlik te veel “nuwe” dinge genoem word. Die Departementshoof sal so gou moontlik die nuwelinge na sy kantoor nooi en weer van die basiese dinge herhaal. Die beleid van die skool t.o.v. lyfstraf, beplanning, stiptheid, organisasies kan net weer genoem word. Op die leerarea vergaderings sal hulle weereens amptelik verwelkom word deur die betrokke vakhoof. Om die “praktykskok” te verminder sal daar gedurende die eerste paar weke baie bedagsaam opgetree word teenoor die nuwelinge. Personeel moet belangstelling toon oor waar hulle woon ens. Herinner hulle vriendelik aan sekere administratiewe sake soos registers, beplanning wat moet ingehandig word ens. Die hoof moet binne ‘n redelike tyd ‘n draai maak in die nuweling se klas. Terme soos “Klasinspeksie” en so meer moet vermy word. Indiensopleiding moet egter op ‘n voortdurende basis geskied sodat alle aspekte soos aanbieding, klasbeheer, toepassing van kennis ens. gedek kan word. ‘n Kenmekaar aand vir nuwe personeel en hulle gades word jaarliks so gou as moontlik gereëlBestudeer: “Die oriëntering van die beginneronderwyser.” (Inligtingstuk aan die skoolhoofde) met spesiale verwysing na die taak van die skoolhoof, bestuurspan en begeleier of mentor: verwys spesifiek na moontlike probleemareas en die oplossing daarvan deur voortdurende indiensopleiding, personeelontwikkeling en sosiale inskakeling by die personeel en ouergemeenskap. Die riglyne vir implementering gedurende die onderskeie kwartale kan met vrug toegepas word.

2.10 Proefonderwys:

1. Nadat daar ‘n opname vanaf die Universiteit die kwota studente bepaal is, word die Skool per brief in kennis gestel van die studente wat vir proefonderwys sal opdaag.

Page 3: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

2. By ontvangs hiervan word die studente voorlopig geplaas by klasse.3. Die hoof of voogonderwyser spreek die studente toe i.v.m. skoolbeleid en wat van hulle in die

praktyk verwag word. Die plasings word nou aan hulle voorgehou en indien daar versoek met meriete is word probeer om daaraan uitvoering te tee.

4. Die hoof of voogonderwyser spreek ook die personeel toe i.v.m. die hantering en evaluering van die studente. Daar is ook ‘n stuk oor evaluering by die voogonderwyser beskikbaar vir insae i.v.m. die invul van die betrokke vorms. Ons probeer sover moontlik hulle ten volle te laat inskakel by die personeel asook by alle fasette van die hele skoolsituasie.

5. In die intermediêre Fase bly die student by ‘n leerarea-onderwyser in die klas. Daar word egter ruim voorsiening gemaak vir die ruiling na ander leerareaonderwysers om sodoende die mees wydste waarneming oor die skool te kan bekom. By die Grondslag Fase kan studente ook ruil in die Fase self. So ruim as moontlik word hulle ook ingelei vir aspekte van terreindiens, busdiens asook ander nauurse aktiwiteite wat die skool op daardie stadium mag aanbied.

6. Die proefleier/leidster doen die administratiewe pligte onder toesig van die voogonderwyser. Alle probleme wat mag opduik word via die voogonderwyser met die kennis van die hoof opgeneem en afgehandel.

7. Die proefjoernale word minstens eenkeer deur die hoof of voogonderwyser ingeneem deurgeblaai en geteken.

8. By die finale evaluering kom al die personeel by die betrokke student weer byeen ir sodanige evaluering.

9. Die dag voor die dosent die studente se lêers kom afhaal word alle stukke by die voogonderwyser ingehandig vir kontrole en plasings in die betrokke lêers. Albei stukke word in die lêers geplaas behalwe die bywoningsregister wat deur die proefleier/leidster saamgeneem word.

10. In die klaskamer self is die uitgangspunt dat die les so aangebied word dat dit nie herhaal hoef te word nie. Die onderwyser moet dus die nodige leiding aanbied. Ook t.o.v. kritlesse moet studente bygestaan word deur die nodige hulpmiddels en advies te voorsien.

11. Gedurende die proeftydperk word proefstudente soos onderwyspersoneel behandel. Hul drag en gedrag moet ooreenstem met die van personeellede maar hulle geniet ook dieselfde status.

3. ALGEMENE ORGANISASIE :

3.1 Die WerkskeduleElke vak moet voorsien wees van ‘n netjiese uitgemaakte werkskedule. Hierdie dokument is die eiendom van die skool. Met die kurrikulum as veretrekpunt wat sê wat behandel moet word is die skema meer uitgebreid en sê grootliks waaroor hierdie stof aangebied moet word.

3.2 Beplanning en Voorbereiding :Van elke personeellid word daar verwag om deeglik voorbereid te wees vir elke les. Beplanning word op ‘n weeklikse basis gedoen op die voorgestelde vorm. Hierdie beplanning moet een week vooruit gedoen word. Beplanning word weekliks deur die D.P.S. en D.P.J. gekontroleer soos voorgeskryf.

3.3 Verslag van werk:Nadat ‘n eenheid tema of gedeelte daarvan afgehandel is moet die werkskedule en Jaarplan gedateer word. Datering moet gereeld gedoen word soos voorgeskryf in die beleid.

3.4 Fasebeleid :Vir die drie fases in die Laerskool naamlik die Grondslag, intermediêre- en Senior afdelings bestaan daar ‘n volledig uitgewerkte Fasebeleid wat in elke betrokke personeellid se besit behoort te wees. Die fasebeleid word deur die Departementshoof van die verskillende fases in samewerking met die Hoof opgestel en aan alle personeellid beskikbaar gestel. Alle aspekte van die betrokke afdeling of fase word hierin vervat bv. hoeveelheid, skriftelike, werk, tydstoewysing, wyse van voorbereiding en beplanning ens. Die Fasebeleid word deur die Departementshoof of leerareahoof met nuwe personeel bespreek.

3.5 LEERAREABELEID :Vir elke leerarea word ‘n leerareabeleid uitgewerk deur leerareahoofde of personeellede soos deur die Hoof of Departementshoof aangewys. Die leerareabeleid verskaf al die nodige inligting en riglyne waarvolgens ‘n spesifieke leerarea aangebied word. Afsonderlike leerareabeleide vir elke leerarea in die Grondslag-, Intermediêr en Seniorfase, word uitgewerk. Leerareabeleide word in die leerarea by die betrokke leerarea ingebind. Leerareabeleide word

Page 4: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

gedurig aangepas of verstel, soos die behoefte ontstaan. Die Departementshoof of leerareahoof sal alle leerareabeleide met nuwe personeellede bespreek.

3.6 Die Werkverdeling :Die werkverdeling vir die volgende jaar word jaarliks deur die hoof gedoen. Faktore soos kwalifikasies, ervaring, bekwaamheid en voorkeure word deeglik in ag geneem by die toekenning van sekere leerareas en grade aan bepaalde personeellede.

3.7 Die skoolrooster en klasroostersNadat die Hoof die werksverdeling gemaak het stel die Departementshoofde die skoolrooster saam. Elke personeellid ontvang twee roosters. ‘n Persoonlike en klasrooster moet by die hoof ingehandig word. In elke leerarealêer moet ‘n afskrif van ‘n persoonlike rooster wees. Die klasrooster en persoonlike rooster moet ook in die klas aangebring word. Periode toekenning word gedoen soos voorgeskryf deur die onderwysdepartement.

3.8 Periode toekenning en pouses:Die periode toekenning word gedoen volgens die voorskrifte van die Onderwysdepartement. Waar moontlik word daar maksimum tye skoolgehou behalwe in enkele uitsonderings. Die skooldag bestaan uit tien periodes waarvan vier voor eerste pouse is, drie daarna en nog drie tweede pouse. Die pouses is onderskeidelik 20min en 15min.

3.9 Klaslyste klasindelingKlaslyste word aan die begin van elke jaar deur die voogonderwyser vir sy voogklas opgestel.Die name word alfabeties, seuns en dogters, opgestel deur eers die van en daarna die eerste voornaam gevolg deur voorletters geskryf. Klaslyste word ook gebruik vir punte of ander administratiewe pligte. Die klasindeling word die vorige jaar gedoen deur merietelyste saam te stel en dan ‘n heterogene indeling te doen vir die hoeveelheid klasse in die graad.

3.10 Klaskamerpraktyk :Die sleutel tot sukses by skoolhou lê opgesluit in :a) Wees altyd stip en op u pos voor u klas.b) Werk self en laat die kinders werk. Hieruit sal voortvloei die regte

versiering, regte klas atmosfeer, klastrots, klasorganisasie en ‘n flinke optrede en houding. Hou u verder getrou by die reëls, voorskrifte en beleid wat betrekking het op u optrede binne die klas.

3.11 Klasbesoek :Klasbesoek deur die hoof word gedoen om raad te gee waar moontlik, om waardering te betoon vir u goeie werk om aanbevelings te maak ten opsigte van sekere aspekte van u optrede in die klas maar ook om van u te leer.Deur kers op te steek by die knap en ervare leerkrag kan die hoof sinvolle aanbevelings doen teenoor ‘n junior kollega en so indiensopleiding tot sy reg laat kom. ‘n Skriftelike verslag word uitgebring waarvan die leerkrag een afskrif sal. ontvang. Aanbevelings hierin vervat moet nagevolg en in die praktyk getoets word.

3.12 Kontrole van skriftelike werk :Alle skriftelike werk word deur die Departementshoofde of leerareahoofde gekontroleer soos voorgeskryf deur die hoof. Die departementshoof of leerareahoof neem die boeke/lêers in. ‘n Verslag word geskryf. Die verslag word met die personeellid bespreek. Die boeke en lêers en die verslag word aan die hoof voorgelê, Na ondertekening van die verslag ontvang die hoof, leerareahoof en leerareaonderwyser elkeen ‘n afskrif. Die inhoud van die verslag is gebaseer om op die skriftelike riglyne wat aan leerareahoofde voorsien is.

3.13 Evaluering van Personeel:Gereelde evaluering van personeel word deur die bestuur van die skool gedoen. Klasbesoeke, nagegaan van leerlingwerk, optrede teenoor kollegas en ouers ens. dra by tot die geheelbeeld wat van ‘n personeellid gevorm word. Die evalueringskomitees vergader ongeveer agt keer per jaar. Op hierdie vergaderings word gepoog om met die grootste verantwoordelikheid en op ‘n verantwoordbare wyse hierdie belangrike saak te hanteer.

3.14 Indiensopleiding :Indiensopleiding vind nie net plaas deur klasbesoeke van die hoof nie. Lede van die bestuur asook ander senior personeellede moet deurgaans deur voorlewering en ‘n goeie voorbeeld die weg aandui aan jong kollegas. Voortdurende leerarea gerigte samesprekings deur leerareahoofde en ervare kollegas is van onskatbare waarde. Jonger personeellede moet ook die geleentheid kry om onder toesig sekere skoolaangeleenthede te hanteer en te organiseer.

3.15 Nasienwerk :

Page 5: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

Alle skriftelike werk moet gereeld gekontroleer word. Kontrole werk moet netjies wees. Positiewe op- of aanmerkings speel ‘n groot rol. Raadpleeg die inligtingstuk “Kontrole van skriftelike werk”

3.16 Termynprogram:Die termynprogram word opgestel nadat alle moontlike datums in die verskillende aktiwiteite bekom is. Dit maak voorsiening vir alle skoolaangeleenthede soos vergaderings, kursusse en sportaktiwiteite. Daar word voorsiening gemaak vir datums wat later ingevul kan word. Wysigings wat ontstaan word deur personeellede met pen aangebring sodat die program voortdurend korrek bly.

3.17 Personeelvergaderings:1. Hoeveelheid :

Personeelvergaderings vind gereeld plaas eenkeer per termyn. Wanneer nodig kan verdere vergaderings belê word.

2. Notules :Afskrifte van alle notules word aan personeel beskikbaar gestel vir liassering.

3. Dringende sake:Dit word by wyse van samespreking voor skool en pouses wanneer nodig bespreek en afgehandel. ‘n Tyd voorskool en pouses is hiervoor gereserveer.

4. Alle personeellede kom soggens voor skool in die personeelkamer bymekaar, waar ook aankondigings en reëlings getref word.

3.19 Delegering van pligte :Die hoof van die skool bly steeds verantwoordelik vir alles wat plaasvind in die skool. Delegering is die toekenning van gesag en verantwoordelikheid aan ‘n ondergeskikte om bepaalde pligte te verrig. Dit is baie meer gekompliseerd as die blote uitdeling van werk. Dit is dus noodsaaklik dat die hoof en lede van die topbestuur die doelstellings van delegering en die verwantskap daarvan met gesag, mag, verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid sal begryp. Pligte kan gedelegeer word maar nooit die verantwoordelikheid nie.

3.20 Die topbestuur van die skool bestaan uit die hoof, adjunk-hoof, departementshoof opvoedkundige leiding, departementshoof senior Intermidiêrefase asook die Departement Grondslagfase. Die dagbestuur onder leiding van die hoof is verantwoordelik vir alle belangrike besluite wat geneem word. Hulle vergader gereeld om sake soos evaluering van personeel, fondsinsamelings, beoogde funksies, oueraande ens. te bespreek. Notules word van hierdie vergaderings gehou en ‘n afskrif word aan elke lid beskikbaar gestel.

3.21 Leerareahoofde :Die hoof en dagbestuur hanteer die oorhoofse leiding van die skool maar die sukses en doeltreffende funksionering van elke leerarea graad hang in ‘n groot mate van die leerareahoof of graadhoof. Die leerareahoof moet dus onbesproke optree en respek afdwing. Leerareahoofde moet gereeld leerareavergaderings hou, leerareabeleide op datum hou, vraestelle en toetse goedkeur om so te sorg dat die leerarea tot sy reg kom en uitgebou word. Lees asseblief die volgende “Pligte en verantwoordelikhede van vakhoofde” Asook “Vergaderings deur hoofde.”

3.22 Sportkomitee :Die sportkomitee bestaan uit lede van die dagbestuur en alle organiseerders van die verskillende sportsoorte. Alles betreffende sport, verspreiding van talent t.o.v. buitemuurse bedrywighede en sportafrigting kom hier ter sprake. Die hoofsportorganiseerder tree op as voorsitter.

3.23 Kursusse en OnderwyssentrumKursusse1. Kennisgewing:

Kennisgewing word verkry deur omsendbriewe waarin die besonderhede van die kursus uiteengesit word.

2. Bywoning :Alle belanghebbende persone word in kennis gestel en hulle name word deurgegee aan die aanbieders.

3. Reiskoste:Indien u self moet ry, reël u met die persone wat moet saamreis vir die oplaai. Reiskoste teen AA tarief sal uitbetaal word na die invul van vorms by die kursusse deur die skool.

Page 6: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

4. KursusstukkeAlle stukke uitgereik by kursusse is die eiendom van die skool en moet so gou moontlik na die kursus in die leerarealêer opgeneem word as amptelike stukke vir verdere refererings.

5. Terugrapportering :Van kursusgangers word verwag om terug te rapporteer aan die skool. Indien kursusgangers nie leerareahoofde of departementshoofde is nie, word die terugrapportering in oorleg met hulle gereël

6. Implementering:Inligting deurgegee by kursusse moet so spoedig moontlik geïmplementeer word. Relevante inligting en wysigings van leerarea moet ook spoedig bygewerk word deur leerareahoofde.

7. Skriftelike verslag :‘n Skriftelike verslag oor die kursus moet opgestel word. Afskrifte daarvan moet aan die hoof , DPS en die leerareaonderwyser gegee word.

4. ADMINISTRATIEWE AANGELEENTHEDE4.1 Inskrywing van leerlinge :

‘n Kind is skoolpligtig die jaar waarin hy/sy 7 jaar oud word. Leerlinge wat voor 30 Junie ses jaar word mag reeds daardie jaar skooltoe kom. Inskrywings geskied by die administratiewe kantoor deur die voltooiing van ‘n inskrywingsvorm. By eerste inskrywings moet die geboortesertifikaat getoon word. Die eerste dag van die jaar word graad 1 leerlinge in die saal ingeskryf deur die personeel. Leerders word deur die hoof in ‘n bepaalde klas geplaas na inskrywing.

4.2 Profielkaarte :1. Hantering :

Dit is ‘n uiters vertroulike dokument en mag net deur personeel hanteer word. Na hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring.

2. Groepering aan begin van jaar:Profielkaarte word aan die begin van die jaar deur leerkragte vir ‘n betrokke graad verdeel in die klasse soos die indeling vir die betrokke klasse gemaak is.

3. Ontvangs en aanvraag :Die sekretaresse vra die kaarte aan en by ontvangs word dit in ‘n Profielboek geskryf. Die DPO kontroleer en bestudeer die kaarte. Hierna kry die klasonderwysers dit vir kontrole van inskrywings waarna dit terugbesorg word aan die sekretaresse vir liassering.

4. Afstuur :Op aanvraag word dit afgestuur deur die sekretaresse.

5. Graad 1 :Profielkaarte vir die eerste inskrywings word deur die sekretaresse en die voogonderwyser behartig.

6. Voltooiing :Klasonderwysers voltooi Profielkaarte aan die einde van die jaar. Kontroles vind plaas soos in termynprogram uit die kantoor gereël.

4.3 Registers :1. Invul :

Almal moet hulle vergewis van die inhoud van die voorskrifte aan binnekant van buiteblad en daarvolgens handel.

2. Voorlopige register:‘n Voorlopige register word aan die begin van die jaar aangelê. Sodra getalle gefinaliseer is, gee die kantoor kennis vir die aanlê van die finale register. Die voorlopige register word dan oorgeskryf tot op datum.

3. Name :Seuns word eerste geskryf en daarna die dogters. Name kom alfabeties en nuwe inskrywings word onderaan gevoeg.

4. Nuwe inskrywings

Page 7: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

Doen in potlood en skryf oor in ink na ontvangs van profielkaart. Trek horisontale lyn agter naam tot op dag van inskrywings. Skryf ook besonderhede voor of agter in register.

5. Haal name in register asook voor of agter deur. Trek ‘n horisontale lyn vanaf dag van vertrek tot aan einde van die termyn. Haal af in oorleg met kantoor of as kantoor u kennis stel om dit te doen.

6. AanlêVir die kwartale gebruik u een bladsy vir seuns en een bladsy vir dogters.

7. Inhandiging:Registers word Vrydae ingehandig by Adjunk-hoof soos jaarliks gereël. Voltooi u register so gou moontlik op Vrydae vir spoedige inhandiging.

8. Inhandiging :Registers word Vrydae ingehandig by Adjunk-hoof soos jaarliks gereël. Voltooi u register so gou moontlik op Vrydae vir spoedige inhandiging.

9. Terugbesorging :Maandagoggende word dit in die personeelkamer op die tafel gelaat. Foute en opmerkings word by wyse van notas in die registers gelaat.

10. Weekstate :Word deur die graadvoogde hanteer en weekliks by sekretaresse op Vrydae ingehandig. Hierop word vertrekkers en nuwe inskrywings aangetoon, asook ongerymdhede i.v.m. skoolbesoek. Die sekretaresse in oorleg met die Adjunkhoof of DPO sal ongerymdhede rapporteer aan die hoof vir verdere optrede.

11. Voltooiing aan einde van kwartaal :Moontlike skoolbesoek word reeds op die voorlaaste week voltooi op vorm in register geplaas deur kantoor. Werklike skoolbesoek word op laaste dag voltooi en so spoedig moontlik ingehandig by adjunk-hoof. Kolomme se totale moet voltooi word en registers moet onderteken word. Die voltooide vorm in register moet deur ‘n kollega nagegaan word.

12. Termynstate :Tikster voltooi die termynstaat nadat die gegewens van adjunk-hoof verkry is. Die inskrywings besonderhede word reeds vooraf op die termynstaat aangebring. Hierna word dit afgestuur aan die streekkantoor.

4.4 Administratiewe personeel :Die administratiewe personeel is volwaardige lede van die personeel van Laerskool Saamtrek. Hul ontvang al hul opdragte van die hoof. Die admin. Personeel is direkte kontak met skoolouers en besoekers asook d.m.v. die telefoon. Hul vriendelikheid en bedagsaamheid sal dus grootliks bydra tot die beeld van die skool na buite. Hul lojaliteit teenoor die hoof en die skool is dus van die uiterste belang.

4.5 Administratiewe hulp:Daar word gepoog om sover moontlik die onderwyspersoneel se taak verlig wat betrokke take soos tikwerk, afrolwerk ens. Indien hulp verlang word moet die vorm “Aansoek om admin. Hulp” voltooi word en aan die hoof voorgelê word vir goedkeuring.

4.6 Skoolfonds en ander gelde :Die skoolfonds by ons skool bedra R500-00 per maand vir 12 maande. Skoolfonds is nie verpligtend nie en behoeftige leerders word baie simpatiek behandel. ‘n Kwitansie word uitgereik vir elke bedrag wat ontvang word. Dit geld natuurlik ook vir provinsiale gelde wat nie in die skoolfondsrekening inbetaal word nie.

4.7 Voorrade :Aanvraag/bestellingsAlle aanvrae word op ‘n aanvraagboek getrek. Aanvraaglyste word op die rooster aangedui. Aanvraagboeke moet vroegtydig ingehandig word. Geen bestellings mag geplaas word sonder goedkeuring nie.

4.8 Handboeke :1. Uitreikings :

Begin van die jaar :Hand-en leesboek word gedurende die eerste paar dae van die jaar uitgereik. Die voorraad bly die verantwoordelikheid van die onderwyser. Aan die einde van die jaar word die vorm ingevul en aan die adjunk-hoof gestuur vir voorraadkontrole.

Page 8: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

3. Kontrole :Skryf nommers van boeke by name van leerder en kontroleer gedurig of daar nie boeke weg is nie. Indien leerders met boeke vertrek, moet by die kantoor gereël word om sodanige boeke by aanvraag van profielkaarte aan te vra. Handig volledige lys van boeke in.

4. Verlore boeke :Reik ‘n ander boek uit en skryf weer die nommer in. Kontroleer nommers en moedig die soek van verlore boeke aan. Indien nie opgespoor word nie, handig ‘n papier byverantwoordelike persoon in met titel en nommer van die boek. Na ontvangs van ‘n aantal verlore boeke sal met die firma onderhandel word vir die bestelling van die boeke. Boeke wat op hierdie wyse bestel word, sal geneem moet word al kom die verlore boeke intussen uit. Probeer hierdie reëlings vroegtydig afhandel. ‘n Globale prys van R150-00 word deur die leerder by die voogonderwyser inbetaal.

5. Verwisseling van personeel :U moet die voorraad in u besit oorteken aan die nuwe personeellid wat dan verantwoording neem.

6. Bestellings :Boeke benodig word deur leerareahoof of Departementshoof by verantwoordelike persoon ingehandig. Kyk veral aan einde van die jaar of daar genoeg boeke in stelle is vir die klas wat kom.

7. Afskrywings :Word aan die einde van die jaar gedoen.

4.10 Apparatuur :Alle media en oudiovisuele apparatuur kan by die verantwoordelike personeellid bespreek word. Apparaat moet vroegtydig aangevra word en met sorg gehanteer word. Na afloop van die lesse moet die apparaat terug gestuur word na die verantwoordelik onderwyser.

4.11 Hulpmiddels Hulpmiddels in elke leerarea is van die grootste belang. Geen les kan aangepak word sonder die nodige hulpmiddels nie. Hulpmiddels soos:

prente strookfilms transparante flitskaarte opvoedkundige bande, cd’s en DVD’s modelle elektriese apparatuur werklike voorbeelde kan met vrug gebruik word.

4.12 Mediasentrum voorsien in die leerbehoeftes van die leerlinge en is ‘n plek vir studie, navorsing en genot. Die rekenaar onderwyser verskaf idees en hulp aan onderwysers en leerlinge vir die produksie van programmatuur. Daar word voorsiening gemaak vir ‘n Rekenaargebruiksleidingperiode vir elke klas in die skool, waartydens integrering ook gedoen word. Bloklesings word aan die Fases beskikbaar gestel terwyl leerders Maandae en Woensdae na skool navorsing doen op die rekenaar. Die rekenaarkomitee bestaan uit die Hoof, adjunk-hoof , departementshoofde, asook die rekenaaronderwyseres. Die mediakomitee vergader gereeld een of meer maal per kwartaal ten einde sake van belang te bespreek.

4.13 Omsendbriewe en omsendminute :1. Ontvangs:

Na ontvangs word dit aan die hoof oorhandig. Die tikster bring besonderhede in verwysingsboek aan. Besonderhede daarin vervat word op die kennisgewingbord in personeelkamer aangebring ter insae van personeel. Sake wat ‘n besondere personeellid of dit waarvoor hy verantwoordelik is, raak moet dan verder deur die betrokke personeel in kantoor nagegaan word.

2. Liassering :

Alle omsendbriewe en minute word jaarliks numeries gebêre in lêers, wat duidelik gemerk is. Naslaan daarin moet gereël word deur die persoon daarvoor verantwoordelik in die kantoor.

Page 9: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

4.14 Korrespondensie :

Alle korrespondensie geskied volgens op die amptelike briefhoof van die skool. Briewe wat deur onderhoofde hanteer word asook alle ander korrespondensie moet deur die hoof ook onderteken word. Maak seker dat die taalgebruik by alle korrespondensie korrek is. Afskrifte van uitgaande briewe moet op die regte plekke geliasseer word.

5. LEERLINGAANGELEENTHEDE :

Identifisering van leerlinge met probleme :Leerlinge met leer en /of gedragsprobleme word so vroeg moontlik jaarliks geïdentifiseer en by die DPO aangemeld. Saam met die hoof sal besluit word of die saak plaaslik gehanteer of na die ondersteuningspersoneel verwys word.vir aanmelding vul die klasonderwyser die intervensie vorm in en besorg dit aan die DPO. In die proses sal die DPO ook alle moontlike inligting vanaf die klasonderwyser verkry. Die ouers van sodanige leerders word gekontak en volledig oor die prosedure ingelig. Elke klasonderwyser hou ‘n “Byderhandboek” aan waarin besonderhede van leerlinge aangeteken word. Dit maak deel uit van die voogprogram en bevorder vroegtydige identifisering van leerlinge wat aangemeld behoort te word.

Aanmelding :Alle aanmeldings moet met groot noukeurigheid hanteer word. Onderhoude met ouers moet gevoer word – selfs telefonies in minder ernstige gevalle – voordat ‘n leerling by die hulpdienste aangemeld word. Redes vir aanmelding moet duidelik uiteengesit word en aangedui wees op die intervensie met datums, tye en handtekeninge.

Remediëring :Remediërende onderrig behels ‘n program waarvolgens leerprobleme by leerlinge gediagnoseer word en die opstelling van ‘n program van behandeling vir die regstelling daarvan. Leerprobleme doen hulself voor wanneer leerlinge (met normale en bo- en normale intellektuele vermoë) wat in staat is om gewone onderwys in die skool te ontvang, ‘n Wanverhouding tussen hulle werklike skolasties en hulle intellektuele vermoë toon. Dit kom daarop neer dat ‘n kind met ‘n leerprobleem ‘n onder of oorpresteerder is. Hy ontvang heronderrig vir ‘n tydperk. Indien ‘n leerling goeie vordering toon en baat sou vind by verdere heronderrig word die tydperk verleng. Terugvoering word ook vanaf die ouers ontvang oor die resultaat van hulpverlening. Remediërende onderrig word op aanbeveling en in samewerking met die ortodidaktikus gehanteer en verwys.

Profielkaarte:Vir elke leerling wat in die skool is, moet daar ‘n profielkaart uitgemaak word. Alle afdelings word in potlood ingevul. Profielkaarte kan by die DPO aangevra word en moet nie eenmalig nie, maar deurlopend op datum gehou word. Die profielkaart word as vertroulike dokumente beskou ws1``ord en moet as sulks hanteer word. Alle profielkaarte word aan die einde van die jaar gekontroleer en behoort dan volledig op datum te wees.

Begaafde leerders :Begaafde leerders word so vroeg moontlik in die jaar geïdentifiseer. By geleentheid word geïdentifiseerde leerders getoets en na aanleiding van toetsresultate, skolastiese prestasie en akademiese geskiedenis word leerders aanbeveel by die Sentrum vir Begaafde leerders vir moontlike keuring. Eers na die kernsresultate ontvang is word ouers slegs in goedgekeurde gevalle in kennis gestel. Ouers moet nou eers toestemming verleen alvorens ‘n leerder klasse by die sentrum mag bywoon. Advies en voorligting word deur die skool verskaf aan ouers van begaafde leerders. Ouers ontvang ook ‘n inligtingbrosjure vanaf die sentrum.

Rapporte :Die skool maak gebruik van sy eie rapporte. Rapporte is ‘n amptelike stuk. Dit moet netjies en noukeurig gedoen word. Opmerkings op die rapport moet altyd positief en opbouend wees. Rapporte verskaf inligting rakende prestasies in Lu’s en Ass’e asook ‘n persentasiegemiddeld asook ‘n leergemiddeld.

Toetse en eksamen:In die Intermediêre en senior fase word daar kwartaalliks ‘n toetsreeks en eksamens geskryf. In die grondslag fase word assessering deur die termyn gedoen. Alle vraestelle van toetse en eksamen moet deur die leerareahoofde goedgekeur word.

Page 10: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

‘n Geselekteerde leerarea in die grondslagfase word assessering deur die termyn gedoen. Alle vraestelle van toetse en eksamens moet deur die leerareahoofde goedgekeur word. ‘n Toets- en eksamenrooster word deur die DPS aan personeel voorsien. Vraestelle moet sorgvuldig opgestel word. Persentasie gemiddelde word saamgestel vir toets, eksamenpunte asook leeruitkoms gemiddelde.

Puntelys en puntestate.Leerareas maak ook gebruik van assesseringstate. Punte word bereken en oorgedra en klaslyste met ‘n gemiddeld vir elke leerder en ‘n persentasiefooi gemiddeld vir leerareas waarin toetse en eksamen geskryf word. Punte word voorgelê aan die hoof en adjunk-hoof en aan die tikster om getik te word op die rapport. Die klaslyste word dan in die assesseringslêer geliasseer.

PromosiestateDie 169’s word gebruik vir graad 1 tot graad 7. Hierdie state moet baie korrek en netjies voltooi word. Uit die kantoor word in die program gereël hoe hierdie state gekontroleer moet word. Die state word na voltooiing volgens grade gebind vir voorlegging.

Huiswerk :Huiswerk is ‘n verlengstuk en aanvulling van klaswerk wat buite die klaskamer deur die leerling self voltooi en / of geleer moet word. Alle Fases mag huiswerk ontvang maar oordeel van die onderwyser is hier ter sprake. Geen take word by die huis voltooi maar wel in die klaskamer.

Dissipline en klaswisseling1. Aantree:

Soggens : Alle leerlinge van gr 1-7 tree aan in hulle klasse. Op Maandae tree leerlinge van gr 4-5 op sementblad voor kamer 18 aan vir inbeweeg in saal vir saalopening. Die Grondslagfase beweeg reeds voortydig saam met hulle onderwysers in die saal in.Na Pouse : Leerders tree in hulle klasse aan. Aan elke klas is ‘n skoolleier toegewys wat toesig hou oor die instap van die klas totdat die leerkrag oorneem.

2. Verdaging :Klasse : Nadat die klok gelui het, verdaag leerlinge ordelik sonder geraas, deur netjies in rye uit te stap.Fietsloods : Gee leerder ry op sy fiets op die skoolterrein nie, maar stoot sy fiets uit tot in die straat. Leerlinge moet nie direk in die straat gaan nie, maar liewers van die sypaadjie gebruik maak tot die verkeer veilig is.

3. Skolierpatrollie:Alle leerlinge wat die pad wil kruis moet dit doen tussen witlyne of by die patrollie oorgang of by die verkeersbeheerde oorgang oos van die skool.

4. Klaswisseling :K1 na K18 en 17 : Beweeg antikloksgewys op sement regs om kamer 1.Kamer 1 – 3 na K7, 8,9 en T1: Beweeg antikloksgewys deur gang by kamer 1 en

5.Kamer 4-6 na k7, 8, 9, en T1: Beweeg kloksgewys om kamer 6. Leerlinge na T1 beweeg verder om k11 en voor gr 1 klas op na T1.Kamer 17 en 18 na Ki – 6 : Beweeg aan kantoorkant om k1 en op sement af tot voor klas.Kamer 17 en 18 na K7,8,9 en T1 : Reguit op stoep af en leerders na T1 gaan regs deur gang by K17.T1 na kamer ,8,9,17,18 en 1-6: Beweeg deur gang by K17 en K1 en daarna links af regs met stoep na klasse.Kamer 7,8,en 9 K1 –3: Beweeg antikloksgewys deur gang by K1 en op sement na klasse.Kamer 7,8, en 9 na K4,5 en 6 : Beweeg om K6 en daarna op sement na klasse.

6. Hoek en stoepdienste :Dit word gedoen soos jaarliks ingedeel onder die pligte van skoolleiers. Die groepe doen weekliks om die beurt diens op punte soos aan hulle toegewys. Personeel beweeg ook uit op stoepe om leiers by te staan tydens klaswisseling.

5.12 Tug en lyfstraf :

Page 11: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

Lyfstraf is verbode. Onderwysers maak gebruik van die Samiestelsel soos aangebring in die leerders se huiswerkboeke.

5.13 Gebeurlikheidsbeplanning – noodplan:Alle moontlike voorsorg word getref om voorkomend op te tree en moontlike noodsituasies te verhoed. Die skool se noodplan as sulks word as hoogvertroulike dokument beskou. Nuwe personeel by die skool kry die Noodplan onder oë ter insae waarvoor daar dan ook geteken word. Slegs een afskrif word gebruik en vir veilige bewaring in die kluis gebêre.

5.14 Persoonliksheidsvoorligting: Tydens voogperiodes.Onder persoonlikheidsvoorligting word verstaan die leiding wat aan ‘n leerder gebied word ter bevordering van sy persoonstruktuur. Enersyds moet die kind geleer word om sy moontlikhede en beperktheid te ontdek en om dit waaroor hy beskik optimaal te verwesenlik.Aan die anderkant moet die totale persoonstruktuur gevorm word en moet enige tekorte en / of afwykings in die persoonstruktuur aangevul en reggestel word om te lei tot volwaardige ontwikkeling.

5.15 Leerderraad. :By die skool word gebruik gemaak van deurlopende leier identifikasie soos dit ook duidelik in die voogprogram na vore kom. Nominasie van prefekte word onder leiding van die hoof, adjunk-hoof die DPO deur die hele skool gedoen. Die DPO en res van die personeel sal deur die jaar leerders onderwerp aan leier identifikasietegnieke wat in aanmerking geneem word. Leierskap word dan ook binne die skoolverband gestimuleer deur middel van onder andere die volgende:- Groepleiers- Klasleiers- Skoolleiers- Leiers van besprekingsgroepe ens.Daar is ook ‘n vaste prosedurehandleiding wat gevolg word by die aanwys van skoolleiers. Na die leiers jaarliks aangewys is, vind leieropleiding en toerusting plaas deur middel van ‘n leierskamp.Skolierpatrollie :Skolierpatrollie word aangewys uit die leerraad wat diensbeurte het onder leiding van die hoof deur die DPO en personeellid verantwoordelik vir die res van die personeel.

5.16 Skooldrag :Dit word verwag dat alle leerlinge in volledige skooldrag die skool sal besoek. Voorskrifte vir haarstyle, juwele en die korrekte somer- en wintersdrag is vervat in die skoolprospektus.

5.17 Sportdrag word deur die skool aangekoop en aan leerders voorsien. In sommige gevalle word ‘n klein bedraggie as huurgeld gevorder.

5.18 Buitemuurse Aktiwiteite :(Sien ook riglyne vir die opvoedkundige verantwoordbare deelname aan buite-kurrikulêre aktiwiteite)Die motivering vir deelname aan naskoolse aktiwiteite moet gesien word in die feit dat die doelwit ‘n totale opvoedingsprogram is. Soveel as moontlik leerders moet betrek word en daar moet gestreef word na ‘n gesonde balans tussen sportaktiwiteite en kultuuraktiwiteite. Die klem moet sodanig verskuif word van oordrewe sportdeelname en sportprestasie in ‘n ewewigtige deelname waar die opvoeding van die kind in sy totaliteit nagestreef word om so sy potensiaal gebalanseerd te ontwikkel.Buitemuurse aktiwiteite is ‘n sinvolle en nuttige aanknopingspunt vir die onderwyser se opvoedingsbemoeienis met die kind. Daar moet dan ook by die organisasie van die program ‘n duidelik opvoedkundig en verantwoordbare vertrekpunt wees.Ons skool se hoofsportorganiseerder sowel as die hoofkultuurorganiseerder moet dan ook by die betrokke vergaderings van organiseerders en afrigters, die beleid van die skool bevestig en beklemtoon. Soveel moontlik leerders moet deelneem. Leerders moet toegelaat word om volgens vermoë te presteer en deel te neem. ‘n Ongesonde wenmotief moet vermy word en onnodige pretasiedruk moet voorkom word. Die opvoedingswaarde van deelname moet hoër geag word as die ego van die afrigter of die prestige van die skool. Oormatige tydsbesteding aan sport kan ook lei tot verwaarlosing van akademiese verpligtinge. Daar moet ook gewaak word teen oormatige finansiële uitgawes t.o.v. sekere sportsoorte. Die afrigter of begeleier van enige aktiwiteit moet dan ook deurgaans die voorbeeld stel t.o.v. algemene beginsels soos stiptheid, entoesiasme, kleredrag ens.

5.19 Klerebank :

Page 12: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

Behoeftige leerders word van klere voorsien vanuit die klerebank. Die klerebank word deur ouers self hanteer en is ‘n diens aan alle skoolkinders waar kledingstukke ingeruil kan word of aangekoop kan word teen baie billike pryse.

5.20 Opvoedkundige toere :Vir alle opvoedkundige toere moet aansoek gedoen word. Hierdie aansoek moet minstens een maand voor die tyd aan die Hoof en Beheerliggaam gerig word. Hierdie toere moet verkieslik aanpas by kurrikulum vir die betrokke graad. Stuur ouerbriewe uit en tref die nodige reëlings betyds.

5.21 Besering van leerders en siek leerders:Alle ernstige besering wat op die skoolterrein plaasvind moet gerapporteer word by die kantoor. Die hoof sal na goeddunke die ouers of indien nodig blyk te wees ‘n geneesheer kontak. Leerders wat gedurende skoolure siek word, mag nie die skoolterrein verlaat alvorens hulle ouers nie telefonies toestemming gegee het indien hulle nie die kind self kan kom haal nie. Beseringsregister moet voltooi word vir ernstige beserings.

5.22 Saalbyeenkomste:Tye :Maandae die sewende periode word gereserveer vir saalbyeenkomste.Opening : Ons begin by die hoof en daarna word aan al die manspersoneel volgens rotasie ‘n beurt gegee. Die opening bestaan uit skriflesing, gewyde sang, ‘n kort lessie en gebed.Afkondigings :Vir die week soos: diensbeurte, skoolleiers aan diens, verjaardae, vergaderings, kursusse, prestasies ens. word gedoen.Samesang : Volks en vaderlandsliedere word gereeld gesing.

6. GEBOUE, TERRIEN, MEUBELS EN VOERTUIE :

6.1 Klaskamers vorm ‘n belangrike deel van die onderrig atmosfeer. Elke onderwyser is medeverantwoordelik vir die skoonhou en instand hou van sy lokaal. ‘n Netjiese klaskamer laat leerders tuis voel.

6.2 SkoolsaalDie skoolsaal word bestempel as die “sitkamer” van die skool. Goeie dissipline moet deurgans gehandhaaf word. Die skoolsaal word gebruik vir Opening en afsluiting. ‘n Saalrooster word jaarliks opgestel om botsings te voorkom.

6.3 Sleutels:Skoolsleutels moet met groot verantwoordelikheid hanteer word. Die verlies van enige sleutel moet by die Adjunk-hoof gerapporteer word. Duplikaatsleutels mag slegs met toestemming van die hoof gemaak word. Indien enige personeellid een of meer dae afwesig is, moet gereël word dat die klas oop- en toegesluit word. Duplikaatsleutels mag slegs in noodgevalle uit die kluis verwyder word. Geen kind mag ‘n sleutel by die kantoor kom afhaal nie. ‘n Sleutelregister word deur die adjunk-hoof op datum gehou.

6.4 Meubels :1. Elke personeellid is verantwoordelik vir die byhou van ‘n inventaris vir sy klas . Asook kantore waarvoor verantwoordelik. Enige verskuiwing moet gereeld daarop aangebring word.2. Die adjunk-hoof neem ontvangstes op voorraadlyste.3. Die Hoof benoem ‘n persoon verantwoordelik vir die meubelvoorraad wat in samewerking met die sekretaresse daarvoor verantwoordelik is.4. Rekwisisies of begrotings word jaarliks ingedien volgens behoeftes.5. Die verantwoordelike persoon is verantwoordelik vir voorraadopnames,

afskrywings van oortollige meubels.6.5 Terreindiens:

‘n Rooster vir terreindiens word deur die adjunk-hoof opgestel. Persone aan diens moet toesien dat alles ordelik verloop gedurende pouses, leerders flink aantree, niemand die terrein verlaat gedurende pouse nie. Die terrein is ingedeel in blokke met die oog op skoonhou deur die verskillende klasse. Asblikke is op strategiese plekke geplaas op die terrein.Indeling van speelplekke:

Page 13: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

Gr 1 en 2 voor klasse en wes van klasse. Gr 3 en 4 voor klasse en op suidelike netbalbane. B veld.Gr 5 – 7 dogters: Sementblad voor kamer 18 en rondom Snoepie en tennisbane en op noordelike netbalbane asook rugbyveld (a) Geen kind speel om fietsloods nie.

6.6 Skoolvoertuie:Ten minste twee dae voor die tyd moet aansoek gedoen word vir die gebruik van skoolvoertuie. Hierdie voertuie moet met liefde hanteer word. Die begin- en eind-kilometerlesing moet ingeskryf word.

Die persoon verantwoordelik moet toesien na die versekering, onderhoud en padwaardigheid van hierdie voertuie. Skoolvoertuie word nie uitgehuur behalwe in hoogs uitsonderlike gevalle nie.

7. OUERAANDAANGELEENTHEDE:7.1 Oueraande :

Oueraande by hierdie skool word geweldig goed bygewoon. Dit stel ons in staat om kontak te maak met ‘n groot aantal ouers. Op die oueraande word hoofsaaklik gekyk na leerders se werk en probleme of dankbetuigings met onderwysers bespreek. Soms word ‘n spreker van buite genooi of die aanbieding van leerareas deur onderwysers aan ouers verduidelik. Soms word Grondslagfase en Intermediêre en Seniorafdeling se oueraande op verskillende tye gehou.

7.2 Beheerliggaam:Die beheerliggaam word vir drie jaar gekies. Ten minste een keer per termyn word ‘n vergadering gehou waarna aanstelling van onderwysers en ander algemene sake bespreek word.

7.3 Ouerkomitees : Ouerkomitees word uit elke graad verkies om ouers te verteenwoordig en as skakel op te tree. Komiteesbestaan uit ‘n voorsitter/ ondervoorsitter en addisionele lede

7.4 Ouerbesoek gedurende skoolure:Ouers wat die skool besoek gedurende onderrig-ure moet by die kantoor toestemming vra. Geen lang gesprekke met personeel gedurende klastyd moet toegelaat word nie. Ouers is egter welkom om afsprake met personeel te maak vir ‘n bepaalde tyd.

7.5 Kommunikasie met ouers:Ouers word bereik d/m/v/ gereelde ouerbriewe wat handel oor algemene skoolsake. Leerders ontvang drie keer per jaar rapporte waarin die vordering op skool duidelik uiteengesit is. Departementshoofde in die verskillende fases rig elke termyn briewe aan ouers wie se kinders swak gedoen het. Die departementshoof Opvoedkundige Leiding rig briewe aan ouers wie se kinders baie swak doen en moontlik op druiping afstuur. Albei briewe word deur die hoof ook onderteken.

8. PERSONEELAANGELEENTHEDE:8.1 Daar word van personeellede verwag om soggens om 7:30 in die personeelkamer te

wees met die oog op aankondigings en reëlings vir die dag. Ook gedurende die eerste pouse moet alle personeel in die personeelkamer bymekaar kom.

8.2 Personeelfonds:Elke peroneellid dra R65-00 per jaar tot hierdie fonds by. Die gelde word aangewend vir die aankoop van melk, tee, koffie, ens. Vir die personeel asook ruikers en kransies wanneer benodig.

8.3 Telefoon : Die telefoon is daar vir amptelike gebruik en skoolsake. Indien personeellede gebruik maak van privaat oproepe moet die verskuldigde bedrag by die kantoor inbetaal word. Oproepe mag nie gedurende onderrigtye gemaak word nie. Slegs in dringende gevalle sal personeel uit klasse ontbied word vir ‘n telefoonoproep.

84. Verlof van onderwysers:

Page 14: Beleide/SKOOLBELEID.docx · Web viewNa hantering moet dit so gou as moontlik weer na kluis geneem word vir veilige bewaring. Groepering aan begin van jaar: Profielkaarte word aan

1) Vakansieverlof : Elke onderwyser is geregtig op soveel vakansieverlof en moet die nodige dokumente by die hoof afgehaal wat dan ook voorlopige goedkeuring kan lewer.

2) Spesiale verlof: Spesiale verlof word geneem met die oog op studies en eksamen.

3) Dringende privaatsake (DPS)Die hoof mag sodanige verlof vir hoogstens drie dae toestaan. Dit moet egter werklik dringend wees soos ernstige siekte van ‘n familielid ens.

4) Kraamverlof : Kraamverlof moet geneem word minstens drie maande voor die verwagte datum tot ses weke daarna.

5) Siekteverlof : Siekteverlof word toegestaan vir 90 dae vol besoldiging plus 90 dae halfbesoldiging binne ‘n tydperk van 3 jaar. Indien siekteverlof vir meer as 4 dae geneem word moet ‘n doktersertifikaat ingehandig word.

6) Afwesighede van personeel: Probeer so gou moontlik die hoof in kennis te stel indien u nie kan skool toe kom nie. Indien moontlik moet u reël met ‘n kollega vir die toesluit van u klaskamer.

7) Personeelfunksie :Daar word jaarliks aan die einde van die jaar ‘n personeelfunksie gehou waar ook die gades van alle kollegas teenwoordig is. ‘n Klein komitee word aangewys vir die reëlings in die verband.

9. TEN SLOTTE :Die personeel van Laerskool Saamtrek moet ‘n gelukkige personeel wees. As dit nie so is nie moet die saak reggestel word. Die hoof se kantoor is elke dag oop vir enigiemand wat ‘n probleem wil bespreek – al lyk dit vir u hoe nietig.As die hoof u nie self kan help nie sal hy u verwys na iemand wat dit wel kan doen. Ons moet mekaar dra en verdra in die lewe.

ONTHOU :Vriendskap verruim die hart van die gewer en waar ons ‘n grootse roeping het om te vervul is daar net nie plek vir kleinlikhede, veral wat ‘n medepersoneellid aanbetref nie. Laat ons deur toegewydheid ons skool se naam hoog hou, eerder as deur ‘n waardelose en onegte vertoon na buite.