bonsmara seëvier in kalahari kalahari · 2012. 11. 15. · klopper van suid-afrika, op sy stukke...

12
Bonsmara seëvier in Kalahari Die Hartebeestloop Boeredag op 26 Mei het soos gebruiklik ‘n goeie opkoms gehad waar produsente meer geleer het van pelvis- metings, die natuur en parasietbeheer, dragtigheidsondersoeke en ultrasoniese skanderings. Kenners se besprekings van veilingdiere, almal Bonsmaras, was nog ‘n bron van kennis waaruit boere kon put. Nagenoeg 180 mense het die boeredag bygewoon. Op 27 Mei, die veilingdag, was opwinding soos gebruiklik aan die orde van die dag. Meer as 200 koppe is getel en mense het tot in die gange tus- sen die pawiljoene gesit. Dit was Harte- beestloop se vierde produksieveiling en soos die rekordpryse, ook Afrika-rekord- pryse, jaar ná jaar ingeryg word, kan daar met reg na die Hartebeestloop Veiling as die voorloper-veiling in Namibië ver- wys word – ook ‘n spogproduk vir Agra Stoetveedienste. ‘n Mens sien elke jaar nuwe gesigte en al meer telers van ander rasse wat ook produksieveilings aanbied. Vanjaar het Hartebeestloop Bonsmaras ook die eerste keer ‘n in- ligtingsdag in Windhoek aangebied. Dié geleentheid op 16 Mei is baie goed ondersteun waar dr. Joggie Briedenhann onder meer gesels het oor die Harte- beestloop-teelbeleid, kuddeprestasies en die waarde van stambome. By dieselfde geleentheid was Günther Roeber van Agra se Professionele Dienste aan die woord oor wat jy in aanmerking moet neem as jy ‘n bul koop, terwyl stoetveekenners Kiep Lepen, Barend Dorfling en Japie Bestebreurtje die veilingdiere be- spreek het. Die nuwe Namibiese rekordprysbul, HART 08- 62, wat vierde onder die hamer gekom het en vir N$480 000 aan Edward Hansen (regs) van Hoch- feld verkoop is. Edward was ook ‘n gasverkoper op die Hartebeestloop Produksieveiling. HART 08-62 se vader is AG 01-52, wat die Hartebeestloop Bons- marastoet beskou as die teelbul waarmee hulle sek- erlik die grootste sukses behaal het. Hy is ook onver- want aan die bekende AG 98-338 bloedlyn wat sterk gebruik word op Hartebeestloop. Onder sy eienskappe tel lae geboortegewig met groei, GDT en vo- eromsetverhouding wat ver bo die rasgemiddeld is en ‘n buitengewone erfdwang. AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Upload: others

Post on 24-Nov-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

KalahariDie Hartebeestloop Boeredag op 26 Mei het soos gebruiklik ‘n goeie opkoms gehad waar produsente meer geleer het van pelvis-metings, die natuur en parasietbeheer, dragtigheidsondersoeke en ultrasoniese skanderings. Kenners se besprekings van veilingdiere, almal Bonsmaras, was nog ‘n bron van kennis waaruit boere kon put. Nagenoeg 180 mense het die boeredag bygewoon. Op 27 Mei, die vei lingdag, was opwinding soos gebruiklik aan die orde van die dag. Meer as 200 koppe is getel en mense het tot in die gange tus-sen die pawiljoene gesit. Dit was Harte-beestloop se vierde produksieveiling en soos die rekordpryse, ook Afrika-rekord-pryse, jaar ná jaar ingeryg word, kan daar met reg na die Hartebeestloop Veiling as die voorloper-vei ling in Namibië ver-wys word – ook ‘n spogproduk vir Agra Stoetveedienste. ‘n Mens sien elke jaar nuwe gesigte en al meer telers van ander rasse wat ook produksie veilings aanbied. Vanjaar het Hartebeestloop Bonsmaras ook die eerste keer ‘n in-ligtingsdag in Windhoek aangebied. Dié geleentheid op 16 Mei is baie goed ondersteun waar dr. Joggie Briedenhann onder meer gesels het oor die Harte-beestloop-teelbeleid, kuddeprestasies en die waarde van stambome. By dieselfde geleentheid was Günther Roeber van Agra se Professionele Dienste aan die woord oor wat jy in aanmerking moet neem as jy ‘n bul koop, terwyl stoetveekenners Kiep Lepen, Barend Dorfling en Japie Bestebreurtje die veilingdiere be-spreek het.

Die nuwe Namibiese rekordprysbul, HART 08-

62, wat vierde onder die hamer gekom het en vir

N$480 000 aan Edward Hansen (regs) van Hoch-

feld verkoop is. Edward was ook ‘n gasverkoper op

die Hartebeestloop Produksie veiling. HART 08-62

se vader is AG 01-52, wat die Hartebeestloop Bons-

marastoet beskou as die teelbul waarmee hulle sek-

erlik die grootste sukses behaal het. Hy is ook onver-

want aan die bekende AG 98-338 bloedlyn wat sterk

gebruik word op Hartebeestloop. Onder sy eienskappe tel lae geboortegewig met groei, GDT en vo-

eromsetverhouding wat ver bo die rasgemiddeld is en ‘n buitengewone erfdwang.

Nuwe rekordprysbul

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 2: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

Die Namibiese rekordprys vir ‘n bul staan vir die derde agtereenvolgende jaar agter Harte-beestloop Bonsmaras se naam. Edward Hansen van Emok Bonsmaras in die Hochfeld-om ge-wing, was die koper van die duurste bul van N$480 000 – N$30 000 meer as verlede jaar se rekordprys. Die totale veilingomset van N$7,3 miljoen is ook die hoogste nog vir ‘n stoetvee-veiling in die land. Dit sluit die diere in van die ses gasverkopers. Hartebeestloop-bulle se ge middelde prys op N$87 333 hou weer eens die Afrika-stoetveilingre-kord. Die omset vir Hartebeestloop-diere (39 bulle en so-wat 150 stoet- en kommersiële vroulike diere) alleen was sowat N$6 miljoen. Verlede jaar was die totale veilingomset N$5,2 miljoen en die gemid delde prys vir bulle N$82 258.

Ongekende opwinding het langs die veiling ring geheers toe nog twee bulle vir N$200 000 elk onder die hamer gekom het. Die ko pers was onderskeide-lik Tollie van Tonder van Goba bis en die stoetvennote Rolf Kirsten en Ernst Erni van Maltahöhe. ‘n Verdere vyf bulle het vir meer as N$100 000 verkoop. Die kopers was Roland Horn, Ronnie Coleman, Streicher en Hella Coetzee, Jörg von Dewitz en die Pieter de Lange Trust. In totaal is agt bulle vir meer as N$100 000 verkoop. Die hoogste prys vir ‘n koei met ‘n kalf was N$34 000.

Deurgaans was kopers se menings dat Hartebeestloop se bulle vanjaar van ‘n be-sondere kwaliteit was. Die pryse is ‘n bewys daarvan. Mel ding moet voorts daarvan ge-maak word dat die voorslag-afslaer, Deon Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur lange veil-ing vir Agra behartig het.

Altesame 98 kopers het vir die veiling gere gi streer.

Die volgende Bonsmara-telers het ook elk ‘n bul en vroulike diere op die veil-ing aangebied: Nick van Wyk van Mil-likena Bonsmaras, Tol lie van Tonder van

Komaweer Bonsmaras, Ben Mouton van Wagner Bons-maras, dr. Johannes Smith van Swartrant Bonsmaras, Stre-icher en Hella Coetzee van Hochfeldstreek Bonsmaras en ds. Hendrik von Wielligh van Sonnegloed Bonsmaras.

Gemiddelde pryse vir die aanbod van stoet diere was N$78 340 vir 50 bulle (Harte-beestloop se 39 bulle was gemiddeld N$87 333), N$20 407 vir die 43 koeie met kalw-

ers, N$17 309 vir die 47 dragtige koeie, N$19 929 vir die 14 dragtige verse en N$14 227 vir 11 verse.

Kyk ‘n mens na die deurlopende sukses van die Harte-beestloop Veiling, en jy moet dit toedig aan moontlike re-des, kom die volgende bestanddele vir dié suksesresep op: kwaliteit die re, goeie bemarking, ‘n Hartebeestloop-span wat baie ekstra myle lank voor die veiling loop om sake te laat vlot, die gratis vervoer van die re volgens enkele voor-waardes en ‘n waarborg op diere wat verkoop word.

Deon Klopper, bekende Suid-Afrikaanse afslaer, in aksie.

Hart 08-37 wat vir N$200 000 verkoop is aan Tollie van Tonder (inlasfoto) van Goba bis. Dié bul is ‘n top-presteerder en het groeitoetssyfers van 115 vir GDT-indeks, 109 vir Kleiber-indeks en 112 vir ekonomiese veldbul-indeks opgele-wer. Hy is volgens die meeste BLUP-teelwaardes bo die rasgemiddeld met uitstekende eienskappe vir karkask-waliteit. Sy ma, BHE 00-22 het ‘n TKP van 392 dae en speen 8 kalwers teen 49.6% van haar liggaamsgewig. Haar data vir produksie en reproduksie klop die gemiddeld. Hart 08-37 se pa, WAT 04-339, is op die veiling vertoon van wie nog seuns op die veiling aangebied is.

Hart 08-40 wat vir N$200 000 gekoop is deur Rolf Kirsten (links) en Ernst Erni (regs) van Maltahöhe wat onlangs die Urusis Bonsmarastoet begin het. Dié bul se moeder is WAT 04-339 van die Suid-Afrikaanse tel-er Frikkie Kruger. Sy het die eerste keer op 27 maande gekalf en het ‘n TKP van 383 dae oor vyf kalwers met ‘n reproduksie-indeks van 114. Sy pa kom uit die El 98-80/BG 96-125 bloedlyn. Hart 08-40 het ‘n top ekonomiese veldbul-indeks van 128. Hy was ook ‘n top-presteerder in die Fase D-groeitoets. Sy skrotum-omvang is ‘n perfekte 37,5 cm.

Twee bulle verkoop vir N$200 000 - naashoogste prys

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 3: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

Variasie in aanbod is een van die groot trekpleisters op die Hartebeestloop Produksie veiling. Soos dr. Joggie Brieden-hann, stuurman van die stoet, tereg opgemerk het in ‘n kort gesprek met voornemende kopers is dit Hartebeestloop se teelbeleid om genetika te voorsien oor die hele spektrum van die produksiestelsel. So was daar bulle op aanbod vir die teel van speenkalwers, vervangingsverse en osprodusente. BLUP-teelwaardes vir Namibiese ekstensiewe toestande het voorts die keuse vir kopers vergemaklik.

‘n Verdere voordeel was dat Hartebeestloop-bulle uit die Kalahari-sandveld, die klipperige suidweste en die grasvelde van Omitara aangebied is – ‘n bul vir elke area en koper.

“Meer as twintig stoetvaars sorg vir genetiese verskeiden-heid in die Hartebeestloop Stoet,” het dr. Joggie gesê. Hy het daarop gewys dat elke geregistreerde bul nie ‘n stoet-bul is nie. Tussen 50 en 55% van bulkalwers wat aankom, is onder die rasgemid deld. Dit beteken dat net sowat die helfte vir registrasie in aanmerking kom, terwyl seleksie vir sekere eienskappe meebring dat 30% van die bulkalw-ers uiteindelik op standaard is vir veilingkeurings. Dit is die meerderwaardige bulle in ‘n kudde. Dan is daar ook die en-kele bulle wat ons trendsetters noem en gebruik om daardie

besondere eienskappe te teel wat die mark verlang. Voorts het die sorgvuldige verwerking van data van Meatco se Ekatho-skema meegebring dat die beste bulle vir kommersiële produsente uit-gekies kon word.” Dr. Joggie het verduidelik dat die Hartebeestloop-diere ook ‘n tweede vlak van keu ring deurloop het met Kiep Lepen en Barend Dorfling van Agra se Stoetveedien-ste en konsultante Japie Bestebreurtje en Danie Bosman wat hulle feno-tipies gefynkam het vir markvereistes met die klem op karkaskwaliteit.

Op die veilingpawiljoene

Tydens die bulspreking die dag voor die Harte-beestloop Produksieveiling is van links dr. Joggie Briedenhann, Danie Bosman en Kiep Lepen.

Op die veilingpawiljoene AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 4: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

‘n Blik op die veilingterrein op Hartebeestloop waar verbete-ringe en nuwe geriewe jaarliks opgemerk word.

Die koper wat die grootste bedrag vir diere op die Harte-beestloop Vei ling betaal het, het ‘n leertas (geborg deur Standard Bank) as ‘n geskenk ontvang. In die koperspan van Hackette Farms wes van Ghanzi in Botswana is van links plaasbestuurder Cobus Brown, konsul tant Kobus du Toit en eienaar Koos Rauben-heimer saam met Nico Viss-er van Hartebeestloop Bons-maras en Kiep Lepen van Agra Stoetveedien ste. Die Botswa-na-span het meer as N$500 000 vir agt bulle betaal.

Botswana se Koos die grootste koper

Dit is die eerste keer dat ‘n bank, in hier die geval Standard Bank, inge-koop het op ‘n veiling. André Botes, die landboubestuurder van bankier-dienste, het gesê Standard Bank be-weeg nou op ‘n vlak om produsente in staat te stel om goeie genetika te bekom. Kopers kon van dié bank se aanbod gebruik maak om finansie-ring oor ‘n tien maande lange tyd-perk teen die prima-uitleenko-ers te bekom om top-genetika op die Hartebeestloop Produksievei-ling aan te skaf. ‘n Deposito van 20% depo sito is vereis en die diens was vir almal beskikbaar, nie net vir kliënte van dié bank nie. Kopers het nie die geleentheid laat verbygaan nie en van dié diens gebruik ge-maak.

Standard Bank Namibië se borgskapoorhandiging vir die Hartebeestloop Produksieveiling. Van links is André Botes, bankierdienste se landbou-bestu-urder, Herman Coetzee, streekbestuurder van bankier dienste, en die Harte-beestloop-stoetvennote, dr. Joggie Briedenhann en Nico Visser.

Bank koop in op veiling

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 5: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

Boere het al meer regop gesit, al fyner geluister en ernstig oor pelvismetings besin toe dr. Piet van Zyl van die Heil-bron Dierekliniek tydens die Harte-beestloop Inligtingsdag aan die woord gekom het. ’n Windhoekse veearts het spesiaal na Hartebeestloop by Stam-priet gery om meer te wete te kom oor dié stuk nuttige, nuwe tegnologie met ’n baie hoë akkuraatheid. Kortom gaan dit hier oor verhoogde produksie en re-produksie en die uitskakeling van moei-like geboortes.

“Pelvisse het toevallig op my pad ge-kom ná baie kalwers se trek. Ek het toe navorsing daaroor begin doen. Aanvank-lik is pelvisme tings skepties ontvang, maar vandag word dit wêreldwyd aan-vaar en die akkuraatheidsyfers is tussen 85 en 95%. Soos my oupa altyd gesê het, die kaarte is nou op die tafel en ons gaan nie terug na die toekoms nie.”

Dr. Piet beskou afwykings in pelvis-grootte as die heel grootste oorsaak van verliese in vleisbeeste – meer as enige siekte. Distokie (moeilike kalwings) in koeie veroorsaak ’n mortaliteit syfer van 52% in kalwers. Tot 10% kalwers sterf by geboorte as gevolg van moeilike ge-boortes. Vrektes weens moeilike kalwing kom tot 14 dae ná geboorte nog voor, ook weens ’n swak immuunstelsel om-dat biesmelk te laat ingeneem is.

Intussen word druk wêreldwyd op landbouers uitgeoefen om meer te produseer. “As ons as vleisprodusente nie ons produksie opstoot nie, sal die hoender- en varkprodusente dit doen.”

Volgens dr. Piet is hoender en vark die vleisprodusente ver voor wat genetiese

’n Bedrywige én kundige veearts van Heil-bron, dr. Piet van Zyl, het op die Harte-beestloop Boeredag die erns van verhoogde vleisproduksie uit verskeie hoeke bespreek. As ’n spesialis op die gebied van pelvi-metrie was hy ook nie suinig met raad as boere algemene vrae gehad het rondom moeilike kalwings nie. Dr. Piet is die eie-naar van die Heilbron Dierekliniek, maar het kliënte in al vier provinsies in Suid-Af-rika en in Mosambiek. Hy is ook ’n kenner van wedvlugduiwe op beide gesondheid- en voedinggebied. Lees van bl. 28 - 30 oor sy bydraes op Hartebeestloop.

Kenner van pelvismeting lig die feite uit

vorde ring betref. As voorbeeld het hy genoem dat ’n hoender aanvank-lik 6 kg voer nodig gehad het om 1 kg vleis te produseer. Vandag het die-selfde hoender net 1 kg voer nodig om dieselfde produksie te lewer. “Kyk ons na melkbeeste, word reke-naaranalises al jare lank gedoen om vir klein kalwers te selekteer. Ondanks die groot hulp van BLUP-teelwaardes wat melkprodusente die afgelope twintig jaar gebruik, is daar geen vor-dering gemaak op die gebied van moeilike kalwings nie. Trouens, moei-like kalwings het by die Holsteins in die VSA van 19 tot 21% gestyg omdat lae geboortemassa negatief korreleer met geboortegemak.”

Hy het met die deur in die huis geval. “Die siening dat alle vroulike diere se pelvisse ewe groot is, was ’n groot denkfout. Seleksie beteken niks as die koei se pelvis te klein is en die kalf nie kan uitkom nie. Daar was die geval van ’n bul wat by 100 verse geplaas is. Altesame 85% van die verse het gekalf. Die bul het die skuld gekry vir die 15% van die verse wat nie kon kalf nie. Tog was dit die verse se skuld, want waarom kon 85% kalf? Ons gaan nie slaag op die ou pad en met dit wat ons die afgelope veertig jaar gedoen het nie. Net so kan ons nie toelaat dat een koei ’n kalf van 40 kg gee en die ander koei ’n kalf van 20 kg nie. Selekteer vir balans – nie vir uitermate groot of te klein pelvis-groottes nie. Skot die afwykings uit volgens drie metings in cm, naamlik die pelvishoogte, die pelviswydte en die pelvisuitgang se wydte.”

Dr. Piet het die voordele van pelvi-metrie, wat uitwendig geen korrelasie het nie, uitgespel as –

• ’n afname in moeilike kalwings (dis-tokie)

• verhoogde reproduksie• verhoogde produksie met swaarder

kalwers en verse wat vroeër gedek word

• ’n afname in vrektes rondom kalwing, en

• ’n besparing op veeartsenykoste.Hy sê pelvimetrie is belangriker as se-leksie vir geboortemassa ten einde dis-tokie te bekamp. Die bul se geboorte-massa staan tiende op die lys van die 25 oorsake van distokie. Hy skryf distokie toe aan ’n wanverhouding tussen die grootte van die kalf en die pelvisopening van die moeder. In die verlede is pelsvis-groottes van moeders geïgnoreer, terwyl dit radikaal verskil. Interne pelvismeting is, volgens hom, ook in twee studies in Suid-Dakota en Oklahoma as die betrou-baarste meting vir kalwingsgemak uit-gewys. Uitwendige meting en beoorde-ling met die oog het ’n 0% korrelasie met kalwings gemak, volgens ’n studie wat op 45 000 Simmentalerverse in Duitsland gedoen is en twee studies in Amerika. Net so het die uitwendige bouvorm van die kruis in koeie (hangkruis, wye sit-bene en wye heupe) geen korrelasie met kalwingsgemak nie.”

Hy het gewys op die Wêreldbeeskon-gres in Boedapest in 2008 wat 88,4% moeilike kalwings toegeskryf het aan fetale kneu sings, bloeding, gebreekte ribbes en nekwerwels, terwyl infeksies net tot 5% van die kalfvrektes rond om geboorte bygedra het. Intussen bestee die wêreld biljoene dollars aan navors-ing oor infeksies en niks op moeilike kalwings nie.

Hy het die twee bene van distokie as volg verduidelik:• Kalf – geboortegemak: Die grootte

van die kalf by geboorte bly belangrik asook die bouvorm (dubbel bespiering en ’n abnormale persentasie kalwers wat verkeerd lê).

• Koei – kalwingsgemak: Die pelvis van ’n koei bepaal hoe gemak lik ’n

ONDER: Groot belangstelling het geheers toe dr. Piet van Zyl, ‘n Suid-Afrikaanse veearts, ‘n praktiese demonstrasie oor pelvismetings gegee het.

LINKS: Dr. Piet wys hoe die Rice-meter werk.

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 6: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalaharikalf daardeur gaan beweeg. Die meeste kalwings met ’n nek wat gedraai is of bene wat terug lê, word veroorsaak deur ’n klein pel-visopening.

Oor normale geboortes het hy gesê die sukses van elke kalwing word bepaal deur die grootte van die kalf (geboortegemak) en die moeder se vermoë om te kalf (kalwingsge-mak) met 50% van die probleme wat by die moeder se pelvis lê. “Dit was daarom nutteloos om vir jare net op een eienskap, naamlik lae ge-boortegewig, te konsentreer.”

Volgens dr. Piet was twee een-voudige oplossings in die verlede om bulle met ’n lae geboortemassa te gebruik en die ondervoeding van koeie in die laaste negentig dae van dragtigheid. “Albei het ’n negatiewe invloed op produksie en die probl-eem het vererger.”

Hy het voorts gewys op ’n rits na-dele van bulle met ’n lae geboor-temassa. Die enigste voordeel van dié bulle is dat verse en koeie met ’n klein pelvisopening ook van hulle kan kalf.Die nadele is:• ’n Negatiewe korrelasie met alle

produksie-eienskappe.• Verhoogde distokie in die volgen-

de generasie met kleinraam verse.• Verhoogde perinatale vrektes met

’n baie lae geboortemassa.• Die profielverandering van rasse

met ’n oormatige seleksie vir lae geboortemassa.

• Verlaagde produksie deur koeie en verse deur hulle onnodig met bulle met ’n lae geboortemassa te paar.

Kurweknakkers kombineer egter lae geboortemassa met posi-tiewe produksie en groei.

Opsommenderwys het hy genoem dat die aanhou-dende gebruik van bulle met lae geboortemassas en kalwingsgemak (direk) veroorsaak dat ons teen in-herente kalwingsgemak in ’n kudde selekteer. Daar is ’n 60% korrelasie tussen manlike en vroulike pelviseienskappe, wat die bul na sy dogter oordra. Navorsing in Nebras-ka het bevind daar is ’n klein verskil tussen rasse, maar groot verskille binne rasse. Simmen-talerbulle van dieselfde ouderdom en gewig se pelvisareas het byvoor-beeld dras ties gewissel tussen 160 cm² (kleinste) en 220 cm² (groot-ste). Die pelvisarea se erfbaarheid is hoog op 61% teenoor kalfgeboor-temassa se matige oorerfbaarheid van 45%.

Dr. Piet raai vleisbeesprodusen-

Praktiese metingDit kan met die hand of die Rice-pelvime-ter (goedkoop en akkuraat) gedoen word. Meet jy met die hand, moet jy seker maak van die mates van jou hand in verskillende posisies. Gebruik jou vry hand om die po-sisie van jou hand in die pelvis na te boots en meet dit met ’n lineaal of ’n maatband met behulp van ’n assistent.

“As jy nie jou hand ná pelvismeting kan uitkry nie of jou hand moet draai om dit uit te kry, haal die dier uit jou kudde,” sê dr. Piet. Hy verkies om pelvismetings met die hand te doen omdat dit vinniger en makliker is as met die Rice-meter, wat nor-maalweg deur veeartse en KI-spesialiste gebruik word. Dr. Piet raai boere aan om eers op ’n gedissekteerde pelvis te oefen.

Om die vierkante cm te bepaal word die pelvishoogte met die pelvisbreedte ver-menigvuldig (132 – 270 cm²)Gebruik van mateSkot die verse met die kleinste pelvisareas uit of dié met groot negatiewe afwykings op enige van die drie mate. Die formule vir ’n pelvispunt is hoogte + 2x (breedte voor) + 2x (breedte agter). Pelvis areas kan egter misleidend wees met ’n smal pelvis wat ’n

te aan om pelvimetrie deel van hul versontwikkelingsprogram te maak tesame met die beoordeling van die geslagstelsel (RTS 1 - 5), liggaam-skondisietelling (1 - 5), entpro-gram, genetiese advies vir die toekoms, beplanning van teel-seisoene en KI-programme en voeding advies.

Hy het produsente gemaan om egter versigtig te wees vir die volgende:• Die oormatige seleksie vir

groot pelvisse. Dit kan geboor-temassa verhoog. Seleksie vir baie groot pelvisse kan ook die volwasse raamgrootte ver-hoog.

• Koeie of verse met voldoende pelvismate wat mediumg-rootte kalwers dra, sal lae maar nie zero geboorteprobleme nie hê.

Dr. Piet het voorts gewys op repro-duksie wat op 50% die belang rikste ekonomiese eienskap is, gevolg deur 25% vir groei-eienskappe en 25% vir karkas/prys/produk (kalf).

Voeding en distokieVolgens dr. Piet word die onder-voeding van verse en koeie in die laaste drie maande van dragtigheid tans aanvaar en toegepas as ’n oplossing vir moeilike geboortes in Suid-Afrika. Die feit is dat subopti-male voeding in die laaste drie maande die kalf se geboorte-massa verlaag. Op sy beurt ver-hoog ondervoeding in verse weer moeilike kalwings om-dat pelvisgroei in die laaste drie maande net versnel indien voeding optimaal is.

Hy het afgesluit deur te sê Australiese navorsing het die belang rikheid van pelvismeting, voe ding en die draty-dperk bevestig.

Pelvisuitgang: Meet die afstand tussen die twee sitbene inwendig (10 – 14 cm). Hierdie meting word net in Suid-Afrika gedoen en dit is by sommige rasse baie belangrik

Pelvishoogte: Meet die vertikale af-stand tussen die dorsale en pelviese tuberkel (12 – 18 cm)

Pelviswydte: Meet die horisontale af-stand tussen die linker- en regter-ile-um op die wydste plek (11 – 15 cm).

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 7: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

groot omtrek kan hê omdat hoogte kompenseer vir gebrek-kige wydte. Misvormde pelvis-bouvorms kom ook voor en dié diere moet ook uitgeskot word.

BIOLOGIESE TIPE

KOEIMAS-SA KG+HEUP- HOOGTE CM

KALF GE-BOORTE-MASSA% DIS-TOKIE

KG MELK 12 URE

BIOLOGIESE DOELTREF-FENDHEID BY 3 500 KG DMI 9,5 KG DM / DAGGram kalfge-produseer / kg voer gebruik

BIOLOGIESE DOELTREF-FENDHEID BY 7 000 KG DMI 19 KG DM / DAGGram kalf ge-produseer / kg voer gebruik

Bespierd + 550 KG 39 KG 4.6 33 42

melk 133 CM 15 %

Medium raam 490 KG 33 KG 4.2 39 17

Medium melk 125 CM 8 %

Groot raam 610 KG 44 KG 5 27 45

Medium melk 137 CM 19 %

Groot raam 570 KG 43 KG 5.8 29 36

Hoër melk 137 CM 21 %

Klein raam 485 KG 35 KG 3 30 13

Minder melk 127 CM 16 %

Klein raam 475 KG 31.5 KG 4.5 47 24

Hoë melk 124 CM 9 %

Groot raam 570 KG 42 KG 5.9 26 42

Hoë melk 135 CM 23 %

Praktiese gebruik van pelvismate in kommersiële kuddes• Meet verse tussen 10 en 18 maande oud in eenvormige

groepe. • Die ouderdomsverskil mag nie meer as ses maande wees

nie en die massaverskil nie meer as 50 kg nie.• Skot die onderste 10 tot 30% verse uit ongeag die rede

waarom die pelvis klein is (ouderdom, massa of geneties). Jy kan dan ’n bul gebruik wat groter kalwers gee.

• Oorweeg bulle se rasse. Kontinentale rasse het meer wydte nodig en Bos indicus-rasse meer hoogte. Die pelvis moet by die bouvorm van die kalf pas. Saamgestelde rasse neig om beide tipes pelvisse te deel.

• Beplan teling volgens pelvismate. Gebruik by die boonste derde met groot pelvismate bulle met ’n positiewe geboor-temassa en by die middelste derde bulle met ’n zero of ’n negatiewe geboortemassa. Skot die onderste derde uit of wag ses maande voordat paring toegelaat word.

Praktiese gebruik van pelvismate in kommersiële kuddes of stoetteling• Gebruik die Rice-pelvismeter of die hand.• Teken die ouderdom en gewig aan by meting.• Hou 130% vervangingsverse.• Bereken indekse met die hulp van Breedplan of die LNR.• ’n Vers se pelvisarea groei teen 0,27 cm² per dag.• ’n Bul se pelvisarea groei teen 0,25 cm² per dag. Meet bulle

tussen 15 en 18 maande.Dr. Piet het ’n praktiese ervaring met een van sy kliënte, ’n Sus-sex-teler, met die gehoor gedeel. “Ons sukkel nie meer met moeilike geboortes en kalwers trek nie. Sy veeartsenykoste het aansienlik gedaal en die groeisyfers van sy kudde hard-loop weg van die rasgemiddeld. Wil ons dit briek? Nee, nie in hierdie stadium nie.”

Enkele vrae van produsente het opgekom terw-yl dr. Piet van Zyl van die Heilbron Dierekli niek in Suid-Afrika ’n praktiese demonstrasie oor pelvismetings op Hartebeestloop gegee het. Hier volg twee vrae en sy antwoorde daarop.

VRAAG: Wat staan my te doen as ’n koei moei-lik kalf?ANTWOORD: Moenie sonder meer die kalf met geweld uittrek nie. Jy kan die kalf se hartsak en longe kneus en die lewer se vlies beska dig, wat tot die dood kan lei. Gee die koei kans totdat sy ontsluit. As die membraan nog teenwoordig is, wag ’n uur. Daar behoort dan vordering te wees, anders breek jy die membraan. Voel of die kalf normaal lê en of daar enige abnormaliteit is. In die geval van ’n abnormaliteit moet jy eers die ligging van die kalf vasstel voordat jy be-gin trek. Smeer jou hande goed seep, gaan eers met die hand in en later met vuiste tot bokant jou polsgewrig om die vaginale spiere te ont-span. Trek die kalf totdat die kop uit is. Maak die neus skoon en verwyder slym uit die mond so-dat die kalf kan begin asemhaal. Trek dan die voorpote uit deur eers een poot ’n paar cm vorentoe te trek en dan die ander een totdat die kalf by sy skouers uit is. Trek dan albei pote ge-lyk. Dit veroorsaak dat die skouers platter raak

en die kalf kleiner. Partykeer kry jy dat ’n kalf tot by die heupe uitkom en nie verder nie. Draai die kalf dan teen 90° sodat een heup na die stert wys en die ander een na die uier van die koei. Dit gee ’n byko-mende spasie van 2 tot 3 cm in die pel-visarea. As die kalf uit is en nog nie asem-haal nie, vat gras of ’n handdoek en vryf die kalf hard oor sy hele lyf om asemhal-ing te stimuleer. Nog metodes is om die agterpote op te trek om die borskas oop te kry of met jou vinger op die oogbal te druk vir pynstimulasie wat die asemhal-ingrefleks stimuleer. As die kalf nog nie wil asemhaal nie, laat lê hom op sy sy. Vat sy boonste voorbeen met een hand en haak met jou ander hand agter die ribbe-kas. Probeer die kalf so optel (nie letterlik nie). Dit rek die borsholte oop sodat die kalf lug in sy longe kan intrek. Druk hom weer liggies plat sodat jy die lug uitdruk. Herhaal die proses sowat drie keer. Sorg dat die koei tydens ’n moeilike kalwing op haar linkersy lê of in ’n regop posisie is sodat die rumen onder lê. Die duimreël is dat ’n maksimum van vier mans ’n kalf trek. Raak die krag meer, veroorsaak dit skade of verlies.

VRAAG: Wat maak ’n mens met ’n vers of ’n koei wat nie wil opstaan ná kalwing nie?ANTWOORD: Tot 80% van koeie staan op as hulle in ’n bad met water lê. Ek het twee selfontwerpte baddens by my prak-tyk wat ek verhuur. Hulle het wiele onder-aan en kan agter ’n bakkie of ’n trekker gesleep word. Maak die bad sowat 1,5 m hoog met afskroefkoppe – voor en agter – en ’n klein gaatjie vir ‘n proppie. Verseël die bad sodat dit waterdig is. Rol die koei op haar sy op ’n vervoerband (conveyer belt) en trek haar in die bad in. Skroef die twee koppe van die bad terug. Maak die koei se kop vas. Tap die bad vol water, verkieslik louwarm, maar andersins net

Een van die baddens wat dr. Piet van Zyl by sy Heilbron Dierekliniek gebruik en ver-huur om koeie of verse wat ná geboorte bly lê weer op die been te help. Hy sê hy het ’n suksessyfer van 80% met dié metode (lees hiernaas).

Een van die interessante tabelle wat dr. Piet voorge-hou het vir ekonomiese/biologiese doeltreffendheid.

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 8: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

Teen die agtergrond van pelvismetings om pro duksie te verhoog het dr. Piet van Zyl, een van die sprekers op die Hartebeestloop Inlig tingsdag, veel wyer gekyk en pro-dusente aan geraai dat hul teelbeleid aan markvereistes vir 2020 moet voldoen.

“Grondpryse het drasties gestyg en grond is nie meer geredelik beskikbaar nie. Ons moet dus op dieselfde grond meer produseer in kilo gram om meer wins te maak. In China met sy 1,6 miljard mense groei beesvleis-verbruik teen 9% per jaar, terwyl dit met 24% per jaar vir ’n dekade toegeneem het. Ons sit met ’n groeikoers van 3% in Suid-Afrika en ’n al groterwordende middelk-las wêreldwyd wat stysel met proteïen begin vervang. Nagenoeg 2,5 biljoen mense is besig om armoede af te skud en hulle by die middelklas aan te sluit.”

Nog ’n realiteit wat dr. Piet genoem het, is dat vet vleis nie ’n “come back” sal maak nie. Die vraag na maer vleis met smaak en sagt heid sal toeneem. Been en vet is ’n dalende kommoditeit in beesvleis.

Oor kleiner raamtipes het hy genoem abat toirs verkies groter karkasse omdat dit dieselfde tyd neem om hulle af te slag en te ontbeen, terwyl hulle makliker verpak en minder vet het om af te sny.

Die drastiese toename in die vraag na na tuur like vleis sien hy as ’n kortstondige verskynsel – ook teen die agter-grond van sukkelende Europese lande. Tog sal na tuurlik

ge produseerde vleis wat vry is van hormone en antibio-tika, soos in Namibië se geval, altyd ’n nismark hê.

Dr. Piet glo oor langer termyn sal beperkte hulpbronne, hoë grondpryse, stygende insetkoste en die hoër vraag na vleis produsen te dwing tot intensief verhoogde produksie. “Biotegnologie en molekulêre navorsing sal die klem verskuif na produksiediere met voerkrale wat ’n al groter rol sal speel en ’n premie vir kwaliteit kalwers sal betaal. Gras sal gebruik word om die mark van kalwers te voorsien in plaas daarvan om beeste oor twee jaar af te rond vir die mark. In Suid-Afrika produ seer voerkrale reeds 65% van die plaaslike bees vleisverbruik met een voerkraal wat ’n derde hiervan lewer. Suid-Afrika produ-seer in totaal 75 - 80% van sy beesvleisverbruik.”

Dr. Piet, self ’n deeltydse boer, het vertel hy en ’n groep boere is ’n belaglike premie vir natuur lik geproduseerde vleis aangebied. “Ons kry nou by ’n voerkraal ’n baie beter premie van 80c per kilogram vir goeie groei-eienskappe.”

Interessantheidshalwe het hy na nuwe navorsing oor die historiese benadering van voer inname van 3% van die liggaamsmassa van ’n dier per dag verwys.

Die waarheid is dat diere wat 25% swaarder is net 15% meer voer eet. “Alle diere eet nie dieselfde hoeveelhede kos nie. ’n Foksterriër eet byvoorbeeld meer as ’n boer-boel per kilogram liggaamsmassa.”

Veilinggees op die veilingterrein.

so uit die kraan of die drom, tot heuphoogte. Dit maak nie eintlik ’n verskil nie. Die koei begin as’t ware dryf as gevolg van die gasse in haar pens en haar voete lig effe van die oppervlak. Laat lê haar ’n uur of twee in die bad. Trek die proppie uit sodat die water sta-dig uitloop. Op dié manier kry die bene nuwe bloed en suurstof wat die spiere stadig stimuleer terwyl sy geleidelik weer gewig kry. Skroef die koppe af sodat sy kan uitloop. Herhaal die proses indien die koei nog nie wil loop nie. Dié metode werk doeltreffender as ’n opblaasmatras of om ’n koei effe “op te hang”.

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 9: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

“Meer as 30% van ons teelkoeie is on-produktief. Ons moet hulle produk-tief kry,” het Norman Rothman in sy spreekbeurt op die Hartebeestloop In-ligtingsdag benadruk. Hy is ‘n kenner op die gebied van dragtigheidsonder-soeke en KI en bied kursusse in ver-skeie velde van boerdery aan in Na-mibië en Suid-Afrika.

Norman het in sy voordrag geld-waardes gekoppel aan dragtig-heidsondersoeke en hoewel dit bloot aanduidings is, is dit na genoeg in die kol om produsente te laat herbesin oor onproduktiewe diere in hul kud-des. “Sowat 20% van konsepsies ein-dig in resorpsie met eerste dekking of KI, terwyl tussen 35 en 45% koeie wat dragtig word vir verskeie redes noo-it kalwers gee nie. Om die rede moet ons beeste ‘n tweede en derde kans gee om in ‘n teeltydperk beset te raak, want ná die teeltydperk het ons weer ‘n groot presentasie teelkoeie wat ná twee of drie dekkings nie kalf nie.”

Geldelike verliese in die afwesigheid van drag tigheidsondersoeke het Nor-man soos volg uitgespel:Die kalf: ‘n Speenkalf weeg oor die algemeen sowat 210 kg, die speen-tydperk is sowat 210 dae, die waarde werk uit op sowat 1 kg per dag en met die speenprys tans op N$17 per kg is dit N$17 per dag per speenkalf.Die teelkoei: ‘n Estrussiklus beloop gemiddeld 21 dae. Een estrussiklus kan dus bereken word op N$17 per dag vir 21 dae wat ons by N$357 uit-bring. Aanvaar ons dat alle rasse se gemiddelde TKP 450 dae is en vrou-like diere sowat 283 dae dragtig is plus ‘n hersteltydperk van 45 tot 60 dae kom ons by 343 dae uit. Wat doen die teelkoei vir sowat 110 dae?Die plaas: Die koste van 5 es-trussiklusse van die 110 dae wat koe-ie nie vat nie, kan bereken word deur N$357 met 5 te vermenigvuldig wat N$1 785 is. Vir ‘n teelkudde van 500 beeste met ‘n gemiddelde TKP van 450 dae beteken dit N$892 5000.

Kenner wys op belangrikheid van vrugbaarheid

Kyk ons na vyf jaar van ‘n gemid-delde TKP van 450 dae, kom dit neer op ‘n astronomiese verlies van nagenoeg N$4,5 miljoen aan rent-ewaarde waarvan 60% se potensiële rente-inkomste vir altyd verlore is as gevolg van die tydperk van 110 dae wanneer ‘n teelbees nie-funksioneel is.Die weiding: Die gemiddelde koei vreet 10 kg gras en stap tussen 6 en 8 km terwyl sy vreet wat neerkom op ‘n gebruik van 15 kg gras per dag deurdat 5 kg gras tydens die stap-pery vernietig word. ‘n Koei benut gemiddeld sowat 3% van een hek-taar se weiding. Vermenigvuldig ons die 15 kg met 365 dae word 5 475 kg gras opgevreet. Aanvaar ons dat 30% beeste uit ‘n teelkudde van 500 nie deur die loop van die jaar produ-seer nie, kom ons by 150 onproduk-tiewe diere uit. Vermenigvuldig ons die 150 met 5 475 kg is dit ‘n skok-kende 821 250 kg gras per jaar wat ingeboet word aan diere wat nie produseer nie. Teen 1 500 kg per ha is sowat 545 ha gras ook verlore.

Norman het verder gesê ‘n teelbees bly ‘n teelbees en “om te meet, is om te weet”. Hy het boere met ‘n paar vrae gepeper om hulle aan die dink te sit oor die belangrikheid van dragtig-heidsondersoeke. Hy het gevra: Hoe-veel geld is ‘n produsent bereid om te verloor voordat hy besef vrugbaar-heid benadeel sy boerdery? As 50% teelbeeste in ‘n kudde ‘n goeie TKP handhaaf, wat doen die res en wat bring hulle jou in die sak? Hoekom hou jy die dier nog aan? Kan sy die geld maak wat ‘n speenkalf in sewe maande maak? Kan sy kompeteer met ‘n tol-lie oor 24 maande? As sy onproduk-tief is, hoe lank bly sy in die kudde? Hy het boere aangemoedig om hierdie vrae vir hulleself te beantwoord en te kyk na koste-aanduidings. Dit behoo-rt rede genoeg te wees om dragtig-heidsondersoeke ná die teeltydperk ‘n vereiste te maak.

Onproduktiewe teelbeeste moet ook uit die kudde verwyder word, het hy gesê.

Die voordele van dragtigheidsonder-soeke het Norman soos volg uitgespel:• Dit spaar jou geld.• Dit verbeter die gemiddelde

standaard in die kudde.• Funksioneel doeltreffende teel-

beeste kan maklik geïdentifiseer word.

• Jy kan makliker selekteer vir vervan-gingsverse.

• Kuddegesondheid verbeter.• Dit help om fundamentele prob-

leme te identifiseer.Volgens Norman is daar drie maniere om dragtigheid te bepaal, naamlik die vasstel van progeste roonvlakke met ‘n bloedmonster wat 19 dae ná kon-sepsie getoets word, rektale palpering wat ‘n handondersoek van die baar-moederwand behels en ultrasoniese klank wat ‘n baie duur metode is.

Behalwe vir kursusse in KI (vir beeste, skape en varke) en dragtigheidsonder-soeke bied Norman ook kursusse aan in voeding, die grootmaak van kalwers en ‘n kursus vir veewagters om kuddes goed te versorg. In Namibië tap Nor-man ook semen en sy pa, Andy, bied kursusse in embrio-oorplasings aan. Norman kan gekontak word by die volgende e-posadresse: [email protected] en [email protected]

Norman Rothman

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 10: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

“Mentors raak al minder. Baie inligtings-dienste bestaan nie meer nie. Dit skep ’n groot leemte wat nou deur boere gevul moet word. Deel jul kennis onder mekaar en met ander.”

Dit was ter inleiding dr. Faffa Malan se boodskap op die Hartebeestloop In-ligtingsdag voor dat hy oorgeskakel het na lesse wat ons uit die natuur kan leer om parasiete te beheer. Dr. Faffa is een van www.landbou.com se kundiges wat vrae van besoekers aan dié web werf beant-woord. Voorheen was hy by navorsing betrokke.

Volgens hom is die natuur wonderlik en moet jy dit verstaan anders raak jy in ’n oorlog daarmee betrokke. “Plante, di-ere en kampe op ’n spesifieke plaas verskil, terwyl daar ook voortdurend beweging plaasvind tussen die natuurlike omgew-ing, inheemse parasiete en natuurlike gashere. Dit is daarom belangrik dat boere ’n basiese kennis van dieregesondheid en -siektes moet hê.”

Hy het vertel van ’n totale telling van 124 miljoen wurms wat in ’n enkele sebra voorgekom het. “Dit klink na ’n doodsty-ding, maar para siet-ontwikkeling kom al vir eeue saam met die gasheer, wat skyn-baar geensins daaronder ly nie. ’n Bees het ook parasiete, maar hy is ’n vreem-de gasheer wat daarby moet aanpas. Dit kan lank neem, maar die gesondste diere sal aanpas (survival of the fittest). Boere moet daarom hierdie aanpassings moni-tor en dit met dieregesondheidbestuur ondersteun.”

Dr. Faffa het bygevoeg dat vrektes in die na tuur ’n natuurlike proses is, maar op die plaas ’n ramp. “Die les wat ons uit die natuur moet leer, is om vas te stel wat normaal is in ’n ekosisteem voordat ons kan besluit wat abnormaal is. ’n Boer moet soos ’n leeu op sy plaas wees. Die natuur is hard en daar is nie plek vir swak diere nie.”

Sy advies is om erg parasietbesmette diere uit kuddes te haal eerder as om hulle te dokter. “Ons moet daardie gene uithaal. Kry ’n bees byvoorbeeld kwak-keel oftewel dikkeel, moet jy hom uit jou kudde verwyder.”

Hy het voorts gewys op die klein kamp-ies op plase in Suid-Afrika wat ’n tee-laarde vir wurms en bosluise is.

Volgens dr. Faffa streef die natuur daar-na om omgewingsfaktore te balanse-er, maar die mens se inmenging lei tot ontwrigting en ’n stryd teen parasiete en siektes. Juis die ingry ping deur die mens veroorsaak dat ons besig is om vinnig in ’n doodloopstraat te beland. Daar lê ’n groot potensiaal in die ontrafeling van

Dr. Faffa Malandie geheime van die natuur. Ons hoop om daardeur alternatiewe te vind waarmee parasiete in ons produk-siediere beheer kan word.”

Dr. Faffa het bygevoeg dat, in reak-sie op die mens se inmenging, die ekosisteem ’n SOS (stres, oorbevolk-ing en stagnasie) uitstuur en die mens wys om daarop ag te slaan. Hy het die SOS soos volg verduidelik:

Stres: Soos mense byvoorbeeld puisies en maagwerk kry van stres, so word stres by diere veroorsaak deur stagnasie en oorbevolking. Dit veroorsaak geweldige stres op die gashere, wat weer lei tot ’n laer immu-niteit en uitbre kings van parasiete en siektes.

Oorbevolking: Die mens wil wins maak wat lei tot die oorbenutting van beskikbare hulpbronne. ’n Voorbeeld is voerkrale waar parasie te en siektes toeneem om hul funksies te vervul ten einde die balans in die ekosisteem te herstel.

Stagnasie: Dit kom voor wanneer groot gebiede in kleiner eenhede ver-deel word. Dit bring mee dat die gash-ere en hul parasiete in aan houdende kontak met mekaar is, wat meebring dat parasiete buitensporig vermeerder en oor matige druk op die hulpbronne plaas.

In dié verband het hy genoem dat

rooiwater nou na gebiede versprei waar dit nog nooit voorgekom het nie, tot selfs in die woestyn.

Terselfdertyd het dr. Faffa klem gelê op die belangrikheid van bi-osekuriteit in die boer dery. Dit be-hels goeie bestuur, siektebeheer, die uitruil van goeie genetika, optimale voe ding en weidingbestuur asook parasietbeheer.

“Dit bring ons by die werklikheid dat die natuur op sy eie regkom waar die mens nie inmeng nie. Ons moet dus verantwoordelikheid aanvaar om hulpmiddels soos entstowwe te gebruik om ons inmenging op ’n verantwoordelike en wetenskap-like manier teen te werk. Dit sal ons in staat stel om genoeg kos te pro-duseer sonder om die natuur te mis-bruik.”

Dr. Faffa het toe aandag gegee aan verskeie siektes en die oorsake daarvan. Hy het die ent van diere voor ’n reënseisoen beklemtoon en boere aangeraai om in die geval van siekte-uitbrekings diere na hoër-liggende gebiede en weg van water te neem. Nog punte waarop hy gew-ys het, is:

Gebruik verkieslik ’n enkelnaald per dier of an dersins ’n drukgang wanneer daar geënt moet word. Baie gevalle van slenkdalkoors word met besmette naalde oorgedra.

Gebruik die regte entstowwe vir die regte siek tes. Wanneer die poeier van ’n lewende ent stof bruin is, gooi dit weg. Entstowwe moet teen ’n kon-stante temperatuur geberg word, want selfs ’n kragonderbreking kan dit ondoel treffend maak.

Moenie kalwers te gou spuit nie, want dit meng in met die biesmelk se funksie om immuniteit te bou. ’n Kalf kry binne ses ure ná sy geboorte ‘n tiende van sy liggaamsgewig by. Dit is ook belangrik om nougeset te let op die immuniteitstatus van koe-ie.

Die aanvulling van spoorminerale is belang rik en wel vier weke voor kalwing, vier weke voor dektyd en vier weke voor ’n stresperiode. Mul-timinerale en vitamines bepaal tot 80% van die vrugbaarheid van ’n kudde.

(Dr. Faffa se kundigheid op vele ge-biede is beskikbaar deur die webw-erf www.landbou.com te besoek. Beweeg af met die blad totdat jy kom by “Vra die kundiges...”. Klik op “Vra vir dr. Faffa” en volg die kortpad na antwoorde.)

parasietbeheer:

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 11: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

“Bulle wat nie funksioneel doeltref-fend is nie, behoort nie op veilings aangebied te word nie. Andersins is dit ’n nowhere battle. Net so sal bulle wat aan die minimum rasstandaarde voldoen kopers nêrens bring nie.”

Dit was Petrus Maritz, ’n geak-krediteerde skandeerder wat by die Vleisraad werksaam is, se advies aan telers op die Hartebeestloop Boe-redag. Hy het verduidelik ultraso-niese skande ring stel Namibiese telers in staat om op ’n goedkoop, betrou-bare manier genoeg inlig ting te be-kom om vinnig vordering te maak ten opsigte van karkaskwaliteit. Vet-neerlegging, oogspier oppervlakte (direk gekorreleer met verkoopbare vleisopbrengs) en marmering (sagt-heid en smaak van vleis) word ge-meet – almal eienskappe wat matig tot hoog geneties oordraagbaar is. Beraamde teelwaardes word vir dié karkaseienskappe volgens verskil-lende mates uitgewerk en hoe meer metings gedoen word, hoe akkurater is die teelwaardes. “As ons vir poten-siële kopers hierdie teelwaardes kan gee, is dit soveel beter. Op dié manier kan ons al meer vir karkaseienskappe selekteer.”

Volgens Petrus moet telers hierdie hulpmiddel gebruik sodat hulle die

funksionele doeltreffendheid

vrugte kan pluk wanneer abattoirs ’n premie op karkaseienskappe begin betaal. Hy het bygevoeg dat bloed-lyne ook gevestig kan word met be-hulp van ultrasoniese skandering tesame met DNA-analises en Fase D-toetse.

Manlike sowel as vroulike diere in die ouderdomsgroep 300 tot 800 dae word geskandeer, verkieslik nie minder as twintig diere per groep nie. Verse moet liefs nie meer as ses maande dragtig wees nie. Diere moet

voorts aan dieselfde kontemporêre groep behoort, met ander woorde van geboorte af moes die diere aan dieselfde omstandighede bloot-gestel gewees het. Diere word ook tydens skandering geweeg.

Volgens Petrus is die geskikste tyd vir skandering in Mei wanneer diere in hul beste kondisie is. Petrus het verlede jaar 2 000 stoetdiere geskan-deer – ’n waardevolle diens wat hy en die Vleisraad van Namibië lewer.

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Page 12: Bonsmara seëvier in Kalahari Kalahari · 2012. 11. 15. · Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was. Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waar-op hy die ononderbroke ses uur

Bonsmara seëvier in Kalahari

Die kunstige hand van Eug-enie, eggenote van dr. Joggie Briedenhann en ook eintlik 'n tandheelkundige van beroep, kon oral by die kosmaak- en -bedie ningspunte gesien word.

Boere luister aandagtig na lesings.

Fotobeeld van boeredag en veiling

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37