kalahari bulletin 28 mar 2013

16
28 MAART 2013 VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG GRATIS TEL. 054-331-3482 Lizette Slabber ’n NAELBYTSTRYD het hom die afgelope naweek tydens die Groen Kalahari-kanowedvaart op die Oranjerivier afgespeel. Jasper Mocke, Andy Birkett en Ivan Kruger was van dag een (Don- derdag) af kop-aan-kop. In ’n naelrit na die einde by Khamkirri was Andy Birkett met ’n haarbreedte eerste, maar Mocke se pogings oor die drie dae het aan hom die beste tyd (6:58:30.16) be- sorg en is hy as die wenner van die tweede Groen Kalahari-kanowed- vaart aangewys. Birkett was tweede met ’n tyd van 6:58:31.54 en Ivan Kruger was derde. Die stryd tussen dié drie roeiers het al op dag een begin toe Birkett eerste by Oranjerus was, met Moc- ke in die tweede plek en Kruger in die derde plek. Op dag twee was Mocke eerste, Birkett tweede en Kruger derde. Michele Eray, Olimpiese roeier, het die vrouewedvaart van dag een af oorheers. Sy het elke dag eerste geëindig en op dag drie 20 minute voor Nikki Mocke Khamkirri be- reik. Kirsten Penderis was derde. Volgens Eray is die wedvaart be- sonder mooi, veral die kloof gedeel- te is “iets wat ek nog nooit voor- heen gesien het nie”. Eray sê dié kanowedvaart het die potensiaal om net so groot soos die ander bekende kanowedvaarte in Suid-Afrika te word, maar dat die afstand mense kan afsit. “As dit as ’n pakket aangebied word en die afstand die moeite werd word, sal roeiers kom. Roei- ers praat onder mekaar en as ons wat al geroei het daaroor praat, sal dit ook ’n groot trekpleister word. “Dit het alles wat ’n roeier wil hê – drie dae op die water, ’n rivier wat die hele tyd verander met plat ge- deeltes wat afgewissel word met stroomversnellings en dan is daar natuurlik die kloof.” Daarby sê Eray die wengeld wat aan vroue gebied word, is onder die top-vyf in die land. Heinrich Schloms, wat in 2012 saam met Lance King die kanoma- rathon gewen het, sê dié marathon is besonders omdat die 13 toproei- ers in Suid-Afrika hieraan deelge- neem het. “In die Bergrivier-marathon is dit maklik vir my om onder die top- tien te eindig. Hier gaan dit baie moeilik wees vanweë die gehalte van die roeiers wat kom roei het.” Schloms skryf die sukses van die marathon toe aan die werk wat Ga- wie Nieuwoudt, organiseerder, doen. “Die lekkerste ding aan die mara- thon is Gawie. Hy lok groot name en dan maak hy die naweek vir ons vrek lekker.” Volgens Schloms is dié wedvaart heeltemal iets anders. “ ’n Mens raak moeg daarvoor om elke keer dieselfde wedvaarte te roei.” Eben Mocke, een van slegs vyf plaaslike roeiers, sê hy hoop die marathon veroorsaak ’n groei in die sport onder plaaslike roeiers. “Ons hoop mense op Upington sal nou meer by die sport betrokke raak veral as hulle besef hulle kan hiér, op hul eie dorp, kwalifiseer vir A-gehalte wedvaarte.” DIE eerste groep roeiers nader die voetgangerbrug oor die Oranjerivier op dag een van die Groen Kalahari-kanomarathon. Sien nog foto’s op bl. 2. Foto: Lizette Slabber Wedvaart groei

Upload: kalaharibulletin

Post on 28-Mar-2016

249 views

Category:

Documents


18 download

DESCRIPTION

Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

28 MAART 2013 VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG GRATIS TEL. 054­331­3482

Lizette Slabber

’n NAELBYTSTRYD het hom dieafgelope naweek tydens die GroenKalahari-kanowedvaart op dieOranjerivier afgespeel.Jasper Mocke, Andy Birkett en

Ivan Kruger was van dag een (Don-derdag) af kop-aan-kop.In ’n naelrit na die einde by

Khamkirri was Andy Birkett met’n haarbreedte eerste, maar Mockese pogings oor die drie dae het aanhom die beste tyd (6:58:30.16) be-sorg en is hy as die wenner van dietweede Groen Kalahari-kanowed-vaart aangewys.Birkett was tweede met ’n tyd

van 6:58:31.54 en Ivan Kruger wasderde.Die stryd tussen dié drie roeiers

het al op dag een begin toe Birketteerste by Oranjerus was, met Moc-ke in die tweede plek en Kruger indie derde plek.Op dag twee was Mocke eerste,

Birkett tweede en Kruger derde.Michele Eray, Olimpiese roeier,

het die vrouewedvaart van dag eenaf oorheers. Sy het elke dag eerstegeëindig en op dag drie 20 minutevoor Nikki Mocke Khamkirri be-reik. Kirsten Penderis was derde.Volgens Eray is die wedvaart be-

sondermooi, veral die kloof gedeel-te is “iets wat ek nog nooit voor-heen gesien het nie”.Eray sê dié kanowedvaart het die

potensiaal om net so groot soos dieander bekende kanowedvaarte inSuid-Afrika te word, maar dat dieafstand mense kan afsit.“As dit as ’n pakket aangebied

word en die afstand die moeitewerd word, sal roeiers kom. Roei-ers praat onder mekaar en as onswat al geroei het daaroor praat, saldit ook ’n groot trekpleister word.“Dit het alles wat ’n roeier wil hê

– drie dae opdiewater, ’n rivierwatdie hele tyd verander met plat ge-deeltes wat afgewissel word metstroomversnellings en dan is daarnatuurlik die kloof.”Daarby sê Eray die wengeld wat

aan vroue gebiedword, is onder dietop-vyf in die land.Heinrich Schloms, wat in 2012

saam met Lance King die kanoma-rathon gewen het, sê dié marathonis besonders omdat die 13 toproei-ers in Suid-Afrika hieraan deelge-neem het.“In die Bergrivier-marathon is

ditmaklik virmy omonder die top-tien te eindig. Hier gaan dit baie

moeilik wees vanweë die gehaltevan die roeiers wat kom roei het.”Schloms skryf die sukses van die

marathon toe aan die werk wat Ga-wie Nieuwoudt, organiseerder,doen.

“Die lekkerste dingaandiemara-thon is Gawie. Hy lok groot nameen danmaak hy die naweek vir onsvrek lekker.”Volgens Schloms is dié wedvaart

heeltemal iets anders.

“ ’n Mens raak moeg daarvooromelkekeer dieselfdewedvaarte teroei.”Eben Mocke, een van slegs vyf

plaaslike roeiers, sê hy hoop diemarathon veroorsaak ’n groei in

die sport onder plaaslike roeiers.“Ons hoop mense op Upington

sal nou meer by die sport betrokkeraak veral as hulle besef hulle kanhiér, op hul eie dorp, kwalifiseervir A-gehalte wedvaarte.”

DIE eerste groep roeiers nader die voetgangerbrug oor die Oranjerivier op dag een van die Groen Kalahari­kanomarathon. Sien nog foto’s op bl.2. Foto: Lizette Slabber

Wedvaart groei

Page 2: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013

18/36

NW­15

16/33

14/30

N­5

DIE HoërskoolUpington beoog omop Vrydagaand 26April die stigtingvan die Oud-Up-piebond in dieskool se klubhuiste hou.Dit beloof om ’n

heerlike kuieraandvir alle Oud-Uppieste wees waarna diegrondwet voorgelêen ’n bestuur gekiessal word.Alle Oud-Uppies

word genooi om dieaand saam te kommeemaak.Kontak die skool

by 054-332-1491 ofbesoek Upingtonse webwerf bywww.uppies.co.zavir meer inligting.

Klubgestig

DIE reën wat Dinsdagoggend in die vroeë oggendure liggies begin val het, was ’n welkome verligting ná diedrie maande sonder reën op Upington. Die reuk van die reën met die geluid van die sagte druppels op diesinkdak en later die effense gegrom van die donderweer was die perfekte manier om wakker te word. VolgensdieUpingtonseweerkantoor het 7,6 mmdie nag geval. Dié reën het Steenboklaan amper in ’n rivier laat verander.

Foto: Lizette Slabber

Verwelkom reën ná droogte

DIE klein Kalahari-dorpie Askham het be-hoorlik uit sy nate gebars toe honderde men-se daarheen gegaan het om saam met dieNoord-Kaapse provinsiale regering aan dieprovinsiale Menseregtedagvieringe deel teneem. Die departement van sport, kuns enkultuur het die 100-jarige herdenking van die

Wet op Grondbesit van 1913 op Askham ge-vier. Die tema van die herdenking was Dieomkering van die Wet op Grondbesit van 1913.Dié herdenking is bygewoon deur lede van

die Kalahari Boesmans, lede van die uitvoe-rende komitee, provinsiale wetgewer en dienasionale parlement.

Herdenking vanwet vrolik gevier

VAN links is Pauline Williams, LUR vir sport, kuns en kultuur, Petrus Vaalbooi en GrizeldaCjiekella, waarnemende premier van die Noord­Kaap. Foto: verskaf

NIKKI MOCKE is dietweede vrou wat dieGroen Kalahari­ka­nowedvaart se eind­punt by Khamkirrioorgesteek het. Sywas 20 minute ná diewenner, MicheleEray, by die eindpunt.

JASPER MOCKE is ná ’n naelbytstryd as die wenner van die Groen Kalahari­kanowedvaartaangewys. Foto’s: Jacques Marais

Behaal2de plek

Page 3: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013 3

Anena Burger

DIT is skemer in die Kalahari en die maanskyn net so duskant oom Valie se korreltjies-hare in die verre pienkpers horison.

Hier word die naweek fees op Askham ge-hou. Die eerste Kalahari-woestynfees.

Oom Valie, beter bekend as Petrus Vaal-booi, nuwe leier van die Khomani-San, be-duie met sy hande. Die stories vloei uit sykrom vingers en die menigte plooie in sy ge-sig. Ouma Katrigwa Esau en ouma KatrinaSeekoei skater van die lag terwyl oupa Tol-man Vaalbooi elke detail van oom Valie severtellings beaam.

Dit is fees, ja, maar vanaand is dié ou spandie celebrities, soos dit hoort.

Duskant brand die braai- en kampvurehoog in die boma van die Molopo Lodge waardie oudstes eers ’n hongerte kom stil het.

“Boerekos,” sê oom Valie toe sy bord voorhom neergesit word. ’n Tjop, skaapwors, aar-tappelslaai en ’n braaibroodjie.

“Julle weet,” sê Oom Valie, en hy kyk opna die gaste en sy ou vriende. “Ek het ’n ver-skriklike probleem met die Afrikaansewoord ‘tradisie’.”

Oom Valie is ’n ywerige skaapboer. Hy klapsy tong en verduidelik: “Die mense sê dit isnou verkjeerd om skaap oppie tradisionelegrond te boer, maar ek sê die tradisie eet ookmaar net so lekker aan die skaapvleis.

“Tradisie, guh, ek ken net van Boesman-goed en Boesmangeid,” sê hy.

Die wit tafeldoek flap so effe in die windjiewat vroegaand begin trek. Dit is nie aldag datdie groepie ou mense kans kry om so saamte kuier nie.

Almal het ietsie te vertelle en die jonges omdie tafel, wat nie die jare beleef het waarinoom Valie en oupa Tolman jong manne wasnie, hang aan hul lippe.

“Dit is nou vir jou ’n storie. Dié ding met

die brandkam,” begin oom Valie die volgendevertelling.

Ouma Katrigwa frons en sê: “Die wat seding? Dit is ’n warmkam.”

“Nou ja,” sê hy en vertel verder.“Daai tyd toe kom daai ding in van relax.

Dis mos nou fashion.“Hier kom ons mos nou by ’n anner ding.

Hulle sê néé, néé, néé. Brandkam en warm.”Die luisteraars lag al klaar.“Nou moet jy weet, die kam word warm ge-

maak.”Grace Humphreys van die Suid-Afrikaanse

San-instituut (Sasi) onthou en las by: “Danword hy nou vuurwarm gemaak by die pri-mus.”

Oom Valie help reg: “Dis by die kole. Daar’snie primus nie.

“Dis nou soos hierie elektriese kamme, nouhierie is die alleminiumkam.

“Nou word die alleminiumkam by die kolewarm gemaak. Da word jou hare nou vol har-revet gesmeer.

Dán word hy gekam. Mý suster, die vuur,die hel staan op jou kop, maar jý as jong man,jy mag nie praat nie.

“Jy sit in trane. Jy mag nie skrou nie. Jymoet dit vat.”

Die luisteraars vee nou al trane af met hulsakdoeke. Oom Valie lag saam.

“As die hele proses nou klaar is, afgehandelis, hierie tyd namirrae,” sê hy en kyk op nadie skemering.

“En jy loep nou so en jy kyk jou nou so innieson da sien jy hoe waai jou hare,” en die ouhande beduie hoe die hare dan moes waai.

“Die eerste water wat kom val, dan breekhulle, ghoep, af! Dan rol hulle om dat hulleweer so sit,” vertel oom Valie laggend en vouvooroor op die tafel met sy gesig in sy hande.

En dan kom hy regop tussen almal sekraaie deur en kondig met sy wysvinger aan:“Dis waarom ék weet, ék is ’n Boesman!”

Die dingmet die hare . . .

Anena Burger

DIE eerste Kalahari-woestynfees is die na-week op Witdraai buite Askham aangebied.Feesgangers is op ’n vol program met kunste-naars en tradisionele dansers van so ver soosPlatfontein, Kimberley, getrakteer.

Die feesterrein, diep in die duine buite Wit-draai, kon nie met enige voertuig bereikword nie. Hoofsaaklik viertrekvoertuie ofdonkiekarre is ingespan.

Heerlike geregte soos roosterkoek enbraaivleis is te koop aangebied. In ’n groot

markiestent het kunstenaars soos BoetaGammie en die marimba-orkes van Kimber-ley menige Kalahari-voet ’n riel of twee laattrap. Die fees is oor twee dae aangebied.Handwerkprodukte soos juwele is te koopaangebied.

Volgens Merryl Scheepers van die Suid-Afrikaanse San-instituut (Sasi) het die fees’n plek vir kunstenaars, musikante en hand-werkers met tradisionele produkte geskepom hul werk ten toon te stel.

Sasi en die Noord-Kaapse departement vantoerisme hoop dié fees sal ’n jaarlikse instel-

ling word wat deelvan die erfenis-maandviering salvorm.

Moeë feesgangersis Saterdagaand totmet donkiekarrevandie feesterrein ver-voer.

Een feesganger hetgrappenderwys op-gemerk: “Ek met ’ndonkiekar in diedonker ry? Nooitnie.”

’n Ander een hetgeantwoord: “Ag,toe, Oom. Die don-kies kan goed in diedonker sien. Hullehet darem vier head-lights.”

Dans die riel opwoestynfees

’n GROOTmakietie is in ’n feestent aangebied op die eerste Kalahari­woestynfeeswaar verskillende kunstenaars feesgangers se voete laatskuifel het.

DIE Kwê­dansers het ook hul tradisionele danse op die eerste Kalahari­woestynfees vertoon.Foto’s: Anena Burger

Page 4: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013

Koerant blynet groei toonDIE Kalahari Bulletin op Kuru-man is nou ses jaar oud, terwyl dieUpington-uitgawe nou sy tweedeverjaardag vier.

In die afgelope twee jaar dat diekoerant op Upington is, het diekoerant met rasse skrede vooruit-gegaan.

In die eerste paar maande van sybestaan is slegs 10 000 kopieëweekliks versprei en was die koe-rant feitlik elke week ’n koerantwat slegs uit 12 blaaie bestaanhet.

Nadat die Upington- en Kuru-man-koerante saamgesmelt het, isdaar elke week ’n 16-bladkoerantuitgereik met ’n dikker koerant soelke nou en dan.

Die getal koerante wat weekliksversprei word, is ook twee keermeer sodat daar nou weekliks20 000 koerante versprei word.

Met Kuruman se sewende jaarwat nou begin, het hy ’n nuwe be-sem op Kuruman in beheer wat be-slis gaan skoonvee en stof opskop.

Maar dit is nie al nuwe verwik-

kelinge wat in 2013 op dieKalahariBulletin wag nie.

Die Upington-uitgawe se derdeendieKuruman-uitgawe se sewen-de lewensjaar beloof om propvolnuwe uitdagings en hoogtepuntete wees.

Maar wanneer ’n mens op dieafgelope paar jaar terugkyk, isdit nie net die koerant wat ge-groei en verander het nie, dit isook die hele Noord-Kaap wat lykasof dit ’n nuwe baadjie aange-trek het.

Upington het die afgelope tweejaar die begin van die Groen Kala-hari-kanowedvaart gesien.

Daar word met groot afwagtinguitgesien na die nuwe winkelsen-trum op Upington en Postmasbur-gers geniet al lank hul nuwe win-kelsentrum.

Nuwighede word om elke hoeken draai gesien en ou, geliefdesportklubs sluit ongelukkig, maaras een ding waar is, is dit dat dieKalahari Bulletin in die volgendejaar net gaan groei.

God sal ons nie verlaatdie aarde skud, herinnerdit my aan die tye wanneerdit donker word om my,wanneer die aarde skud.Dit herinner my aan die tye

wat ek gedink het God neem sy Hande ondermy weg en my leefwêreld val inmekaar.Maar dan besef ek dat hierdie gebeure opGolgota direkte verband het met dit wat noumet my gebeur.

Jesus het aan die kruis gesterf, sodat mysonde kan vergewe word. Hy het die volleskuld vereffen. Jesus het die dood oorwin,sodat ek uit sy opstandingskrag ook nuutkan lewe.

Jesus was deur God verlaat, sodat ek enjy nooit deur God verlaat sal word nie.

Ek kan Hom vertrou met dieselfde ver-troue waarvan die psalmdigters ook getuigin Ps 22:31–32: “Die nageslag sal Hom dien,en hulle sal vandieHere vertel aandie volgen-de geslag. Dié sal dan aan die volk wat noggebore moet word van hierdie verlossings-daad getuig: die Here het dit gedoen.”

Ook Psalm 23:1: “Die Here is my herder, ekkom niks kort nie.”

Ek en jy kan deel wees van die nage-slag wat die Here dien en vertrou, wat nikskortkom nie, omdat ons weet Hy is in be-heer. In droogtetye, tye van siekte en kom-mer oor baie dinge, weet ons die Here sal onsnie verlaat nie. Jesus Christus is ons waar-borg.) Ds. Pieter van Zyl is leraar van die NGkerk op Kuruman.

Reisigers wys almalis nie eenders

ander laatkommers en vroetel verwarddeur al die sakkies aan die buitekant vansy handbagasie of rugsak op soek na sypaspoort en instapkaart. Sy kleredrag lyknevermaaind en hy rits die baie kleinsakkies aan sy rugsak oop en toe. Hy hetnooit nodig om te wag nie, want hy houhom besig met die op-die-nippertjie-dingewaarvan ander reisigers vooraf dubbeldseker maak.

Dan is daar die selfversekerde, gereeldereisiger wat rustig in ’n dik storieboek siten lees – Engels – want dit gaan dievoertaal van sy bestemming wees, maaknie saak watter land nie. Die reisiger hetsy paspoort en instapkaart in een spesifiekesakkie wat hy behendig en betyds op dieregte bladsy vir die beampte oopflits. Bydie doeana rits hy ’n ander sakkie oop enverklaar sy vloeistofbotteltjies in ’ndeursigtige sakkie. Sy skootrekenaar glipuit sy sak, gaan oop en sy selfoon, bril,gordel en paspoort land blitsig in dieplastiekbakkie by die doeane. Geen alarmwanneer hy deur die verklikker stap nie.

’n EENSAME voël sit rustig op ’n rots in die Oranjerivier en wag op ’n kans om ’n happie te vang. Etlikesekondes later is hy van sy rots gejaag deur die roeiers wat aan die Groen Kalahari­kanowedvaart deelge­neem het. Foto: Lizette Slabber

Wag om sy happie te vang

MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.

Annerie Louw

MET die afskeidnemery van die oorbeken-de steeds in my kop durf ek verledeDinsdagaand op pad na Amsterdam dieagterdog van die doeanebeamptes op dieOR Tambo-lughawe aan. Alles verloopseepglad, behalwe vir die alarm watafgegaan het omdat ek my selfoon in mysak vergeet het.

My hele lyf pyn van die spanning,moegheid en alleenheid toe ek baievroegtydig gaan wag by die hek waar ekvir my vlug aan boord moet gaan. Om dietyd om te kry hou ek maar die verskillendereisigers dop.

Jy kry die reisiger wat vroeg op dielughawe aankom, vroeg bagasie laatkontroleer en vroeg deur die doeane gaan.Hulle loop met mening na die hek vanvertrek en sit en wag langer as ’n uur met’n verstarde blik op die bord wat dievertrektye aanwys. Hulle soek angstig nadie bestemming, maar dié is natuurlik nognie eens op die bord nie. Dan blaai hullesonder belangstelling of konsentrasie deur’n tydskrif terwyl hulle eintlik op diebewegings rondom hulle konsentreer.

Die tweede reisiger kom laat by dielughawe aan, staan in die drukgang van

Pieter van Zyl

“MY God, my God, waar-om het U my verlaat?”(Psalm 22:2, Matteus27:46)

Die psalmdigters het al vir baie mensetroos gebring in moeilike tye.

Hulle kom met deurleefde geloofsvertel-lings wat jou moed inpraat. Maar soms komhulle ook met rou klagtes waarin hulle hulnood voor God uitstort, baie op dieselfdetrant van die moderne mens wat God be-vraagteken en selfs sy bestaan betwyfel.

Christus self haal aan die kruis die nood-kreet vanPsalm 22 aan, omdatHy op daardieoomblik die nood van alle tye en alle menseop Hom voel druk. In die tuin van Getsema-né het Hy gesmeek dat die lydensbeker byHom verby moet gaan. Tog word Hy gevang,beskuldig en veroordeel.

Hy word gespot, gegesel en geminag.Die beskuldiging: dat Hy die Seun van God

is. En dit is Hy.Die Skeppingswoord deur Wie God alles

gemaak het, wat skeppingsmag oor alles het,wat Regter is oor alles, word in ’n mensehofter dood veroordeel, oor Wie Hy werklik is.

Ons staan vandag op die vooraand van dieherdenking van sy kruisiging.

Dit is Paastyd en tyd om weer stil te wordvan verbystering oor die gebeure in Jerusa-lem en op Golgotakoppie amper 2 000 jaar ge-lede.

Wanneer die duister op Golgota toesak en

Page 5: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013 5

OP Saterdag 9 Maart is Lola Pieterse (née Engelbrecht) en Hansie Pieterse van Kuru­man op die Santos­hoofstrand op Mosselbaai in die huwelik bevestig.

Lynn-Mari Olivier

DANIELLEJASMINEBRINKis ’ndapperne-gejarige meisietjie wat dringend wag vir ’nengel om ’n nier aan haar te skenk. Daniellebly inWrenchville,maar reis gereeldnaKim-berley en Bloemfontein vir behandeling. Syhet in 2007 siek geword en is in 2010 gediagno-seer. Wanneer klein Danielle in Wrenchvillebyhaar ouerhuis kuier, is dit haarma, Juliet-te Meyer, wat die klein lyfie met die dialisehelp. Haar ouma, Louisa Brink, sê dat op diedaewat Danielle gesond voel, sy ’n baie vroli-ke meisietjie is.Danielle se gesondheid is van so aard dat

skoolgaannie ’n normale aktiwiteit kanweesnie en sy was vanjaar slegs een dag by dieskool teenwoordig.Met haar ontslag uit die hospitaal is sy be-

kroon as koningin vir ’n dag en op dié dagis daar aanhaar gevrawat sy eendagwilweesas sy groot is. Sy het geantwoord dat sy graageendag ’n ballerinawilwees. So sê haar oumaLouisa Brink.Danielle en haar ondersteuningsnetwerk

wil graag al die kerke, almalwat virhulle bid,dieLaerskoolWrenchville endiehoof vandieniereenheid in Bloemfontein vir hul volge-houe ondersteuning bedank.Diegene wat ondersteuning wil gee of ’n

skenkingwil doen, kanLouisaby 072-583-9314of Juliette Meyer by 079-709-1507 kontak.

Dappermeisie wagop nierskenking

DANIELLE JASMINE BRINK

DIE jaarlikse VLV-konferensie (Vroue-Land-bouvereniging) het onlangs op Vryburg plaas-gevind.Dit was ’n spoggeleentheid waartydens Sir-

kel Kalahari se 80-jarige bestaan gevier is. Diesprekers Sheri Brynard en Susan Coetzer hetdie gehoor bekoor. Veral Brynard het emosieontlok met haar pleidooi teen aborsie.As Down-sindroomkind het sy verskeie

struikelblokke oorwin, ’n tersiêre kwalifika-sie verwerf enhou tans ashulp-onderwyser bydieLettieFouché-skool inBloemfontein skool.’n Rekordgetal van 25 lede van die VLV op

Kuruman het die konferensie bygewoon en 12lede het aan die kompetisies deelgeneem.Derde plekke is behaal deur JoeksMyburgh

vir blomme (75%), Tonna Delaney vir hekel-werk (80%) en Petro Spangenberg vir letter-kunde (74%), terwyl ’n tweede plek deur TillyTerblanche vir gebak (84%) behaal is. Tydensdie geleentheid is Bessie Kriek van Kurumanvereer enbedankvir 50 jaardiens indie sirkel-bestuur. Kurumanlede wat tans in die sirkel-bestuur dien, is Tonna Delaney, Tersia Gro-blerenPetroSpangenbergas sameroepersvanopenbare sake, opvoeding en kultuur, asooklandbou en tuinbou onderskeidelik.Die Kuruman-tak het die Liesbet Saaiman-

trofee vir betrokkenheid en die trofee vir alge-hele derde plek verower. Die Vryburgtak wasin die tweede plek met Reivilo in die eersteplek as algehele wenner.

Sprekers inspireer op VLV-konferensie

DIE droomtuin van Joeks Myburgh(81) van Kuruman wat binne ’n 60 cm x 60 cm­ruimte ge­maak moes word. Sy het daarmee ’n derde plek behaal.

Page 6: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013

FOCUSON THEMINING INDUSTRY

A BRAND-NEW laundry and drycleaning business officially openedits doors on Friday, 1 March, in Ka-thu. Libra Laundry is one of AngloAmerican’s enterprise developmentarmAnglo Zimele’s projects aimed atproviding financial and business as-sistance in creating sustainablesmall businesses in the community.The owner of Libra Laundry, Lle-

wellyn Leibrandt, started with thebusiness almost two years ago. HisAnglo Zimele loan was approved atthe end of 2010, but due to electricityshortages in town the business sawa lot of frustrations and unforeseenchallenges. Llewellyn managed tostart a laundry service in the Kathuindustrial area, but only recentlycould set up a dry cleaning shop inthe Shoprite Centre opposite Absa.With the guidance andmentorship ofJohn Seretse, a local economic deve-lopment practitioner of the SishenMine, the dream Llewellyn had of be-ing a business owner became a reali-ty.Says John: “Setting up a business

isnot child’s play.Thebusiness of bu-siness is a tough business. Despite

the stumbling blocks that crossed hispath, Llewellyn has developed a lotpersonally and matured into a realbusinessman.Heunderstands the artof patience to soldier on. I believe inLlewellyn and his business, just be-cause I was there every step of theway and saw how he grew.”Libra Laundry offers laundry and

dry cleaning services for mine appa-rel, leather products and duvet in-ners, to mention but a few. “My visi-on for this business is to be the bestlaundry and dry cleaning business inthe region that provides friendly andefficient service. The opportunitiesthat present itself within this regionensure that sustainable jobs will becreated, we have increased from fouremployees, and currentlyweare at 20employees,” says Llewellyn.According to John, it is the Sishen

Business Hub’s mission to help Lle-wellyn obtain as many contracts aspossible to keep the business sustai-nable. “Currently, Llewellyn hascontracts with the Khumani Mineand the latest to be signed is with theTshpi e’NtleMinewhich Libra Laun-dry started serving recently.

“We are hoping to extend it in thenear future toHotazel, Kuruman, De-ben, Dingleton, Olifantshoek andPostmasburg. Our involvement doesnot stopwhenhis business starts ope-rating; we have his best interest atheart andwant to see him and the bu-siness thrive.”The business was officially opened

by his father, Danny Leibrandt ofButterfield Kathu, a business thatwas also previously funded by AngloZimele. PastorCharl Isaac of theAGSChurch in Kathu also blessed LibraLaundry before the cutting of the rib-bon. “I want to thank Rina Botha andJohn Seretse of the Sishen MineSmall Business Hub for their valua-ble input, business acumen and en-couragement, as well as my familyand friends that supported methroughout theprocess. I amsograte-ful for this opportunity and believethat Iwillmakea success,”Llewellynconcluded.Anglo Zimele and Kumba Iron Ore

has once again practically demon-strated their commitment to empo-wer entrepreneurs through loans aswell as mentorship and training.

Newbusiness opens doorsPICTURED from the left are Llewellyn and Noleen Leibrandt, John Seretse and Nellie and Danny Leibrandt.

ONE of Anglo American’s KumbaIron Ore’s Local Economic Develop-ment (LED) projects, the HeuningpotCooperative, has gone from strengthto strength – or rather from sweet tosuper sweet – in its four years of exis-tence. Last yearwasagoodone for theproject, as itwas the first year that theproject’s Organic Swarthaak Honeywasharvested, totalling1 000 kgofho-ney.Currently the project employs nine

permanent staff members. At the endof 2012 the project also moved house,now closer to Kathu on the farmMarsh, next to the airport.The goal of the project is to create

a sustainable business in the commu-nity where jobs can be created, saidOduetse Kolberg, LED practitioner atthe Sishen Mine.“A total of 150 bees will arrive end

March from Limpopo and this year’sharvest is expected to be four timesmore. As a result, more jobs will becreated, in fact, jobs will be createdfor the disabledmen andwomen fromDeben to assist with the honey bot-tling, sealing and labelling after thishuge harvest.The big picture is to seethe Co-Op being listed in the Pick nPay retailer programmeand distribu-ting organic honey to the selectedPick n Pay stores nationally.”Under the caring wing of Organi-

mark, thatmarkets the honey in localsupermarkets and facilitates the lis-ting and participation of the Co-Op inthe national Pick n Pay retailer pro-gramme, together with Kumba IronOre who provides business support,

the project has changed the lives ofthe employees forever.“I have received excellent informa-

tion and training through this projecton how to manage a business andhow to manage finances.“I have learnt a lot about nature

as well, and this enriched my per-sonal life very much,” says Lode-wyk Melokwe, chairperson of theHeuningpot.DriverAbrahamNovember agrees:

“Through this project Kumba hasenabled me to reach heights I neverthought would be possible. I am nowa business owner together with eightother partners, and this enablesme toprovide much better for my family.”The community supports this initi-

ative wholeheartedly because theyknow this will yield career and trai-ning opportunities for their children.“Just like the bees have to mature,

this business also has tomature. I amlooking forward to the Heuningpotstandingon itsown feet andoperatingtotally independent,” said Melokwe.Abrahamwould like to transfer the

knowledge and skills that he has ac-quired at Heuningpot to one of hischildren so that they can also becomeinvolved in the project.“We have a wonderful job. As long

aswe follow the rules andprocedures,no harm will come to us.“Thank you, Kumba, for investing

in our lives andmaking it sweet,”Me-lokwe concluded.

Honey projectmakes life sweeter

LODEWYK MELOKWE (left) and Abraham November from Heuningpot.

Page 7: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013 7

1176547B_E

WEEKLYWINNERS

PLUSEARNPOINTS

PEP

Alwaysthereforyou

2099EnterpriseBack Bacon 250g

Each

1579SnowflakeCake Wheat Flour2.5kg

2149DairyBelle ChoiceButter Salted 500g

Each

BUYANY2FOR

2400Fanta, Sprite orStoney Assorted2 litre

BUY 2FOR

4000Nescafé ClassicFlexi Bag 150g

PnP 1 Ply WhiteToilet Tissue 9s

2899SAVE6.00N

OW

ONLY

WhileStocksLast

Equal to2667

per 200g

4499Bulk StewingBeef (Bone in)per kg

2999PnP no nameTM

Frozen ChickenBraaipak 2kg

Product has been styledfor photography

PleaseRecyclewww.picknpay.co.za

TOLL FREE: 08001122 88(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

CUSTOMERCARE

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynotstocksomeoftheseproducts. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any printerrors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smartshoppertermsandconditionsapply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

PRICESVALID26 MARCH-1APRIL2013ATALLPICKNPAYSUPERMARKETS, FAMILYSTORES,MINIMARKETSANDHYPERSIN GAUTENG, FREE STATE, NORTHWEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG.EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES.smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.Alcohol Not for

7499Bols Brandy750ml

CASE PRICE

Carling Black LabelNon-returnable Bottles24 x 340ml or Cans 24 x 330ml

13699

Page 8: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013

Solo-uitstalling eerste in reeksDIE eerste solo-uitstalling van 2013getiteld Gesprekke van AmandaReyneke van den Berg hang nou inMaud’s Place in Schröderstraat enkan tot 13 April besigtig word.Gesprekke is ’n uitstalling van te-

keninge uitgevoer in multi-me-diums en minimalistiese palet,asook helderkleurige etse, ’n nuwegenrE waarmee sy onlangs begineksperimenteer het.Die kunswerke op die uitstalling

bevat ’n ‘storie-vertel’-gehalte watdaarop gemik is om die toeskoueraan te por om deelnemend sy ofhaar storie om die temas van diekunswerke te weef en sodoendedeel van die gesprekke om diekunswerke te raak.Reyneke van den Berg se uitstal-

ling is die eerste van nege solo-uit-stallingswat elkemaand inMaud’sPlace gaan hang.“Om ’n solo-uitstalling te hou is

moeilik. Buiten vir die ooglopendedat dit baie tyd en koste behelsverg, dit ook moed, toewyding enondersteuning van jou mense,” sêRyneke van den Berg’n Solo-kunsuitstalling maak in-

breuk op roetines en stel eise aan’n leefstyl.“As kunstenaar gaan jy deur

emosionele fluktuerings, vertwyfe-ling en bevraagteken jy jouself, joutalent en jou vermoëns. Selfs jouoortuigings.”Dapper ontbloot die kunstenaar

sy of haar siel aan die toeskouer enstaan alleen voor die mening vandie ingeligte en oningeligte ener-syds. Daar is nie ’n groepsverbandwat die kunstenaar beskerm nie ofwaarbinne sy of haar werk regver-dig kan word nie. As kunstenaargaan die mens deur groei wat slegskan gebeur wanneer die pad vanblootstelling gestap word.“Tog maak ’n solo-kunsuitstal-

ling van ’n mens ’n afgeronde kun-stenaar, dit bring verskuiwings in’n mens se selfbegrip en moedig ’n

mens aan om buite die grense vanvorige idees, ondervindings en oor-tuigings te dink. Kuns bied ’nmensdie geleentheid om uitdrukking tegee aan jou eie waarheid en oortui-gings en daarvoor in die openbareoog te staan.“Kunstenaars skep ’n visuele re-

kord van lewenservarings ter her-denking aan die onvergeetlike endie alledaagse en gee ’n onsterflikegehalte aan mense, plekke en ge-beurtenisse.“Om kreatief te wees is ’n intel-

lektuele en emosionele stimulant.’n Kunstenaar bevorder en stimu-leer denke van verandering in hulonmiddellike omgewing, kultuuren beskawings deur uitdagende ge-dagtes, introspeksie en bespre-kings.“Onderwerp, kleur en tekstuur

word gebruik om gevoelens te ont-

lok. Op die manier dien kuns as ’nkatarsis of help ons om onderlig-gende gevoelens te ontbloot. Joukunswerke stel jou in staat om per-spektief te gee en begrip te verkryvir emosionele wroegings deur dieabstakte gestald te gee na buite, opdoek of papier. Verder moet ’nmens jou kuns geniet. Jy kan ditvermaaklik, uitdagend en insigge-wend vind.Wanneer dit by die kun-ste kom, koopmensemeer as net ’nskildery of ’n tekening. Hulle koop’n ervaring, ’n assosiasie, ’n herin-nering. Daarom kan die kunste-naar hom of haar nie emosioneeldistansieer van die kunswerk watas ’n verkoopbare produk aange-bied word nie. Hulle deel ’n erva-ringmet die koper, nie net ’n gelde-like transaksie nie.”Bel Reyneke van denBerg by 072-

210-8640.AMANDA REYNEKE VAN DENBERG

EENvanAmandaReyneke vandenBerg se kunswerke getiteld Madesome Space.

EEN van Amanda Reyneke van den Berg se kunswerke getiteld Vantage Point. Foto’s: Verskaf

The

independent

voice of the

Rivercity

The

independent

voice of the

Rivercity

Page 9: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013 9

Verf vroliksentrum opPERSONEELvan dieSmallEnterpriseEm-ployers of SouthAfri-ca (Seesa) (Edms.)Bpk. het op 15 Maart

dieACVVseKlenaso-bi-sentrum opgevro-lik.Die Klenasobi-sen-

trum in Freedom

Square bied verskeiedienste aan inwo-ners.Die naam Klenaso-

bi is saamgestel uitdie woorde KLEuter-skool, NAsorgsen-trum, SOpkombuisen BIblioteek en ditverduidelik presieswat in die sentrumgebeur.Seesa het swaaie,

vullisdromme en ta-fels van die sentrummet helderkleurigeverf opgevrolik omsóaan die gemeenskapterug te gee.

MONIQUE MÖLLER verf opvoedkundige in­ligting op ’n vullisdrom.

DIE personeellede van Seesa het soms self onder die verfkwas deurgeloop. Van links is Monique Möller, Tinus Jansenvan Vuuren, Veruschka van Zyl, Kal Louw, Beané Struwig en André de Beer. Foto’s: Verskaf

Page 10: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013

OP die nasionale Polisiedagvieringwat op Upington plaasgevind het,moes elke gebiedsafdeling ’n tradisi-

onele Suid-Afrikaanse kultuur uit-beeld.Daar was 16 kultuur-uitbeeldings

en die Suid-Afrikaanse Polisiediens(SAPD) op Upington het die Venda-kultuur uitgebeeld.Die Upington-gebiedsafdeling se

taakspan het sonder ophou aan diekultuurdag gewerk. Daar was uit-beeldings van kleredrag, ornamente,gebruiksartikels en ook tradisionelekos.Verskeie Upingtonners wat van

Limpopo af kom of met mense vanLimpopo getroud is, het die SAPD ge-help om die kultuur, kleredrag entradisies reg voor te stel. Veral Eras-mus Nengome, sy vrou, Cecilia Nofe-mela, enhul tweekindershet ’n grootbydrae gelewer.Cecilia het baie gehelp om tradisio-

nele drag in die hande te kry en dieSAPD-lede met hul danspassies ge-help.Ndivhuwo Grace Rakhalaru van

Paballelo het die SAPDmet die voor-bereidingvandie tradisionele kos ge-help.Danksy haar kundigheid het hulle

van gewone pap tot suurpap, marogmet neute, gesmoorde mopanie-wurms met tamatie-en-uiesmoor,pampoen met pap, tradisionele bier,gebraaide neute, grondboontjies, ge-kooktemielies en stampmielies voor-gesit.Daarby is lekker vars vrugte soos

lietsjies, mango’s, piesangs, avoka-do’s en lemoene bedien. Die groothoogtepunt was egter die Venda-“bil-tong” . . . mopaniewurms.DieVenda-tee, die lietsjiesap endie

mopaniewurms het baie mense nadie stalletjie gelok.

Kulture só uitgebeeldDIE Suid­Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington groet genl. Riah Piyega, nasionale polisiekommissaris, op’n tradisionele Venda­manier in hul tradisionele Venda­drag. Foto: Anena Burger

DIE tradisionele Venda­geregte watmet die hulp vanNdivhuwoGraceRakhalaru voorgesit is. Foto: Verskaf

AO. MARINA BREWIS (links) en lt.kol. Ronell Visagie groet genl. Riah Piyega(regs). Foto: Verskaf

Page 11: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013 11

AANDAG: ALLE GROOTMANS! Groot nommers in

winkel beskikbaar.Kontantafslag gewaarborg.Specials vir die week!

Uitgesoek vir die somer.Kortmouhemde - R100Kortbroeke - R150

The Nu-Shop, Palm Gate-sentrum, Hoofstraat,

Kuruman.Tel. 053 712 1264.

LABRADOR-/GREATDANE-KRUISING: Dier-baar, 5 maande oud. R500.Skakel 084 651 3000.

CO

LU

MB

IA-9

-10-0

8-K

B-L

H

ColumbiaCarpets/Blinds

053 712 1961

053 712 2068

ELEKTRIESE HEININGS:Beveilig u eiendom. Vir pro-fessionele installasie, skakelFrancois 072 156 4035.

HEKMOTORHERSTEL en-installasie. Skakel Okker082 829 0292.

SUKKEL JY? BEL VIRTOBIE! Noem dit en ek doendit! 'Dry walls', plafonne,teëls, verf, muurpapier, pla-veisel, ens. Skakel072 056 6504 of 053 712 [email protected]

DE HOEKOORNAGKAMERS KURU-MAN. R300 per nag. SkakelDirk 079 877 7134.

VW CADDY BAKKIE: 1998model. Very good condition.18" mags and sound. Phone074 222 8369 or 084 219 6605.

TOYOTA COROLLA 1.6GLS, 2006. 120 000 km. Ska-kel 082 438 3960.

V-TEC TRAILERS, KURU-MAN: Verkoop van nuwesleepwaens. Verskaf ook4 x 4-kampeer- enbagasiewaentjies.Skakel Louwrens083 310 0272/053 712 1072.Hobsonsingel 10, Kuruman.

42-VK M-stoor. Industriëlegebied, Kuruman. HuurR1 600 p.m. Skakel083 524 4995.

1-SLAAPKAMER-woonstelte huur teen R5 000 p.m. Wa-ter en ligte ingesluit. Skakel083 448 9125.

BACHELOR FLAT (large),suitable for 2 adults. OnlyR4 500 p.m. Phone079 573 6003.

Upington: Middelpos. 2 slk,lugr, enkelpersoon, geentroeteldiere. R3 000 p.m.(elek. uitgesl) plus dep.076 195 9475.

WOONSTEL te huur:R4 900 p.m. krag en DStv in-gesluit. Sentraal geleë enloopafstand van dorp. Ska-kel 084 800 7779.

PRIVATE HOME SALE:Modern. Yard 1 200 sq m.3 bedr, 2 bathr kitchen,scullery, TV/dining-roomwith lounge. Swimming-pool, brand-new lapa/enter.Plus big flat with R7 500income. Phone 053 712 0246.

OP SOEK NA 'Nbetroubare huishulp watkan kook en huishoudelikepligte kan verrig. Moet kaninslaap. Buitekamer metstort beskikbaar. Moetbankrekening in eie naamhê. Skakel 072 482 5406 na17:00.

SECURITY GUARDSNEEDEDIN KURUMANGrade E.D.C. SEND CV TO086 773 6409.

WARRIOR VIAGRA:Nou in Kuruman beskik-

baar. Sterker, langerereksie. Hou 10 keer langeruit. Verbeter jou sekslewe

ten volle. 100%geldterugwaarborg. 100%veilig (medies getoets).

073 894 5273073 522 8346. Beskikbaar byJimmy's Drankwinkel,

h/v Livingston- en Short-straat, Kuruman & Uping-ton Hannes 078 722 4631.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 12: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013

Page 13: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013 13

Juffrou groetDIE Laerskool Sen-traal op Kakamas(LSK) neem hartseerafskeid van Karlienvan Schalkwyk, eenvan die skool se ge-liefde onderwysers.

Juffrou Karlienhet die afgelope negejaar aan die LSKskoolgehou en het ’npassie vir wat sydoen en ’n liefde virhaar kollegas enleerlinge.

Sy gaan haar nouop Upington vestigen die LSK-leerlingeis dit eens sy gaanbaie gemis word.

Klub se uitstappiebring pure plesierDIE Laerskool Sentraal opKakamas (LSK) se LSK-klub hou elke kwartaal ’nheerlike leer-en-kenme-kaaraktiwiteit.

In die eerste kwartaal hetdie leerlinge die somersonop Lake Grappa vir ’n biet-jie pret en plesier aange-pak. Hulle het meer oor

God geleer en die belang-rikheid daarvan om Homeerste in jou lewe te stel.

Daarna was dit tyd virure se plesier in die water.

KARLIEN VANSCHALKWYK metdie blomme en bal­lonne waarmee syvoorspoed toege­wens is.

DIE gr. 7­leerlinge van die Laerskool Sentraal op Kakamas saam met hul geliefde juffrou, Karlien van Schalkwyk.Foto’s: Verskaf

DIE onderwysers van die LSK­klub het hul eerste vuurdoop – of is dit nou skuimdoop– gehad. Chrismari Visser (links) en Nicolene Olivier het heerlik saam met die leerlingegebaljaar. Foto’s: Verskaf

VAN links is Ke­nielwe Kaptein,Anyah Cloete,Oteng Nouse enMichaelar Barletttydens een vandie Bybellesse.

DIE LSK­klub word vir al die gr. 4­ tot gr. 7­leerlinge aangebied en dit is elke kwartaal ’nhoogtepunt op die skool se program.

Page 14: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het se gr. 6-leerlinge het in die eerstekwartaal hul markdag gehou en allerlei interessante eetgoed verkoop.

Markdag baie vermaaklik

LARA­MARIGELDENHUYS (links) enMiandele Joubert is nes goeie verkoopsdames uitgevatvir ’n oggend van dolle verkope. Foto’s: Verskaf

WAT skuil alles in Franco Engels (links) en Dawie Hayes se “Lucky Boxes”?

HIERDIE narre lyk dalk snaaks, maar vir hulle is hul verkope ’n ernstige ding. Van links isBraam Nel, Nelius de Jager en Marceau Olivier.

Page 15: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013 15

Lizette Slabber

JAN-WILLEM NEL (15) vandie Hoërskool Martin Oost-huizen (HMO) opKakamas isas Kalahari Bulletin en Su-perSport se Let’s Play Sport-ster van dieMaand gekies virsy puik prestasies in atletieken skiet. Hy blink ook in rug-by en tennis uit.Jan-Willem is ’n uitmun-

tende skut – hy het in 2011Suid-Afrikaanse kleure indié sportsoort verwerf. Hyhet in 2013 in atletiek gepres-teer. Hy het aan die Noord-Kaapse atletiekkampioen-skappe deelgeneem waar hy’n bronsmedalje in die 100 men ’n goue medalje in die200 m ontvang het. Hy is ookas lid van die NK-span virdeelname aan die Suid-Afri-kaanse kampioenskappe inOos-Londen (en verkry dusprovinsiale kleure vir atle-tiek) gekies.

Louise Steenkamp, sport-organiseerder aan die HMO,het die volgende oor die jongman te sê: “Ons ervaar Jan-Willem as ’n baie nederigesportmanwat glad niemet syprestasies te koop loop nie.“Hy is baie entoesiasties

oor sy sport. Hy is uiters ge-dissiplineerd en oefen baiegetrou. Dit getuig van sy uit-houvermoë en selfdissipline.“Hy is ’n baie aangename

leerling wat altyd vir sy me-deleerlinge tydmaak enhetdie hoogste agting en res-pekvandie personeel.Hy isgelief onder symedeleerlin-ge, koshuismaats en perso-neel.”Jan-Willem se leuse is:

Oefen en werk hard. Bly ne-derig en onthou dat jouSkepper groter is as enigevan jou teenstanders en datjy slegs deur in Sy naam tekompeteer die wenstreep, so-wel as jou sukses, kan be-

haal.Stuur jou sportsterbenoe-

ming vir leerlinge tussen sesen 18 jaar vandag (benoe-mings wat voor die 20ste vanelke maand ontvang word,sal in daardie maand se keu-se ingesluit word).Jy kan jou benoeming faks

na 086-552-4922 of e-pos na [email protected]. Inskry-wings is gratis.Bel Lynne Landman van

Z PR by 051-430-3027.

JAN­WILLEM NEL in aksie op die atletiekbaan. Foto: verskaf

Jan-Willem nederig oor sy suksesAs sportsteraangewys

Page 16: Kalahari Bulletin 28 Mar 2013

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013

Verskeie skole opkliniekLizette Slabber

DIEderdeElsieCoet-zer-hokkiekliniek isverlede week van 20tot 23 Maart op dieHoërskool Upingtonse hokkievelde aan-gebied.

Die Hoërskool DeAar, die HoërskoolNamakwaland opSpringbok, die Hoër-skool Martin Oost-huizen (HMO) opKakamas, die Hoër-skool Duineveld endieHoërskoolUping-ton, sowel as ’n ge-kombineerde laer-skolespan vanUpington, het die kli-niek bygewoon.

Die eerste driedae is werksessiesoor afrigting, die rolvan die doelwagteren spanbou aange-bied.

Daar is elke mid-dag wedstryde ge-speel.

Saterdag is afge-sluit met die topspe-lers wat gekies is omin twee spanne dieeindstryd teen me-kaar te speel.

EEN van die Hoërskool Upington se spanne wat die hokkiekliniek bygewoon het, is, voor: Chantelle van Niekerk;van links, middel: Raquelle Steenkamp, Veronique Vorster, Marina Goussard en Guanita Bok; agter: Madelein Victor,Lindsy Loots, Ciske van Niekerk, Carla Kuys, Elandie Hanekom, Liné du Plessis en Maralé Hoft. Foto: Lizette Slabber

Jan-WillemnaSA’sJAN-WILLEM NEL, ’n leerling van dieHoërskool Martin Oosthuizen (HMO)op Kakamas, is gekies om as deel vandie Noord-Kaap-atletiekspan aan dieSuid-Afrikaanse atletiekkampioen-skap deel te neem.

Jan-Willem gaan aan die 200 m virseuns o.15 deelneem.

Hy is eenvan slegs vier atlete vandieSiyanda-distrikwat vir dié span gekiesis.

Hy het op die Noord-Kaap-byeen-koms inKimberley die gouemedalje indie 200 m gewen sowel as ’n bronsme-dalje in die 100 m, seuns o.15.

JAN­WILLEM NEL Foto: verskaf

DRIE leerlinge aan die Hoërskool MartinOosthuizen (HMO) op Kakamas is gekies omas deel van die Noord­Kaapse tennisspanaan die Suid­Afrikaanse tenniskampioen­skappe deel te neem. Al drie dié spelers hetreeds voorheen hul provinsie verteenwoor­dig. Van links is Jo­Marie Hayes, Gerber vanRooyen en Carli Brand. Foto: Verskaf