bybelkunde 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/bybelkunde 1/hermeneutiek.pdf · dit is...
TRANSCRIPT
BYBELKUNDE 1
SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.
Module 2
HERMENEUTIEK
INHOUDSOPGAWE Bladsy No
1. INLEIDING. 5
1.1. DIE ETIMOLOGIE VAN DIE HERMENEUTIEK. 6
1.2. DIE NOODSAAKLIKHEID VAN HERMENEUTIEK. 7
1.3. DIE AARD VAN HERMENEUTIEK. 7
1.4. VERWYSINGS. 8
2. ALGEMENE BYBELSE HERMENEUTIEK. 9
2.1. LITERêRE STYL. 9
2.2. WOORD STUDIE. 9
2.3. LETTERLIKE EN GEESTELIKE INTERPRETASIES. 11
2.4. GRAMMATIKALE INTERPRETASIES. 12
2.5. VERWYSING. 13
3. SPESIALE BYBELSE HERMENEUTIEK. 13
3.1. DIE GEESTELIKE FAKTOR VAN DIE BYBEL. 13
3.2. DIE EENHEID VAN DIE BYBEL. 14
3.3. DIE PROGRESSIEWE OPENBARING VAN DIE BYBEL. 16
3.4. DIE SELF-INTERPRETERING VAN DIE BYBEL. 17
3.5. VERWYSINGS. 17
4. DIE VERKLARING VAN STYLFIGURE. 17
4.1. DIE FABEL. 18
4.2. DIE ENIGMA. 19
4.3. DIE METAFOOR. 19
4.4. DIE TIPE. 20
4.4.1. Karaktertrekke van „n Tipe. 21
4.4.2. Klassifisering van Tipes. 21
4.4.3. Verklaring van Tipes 22
4.5. DIE SIMBOOL. 23
4.5.1. Die Verklaring van Simbole. 23
4.5.2. Die Klassifisering van Simbole. 23
4.6. DIE ALLEGORIE. 25
4.7. DIE HIPERBOOL. 26
4.8. DIE IRONIE. 67
4.9. DIE SINEKDOGEE. 26
4.10. DIE PERSONIFIKASIE. 27
4.11. DIE PARADOKS. 27
4.12. VERWYSINGS. 27
5. DIE INTERPRETASIE VAN GELYKENISSE. 27
5.1. DIE AARD VAN GELYKENISSE. 27
5.2. DIE DOEL VAN GELYKENISSE. 28
5.3. DIE ELEMENTE VAN GELYKENISSE. 28
5.4. DIE INTERPRETASIE VAN GELYKENISSE. 28
6. DIE INTERPRETASIE VAN PROFESIEË. 29
6.1. DEFINISIE VAN PROFESIE. 30
6.2. DIE AARD VAN PROFESIEË. 30
6.3. DIE INTERPRETASIE VAN PROFESIEË. 32
6.4. VERWYSINGS. 33
7. SKOLE VAN BYBELSE INTERPRETASIE. 33
7.1. DIE JOODSE SKOLE. 33
7.1.1. Die Palestynse Jode. 34
7.1.2. Die Alexandrynse Jode. 35
7.1.3. Die Karaites. 35
7.1.4. Die Kabbaliste. 35
7.2. DIE ALEXANDRYNSE SKOOL. 36
7.3. DIE REFORMASIE-TYDPERK. 36
7.4. DIE PIËTISTE. 36
7.5. DIE RASIONALISTE. 36
7.5.1. Die Geleentheid-teorie (Accommodation Theory). 37
7.5.2. Die Naturalistiese Teorie . 37
7.5.3. Die Mistiese Teorie. 37
7.6. DIE GRAMMATIKAAL-HISTORIESE METODE. 38
7.7. VERWYSING. 40
7.8. BIBLIOGRAFIE. 40
7.9. WERKSOPDRAG. 41
1. INLEIDING.
Bybelse Hermeneutiek is die wetenskap wat hom besig hou met die bestudering
van daardie beginsels wat met die verklaring van die Heilige Skrif in verband
staan. Berkhof definieer hermeneutiek soos volg: “Hermeneutics is the Science
that teaches us the principles, laws, and methods of interpretation.”(1)
Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel,
vooraf helderheid moet verkry oor die vraag volgens welke beginsel hy die Bybel
gaan interpreteer. Alhoewel die Bybel deur God gegee is vir lering, weerlegging,
teregwysing en onderwysing in die geregtigheid (2 Tim. 3:16), is tog nie sommer
enige begrip van die Skrif geldig nie. Dus moet daar van sekere prinsiepe en reëls
gebruik gemaak word om die Skrif te kan verstaan en te kan uitlê. Enersyds wil
ons nie daardeur te kenne gee dat „n vaste metode vir die hermeneutiek neergelê
moet word wat alle “willekeur” sal uitsluit nie. Ons moet in gedagte hou dat ons
die Heilige Gees nie met „n skema kan bind nie. Hy kan ook dáár wil spreek waar
die skema nie vir Hom voorsiening maak nie (Joh. 16:13). Andersyds moet ons
ook in gedagte hou dat “vrye” eksegese ook duidelike gevare inhou (2 Pet. 1:20).
Dit blyk dus dat die hermeneutiek as taak het om sodanige reëls vir die verklaring
op te stel, dat daar enersyds voldoende ruimte gelaat word vir verskil in
interpretasie, maar andersyds tog weer so dat nie elke gril van enige
“interpreteerder” as wettige eksegese erken word nie.
In aansienlike mate hang die eksegese dan ook af van die persoon wat dit bedryf,
d.w.s. van sy konfessionele agtergrond, sy gebondenheid aan die teks, sy
geloofsgemeenskap en sy gesindheid. Kortom kan ons sê dat die Bybelse
eksegeet „n ware gelowige Christen moet wees Om die Skrif Christelik te verstaan
(1 Kor. 2:14-16). Ons moet nie vergeet nie dat ons al ons Skrifkennis bekom uit
twee bronne, naamlik „n redelike ondersoek van die Skrifte en ‟n persoonlike
meedeling. In die geval van die Heilige Skrif word onder die “persoonlike
meedeling” verstaan die ondervinding wat ons bekom deur openbaring daarvan
deur die Heilige Gees. Dit blyk dus dat die eksegeet uit homself alleen die teks nie
kan verklaar nie, dog eers as hy gelei en verlig word deur die Gees, sal hy in staat
wees om dit te verstaan en te verklaar.
Geen persoon wie se hart deur enige opposisie teen God beïnvloed is, of wat Sy
waarheid bevraagteken, of wat in enige sin bevooroordeeld staan teenoor dit wat
aanspraak op Sy openbaring maak, kan ooit verwag om „n suiwer uitlêer van die
Skrif te wees nie. Geloof in God en in Sy Woord is fundamenteel en is die enigste
gesindheid wat „n persoon tot God kan hê. „n Disposisie om God te soek en te
ken sal met „n reaksie van God ontmoet word; d.w.s. met die ontvouing van Sy
weë (Matt. 5:6; 2 Kron. 15:2, 15; Jer. 29:13, 14).
1.1. DIE ETIMOLOGIE VAN DIE HERMENEUTIEK.
Die woord “Hermeneutiek” word afgelei van die Griekse woord “Hermeneutieke”
wat weer herlei word van die Griekse god Hermes, die boodskapdraer of die
openbaarder van die wil van die gode. Vandaar dan ook die woord “hermeneuin”
wat verwys na: “om te verklaar”. Die filosoof Plato was die eerste persoon om die
term in „n tegniese sin te gebruik: “he hermeneutieke” (“die kuns om te verklaar).
Hermeneutiek is tewens „n kuns sowel as „n wetenskap. Hierin is dit „n
wetenskap, dat dit Skrifverklaring tot die beperking van „n stel reëls kan afbaken;
dit is „n kuns in soverre dat die elemente in die teks nie altyd deur die verklaring
van reëls geskied nie. Hier speel die Heilige Gees sowel as die bekwaamheid en
geskooldheid van die prediker „n definitiewe en besliste rol.
1.2. DIE NOODSAAKLIKHEID VAN HERMENEUTIEK .
Die noodsaaklikheid van die bestudering van die hermeneutiek spruit uit twee
primêre oorwegings:
In die Bybel het ons „n boodskap uit die hemel aan ons, maar vanweë die
sondigheid van die mens en asook die nadelige invloed daarvan op die
menslike denke, het ons nodig om te waak teen enige eiesinnige en
moontlike foutiewe begrip en uitleg. Vandaar dan die hermeneutiese reëls
om ons te help om die hemelse boodskap suiwer uit te dra.
Omdat die Bybel „n baie antieke asook „n Oosterse boek is met „n vreemde
grammatikale konstruksie, vreemde idiomatiese uitdrukkings en met „n
vreemde kultuuragtergrond, en ons Bybels bloot net vertalings daarvan is,
het ons vaste reëls nodig om dit te kan verklaar en die boodskap korrek te
vertolk.
1.3. DIE AARD VAN HERMENEUTIEK.
Die Protestantse bediening van die Woord is gegrond op die Kanon van die Ou
- en Nuwe Testament. Gevolglik is die mees belangrike oorweging van die
Christelike bediening die korrekte gebruik en aanwending van die Skrif. Paulus
gee aan Timoteus dan ook opdrag om die Woord van die waarheid reg te sny (2
Tim. 2:15). In die Grieks “orthotomeo” “om „n reguitlyn te sny”, dus om die Woord
van die waarheid langs „n reguitlyn te rig. „n Kardinale misdryf van die valse
leermeesters is dat hulle handeldryf (“kapeleuo”, “om ‟n smous te wees”) met die
Woord (2 Kor. 2:17); en dit aan te wend tot hulle eie tydelike voordeel.
Die hoofsaak in die regte hantering van die Skrif is die korrekte uitleg daarvan.
Of die prediking tekstueel, uitlegkundig en of dit om „n spesifieke onderwerp
gaan, dit bly nog die prediker se verantwoordelikheid om die Woord van God
juis en korrek te interpreteer. Daarom moet die prediking gesentreer wees in
die verklaring en toepassing van die Heilige Skrif. Dit beteken dat die boodskap
vanaf die kansel, Bybels, Eksegeties en Uitlegkundig moet wees. Met ander
woorde, die Skrif is die bron en norm van die prediking; eksegese is die
wetenskaplike vasstelling en bepaling van die betekenis van die betrokke teks;
die eksposisie of uitleg is die relevante proklamasie daarvan aan die gemeente.
Bernard Ramm stel dieselfde feite só vir ons: “The Scripture is the Word of God
written; exegesis is the Word of God understood; and preaching is the Word of
God made relevant to time and place”.(2) Eksegese en eksposisie staan in „n
besonderse verhouding tot mekaar.
Eksposisie spruit en groei uit eksegese.
In eksegese konsentreer die prediker op die betekenis van die teks. Hy is nie
onmiddellik begaan oor die toepassing daarvan op die teenswoordige geslag nie,
maar is meer begaan oor die historiese betekenis van die teks of Skrifgedeelte.
As sodanig staan die eksegeet los van die moontlike sosiale, kerklike en politieke
invloede wat moontlik sy soeke na waarheid en betekenis kan beïnvloed. In
eksposisie hou die prediker hom hoofsaaklik besig met die toepassing en
toepaslikheid van die teks op die kontemporêre geslag. Hieruit blyk dit enersyds
dat eksegese sonder eksposisie bloot akademies is; eksposisie andersyds, wat
nie in eksegese gegrond is nie, is oppervlakkig en misleidend.
Uit wat ons sovêr gesê het is dit duidelik dat daar geen skeiding tussen eksegese
(betekenis) en eksposisie (toepassing) kan wees nie. Om Bybelstudie te doen
sonder die inagneming van die sosiale en politiese misdrywe is om die krag van
die evangelie te vernietig. Die historiese betekenis van die teks (eksegese) moet
op die hedendaagse lewe met al sy probleme toegepas (eksposisie) word, Anders
is dit bloot akademies sonder veel kontemporêre waarde.
As die Woord van God die kern van die bediening is dan moet die prediker sy
teks eksegeties hanteer voordat hy dit homileties toepas. As hy enigsins ‟n
verantwoordelike eksegeet wil wees, moet hy „n verantwoordelike toepaslike
begrip van Bybelse hermeneutiek of Skrifverklaring hê.
1.4. VERWYSINGS.
1. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker Book
House, 1969), p.11.
2. Ramn, B. L., Hermeneutics (Grand Rapids: Baker Book House, 1967), p.12.
2. ALGEMENE BYBELSE HERMENEUTIEK.
Die wetenskap van Skrifuitleg kan geklassifiseer word in algemene en spesiale
hermeneutiek. Algemene hermeneutiek behels daardie fundamentele wette en
prinsiepe van toeligting en uitleg van taal wat van toepassing is op die Bybel,
sowel as op enige ander boek of geskrif. Spesiale hermeneutiek, aan die
anderkant, gaan uitsluitlik om daardie wette en prinsiepe wat alleen op die
Bybeluitleg van toepassing is, byvoorbeeld profesieë, gelykenisse, tipes,
simbole, allegorieë, beeldspraak, fabels ens.
2.1. LITERêRE STYL.
Met die interpretering van „n literêre passasie is die eerste vereiste en saak wat
bepaal moet word, die vasstelling van die literêre styl daarvan. Dit is die literêre
styl van „n passasie wat die raamwerk van verband bepaal waarin die woorde
gebruik word. Derhalwe is die raamwerk van verband logies vóór die woorde.
Daarom is dit noodsaaklik dat die literêre styl van „n passasie – of dit poëties,
beeldspraak, geskiedenis of „n gelykenis is – eers vasgestel moet word, want dit
sal beslis die eksegeet se wyse en trant van uitleg bepaal.
2.2. WOORD STUDIE.
Nadat die literêre styl van „n Skrifgedeelte vasgestel is, kan daar nou met die
eksegese daarvan begin word. Die ontleding begin gewoonlik met die
bestudering van woorde in die bepaalde Skrifgedeelte. Daar is etlike maniere hoe
woorde bestudeer en ontleed kan word:
• Dit kan Etimologies bestudeer word.
‟n Kennis van die komponente wat „n woord uitmaak, mag instrumenteel
wees in die ontsluiting van die woord se ware betekenis. Byvoorbeeld, die
woord “Kerk” is van die Griekse woord “ekklesia”. Dié woord is „n
saamgestelde woord wat bestaan uit “ek” wat “uit” (Eng. out of) beteken en
“klesis” wat “‟n roeping” beteken. Letterlik beteken die woord “ekklesia” dan
„n “uit geroepe gemeenskap of gemeente.”
• Dit kan ook Vergelykend bestudeer word .
Elke woord het net een betekenis in enige gegewe passasie, maar dieselfde
woord mag in ander Skrif dele „n ander betekenis hê. In hierdie verband skryf
Du Plessis: “Die korrekte manier om die betekenis van „n woord na te vors,
vereis dat al die plekke waarin daardie woord binne „n gegewe stuk
literatuur, bv. die Nuwe Testament, voorkom, nagelees moet word en dan uit
te vind watter betekenis telkens binne „n spesifieke konteks aan die woord
opgedra word. Die betekenis van „n woord lê dus nie as sodanig in die woord
self opgesluit nie, maar in die konteks waarbinne daardie woord optree.”(1)
„n Goeie voorbeeld hiervan is die woord “doop”. Die woord “doop” dui
sestig keer op die Doop Sakrament en twee keer beskryf dieselfde woord
egter “wassing” (Mark. 7:4; Luk. 11:38). So wys ook die woord “ekklesia”
(gemeente – Eng. Church) op verskillende groepe van mense:
- „n gepeupel (Hand. 19:32, 39, 40 ).
- Israel (Hand. 7:38).
- die Kerk universeel (Efes. 1:22; 5:25, 32).
- na „n lokale gemeente in „n dorp (Hand. 11:22; 13:1; 1 Kor. 14:19).
• Dit kan Histories bestudeer word.
Met die historiese bestudering van Bybel terme bedoel ons die navorsing en
bepaling van die betekenis van daardie Skrif woorde soos gebruik deur die
spesifieke skrywer. Met ander woorde, dit is die spesiale betekenis wat deur
daardie betrokke skrywer aan dié spesifieke woord gegee word. Baie keer
definieer en verduidelik die skrywer self die betekenis van die woord wat hy
gebruik. Voorbeelde hiervan vind ons in: 2 Tim. 3:17 – “volkome” beteken
“volkome toegerus”; Heb. 5:14 – “volwassenes” beteken hier iemand “wat
geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen om goed van kwaad te
onderskei”; Efes. 1:22, 23 – “gemeente” hier beteken “Sy liggaam.”
• Die Aard van die Onderwerp van Bespreking moet bestudeer word.
Die aard van die onderwerp onder bespreking kan soms bydrae om tot die
juiste betekenis van „n woord te kom. Byvoorbeeld, Joh. 3:1-6. Die
onderwerp van bespreking hier is geboorte. Dus, “gebore . . . uit water” in
vers 5, is om “uit die vlees gebore” (vers 6) te wees, en wys op die
natuurlike geboorte; “Gebore . . . uit . . . Gees” in vers 5, is om “uit die Gees
gebore” (vers 6) te wees, en wys op die geestelike of wedergeboorte. So is
die onderwerp van bespreking byvoorbeeld in Joh. 15:1-16 een van
vereniging. Die betekenis van die “wynstok”, die “landbouer” en die “lote”
wys op die gelowige se innige vereniging met Jesus. So verklaar ook 2 Kor.
5:1-4 vir ons die “tentwoning” en die “gebou van God” as ons aardse
liggaam en ons geestelike of hemelse liggaam.
• Sinonieme Woorde moet bestudeer word .
Die onderskeid van sinonieme woorde moet noukeurig op gelet word.
Byvoorbeeld, om “met die Heilige Gees gedoop” te word (Hand. 1:5) is
dieselfde as om “vervul met die Heilige Gees” te wees (Hand. 2:4). Christus
se doop van die gelowige in die Heilige Gees krag was die handeling; die
vervulling met die Heilige Gees krag die gevolg. In Gal. 6:2,5 is die woorde
“laste” en “pak” van dieselfde Griekse woord “lurden”, maar in vers 2 is die
gedagte “gewig”, terwyl dit in vers 5 “verantwoordelikheid” beteken.
2.3. LETTERLIKE EN GEESTELIKE INTERPRETASIES.
Die vanselfsprekende sin van „n Skrifgedeelte is die juiste betekenis daarvan. In
ooreenstemming hiermee moet die duidelike letterlike betekenis gehandhaaf
word as dit sin maak; anders moet dit figuurlik verstaan word. Byvoorbeeld,
omdat die Opstanding in 1 Kor. 15 sin maak, moet ons dit letterlik vertolk en nie
soos sommige wil voorgee dat Jesus wel fisies gesterf het, maar dat dit Christus
was wat geestelik, dit wil sê, sonder „n fisiese liggaam, opgestaan het. So „n
vertolking doen die Skrif baie duidelik oneer aan. Matt. 26:26 daarenteen maak
weer nie letterlik sin nie, want hoe kan die brood letterlik Christus se liggaam
wees? Omdat dit nie letterlik sin maak nie, moet ons dit figuurlik interpreteer. Met
ander woorde, Skrifgedeeltes wat oënskynlik „n letterlike betekenis dra, moet nie
vergeestelik word nie. So is dit dan ook foutief om God se belofte aan Israel te
vergeestelik en dit dan op die Kerk toe te pas. Israel en haar uittog uit Egipte en
haar intog in die Beloofde Land, kan wel die sondaar voorstel wat uit sonde
slawerny deur die wedergeboorte in die rus van Christus gebring word. So „n
sekondêre geestelike toepassing op die Kerk is geoorloof, want dit maak nie die
letterlike geskiedenis ongedaan nie en doen die Skrif ook geen geweld aan nie.
2.4. GRAMMATIKALE INTERPRETASIES.
Dit is die grammatikale metode wat deurdring tot die ontleding en verklaring van
die sin in al sy dele. Hierdie metode van Skrifuitleg, vereis „n deeglike kennis van
die grondtale – Hebreeus en Grieks.
Twee aspekte word in besonder hier deur die eksegeet in gedagte geneem:
Die grammatikale eksegeet skenk streng aandag aan die konteks van die
woord of passasie wat hy ontleed. Die konteks of die verband waarin die
woord voorkom bepaal baie keer die betekenis van „n woord of verklaring.
Paulus gebruik bv. die woord “wet” (“nomos”) so algemeen dat die
besonderse betekenis daarvan alleen vasgestel kan word deur na die
konteks waarin die woord voorkom, te kyk.
Die volgende stap in grammatikale eksegese is om te kyk na die kulturele
elemente in die teks soos verwysings na persone, gebeurtenisse, sosiale
praktyke, die aardrykskunde en flora en fauna. Dit gaan nie hier om meer
van die genoemde dinge te wete te kom nie, maar dit betrek die poging om
die sosiale en politieke wêreld van daardie tyd vas te stel.
Die soort agtergrond sal help om sulke komplekse vrae te beantwoord soos:
Waarom was die Galasiërs so „n maklike prooi vir Judaïsme om hulle te laat
verjoods? Ons moet egter toegee dat dit onmoontlik vir die prediker is om al
hierdie dinge na te vors. Daarom is dit die beste bron vir die prediker om van
gebruik te maak van goeie kommentare.
2.5. VERWYSING.
Van Eijk, R. K., In Sy Voetspore (Pretoria: Pro media Publikasies, 1977), p.13.
3. SPESIALE BYBELSE HERMENEUTIEK.
Die grootste gedeelte van Algemene Hermeneutiek behels daardie fundamentele
prinsiepe van die toeligting en uitleg van taal, wat die Bybel met alle ander boeke
in gemeen het. Spesiale Hermeneutiek daarteenoor ondersoek daardie
onderliggende prinsiepe van uitleg wat eie aan die Skrif alleen is. Die Heilige Skrif
het sekere unieke kenmerke wat spesifieke prinsiepe vereis, as ons reg wil laat
geskied aan die uitleg van die Bybel.
3.1. DIE GEESTELIKE FAKTOR VAN DIE BYBEL.
Die Bybel is Goddelik geïnspireerd en is in wese geestelik van aard en kan dus
alleen geestelik verstaan word (1 Kor. 2:14). Die Goddelike inspirasie van die
Bybel is die een groot prinsiep wat die Bybelse Hermeneutiek kontroleer. “Any
theory of interpretation that disregards it”, skryf Berkhof, “is fundamentally
deficient and will not be conducive to our understanding of the Bible as the Word
of God.” (1)
Omdat die Bybel in wese geestelik van aard is, kan alleen geestelike mense,
mense wat deur die Gees wederbaar en geestelik bevatlik is, deur die Gees verlig
word en die getuienis van die Gees ontvang van die egtheid van die Goddelike
werklikhede. Maar om bloot net op die Gees ook staat te maak is geen
plaasvervanger vir Bybelse opvoeding nie. Jou afhanklikheid van die Gees moet
altyd gepaard gaan met die beste moontlike prosedure in die eksegese. Daarom
vermaan Paulus die jong Timoteus: “Lê jou daarop toe (Eng. “Study”) om jou
beproef voor God te stel as „n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die
woord van die waarheid reg sny” (2 Tim. 2:15).
3.2. DIE EENHEID VAN DIE BYBEL.
Die Hermeneutiek was nog altyd vasgevang tussen die idees van die antieke
verklaarders Origenes en Marcion. In Marcion het ons „n onchristelike redusering
van die Ou Testament, terwyl ons in Origenes weer die inflasie van die Ou
Testament het. Die balans tussen die Ou en Nuwe Testament was een van die
moeilikste Hermeneutiese strydvrae gedurende die Reformasie. Die stryd heers
vandag nog tussen Bultman en Barth. Bultman is „n voorstander van Marcion se
metode van interpretasie van die Ou Testament, wat vir hom „n blote voorwoord
vir die Nuwe Testament is. Die Ou Testament dien vir hom slegs as bron vir
Joodse godsdiens. Barth weer handhaaf ‟n Christologiese eksegese van die Ou
Testament. Insake hierdie tweestryd skryf prof. Eybers: “In hierdie gees is soms
ook verklaar dat die Ou Testament strydig is met die Nuwe Testament, en selfs
meer onlangs is daar nog beweer dat die Ou Testament deur die Nuwe opgehef is
en dus eintlik sy betekenis vir die Christen verloor het. . . . „n Totaal ander siening
van sake tref ons aan by A. A. van Ruler, wat die Ou Testament as die hoofsaak,
as eintlike Woord van God beskou en die Nuwe Testament slegs as verklarende
aantekeninge daarby sien”. (2) Veral moet hier gelet word op die feit dat die
eenheid en harmonie van die Skrif om Christus, Sy verlossingswerk (Heb.
9:24-26; Luk. 25-27; Joh. 5:39) en openbaring van God (Joh. 1:18; 14:9-11) gaan.
Indien ons na Christus kyk, kan ons nooit besluit dat die Ou Testament
belangriker as die Nuwe is nie.
Daar is eerder alle rede om te verklaar dat die Ou en Nuwe Testament in hul
diepste sin onverstaanbaar bly sonder mekaar; ja die een is byna nutteloos
sonder die ander. Die Ou Testament wys direk heen na die Nuwe, die Nuwe
Testament bou weer op die Oue. Augustinus stel dit só vir ons: “The New
Testament lies hidden in the Old, the Old lies open in the New.” (3) Daar is dus „n
eenheid tussen die Ou en Nuwe Testament wat meer is as net „n eenheid van
idees; dit is „n organiese sowel as „n dinamiese eenheid. Met betrekking tot die
organiese eenheid van die Bybel skryf Berkhof: “The word „organic‟ should be
stressed. This unity is not a mere mechanical one, consisting of different parts
that were prepared with a view to their mutual correlation, like the parts of a
watch, and that were finally collected in one volume . . . The Bible was not made,
but grew, and the composition of its several books marks the stages of its
progressive development. It is, in the last analysis, the product of a single mind . .
.” (4) Al die Bybelboeke het Christus as middelpunt van belang, en wys op Sy
verlossingswerk – “in the Patriarchs we have the promise of redemption; in the
time of the Judges, the providence which was leading to redemption; in the
period of the monarchy, the prophecies of redemption; in Christ the person. who
brought redemption; and in Revelation the prediction which was the outcome of
redemption.” (5) Die Ou en Nuwe Testament getuig dus saam van dieselfde God
en Here wat werksaam is in die ou en nuwe bedeling. Omdat die dokumente so
spreek van één God wat Hom in hulle bekendmaak, daarom is daar ook „n
werklike eenheid tussen Ou en Nuwe Testament en geld beide saam as die één
Woord van die één enige Here (Heb. 1:1).
Alhoewel daar „n onontkenbare eenheid tussen die Testamente bestaan, beteken
hierdie eenheid nie identiteit nie, want waar die eenheid weer oorbeklemtoon
word, word een van die twee Testamente onnodig gemaak. In „n beskouing oor
die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament moet sowel die eenheid as die
diversiteit gehandhaaf word. Daar bestaan dus „n werklike verband, maar geen
statiese eenvormigheid nie; net soos die kind en die volwassene steeds dieselfde
mens is, maar nie dieselfde insig openbaar nie.
Die verband wat tussen Ou en Nuwe Testament bestaan, word gewoonlik
aangedui met die terme “verwagting” (of belofte) en “vervulling”; en dit in
inderdaad die enigste wetenskaplike verklaring van die verhouding, want dit is
hoe die Nuwe Testament self die verhouding karakteriseer (Matt. 5:17; Mark. 1:15;
Luk. 4:21). Die Ou Testament word in die Nuwe gesien as die voorbereiding,
terwyl die Nuwe Testament self die vervulling wil wees. Dit kom daarop neer dat
vervulling nie oorbodig making is bv. van die Wet deur die evangelie of van die
beloftes deur die werklikheid nie, maar die volmaking met „n nuwe inhoud is – die
belofte self word nou die volkome. Vervulling beteken dus wel iets nuuts, maar
iets wat direk verband het met die oue, soos die huwelik die vervulling van die
verlowing is. Vervulling is dan beide vooruitgang en oorgang. So is die Nuwe
Testament inderdaad die vervulling van die Ou Testament, want Jesus Christus
bevestig die getuienis van die Ou Testament met en verleen tegelykertyd nuwe
betekenis daaraan.
3.3. DIE PROGRESSIEWE OPENBARING VAN DIE BYBEL.
Daar is „n progressiwiteit in die Skrif en tensy die prinsiep van progressiwiteit
erken word, kan daar geen sprake van duidelike eksegese van die Skrif wees nie.
Progressiewe openbaring is die erkenning dat God se boodskap aan die mens nie
in een enkel daad gegee is nie, maar dat dit „n geleidelike reeks van
opeenvolgende handelinge van God behels en wat tot ons gekom het deur die
gedagtes en hande van baie persone met verskillende agtergrond. Die prinsiep
van progressiewe openbaring word duidelik vir ons in die Skrif self voorgehou
(Hand. 17:30; Heb. 1:1-2; Joh. 1:17). Hieromtrent skryf Terry: “With each new
series of generations some new promise is given, or some great purpose of God
is brought to light.” (6) God se waarheid was oënskynlik nie alles op een tydstip
gegee nie, en die verskillende stadiums van openbaring toon dat Hy op
verskillende maniere gewerk het op verskillende tye in die geskiedenis. Die
eksegeet moet dan noukeurig daarop let om reg te laat geskied in sy uitleg van
die Skrif.
Hierdie onderskeibare stadiums van openbaring waarin God nuwe dinge vir die
mens voorstel waarvoor die mens verantwoordelikheid moet aanvaar, noem ons
bedelings of dispensasies. „n Dispensasie uit God se oogpunt gesien is „n
ekonomie; van die mens se kant gesien is dit verantwoordelikheid; en in
verhouding tot progressiewe openbaring, is dit „n stadium in die openbaring.
“Dispensationalism, therefore recognizes both the unity of His purpose and the
diversity in the unfolding of it. Covenant theology emphasizes the unity only to
the point of forcing unwarranted, inconsistent and contradictory interpretation of
Scripture. Only dispensationalism can maintain the unity and diversity at the
same time and offer a consistent, cohesive, and complementary system of
interpretation.” (7)
3.4. DIE SELF-INTERPRETERING VAN DIE BYBEL.
Ten tye van die Reformasie het die Roomse Kerk sterk daarop aanspraak gemaak
dat hy begaaf is met die genade van interpretasie en instinkmatig die bedoelinge
van die Skrif geken het. Die Hervormers het sterk hierteen kapsie gemaak en
tereg ook die aanmatiging van die Roomse Kerk verwerp. As teenvoeter hiervoor
het die Hervormers van die standpunt uitgegaan dat die Heilige Skrif sy eie
vertolker is. Hiermee bedoel ons dat die hele Skrif „n deel van die Skrif verklaar en
dat geen deel van die Bybel so geïnterpreteer moet word dat dit die leer van die
hele Skrif skade aandoen nie.
3.5. VERWYSINGS.
1. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker Book
House, 1969), p. 40.
2. Eybers, I. H., Hermeneutiese Beginsels vir die Ou Testament in die lig van die
Verhouding Ou Testament – Nuwe Testament (Pretoria: Unisa, 1963), p.7.
3. Berkhof, L., op. cit, p.55.
4. Ibid, p.53.
5. Thomas, W. H. G., How We Got Our Bible (Chicago: Moody Press, 1926), p.68.
6. Terry, M. S., Biblical Hermeneutics (Grand Rapids: Zondervan Publishing
House, g.d.), p.568.
7. Ryrie, C. C., Dispensationalism Today (Chicago: Moody Press, 1975), p.36.
4. DIE VERKLARING VAN STYLFIGURE.
Dit word van die student verwag dat hy „n deeglike kennis van die verskillende
stylfigure en die gebruik van figuurlike taal in die Bybel sal hê, indien hy as
eksegeet „n eerlike en korrekte uitleg van die betrokke Skrifgedeelte waar dit
voorkom, wil gee.
4.1. DIE FABEL.
• ·Definisie.
„n Fabel is „n storie waarin die natuur en die dier met rede toebedeel word en
maak dat dit praat en handel in teenstelling met die aard van hulle wese.
Byvoorbeeld Aesopus se fabels – Die haas en die Skilpad.
• Die Aard van Fabels
Die aard van „n fabel is drievoudig:
o - Dit behels „n element van onwerklikheid;
o - Dit het ten doel „n sedelike les;
o - Die waarheid wat bedoel word is maklik waarneembaar.
Die Gees van Fabels
Die gees waarin „n fabel geskryf word is gewoonlik ironies en sarkasties.
Die Doel van Fabels
Die doel van fabels is om die onsedelikheid en dwaasheid van die mens
bloot te lê.
Bybelse Fabels
Rigters 9:7-15; 2 Kon. 14:9,10; fabels, bv. Spr. 6:6; 30:15. 2 Kron. 25:18.
Baie spreuke is maar net kort fabels.
Die Interpretasie van Fabels
Die verklaring van fabels vereis geen besonderse reëls van interpretasie
nie, omdat dit gewoonlik selfverklarend is.
Daar moet egter gewaak word dat die detail van „n fabel nie te ver gerek
word nie. Die hooftrekke van „n fabel word alleen bedoel om die
veronderstelde sedeles in te prent.
4.2. DIE ENIGMA.
Die woord kom net eenmaal in die Bybel voor en wel in 1 Kor. 13:12, waar dit
as “raaisel” vertaal word in die Afrikaanse Bybel.
• Definisie.
In die gebruik is „n enigma dieselfde as „n raaisel, maar „n raaisel (riddle)
verwys altyd na aardse dinge, terwyl „n enigma na hemelse dinge verwys.
• Bybelse Enigmas.
Joh. 2:19; 18:36; 21:18.
• Enigmatiese Passasies.
Joh. 3:1-13; 4:10-15; 32-38. In Eseg. 17:1-10 het ons beide „n fabel sowel as
„n enigma.
4.3. DIE METAFOOR.
Die woord “metafoor” kom van “meta” (oor), en “pharo” (om te dra), met ander
woorde, “om oor te dra.” Ons kan dus „n metafoor soos volg definieer: ‟n
Metafoor is „n beeldspraak waardeur „n woord wat op „n spesifieke objek wys,
verplaas word tot „n ander, en wel op so „n manier dat „n vergelyking geïmpliseer
word. Berkhof gee die volgende definisie: “It is a figure of speech in which one
object is likened to another by asserting it to be that other, or by speaking of it as
if it were that other.”(1) Byvoorbeeld as ek sou sê: Die man is „n jakkals of Jan is
„n pampoen, dan is dit „n metafoor. Sou ek egter sê: Die man is soos „n jakkals, is
dit „n vergelyking (Eng. “simile”). In „n vergelyking word die twee onderwerpe
“man” en “jakkals” duidelik onderskei in die uitdrukking sowel as in die gedagte.
In „n metafoor word hulle duidelik onderskei in die gedagte, maar nie in die
uitdrukking nie. Die volgende Bybelse beeldsprake is voorbeelde van „n metafoor:
“Gaan vertel daardie jakkals” (Luk. 13:32); “Breek hierdie tempel af” (Joh. 2:19);
“Dit is my liggaam” (1 Kor. 11:24); “Ek is die deur” (Joh. 10:9); “Ek is die ware
wynstok” (Joh. 15:1). Dit dien op gelet te word dat daar twee soorte metafore in
die Bybel voorkom wat na God verwys en wat ons spesiale aandag moet geniet:
(a) Daar is die antropopatismes wat menslike emosies, drange en begeertes
aan God toeskryf (Gen. 6:6; Deut. 13:17; Efes. 4:30).
(b) Dan is daar die antropomorfismes wat liggaamlike ledemate en fisiese
aktiwiteite aan God toeskryf (Ex. 15:16; Klaagl. 3:56; Sag. 14:4; Jak. 5:4).
4.4. DIE TIPE.
Die woord “tipe” kom van die Griekse woord “tupos” wat herlei word van die
werkwoord “tupto”, wat letterlik beteken „n merk of impressie wat deur ‟n harde
hou gemaak is (Joh. 20:25). „n Tipe is dus „n afbeelding van iets anders en skadu
altyd „n toekomstige werklikheid af. So was die Tabernakel se patroon en ontwerp
„n afbeeldsel en skaduwee van die ware Tabernakel in die hemel (Heb. 8:51). Net
so is Adam „n voorbeeld of tipe van Christus (die tweede Adam) wat sou kom
(Rom. 5:14).
4.4.1. Karaktertrekke van „n Tipe.
Daar is basies drie karaktertrekke wat ons aan „n tipe toeskryf:
• Daar moet „n merkbare punt of punte van ooreenkoms en oorstemming
wees tussen die tipe en die anti-tipe. Watter verskille daar ook al mag wees,
die tipe moet altyd „n ware en juiste prent van die anti-tipe in ‟n sekere
besonderse punt wees.
• Meer as net ooreenkoms is nodig om iets as „n tipe te konstitueer. Daar
moet bewys wees dat die tipe Goddelik bestem en bedoel is om die
persoon of ding te tipeer. Toevallige ooreenstemmings tussen „n Ou en
Nuwe-Testamentiese persone of gebeurlikheid maak nie die een „n tipe van
die ander nie. Daar moet Skriftuurlike bewyse wees dat dit deur God so
bedoel word (Heb. 7:1-3).
• ·Die tipe moet altyd iets in die toekoms afskadu. Dit is hierdie eienskap wat
aan „n tipe profetiese karakter gee en wat dit skaduwees maak van die
dinge wat nog gaan gebeur (Kol. 2:17; Heb. 10:1).
4.4.2. Klassifisering van Tipes.
Tipes word in vyf klasse gegroepeer:
• Tipiese persone.
Persone kan tipes wees, nie sodanig as persone nie, maar vanweë sekere
karaktertrekke of verhoudings wat hulle in die geskiedenis van verlossing
handhaaf. Byvoorbeeld, Adam, die Hoof van die menseras, tipeer Christus
as die Hoof van „n nuwe ras; Melgisédek se priesterskap wys op Christus
se ewige priesterskap; Josef se lyding en triomf is „n mooi afskaduwing
van Christus se lyding en oorwinning oor die sonde en die dood; Joshua
se inlei van die volk in die beloofde land, spreek van Jesus se inlei van die
sondaarmens in die ewige rus.
• Tipiese instellings
Hier dink ons aan die Levitiese offer stelsel wat „n duidelike afbeelding van
Christus se versoeningswerk aan die kruis is; die Sabbat spreek van die
gelowige se rus; die pasga-lam wys na Christus as die Lam van God; die
Huttefees wys vorentoe na die duisendjarige vrederyk.
• Tipiese ampte
Die Ou Testamentiese profeet, priester en koning is tipes van Christus as
Priester, Profeet en Koning (Deut. 18:15; Heb. 4:14; 9:12; 7:2).
• Tipiese gebeure
Gebeure soos die sondvloed, die Exodus uit Egipte, die woestyn
omswerwinge, die rots wat Moses geslaan het, die koperslang in die
woestyn, is almal gebeure wat Nuwe Testamentiese waarhede tipeer.
• Tipiese handelinge
Soos byvoorbeeld, Jeremia wat sy gordel by die Eufraatrivier versteek het
(Jer. 13:1-11). Hy gaan na die pottebakker se huis (Jer. 18:1-6). Die juk wat
hy op sy nek geplaas het (Jer. 27:1-14). Hierdie tipes neem ook die karakter
van simbole aan en mag as simbool-tipes beskryf word.
4.4.3. Verklaring van Tipes.
Die prinsiepe wat gevolg moet word om tipes te interpreteer is soortgelyk aan
die wat ons gebruik om simbole en gelykenisse te verklaar.
• Die uitlêer van die Skrif moet waak dat hy nie iets wat in sigself sondig is
as „n tipe van goed en rein sien nie. Daar moet altyd „n kongruensie wees.
„n Aasvoël byvoorbeeld, kan nooit „n tipe van die Heilige Gees wees nie,
maar „n duif kan wel.
• Vir die juiste waarheid van tipes wat in die Ou Testament voorgehou word,
moet die eksegeet na die Nuwe Testament gaan vir „n ware insig en begrip
van die waarheid wat getipeer word. Met ander woorde, tipes kan alleen
verstaan en geïnterpreteer word in die lig van die anti-tipe. Let byvoorbeeld
op hoeveel bykomende lig werp die Sendbrief aan die Hebreërs nie net op
die waarhede vervat in die Tabernakel en sy ameublement nie. Vergelyk
ook Num. 21:4-9 met Joh. 3:14,15.
• Dit is nodig asook van belang om op die verskille tussen die tipe en die
anti-tipe te let. Hier verwys ons byvoorbeeld na Moses en Christus (Heb.
3:1-6); Adam en Christus (Rom. 5:12-21). Ons kan dit dan so stel dat die
tipe „n waarheid op „n laer vlak verteenwoordig, terwyl die anti-tipe
waarheid op „n hoër stadium verteenwoordig. Ten opsigte van die feit skryf
Berkhof: “To pass from the type to the antitype is to ascend from that in
which the carnal preponderates to that which is purely spiritual, from the
external to the internal, from the present to the future, from the earthly to
the heavenly.” (2) Op hierdie basis gesien vat die Roomse Kerk mis as
hulle die Ou-Testamentiese offers in hulle mis tot vervulling wil bring; dit is
in Christus volbring! So is hulle ook verkeerd om die anti-tipe van die
Ou-Testamentiese hoëpriesterskap in hulle pous te laat kulmineer. Dit is in
Christus gerealiseer!
4.5. DIE SIMBOOL.
Alhoewel beide „n tipe sowel as „n simbool op iets anders as wat dit self is wys, is
daar tog sekere punte van onderskeid:
• Soos „n tipe „n beeld (image) van iets anders is, so is „n simbool „n teken
(sign) van iets anders.
• Tipe is „n feit wat „n sedelike waarheid leer en „n werklike realisering van
daardie waarheid voorspel. Met ander woorde, „n tipe is ‟n
voorafskaduwing van „n toekomstige werklikheid. „n Simbool daarenteen is
„n feit wat „n tydlose sedelike waarheid leer en verteenwoordig dus iets wat
verlede, teenwoordig en toekomend is.
• Tipe word uitsluitlik aangewend in die sfeer van die godsdiens, terwyl ‟n
simbool gebruik word in beide die gebied van die godsdiens en die
samelewing. Byvoorbeeld, Melgisédek is „n tipe of „n beeld van Christus
(Heb. 7), maar van die eeue outyd af is die olyf takkie die simbool of teken
van vrede.
4.5.1. Die Verklaring van Simbole.
• Die name van simbole moet letterlik verstaan word – brood en wyn beteken
niks anders as brood en wyn nie.
• ‟n Simbool wys altyd op iets anders as wat dit self is – brood en wyn wys
op die liggaam en bloed van Christus.
• Die ooreenkoms, klein of groot, tussen die simbool en dit wat
gesimboliseer word, kan altyd Bybels verantwoord word (Matt. 26:26-29).
4.5.2. Die Klassifisering van Simbole.
Breed gesproke word Bybelse simbole in drie kategorieë gegroepeer, naamlik die
bonatuurlike soos die brandende bos (Ex. 3:2) en die voeding van die 5000 (Joh.
6:1-13); die natuurlike soos die bloed van die Ou-Testamentiese offers en die
brood en die wyn van die Nagmaal; die visioenêre soos die van Johannes in
Openbaring.
Ons kan ook Bybelse simbole in meer besonderse klasse indeel:
• Die Tabernakel.
Die Tabernakel met sy wonderlike konstruksie, struktuur en seremonies,
was „n baie mooi simbool eerstens van Christus, dan van die Kerk en die
gelowige in Christus.
• Name.
o Sodom en Egipte (Open. 1:8).
o Babilon en Jerusalem (Open. 14:8; 21:9,10)
o Dawid en Elia (Eseg. 34:23,24; Mal. 4:5; Matt. 11:14; 17:10-13).
o Leviatan, die slang (Jes. 27:1).
• Kleure.
o Blou (Ex. 28:31) – hemels, heilig en goddelik.
o Purper en skarlaken (Ex. 26:1) – Koninklik en majesteit.
o Wit (Ex. 26:1) – reinheid en geregtigheid.
o Swart en rooi (Jer. 14:2; Open. 6:5,6; Jes. 9:5) – boosheid en oorlog.
• Algemeen .
o Blindheid – onkunde en vooroordeel.
o Kandelaar – Kerk.
o Kroon – oorwinning en beloning.
o Beker – lot en destinasie.
o Duisternis – ellende en wanhoop.
o Deur – geleentheid en diens.
o Gordel – krag.
o Honger en dors – onversadigde begeerte.
o Reukwerk – lof en gebed.
o Sleutels – gesag en kennis.
o Psalm – oorwinning.
o Rots – waarheid en toevlug.
o Straf – regering en korreksie.
o Sout – goeie invloed.
o Horing – sterkte.
o Juk- dwang en swaar werk.
4.6. DIE ALLEGORIE.
‟n Allegorie (van die Grieks “allos” en “agoreno” wat beteken om anders te noem)
is „n vertelling waarvan die betekenis iets anders voorstel as wat die woorde ons
meedeel. Met ander woorde, dit sê een ding, maar bedoel „n ander. Ten opsigte
van „n metafoor is „n allegorie bloot „n verlengde metafoor (Ps. 80:9-16; Jes.
5:1-7). John Bunyan se “Pelgrim se Reis na die Ewigheid” is ‟n goeie voorbeeld
van allegorie.
Die Verskil tussen „n Allegorie en „n Gelykenis
Beide word aangewend om „n geestelike waarheid te leer.
• Gelykenis is beperk tot werklike en moontlike voorvalle en gebeurtenisse in
die sfeer van die lewe; terwyl „n allegorie soms die sfeer van die lewelose
insluit.
• Die persone in „n gelykenis is verteenwoordigend; terwyl dié van ‟n
allegorie simbolies is. Dit wil sê, nie persone nie, maar eienskappe van
karakter.
• Die betekenis van „n gelykenis moet nie gesoek word in die beeldspraak
van die verhaal nie; terwyl die betekenis van „n allegorie wel te kenne
gegee en geïmpliseer word in die beeldspraak.
Die Verklaring van „n Allegorie
Die interpretasie van „n allegorie is in prinsiep dieselfde as die van ‟n gelykenis,
behalwe dat in „n allegorie die beeldspraak en die geestelike betekenis so
ineensmelt dat die geestelike betekenis gesoek moet word in die figuurlike
betekenis van die taal.
Bybelse Allegorie .
• Die Here as ons Herder – Ps. 23
• Die wingerdstok uit Egipte – Ps. 80:9-16.
• Die Here se wingerd – Jes. 5:1-7.
• Die Ouderdom – Pred. 12:17.
• Die leeu se welpies – Eseg. 19:1-9.
• Die Goeie Herder – Joh. 10:1-18.
• Die wynstok en die landbouer – Joh. 15:1-16.
• Die ou en die nuwe verbonde – Gal. 4:21-31.
• Die gelowige se wapenrusting – Efes. 6:10-17.
4.7. DIE HIPERBOOL.
‟n Hiperbool is „n stylfiguur wat baie meer of baie minder sê as die waarheid. Dit
is om iets in die oordrywende of versterkte vorm te sê. Byvoorbeeld, “Julle wat
die muggie uitsif, maar die kameel insluk” (Matt. 23:23).
4.8. DIE IRONIE.
Ironie is „n subtiele vorm van sarkasme, waarin skynbare lof of werklike afkeuring
meegedeel word. Voorbeelde hiervan lees ons in 1 Kor. 4:8-10 en 2 Kor. 11:16-20.
4.9. DIE SINEKDOGEE.
Die stylfiguur beteken om „n deel vir „n geheel te sê. Byvoorbeeld in Luk. 2:1. Die
begrip hier van “hele wêreld” beteken net die omvang van die Romeinse Ryk of
wêreld en nie die ganse aarde nie. Dieselfde geld ook vir Open. 13:3, 7, want ons
weet uit die uitsprake van die Skrif dat die Antichris nét oor die herleefde 10
koninkryke van die Romeinse ryk sal regeer.
4.10. DIE PERSONIFIKASIE.
Personifikasie is wanneer lewelose dinge as lewendig gesien word. „n Mooi
voorbeeld hiervan vind ons in Gen. 4:10: “Die stem van die bloed van jou broer
roep na My van die aarde af.”
4.11. DIE PARADOKS.
Hiermee word eenvoudig „n skynbare weerspreking bedoel. Ons vind „n aantal
hiervan in 2 Kor. 6:8-10.
4.12. VERWYSINGS.
1. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker Book
House, 1969), p.83.
2. Ibid, p.147.
5. DIE INTERPRETASIE VAN GELYKENISSE.
Die gemiddelde gelowige is die mening toegedaan dat gelykenisse nie van veel
belang is nie. Ons hoor dat dit dikwels gesê word dat dit maar net „n gelykenis is,
net asof gelykenisse wegdoen met die waarheid in stede van om dit te leer.
5.1. DIE AARD VAN GELYKENISSE.
„n Gelykenis (van die Griekse werkwoord “paraballo”, wat beteken om langs
mekaar te sit met die doel om te vergelyk) is „n verhaal waarin „n vergelyking
gemaak word tussen sekere sedelike, geestelike en letterlike waarheid aan die
een kant en sekere algemene gebeure aan die ander kant. Anders gestel: “It is a
story or comparison taken from real life and from nature to illustrate some truth
in another form than the literal statement of the truth.”(1) Die werklike aard van „n
gelykenis is dat dit tot die sfeer van die werklike beperk word. Die verhaal moet
getrou wees aan die feite en ondervindinge van menslike lewe wat ware
illustrasies en vergelykings maak van die gedagtes wat oorgedra word. Die
gelykenis is sigself is nie die voorgenome waarheid nie, maar „n blote illustrasie
daarvan. Die gelykenis of illustrasie is een ding en die waarheid wat daardeur
geïllustreer word, is „n ander ding. Wanneer „‟n gelykenis sy doel gedien het, om
die waarheid geïllustreerd duidelik te maak, het dit geen verdere gebruik in die
onderrig van leerstelling nie.
5.2. DIE DOEL VAN GELYKENISSE.
Die doel van gelykenisse is viervoudig van aard:
• Om sedelike en geestelike waarhede in „n aantreklike vorm aan te bied.
• Om belangstelling by die hoorders te wek (Matt. 13:10-17, 35; 2 Sam.
12:1-14).
• Om te bestraf sonder om te krenk of te grief (2 Sam. 12:1-14; Luk. 7:36- 50).
• Om waarheid aan die ernstige luisteraar oor te dra en om dit te weerhou
van onverskillige hoorders en om die karakter en gesindheid van die
luisteraars te toets (Matt. 13:10-17; 34, 35).
5.3. DIE ELEMENTE VAN GELYKENISSE.
‟n Gelykenis behels drie elemente of aspekte, naamlik:
• Daar is die geleentheid toe dit uitgespreek is. Met ander woorde, dit wat
aanleiding tot die vertel van die gelykenis gegee het.
• Dan is daar die vergelyking wat gebruik word. Dit wil sê die onderskeid
tussen die illustrasie en dit wat geïllustreer word.
• Die derde aspek waarop gelet moet word is die sedelike of geestelike les
wat dit oordra.
5.4. DIE INTERPRETASIE VAN GELYKENISSE.
Om „n gelykenis te verklaar, is daar sekere faktore wat die eksegeet in ag moet
neem:
• Let op die historiese agtergrond van die gelykenis, soos byvoorbeeld, wie
die vraag gevra het wat aanleiding tot die verhaal van die gelykenis gegee
het; wat die vraag is; en waarom die vraag gestel is. Of watter gebeurtenis
het aanleiding gegee tot die vertelling van die gelykenis.
• Neem die illustrasie self in ag en definieer die letterlike betekenis van die
belangrike woorde.
• Bepaal die hoof gedagte of waarheid, dit wil sê die sedelike en geestelike
les wat die gelykenis wil illustreer. So lank as wat die eksegeet dit nog nie
bepaal het nie, kan hy nie hoop om die gelykenis te verklaar nie. Elke
gelykenis sê Jülicher, “teaches one central point, all elements of a parable
being secondary and subordinate to that one point”.(2) Derhalwe moet
detail nie onnodiglik beklemtoon en vergeestelik word nie.
• Uit die voorafgaande feit is dit dan duidelik dat leerstelling nie uit die detail
van die gelykenis geformuleer moet word nie. Besonderhede is alleen
nodig om die verhaal saam te stel, sodat dit „n spesifieke gedagte kan
oordra.
• Die sentrale boodskap van „n gelykenis word altyd duidelik vir ons gestel
in:
o Die begin of inleiding tot die gelykenis (Luk. 18:9, 11:11).
o Die slot van die gelykenis (Matt. 25:13; Luk. 16:9).
o Beide die inleiding en die slot (Matt. 18:21-35; 20:1-16; Luk. 12:15-21).
o Parallelle gedeeltes (Luk. 15:3-7 met Matt. 18:11-14).
o Die algemene omvang of konteks (Luk. 15:3-7 met Matt. 18:11-14).
6. DIE INTERPRETASIE VAN PROFESIEË.
Die verklaring van Bybelse profesie vra om „n spesifieke soort Bybelse
interpretasie. Dit is gedeeltelik vanweë die aard van die profesie as sodanig en
deels as gevolg van die vorm waarin dit soms gegee word. Daarom moet ons,
voor ons na die Hermeneutiek van die profesieë kyk, eers sekere algemene
waarnemings aangaande die aard en vorm van die profetiese taal maak.
6.1. DEFINISIE VAN PROFESIE.
Louis Berkhof definieer profesie soos volg: “Prophecy may simply be defined as
the proclamation of that which God revealed.”(3) Die profeet ontvang spesiale
openbarings van God deur middel van drome, gesigte, innerlike ingewings en
mondelinge kommunikasie, en op hulle beurt dra hulle dit weer mondelings of
deur simboliese aksies aan die volk of persoon oor.
6.2. DIE AARD VAN PROFESIEË.
Daar is etlike elemente in profesieë wat in ag geneem moet word voordat „n
poging aangewend word om dit te verklaar.
Profesie is nou verwant aan Geskiedenis.
Om profesie te verstaan, moet dit gesien word teen sy historiese
agtergrond. Die profete van ouds se profesieë was ten eerste ‟n boodskap
vir hulle tydgenote. Daarom is dit foutief om die profete as abstrakte
persoonlikhede te sien wat geen kontak met hulle kontemporêre
samelewing het nie.
Profesie het sy eie besonderse perspektief.
Die profeet sien soms verskillende dinge gelyktydig en tesame as een
gebeurtenis wat in werklikheid ver uitmekaar in vervulling gaan. Profesieë
van dié aard noem ons “die Profetiese perspektief” of die “wet van dubbele
verwysing.” Dit was so omdat die profeet eerstens „n boodskap vir sy eie
dag gehad het, sowel as vir die toekoms.
Profesie is dikwels voorwaardelik.
Hiermee bedoel ons dat hulle vervulling in baie gevalle afhang van die
etiese voorwaardelike optrede van mense. Dit moet in gedagte gehou word
dat „n profesie voorwaardelik kan wees, alhoewel die voorwaardes nie
noodwendig genoem word nie (Jer. 26:17-19; 1 Kon. 21:29; Jona 3:4, 10).
Dit sê vir ons dat sulke profesieë noodwendig alleen na die nabye toekoms
kan verwys. Kan ons nou sê dat alle profesieë voorwaardelik is?Beslis nie.
Daar is sekere dinge wat die Here gesweer het en wat Hom nie sal berou
nie (Ps. 110:4). In hierdie verband skryf Girdlestone: “These irreversible
promises do not depend on man‟s goodness, but one God‟s. They are
absolute in their fulfillment, even though they may be conditional as to the
time and place of their fulfillment „n ..”(4) Ons kan dus sê dat ‟n profesie
wat van die menslike bewerking afhang, voorwaardelik magwees, tensy dit
uitdruklik so gestel word.
Profesieë word simbolies uitgedruk, maar letterlik vertolk.
Alhoewel die profete hulle baie maal simbolies uitdruk, is dit verkeerd om
te aanvaar dat hulle taal regdeur simbolies vertolk moet word. Wanneer
Joël dan praat van sprinkane, dan bedoel hy letterlik sprinkane en nie
mense nie (Joël 2:25). Wanneer hy sê dat “die son sal verander word in
duisternis en die maan in bloed” (Joël 2:31), dan bedoel hy die letterlike
son en maan. Dus, wanneer die profete hulle wel simbolies uitspreek, sal
die konteks ons dit sê (Dan. 8 en Open. 17). As „n reël dan moet die taal van
die profete letterlik verstaan word. Die uitsonderings op die reël moet deur
die Skrif self bevestig word.
Profesieë word deur simboliese aksies meegedeel.
Die profeet Jesaja het drie jaar lank kaalvoet deur die strate van Jerusalem
geloop as ‟n sinnebeeld van Egipte en Kus se ballingskap deur die
Assiriërs (Jes. 20). Jeremia het sy linnegordel by die Eufraatrivier in ‟n klip
skeur versteek as „n beeld van die volk se afvalligheid van God en die Here
se verwerping van Israel (Jer. 13). Esegiël het 390 dae op sy linkersy en 40
dae op sy regtersy gelê en simbolies die volk se ongeregtigheid so gedra
(Es. 4:5,6). Die profeet Hosea trou met „n straatvrou om Israel se
afvalligheid en ontrou aan die Here uit te beeld (Hos. 1).
6.3. DIE INTERPRETASIE VAN PROFESIEË.
Op grond van die bogenoemde aard en karakter van profesieë, kan ons die
volgende paar reëls van interpretasie byvoeg.
• Die woorde van die profete moet altyd in hulle gewone letterlike sin
geneem word, tensy die konteks of die manier hoe dit in vervulling gaan,
dit duidelik as simbolies verklaar. „n Letterlike interpretasie aanvaar die
beelde van figuurlike taal as beelde. Byvoorbeeld “die son sal verander
word in duisternis en die maan in bloed „n ..” (Joël 2:31). Letterlik verklaar,
beteken dit dat die son sy glans sal verloor en dat die maan se kleur na „n
bloedrooi kleur sal verander. Dit beteken hoegenaamd nie dat die maan
werklik in bloed sal verander nie. So bedoel die Here ook nie met die
woorde in Jer. 1:18 dat Jeremia werklik “‟n versterkte stad en ‟n yster pilaar
en koper mure” word nie. Die letterlike interpretasie beteken bloot die
begrip waartoe enige normale intelligente persoon kom as hy die woorde
van die profeet lees. Met ander woorde, die uitlêer moet hom ten doel stel
om die fundamentele betekenis te ontdek.”
• In die interpretasie van die profeet se simboliese aksies, moet die eksegeet
van die standpunt uitgaan dat die aksies werklik was. Sommige
kommentators wil dit as aksies in „n visioen sien. Sulke interpretasies doen
beslis die Skrif skade aan.
• Sommige van die meer belangrike profesieë word progressief vervul. Elke
vervulling is die belofte en waarborg van dit wat nog moet vervul word. „n
Voorbeeld hiervan vind ons in Joël (2:28-32) se profesie. Dit is duidelik dat
as ons Joël se profesie met die vervulling daarvan in Hand. 2 vergelyk, ons
tot die slotsom kom dat dit nie volkome in vervulling gegaan het nie, maar
net gedeeltelik vervul is. Die gedeeltelike vervulling is die waarborg en
belofte dat die res van die profesie in die toekoms nog in vervulling sal
gaan.
• In baie gevalle het ons profesieë waar die Here meer bedoel in die profesie
as wat die profeet self met sy profesie bedoel. Hierdie dieper of voller
betekenis van die profesie noem ons die sensus plenior van die profesie.
Hierdie voller betekenis kom by „n latere stadium en geleentheid, in die lig
van verdere openbarings, tot sy reg en volle betekenis. „n Voorbeeld
hiervan vind ons in Gen. 3:15. Hier spreek die Here in die eerste plek die
slang aan wat Eva verlei het, maar in sy dieper en voller betekenis gaan dit
om „n profesie aangaande Christus as Verlosser. Vele kere wanneer die
profeet van Dawid en sy seun spreek, gaan dit dieper as die twee historiese
persone en wys dit op Christus.
6.4. VERWYSINGS.
1. Dake, F. J., God‟s Plan for Man (Atlanta: Bible Research Foundation, 1949),
p.561.
2. Turnbill, R., Baker‟s Dictionary of Practical Theology (London: Marshall,
Morgan & Scott, 1968), p.108.
3. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker Book
House, 1969) p. 148.
4. Girdlestone, R. B., The Grammar of Prophecy (London: Eyre and Spottiswoode,
1901), p.28.
7. SKOLE VAN BYBELSE INTERPRETASIE.
‟n Historiese oorsig van die onderwerp toon dat daar baie verskillende skole van
Bybelse interpretasie was. Ons behandel hier net „n paar van die belangrikstes.
7.1. DIE JOODSE SKOLE.
Dit word algemeen deur die studente van die geskiedenis van die
hermeneutiek aanvaar dat die interpretasie van die Skrif sy vertrekpunt by Esra
gehad het (Neh. 8:1-8), na die terugkeer van die Jode uit die Babiloniese
ballingskap. Uitleg van die Skrif was in die eerste plek nodig, vanweë die lang
periode in Israel se geskiedenis waarin die Mosiaanse Wet verwaarloos en
vergete was en in onbruik verval het. Dit was verder nodig omdat die Jode in
ballingskap hul moedertaal met Aramees vervang het. Met hul terugkeer na hul
vaderland kon hulle nie hul wette verstaan nie. Daarom was dit vir Esra nodig
om die wette aan die volk te verduidelik en uit te lê. In hierdie bespreking kyk
ons na die prinsiepe wat die Jode van ouds toegepas het in die verklaring van
die Skrif. Die volgende Joodse skole moet onderskei word.
7.1.1. Die Palestynse Jode.
Hulle hoë agting vir die Skrif as die onfeilbare Woord van God, het gemaak dat
hulle selfs die letters getel het wanneer hulle afskrifte gemaak het, om seker te
maak dat hulle nie miskien „n letter uitgelaat het nie. Ten spyte van dit het hulle
die Wet hoër geag as die Profete en die Geskrifte. Hulle het noukeurig onderskeid
gemaak tussen die letterlike sin van die Skrif (“pesha”) en die eksegese daarvan
(“midrash”). Die uitstaande karaktertrek van die “midrash” was dan ook om deur
elke eksegetiese middel beskikbaar, die geheime betekenisse en toepassings van
die Skrif bloot te lê. Die “midrash” was hoofsaaklik in twee groepe vir die nodige
eksegese ingedeel:
• Interpretasies van „n wettiese aard wat gehandel het oor sake van die
bindende wet. Die verklaring van die wettiese aspek het die “Halakhah”
geheet.
• Dan was daar interpretasies wat meer vry van aard was en wat gegaan het
oor die behandeling van die nie-wettiese gedeeltes van die Skrif en dit was
genoem die “Haggadah”.
Ten opsigte van die bogenoemde metode van Skrifuitleg skryf Berkhof: “One of
the great weaknesses of the interpretation of the Scribes is due to the fact that it
exalted the Oral Law, which is, in the last analysis, identical with the inferences of
the rabbis, as a necessary support of the Written Law, and finally used it as a
means to set the Written law aside. This gave rise to all manner of arbitrary
interpretations. Notice the verdict of Christ in Mark. 7:13.”(1)
7.1.2. Die Alexandrynse Jode.
In Alexandrië, Egipte, omtrent 200 jaar voor Christus, het die Allegoriese metode
van Skrif interpretasie sy oorsprong gekry. Die Jood Philo was die meester van
hierdie manier van Skrifuitleg onder die Jode. Hy het die letterlike metode van
uitleg as „n konsessie vir die eenvoudiges en ongeletterdes beskou. Vir hom en
die ander geleerdes was die letterlike metode van uitleg net die simbool van
dieper dinge. Alleen die verborge en mistiese betekenis van die Skrif was vir hom
van ware betekenis. Die gevolg hiervan was dat selfs in eenvoudige historiese
verklarings daar gesoek was na verborge betekenisse. Hierdie metode het die
weg vir allerhande verkeerde soorte van vertolkings gebaan.
7.1.3. Die Karaites.
Die Karaites was „n Joodse sekte wat deur Aanan ben David in die jaar 800 n.C.
tot stand gebring is. Hulle het as die “Seuns wat lees” (Sons of reading) bekend
gestaan. Hulle was so genoem omdat hulle die Rabbynse interpretasies en
tradisies verwerp het deur „n nuwe en noukeurige studie van Skrifte te maak. Om
hulle teen te staan het die Rabbi‟s „n soortgelyke studie onderneem, waarvan die
eindresultaat die welbekende Masoretiese Teks van die 10de eeu is. Dit is die mss
waarvan ons vandag ons Ou Testament van vertaal. Die Karaites se eksegese as
„n geheel was dan ook baie meer betroubaar as die van die Palestynse en
Alexandrynse Jode.
7.1.4. Die Kabbaliste.
Dié 12de eeu Joodse beweging het elke passasie as simbolies gesien en daarby
veel betekenis aan getalle geheg. Hulle het van die standpunt uitgegaan dat elke
letter in die Hebreeuse massora „n getalwaarde het. Dit het gemaak dat baie
eienaardige leerstellings die gevolg was. Byvoorbeeld die naam “Ketura” (Gen.
25:1) beteken in Hebreeus “soet geur.” Abraham, so lees ons in Gen. 25:1, het
met Ketura getrou, maar dit word uitgelê om te meen dat Abraham met „n “heilige
lewe” getroud was.
7.2. DIE ALEXANDRYNSE SKOOL.
Aan die begin van die 3de eeu n.C. was die Bybelse uitleg geweldig sterk deur die
Alexandrynse skool van interpretasie beïnvloed. Die twee groot Kerkvaders wat
dié metode voorgestaan en gepropageer het, was Clemens en Origenes. Beide
van hulle het die Bybel as die geïnspireerde Woord van God aanvaar en die
gedagte gehuldig dat spesiale reëls toegepas moes word om die Goddelike
meedeling te interpreteer. Hulle was beide die gedagte toegedaan dat die
allegoriese uitleg alleen tot die ware betekenis van die Skrif kan bydra.
7.3. DIE REFORMASIE-TYDPERK.
Die essensiële karakter en aard van die reformasie periode se eksegese het
voortgevloei uit twee fundamentele beginsels:
• Dat die Skrif sy eie verklaarder is.
• Dat alle begrip en uitleg van die Skrif in ooreenkoms sal wees met die
analogie van die geloof. Met ander woorde, vir hulle was die
ooreenstemming van geloof die eenvoudige lering van die Skrifte.
7.4. DIE PIËTISTE.
Die Piëtiste van Duitsland en die Kwakers van Engeland en Amerika was van die
oortuiging dat die salwing van die Heilige Gees (1 Joh. 2:20) of die “Innerlike Lig”,
genoegsaam is om hulle in al die waarheid te lei. Gevolglik het hulle die reëls van
grammatika verontagsaam en die betekenis en gebruik van woorde oorboord
gegooi. As ‟n metode van uitleg is dit wetteloos en onredelik. Soos dan ook
verwag kan word, is daar geen ooreenstemming tussen die aanhangers van die
sisteem nie. Dié metode van Skrifuitleg was so uiteenlopend van aard dat dit baie
keer hopeloos onversoenbaar was.
7.5. DIE RASIONALISTE.
Onder die hoof behandel ons net die drie vernaamste skole van Skrifuitleg.
7.5.1. Die Geleentheid-teorie (Accommodation Theory).
Semier, die Duitse Rasionalis het die siening voorgehou dat die bonatuurlike
element in die Bybelse wonderwerke, die opstanding en so meer as „n
lewensomstandighede van die bygelowige neigings, godsdiens vooroordeel en
uiterste onkunde van die tyd, gesien moet word. Met die teorie het hy dan ook in
„n mate daarin geslaag om die bonatuurlike element in die Skrif te elimineer en
ook om die geloofwaardigheid en eer van die Bybelskrywers asook dié van
Christus te bevraagteken en onder verdenking te plaas.
7.5.2. Die Naturalistiese Teorie.
Nog „n Duitse rasionalis, genaamd Paulus, het „n teorie gehuldig dat ons vry is
om die Skrif volgens ons eie goed denke te interpreteer. Sy idee het ten gevolg
gehad dat hy alle bonatuurlike bemiddeling verwerp het, en al die wonderwerke
van Christus as blote tentoonstellings van mediese bekwaamheid weg te praat.
Hy gee byvoorbeeld voor dat Jaïrus se dogtertjie nie werklik dood was nie, maar
in „n beswyming of floute verkeer het, waaruit Hy haar net wakker gemaak het.
Volgens hom was Jesus ook „n hipnotis. Jesus het nie werklik op die water
geloop nie, maar wel op die strand, maar het dit so laat lyk van waar die dissipels
in die boot was. Hierdie metode van uitleg doen nie alleen die taal oneer aan nie,
maar maak „n bespotting van die Bybel as die Woord van God.
7.5.3. Die Mistiese Teorie.
Die mistiese siening of teorie was deur George Strauss ontwikkel, wie se boek
“Lewe van Christus” in 1835 „n opskudding in die godsdiens wêreld veroorsaak
het. Hy was van oordeel dat die dissipels ná Jesus se dood, met vroom motiewe
Sy naam en bediening beklee het met mistiese legendes waarvan ons vandag die
feite moet losmaak en skei. Die verhaal van die wyse manne sou dan uit Bileam
se profesie kom (Num. 24:17). Die ombring van die kindertjies deur Herodus is
ontwikkel uit Farao se opdrag om al die Joodse seuntjies om die lewe te bring.
OPSOMMING.
Ons studie van die belangrikste valse metodes van Bybelse interpretasie toon
dat dit hoofsaaklik die gevolg is van twee oorsake:
• „n Minagting van die Heilige Skrif deur pogings aan te wend om verborge en
obskure betekenisse in elke woord en letter te soek. Die tendens het tot „n
Bybelse afgodery gelei.
• „n Positiewe vyandigheid teenoor die Heilige Skrif, met die gevolg dat ‟n
vergeefse poging aangewend is om die bonatuurlike element in die Skrif uit
te skakel. Hierdie tendens lei tot die afplatting van die Bybel tot die
natuurlike vlak.
7.6. DIE GRAMMATIKAAL-HISTORIESE METODE.
Hierdie metode, glo ons, is die korrekte manier om die Bybel uit te lê. Die
fundamentele prinsiep is om van die Skrif self die presiese betekenis te versamel
wat die skrywers bedoel het om oor te dra. Die individualiteit en gewoontes van
die outeur en die maniere en gewoontes van die tyd, is die sin waarin die Heilige
Gees sy waarheid deur die woorde van die Skrif aan ons geopenbaar het.
Ernestinus, die vader van dié metode, het „n belangrike werk oor Bybelse
interpretasie geskryf, waarin hy vier basiese beginsels beklemtoon:
• Die veelvuldige sin van die Skrif moet verwerp word, en net die letterlike
sin moet behou word.
• Allegoriese en tipologiese interpretasies moet afgekeur word, behalwe in
gevalle waar die skrywer aandui dat hy bedoel om „n ander sin te
kombineer met die letterlike.
• Aangesien die Bybel die grammatikale sin in gemeen het met ander boeke,
moet die Bybel soortgelyk bepaal word.
• Die letterlike sin mag nie bepaal word deur „n veronderstelde dogmatiese
sin nie.
In die algemeen behels die metode van Skrifverklaring die volgende feite:
• Filologie of taalkunde wat die etimologie of die werklike betekenis van
woorde, sowel as die manier van skryf deur die verskillende outeurs, asook
sinonieme insluit.
• Dit behels die karakter, grammatikale konstruksie en idiomatiese
eienaardighede van Bybelse taal.
• Beide die onmiddellike sowel as die wyer konteks word in die metode
opgeneem.
• Vergelykende passasies word deur die metode in rekening geneem.
• Die doel sowel as die objek van die skrywer word in die metode in ag
geneem.
• Die historiese standpunt van elke skrywer word in die wyse van uitleg in
oënskou geneem.
• Die plan van die ganse Skrif word in die metode ingesluit.
• Die eenheid van geloof en die eenheid van die Skrif in sy vele dele word in
die metode erken.
Ten besluite wil ons „n paar fundamentele prinsiepe wat die
grammatikaalhistoriese metode van uitleg ten grondslag het, hier beklemtoon.
• Die ganse Bybel kom van God, en besit eenheid, planmatigheid en lering.
Daarom moet ons beide die Ou as die Nuwe Testamente as „‟n eenheid
sien.
• Dit moet aanvaar word dat geeneen hom tot spraak of skrif wend sonder
om „n idee te hê van wat hy wil sê nie. Om hierdie gedagte dan uit te druk,
moet die persoon sekere vorms van spraak aanwend. Verder moet ons
aanneem dat indien hy woorde of simbole gebruik wat verskil van dit wat
gewoonlik deur sy lesers verstaan word, hy dit sal verduidelik.
• Die Bybel kan nooit in homself weersprekend wees nie. „n Lering in een
deel van die Skrif moet altyd ooreenkom en rym met elke ander lering in
elke ander deel van die Bybel. Gevolglik moet ons aanneem dat enige
Skrifuitleg wat die Skrif self onkonsekwent maak, op „n verkeerde prinsiep
berus.
• Christelike ondervinding moet altyd gefundeer wees op Bybelse
leerstelling en nie leerstelling op ervaring nie.
• Geen betekenis mag uit die Skrif voorgehou word, tensy dat die Skrif
homself tot „n redelike en eerlike grammatikaal-historiese interpretasie
verleen nie.
7.7. VERWYSING.
1. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker
Book House, 1969), p.15.
7.8. BIBLIOGRAFIE.
1. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker Book
House, 1969).
2. Dake, F, J., God‟s Plan for Man (Atlanta: Bible Research Foundation, 1949).
3. Eybers, I. H., Hermeneutiese Beginsels vir die Ou Testament in die Lig van
die Verhouding Ou Testament – Nuwe Testament (Pretoria: Unisa, 1963).
4. Girdlestone, R. B., The Grammar of Prophecy (London: Eyre and
Spottiswoode, 1901).
5. Ramm, B. L., Hermeneutics (Grand Rapids: Baker Book House, 1967).
6. Ryrie, C. C., Dispensationalism Today (Chicago: Moody Press, 1975).
7. Terry, M. S., Biblical Hermeneutics (Grand Rapids: Zondervan Pub. House, g.
d.).
8. Thomas, W. H. G., How We Got Our Bible (Chicago: Moody Press, 1926).
9. Turnbull, R., Baker‟s Dictionary of Practical Theology (London: Marshall,
Morgan & Scott, 1868).
10. van Eijk, R. K., In Sy Voetspore (Pretoria: Promedia Publikasies, 1977).
7.9. WERKSOPDRAG.
1. Definieer en omskryf wat jy verstaan met die vak “Hermeneutiek”. [10]
2. Waarom sou u sê is die vak Hermeneutiek van belang? [5]
3. Definieer “eksegese” en “eksposisie”? [10]
4. Watter rol speel woordbetekenisse in die eksegese van „n Skrifgedeelte of
teks? Bespreek volledig. [10]
5. Waarom speel die inagneming van die eenheid van die Bybel so ‟n
belangrike rol in die Skrifverklaring? [5]
6. Wat verstaan u met die progressiewe openbaring van die Bybel en waarom
is dit belangrik vir die uitleg van die Skrif? [5]
7. Definieer „n “metafoor” en toon hoe dit geïnterpreteer word. [5]
8. Gee „n omskrywing van „n “tipe” en beskryf volledig hoe dit verklaar word.
[5]
9. Hoe sal u onderskeid maak tussen „n “tipe” en „n “simbool”? [5]
10. Wat is die punte van verskil tussen „n “allegorie” en „n “gelykenis”? [5]
11. Watter punte van belang moet in ag geneem word wanneer jy „n gelykenis
moet interpreteer? [5]
12. Skryf kort aantekeninge oor:
a. Die Wet van dubbel verwysing.
b. Voorwaardelike profesieë.
c. Profetiese aksies. [15]
13. Bespreek ten volle hoe profesie geïnterpreteer moet word. [10]
14. In watter mate het die Jode van ouds bygedra om die Skrifte te verklaar? [5]
15. Wie was die naturaliste en hoekom verwerp ons hulle metode van
Skrifuitleg? [10]
16. Waarom aanvaar ons die grammatikaal-historiese interpretasie as die
beste? Beskryf volledig. [10]
TOTAAL [120]