depressie & angs · tieners is gewoonlik emosioneel (dikwels a.g.v. hormonale verandering). dit...
TRANSCRIPT
Wat sê
se oor depressie?
PROFESSIONELE HULP VIR
DEPRESSIE & ANGS webtuistes | kontaknommers | e-posadresse
2
“Depressie
is ’n ernstige en algemene mediese toestand (’n siekte van die brein) met groot impak op persoonlike vlak. Suid-Afrika se grondwet … mense wat teen depressie veg, het die reg op re-spek en toepaslike en doeltreffende behandeling.
Ontsnap van depressie (prof Piet Oosthuizen)
#puppet-projek
Meer en meer mense word vandag met depressie gediagnoseer, meer mense oorweeg selfdood en dis mense wat ons ken. Ek is nie ‘n sielkundige of depressie-ekspert nie, maar ek baklei al vir 30 jaar teen die siekte. Met sukses. Dit is my behoefte om ander wat elke dag teen die siekte baklei met hierdie projek te ondersteun, die stigma nek om te draai en vir depressievegters te sê: “Práát oor jou siekte. Om depressie te hê, is nié ‘n skande nie!”
Die doel van hierdie projek is dat jy
die siekte (depressie) en
die gedrag van familie/vriende (ook jou eie) met depressie beter kan verstaan. Die #puppet-gids is nie die resultaat van ‘n kliniese navorsingsprojek nie. Die inhoud is saamgestel uit inligting wat deur kundiges op die gebied van depressie verskaf is. My waardering daarvoor aan
Prof Piet Oosthuizen (Psigiater)
Prof Lizette Rabe (Ithemba-stigting)
Me. Janine Roos (Hoof: Mental Health Information Centre, Universiteit Stellenbosch)
Me. Liezl Wilckens (Sielkundige) Mense wat vermoed hulle is depressief, móét deur ‘n sielkundige of huisdokter geëvalueer word om met sekerheid te kan sê dat hulle wel depressie het. ‘n Evaluasie kan nie op grond van hierdie gids al-leen gemaak word nie. Depressie is nie ’n doodsvonnis nie. Met die regte behandeling kán ’n depressievegter se lewens-kwaliteit verbeter. Mag jy hierdie gids waardevol vind.
Johan Laten [email protected]
3
Depressie worry nie of jy beroemd of onbekend is nie ...
jy? iemand
wat jy
ken?
4
‘Life is difficult’
* mense na
aan ons gaan dood
* die pressure om te
presteer, raak net
te veel
* ons het nie genoeg
geld vir kos nie
* ek is alleen
* ons verhoudings &
planne werk nie
altyd uit nie
Pierre het met sy long board teen die spoed van wit lig teen die bult
afgejaag. Hy het sy balans verloor en geval. Sy kop het hard
teen die teer geklap en die vel van sy een arm afgeskraap. Hy
het gegil van die verskriklike pyn. Op daardie oomblik un-
bearable. En toe is Pierre ... lights out!
Jacques se pyn is meer as net
unbearable ...
Hy is al vir langer as 2 weke
baie sad, permanent moeg,
moedeloos. Hy kan niks
daaraan doen nie en dit raak
nie beter nie. Hy kan nie
meer op sy eie met die pyn
deal nie.
Hy het dringend hulp nodig.
5
Jacques
se gevoelens is alledaags,
natuurlik & niks buitengewoon
nie.
Maar ... sy battle van
14 dae + met hierdie
intense emosies hou te lank aan.
Jacques sal deur ‘n sielkundige
geëvalueer moet word om vas te
stel of hy ’n depressief is.
6
SIMPTOME
minder/geen belangstelling
in aktiwiteite wat ek love
vergeet om goed te doen
voel nutteloos en skuldig oor
alles is die meeste van die tyd
op my eie
Eet te veel of te min
Slaap te veel of te
min
Is meeste van die
tyd moeg en het
baie min energie
baie afwesig uit die skool
kan nie op skoolwerk konsentreer
moeilik om besluite te neem
Dink baie aan die dood en om ’n einde aan my lewe te maak.
Ek is hartseer ... 24/7
Voel dikwels geïrriteerd
of kwaad
Baie gespanne en
bekommerd oor alles
Huil baie
7
Staan op en doen iets wanneer jou emosies en die simptome van depressie jou lewe begin beheer en later selfs
oorneem. Dit gaan nie van-self weg nie. Wanneer ’n
depressievegter nie hulp kry om
hierdie simptome te hanteer of beter te manage
nie, kan dit lei tot selfdood.
8
“It’s important to
remember that no
one sign means that
there is a problem.
It’s important to exam-
ine the nature, intensi-
ty, severity and dura-
tion of a problem.”
Distimiese
depressie
Die pasiënt moet twee of
meer van die volgende
simptome hê:
1. Swak of oormatige
eetlus
2. Slaaploosheid of
oormatige lomerigheid
3. Lae energievlakke en
moegheid
4. Swak selfbeeld
5. Kan nie konsentreer of
besluite neem nie
6. Gevoel van hopeloosheid
***
“Elke silwer randjie het ’n donker wolk.”
1 Major (ernstige) depressie
Simptome (bladsy 6) moet minstens 14 dae lank
aanwesig wees om dit as ’n major depressiewe episode
aan te dui. Die siekte kom in herhalende episodes voor, amper soos asma-aanvalle.
2 Distimiese depressie
Net sommige (sien kassie) van die depressiesimp-
tome is oor ’n lang tydperk aanwesig. Dis nie so erg soos
die “ernstige” depressie nie, maar dit kan vir ten minste 1 tot 2 jaar aanhou sonder dat die persoon beter voel.
Die nuwe “normaal” … die toestand is nie so erg dat die persoon se lewe heeltemal uitmekaar val nie en baie mense leef daarmee saam. Hulle dink “dis maar hoe die lewe is”.
Soorte depressie
9
Drank & dwelms
help nie om ’n de-
pressievegter beter te laat voel nie. Wanneer dit oor ’n lang tyd misbruik word, kan dit tot depressie lei.
kokaïen | tik | dagga | mandrax
Al hierdie middels is uiters gevaarlik vir men-se met depressie. Die middels het ’n invloed op die biochemie van die brein en kan ’n episode van depressie begin.
dwelms vs antidepressante
Die kans is baie klein dat jou antidepressant reg sal werk as jy oormatig drink of dwelmmiddels misbruik.
Susan is in ons klas. Sy kerm en kla oor alles. Alles is altyd verkeerd. Wanneer ons pouses buite sit, sit sy eenkant. Wanneer ons haar vra wat fout is, sê sy niks. Sy’s fine. Alles is altyd fine of OK. Sy’s altyd so op haar eie. Ons het al moed opgegee en nooi haar nie meer saam wanneer ons uitgaan nie, want sy’s gedurig moeg. Sy is deel van die top 10 en speel baie goed hokkie, maar Susan sê sy kan niks reg doen nie. Ons pelle sien nie meer kans om met haar te sukkel nie. Party dae is alles awesome, maar net die volgende oomblik is sy weer op mute. Ughh, ek wil die girl sommer met ’n besem bykom! Mitzi sê sy’s seker Susan gebruik drugs of iets. As ‘n mens haar mooi in die gesig kyk, dan kan dit waar wees … ag, ek weet ook nie.
Susan van Breda
“Met die beskrywing wat haar maats van Susan
gee, wil dit voorkom of haar uitdaging distimiese
depressie is. ’n Sielkundige of huisdokter moet
haar evalueer. Indien dit die geval is, kan sy tera-
pie en die gebruik van medikasie oorweeg om haar
lewenskwaliteit te verbeter.”
Louise du Preez (kliniese sielkundige)
10
2 OORERWING
’n Mens erf die helfte van jou gene van jou ma en die ander helfte van jou pa. Die risiko van depressie word bepaal deur die kombinasie van jou gene en hoe dit by mekaar inpas. Dit is
eerder ’n verskeidenheid gene wat elkeen ’n bietjie tot die risiko bydra. Wanneer jy ’n depressieveg-ter is, kan jy ongelukkig niks hieraan doen nie.
3 OMGEWINGSFAKTORE Wanneer daar in verband met depressie na “stres” verwys word, sal die meeste van ons dink aan emosionele stres, eksamenstres en groepsdruk. Dit is belangrik, maar dis belangriker om
te weet dat ‘n mens ook kan stres as gevolg van beserings, operasies, ernstige siektes, aanhoudende fisiek uitdagende omstandighede en (dwelm)middels.
GENE … dit bepaal ons kans op depressie, maar dis
nie noodwendig die “oorsaak” daarvan nie.
Gewoonlik is dit omgewingsfaktore wat
veroorsaak dat die persoon depressief raak.
1 NEURO-OORDRAERS
dra met behulp van neuro-oordragstowwe die boodskap tussen die neurone (senuweeselle) oor. Probleme kan met die chemiese oordrag van die boodskappe van een neuron na ’n ander
ontstaan. Die boodskap is dus “onvolledig” of “verkeerd”. As die neuron ’n verkeerde boodskap ontvang, stuur hy op sy beurt ’n verkeerde boodskap aan, totdat die hele sisteem naderhand wanfunksioneer. Wanneer daar ’n probleem met een of meer van hierdie boodskappers is, kan dit aanleiding tot depressie gee.
Wat veroorsaak depressie?
11
1. Emosioneel Tieners is gewoonlik emosioneel (dikwels a.g.v. hormonale verandering). Dit is nor-maal wanneer tieners hartseer, angstig, gefrustreerd en nie in beheer voel nie.
2. Moody Dit is dus nie maklik om agter te kom of hulle gedrag net tiener moods of regtig depressie is nie.
3. Abnormaal ‘n Tiener se gedrag is abnormaal wanneer hy/sy die simptome van depressie (bl. 6) ervaar en dit nie vanself beter raak nie.
4. Evalueer Wanneer hierdie gevoelens vir ‘n lang tyd aanhou, moet hulle dit ernstig oorweeg om deur ‘n sielkundige of huisdokter geëvalueer te word – die probleem is moontlik baie erger as net ‘n moody tiener.
Tieners: moody of regtig depressief?
Jy kan depressie ontwikkel wanneer jy
’n ouer aan die dood afstaan geboelie word fisiek, seksueel of emosio-
neel mishandel word deel is van gesinsgeweld ouers het wat self depressief
is of drugs misbruik ’n familiegeskiedenis van de-
pressie het
Probleem ...
Dylan se simptome is nie net eie aan depressie nie – daar is baie tieners met gedragsprobleme, wat dwelms misbruik en swak presteer op skool as gevolg van goed wat met hulle gebeur het en wat nie depressief is nie.
doen al slegter in sy skoolwerk moan oor alles is heeltyd moeg het skielik allerhande gedragsprobleme
DYLAN ...
12
Simptome hartkloppings
droë mond ongemak op maag prikkels in ledemate
oormatige sweet lighoofdig
Paniek- aanvalle
gebeur skielik, voel jy verloor be-
heer oor jouself,
of jy mal word of
selfs doodgaan.
Waar?
besige malls & plekke waar hulp
nie maklik beskikbaar is nie
(vliegtuie, snelweë)
Wanneer?
ontmoet vreemdes praat voor mense
onbekende omgewing
Andreas het ‘n prank call gemaak: “Teen 12:40 is daar chaos in julle skool. Be warned.” Iemand het vermoed dit was Andreas en het sy naam vir die graadhoof gegee. Andreas sit en wag nou voor die hoof se kantoor. Hy weet hy is in ernstige moeilikheid, hy
weet net nie hóé ernstig nie. Dis angs!!
Lisa
is verskriklik moeg en baie angstig oor toetspunte wat sy dink swak gaan wees, bang dat sy nie ‘n date vir die matriekafskeid sal kry nie en dat sy haar driver’s toets sal dop. Daarom is sy áltyd besig met iets. Sy kan nie stilsit nie. Dit maak haar nog moeër.
Angs is soms ‘n voorloper of vroeë simptoom van depressie. ‘n Mens kan terselfdertyd angstig en depressief wees. Angstige
mense bekommer hulle oor dinge wat waarskynlik nooit sal gebeur nie. Hulle vererger in hul gedagtes die moont-
like negatiewe uitkoms van enige saak.
Angs
13
take charge
& klap angs vir ‘n vat time out
luister na musiek
mediteer
kry ‘n massering
kry genoeg slaap
haal stadig asem
tel stadig tot by 10
& herhaal
doen net jou bes, nie-
mand is perfek nie
sien die groter prentjie
raak, moenie net op
een klein dingetjie
fokus nie
lag! hard en dikwels
beperk alkohol- & kaffeïeninname: dit dra by tot angstigheid en paniekaanvalle
doen ontspannings-
oefeninge
eet gebalanseerde etes,
moenie maaltye oorslaan
nie
aanvaar jy kan nie alles be-
heer nie
“ Haal asem. Dit reguleer jou hartklop, werk paniekaanvalle teen,
help om in sport te presteer. Vir baie mense is asemhaal ‘n leef-
wyse: tydens fisieke inspanning, in tye van hartseer, wanneer
hulle gespanne en paniekerig is. Dis beskikbaar, doeltreffend en
verniet. Dis my redding en my raad en my gunsteling-sêding:
Haal asem. Nataniël
14
1 Haal asem en kalmeer
asem stadig in deur jou neus
hou vir 3 tellings
asem stadig uit en ontspan die spiere in jou gesig, kakebeen,
skouers en maag
oefen die tegniek 10 keer ‘n dag vir ‘n paar weke
2 Tel en kalmeer
sit gemaklik
maak toe jou oë en haal diep asem
asem die lug uit terwyl jy in jou gedagtes “ontspan” sê
haal 10 keer na mekaar diep en gemaklik asem: begin by 10
fokus elke keer wanneer jy asemhaal op enige spanning in bv.
jou kakebeen, skouers of maag; trek die spesifieke spier(e)
styf saam, hou dit vir ’n paar tellings en ontspan
maak jou oë oop wanneer jy by 1 kom
15
Kan depressie behandel
word?
Ja ... Dit word behandel met medikasie en
korttermyn, doelge-rigte terapiesessies met ’n sielkundige.
“No matter how
hopeless things may feel today, people can get
better with treat-ment - and most
do.”
(www.psychcentral.com)
* * *
Gebruik medikasie wat vir jou voorgeskryf is, verantwoordelik. Dit
kan die lewe wat
depressie van jou
gesteel het, aan jou teruggee.
Praat wanneer jy, of iemand naby aan jou, depressiesimptome ervaar.
Die behandeling van depressie
is nie straight forward nie. Dis nie net pille sluk nie. ’n Kombinasie
van medikasie en terapiesessies is beter vir die pasiënt:
antidepressante: behandel die simptome
terapiesessies: help identifiseer die oorsaak van die simptome
1 Medikasie
Slegs mediese dokters en psigiaters kan die medikasie voor-
skryf. Die behandeling fokus altyd op die individu. Antide-
pressante is nie “lekkervoel-pille” wat jou “gelukkig” maak nie.
Jy alleen bepaal jou geluk.
2 Antidepressante
help om normale emosies te ervaar
is nie verslawend nie
vat dae tot weke voordat dit begin werk
bring aan die begin min verandering
het almal newe-effekte
3 Voorgeskrewe medikasie
Praat eers met jou dokter voordat jy ophou om die medi-
kasie te gebruik of die dosis daarvan te verander.
Medikasie
16
Terapie
1 Jou afspraak by die sielkundige
Die sielkundige kan nie beheer van jou gedagtes oorneem nie. Dis nie ’n
manier om jou dinge te laat doen of sê wat jy nie wil nie. Jy besluit self watter
inligting jy met die sielkundige gaan deel en bespreek.
2 Gesprekke met die sielkundige sal jou help om jou
manier van dinge doen, beter te verstaan
eie gedrag te verander
verhoudings te verbeter
angs en/of depressie te verlig
3 Wat sal dit help om met ’n sielkundige te gaan praat?
Jy sal uitvind hoekom jy depressief is en wat dit veroorsaak.
Hy/sy sal voorstelle maak oor dit wat jy kan doen om jou depressie beter te
hanteer.
Jy sal leiding kry om ‘n plan van aksie saam te stel wat jy kan hanteer om
die depressie beter te hanteer/bestuur.
Terapie is nie ’n quick fix nie.
geduld + tyd = verbetering
Dis jóú journey … hou aan baklei!
17
Dis jou verant-woordelikheid om
iets te doen indien jy ‘n depressievegter is.
Depressie is ’n siekte net soos kanker, asma
of diabetes.
Erken jy het die siekte.
Praat daaroor.
Dis nie jou skuld dat jy depressie het nie, maar
dis jou probleem. Wanneer jy iets
konstruktief doen om die depressie beter te bestuur, kan jy
hulp kry en so jou
lewenskwaliteit
verbeter.
***
Screen time Die báie ure (4 uur of
meer) wat kinders daagliks TV kyk en op hulle selfone en reke-naars spandeer, word verbind met depressie
en angs. (Public Health England)
On your marks ...
1 OEFEN
As jy die depressie beter wil beheer en so jou lewenskwaliteit wil
verbeter, moet jy minstens 3, maar verkieslik 4 of 5 keer per
week oefening kry. Doen oefening waarvan jý hou! Kry vir jou ‘n
training partner. Dit sal jou help om gemotiveerd te bly.
oefen vir ten minste 30 minute op ‘n keer: draf, stap, ry fiets, dans
stel daaglikse doelwitte wat jy kan hanteer: loop elke dag vir 30 mi-
nute en moenie wag vir die naweek en dan ure aaneen probeer loop
nie
moenie die Comrades probeer hardloop wanneer jy met ‘n oefen-
program begin nie - vermeerder bv. die afstand geleidelik
luister na jou favourite musiek wanneer jy oefen … lekker hard!
2 SLAAP
As jy sukkel om te slaap, probeer die volgende:
probeer om elke dag op dieselfde tyd te gaan slaap en op te staan
moenie in die dag slaap nie
as jy nie aan die slaap kan raak nie, staan op en gaan doen iets
anders
sorg dat die temperatuur in jou kamer gemaklik is
hou jou kamer donker
gebruik jou bed net om op te slaap
moenie saans te laat eet of honger gaan slaap nie
moenie koffie en alkohol kort voor slapenstyd drink nie
verminder screen time voor slaaptyd
18
Vitamien B-12 & foliensuur Foliensuur: blaargroente en boontjies Vitamien B-12: vleis, vis, suiwelprodukte Foliensuur en Vitamien B-12: eiers, spinasie, salm
3 EET
Die kos wat ons eet, kan ook help wanneer ons teen die depressie baklei. Die volgende inligting is bloot voorbeelde van kossoorte wat in jou dieet oorweeg kan word.
Selenium Volgraan bv. hawermout, bruinrys Brasiliaanse neute, seekos bv. mossels, oesters
Vis (omega 3)
Salm, tuna
Vrugte en groente Vitamien C: aarbeie, bloubessies Beta-karoteen: wortels Vitamien E: neute, sade, koringkiem Begin jou dag gesond met ‘n heerlike smoothie!
Vitamien D Gaan sit in die son, dis ryk aan vitamien D! kaas, eiergele “What’s for breakfast?” ‘n Omelet wat jou mond laat water!
Chocolate “What’s for dessert?!” Yummy donker sjokolade … (donker sjokolade het ‘n uitwerking op die endorfiene wat feel good hormone in die brein vrystel)
19
Help jouself
1 Een dag op ’n slag
Stel vir jouself doelwitte wat jy kan hanteer en realisties is. Beloon jouself wanneer jy
jou doelwitte bereik.
2 Bou aan ’n support netwerk
Maak staat op die ondersteuning van vriende/familie, al is jy te moeg om te praat
of voel jy skaam oor jou siekte of skuldig omdat jy jou vriende afskeep.
Dis nie ’n teken van weakness nie en jy’s nie ’n las vir ander nie.
Praat met iemand persoonlik. Dit sal baie meer help as om met Whatsapp-
boodskappe, Facebook of selfoonoproepe oor jou siekte te praat.
Die persoon met wie jy praat, hoef nie jou probleme op te los nie. Hy/sy moet ie-mand wees wat met aandag na jou luister en jou nie sal judge nie.
3 Kuier saam met vriende, al voel jy nie lus daarvoor nie. Wanneer ’n mens tussen
ander mense is, sal jy minder depressief voel.
4 Sluit aan by ’n ondersteuningsgroep vir depressie.
Hulle verstaan presies hoe jy voel. Julle kan mekaar aanmoedig, ervarings met mekaar deel en waardevolle raad kry om die siekte beter te hanteer.
5 Delete jou negatiewe gedagtes Niemand kan sommer “begin om positief te dink nie”, wees minder krities op jouself en daag jouself uit om minder op die negatiewe gedagtes te fokus. Fokus eerder op alles wat reg verloop, as op die een ding wat verkeerd verloop het. Hou op veralgemeen – “Ek kan niks reg doen nie.” Fokus net op goed wat jy moet en nie moet doen nie.
20
6 Maak jou eie wellness toolbox vir ‘n quick mood boost
(Probeer om elke dag ’n paar van die goed te doen, al voel jy goed)
Doen ’n kort hiking trail
Skryf neer hoekom jy van jouself hou.
Lees ’n goeie boek, gaan slaan gholfballe, lê en ontspan in die bad of ry op jou long board
Kyk ‘n komedie – fliek of TV-program en lag hard en uit jou maag uit!
Doen ’n paar klein takies – maak ’n back up van jou files op jou rekenaar
Gaan stap of speel met jou hond
Luister musiek en sing saam – hárd!
Doen iets wat jy nie beplan het nie
Wat van ‘n mani of ‘n pedi!?
7 Professionele hulp
Wanneer jy alles probeer het om jouself te help en jou depressie raak net erger, moet
jy professionele hulp kry. Doen dit vir jouself.
is nié ’n failure, ’n idioot of ’n loser nie. Ruk al hierdie labels af
wat jy op jouself geplak het!
Glo in jouself. Jy is uniek!
21
Ek blý depressief ...
Wat is die moontlike redes?
Is die diagnose korrek?
Neem jy die medikasie reg?
Gebruik jy die regte dosis?
Gebruik jy die medikasie al lank genoeg?
Gebruik jy ander medikasie wat die antidepressant se werking benadeel of die depressie
aan die gang hou?
Middelmisbruik soos alkohol en ander (dwelm)middels
Is daar leefstylfaktore wat die siekte in stand hou: Slaap jy genoeg? Oefen jy gereeld? Raak
die druk om te presteer dalk te veel?
back to the drawing board ...
Jy en jou huisdokter/sielkundige moet weer na jóú groter prentjie kyk wanneer die de-
pressie nie beter raak nie sodat jou behandeling (medikasie en terapie) aangepas kan word.
22
Jou ouers is bekommerd
oor jou. Praat met hulle
wanneer jy depressief is of on-
seker is of jy wel depressie het.
***
Hulle sê sulke random goed (wat my só kan
irriteer) om uit te vind wat aangaan:
“Ek kom agter jy gaan nie meer saam met JP
hulle uit nie.” “Jy ignoreer ook al jou
selfoonoproepe.” “Jy eet al minder.”
***
Moenie sê dis “niks” nie.
Praat. Wees eerlik. Sê vir hulle hoekom jy so
optree. Hulle is nie net nuuskierig nie.
Hulle wíl jou
help & ondersteun.
Ek ken ‘n depressievegter
Wanneer jy met met ’n depressievegter praat ...
1 Praat en luister
Dit sal nie iemand se depressie gesond maak nie, maar dit kan (al is dit tydelik) verligting bring en die persoon sake in
perspektief help sien.
Praat met die bedrukte persoon oor sy depressie en luister na sy storie.
Moenie die persoon onderbreek nie.
Vermy sarkasme, persoonlike aanvalle en woorde soos “altyd”, “nooit”.
Onthou: die raad wat jy gee, is nie die enigste antwoord/ oplossing nie.
Fokus op dit wat nóú gebeur, nie die verlede nie.
2 Die ondersteuner hoef nie al die antwoorde/oplossings te gee nie, luister en
moenie veroordeel nie.
sal soms kwaad en moedeloos word, dis normaal.
moet ook genoegsame support hê om in beheer van sy eie lewe te bly.
moet die siekte ken om die simptome van die siekte te help raaksien.
23
2 Plaas ‘n bietjie druk
(binne perke) op die persoon om uit te kom en veral fisiek aan die gang te kom, al is hy ongelooflik moeg, lusteloos en sonder dryfkrag.
3 Gaan stap
Die moegheid wat met depressie gepaard gaan, word nie beter van rus nie, maar sal verbeter wanneer jy aktief is.
4 Help met praktiese goed
soos skooltake, beplanning van ’n hersieningsrooster … enige iets wat vir die persoon soos ’n
berg lyk. Doen dinge sáám met die persoon. Moenie beheer oor sy lewe oorneem nie. Gee erken-ning vir dit wat die depressievegter regkry.
Dewald weet hy moet dokter toe gaan
om uit te vind of hy depressief
is. Hy is so pathetic … hy kan
nie eers self die spreekkamer
bel en ‘n afspraak maak nie.
Ek kerm nou al dae by hom
om die afspraak te maak.
Wat moet jy dan doen?
1 Aanmoediging ... dis al wat nodig is om iemand tot aksie te laat oorgaan. Soms is die persoon egter so deur sy depressie “verlam” dat iemand namens hom moet optree en die afspraak maak.
Iemand wat vir die eerste keer depressie ervaar, sal moontlik glad nie weet waar om hulp te gaan soek nie. Vra iemand wat al by ’n sielkundige of psigiater was om te help.
Om daar te wees vir iemand en bloot erkenning aan sy swaarkry
te gee, is dikwels nodiger as om voorstelle en oplossings te gee.
Dinge wat vir jou as vanselfsprekend lyk, is vir die siek persoon baie moeilik om te doen.
24
Wanneer iemand hom in ‘n ondraaglike
situasie bevind en hy geen uitkomkans daar-voor sien nie, voel dit
asof selfdood die
enigste moontlike
uitweg
uit sy huidige situasie
is. Dit kan die gevolg wees van ’n
depressiewe gemoed, fisieke pyn, armoede,
verliese, liggaamlike of emosionele
mishandeling.
***
Niémand kies om self-
doodgedagtes te hê nie.
***
Wanneer die persoon selfdoodgedagtes
erken, vind uit hoe
ernstig dit is:
1. Het hy al ’n plan en ’n datum?
2. Het hy toegang tot die instrument/voorwerp wat hy wil gebruik?
1 Jy vermoed iemand na aan jou wil sy eie lewe neem.
Moet nooit iemand ignoreer wat sê hy wil sy lewe beëindig en jou van sy gedagtes vertel nie.
Kry onmiddellik hulp.
Vorige selfdoodpogings … mense wie se selfdoodpogings al vantevore misluk het, kan dit beslis in die toekoms weer probeer doen.
Gedrag en persoonlikheid … dit verander in die tyd voordat hulle ’n selfdoodpoging aanwend: sommige sal ewe skielik on-verklaarbaar positief wees, asof hulle verlig is dat hulle die fina-le besluit geneem het.
Ander weer sal ál meer kanse vat en gevaarlike dinge aanpak in die hoop dat hulle “per ongeluk” sal sterf.
Besittings … die gevaarligte brand wanneer iemand met ern-stige depressie sy aardse besittings begin weggee.
2 Wat moet ek doen as ek vermoed iemand oorweeg selfdood?
1. Vra direk, luister sonder om te judge en moenie kritiseer nie.
2. Moenie die persoon se terapeut probeer wees nie.
3. Moenie belowe om sy selfdoodplanne geheim te hou nie.
4. As jy bekommerd is, roep ander se hulp in.
5. Probeer die persoon oorreed om professionele hulp by ’n
dokter, sielkundige of psigiater te kry.
!
25
SA Federation for Mental Health Adcock Ingram Depression and Anxiety Helpline
0800 70 80 90
Suicide Crisis Line
0800 567 567
SMS 31393
South African Depression and Anxiety Group
www.sadag.org
0800 21 22 23
Soek ’n ondersteuningsgroep naby jou
0800 21 22 23
Mental Health Information Centre
www.mentalhealthsa.org.za
Navrae: [email protected]
(021) 938 9229
Health24
www.health24.com/Medical/Depression
26
BRONNE
Boeke Ligdans. Jeanne Els, Lux Verbi.BM. 2008 Ontsnap van depressie. Prof Piet Oosthuizen, Tafelberg. 2007
Artikels
Geestesgesondheid. Die Burger, Gesond! 8, 22 Julie 2016
Webtuistes
www.mayoclinic.org/diseases-conditions/persistent-depressive-disorder www.asmfmh.org www.allaboutdepression.com www.psychcentral.com www.healthline.com www.teametiny.com/blog/6-foods-fight-depression www.adaa.org/tips-manage-anxiety-and-stress www.helpguide.org/articles/depression