die brief aan die efesiërs - karel nelkarelnel.co.za/skryfwerk/studies/2008/080902die brief … ·...

32
Die Brief aan die Efesiërs Inleiding: - Efesiers het ‘n asemrowende diepte van begrip oor die omvang van God se doelstellings vir die kerk in Christus - Dit is ‘n warm, vriendelike pastorale brief wat geestelik sensitief is in terme van die advies, met ‘n vredevolle ondertoon, en wat oorvloedige aanbidding bevat. - Dis anders as Paulus se ander briewe. Dis nie gefokus op ‘n plaaslike gemeente of spesifieke probleme nie. - In hierdie brief bestaan die ‘lerende gedeelte’ grootliks uit lofprysing, ’n gebed vir sy lesers. Dit lei direk tot aanmoedigings. - Sinne is baie lank en het ’n liturgiese klank. - Baie van die brief is waarskynlik paragrawe uit Kolossense wat oorgeskrywe is. (Ongeveer een derde van die woorde) Outeurskap: - Die vroeë kerk het Paulus se outeurskap sondermeer aanvaar. - Moderne geleerdes beweer dit kon geskrywe gewees het deur ’n student/bewonderaar van Paulus. Argumente word gebaseer op subtiele verskuiwings van teologie na ’n latere teologie. - Daar is geen rede om te twyfel aan Paulus se outeurskap nie. Agtergrond: - Terwyl hy gevangene in Rome was (61-62 vC) stuur hy ’n bekeerde slaaf (Onesimus) terug na sy Christelike meester, Filemon naby Kolosse. Hy skryf daarvoor die Brief aan Filemon. - Hy skryf ook aan die gemeente in Kolosse, waarin hy hulle oor valse lering waarsku. Hy stuur dit saam met ’n medewerker Tichikus.

Upload: others

Post on 29-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

Die Brief aan die Efesiërs

Inleiding:- Efesiers het ‘n asemrowende diepte van begrip oor die omvang van God se

doelstellings vir die kerk in Christus- Dit is ‘n warm, vriendelike pastorale brief wat geestelik sensitief is in terme van

die advies, met ‘n vredevolle ondertoon, en wat oorvloedige aanbidding bevat.- Dis anders as Paulus se ander briewe. Dis nie gefokus op ‘n plaaslike gemeente of

spesifieke probleme nie.- In hierdie brief bestaan die ‘lerende gedeelte’ grootliks uit lofprysing, ’n gebed vir

sy lesers. Dit lei direk tot aanmoedigings.- Sinne is baie lank en het ’n liturgiese klank.- Baie van die brief is waarskynlik paragrawe uit Kolossense wat oorgeskrywe is.

(Ongeveer een derde van die woorde)

Outeurskap:- Die vroeë kerk het Paulus se outeurskap sondermeer aanvaar.- Moderne geleerdes beweer dit kon geskrywe gewees het deur ’n

student/bewonderaar van Paulus. Argumente word gebaseer op subtiele verskuiwings van teologie na ’n latere teologie.

- Daar is geen rede om te twyfel aan Paulus se outeurskap nie.

Agtergrond:- Terwyl hy gevangene in Rome was (61-62 vC) stuur hy ’n bekeerde slaaf

(Onesimus) terug na sy Christelike meester, Filemon naby Kolosse. Hy skryf daarvoor die Brief aan Filemon.

- Hy skryf ook aan die gemeente in Kolosse, waarin hy hulle oor valse lering waarsku. Hy stuur dit saam met ’n medewerker Tichikus.

- Hulle sou waarskynlik in Efese aan land gaan en vandaar ooswaarts beweeg na Kolosse.

- Paulus het self sy sending gevestig in Efese in 52-55nC (Hand 18:19-20:17), en dit sou natuurlik wees om ’n brief vir hulle ook te stuur dmv Tichikus (Ef 6:21,22; Kol 4:7-9)

- Brief is nie uitsluitlik vir Christene in Efese bedoel nie – die woorde ‘in Efese’ nie in die oudste manuskripte nie. Die brief sluit ook nie af met die gebruiklike persoonlike groete nie.

- Dit het die gedagte laat ontstaan dat dit as ’n soort omsendbrief bedoel was vir die kerke in die hele Romeinse provinsie van Asië.

Die aard en doel van die Brief:- Die eienskappe van die brief kan verklaar word aan die hand van die agtergrond- Die doel was nie om een of ander dwaalleer te beveg in ’n spesifieke gemeente

nie, maar om die kerke (met christene uit die heidendom) langs Tichikus se pad te bemoedig.

- Paulus doen dit deur die vervulling van van God se groot doelstellings in Christus te verkondig, en ook deur te vertel hoe hy vir hulle bid dat hulle die vreugde van

Page 2: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

die sentrale evangelieboodskap begryp, asook die wonderlike voorregte waartoe hulle toegetree het. (1:15-2:10; 3:1,14-21)

- Die basiese inhoud van Paulus se evangelie word in die vorm van ’n oproep tot gebed aangebied.

- Dit verklaar ook die liturgiese styl- Omdat dit ook vir wyer verspreiding bedoel was, is dit tog seker logies dat hy die

brief aan Kolossense sou gebruik en net bietjie herrangskik.

Die sentrale boodskap van die brief:- Die kosmiese versoening in Christus is die dominante tema. Dit kom reeds voor

in Kolossense. (Ef 1:9-10,20-23; 2:10-22,3:6 – sien Kol 1:19-20)- Die OT leer die skepping is geskape deur ’n God wat geen gelyke of teenstander

het nie, en alles was aanvanklik in harmonie met Hom. (Deut 6:4). Volgens die Joodse begrip het die gewillige onderwerping aan God verander in rebellie en derhalwe het mense van Hom en van mekaar vervreemd geraak.

- Die eenheid van God was nogtans sigbaar in Israel wat die enige God gevolg het, met een wet en aanbidding in een tempel. Die nasies was steeds verwyderd van God, en van Israel – veral deur hul aanbidding van afgode. Selfs Israel was innerlik verdeeld. Die Jode het geglo dit was as gevolg van die konflik tussen die Here en die magte van satan.

- Daarenteen was die dag van die Here gesien as die dag wanneer God alle mededingende magte aan Homself sal onderwerp en so die skepping in harmonie sal herstel. (Sag 14:9). Wanneer die Messias kom sal alle opposisie afgebreek word, Israel sal herstel word en alle nasies sal kom om die Enige God te vereer in een tempel in Jerusalem.

- Dit alles kan genoem word –kosmiese rekonsiliasie/ vereniging.- Efesiërs leer dat hierdie doelwit begin het in Christus, en dit sal in Hom voltooi

word. In Hom is vervreemding vernietig en eenwording het begin. Die ou verdeling tussen Jood en nie-Jood is oorkom (2:10-16) en die verwydering tussen die mens en God is ook opgelos (2:17-18).

- Christus het begin om die skepping te ‘vul’ en verenig (4:10) en om vrede te bring.

- Hierdie dinge is deur Christus begin en word ervaar/beleef deur die wat met Hom verenig is – die gelowiges.

- Dit lei tot die geweldige visie van ‘Die Kerk’ as die plek waar die wereld en magte die kosmiese vereniging in werking sal sien. (3:6-10)

- In Christus is die kerk reeds die Een hemelse tempel (2:19-21) en dit moet bo alles strewe om daardie eenheid te bewaar wat getuig van God se doelstellings (4:1-6)

- In hfst 4-6 verduidelik Paulus hoe leef mens die eenheid uit in harmonie en vrede.- Dit is nie dieselfde as Universalisme nie (God sal uiteindelik alle skepsels red)

5:5,6 waarsku teen die oordeel.- Alles deel van die nuwe skepping sal met Christus verenig word maar dele van

die ou skepping sal nie in die nuwe een deel nie.

Page 3: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- In 6:12 word gepraat van owerhede, magte ens. In die omgewing was bygeloof en vrees oor toorkunste en geestelike magte dominant. Kolossense is gedeeltelik daarteen geskrywe. (Kol 1:13,16; 2:8,15,18,20)

- In Efesiërs word die groter mag van Christus beklemtoon, ook vir gelowiges in eenheid met Hom. (1:19-23; 2:1-7; 3:9-10,15-16; 4:8;6:10-17)

- Party geleerdes beweer Paulus oorbeklemtoon wat ons reeds besit in Christus teenoor die nuwe skepping wat nog tot stand moet kom. Paulus beklemtoon verskillende dinge aan verskillende lesers. In Efesiërs en Kolossense beklemtoon hy wat ons reeds het om mense aan te moedig dat hulle nie ander geestelike magte hoef te vrees nie.

- Gelowiges kan nou terugveg,vanuit ’n sterk posisie in Christus, hoewel die oorlog nie verby is nie – derhalwe 6:10-20, hoewel die uitkoms reeds beslis is deur ons vereniging met Christus (Kol 3:1-4)

- Die huidige tydvak is die dag van onheil (6:12-13,16) en ons werklike verlossing lê in die toekoms (4:30)

- Daarom beklemtoon hy ons HOOP (1:18)

Die hoof uitdaging van Efesiërs:- Dit daag pietistiese individualisme uit asook swak kerklering soos ons in

Evangeliese kringe soms kry.- Paulus verwag dat die buitestander Christus en God se verenigende doelwit in die

kerk sal sien.- Dit is ’n skreiende uitdaging vir die steeds verdelende Protestantse kerk.- Efesiërs sê: Bou brue, nie mynvelde nie.- Dit is ook teen die bou van afsonderlike rasgebaseerde, klasgebaseerde ens

kerke. Hulle reflekteer nie die Evangelie van versoening nie.- Efesiërs daag almal uit om plaaslike kerke beter gemeenskappe van mense te

maak wie se lewens en aanbidding tesame as ’n kerk sal getuig van die kosmiese eenheid wat deur Christus begin is, en wat diep verweef is met Sy teenwoordigheid.

Raamwerk van die Brief:

1:1-2 Aanhef en groet1:3-3:21 Paulus se danksegging engebed

1:3-14 God se ewige plan1:15-2:10 Begin van danksegging en gebed vir lesers 2:11-22 Onderbreking: Kerk, kosmiese rekonsiliasie, eenheid, die tempel3:1 Gebedsrapport vervolg3:2-13 Onderbreking – Paulus se apostoliese bediening3:14-21 Gebedsrapport voltooi en doksologie

4:1-6:20 Aanmoediging om die evangelie van kosmiese versoening en eenheid in Christus uit te leef4:1-6 Appel tot ’n lewe wat die nuwe skepping se harmonie vertoon4:7-16 Christus se oorwinnings gawes en groei tot volwassenheid4:17-6:9 Aflê van ou lewe en lewe volgens die nuwe skepping

Page 4: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

6:10-20 Finale appel: Stry die geestelike stryd saam!6:21-24 Naskrif

Kommentaar:

1:1-2 Aanhef en groet- Dit het die basiese vorm van groete en aanhef soos ons dit in Paulus se briewe

aantref- Die woorde “In Efese” verskyn nie in die vroegste manuskripte nie, en dit lyk of

vroeere manuskripte selfs 2 plekname kon inhê

1:3-3:21 Paulus se danksegging en gebed1:3-14 God se ewige plan

- Paulus open met ’n lofprysing aan God. Die paragraaf is ’n versigtig gestruktureerde samestelling van 6 dele.

- Dis ’n statige gebed, of oproep tot aanbidding, wat die lesers se oë weg van hulleself en hulle vrese moet lig na die majesteit en liefde van God wat in sy geopenbaarde plan ontvou, asook hulle deelname daaraan.

- Die inhoud hiervan is spesifiek so gekies dat dit tema’s wat in die brief voorkom inlei. Die gedeelte is dus ’n sleutel tot die begrip van die brief as geheel.

- Die lofprysing begin om te verkondig dat God lofwaardig is, soos in soortgelyke Joodse gebede en brei dit daarna meer in detail uit.

- Dit het 6 dele: 3b-4; 5-6; 7-8; 9-10;11-12;13-14 – nie almal ewe prominent.- Die Grieks lig 3 spesifieke dele uit wat meer sentraal staan as die ander.- Seën ons met elke geestelike seën (3b); uitverkies om as kinders aangeneem te

word (5) en dat ons die verborgenheid van Sy wil kan ken (9)- In elke geval is die fokus op die Vader se aksie, en die basiese argument is dat Hy

lofwaardig is as gevolg van wat Hy gedoen het.- In die ander drie dele is die Vader nie die onderwerp nie, maar die klem is op wat

ons as Christene in die Seun ontvang het.(7-8, 11-12) en wat die lesers begin ervaar het deur die HG (13-14)

- Let op die konsentrasie van verlede tye: Dit beteken nie dat redding gesien word as volledig afgehandel nie – eerder dat ons toekomstige redding ingelei en verseker is in Christus

1:3-4: - Paulus begin direk om God te verheerlik en moedig die lesers aan om dieselfde te

doen- God word ge-identifiseer as die Vader van Jesus Christus, want dis net in Hom

wat die lesers God leer ken het- Die eerste rede hoekom Hy lofwaardig is, is omdat Hy ons so ryklik geseën het.

(3b)- Paulus besef hulle het nie alle geestelike seëning ervaar nie en daarom kwalifiseer

hy dit deur te sê dis in die hemele in Christus.- Dit beteken dat die seëninge van die toekomstige eeu is op Christus, aan die

regterhand van God, uitgegiet, en ons, as Sy mense, is derhalwe daarvan verseker deur Hom. (1:20-21)

Page 5: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Meer nog: Soos ons met Hom verenig is, begin ons reeds daaraan deel (2:6)- Hierdie toekomstige seën, waaraan ons nou reeds begin deel in Christus, word

verder verseker deur God se uitverkiesing (4)- Selfs voor die skepping het God reeds ’n volk (in Cristus) gekies wat voor Hom

heilig en vlekkeloos sal staan- Die gedagte hier is nie die verkiesing van individue tot die kerk nie, maar eerder

die verkiesing van die kerk as God se volk om geregverdig voor Hom te wees met die finale oordeel (Sien Kol 1:22)

1:5-6:- Hierdie verse deel ons mee dat God se uitverkiesende vreugde en wil is ons volle

aanneming as kinders deur Jesus Christus- Paulus glo dat gelowiges in ’n sin reeds kindskap geniet. (Rom 8:14-15,Gal 4:6)- Hy sien dit egter slegs as ’n eerste stap of voorsmakie van die voller aanneming as

kinders- Hy sê die skepping wag op die openbaarmaking van die kinders van God

(Rom8:19), en ons wag ook angstig daarvoor (Rom 8:23)- Dis waarskynlik na hierdie volheid wat Paulus hier verwys.- Beteken: God het die kerk verkies vir daardie heerlike kindskap wat sal spruit uit

die opstanding transformasie na die beeld van Jesus Christus. (1 Kor 15:42-49; Fil 3:21; Kol 3:4)

- Omdat die kindskap God se wil is, sal dit ook lei tot Sy lof- Omdat ons reeds deur die Gees met Christus verenig is is daardie genade,

insluitende kindskap, reeds vryelik aan ons gegee – gewalifiseer : In die Geliefde (Mk 1:11,9:7; Kol 1:13)

1:7-8:- Hierdie deel brei uit op 6b: As gevolg van ons vereniging met Christus het ons

reeds deel aan die voordele van die toekomstige verlossing van die bose wereld wat God vir ons verseker het deur die versoenende dood van Christus (bloed is ’n Bybelse metafoor vir ’n versoenende doodsoffer)

- Een van die spesiale voordele wat Paulus hier uitsonder is die vergifnis van ons sondes (Kol 1:14)

- Vergifnis is die wortel van alle ander seëninge,want totdat met sondes gehandel is bly die mensdom vervreemd van God. (Ef 2:1-3;11-22; 4:17-19;5:8-14)

- Daarby is wysheid en verstand, wat ook aan die wortel van ons wandel met God lê

1:9-10:- Die gedeelte keer terug na dit wat God gedoen het sodat Hy as lofwaardig

beskrywe kan word en die klimaks word hier bereik. God het nou aan ons bekend gemaak die verborgenheid wat altyd in die senter van Sy wil was

- Verborgenheid beteken in Efesiërs iets wat te wonderlik is om ten volle te begryp.- Hierdie verborgenheid wat God bekend gemaak het is dit wat Hy in Christus

gedoen het; Dit is ook ‘n verborgenheid tov die ‘volheid van die tye’ (Wat sien op die tye wat volg op hierdie dispensasie wat ons beleef)

- Paulus glo die ‘volheid van die tye’ is reeds ingelei in die hemele waar Christus gekroon is, en ons as gelowiges deel met Hom daarin.

Page 6: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Die inhoud van die verborgenheid is God se intensie/ voorneme om alles in die hemel en op aarde onder Christus as hoof te verenig.

- Opsommend: God se prysenswaardigheid word bevestig op grond daarvan dat Hy ons in Christus en in die kerk die begin van Sy meesterplan om die kosmos te herstel tot Homself en tot harmonie te herenig –wat deur die rebellie verlore gegaan het.

1:11-12:- Hierdie deel brei weer uit op ons deelname in Christus. Dit herhaal dat ons deur

vereniging met Christus voorbeskik is om voorbeelde van God se genade te wees, tot Sy lof deur die skepping (6a)

- Hierdie gebruik van ‘verordineer’ is nie bedoel om die menslike keuse tot niet te maak nie, maar dit gee die versekering van God se oorkoepelende soewereine mag en rigtinggewende doel aan die werk. Dit sou besonder teopaslik wees vir die lesers van Efesiers wat bang was vir die invloede van ander magte.

- Die gebruik van ‘ons wat reeds tevore gehoop het’ sien nie op Jode vs ander mense nie, maar bring die betekenis dat ons wat nou glo eendag by die oordeel tot God se heerlikeid sal wees.

1:13-14:- Hierdie finale deel beklemtoon die lesers se deelname in dit alles – sien die

omskakeling na ‘julle’. In Christus, na geloof, is hulle ook verseël as God se kinders. (God wat Sy merk op ons plaas: Eseg 9:4-6; Op 7:1-8)

- Hierdie seël was die beloofde gawe van die Gees – vervulling van Joël 2:28-29, maar begryp in ’n besliste Christelike perspektief.

- Deur hierdie Gawe het hulle wysheid en verligting ontvang om die implikasies van die Evangelie te verstaan.

- Hierdie Gees, waarmee God ons verseël word ook genoem die onderpand, waarborg , eerste paaiement van ons erfenis. (Rom 8:23; 2 Kor 1:22, 5:5)

- Hierdie seëninge is slegs ’n voorafskadu – ons wag nog vir ons erfenis met die finale redding van die wêreld deur God aan die einde van die tye.

- Dan sal God se doel, wat in Christus begin is vervul word, en die skepping sal aan God heerlikheid verkondig.

1:15-2:10 Begin van danksegging en gebed vir lesers 1:15-19a Verslag van danksegging:

- Griekse briewe het tradisioneel begin deur danksegging aan die gode. Paulus gebruik die vorm, hoewel op ’n Christelike manier. Die danksegging is kort en het nie persoonlike detail nie (Sien byv Kol 1:3-4). Die gebeds-verslag wat volg is egter lank en verweef met lering. (Een sin vs 15-23)

- Hy bid vir hulle geestelike verligting (17), om God dieper te leer ken en om die aard van die Christelike hoop te verstaan (18) asook die aard van God se krag wat reeds in ons werk (19a)

- Hy verduidelik dit op twee maniere: Dit word openbaar in die opstanding en verheerliking van Christus (19b-23) en word openbaar deur ons oorkoms van geestelike dood na lewe in Christus (2:1-10).

1:15-16:- Hy dank God vir wat hy gehoor het, dat hulle deel gekry het aan redding

Page 7: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Hulle geloof en liefde sien hy as vrug van God se genade- Die feit dat hy bloot so in die algemeen praat is duidelike bewys dat die brief nie

net aan die spesifieke gemeente bedoel was nie.1:17-19: Die inhoud van Paulus se gebed vir hulle

- Gees van wysheid en openbaring in kennis: Joodse segswyse – Dat hulle dit reeds van die Gees ervaar het. Nie spesiale informasie nie, maar dieper begrip van God.

- Vs 18 gaan voort om te bid vir geestelike begrip. (verstand – heart: senter van persepsie en besluitneming)

- Paulus bid dat sy lesers sal weet/ verstaan die volle hoop wat voor hulle lê. As hulle werklik besef dat God hulle saam met al die heiliges tot ’n wonderlike erfenis wil omvorm vir Homself, sal daardie kennis hulle transformeer met vreugde en liefde.

- Israel word in OT as God se erfenis aangedui: Deut 4:20; Ps 33:12; Jes 63:17;Jer 10:16. HIER PAS PAULUS DIT OP DIE VERHEERLIKTE KERK TOE.

- Die derde deel van sy gebed (19a) is dat hulle sal verstaan wat die aard en sterkte van die mag van God is wat alreeds in hulle werk. Hulle kan dit maklik onderskat as hulle na hulle omstandighede kyk.

- Diana van die Efesiërs was beskou as die godin oor die hemelse magte en dit kon hulle geloof ondermyn het.

- Paulus het geweet God se krag sal eers ten volle ge-openbaar word aan die einde (1:5-6,9-10,14) maar hy wou nou die lesers wys waar om te kyk in die huidige omstandighede om God se mag te sien.

1:19b-23: Die reddende mag van God ge-openbaar in die opstanding-verheerliking van Christus

- Omdat Hy die ware verteenwoordigede mens is, is Sy opstanding en verheerliking ’n beeld van wat God in ons wil bereik. Die verskil is dat die gesag wat in Christus gevestig is deur Sy verheerliking uniek is, hoewel ons in ’n sin daaraan deel het. (Ef 2:6)

- Paulus verduidelik dat Jesus, aan Wie alle mag gegee is, deur God aan die kerk gegee is, wat Hy vervul (vs 22-23) – en dit beteken Jesus se gesag is aan die werk deur die kerk.

- Jesus se opstanding en verheerliking word hier beskrywe in die taal van Ps 110:1 en dit beskrywe Jesus as gekroonde kosmiese Heerser wat ’n eervolle plek in die hemelse kring beklee.

- Jesus is nie deur die hemelvaart vanaf die aardse sfeer verwyder nie, maar is die plek van absolute beheer daaroor gegee vanuit die hemelse plek.

- Derhalwe kan gee mag in die wereld of die hemel met Sy gesag vergelyk word nie, want die een wat aan God se regterhand sit is bo alles. (Vs 21)

- Waar Ps 110:1 die uitnodiging bevat om aan Sy regterhand te sit totdat die vyande onderwerp is, is dit hier reeds ’n afgehandelde saak. (22a) Dieselfde word gesien in 1 Kor 15:25-27 waar Jesus voorgestel word as die tweede Adam wat aangestel word om oor die kosmos te heers. Hy is hoof oor alle dinge en is aan die kerk gegee, en hy kon skaars meer dramaties die gesag van die kerk beskrywe.

- Hy beskrywe die kerk verder op twee maniere: a) As Christus se liggaam (Sien ook 1 Kor 12:16-21) – ’n hele liggaam intiem verbind met Christus. (Kol 1:18) b)

Page 8: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

As die een wat alle dinge vervul – beteken om heerskappy uit te oefen oor alle dinge. So vervul Hy die misterie van vs 9-10

- Paulus bid dat sy lesers sal verstaan dat die krag wat in die kerk aan die werk is, is daardie krag wat wat uiteindelik die nuwe skepping onder Christus tot stand sal bring – en in die vereniging met Hom kan die kerk reeds ’n voorsmaak daarvan kry.

2:1-10 Die reddende genade van God soos openbaar in die kerk se redding- Hierdie is ’n voortsetting van 1:15-23 en hier verduidelik hy die werking van God

se krag om ons uit die dood in die lewe oor te bring.- Hy verduidelik wat dit beteken om dood te wees in oortredings en verduidelik dat

dit ons almal se lot was, en daaruit het HY ons genadiglik lewend gemaak in Christus.

2:1-3:- Dood in misdade is ’n Joodse uitdrukking – die wat sondig is reeds ter dood

veroordeel en behoort eintlik aan daardie wereld – en dit wat hulle dink lewe is, is eintlik maar ’n voorsmaak van die dood, aangesien dit sonder God is. (Jn 5:24; 1 Jn 3:14).

- Daar is twee faktore wat die soort lewe veroorsaak: die invloed van die huidige wereld en die duiwel as heerser van die wereld. Dit maak hulle kinders van die toorn – dit is die wat God se toorn teen die sonde sal ervaar.

2:4-7: - In skrille kontras hiermee is wat God vir ons gedoen het en dit openbaar die krag

van die Gees wat in ons werk – die opstandingskrag wat ons uit die dood in die lewe oorbring. Dit word in die teenwoordige tyd aangedui omdat dit reeds plaasgevind het in Christus en ons nou al reeds ’n voorsmaak daarvan kry in ons vereniging met Hom.

- In vs 6 gebruik hy dieselfde taal tov ons heers met Christus. Hy leer elders die gelowiges sal deelneem aan die oordeel en heers oor die nuwe skepping (1 Kor 6:2), maar ook dat dit nognie die geval is nie (1 Kor 4:8)

- Sommige kommentators oordeel dat die brief hier wegbreek van Paulus se sieninge en dat dit deur iemand anders geskrywe is in die sin dat redding heeltemal afgehandel en voltooi is. Hierdie siening hou nie rekening met die klem wat daar op hoop geplaas word in die brief nie ( 1:3-23,4:20-5:15; 6:10-18) In hierdie dele word die chistelike lewe tog geteken as in konflik met die patroon van die ou sonde natuur, en met die magte van hierdie wereld.

- Vs 5&6 word beste gesien as vooruitkykend na die toekoms – dis tans net geldig van Christus en is waar van ons in ’n sekondere sin – deurdat Hy ons verteenwoordiger is, dat Hy bepalend vir ons toekoms is en dat ons nou met Hom verenig is deur die Gees.

- So ook in vs 5 tov ons redding – beteken nie dis afgehandel nie , maar eerder dat dit verseker en ge-openbaar is in Christus, en dis op weg in ons – ons het reeds begin ervaar die oorgang van die dood na die opstanding en die lewe. Sien Kol 1:13; 3:1-4

- Vs 7 wys dat die toekoms sal uitwys die redding en genade wat ons nou net deur die geloof ken.

Page 9: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

2:8-10:- Hierdie opsommende deel eggo Galasiers en Romeine oor redding uit genade

sonder toewyding aan die Mosaiese wette. Die oorgang vanaf die dood na die lewe wat ons reeds deels ervaar is ’n openbaring van God se genadige krag aangesien dit totaal van Hom af kom – dis nie die produk van ons werke nie, maar ’n geskenk vanaf Hom op grond van geloof.

- Tog is werke nie onbelangrik nie – vs 10 brei uit op ons redding in terme van God se nuwe skepping in Christus. Ons is saam met Christus deel van die nuwe skepping en derhalwe in staat om egte goeie werke te doen. (2 Kor 5:17, Gal 6:15)

2:11-22 Onderbreking: Kerk, kosmiese rekonsiliasie, eenheid,die tempel- Hierdie is ‘n onderbreking van die gebedsrapport maar vorm tog deel van die

teologiese hart van die brief. Hierdie is die sentrale juweel in die brief en het ’n subtiele diepte wat nie maklik verklaar kan word nie.

- Die gedeelte bestaan struktuurgewys uit ’n toe-nou vergelyking/ kontras. Dit begin in vs 11 met ’n beskrywing van die toe- gedeelte en na die sentrale deel in 14-16 word die nou gedeelte in 19-22 behandel.

- Die toe- gedeelte hanteer die vervreemding van God, die uitsluiting, vyandigheid teenoor die teenwoordige versoening, eenheid en vrede. Die gedeelte vertel hoe God die kosmiese versoening, wat Sy ewige plan was, begin het

- 11-15 vertel hoe Christus die groot skeiding tussen heidene en Jode verwyder het, en hoe gelowiges uit die heidendom by gelowige Israel gevoeg is (Horisontale versoening). In 16-22 word verduidelik hoe Jood en heiden na God gebring word, en toegang tot Hom kry, en verander word om ’n hemelse tempel te wees in wie Hy woon (19-22) (Vertikale versoening)

2:11-13:- Die christene uit die heidendom word opgeroep om hulle vorige status, as buite

God se volk te onthou. (Die onbesnedenes vs die besnydenis – wat die seel was van God se verbond en wat Israel van die res van die wereld onderskei het)

- Let op Paulus noem hulle die “sogenaamde” besnydenis – vir hom is dit ’n menslike prosedure, as die innerlike verhouding met God wat dit simboliseer nie ’n werklikheid is nie. Vir Paulus is dit die ware gelowiges wie se verhouding met God eintlik dit vervul wat besnydenis beteken. (Rom 2:28-29, Fil 3:3; Kol 2:11)

- Hulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens Koning van Israel (Rom 9:5). Hulle is vervreemd van die burgerskap van Israel – wat meer wys na die gelowige Jode as die nasie van Israel. Derhalwe het hulle nie deel gehad aan die verbonde van God, wat verlossing deur die Messias beloof het nie.

- Nou in Christus het hulle situasie drasties verander. Die begrip van ver-naby kom van Jes 57:19. Hierdie nabyheid het twee betekenisse: Naby aan die res van God se volk en naby aan God. Paulus dink aan ’n veranderde volk en hemelse tempel.

2:14-18: - Hierdie is die hart van Paulus se begrip van die Evangelie van vrede. Hy begin

met die horisontale dimensie – Jesus is ons vrede in die sin dat Hy die groot verdeling in die mensdom (besnydenis en onbesnedenheid) verenig het. Hy het

Page 10: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

die vyandskap verwyder deur die groot hindernis tussen hulle te verwyder wat die suspisie en vyandskap veroorsaak het. Hierdie hindernis is die Mosaiese wet met sy gedetailleerde heiligheidskode wat dit vir gelowige Jode onmoontlik gemaak het om in die teenwoordigheid van heidene te kon lewe.

- Die wet van Moses het ystermure rondom hulle gebou om te verhinder dat hulle vermeng raak met ander mense om sodoende rein te bly. Selfs in die tempel was daar ’n skeiding wat heidene nie mag oorgegaan het nie. Hierdie skeiding is in Sy vlees verwyder (15) (Kol 1:22; 2:11-12)

- Dit is verwyder toe die Mosaiese wet vervul en vervang is met die nuwe skepping en ooreenstemmende verbond wat in Christus ingestel is (2 Kor 3:3-18). God se wil is dat een nuwe mensheid/ volk geskep sou word uit Jood en heiden.

- 16: Aandag word nou verskuif na die vertikale dimensie. Tot hier kon mens die indruk kry dat Israel se status onveranderd bly en dat die heidense gelowiges net toegevoeg word. Dit is nie so nie – hier verklaar Paulus dat die een liggaam wat geskape is uit Jode en heidene met God versoen is by die kruis. Dit voorveronderstel dat Israel ook van God vervreemd geraak het deur sonde en dat dit ook by die kruis oorkom moes word. Israel ervaar slegs die versoening soos sy deel word van die nuwe skepping – die Liggaam van Christus – wat bestaan uit Jode en voormalige heidene. Jesus aan die kruis was die verteenwoordiger van Jood en heiden.

- Dit beteken die kerk is ’n derde entiteit – nie Joods of heidens nie, maar ’n nuwe mensheid.

- Agter die terminologie van die skepping van ’n nuwe mensheid le die Joodse hoop dat God aan die einde ‘beter skepping’ sal daarstel as die eerste een. Dan sal die mense opstandingsliggame he en in harmonie met God en mekaar lewe. Volgens Paulus is dit presies dit wat in Christus se opstanding begin het, en wat die patroon vir ons s’n is. (Rom 8:1; 1 Kor 15:45-49); Gal 6:15; Fil 3:21)

- Dis alleelik in Christus dat die kerk hierdie kosmiese eenheid kan begin ervaar.2:17-18:

- Hierdie ‘verkondiging van vrede’ verwys spesifiek na die kruis en opstanding waarna 14-16 ook verwys. In Jes 57:19 sien die woorde op God se seen van Jerusalem en Diaspora Jode, maar hier word dit vervul in die Messiaanse vrede tussen Joodse en heidense gelowiges, asook tussen die nuutgeskape mensheid en God.

- Vs 18 gebruik ’n tempelmetafoor. Die hoepriester het alleen toegang gehad die allerheiligste. Israel het verder gestaan en die heidene nog verder. Nou het beide egter onmiddellike toegang tot God deur die gawe van die Heilige Gees wat die bewustelike teenwoordigheid van God aan die individu bring.

2:19-22: - ’n Finale metafoor word gebruik om te verduidelik wat God vir die

‘buitestaander-heidene’ gedoen het. Hulle het nou deelgenote, medeburgers geword van God se hemelse stad-tempel huishouding. Christene behoort aan die hemelse Jerusalem (Gal 4:26, Fil 3:20). Dit beteken dat die toekomstige eeu reeds in die hemel gerealiseer is en dat dit wag om neer te daal. (Op 21:1-4)

- Die feit dat ons reeds deel is van die hemelstad beteken dat ons nou reeds in Christus deelneem aan die heerlike stad wat skyn met God se heerlikeid en dat dit

Page 11: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

uiteindelik openbaar sal word en alles wat ons as realiteit op die wereld ken sal vervang.

2:20-22 - Skilder gelowiges as die stene waaruit die hemelse tempel gebou word. Hulle

word op die fondasie van die apostels en profete gebou – bedoelende een stigtersgroep, en Jesus die Hoeksteen, waarvandaan die fondasie verder gebou word.

- Die betekenis is dat die tempel gebou word vanuit die openbaring wat in Christus gegee is deur die openbaringswerk van die apostels-profete. Alles word gebou op Christus, ondersteun deur Christus en die vorm van die gebou word bepaal deur Christus die Hoeksteen.

- Vs 22 herhinner die lesers aan die enorme voorreg wat hulle het dat hulle deel kan wees van hierdie Goddelike bouwerk. Hulle is deel van die een universele kerk, ingesluit deur hulle vereniging met Christus, in Wie alle dinge tot die kosmiese harmonie gebring word deur die versoening wat op die kruis bewerkstellig is.

3:1 Gebedsrapport vervolgPaulus sit hier die gebedsrapport voort maar breek hy skielik weer weg na die eerste sin

en hervat eers die gebed in vers 14.3:2-13 Onderbreking – Paulus se apostoliese bediening

- Hy breek skielik weg van sy inleidende gedagte dat hy Jesus Christus se gevangene is vir hulle onthalwe as heidene – nou brei hy hierop uit. 2-13 behandel sy apostelskap na die heidene. Die gedeelte bestaan uit 3 Griekse sinne.

- Vs 2-7 behandel die tema van die openbaring van die verborgenheid van die kosmiese vereniging in Christus – ’n openbaring wat die insluiting van die heidene in die kollig plaas. Vs 8-12 konsentreer meer op Paulus se eie rol as apostel na die heidene, en die genade wat hom die draer van die kosmiese versoeningsboodskap maak. In vs 13 kom hy terug na sy lyding vir die evangelie wat die wegbreek begin het.

3:2-7: - Hy het die verwagting dat hulle reeds gehoor het van sy roeping van God. Hyself

het tevore die evangelie vanaf Jerusalem langs die Middelandse see tot by Illiricum (Rom 15:9) (Jugoslavie) geneem en wou nog Rome en Spanje toe gaan (Rom 15:14-24). Hy was vir 3 jaar (52-55nC) in Efese gestasioneer (Hand 20:31) van waar hulle die evangelie so ver oos as Kolosse en Laodicea geneem het. Die feit dat hy so praat is ’n aanduiding dat hy nie aan ’n spesifieke gemeente skryf nie, maar aan kerke wat hom nognie ontmoet het nie.

- Wat beteken die begrip “bediening” (administration) wat Paulus in vs 2 gebruik? Dit kan wees die manier waarop dit aan hom oorgedra is of die uitwerking daarvan of die verantwoordelikheid daarvan of die plan/ rangskikking daarvan. Dit lyk of dit die eersgenoemde is.

- Dit lyk dus of hy in 2-4 se dat God aan hom die evangelie vir die heidene toevertrou het deur die openbaring van die verborgenheid waaroor hy reeds geskrywe het.

3:5-6:

Page 12: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Nuwe gedagte. Hy se daar was aanduidings in die OT van die evangelie (Word meer volledig in Rom 4, Rom 9:25-10:21 behandel), maar die openbaring dat die heidene mede erfgename en medelede van die liggaam van Christus sou wees, en ook sou deel aan die belofte van die nuwe skepping in Christus, was ’n nuwe openbaring. Teksgedeeltes soos Jes 2:1-4 is mer gereeld verstaan as dat heidene met bewondering na Israel sou kom as herstelde volk, maar hier is nou die openbaring van die verborgenheid van die volle seen aan die heidene, en dit word gebring deur die apostels en profete (apostels wat funksioneer as profete, of apostels en profete wat as ’n eenheid optree)

- Wanneer het die openbaring plaasgevind? Dit moes die Damaskus ervaring wees (Hand 26:12-18; Gal 1:11-12, 15-16), maar dit het langer geneem vir die ander Apostels om dit te begryp (Hand 15; Gal 2)

- 6: bevat aldrie terme: mede-erfgename, mede-lede en mede deelgenote – alles in Christus alleen.

- 7: Paulus het ’n dienaar hiervan geword en dit is genade.3:8-12:

- Hier word die tema van Paulus se diens aan die evangelie ontwikkel. Hy se hy is die minste van die heiliges (Vgl 1 Kor 15:9, 1 Tim 1:15). Hierdie doelbewuste oordrywing word gebruik om die grootheid van die genade te benadruk daarvan dat hy die wonderlike evangelie aan die heidene kon oordra.

- Meer spesifiek het hy die opdrag gekry om mense bekend te maak die kosmiese verborgenheid en hoe God bedoel het om sy ewige doelwit uit te werk.

- Die beduidendheid word in vs 10 duidelik gemaak. Die kerk moet opgebou word sodat dit die beeld kan word van God se ryk, veelkleurige wysheid vir die owerhede en magte – engele en bose magte. God se wysheid word sigbaar aan al die magte deur die kerk wat Sy wysheid tot uitdrukking bring. Daardie wysheid is die ewige doelwit in Christus (11), wat niks anders is as om alle dinge in Christus te verenig nie (1:9-10). Dit vind uitdrukking in ’n universele kerk waar Jood en heiden lewe en aanbid as een liggaam, in harmonie met mekaar en met God.

- In alles wat Paulus skrywe in Efesiers beklemtoon hy hierdie waarheid as ’n sentrale, indien nie die sentrale tema van die Evangelie nie. Hy volg Jesus se Johannes 17 gebed wat fokus op die versoek dat God die kerk in eenheid sal hou wat ’n beeld sal wees van die liefdeseenheid van die Drie-eenheid.

- 13: Keer terug na vers 1 waar hy se dat hy vir hulle onthalwe ’n gevangene is. In plaas daarvan dat hulle daardeur ontmoedig moet word, moet hulle eerder daarin eer vind.

- Hoekom is Paulus ge-arresteer? Omdat hy gestaan het vir heidense gelykheid met Joodse gelowiges in Christus se liggaam. Dit het sommige Joodse gelowiges vertoorn, en dit is hulle oproerige antagonisme wat tot Paulus se arres en gevangenskap gelei het. (Hand 21-28). Dit terwyl hy ten volle bewus was van die gevaar en besig was om ’n bydrae vanaf die heidene aan die Jerusalem kerk te bring. Hy het waarskynlik gehoop dit sou die eenheid tussen die kerke bewerkstellig. Paulus sterf dus uiteindelik as martelaar vir die Christelike eenheid

- Dis stof tot nadenke vir die steeds verdelende Protestantisme oor aspekte van “die waarheid”, sonder begrip dat daardeur die sentrale waarheid van die versoening geweld aangedoen word nie.

Page 13: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

3:14-21 Gebedsrapport voltooi en doksologie- Hier voltooi Paulus die sin wat in vs 1 begin is en dit lei tot die laaste deel van die

gebedsverslag wat in 1:17 begin is. In 1:17-23 bid hy vir die lesers se dieper begrip van die sentrale verborgenheid van God se wil. Hier is die gebed vir begrip van die volheid van Christus se liefde. Hoe dieper dit in die kerk vestaan word, hoe meer intens sal dit die eenheid, harmonie en vrede van God reflekteer.

- 14: Paulus beskryf ’n geboe gebedsposisie (die normale gebedsposisie was staande) om God se almag te beklemtoon. Hy word as “Vader” aangespreek wat nie ’n familiariteitsterm is nie. In die Ooste is die vader die hoof van die familie wat deur die inders, al is hulle groot, gerespekteer word.

- 15: Die feit dat na elke geslag verwys word beklemtoon God as Skepper van alle mense. Die kwessie van naamgewing deur God in die Hebreeuse tradisie gaan nie net oor die naam nie, maar ook oor die rol – dit bepaal wie ons is

3:16-19: - Die gebed bestaan uit 2 versoeke. Die eerste gaan oor die versterking van die

innerlike mens – in terme van die inwonende Christus. Nie ’n mistieke ervaring nie – maar deur die geloof. Ons moet steeds meer in liefdevolle vertroue op Hom leef, en na Sy beeld gevorm word. Dit is hierdie inwoning van Christus wat die gelowige versterk en hom op ’n vaste fondament hou – veral in moeilike tye( Kol 1:11; Fil :12 en 2 Kor 11:21-12:10)

- Die tweede versoek in 18-19a is ’n gebed vir diep geestelike begrip en werklike kennis van die liefde van Christus, wat paradoksaal groter as menslike begrip is.

- Die liefde is “saam met al die heiliges” kenbaar. Hy spesifiseer nie wat die 4 dimensies van God se liefde is nie

- 19b dui op die gevolg van die kennis van Christus se liefde. Waar Sy liefde diep geken word, daar heers Hy, en word die kosmos verenig in ’n nuutgeskepte harmonie met God.

- Die doksologie sluit die eerstel helfte van die brief af en rond dit af – ‘n uitnodiging om te aanbid – soos dit begin het. Dit vorm ’n oorgang na die leringsgedeelte. Dit herhinner hulle weer aan God se geweldige krag aan die werk in hulle – nie vir selfsugtige redes nie, maar vir dit wat ooreenstem met God se bedoeling vir die kerk in die huidige eeu. Heerlikheid moet aan God gebring word deur die kerk.

4:1-6:20 Aanmoediging om die evangelie van kosmiese versoening en eenheid in Christus uit te leef

Die tweede deel van die brief hanteer die toepassing van die evangelie van versoening en eenheid in die kerk. Hy bou voort op die fondasie wat in die eerste hoofstukke gele is.

4:1-6 Appel tot ’n lewe wat die nuwe skepping harmonie vertoon- Hier beskrywe Paulus ons roeping as een waarin ons saam moet leef op ’n manier

wat die kosmiese eenheid wat God ingestel het sal weerspieel.- Die gedeelte bestaan uit 2 dele: ’n appel vir eenheid en ’n sewevoudige belydenis

wat dit beklemtoon.4:1-3:

Page 14: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Hier is ’n algemene appel om op ’n manier te lewe wat God se roeping waardig is (Sien ook 1 Thes 2:12, Rom 12:1 en Kol 1:10) Hy beroep hom op hul nederigheid, geduld en vergewende liefde wat toonbeelde is van versoening. Hierdie is egter in die imperatief (opdragvorm). Die eenheid moet nie gebou word nie, maar bewaar word, aangesien Christus dit reeds bewerk het. Hierdie eenheid word maklik verbreek deur dinge soos arrogansie, valsheid, hoogmoed en selfsug

4:4-6: - Die eenheidsverklarings volg die groot tema’s van die Brief. Die eerste drie begin

by die kerk, deur die werking van die gees na die hoop dat die kosmiese eenheid vervul sal word. Die volgende drie kon moontlik ’n doopformulier gewees het. Vs verkondig die klimaks dat God soewerein oor die hele skepping is en dis op die veronderstelling dat die hoop vir kosmiese vereniging gebou is.

- Die eenheid in die lokale en universele kerk word aangespreek.

4:7-16 Christus se oorwinnings gawes en groei tot volwassenheid- Die gedeelte maak drie punte: Die kerk moet groei as ’n verenigde liggaam vanuit

die eenheid wat Christus reeds bewerkstellig het; elke christen het ’n wesentlike deel daaraan in ooreenstemming met die genade wat aan hom gegee is; God het sekere tipes leiers gegee om sodanige groei te rig en eeheid te bevorder.

4:7-10: - Die gedagtes is baie naby aan die van 1 Kor 12:4-7 en Rom 12:1-8. Hy beskrywe

Christus as die Gewer van die gawes. Hy gebruik Ps 68:19 as vervul in Christus. Hy het die magte wat ons bind gevangene geneem (Kol 2:15) en deel nou vrygewig die oorwinnaar se gawes uit. Dis onseker hoekom hier in Ef daar gawes gegee word deur die oorwinnaar, maar in Ps 68 word daar gawes ontvang deur hom.

4:9-10: - Drie moontlike betekenise: 1) Die Een wat opgevaar het het ook neergedaal in

Hades 2) Die Een wat opgevaar het is die Een wat vroeer neergedaal het tot menswording en die vernedering vd kruis 3)Die Een wat opgevaar het het weer neergedaal (in die HG) en het nou gawes aan die mense gegee. Opsie 2) is waarskynlik die beste een.

4:11-16: - Vs 11 is voorbeelde van Christus se oorwinningsgawes – sekere tipes leiers aan

die kerk, aangesien hulledie kerk sal lei in verenigde groei (12,16). Die begrip van die Evangelie van kosmiese versoening moet aanhou om die kerk te vorm en te verenig.

- Apostels en profete verwys waarskynlik na die bedieninge waardeur die grond openbaring van die kerk gekom het. Evangeliste en herders is die ander bedieninge wat saam met die apostels die Evangelie verkondig het. Teen die einde van Paulus se bediening word herder (pastor) gelyklopend met opsiener (overseer, bishop) gebruik vir kerkleiers (Hand 20:17, 28). Kort na Paulus se bediening kristalliseer dit uit na ’n drieerly leierskap: Opsiener, Ouderling en diakens.

- Vs 12: Leierskap daar vir 3 doeleindes: 1) Om die heiliges toe te rus 2)Om die kerk te dien 3) Om die Liggaam van Christus op te bou.

Page 15: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Vs 13 beklemtoon dat die leierskap die funksie sal vervul totdat Christus kom en die eenheid, wat by die kruis begin het, vervul sal word. Ons het reeds deel aan die eenheid deur die geloof maar dit moet nog ten volle realiseer. Dit is nie net tydgewys nie, maar ook posisiegewys.

- Vs 14 beteken dat God die leierskap gee sodat ons nie gevange bly in onvolwassenheid nie, maar dat ons sal groei tot volwassenheid.

- Vs 15 beklemtoon dat die groei en eenwording ook beteken ’n eenwording en volwassenheid met Christus as die Hoof van die kerk.

- Vs 16: Die groei kom van Christus, maar net as elke lid sy deel bydra in liefde – en nie net die leierskap nie. Die groei word egter bymekaar gehou deur die ondersteuning van elke lid. (Dis ’n uitdaging vir leierskap vandag?)

4:17-6:9 Aflê van ou lewe en lewe volgens die nuwe skepping- Hy dring daarop aan dat die lesers die ou lewe, wat hy in donker kleure teken,

agter hulle moet laat in skerp kontras met die nuwe lewe in Christus.- Christus is die patroon vir die nuwe skepping en ’n deel van die Evangelie is om

die ou skepping agter te laat en die nuwe skepping op te neem.4:17-19:

- Vgl Rom 1:18-32. In hierdie deel is daar meer klem op die menslike verantwoordelikheid om sonde af te le.

- Soos in Romeine word die probleem teruggetrek na afgoderydenke, ignorering van God en harde harte en rebellie.

- Dit lei tot verdonkerde verstand soos God verplaas word van die sentrale posisie wat HY behoort te beklee.

- Dit lei op sy beurt tot die faling van die mens se gewete en die afwaartse spiraal van sonde. Alles word opgesom in die term : Vervreemd.

4:20-24: - Hier word die kontras getoon met wat hulle oor Christus geleer is. Vgl Kol 2:6-7- Hulle het geleer dat Christus waarheid verteenwoordig in teenstelling met die

misleiding van hulle vorige lewe. As hulle in waarheid wil lewe moet hulle die ou lewe afle en ’n lewe soos Christus sn aanhang.

- Die ou mens moet afgele en die nuwe opgeneem word (Rom 6:6; 13:14; Gal 3:27b)

- Paulus bemoedig hulle om vernuwe te word in hulle gemoed en om in ooreenstemming met die nuwe skepping te lewe wat God reeds besig is om hulle te maak.

- Die nuwe natuur is na God se beeld (24)

4:25-5:2 Lewe in die waarheid volgens die patroon van Jesus Christus- Omdat die nuwe skepping die waarheid van Jesus Christus weerspieel, moet

Christene die waarheid praat en nie valsheid nie- Daar is egter ’n dieper waarheid: Ons is deel van dieselfde liggaam wat saam in

eenheid behoort en ons mag mekaar nie van die waarheid beroof nie- Verder word die sonde van woede en ander gevolgsondes aangespreek. In die

plek daarvan moet gelowiges inrig volgens die waarheid wat in Jesus ge-openbaar is (Sien Kol 3:8-12)

Page 16: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Vs 26 lei die deel oor woede in. Hierdie is nie ’n aanmoediging tot geregverdigde woede nie –alle woede word verbied (4:31).

- Dit is eerder ’n waarskuwing: Oppas as jy kwaad word – sonde le voor die deur!- Die Joodse tradisie was bewus van woede se verdelende , sataniese en

korrupterende mag- Woede en sy gevolgsondes (29,31) is sondes wat sosiaal verdelend is en wat

kenmerkend van die ou skepping is.- Diefstal is net so ’n sonde - dit is ’n vernietiger van vertroue in ’n gemeenskap.- Hierdie dinge grief die Heilige Gees in die sin dat dit die versoenende,

verenigende nuwe skepping in die gelowige teenwerk- In die plek hiervan behoort die gelowige die dinge te doen wat opbou en verenig

– die dief moet meedeel, woorde moet gebruik word om goed te doen, In plaas van woede moet die gelowige die vergewende karakter van God vertoon. (4:32 &5:1,2)

5:3-14 Lewe in die lig wat van Jesus Christus af skyn:- Bestaan uit 2 dele: (3-7) wat gelowiges aanmoedig om niks te doene te he met die

losbandigheid van die heidense wereld nie en (8-14) wat hierdie dinge uitlig as iets wat tot hulle sondige verlede hoort, waarvan hulle nou verlos is, en wat hulle nou, as lig moet blootle.

- 3-7: Praatjies en grappe oor seksuele sonde moet nie eers genoem word nie. Hierdie dinge behoort tot die ou natuur wat onder God se toorn staan. (Kol 3:6) en wat van die nuwe skepping uitgesluit is.

5:8-14: - Hier word simbolies van lig gepraat wat van Christus afstraal (14b) en dit

verander mens se lewe om die vrug van waarheid en heiligheid voort te bring.- Die mense wat daardeur verander is word ook lig genoem (8) en hulle aktiwiteite

is ook lig en hulle ontbloot heidense standaarde as in die duisternis.

5:15-6:9 Lewe in die wysheid wat die Gees gee!- Nadat Paulus hulle opgeroep het om verleiding vir waarheid en duisternis vir lig

te verlaat roep hy hulle hier op om dwaasheid te verlaat vir wysheid van die Gees.- Daardie wysheid vind uitdrukking in die wyse gebruik van tyd, opregte

aanbidding en danksegging en onderlinge respek en onderwerping.18-24:

- Die instruksie aan vroue en manne in 22-23 is ’n tipiese voorbeeld van die respekvolle, onderwerpende wysheid wat gelowiges behoort te kenmerk.

- Sien ook Kol 3:18-4:1; 1 Pet 2:18-3:7) – dit beteken dat die reels ook wyer in die kerk gebruik is. Ook onder die Grieke – wat meer daaroor handel oor hoe die vrye man sy vrou, slawe en kinders moet hanteer.

- In Efesiers word dit uitgebrei deur dit te vergelyk met die verhouding tussen Christus en die kerk.

- Vs 21 moet nie geneem word asof dit volkome wedersydse onderwerping beteken nie. Paulus behou die destydse orde. Dit verwys waarskynlik na onderwerping binne elke hierargiese orde.

- Die reels is egter vrymakend aangesien elke groep hulle eie roeping voor God gegee word met hulle eiesoortige rolle.

Page 17: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Meester en slaaf is beide verantwoordelik teenoor die Here5:15-21:

- Die inrig van ons lewens in wysheid ipv dwaasheid word gesien op drie wyses:- 16 : Om die beste gebruik te maak van ons tyd – die bose magte het ’n stewige

greep op die mensdom, en lei hulle in selfgenot en ongehoorsaamheid. Christene behoort daarom hulle lewe en prioriteite rondom God se heerlikheid rangskik.

- 17: Die tweede aspek van dwaasheid wat afgele moet word is om te poog om te lewe volgens God se wil

- 18: Die derde wyse is die kontras tussen dronk wees met wyn en vervul wees met die HG. (Dronkenskap was spreekwoordelik gesien as dwaasheid en vervulling met die Gees as wysheid en begrip)

- Vanaf vs 19 dui dit daarop dat vervulling met die Gees uitdrukking vind in gesamentlike aanbidding, bewonderende sang en danksegging aan God, asook onderlinge onderwerping.

5: 22-24: - Die oproep vir die vrou om haar man te gehoorsaam was universeel vir daardie

tyd. (Sien ook 1 Pet 3:5-6)- Paulus versterk dit deur te se die man is die vrou se hoof. Dit word verder

versterk deur die analogie met die verhouding tussen Christus en die kerk – die vrou moet aan haar man onderwerp soos die kerk aan Christus.

5:25-29:- Paulus gee radikale inhoud aan die opdrag ana die man om sy vrou lief te he deur

die Christus-kerk analogie: Christus het Homself vir die kerk gegee in liefde, en HY maak die kerk volmaak.

5:30-33:- Gen 2:24 het ’n letterlike betekenis, maar Paulus sien daarin ook die simboliek

van die kosmiese vereniging in Christus.- Deur hierdie analogie te gebruik gee Paulus aan die huwelik die hoogste ideaal

denkbaar.6:1-4:

- Volg Kol 3:20-21. Ouers (manlike vorm) kry die opdrag ook om kinders op te voed.

6:5-9:- Volg Kol 3:22-4:1

6:10-20 Finale appel: Stry die geestelike stryd saam!- Hierdie deel moet gelees word in die konteks van die tema van die kosmiese

versoening in Jesus Christus.- Paulus bied die boodskap hier aan in terme van ’n oorlogsmetafoor – hy spreek

die hele kerk aan as ’n leermag en nie as individuele gelowiges nie.- Paulus het ’n spesifieke tipe oorlog in gedagte: Om ’n sterk posisie te hou. Dit

gaan nie daaroor om ’n aanval te loods nie.(Let daarop dat die Romeinse soldaat se aanvalswapens – twee spiese – is nie teenwoordig nie)

- Die kerk moet staande bly(11, 13) en vas staan (14)- Die gelowiges hou die kruin van die heuwel/ hoe grond, en die vyand moet

worstel om opdraande aan te val.

Page 18: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Die sterk posisie wat ons het is duidelik – dit is ons vereniging met Christus (2:5-6) wat die Hoof is oor alle dinge (1:22-23) wat ver bo owerhede en magte is (1:21) en die opstandingskrag van God is aan die werk in ons (1:19-2:7)

- Selfs die pantser en wapens is gedeeltelik dieselfde as God s’n en die Messias s’n- sien Jes 59:17, Jes 11:4-5

- Die beslissende oorwinning wat Christus behaal het is in die verlede maar ons finale oorwinning le in die toekoms. Tans is nog die dag van onheil (13) wat geld.

- Die gedeelte het 3 onderverdelings: 1) Die oproep om die wapenrusting van God op te neem (10-13); 2) die beskrywing van die wapenrusting (14-17) en 3) die noodsaaklikheid van wakker wees, gebed en intersessie

6:10-13: - Word kragtig – klem is op God se krag vir die geveg. Daarby benodig hulle die

volle pantser van God.- Paulus skrywe aan ’n area wat oorheers is deur towery ens, maar tog gaan hy nie

in diepte in in demonologie nie – hy gebruik 3 algemene terme en een wat moontlik ’n astrologiese betekenis kon gehad het (wereldheersers van die duisternis).

- Die eerste twee terme – owerhede & magte – sien 1:21,22 – sodat die lesers vir seker kan weet Christus is groter as dit.

- Die liste van die duiwel: Hy poog om die mens van God te vervreem deur ongehoorsaamheid (2:1-3, 4:18b-19), onkunde en bedorwe denke (4:17b-18)

- Hy poog om mense van mekaar te verwyder deur die verdelende sondes van gierigheid (4:22,23), valsheid (4:25), woede (4:27) en ander verwante sondes (4:25-31)

- Die verwysing na die wereldheersers van die duisternis verwys terug na 5:7-14 – waar die bose die invloed agter die sonde van die tyd en skepping is, in teenstelling met die lig van die nuwe skepping wat kom.

- 13: Die nodigheid om die volle wapenrusting aan te trek word hier beklemtoon, want dit is reeds die dag van onheil (Sien ook 5:16) en die oorlog is reeds aan die gang.

6:14-17: - ’n Tweede oproep om SAAM vas te staan lei die detail beskrywing van die

wapenrusting in.- Die lesers sou onwillekeurig aan die Romeinse soldaat dink – maar Paulus

gebruik hier die wapenrusting van God as basis (Jes 59:17 – sien ook 1 Thess 5:8)

- Hier word die Messias se gordel van Waarheid en borsplaat van geregtigheid bygevoeg, asook Sy magtige woord wat veroordeling bring (Jes 11:4-5)

- Die wapenrusting is God s’n, word deur genade deur Hom gegee.- Die metafoor is nie vas nie – in 1 Thess 5:8 is die borsplaat geloof en liefde en

hier is dit geregtigheid.14: Begin met 2 etiese items – waarheid as gordel en geregtigheid as borsplaat. Te oordeel aan die orde waarin dit aangetrek word is die gordel nie die belt waaraan die swaard gehou word nie maar die leer voorskoot wat onder die pantser aangetrek word om die ander klere aan vas te maak.

Page 19: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Waarheid en geregtigheid word baiekeer as verwysing geneem na die Evangelie se geregtigheid deur geloof – dit dui kwaliteit van karakter aan.

- Paulus se die kerk se basiese toerusting in die geestelike oorlog is integriteit en geregtigheid en dit is effektief aangesien dit die merk van Jesus en die nuwe skepping dra. (4:17-24)

- 15: Skoeisel gee gereedheid vir oorlog. Sien ook Jes 52:7. Romeinse skoene het spykers deur die sole gehad wat kon verseker dat hulle vasstaan in ’n linie as die vyand storm.

- Dit is – paradoksaal – die begrip van die Evangelie van vrede wat die kerk die houvas verskaf wat die voorbereiding vir die oorlog is. (2:14,17)

6:16: - Hier word verwys na die leer- en houtskild in die vorm van ’n deur. In ’n geveg

kon hulle aanmekaar gehaak word om ’n muur voor en ’n dak bo-oor te vorm. Die leer is baiekeer natgemaak voor ’n geveg sodat dit brandende pyle kon blus, wat gewone houtskilde sou aan die brand steek.

- Die aanvalle wat Paulus in gedagte het is enigiets vanaf okkulte aanslag tot duiwelsgeinspireerde vervolging, maar bo-alles die gelykmatige stroom van versoekings om te vrees, bitterheid, woede en verdeeldheid.

- Hierdie pyle moet met geloof afgeweer word.- Geloof in hierdie brief is ’n radikale openheid teenoor God wat Christus se volle

inwoning moontlik maak en wat ’n dieper begrip bring van God se onbepaalbare liefde (3:17)

- Om die skild van geloof op te neem beteken dus om doelbewus aan die God wat in die Evangelie verkondig word vas te hou en ’n vasbeslote afhanklikheid op die Here wat die vurige pyle uitblus wat paniek kan saai.

6:17:- Die helm van verlossing hier is die wete dat ons reeds met Hom gesetel is en in

Hom veilig is (2:5-8). Ons word slegs geroep om die hoe grond te behou deur te staan.

- Die swaard vd Gees verwys waarskynlik na Jes 11:4 waar die magtige woord van die Messias oordeel bring.

- Hier is dan vir die kerk ’n aanvalswapen – slaan terug met die waarheid teen die aanvalsmagte. Slaan terug wanneer ons persoonlik versoek word, wanneer die kerk deur valse lering verlei word, wanneer magte die wereld rondom ons met vreemde filosofiee wil mislei. Ook om ’n slag te slaan vir die vryheid en die vreeslose verkondiging van Christelike waarheid. (19-20)

- Een ding om te onthou: Die woord van oordeel van Jes 11:4 het hier die Evangelie van vrede geword, en verenigende liefde in Christus. Verder – ons beveg geestelike magte – nie mense nie. Ons gebruik van die swaard moet dit reflekteer, anders word dit ’n wapen van die duisternis, vyandskap en verdeling.

6:18-20:- Hierdie vers beteken dat gebed ge-assosieer moet word met die wapenrusting.- ’n Begrip van die evangelie wat nie gebed insluit nie (soos wat Paulus

demonstreer in 1:15-23 en 3:14-21) is ’n dooie karkas- Daarenteen is gebedsstryders wat nie verstaan wat die wese van die evangelie is

nie (kosmiese herstel in Christus) is soos ’n soldaat sonder wapens.

Page 20: Die Brief aan die Efesiërs - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2008/080902Die Brief … · Web viewHulle het nie tevore deel gehad aan Christus nie, want die Messias is eerstens

- Geestelike begrip van die evangelie gekombineer met wakker gebed is die kombinasie wat Paulus soek.

- Sulke gebed word deur die HG gelei (sien 2:18). Mens bid dus nie net vir jouself nie maar vir die heiliges en die voortgang van die evangelie.

6:21-24 Naskrif- 21-22 is woord vir woord dieselfde as Kol 4:7-8- Die finale woorde herfokus die hooftema van die hele brief: Messiaanse verde wat

die hele gemeenskap omvat, uitgedruk in liefde en geloof en vir ’n verdieping van die genade.

---000---

Nota’s verwerk uit: New Bible Commentary – 21st Century edition, IVPKPJ Nel Pr Ing2008/09/03