die laaste profesie

8

Upload: neo-genocide

Post on 24-Mar-2016

230 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

Die Laaste Profesie is ook ‘n soektog na wie die uitverkore volk was, en nou is. En ook wat dit behels.

TRANSCRIPT

Page 1: Die Laaste Profesie
Page 2: Die Laaste Profesie

Die Laaste

Profesie

Pieter Oosthuizen

Page 3: Die Laaste Profesie

Die Laaste Profesie is ook ‘n soektog na wie die uitverkore volk was, en nou is. En ook wat

dit behels.

Indien ‘n mens ‘n Bybel oopslaan, word dit onmiddelik in twee gedeel. Daar is ‘n Ou

Testament, en ‘n Nuwe Testament. Word die woord Testament in die Bybel dieselfde

gebruik as in ‘n woordeboek, waar dit beteken dat daar ‘n nalatenskap is. ? Is dit die

verhaal van die Ou Erfporsie, en die Nuwe Erfporsie en dui dit dan ook aan wat met die

kinders van God gaan gebeur na die aanvang van die erfporsie ?

Is daar ‘n profesie wat die oorgang van die Ou Testament na die Nuwe Testament

aankondig, en die Ou Testament finaal as oud en verby, verklaar ?

So ‘n profesie sal die belangrikste profesie van die Bybel wees, wat God se raadsplan

aandui, omdat dit dan ook God se voornemens met die oorgang van die Oue na die Nuwe

sal aandui. Daar is honderde profesieë in die Ou Testament wat na Jesus heenwys, en wat

in die Nuwe Testament bewaarheid word.

Is die belangrikste een tussen hulle ?

Daar is verder ook ‘n paradoks in een van die profete se profesieë, wat daartoe lei dat

Christene in die jaar 2006 uitgesluit is van ‘n nuwe verbond wat God met die mensdom

aankondig, en dat slegs heidene by die nuwe verbond van God ingesluit is.

Dit klop nie. Indien ‘n Christenvolk, enige tyd na die koms van Christus dit sou lees

beteken dit dat God hulle uitsluit van Sy Nuwe Verbond. Waarom sou dit wees ?

Page 4: Die Laaste Profesie

Die soektog na die Laaste Profesie, ondersoek dan verskeie Bybels, vir hierdie verlore

profesie vir volkere. Daar is ‘n soektog in van die oudste Bybels ter wêreld, waaronder die

1541 Bybel in Nederlands, waarvan die uitgewer op die brandstapel verbrand is; die 1662

Latynse Katolieke Bybel, en dan die 1763 Nederlandse Katolieke Bybel. Daarna word

verskeie nuwer Afrikaanse, Nederlandse, en Duitse Bybels ondersoek.

Eerstens word daar gevind dat die eerste 1933 Bybel in Afrikaans, dieselfde vertaalfoute

bevat, wat alreeds in 1541 voorgekom het, en dat die betrokke bybel dalk nie uit die

grondtale vertaal is soos wat die uitgewers beweer het nie.

Wat verder uit die soektog na die Laaste Profesie blyk, is dat een van die belangrike

profete, se belangrikste profesie vir volkere; wat die oorgang van die Ou Testament na

die Nuwe Testament, aankondig, , verlore geraak het deur verkeerde vertalings.

Vandag word die profesie heeltemal verkeerd vertaal wêreldwyd.

Vir die eerste keer dui die korrek vertaalde profesie aan dat God, in Sy Nuwe Verbond met

die mensdom, menige volkere gaan insluit in hierdie Nuwe Verbond. Dit beteken daar is

verskeie uitverkore volke van God, wat erfgename is van die genadegawes wat in die

verbond ingesluit is.

Die profesie is dan ook die aankondiging van die einde van die Ou Testament, en die einde

van die eerste verbond van God met Israel.

Page 5: Die Laaste Profesie

Die profesie kondig dan terselftertyd ook die Nuwe Testament, en die Nuwe Verbond van

God met verskeie volkere aan, waardeur verskeie volkere dan ook in die Nuwe Verbond

ingesluit word.

Die korrekte profesie was nog nooit in enige taal korrek weergegee nie, behalwe in

Hebreeus, Latyns, en Engels.

Vir die eerste keer kan die profesie nou korrek vir al die tale ter wêreld aangebied word.

Hierdie profesie gee dan ook uiteindelik aan menigte volkere die versekering dat indien

hulle aan Jesus Christus glo, hulle een van die uitverkore volke is, en sodoende ook

eienaarskap kan vat van die genadegawes wat God aan uitverkore volke toesê.

Die profesie dui dan ook finaal daarop dat die voorhangsel tussen God en volkere finaal geskeur het, en dat daar nie meer menslike tussengangers tussen God en volkere nodig is nie.

Page 6: Die Laaste Profesie

Die Nederlandse Bybel van 1541.

“Da Bibel Algheheele Ouden de Nyeuwe Testamet - met groter neerdrichheyt na de

Latijniche text gheco rigeert. .”

Hierdie Bybel is uitgegee met die toestemming van Keiser Karel V. Die Bybel is uit Latyns

vertaal. Die Bybel dateer uit die dae van Luther, Kalvyn, en die Franse Hugenote. Dit is ook

Page 7: Die Laaste Profesie

van die eerste Bybels wat deur die Hervormers vir die Protestantse gelowiges beskikbaar

gestel was.

Die Bybel dateer verder uit die tyd van struwelings tussen die Katolieke Kerk en die

Protestantisme, is ook uitgegee in die tyd wat mense nog op die brandstapels verbrand

was .

Die skeppingsverhaal in die 1541 Bybel, waar die Pous van die Katolieke Kerk, as God

uitgebeeld word :

Page 8: Die Laaste Profesie

Insetsel in die 1541 Bybel.