die lewe program voorbeeld

3
Wil jy meer uit die lewe haal? Wonder jy wie jy is en wat jy kan doen? Wonder jy waarheen jy op pad is? Bekommerd oor die toekoms? Weet jy daar moet dinge verander maar jy het hulp nodig? Het jy ideale maar jy weet nie of jy dit ooit sal bereik nie? Wil jy ‘n dieper, voller, ryker lewe leef? Lewe-program Die Lewe-program is ‘n self-coaching program wat die volgende behels: Oor die verloop van 40 weke stuur ek vir jou weekliks kort coaching notas per e-pos, waarvoor jy die maandelikse fooi betaal; Ons volg ‘n program wat jou stelselmatig deur jou lewe stuur en jou in staat stel om jou lewe te verken en veranderings aan te bring. Dis moontlik! Met die weeklikse dele is daar oefeninge en/of vraelyste en jy kan dit op drie maniere hanteer: jy kan daardeur kyk en onvoltooid liasseer vir ‘n ander dag – jy het tog reeds iets geleer; jy kan dit voltooi en liasseer en so ‘n coaching portefeulje opbou; of jy kan dit voltooi en vir my terugstuur. Ek sal kortliks daarop kommentaar lewer. En so bou ons ‘n coaching verhouding. Die voordele van die Lewe-program is dus: bereikbaarheid – lewensafrigting kom na jou toe – nie almal is waar ‘n afrigter is, of het die weeklikse tyd vir coaching sessies nie; bekostigbaarheid – seker die billikste lewensbegeleiding beskikbaar, maar dit word moontlik gemaak deur die gestandaardiseerde benadering; beskikbaarheid – jy het inderdaad ‘n lewensafrigter en hy is net aan die ander kant van jou rekenaar. Gereed vir die reis? Jimi le Roux Wat ‘n ongelooflike ontdekking. Die toetse beskryf my so goed ek kan dit skaars glo en ek is opgewonde oor al die goed wat ek van myself begin leer. Baie dankie!!! R.L. Die program is uitstekend! Baie dankie daarvoor. F.S. Ek het dieper in myself ondersoek ingestel as wat ek normaalweg sou en het ‘n beter idee van waarnatoe nou en hoe ek daar gaan kom. M.B. Skryf vir die Lewe-program in deur ‘n e-pos te rig aan [email protected].

Upload: jimi-le-roux

Post on 31-Mar-2016

228 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

Die bekendstelling en eerste dele van DIE LEWE, ons lewensbegeleidings-progam. Life coaching is dalk wat jy nodig is.

TRANSCRIPT

Page 1: Die Lewe Program Voorbeeld

Wil jy meer uit die lewe haal?

Wonder jy wie jy is en wat jy kan doen?

Wonder jy waarheen jy op pad is? Bekommerd oor die toekoms?

Weet jy daar moet dinge verander maar jy het hulp nodig?

Het jy ideale maar jy weet nie of jy dit ooit sal bereik nie?

Wil jy ‘n dieper, voller, ryker lewe leef?

Lewe-program

Die Lewe-program is ‘n self-coaching program wat die volgende behels:

• Oor die verloop van 40 weke stuur ek vir jou weekliks kort coaching notas per e-pos, waarvoor jy die maandelikse fooi betaal;

• Ons volg ‘n program wat jou stelselmatig deur jou lewe stuur en jou in staat stel om jou lewe te verken en veranderings aan te bring. Dis moontlik!

• Met die weeklikse dele is daar oefeninge en/of vraelyste en jy kan dit op drie maniere hanteer: � jy kan daardeur kyk en onvoltooid liasseer vir ‘n ander dag – jy het tog reeds iets geleer; � jy kan dit voltooi en liasseer en so ‘n coaching portefeulje opbou; of � jy kan dit voltooi en vir my terugstuur. Ek sal kortliks daarop kommentaar lewer. En so bou ons ‘n coaching verhouding.

Die voordele van die Lewe-program is dus:

• bereikbaarheid – lewensafrigting kom na jou toe – nie almal is waar ‘n afrigter is, of het die weeklikse tyd vir coaching sessies nie;

• bekostigbaarheid – seker die billikste lewensbegeleiding beskikbaar, maar dit word moontlik gemaak deur die gestandaardiseerde benadering;

• beskikbaarheid – jy het inderdaad ‘n lewensafrigter en hy is net aan die ander kant van jou rekenaar. Gereed vir die reis?

Jimi le Roux

Wat ‘n ongelooflike ontdekking. Die toetse beskryf my so goed ek kan dit skaars glo en ek is opgewonde oor al die goed wat

ek van myself begin leer. Baie dankie!!! R.L.

Die program is uitstekend! Baie dankie daarvoor. F.S.

Ek het dieper in myself ondersoek ingestel as wat ek normaalweg sou en het ‘n beter idee van waarnatoe nou en hoe ek daar

gaan kom. M.B.

Skryf vir die Lewe-program in deur ‘n e-pos te rig aan [email protected].

Page 2: Die Lewe Program Voorbeeld

Lewe-program M1#1 | Oorsig en Inhoud

©2009 Jimi le Roux | Alle regte voorbehou • Geen duplisering toegelaat • www.jimileroux.com p.2

Wil jy meer uit die lewe haal?

Wonder jy wie jy is en wat jy kan doen?

Wonder jy waarheen jy op pad is? Bekommerd oor die toekoms?

Weet jy daar moet dinge verander maar jy het hulp nodig?

Het jy ideale maar jy weet nie of jy dit ooit sal bereik nie?

Wil jy ‘n dieper, voller, ryker lewe leef?

Lewe-program

Hallo daar! Lewensafrigting of lewensbegeleiding (life coaching) is ‘n manier om die lewe voller en ryker te leef. Die Lewe-program is die self-coaching program wat ek al ‘n paar jaar gebruik. Dit behels tans die volgende:

• Oor die verloop van 40 weke stuur ek vir jou weekliks kort coaching notas per e-pos, waarvoor jy die maandelikse fooi betaal;

• Ons volg ‘n program wat jou stelselmatig deur jou lewe stuur en jou in staat stel om jou lewe te verken en veranderings aan te bring. Dis moontlik! Glo my, ons vermy alledaagshede – jy weet reeds dat dit jou sal baat om ‘n begroting op te stel en jou rakke vir ‘n slag reg te pak! Dis mos waarvoor populêre tydskrifte daar is. Nee, hierdie is meer gefokusde, professionele coaching. Die doel is nie om jou toe te gooi met info nie, maar om gefokusde inligting te gee wat jou in staat sal stel om weekliks ‘n betekenisvolle skuif te beleef. Kyk maar self deur die inhoud wat ons gaan dek;

• Met die weeklikse dele is daar oefeninge en/of vraelyste en jy kan dit op drie maniere hanteer: � jy kan daardeur kyk en onvoltooid liasseer vir ‘n ander dag – jy het tog reeds iets geleer; � jy kan dit voltooi en liasseer en so ‘n coaching portefeulje opbou; of � jy kan dit voltooi en vir my terugstuur. Ek sal kortliks daarop kommentaar lewer. En so bou ons ‘n coaching verhouding.

Trouens, ek bly beskikbaar. As jy vir die program ingeskryf is, kan ek saam met jou reis oor enige kwessie wat life coaching raak. Die voordele van die Lewe-program is dus:

• bereikbaarheid – lewensafrigting kom na jou toe – nie almal is waar ‘n afrigter is, of het die weeklikse tyd vir coaching sessies nie;

• bekostigbaarheid – seker die billikste lewensbegeleiding beskikbaar, maar dit word moontlik gemaak deur die gestandaardiseerde benadering;

• beskikbaarheid – jy het inderdaad ‘n lewensafrigter en hy is net aan die ander kant van jou rekenaar. Dus: professionele lewensbegeleiding, maar op jou terme. Nog iets: ek is ‘n Christen en ‘n opgeleide leraar. In die laaste kwart van ons program gaan ons oor na geestelike begeleiding. Dis nie voorskriftelik nie, en behoort vir alle soorte Christene waarde toe te voeg. Maar jy kan op daardie stadium uitklim, as jy wil. Ek sê dit vooraf. Die res is nie uitgesproke geestelik van aard nie. Gereed vir die reis?

Jimi le Roux

Page 3: Die Lewe Program Voorbeeld

Lewe-program M1#1 | Oorsig en Inhoud

©2009 Jimi le Roux | Alle regte voorbehou • Geen duplisering toegelaat • www.jimileroux.com p.3

Inhoud

M1 Module 1: Inleiding M1#1 Oorsig en inhoud M1#2 Verhouding en ooreenkoms M1#3 Wat is begeleiding?

M2 Module 2: Ontdekking van ‘n ge-eiende lewe M2#1 Identiteit M2#2 Waardes M2#3 Persoonlikheid M2#4 Kragte en passie M2#5 Ekwilibrium M2#6 Innerlike Gesondheid M2#7 Rolle en eise M2#8 Emosies M2#9 Seisoene

M3 Module 3: Ontdekking van ‘n gerigte lewe M3#1 Lewensmissie M3#2 Visioene M3#3 Doelwitte M3#4 Bestuur M3#5 Tydsbestuur M3#6 Orde M3#7 Verandering M3#8 Verskonings M3#9 Implementering M3#10 Lewensprent

M4 Module 4: Ontdekking van ‘n gesonde lewe M4#1 Slaap M4#2 Anhedonie M4#3 Dieet M4#4 Oefening M4#5 Stres M4#6 Woede M4#7 Depressie M4#8 Grense M4#9 Verhoudings M4#10 Kommunikasie

M5 Module 5: Ontdekking van ‘n geestelike lewe M5#1 Regula M5#2 Onderskeiding M5#3 Spiraal M5#4 Dissiplines M5#5 Godsbeeld M5#6 Woord M5#7 Gebed M5#8 Stilte M5#9 Sakramente M5#10 Groei

M6 Module 6: Evaluasie M6#1 Finale evaluasie

Neem kennis: 1. Jimi le Roux is ‘n geregistreerde lewensbegeleier. Sy CV, registrasie by Comensa en besonderhede oor ander dienste wat aangebied word is beskikbaar by www.jimileroux.com. 2. Hierdie program is ‘n professionele diens en vereis die aanvaarding van ‘n begeleidingsooreenkoms. Fooie is soos vasgestel en maandeliks vooruitbetaalbaar. Kliënte kan te enige tyd onttrek. 3. Die strengste kopiereg word voorbehou op hierdie program en dit is net bedoel vir die gebruik van die geregistreerde ontvanger. Dit mag geheel en al nie gedupliseer, verder versprei of verkoop word nie. Die ontvanger aanvaar hierdie uitdruklike voorwaarde deur met die program voort te gaan.