die media en dwelms

12

Upload: iram

Post on 21-Jan-2016

329 views

Category:

Documents


2 download

DESCRIPTION

Die media en dwelms. Ons lewe in ʼn samelewing met ʼn verskeidenheid kulture en oortuigings en daar is baie faktore wat ʼn invloed op ons manier van lewe het. Maatskaplike faktore sluit onder andere die volgende in: religie, familie, vriende, opvoeding en waar jy woon. - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: Die media en  dwelms
Page 2: Die media en  dwelms

Ons lewe in ʼn samelewing met ʼn verskeidenheid kulture en oortuigings en daar is baie faktore wat ʼn invloed op ons manier van lewe het.

Page 3: Die media en  dwelms

Maatskaplike faktore sluit onder andere die volgende in: religie, familie, vriende, opvoeding en waar jy woon.

Daar is ʼn direkte verband tussen hierdie maatskaplike faktore en middelmisbruik

Page 4: Die media en  dwelms

As jy die feite oor dwelms en middelmisbruik ken, help dit jou om positiewe keuses te maak en nie die slagoffer van dwelms te word nie.

Page 5: Die media en  dwelms

Feite oor Middelmisbruik

Page 6: Die media en  dwelms

Smokkelhuise: plekke waar alkohol sonder toestemming verkoop word.

Mense wat arm is gebruik dwelms en alkohol om van hulle probleme te probeer vergeet.

Party mense verkoop dwelms om geld te verdien.

Page 7: Die media en  dwelms

ADVERTENSIES

Page 8: Die media en  dwelms

Om met dwelms te eksperimenteer of dit net vir die pret daarvan te probeer, lei tot verslawing.

Dit is ʼn feit dat die meeste gevalle van middelmisbruik begin by mense wat op ʼn jong ouderdom daarmee eksperimenteer

Page 9: Die media en  dwelms

Daag die vals boodskappe uit wat deur die media verkondig word dat dwelms en drank prettig en koel is. Kennis van die feite sal jou help om die regte keuse te maak.

Page 10: Die media en  dwelms

Lang en Korttermynnagevolge van middelmisbruik: misdaad, geweld en opvoedkundige uitkomste Wanneer jy onder die invloed

van dwelms of drank is, verswak dit jou vermoë om behoorlik te dink en laat jou dinge doen wat jy nie gewoonlik sou doen nie.

Page 11: Die media en  dwelms

Die impak van dwelmmisbruik

Party mense word aggressief wanneer hulle dwelms en alkohol gebruik.

Korttermynagevolge: Geestelike en fisiese probleme, soos stres, angs, abdominale pyn en konsentrasieprobleme vind onmiddellik plaas.

Page 12: Die media en  dwelms

Langtermynnagevolge: Breinskade, beroertes, oordosisse, tronkstraf en selfs die dood is voorbeelde van langtermynnagevolge.