die mooi storie in Õn hoender se kopÉ - walter battiss · 2013-11-11 · die doodles wat hy...

1
die mooi storie syskermwerk met ontwerpe uit die sewentigs, muurpapier – selfs ’n tekstielreeks is ontwikkel. En jy hoef net na Battiss se uiteenlopende kunswerke te kyk om te verstaan waar die inspirasie vandaan kom: abstrakte visioene en realisme, houtsnee en fantasie, Boesman- en Europees-geïnspireerde werke. Gebruiksartikels met sy naam op was natuur- lik g’n nuutjie vir Battiss nie. In die museum is rokke waarop sy Boesmantekeninge pryk en ’n brief waarin hy, baie in sy skik, oor die linne skryf wat Jeff & Co. in 1948 al met van sy ontwerpe bedruk het! Toeganklikheid was altyd een van sy uit- sonderlike kenmerke, sê die Johannesburgse kunstenaar Norman Catherine. In ’n koerantfoto uit die sewentigs verskyn Norman saam met ’n vrolike dog windverwaaide Battiss (in die onderskrif word na eersgenoemde verwys as ’n “little known Johannesburg artist”). Dis juis in dié tyd dat die twee begin saamwerk aan Battiss se Fook-eilandprojek, ’n denkbeel- dige toevlugsoord vir kunstenaars. “Die wonderlike van Walter se werk is dat dit esoekers sou hom soms vind waar hy op sy maag agter ’n kat aankruip sodat hy “kon sien hoe ’n kat die wêreld sien”. Of hy sou poedelkaal in sy tuin wees en op ’n voorstel dat hy iets gaan aantrek rustig terugkom met net ’n trui aan. As ’n departementshoof by Unisa in die sestigs, sê ’n oud-kollega, was hy “useless”, maar vir groter inspirasie kon die studente kwalik vra… Dit was Walter Battiss, passievolle kunste- naar, skepper van die denkbeeldige Fook-eiland, fyn humoris en eksentrieke kreatiewe siel, wat in 1982 op 76 oorlede is en wie se kuns nou op ’n nuwe en toeganklike manier aan gehore bekend gestel word. “Hy was ons eerste ware modernis. Sy beelde bly steeds inspirerend, snaaks en uitbundig – al is hulle hóé uiteenlopend ,” sê Stefan Hundt, die kurator van die Sanlam-kunsversameling. Juis daarom het die Walter Battiss Company ’n reeks dekor- en gebruiksartikels ontwikkel wat geïnspireer is deur Battiss se werk. Dié maat- skappy is in 2011 gestig deur Eduard du Plessis, ’n kunsliefhebber van Stellenbosch, omdat hy glo Walter Battiss is ’n unieke Suid-Afrikaanse handelsmerk wat uitgebou behoort te word. Van die maatskappy se wins gaan ook gebruik word om die Walter Battiss-museum op Somerset-Oos, Battiss se geboortedorp, te restoureer en in stand te hou. Die reeks artikels is ’n fees van kleur en balda- dige vorms: borde deur die keramiekkunstenaar Mervyn Gers met grepe van Battiss se werk, In ’n brief skryf hy, baie in sy skik, oor die linne wat Jeff & Co. in 1948 al met van sy ontwerpe bedruk het! FOTO’S REGS BERNA COETZEE ANDER VERSKAF 11 B nooit hogere kuns was nie,” sê Norman. “Sy kuns was pret.” En dis wat hom anders gemaak het as ander kunstenaars. Hy vertel hoe Battiss op ’n keer Fook-eiland- vlae aan sy vriende voorgelê het om die finale keuse te maak. ’n Ander keer het hy saam met Norman ’n uitstalling gehou met Fook-kosse. Die Pretoriase kunshistorikus prof. Karin Skawran het Battiss in 1964 ontmoet toe hy aangestel is as die hoof van die Departement van Geskiedenis en Beeldende Kunste by Unisa, waar sy ook later die hoof was. “Hy het sy kantoor versier met ’n troon van- waar hy studente en kollegas gegroet het, al het hy die meeste van die werk vir die res van ons gelos! Tog was hy ’n merkwaardige onderwyser; iemand wat nooit sy eie visie op sy studente afgedruk het nie.” Dis ook hoe Norman vir Battiss onthou en hy hoop dis die impak wat die werk van die Walter Battiss Company sal hê. “Om saam met daardie man te kon werk was soos om onder ’n leermeester te studeer wat hom nooit soos ’n intellektueel gedra het nie,” sê hy. “Daar was iets magies aan hom… ” BATTISS was onkonvensioneel. Nes sy onderrigmetode en manier van werk, sê Karin. “Hy het die hele tyd geverf – selfs in senaatsvergaderings by Unisa. Ek het steeds massas van die doodles wat hy gemaak het terwyl hy nié geluister het na wat die voorsitter sê nie.” Maar in als omtrent die lewe was hy geïnte- resseerd. Dis juis by sy “wonderlike, kleurryke huis”, Giotto’s Hill in Brooklyn, Pretoria, waar Karin hom op sy maag agter die kat gekry het. Of sy sou gaan kuier – net om haar gasheer in sy Adamsgewaad in die tuin aan te tref. “Eendag was hy onder ’n boks in die lang gras, met net sy kop wat bo uitsteek. Toe ek hom vra wat hy doen, antwoord hy: ‘Ek wil voel hoe dit voel om ’n batteryhoender te wees.’ Eers toe hy opstaan, het ek besef hy’s heeltemal kaal!” Konvensies het die kunstenaar min geskeel en die grense wat die apartheidsregering neer- gelê het, nog minder. “Hy was ons eerste kunstenaar om met ‘kunsgebeurtenisse’ vorendag te kom. Hy het op ’n keer op die trappe van Suid-Afrika Huis in Londen ’n tent opgeslaan uit protes teen apart- heid – maar steeds op sy vriendelike, saggeaarde manier. Hy het swart kunstenaars ondersteun deur hulle werk te ‘koop’ in ruil vir verfmate- riaal en papier.” In 1948 het hy ’n tyd lank saam met die Boes- mans in die Namibwoestyn gaan woon. “Suid-Afrikaanse rotskuns het ’n ingrypende invloed op sy werk en kunsstyl gehad. Waar hy eers die wêreld om hom op ’n meer driedimen- sionele manier gesien het, het sy beelde later meer na tweedimensionaliteit geneig, moontlik ook te danke aan die abstrakte kuns wat hy in Europa gesien het,” sê Karin. Hy het gedurig gereis. “Griekeland toe, waar hy saam met die hippies in die grotte van Mata- la in Krete gewoon het, na suidelike Arabië, Persië, Turkye, Israel, Frankryk, Italië, Duitsland, Amerika en Engeland.” Die konsep vir sy Fook-eiland het hy juis op sy reise na Grieke- land in 1968 gekry, en toe hy die Seychelle in 1972 besoek het, is hy geraak deur die natuur- skoon en eenvoudige eilandleefstyl. “Fook-eiland was daarom ’n denkbeeldige eiland waarheen kunstenaars kon gaan om vry te wees van allerlei regulasies. Die banknote, posseëls en selfs paspoort is soms, uit onkunde, deur die poskantoor en selfs by lughawens aanvaar!” Maar ondanks Fook, sy baie oorsese reise en kennis van internasionale kunsneigings – en dat hy met kunstenaars soos Pablo Picasso skouers geskuur het – het Batiss se kuns altyd ’n Suid- Afrikaanse eerlikheid behou. Die waagmoed om volgens sy eie visie te leef is een van die kenmerke van sy lewe én van sy kuns, sê Karin. En juis daarin lê die waarde van dié merkwaardige man se bydrae tot die Suid- Afrikaanse én internasionale kunswêreld. Tot vandag toe. * ’n Uitstalling van Battiss-geïnspireerde dekor- en gebruiksartikels open Vrydag in die Dorp- straatgalery op Stellenbosch. hoender se kop… Sy werk is ’n fees van vorm en kleur. Nou, 30 jaar na dié kunstenaar se dood, her- leef dit… op mure, vloere, keramiekborde en selfs lap! 10 LINKS: Die “professor” met sy Fook-eiland- memorabilia, afgeneem in 1976 deur Johan Roetz. REGS: Sketse van die Fook-eilandprojek. BO: Afdrukke van sy werk kloksgewys van bo: “Banana Boy”, “Impan- dula Bird”, “Crawling Man” en “Blue Woman”. Van muurpapier tot keramiekborde spog deesdae met grepe uit Battiss se werk. Afdruk heelonder: “Bird Tree Man” *As jy jou eie stukkie Battiss wil aanskaf, maak ’n draai by walter- battiss.co.za. BATTISS AANLYN DIE WONDERLIKE VERBEELDINGS- WÊRELD VAN WALTER BATTISS In ’n DEUR RIËTTE VAN DER WAT

Upload: others

Post on 07-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: die mooi storie In Õn hoender se kopÉ - Walter Battiss · 2013-11-11 · die doodles wat hy gemaak het terwyl hy ni geluister het na wat die voorsitter s nie.Ó Maar in als omtrent

die mooi storie

syskermwerk met ontwerpe uit die sewentigs, muurpapier – selfs ’n tekstielreeks is ontwikkel.

En jy hoef net na Battiss se uiteenlopende kunswerke te kyk om te verstaan waar die inspirasie vandaan kom: abstrakte visioene en realisme, houtsnee en fantasie, Boesman- en Europees-geïnspireerde werke.

Gebruiksartikels met sy naam op was natuur-lik g’n nuutjie vir Battiss nie. In die museum is rokke waarop sy Boesmantekeninge pryk en ’n brief waarin hy, baie in sy skik, oor die linne skryf wat Jeff & Co. in 1948 al met van sy ontwerpe bedruk het!

Toeganklikheid was altyd een van sy uit-sonderlike kenmerke, sê die Johannesburgse kunstenaar Norman Catherine.

In ’n koerantfoto uit die sewentigs verskyn Norman saam met ’n vrolike dog windverwaai de Battiss (in die onderskrif word na eers ge noemde verwys as ’n “little known Johannes burg artist”). Dis juis in dié tyd dat die twee begin saamwerk aan Battiss se Fook-eiland projek, ’n denkbeel-dige toevlugsoord vir kunstenaars.

“Die wonderlike van Walter se werk is dat dit

esoekers sou hom soms vind waar hy op sy maag agter ’n kat aankruip sodat hy “kon sien hoe ’n kat die wêreld sien”. Of hy sou poedelkaal in sy tuin wees en op ’n voorstel dat hy iets

gaan aantrek rustig terugkom met net ’n trui aan. As ’n departementshoof by Unisa in die sestigs, sê ’n oud-kollega, was hy “useless”, maar vir groter inspirasie kon die studente kwalik vra…

Dit was Walter Battiss, passievolle kunste-naar, skepper van die denkbeeldige Fook-eiland, fyn humoris en eksentrieke kreatiewe siel, wat in 1982 op 76 oorlede is en wie se kuns nou op ’n nuwe en toeganklike manier aan gehore bekend gestel word.

“Hy was ons eerste ware modernis. Sy beelde bly steeds inspirerend, snaaks en uitbundig – al is hulle hóé uiteenlopend ,” sê Stefan Hundt, die kurator van die Sanlam-kunsversameling.

Juis daarom het die Walter Battiss Company ’n reeks dekor- en gebruiksartikels ontwikkel wat geïnspireer is deur Battiss se werk. Dié maat-skappy is in 2011 gestig deur Eduard du Plessis, ’n kunsliefhebber van Stellenbosch, omdat hy glo Walter Battiss is ’n unieke Suid-Afrikaanse handelsmerk wat uitgebou behoort te word.

Van die maatskappy se wins gaan ook gebruik word om die Walter Battiss-museum op Somerset-Oos, Battiss se geboortedorp, te restoureer en in stand te hou.

Die reeks artikels is ’n fees van kleur en balda-dige vorms: borde deur die keramiekkunstenaar Mervyn Gers met grepe van Battiss se werk,

In ’n brief skryf hy, baie in sy skik, oor die linne wat

Jeff & Co. in 1948 al met van sy ontwerpe bedruk het!

FOTO

’S R

EGS

BER

NA

CO

ETZE

E A

ND

ER V

ERSK

AF

11

B

nooit hogere kuns was nie,” sê Norman.“Sy kuns was pret.” En dis wat hom anders

gemaak het as ander kunstenaars.Hy vertel hoe Battiss op ’n keer Fook-eiland-

vlae aan sy vriende voorgelê het om die finale keuse te maak. ’n Ander keer het hy saam met Norman ’n uitstalling gehou met Fook-kosse.

Die Pretoriase kunshistorikus prof. Karin Skawran het Battiss in 1964 ontmoet toe hy aangestel is as die hoof van die Departement van Geskiedenis en Beeldende Kunste by Unisa, waar sy ook later die hoof was.

“Hy het sy kantoor versier met ’n troon van-waar hy studente en kollegas gegroet het, al het hy die meeste van die werk vir die res van ons gelos! Tog was hy ’n merkwaardige onderwyser; iemand wat nooit sy eie visie op sy studente afgedruk het nie.”

Dis ook hoe Norman vir Battiss onthou en hy hoop dis die impak wat die werk van die Walter Battiss Company sal hê.

“Om saam met daardie man te kon werk was soos om onder ’n leermeester te studeer wat hom nooit soos ’n intellektueel gedra het nie,” sê hy. “Daar was iets magies aan hom… ”

BATTISS was onkonvensioneel. Nes sy onderrig metode en manier van werk, sê Karin.

“Hy het die hele tyd geverf – selfs in senaatsvergaderings by Unisa. Ek het steeds massas van die doodles wat hy gemaak het terwyl hy nié geluister het na wat die voorsitter sê nie.”

Maar in als omtrent die lewe was hy geïnte-resseerd. Dis juis by sy “wonderlike, kleurryke huis”, Giotto’s Hill in Brooklyn, Pretoria, waar Karin hom op sy maag agter die kat gekry het. Of sy sou gaan kuier – net om haar gasheer in sy

Adamsgewaad in die tuin aan te tref.“Eendag was hy onder ’n boks in die lang

gras, met net sy kop wat bo uitsteek. Toe ek hom vra wat hy doen, antwoord hy: ‘Ek wil voel hoe dit voel om ’n batteryhoender te wees.’ Eers toe hy opstaan, het ek besef hy’s heeltemal kaal!”

Konvensies het die kunstenaar min geskeel en die grense wat die apartheidsregering neer-gelê het, nog minder.

“Hy was ons eerste kunstenaar om met ‘kuns gebeurtenisse’ vorendag te kom. Hy het op ’n keer op die trappe van Suid-Afrika Huis in Londen ’n tent opgeslaan uit protes teen apart-heid – maar steeds op sy vriendelike, saggeaarde manier. Hy het swart kunstenaars ondersteun deur hulle werk te ‘koop’ in ruil vir verfmate-riaal en papier.”

In 1948 het hy ’n tyd lank saam met die Boes-mans in die Namibwoestyn gaan woon.

“Suid-Afrikaanse rotskuns het ’n ingrypende invloed op sy werk en kunsstyl gehad. Waar hy eers die wêreld om hom op ’n meer driedimen-sionele manier gesien het, het sy beelde later meer na tweedimensionaliteit geneig, moontlik ook te danke aan die abstrakte kuns wat hy in Europa gesien het,” sê Karin.

Hy het gedurig gereis. “Griekeland toe, waar hy saam met die hippies in die grotte van Mata-

la in Krete gewoon het, na suidelike Arabië, Persië, Turkye, Israel, Frankryk, Italië, Duitsland, Amerika en Engeland.”

Die konsep vir sy Fook-eiland het hy juis op sy reise na Grieke-land in 1968 gekry, en toe hy die Seychelle in 1972 besoek het, is hy geraak deur die natuur-skoon en eenvoudige eilandleefstyl.

“Fook-eiland was daarom ’n denkbeeldige eiland waarheen kunstenaars kon gaan om vry te wees van allerlei regulasies. Die banknote, posseëls en selfs paspoort is soms, uit onkunde, deur die poskantoor en selfs by lughawens aanvaar!”

Maar ondanks Fook, sy baie oorsese reise en kennis van internasionale kunsneigings – en dat hy met kunstenaars soos Pablo Picasso skouers geskuur het – het Batiss se kuns altyd ’n Suid-Afrikaanse eerlikheid behou.

Die waagmoed om volgens sy eie visie te leef is een van die kenmerke van sy lewe én van sy kuns, sê Karin. En juis daarin lê die waarde van dié merkwaardige man se bydrae tot die Suid-Afrikaanse én internasionale kunswêreld.

Tot vandag toe.

* ’n Uitstalling van Battiss-geïnspireerde dekor- en gebruiksartikels open Vrydag in die Dorp-straatgalery op Stellenbosch.

hoender se kop… Sy werk is ’n fees van vorm en kleur. Nou, 30 jaar na dié kunstenaar se dood, her-leef dit… op mure, vloere, keramiekborde en selfs lap!

10

LINKS: Die “professor” met sy Fook-eiland-memorabilia, afgeneem in 1976 deur Johan Roetz. REGS: Sketse van die Fook-eilandprojek. BO: Afdrukke van sy werk kloksgewys van bo: “Banana Boy”, “Impan-dula Bird”, “Crawling Man” en “Blue Woman”.

Van muurpapier tot keramiekborde spog deesdae met grepe uit Battiss se werk. Afdruk heelonder: “Bird Tree Man”

*As jy jou eie

stukkie Battiss

wil aanskaf, maak

’n draai by walte r-

battiss.co.za.

BATTISS!AANLYN

DIE WONDERLIKE VERBEELDINGS-WÊRELD VAN WALTER BATTISS

In ’n

DEUR RIËTTE VAN DER WAT