sig - kersuitgawe p - durbanville gemeente · het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat hy as...

4
SIG KERSUITGAWE 2016/5 DESEMBER Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Kersboodskappe VAN ONS PREDIKANTE ... Oorsig oor die jaar Kersfees is om die draai. Ons drie predikante gee vir elkeen van ons 'n spesiale Kersboodskap. ... ds. André van Wyk "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid." (Joh 1:14) Kersfees is 'n wonderlike dag, veral vir gelowiges. Ons Ver- losser het aarde toe gekom, Hy het mens geword. Interes- sant dat Johannes vir ons sê dat toe Jesus in die wêreld gekom het, die wêreld Hom nie erken het nie. Terwyl Hy na sy eiendom toe gekom het, het hulle Hom nie aangeneem nie (Joh 1:10-11). Dit herinner 'n mens nogal aan die swanger Maria en Josef se gesukkel om 'n plekkie te vind waar hulle kon tuisgaan in die donkerte van 'n afge- leë dorpie. Maar dan word die Jesuskind in 'n stal gebore en bring die lig van 'n ster die skaapwagters (uitgestotenes) en besoekers (vreemdelinge) vanuit die ooste om "sy heer- likheid te sien". Tydens Jesus se bediening blyk sy waarheid en genade te wees juis dat Hy nie gekom het om te oordeel nie, maar om te red; nie om reëls op te stel nie, maar om lief te hê; nie om mense in groepe te verdeel en te onderskei nie, maar om bymekaar te maak en te verenig. Kortom, die Woord het mens geword en onder ons (almal van ons!) kom woon. Mag ons hierdie Kersfees SAAM met elkeen wat op ons pad kom, Jesus se koms vier! André André saam met sy gesin. Van links is Mathilda, langs André van links is Murdoch en Franko. Voor van links sit Andel en Linda. ... dr. Tinus van Zyl Wat gaan in die wêreld aan? Is die wêreld besig om mal te word? Met al die chaos in die politieke arena, plaaslik en internasionaal, kan 'n mens met goeie reg voel dat dinge nie besig is om beter te raak in die wêreld nie, maar dat alles net al hoe meer deurmekaar, ontwrigtend en verde- lend word. Die tyd waarin Jesus op aarde gebore is, was natuurlik nie anders nie. Dit was 'n soortgelyke politieke maalkolk van magte en kragte, regeerders en revolusionêres, wat mekaar teegaan en opponeer, en wat die gewone mense op straat heen en weer trek, verwar en manipuleer. Die Romeinse besetting van Juda, en die poppe-koning, Herodes, wat aangestel is oor die Jode, het 'n warboel van politieke teenstrome veroorsaak. Die Fariseërs was 'n her- lewingsbeweging wat beweer het dat as die volk hulle be- keer en weer die wet ten volle gehoorsaam, dan sal God hulle bevry van die Romeine. Die Selote was aktiviste wat 'n gewapende oorlog teen Rome wou loods. Die Sadduseërs, 'n meer sekulêre groep wat nie in die opstanding uit die dood geglo het nie, het ooreenkomste gemaak met die Romeine en die mense aangepor om aan te pas by die tye, belasting te betaal en saam te werk met die regering. Die Esseners, waarvan die skrywer van Johannes waarskynlik deel was, het gevlug na die woestyn en gepoog om hulle te suiwer van al die korrupsie en morele verval in die wêreld. In hierdie verwarrende chaos van politieke stemme en teo- logiese strome, word 'n babatjie gebore, die vleesgeworde Woord. Mag hierdie Baba ons herinner dat die waarheid nie lê in woorde nie, maar in die Woord wat mens geword het en onder ons kom woon het, vol genade en waarheid. En mag ons ook in hierdie Kerstyd die genade en waarheid van Jesus hier in ons land en in ons gemeenskap belig- gaam. Tinus Die Van Zyl-gesin is van links Huibré, Gerda, Mari en Tinus. Stephan Pretorius, Voorsitter Kerkraad Die 190-jarige bestaan van ons gemeente, was een van vele hoogtepunte van hierdie jaar. Dit was met dank- baarheid dat ons kon terugkyk oor 'n tydperk waarin ons gemeente inderdaad op vele vlakke as 'n instrument in God se hand gebruik is. Dit is ook goed om te weet dat ons voortgaan om as dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld, te funksioneer. Om te weet dat ons as gemeente nie ter wille van onsself be- staan nie, maar in ons doen en late meewerk aan die koms van God se koninkryk en in die proses 'n diens- gestalte aanneem, hou ons geïnspireerd. Die Durbieland-skoolprojek het ook mooi vorm aange- neem gedurende die jaar. Geweldig baie tyd en moeite het van vele oorde hierin gegaan. Ons is opgewonde oor die bedieningsmoontlikhede wat dit vir ons gemeente skep. Ek wil graag ook ons predikante bedank vir hulle toe- wyding en moeite, asook die leiding wat hulle aan ons gee. Die energie en toegewydheid van die kerkraad maak dit ook moontlik vir ons om die gemeente se visie uit te leef. Die kerkkantoor se ondersteuningspan, asook elke ge- meentelid se betrokkenheid, maak dit vir ons moontlik om op die werksaamhede van die afgelope 190 jaar voort te bou. Dankie hiervoor. Ons het ook in die jaar afskeid geneem van ds Gys van Schoor en ds Rian Verster tree aan die einde van die jaar af. Albei het waardevolle bydraes tot ons gemeente gemaak. Baie dankie aan beide van hulle en hul gesinne. Ons is ook opgewonde oor ds Rian se voort- gesette betrokkenheid in ons gemeente volgende jaar. Ek wens elke lidmaat 'n geseënde Kersfees en vakansie- tyd toe. ... ds. Rian Verster Ons wens vir julle is 'n geseënde Kersfees! Wat bedoel ons daarmee? Dat julle, ons Gemeente, deel van die geloofsgemeenskap in ons dorp, die liefde en vrede van die Here opnuut sal beleef. Die Here is by ons lewens en lewensomstandighede betrok- ke, nie veraf nie, maar persoonlik by elkeen van ons se unieke omstandighede. En dan nie soos 'n Organiserende Sekretaris nie, maar as Ons Vader! Dié versekering het Hy al vir ons by ons doop gegee en dit is die troos waarmee ons lewe. Dit is ook die vastigheid onder ons voete as ons in die uitdagings van ons lewens en werk en in die uitdagings van ons tyd ons pad probeer vind om gelukkig te wees en sinvol te lewe. In die gees van Kersfees en in die herinnering dat Jesus mens geword het en na ons toe gekom het om by ons te wees en in die viering daarvan word ons weer bewus dat die wêreld waarin ons lewe nie die enigste realiteit vir ons is nie, maar dat ons ook in 'n ander konteks saam met Jesus leef en werk in die koms van sy koninkryk. Daarom is die lekker deel van Kersfees dat ons nie net ont- vang nie, maar ook gee! Geseënde Kersfees! Rian en Maria Verster Rian en Maria INHOUDSOPGAWE Vriende deel hul Kerstyd met ons .............................. 02 Myburgh Verster, Skotland ..................................... 02 Carollize Laing, Durbanville ................................... 02 Erica Kotze, Nieuwoudtville ................................... 02 Ockert Meyer, Canberra .......................................... 02 Belydenisaflegging ..................................................... 02 Nuwe Lidmate ............................................................ 03 Dis Kerstyd ... so vier ons voorskool & Gr. R-maats ... 03 Seniors hou ontbyt ...................................................... 03 Redaksioneel ................................................................03 November-maand dankbaarheidsoffer-maand ..........04 Resep: Gemmerkoekmannetjies ................................. 04 Eensaam en alleen tydens Kersfees. Hoe help ons? ...04

Upload: others

Post on 18-Jan-2020

35 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SIG - Kersuitgawe P - Durbanville Gemeente · het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid." (Joh 1:14) Kersfees

SIGKERSUITGAWE 2016/5 DESEMBER

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Kersboodskappe

VAN ONS PREDIKANTE ...

Oorsig oor die jaar

Kersfees is om die draai. Ons drie predikante gee vir elkeen van ons 'n spesiale Kersboodskap.

... ds. André van Wyk"Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons

het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid."

(Joh 1:14)

Kersfees is 'n wonderlike dag, veral vir gelowiges. Ons Ver-losser het aarde toe gekom, Hy het mens geword. Interes-sant dat Johannes vir ons sê dat toe Jesus in die wêreld gekom het, die wêreld Hom nie erken het nie.

Terwyl Hy na sy eiendom toe gekom het, het hulle Hom nie aangeneem nie (Joh 1:10-11). Dit herinner 'n mens nogal aan die swanger Maria en Josef se gesukkel om 'n plekkie te vind waar hulle kon tuisgaan in die donkerte van 'n afge-leë dorpie. Maar dan word die Jesuskind in 'n stal gebore en bring die lig van 'n ster die skaapwagters (uitgestotenes) en besoekers (vreemdelinge) vanuit die ooste om "sy heer-likheid te sien".

Tydens Jesus se bediening blyk sy waarheid en genade te wees juis dat Hy nie gekom het om te oordeel nie, maar om te red; nie om reëls op te stel nie, maar om lief te hê; nie om mense in groepe te verdeel en te onderskei nie, maar om bymekaar te maak en te verenig.

Kortom, die Woord het mens geword en onder ons (almal van ons!) kom woon. Mag ons hierdie Kersfees SAAM met elkeen wat op ons pad kom, Jesus se koms vier!

André

André saam met sy gesin. Van links is Mathilda, langs André van links is Murdoch en Franko. Voor van links sit Andel en Linda.

... dr. Tinus van ZylWat gaan in die wêreld aan? Is die wêreld besig om mal te word? Met al die chaos in die politieke arena, plaaslik en internasionaal, kan 'n mens met goeie reg voel dat dinge nie besig is om beter te raak in die wêreld nie, maar dat alles net al hoe meer deurmekaar, ontwrigtend en verde-lend word.

Die tyd waarin Jesus op aarde gebore is, was natuurlik nie anders nie. Dit was 'n soortgelyke politieke maalkolk van magte en kragte, regeerders en revolusionêres, wat mekaar teegaan en opponeer, en wat die gewone mense op straat heen en weer trek, verwar en manipuleer.

Die Romeinse besetting van Juda, en die poppe-koning, Herodes, wat aangestel is oor die Jode, het 'n warboel van politieke teenstrome veroorsaak. Die Fariseërs was 'n her-lewingsbeweging wat beweer het dat as die volk hulle be-keer en weer die wet ten volle gehoorsaam, dan sal God hulle bevry van die Romeine. Die Selote was aktiviste wat 'n gewapende oorlog teen Rome wou loods. Die Sadduseërs, 'n meer sekulêre groep wat nie in die opstanding uit die dood geglo het nie, het ooreenkomste gemaak met die Romeine en die mense aangepor om aan te pas by die tye, belasting te betaal en saam te werk met die regering. Die Esseners, waarvan die skrywer van Johannes waarskynlik deel was, het gevlug na die woestyn en gepoog om hulle te suiwer van al die korrupsie en morele verval in die wêreld.

In hierdie verwarrende chaos van politieke stemme en teo-logiese strome, word 'n babatjie gebore, die vleesgeworde Woord. Mag hierdie Baba ons herinner dat die waarheid nie lê in woorde nie, maar in die Woord wat mens geword het en onder ons kom woon het, vol genade en waarheid. En mag ons ook in hierdie Kerstyd die genade en waarheid van Jesus hier in ons land en in ons gemeenskap belig-gaam.

Tinus

Die Van Zyl-gesin is van links Huibré, Gerda, Mari en Tinus.

Stephan Pretorius, Voorsitter KerkraadDie 190-jarige bestaan van ons gemeente, was een van vele hoogtepunte van hierdie jaar. Dit was met dank-baarheid dat ons kon terugkyk oor 'n tydperk waarin ons gemeente inderdaad op vele vlakke as 'n instrument in God se hand gebruik is. Dit is ook goed om te weet dat ons voortgaan om as dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld, te funksioneer. Om te weet dat ons as gemeente nie ter wille van onsself be-staan nie, maar in ons doen en late meewerk aan die koms van God se koninkryk en in die proses 'n diens-gestalte aanneem, hou ons geïnspireerd.

Die Durbieland-skoolprojek het ook mooi vorm aange-neem gedurende die jaar. Geweldig baie tyd en moeite het van vele oorde hierin gegaan. Ons is opgewonde oor die bedieningsmoontlikhede wat dit vir ons gemeente skep.

Ek wil graag ook ons predikante bedank vir hulle toe-wyding en moeite, asook die leiding wat hulle aan ons gee. Die energie en toegewydheid van die kerkraad maak dit ook moontlik vir ons om die gemeente se visie uit te leef.

Die kerkkantoor se ondersteuningspan, asook elke ge-meentelid se betrokkenheid, maak dit vir ons moontlik om op die werksaamhede van die afgelope 190 jaar voort te bou. Dankie hiervoor.

Ons het ook in die jaar afskeid geneem van ds Gys van Schoor en ds Rian Verster tree aan die einde van die jaar af. Albei het waardevolle bydraes tot ons gemeente gemaak. Baie dankie aan beide van hulle en hul gesinne. Ons is ook opgewonde oor ds Rian se voort-gesette betrokkenheid in ons gemeente volgende jaar.

Ek wens elke lidmaat 'n geseënde Kersfees en vakansie-tyd toe.

... ds. Rian VersterOns wens vir julle is 'n geseënde Kersfees!

Wat bedoel ons daarmee?

Dat julle, ons Gemeente, deel van die geloofsgemeenskap in ons dorp, die liefde en vrede van die Here opnuut sal beleef.

Die Here is by ons lewens en lewensomstandighede betrok-ke, nie veraf nie, maar persoonlik by elkeen van ons se unieke omstandighede. En dan nie soos 'n Organiserende Sekretaris nie, maar as Ons Vader! Dié versekering het Hy al vir ons by ons doop gegee en dit is die troos waarmee ons lewe. Dit is ook die vastigheid onder ons voete as ons in die uitdagings van ons lewens en werk en in die uitdagings van ons tyd ons pad probeer vind om gelukkig te wees en sinvol te lewe.

In die gees van Kersfees en in die herinnering dat Jesus mens geword het en na ons toe gekom het om by ons te wees en in die viering daarvan word ons weer bewus dat die wêreld waarin ons lewe nie die enigste realiteit vir ons is nie, maar dat ons ook in 'n ander konteks saam met Jesus leef en werk in die koms van sy koninkryk.

Daarom is die lekker deel van Kersfees dat ons nie net ont-vang nie, maar ook gee!

Geseënde Kersfees!Rian en Maria Verster

Rian en Maria

INHOUDSOPGAWE

Vriende deel hul Kerstyd met ons .............................. 02

Myburgh Verster, Skotland ..................................... 02

Carollize Laing, Durbanville ................................... 02

Erica Kotze, Nieuwoudtville ................................... 02

Ockert Meyer, Canberra .......................................... 02

Belydenisaflegging ..................................................... 02

Nuwe Lidmate ............................................................ 03

Dis Kerstyd ... so vier ons voorskool & Gr. R-maats ... 03

Seniors hou ontbyt ...................................................... 03

Redaksioneel ................................................................ 03

November-maand dankbaarheidsoffer-maand .......... 04

Resep: Gemmerkoekmannetjies ................................. 04

Eensaam en alleen tydens Kersfees. Hoe help ons? ... 04

Page 2: SIG - Kersuitgawe P - Durbanville Gemeente · het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid." (Joh 1:14) Kersfees

Op 6 November 2016 het ons Graad 11's Belydenis van geloof afgelê. Hierdie was 'n besonderse dag, nie net vir ons katkisante nie, maar ook ons ouers en Gemeente as 'n geheel. Sien die skrywe van ouers se ervarings van die dag.

02

Beste Jana en Tinus

Weereens baie dankie vir al jou reëlings vir

gister se belydenisaflegging. Ek en André waar-

deer dit opreg.

As ek terugdink na my eie aflegging (baie baie

lank gelede! J) heg ek meer waarde nou

daaraan as op die eintlike dag en ek weet dat

hierdie dag altyd by Helen sal bybly.

Vriendelike groete,

Michelle

Goeie middag Thinus en Jana

Ons wil net graag baie dankie sê vir 'n baie beson-derse dag. Die hele erediens, die preek, belydenis-aflegging, inkleding van die diens, blomme, ens was pragtig. Dit was vir ons as gesin en ek dink ook vir al die ander katkisante, 'n besondere dag en geleentheid. Dankie vir al die moeite wat daar-in gegaan het. Dankie ook aan al die helpers wat bygedra het om die teedrink-geleentheid so mooi te maak. Die blomme, eetgoed en alles was uitstaande.

Dankie ook dat julle ons kinders begelei het die afgelope 4 jaar om by dié punt te kom. Ons waar-deer jul moeite en omgee vir hulle.

Beste groete

Andrew en Carin

Belydenisaflegging

Oudlidmate deel hul Kerstyd met ons

Ockert Meyer, CanberraWaarskynlik my vroegste herinneringe gaan terug na Kersfees op die plaas in Suid-AFrika: die gevoel van vreugde, afwagting en dat dit wel is met die wêreld. 'n Gevoel wat onafhanklik was van die droogte of be-kommernisse of selfs dood in die familie deur die jaar. In sekere opsigte verwag 'n mens amper dat almal met die verwagting die kersseisoen ingaan.

In Australië was dit gou duidelik dat mense dit anders benader. Kersfees kom, soos elders, alles tot 'n stil-stand. Maar alle vieringe gebeur op kersdag self. Ou-kersaand kyk mense TV of die wat kerk toe gaan, woon 'n diens by wat min of meer 12:00 die nag klaar-maak.

Ons wou graag vir ons kinders iets van die saligheid van 'n somerkersfees en veral die tradisie van oukers-aand laat ervaar. Van die eerste jaar hier het ons met vriende van Suid-Amerika (wat ons oukersaand-tradisie) deel saamgekom en dit met boom, persente en die beste kos gevier. Geleidelik het al hoe meer Aussie vriende te kenne gegee dat hulle nie sal omgee om saam te vier nie en het die geleentheid al hoe meer mense begin insluit.

Op Kersdag gaan ons kerk toe, maar het geen middag-ete nie. Dié tradisie het ons al in Suid-Afrika laat vaar. In plaas van dood-eet oor middag, wag ons vir die soelheid van die aand … en dan kom Oukerssaand vir 'n tweede keer: maar dié keer net met familie. Dit het amper my gunstelingtyd van Kersfees hier geword: die harde werk van kerkdienste is verby en almal verder kreun van die eet van die middag; so daar is omtrent geen mens te sien nie. En dan word dit stil buite, geen motor in sig nie en die aand kom en met dit net die vrede van die stille nag …

Voor vlnr: Helen Matthee; Rieke van Rooyen; Daleen Wasserfall; Patrick van der Vyver. Middel: CP Kok; Matthys Carstens; Simon Streicher. Agter: Christiaan Roux; Marie van Niekerk. Afwesig: Stefan Roux; Sjanette Knoetze.

Carollize Laing, DurbanvilleKersfees is familietyd. Uit my kinderdae al word daar gefrons as jy besluit om dalk Kersfees elders as by die huis te vier. En so moes my en my sussie se anderhelftes maar inval by die tradisie.

Die kerstafel het elke jaar 'n spesifieke kleurskema en tema. Dis my bydrae tot die vieringe. Ek wil hê die tafel moet die familie nooi om aan te sit. Dit gaan oor die samesyn, vrede en vreugde.

Hoewel ek baie kreatief is, eindig ek gewoonlik by 'n kers-mark op, waar ek iemand anders se kreatiewe produkte vir my familie koop as kersgeskenke. Miskien moet ek volgende jaar beter beplan!

Erica Kotze, NieuwoudtvilleKersfees is 'n spesiale tyd vir ons gesin wat altyd saam die kersdiens bywoon en lekker eet. Kersgeskenke was belangrik toe ons kinders klein was omdat hul vreeslik baie uitgesien het na Kersfees en geskenke.

Handgemaakte, plaaslik-vervaardigde artikels gee ons vir ons kleinkinders. Op ons plaas is dit nog die gebruik om vir ons werkers kersgeskenke te gee. Manlike werkers kry 'n kraaghemp en 'n netjiese langbroek. Die vrouens kry bloese en rompe. Natuurlik ook lekkers, koek en vleis. Ons werkers is ongelooflik lojaal en dit is ons manier om hulle te bederf. Die werkers geniet die jaareindfunksies baie.

Myburgh Verster, SkotlandTerwyl ek hier sit en skryf is die wêreld buite die venster spierwit – nie met sneeu bedek nie, maar met “frost” (ryp), en dit is bitterlik koud daarbuite. As jy dit met 'n motorkar op so 'n pad waag, is dit letterlik “nag” – en die remme durf jy nie trap nie, want die kar gly eenvoudig buite beheer. Dit is “Festive season” in Skotland, en soos in die res van die Westerse wêreld word dit ongelukkig ook maar geweldig kommersieel bedryf. Elke dorp se strate is met baie kersliggies versier wat pragtig vertoon in die donker koue nagte.

As jy aan Kersfees in Skotland dink, stel jouself voor 'n prentjie, presies die teenoorgestelde van 'n “helder somer-Kersfees”. Maar dit is darem nie net alleen donker, koud, nat en sneeubedek of witgeryp nie. Dit is darem ook 'n “festive season” met baie vrolikheid en samesyn, soos wat mens sou verwag. Die koue word beveg met kaggelvure waarin steen-kool, hout of “peat” gesellig brand en 'n aangename, gesellige geur in die lug laat hang, en jy mag vryelik droom oor 'n “white Christmas”.

In die kerk word die Advent-seisoen baie noukeurig nagevolg en ons steek elke Sondag kerse aan. Soos julle is ons aan't oefen vir die “Whitehills Christmas Carol Service”, so twee weke voor Kersfees. Dit is 'n baie gesellige aand en dikwels bitter koud, en as ons gelukkig is, knars ons skoene deur die

sneeu as ons agterna saal toe loop vir die heerlike warm “mulled wine (warm with spices), fruity mince pies, short bread and coffee”. Ek weet nie of jul “mince pies” in SA kry nie. Dit het nie 'n maalvleisvulsel nie, maar 'n loperige droëvrugte gemaalde mengsel, amper soos in vrugtekoek. Die vulsel word loperig as dit warm gemaak word. “Mince pies” is hier baie eie aan Kersfees, en word oral bedien en in groot maat in die groot afdelingswinkels verkoop.

Oukersaand is dit tyd vir die “Watch-night service” om 11:30 nm. Ons sing kersliedere en luister na 'n kort boodskap uit die Woord. Kersdag sit ons in die klipkerkie vir 'n kort Kersdiens met baie “Christmas Carols”. Daarna is dit huis toe vir die be-langrike Kersmaal met al die familie wat om die lang tafel in-pas. Daar is geen hamme of skaapboud of “beef roast” nie. Slegs die “roast turkey” wat in die middel van die tafel pryk.

Die volgende kerslied uit Mission Praise beskryf Kerstyd hier baie mooi:

In the bleak mid-winter, frosty wind made moan,Earth stood hard as iron, water like a stone;

Snow had fallen snow on snow, snow on snow,In the bleak mid-winter long ago.

En die laaste versWhat can I give Him, poor as I am?

If I were a Shepherd, I would bring a lamb;If I were a wise man, I would do my part;

Yet what can I give Him – give Him my heart.

Geseënde Kersfees vanuit Skotland!

• dat God Lig bring, vir jou en almal om jou.• sy liefdesarms omvou jou elke dag

• Christus wil alles vir ons wees• rondom ons is medegelowiges wat saam met ons sy geboorte herdenk en die wonder

van die krip van Bethlehem weer ervaar

Geseënde KersfeesLeraars, personeel en kerkraad

Ons wens vir Kersfees 2016

is dat die Lig van die Christus-kind

elkeen van julle se lewe sal verlig sodat julle

kan weet:

Page 3: SIG - Kersuitgawe P - Durbanville Gemeente · het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid." (Joh 1:14) Kersfees

03

Die gemeente erken senior persone en reik graag uit, met die doel om mekaar te versorg. Met hierdie tweede bederfontbyt op 19 Oktober 2016 vir senior burgers die jaar, het die Gemeentebestuur bedoel om “groot te gaan”. Ds Rian wou nie net wors braai nie, hy het gesorg dat dit 'n egte “braaivleis” moet wees en so moes di André en Tinus ook aantree. Oom Piet Venter, Ernest, ons algemene assistent en kantoorpersoneel het ook fluks gehelp om betyds gereed te wees vir die 200 gaste. Hennie vd Merwe se orkes met al vyf senior burgers as lede, was die kunstenaars en het ook by Oktober 2015 se funksie opgetree. Die versoek was eenstemmig dat hulle asb weer genooi moet word.

So het die gaste vrolik getooi vir die feesgeleentheid op 'n pragtige lente oggend opgedaag, mekaar geniet, heerlik saamgesing en gedans. Tannie Anna Schelhase 96jr een van 'n tweeling van De Rust Aftreeoord, was van die oudste lede teenwoordig. Haar getroue versorger Elaine Johnson was aan haar sy. Ons nooi graag al ons seniors om deel te neem aan die ver-skillende aktiwiteite in die gemeente. Nooi gerus ook een-sames en persone wat nie vervoer het nie. Daar is ook die Durbanville/Bergsig klub wat maandeliks vergader en gereeld op uitstappies gaan. Die bediening van gasvryheid aan almal is vir ons belangrik. Skakel gerus vir Esther by die kerkkantoor vir meer inligting.

Cindy van der MerweOns gemeente se verwelkomingsfunksie vir nuwe lidmate wat op 2 November by De Oude Caab plaasgevind het, was 'n reuse sukses waar almal heerlik saamgekuier het.

’n Gesellige, informele atmosfeer het geheers met pragtig gedekte tafels en smullekker kaas en wyn terwyl die predi-kante en kantoorpersoneel al die nuwe lidmate verwelkom het.

Ds. André van Wyk het die aand met ’n vinnige kenmekaar-aktiwiteit afgeskop waar ons so bietjie meer van mekaar leer ken het. Daarna het hy ’n kort aanbieding gelewer waar hy meer gesels het oor wie Durbanville Gemeente is. Van die

bedieninge binne en buite die gemeente is bekend gestel en ’n uitnodiging is gerig aan die gaste om te kom inskakel.

Ons beplan vier verwelkomingsgeleenthede vir ons nuwe lid-mate in 2017, hou gerus die weeklikse Bulletin volgende jaar dop. Dis 'n byeenkoms om nie mis te loop nie! Hierdie is 'n ideale geleentheid vir lidmate om hul passies, gawes en talente te kan deel met medegelowiges en ook om in die gemeente te kan uitleef.

Baie dankie aan almal wat hierdie geleentheid so spesiaal gemaak het. Ons het heerlik gekuier en geëet en ons hoop die nuwe lidmate voel sommer al klaar tuis.

‘n Mens is geneig om soos die jaar einde toe snel, al meer te dink oor wat die afgelope jaar met jou gebeur het – wonderlike ervarings en dan ook on-gelukkig die minder maklike, minder lekker dinge.

Onlangs begin ek met die ontwerp van ‘n boek wat Clifford Heys van Onrus, wil uitgee oor hul klein-seun se slegte ervaring verlede jaar toe hy uit ‘n venster van ‘n tweeverdiepinghuis geval en vir dood opgetel is. Ek vleg graag gedeeltes van sy storie hier in.

God het deur die Bybel talle stories geskryf. Stories waar hy mense/kinders gebruik het (Moses, Isak, Dawid, die Verlore Seun, ens) en dan die wonder-likste storie van almal was sy storie 2000 jaar ge-lede van ‘n Seuntjie met die naam Jesus. • Die Baba Jesus was al aan die kom toe sy

moeder nog net verloof was. (Só kon Hy 'n paslike hoofstuk vir al die ongehude moeders skryf.)

• Hy is gebore in 'n stal. (Hy kon 'n spesiale hoof-stuk skryf vir die haweloses).

• Hy moes selfs na Egipte vlug. (Hy kon 'n troos-hoofstuk skryf vir vandag se vlugtelinge).

• Hierdie storie vertel van 'n Kind wat geleef het ter wille van ander, nooit ten koste van ander nie.

• Hierdie storie vertel van die uitverkiesende en onvoorwaardelike liefde van God vir die mens, ewig en onveranderlik.

MAAR: God se Potlood het ook gebreek. Die kerk van destyds het God se Potlood op die ashoop buite Jerusalem, gegooi, maar God het sy Potlood weer gaan optel, dit skerp gemaak en met hierdie korter Potlood 'n triomfantlike slothoofstuk geskryf. God se stories is nie sepies nie – God se stories sluit altyd met 'n verrassende einde af.

Net so breek ons potlode ook soms en ja, ons huil as een van ons kosbare potlode breek. Maar ons dank die Here wat ook met kort en gebreekte pot-lode, stories kan skryf. Hy hou ons hand vas terwyl ons met daardie kort potloodjie ons storie moet skryf en hy droog ons trane af, sodat ons met droë oë God se storie vir ons lewe kan lees.

Mag ons almal hierdie Adventstyd met nuwe ver-wondering saam lees aan God se ongewone storie van Jesus Christus. Mag ons in die nuwe jaar stil-stil blaai na die slotbladsye om bevestiging te kry – God se stories eindig altyd goed!

Mag hierdie Feestyd vir julle werklike vrede bring.

Kerstyd dink ons terug ...

Nuwe Lidmate

... so vier ons voorskool en Gr. R-maats dit met hulle kunswerke

Dis Kerstyd

Seniors hou ontbyt

Esther Blackaller

Redaksioneel

Page 4: SIG - Kersuitgawe P - Durbanville Gemeente · het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid." (Joh 1:14) Kersfees

Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien (2 Petrus 1:3).

Ons mikpunt vir hierdie jaar is R1 600 000. Ons is dankbaar vir die R875 000 wat reeds ontvang is

Gee asb. soos die Here jou lei en vertrou saam met ons dat Hy aan ons gemeente die fondse sal voorsien om 'n impak te maak in hierdie wêreld. Ons vra dat jy bo en behalwe jou gewone maandelikse bydrae dit biddend sal oorweeg om 'n ekstra bydrae in November te gee.

Hoe kan ek gee? • ’n Spesiale koevertjie is by die portaaldeure van die

gemeentesentrum en die kerk beskikbaar. Neem gerus een en plaas dit die volgende Sondag in die offergawe sakkie of kom gee dit in by die kerkkantoor.

• ’n EFT-betaling kan gedoen word by die volgende bank-rekening: NG Gemeente Durbanville, ABSA Durbanville, Tjekrekeningnommer 1410580019, Verwysing bv.: Dankbaar/J Pretorius

• Die dankbaarheidsoffer kan direk by die kerkkantoor afge-gee word by San Domenico no 2, Kerkstraat 10, Durbanville

• Of SNAPSCAN is 'n opwindende nuwe manier van betaal! SNAP – Gebruik jou foon se kamera om die Snapkode te “scan” BETAAL – Tik die bedrag in en bevestig met jou eie PIN. GAAN – Daar's hy, jy's klaar!

www.GetSnapScan.com.

Dit is met groot hartseer dat ons tragies afskeid neem van dr Anton Diedericks, lidmaat van Durbanville Gemeente en bekende inwoner van Aurora. Anton het op 18 Oktober as toegewyde adjunkhoof, 'n siek leerling by die huis besorg en is noodlottig gewond in 'n skietvoorval. Hy was 'n rolmodel vir kinders in ons gemeente en het met groot toewyding liefdesdiens verrig veral met sy betrokkenheid by kategese. Sy sorgsaamheid sal gemis word en ons dink aan sy vrou, Hanlie en seuns, Ewald en Albert.

Huldeblyk - oudlidmaat

NOVEMBER-MAAND IS DURBANVILLE GEMEENTE

SE SPESIALE DANK-BAARHEIDSOFFER-MAAND

DESIGN A PRINT 021 975 9648

Eensaam & alleen tydens Kersfees. Hoe help ons?

“Ek voel so verlate soos 'n pelikaan in die woestyn, 'n uil tussen murasies. As ek wakker word, voel ek soos 'n eensame voël op 'n huis se dak” (Psalm 102: 7-8}.“en hulle sal Hom Immanuel noem, die naam beteken God by ons” (Matt. 1:23)

Kerstyd is vir talle 'n tyd van afwagting en opwinding. Kinders kan nie wag dat die Kersvakansie aanbreek nie. En die wag op Kersdag met sy belofte van geskenke wek selfs nog 'n groter gevoel van afwagting. Die laaste slapies word letterlik afgetel. Ouers wat gelukkig ge-noeg is om vakansie te kry, wag ewe opgewonde op die laaste werksdag van die jaar, want dit beteken 'n tyd van ontspanning en rus, weg van die eise van alles en nog wat.

Terwyl die Engelekoor van vrede op aarde sing, wil dit voorkom of mense inderdaad meer vrede het en geluk-kiger is dié tyd van die jaar. Onder die vrolike aanmoe-diging van “Jingle Bells” en “We wish you a merry Christ-mas” gaan beursies ruimhartig oop en word daar gekoop – van kalkoene en koekstruif tot blink geskenke vir 'n dag van geluk tussen familie en vriende.

Maar nie almal deel in die vreugde en vrede van die Kerstyd nie. Vir talle staan die eensaamheid en ellende wat hulle beleef in skrille kontras met die uitbundigheid en die soms roekelose vrolikheid wat die sosiale geleent-hede tydens die Kerstyd kenmerk. Terwyl ander nie kan wag dat hierdie tyd aanbreek nie, kan diesulkes nie wag dat alles weer na die normale gang van sake terugkeer nie.

Kerstyd en Kersfees is die één tyd van die jaar wat mense nie alleen wil wees nie. Die vrolike en gesellige saamkuier en saamwees van gesinne en families hierdie tyd van die jaar, verhoog ander se ervaring van verlaten-heid en angstige alleenheid wat soms selfs oorgaan in neerslagtigheid. Geestesgesondheid is nie werklik moontlik wanneer mense eensame en geïsoleerde lewens lei nie.

Ons kan nie die wêreld verander nie. Maar ons kan 'n verskil in een eensame persoon se lewe maak. Die kind wat agterbly in die kinderhuis. Die vergete bejaarde in die ouetehuis. Die eensame vrou of man in 'n ongeluk-kige verhouding of huwelik.

Die boodskap van Kersfees is die boodskap van God se medemenslikheid. God wat mens word en 'n lewe van ware medemenslikheid kom vóórleef sodat ons ware medemense sal wees wat op verbeeldingryke wyses uitreik na die eensames. Vir sommige sal 'n oor genoeg wees. Vir ander 'n uitnodiging na die feesmaal. Of 'n aanraking. Of 'n glimlag en oogkontak in die super-mark. Onvoorwaardelike aanvaarding en betoning van waardering in huwelike en gesinne, 'n onverwagse ge-skenkie of Kerskaartjie (van ouds!).

Maar dit sal van ons verg om met nuwe oë na die mense rondom ons te kyk. Oë wat met empatie dieper kyk en raaksien wat ander probeer wegsteek. Bereid om die isolasie draagliker te maak. Bereid om iets van onsself weg te gee soos Jesus Homself vir die wêreld gegee het.

(Ds. Theron is 'n kliniese/ pastorale sielkundige en kan gekontak word by 021 976 1668.)

04

Atel Streicher

Lewer 30

Bestanddele:250 g sagte botter250 ml (1 k) bruinsuiker1 eier, by kamertemperatuur180 ml (¾ k) gouestroop500 g koekmeelblom7,5 ml (1½ t) fyn gemmer

Metode:1. Voorverhit oond tot 180C. Verroom botter en suiker goed.

Klop eier en stroop by. 2. Sif meel en gemmer by en meng goed om 'n sagte

koekiedeeg te vorm. Draai in kleefplastiek toe en laat 30 minute in koelkas rus.

3. Rol 5 mm dik uit op meelbestrooide opppervlakte en druk vorms uit. Bak 12-15 min op gesmeerde bakplaat tot ligbruin en gaar. Laat afkoel en versier.

GemmerkoekmannetjiesAKTUEEL