die tuinier desember

12
tuinier R22.95 ANDER LANDE R20.13 Uitgslt. BTW Op die rak 22 November tot 20 Desember 2010 SUID-AFRIKA die DESEMBER 2010 STAAN ‘N KANS OM 1 VAN 3 AQUAPONIC BARREL PLANTER KITS TE WEN vir alle tuinliefhebbers Plant ons voorblad Kaliforniese papawers om te saai JANBASTERSKLOOF ’n Nostalgiese plaastuin Witste Katjiepierings en Pienkste Polygalas BOU: meesterstuk patiomeubels, ’n bedding vol halfmane, ’n fonteintjie met glans en kleur MAAK: oulike lanterns en kershouers, groen geskenke - kruiemandjies Dit is Kersfees! Propvol DDS Projekte

Upload: lonehill-trading

Post on 23-Mar-2016

275 views

Category:

Documents


28 download

DESCRIPTION

The Gardener is in 2003 bekend gestel, vol vars en innoverende tuinmaakidees en inspirasie vir Suid-Afrikaanse tuiniers. Ons sê tuinmaak is pret, bekostigbaar en so maklik dat selfs die mees onervare tuinliefhebber die plesier en sukses van ‘n mooi tuin kan smaak! In elke uitgawe is praktiese projekte en stap-vir-stap-gidse om tuine en buiteleefstylareas op te kikker en ons lesers word voortdurend op hoogte gehou van die beste en nuutste produkte in die groenbedryf en hulle effektiewe gebruike. Marknavorsing het getoon dat ongeveer eenderde van ons lesers Afrikaanssprekend is en daarom het ons besluit om Die Tuinier in 2007 te begin.

TRANSCRIPT

Page 1: Die Tuinier Desember

tuinier

R22.95ANDER LANDER20.13 Uitgslt. BTWOp die rak 22 Novembertot 20 Desember 2010

SUID-AFRIKA

die DESEMBER 2010

STAAN ‘N KANS OM 1 VAN 3 AQUAPONIC BARREL PLANTER KITS TE WEN

vir alle tuinliefhebbers

Plant ons voorblad

Kaliforniese papawers om te saai

JanbastersKloof ’n nostalgiese

plaastuin

Witste Katjiepierings en Pienkste Polygalas

boU: meesterstuk patiomeubels, ’n bedding vol halfmane, ’n fonteintjie met glans en kleurmaaK: oulike lanterns en kershouers, groen geskenke - kruiemandjies

Dit is Kersfees!

Propvol

DDsProjekte

Page 2: Die Tuinier Desember

Desember 2010

Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reprodukies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Die Tuinier is verkrygbaar by alle toonaangewende supermarkte en kwekerye.

Uitgewer Lonehill Trading (Pty) Ltd

Redakteur Tanya Visser

Assistentredakteur Anna Celliers

Besturende Direkteur Kevin Beaumont

Besturende redakteur (Redaksionele navrae)Wendy Moulton 031 764 0593 [email protected]

Hoofvertaler Henriette Treurnicht

Teksredakteur (Afrikaans) Eunia Barnard

Teksredakteur (Engels)Desiree Collett van Rooyen

Ontwerpdirekteur Ruth Brophy

Grafiese-/Webbladontwerp Tanya CampherFotografie Geoff Redman,David van den Bergh DDS-kundige Garth Demmer AdvertensieJonathan Gouws 031 764 0593 [email protected]/Geklassifiseerdes Mokete Maepa 031 764 0593 [email protected]/ Steggiestukkies advertensies Rusty Croft 031 764 0593 [email protected]

SubskripsiesRNA 011 473 8700 [email protected] (Navrae) Kim van Rooyen 031 764 0593 [email protected] ArtikelskrywersAlice Spenser-Higgs, Angela Beck, Anna Celliers, Di-Di Hoffman, Gary English, Gerald Schofield, Graham Duncan, Glynne Anderson, Kevin Beaumont, Louis van Aswegen, Ilona Thorndike, Jenny Dean, Ludwig Taschner, Margaret Roberts, Ruth Brophy, Tanya Visser, Wendy Moulton.

Hoofkantoor Haygarthweg 3, Kloof Posbus 29244, Maytime 3624 Telefoon (031) 764 0593 Faks (031) 764 1148 e-pos: [email protected]

06 ‘n Brief aan Kersvader Dankie vir die span!

32 Kersfees met Die Tuinier Slim planne vir die

feestelikste kuiertyd

38 Sunday Tribune Garden & Leisure Show

Die wennertuine

40 Tuinontwerp ‘n Plaastuin in Afrika

46 Inheems Ertjiebos, septemberbos

en persbesem

50 Dagboek van ‘n Kaapse tuin Kitsbome vir kitsskadu

52 Potresep Plant ons voorbladpot

2 Welkom8 Tuindagboek en streeksgids vir Desember 14 Brieweblad16 Maantuinmaak en jou maankalender 18 Plantprofiel EUPHORBIA pulcherrima21 In die tuin saam met Anna Kry vir jou ‘n bietjie Krismis 54 Inheems met Jenny Dean Die perfekte geskenk is ‘n Afrika-hondsroos 56 Rosesorg vir Desember Vakansiesorg58 Kweek kruie Plant kruiegeskenke60 Kombuistuin Soetrissies en brandrissies 64 Bonsai Gee aandag aan eindknoppe66 Jou Troeteldiere Vakansie, nie lekker vir hulle nie! 67 Tuinspeserye Kaneel68 Koi Goeie redes om ‘n koidam te bou

AR

TIK

ELS MAAK

JOU LEEFPLEK MOOI73 DDS met hout Tafel en bankies met golwende patrone

76 Tuinoormaak Gered wat Rottweilers uitgegroei het

80 DDS met sement Halfmane en ‘n waterbal

80 DDS met glas Weerkaatsings

TUINMARK88 KLB-promosie Goedkoper koidam-onderhoud

89 Nuus, produkte en pasellas

95 Steggiestukkies

96 Kleinadvertensies

100 Fokus Vermont se soutpan

RONDRITS, KOMPETISIES EN PROMOSIES12 Groen afsprake

13 Kompetisie met Starke Ayres, Wizzard Worms en Die Tuinier Verf ‘n papawer

36 Lesersgeskenk van Starke Ayres Kaliforniese papawers

86 Teken in op Die Tuinier Drie hidroponiese-stelsels

van Home Organic te wen

GER

EELD

E A

RTI

KEL

S

Page 3: Die Tuinier Desember

‘n Tipiese familiebyeenkoms! Hier vier ons Ma se 73ste verjaardag op 10 Augustus 2010.

OP DIE VOORBLAD Blaai na bladsy 52 vir die resep en besonderhede van al die plante wat deel uitmaak van ons feestelike Kerspot.

Tanya geklee deur:

Besoek ons op:

w w w. d i e t u i n i e r . c o . z a

Groen Kampioen

W e l k o m

INTEKENPROBLEME?TREE ASSEBLIEF MET ONS HULPKANTOOR IN VERBINDINGAs jy ‘n intekenaar is wat swak diens van ons intekenagentskap, RNA, ondervind het, aanvaar asseblief ons opregte verskoning. RNA het onlangs ‘n nuwe IT-stelsel geïnstalleer om hul werksaamhede te verbeter. Ons het onlangs egter daarvan bewus geword dat aanvangsprobleme in sommige gevalle die diens nadelig beïnvloed het wat veroorsaak het dat sommige van ons intekenaars gefrustreerd en teleurgesteld is. As jy een van hierdie intekenaars is, stuur asseblief ‘n e-pos aan ons by [email protected] of bel Daleen by 031 764 0593 sodat ons jou kan help.

Mamma was my grootste bewonderaar en ondersteuner, my morele kompas en inspirasie vir tuinmaak. Hierdie uitgawe van Die Tuinier dra ek aan haar nagedagtenis op. Vergewe my dus asseblief dat ek hierdie bladsy gebruik om haar

lewe te vier en my hartseer met haar heengaan te deel. My ma, Jenny, is op 19 Oktober 2010 oorlede, net drie kort maande nadat sy met kanker gediagnoseer is. Ek en my familie het die voorreg gehad om haar tot die einde te versorg, dus kon ons amper elke minuut van daardie kosbare laaste maande met haar deurbring. Om iemand te verloor vir wie jy werklik lief is, maak regtig seer. Die feit dat Ma nou vrede het en nie meer pyn nie, neem nie die seer en verlies en leegheid weg nie.

My ma het in en om Umzinto grootgeword waar sy baie van haar tyd saam met haar beste vriendin, Dawn, deurgebring het. Haar beste vriendin het toe haar skoonsuster geword omdat Rodney, my pa, Dawn se broer was. Van daardie vroeë dae af was die Voster- en Visser-familie verbind, en so is dit vandag nog. Die twee families het een groot, lawaaierige eenheid geword wat amper elke dag op die een of ander manier saam deurgebring het. Later jare was my ma dikwels die middelpunt van die byeenkomste, met baie wat by haar huis in Pennington plaasgevind het.

Ma het jonk begin werk en aanhou werk! Sy was net 19 toe sy by die Standard Bank begin werk het en het baie jare later afgetree, steeds by dieselfde tak. Later in haar lewe het sy die geleentheid gehad om te reis. Ek kon haar en Tannie Dawn nie vergesel toe hulle ons familie in Kanada besoek het nie, maar die foto’s het gemaak dat ek gevoel het of ek ook daar was. Ek was saam op haar ander reise en onthou hoe sy onder die palmbome op ‘n pragtige strand in die Comore ontspan, op ‘n katamaran in Mauritius geseil, baguettes op die balkon van ‘n villa in Majorka geëet, en deur parke en tuine in Engeland gedwaal het. (Miskien moet ek ‘n bietjie duideliker wees oor die reis na Engeland – ek het Ma, saam met Tannie Dawn en Tannie Ria, deur elke moontlike botaniese tuin oor Engeland heen gesleep, en ek dink hulle was ‘n ruk daarna ‘n bietjie sat van tuine.) My ma was werklik lief vir tuinmaak en mal oor haar tuin. Sy het baie gelukkige ure daarin bestee, met asaleas, orgideë en anthuriums wat die ereplek geniet het. Sy het dit geniet om lid van ‘n tuinklub te wees en het ‘n hele paar bekers gewen – ek dink sy was nogal mededingend omdat sy my dikwels gebel het om te vra watter

plant in haar tuin die beste aan die vereistes van die huidige kompetisie voldoen.

Ma was op baie maniere vol draadwerk. Sy het ‘n droë, skerp humorsin gehad. Sy het graag ‘n storie en ‘n goeie grap vertel. My ma was almal se ma, tannie, vriendin, suster of versorger. Sy het so baie mense gulhartig gehelp, meestal sonder dat iemand anders daarvan geweet het. Sy was lief vir die lewe en het haar lewe goed geleef. Sy was so dapper in die aangesig van verlies en siekte en het haar siekte met meer waardigheid hanteer as wat ek besef het enige mens bymekaar kon skraap, en deur dit alles het sy haar skerp sin vir humor behou. Ons was so lief vir haar en is steeds.

Met die vakansie en vierings wat begin of net om die draai is, kan daar nie ‘n beter tyd wees nie om vrede met jou vyande te maak, kontak te maak met ou vriende en diegene wat jy afgeskeep het, en om vir diegene na aan jou te sê hoe lief jy vir hulle is. En natuurlik, bring ‘n bietjie vakansietyd deur in die tuin– min dinge maak ‘n tuinier se swaar hart ligter as ‘n rukkie se tuinwerk.

Gelukkige dae! Ek en Ma op 12 Junie 2010 – ‘n baie spesiale dag.

Page 4: Die Tuinier Desember

8 l www.dietuinier.co.za

DESEMBER TUINDAGBOEK

TuinTakeMooi daar buite

Kyk net dié vurige kombinasie! Op die voorgrond is die nederige grondbedekkerSTACHYS byzantina (lamsore) met die fluweelagtige silwergrys blare waaroor ‘n mensaltyd wil streel. In die agtergrond groei LOTUS berthelotii, ‘n baie fotogeniese,spreidende grondbedekker. Beide plante lyk ook pragtig saam in potte en L. berthelottiiop sy eie is boonop ideaal vir groot hangmandjies. Die lang sytakke vol blommetjiestuimel graag oor die rande. Albei se grys loof is ‘n aanduiding van gehardheid teen winden droë tye. Gereelde water sal hulle egter welig en gelukkig hou.

Plant nou‘n Nuwe bloue wat van hitte en min water hou en sommer spoggerig in handmandjiesen potte groei, is SCAEVOLA ‘Blue Print’ wat laventelblou, waaieragtige blomhofies dra.Die kompakte plant spring weg met digte groei en stoot namate dit volwasse word,lang en spreidende sytakke uit. Dit blom van die laatlente tot in die herfs. Verskaf grondwat baie goed dreineer en laat die plant toe om uit te droog tussen natlei-sessies.Voeding een maal per maand, sal vir baie blomme sorg.

Jou grasperk� Bemes vir oulaas voor die feestyd, lei diep nat en sny gereeld. As jy met vakansiegaan is dit beter om eerder met die tuiskomslag weer te voed. Sny die gras kort en leigoed nat die dag voor jy vertrek.� Nat weer is baie keer die oorsaak van grasperk-fungussiektes wat soms behandelmoet word met die geskikte fungusdoder (jou naaste kwekery sal die regte produkvoorstel vir die volgende probleme:Daalderkol – witgebleikte kolle wat saamsmelt en later donker van kleur word. In dieoggenddou is fyn webdrade wat veroorsaak word deur die fungus, sigbaar.Bruin kolle – onreëlmatige bruin kolle met yl groei is gewoonlik die oorsaak vangrasperke wat in ondeurlugte grond probeer oorleef en dan vatbaar word virfungussiektes.Hekseringe – donkergroen ringe wat al hoe groter word. Klompe paddastoele verskynlater.

Peste, plae en kopsereRooispinmyt val baie plante aan in droë en warm weer. Die simptome is ligte, baie kleinkolletjies op blare wat later vergeel en afval. As jy fyn kyk sal jy baie fyn sydrade op dieonderkant van blare waarneem. Besmetting met die lastige plaag, word gewoonlikveroorsaak as daar ‘n gebrek aan humiditeit en goeie lugsirkulasie is. Sprinkel ofmissproei gereeld die loof van plante (ook aan die onderkant) nat en snoei hulle liggiesoop om lugbeweging te bewerkstellig. Tuisgemaakte kruiekonkoksies met ‘n sterk reuk,of organiese mengsels met pyrethrum kan ook help om erge infestasies hok te slaan.

Scaevola ‘Blue Print’

STACHYS byzantina

Page 5: Die Tuinier Desember

www.dietuinier.co.za l 9

As jou groentetuin in produksie is net wanneer jy elders wil gaan uitspan, oes soveelvan die kruie, groente en vrugte as wat jy kan droog, vries en inlê, en nooi die bure envriende uit te kom deel in jou oes terwyl jy nie tuis is nie. Verwyder alle onkruid endooie plante en gooi ‘n dik deklaag om die res.

DoendingeNoodhulpwenke vir Jan Tuisbly-plante...� Stel delikate take soos saad saai, steggies inlê, plantverdeling en die oppot van jongplante uit tot jy weer tuis is.� Pluk al wat onkruid in blombeddings is uit en gooi deklae. Snoei die heinings – ‘ntuin wat goedversorgd lyk kan dalk ‘n moontlike inbreker om die bos lei dat jy tuis enwaaksaam is.� Voor julle vertrek, verwyder ou blomknoppe en knyp die toe blomknoppies uit vanplante wat herhaaldelik blom, om nuwe blomme aan te moedig vir wanneer julleterugkeer.� As daar nie ‘n gerekenariseerde besproeiingstelsel is nie, vra ‘n vriendelike buurmanom jou tuin nat te lei. Maak dit makliker vir die natleier deur ‘n tuinslang metkoppelstukke en ‘n tydskakelaar by elke kraan aan te bring. Skuif beplante tuinpottesaam in die skaduwee van ‘n boom waar hulle nie so vinnig sal uitdroog nie en maklikersal wees om nat te hou.� Moenie vergeet om waterretensiekorrels of jel in elke tuinpot in te werk nie – dithelp om die grond langer klam te hou en die plante aan die lewe. Verskaf ook ‘n deklaagvan vars kompos in elke pot vir heerlike koel wortels.� Kanselleer die daaglikse koerantaflewering en reël dat jou posbus leeggemaak word.� Gooi binnenshuise plante goed nat en pak bymekaar op ‘n ou klam kombers in joubad. Los die badkamergordyne oop vir genoeg natuurlike lig.� Bêre al jou tuingereedskap, die kruiwa, wegdra-bare tuinmeubels en –ornamente.Sluit die tuinstoor behoorlik.� Sorg dat alle buiteligte werk en onthou om die buurtwag en/of sekuriteitfirma te laatweet dat julle weggaan.� Gee ‘n huissleutel en ‘n telefoonnommer aan ‘n vriend of buurman in geval jullealarm afgaan – die aanhoudende geskrou kan ander siele in die buurt gek maak! Maakseker dat alle ‘ogies’ skoon is van insekneste en plantegroei. Dis soms net ‘n onskuldigespinnekop wat ‘n bietjie rondloop wat die kakofoniese lawaai laat lostrek.

Kombuistuinmaak

Page 6: Die Tuinier Desember

10 l www.dietuinier.co.za

Somerreënvalgematig� Silwer lamsore in ‘n vroulikerkombinasie. Hier is diegrondbedekker saam met sagtepienkin die vorm van ‘n ‘My Granny’-roosgeplant – ‘n perfekte plantpatroonwat jy in ‘n smal sonnige beddinglangs die huis kan herhaal. Dieeiernaar van dié plante sê sy hoef nieso baie water te gee as wat ‘n roosnormaalweg vra nie – te veel watersal weer die lamsore lelik maak. Diewelige grondbedekker het die grondheeltemal toegegroei en hou dierose se wortels vir baie lank klam enkoel. Twee pragtige plante watgemaak is vir mekaar…

Winterreënval� Hou jou groen skatte mooi. Algroei SYZIGIUM paniculatum’Globulum’ – ‘n dwergvorm van diegewone jamboes wat so gewild is asheiningplante baie stadig volgensdie kenners, versnel blaar- ensytakgroei tog in die somer.Siersnoeivorms gemaak van hierdieplant moet dus gereeld liggiesgesnoei word om hulle formelevorms te behou. Hierdie pragtigevoorbeelde sou darem mooiKersbome gemaak het!� ‘n Mens kan nooit genoeg snoeiin die somer nie. Dit geld vir alleimmergroenes, hetsy in heiningvorm,as windskutte, of as skermplante watlelike hoekies in die tuin wegsteek.Hoe meer jy snoei, (liggies!) hoedigter die groei. Om die taak regtigte geniet, het jy skerpsnoeigereedskap nodig. Sit dit opjou wenslys vir Kersfees.

Droë binneland� Tyd vir kleurryke somervygies,naamlik portulakke. Plant groot platevan hierdie hartlike jaarplante in jourotstuin. Hulle gaan lank blom. Jykan nog die saad saai of sommerkortpad vat en bakkies vol saailingeaanskaf.� Plant ‘n koel plantkombinasie in‘n pot met die statige KALANCHOEthyrsifolia met sy reuseseegroenblare met die wynrooi rande ashoofplant en versag dan metmetaalgrys HELICHRYSUM petiolare.Dié twee lyk fantasties bymekaar.

DESEMBER TUINDAGBOEK

In joustreek

Somerreënvalsubtropies� Voed hibiskusse en neempuntsteggies.� Plant helder jaarplante in potte op diepatio en by die swembad.� Dink aan die dweragtige ‘Bambino’-reeks van bougainvilleas vir groottuinpotte wat orals in die tuin kan kleurverskaf. Hulle is beskikbaar in vrolikekleure en verleen ‘n titsie ekstra tropieseatmosfeer.� Soek vir die ongewone soos AEONIUM‘Sunburst’ vir nog potte. Al is hulleafkomstig van Mediterreense klimate, vaarhulle goed hier in ligte skaduwee en metgereelde water.

AEONIUM ‘Sunburst’

Page 7: Die Tuinier Desember

5 YEAR

WARRANTY

R1099best buy

was R1299SAVE R200

2 YEAR

WARRANTY

5 YEAR

WARRANTY

Maak GolweDDS

Die treffende patroon op hierdie patiotafel en ‑banke maak hulle

besonder mooi. Dit is makliker om hierdie golwe te maak as wat jy dalk dink. Glip gou weg na jou

naaste Builders toe en maak reg om te begin saag.

www.dietuinier.co.za I 73

Page 8: Die Tuinier Desember

74 I www.dietuinier.co.za

MATERIALEMerantistukke, afmetings in mm

6 @ 1800 x 144 x 22 – tafelblad4 @ 1552 x 144 x 22 – banksitblad

2 @ 1760 x 144 x 22 – bankpote

4 @ 720 x 44 x 44 – tafelpote

2 @ 1370 x 69 x 22 – tafelraam

3 @ 745 x 69 x 22 – tafelraam

4 @ 1320 x 68 x 20 – bankverspanstukke

4 @ 292 x 68 x 20 – bankverspanstukke

2 @ 251 x 52 x 20 – bankverspanstukke

2 @ 1360 x 44 x 44 – bankverspanstukke

Ander materialedennehout in lengtes van 20 x 20 mm vir klampe (ongeveer 7 meter)

houtgom

50 voldraadskroewe (40 x 35 mm)

20 ovaal draadspykers

merantihoutvuller

1 liter Woodoc Penetrating Polywax Sealer

GEREEDSKAP‘n uitsnysaag, bandskuurder met skuurpapier, borsel, koordlose boor met skroefhegstuk, versinkboorpunt, hamer, potlood en maatband.

Stap 1Om die golwe vir die tafelblad, banksitblad

en pote in die meranti te maak trek ‘n golwende streep al met die middel van al 12 die 144 mm wye merantiplanke langs en laat ‘n speling van minstens 40 mm aan die kante af toe. Sny met die uitsnysaag al op die strepe uit. Merk die pasmaats sodat dit later maklik sal wees om hulle weer te pas.

Stap 2Merk ‘n golwende patroon op die kante

van die vier tafelpote uit en skuins elkeen 100 mm van bo af. Gebruik die uitsnysaag om die pote te vorm.

Stap 3Skuur elke gevormde poot met die bandskuurder af

en versag die kante effens. Rond dit laastens af deur dit met die hand af te skuur.

Stap 4Gebruik die volgende planke om die

tafelbladraam te maak: 2 @ 1370 x 69 x 22 en 2 @ 745 x 69 x 22. Skroef die lang planke aan die kante van die kort planke vas om ‘n reghoek te vorm en versterk die lasse met houtgom. Skroef die laaste 745 x 69 x 22-plank in die middel tussen die twee punte vas en gom dit om die raam te stabiliseer. Sny dan agt stukke van die dennehout af om as klampe te dien: 2 @ 657 mm, 2 @ 705 mm en 4 @ 630 mm. Skroef en gom hierdie stukke aan die boonste binnerande van al die seksies van die raam

vas. Heg nou die pote aan die tafel vas.

Stap 5 Lê die passende pare 1800 x 144 x

22 -merantiplanke bo-op die tafelraam en laat ‘n opening van 5 mm tussen

elke “golf”. Heg hulle aan die tafel vas deur hulle aan die raam vas te gom

en deur elke klamp vas te skroef. (Sien Figuur 1 vir die onderaansig

van die voltooide tafel.)

Stap 6 Om die banke

aanmekaar te sit sny eers albei die lang golwende

planke van 1760 mm in vier stukke (van 440 mm

elk) om agt stukke te maak. Elke poot

bestaan uit twee van dié stukke.

Gebruik die 292 mm-planke

as dwarshoute (twee vir elke

WAT JY NODIG HET VAN

1800 mm

Figure 1.

Figure 2.

1370 mm

705

mm

720

mm

657 mm

1360 mm

1552 mm

440 mm

745 mm

1320 mm

745

mm

a

a

B

poot) en heg die een dwars oor die een kant en die ander een 290 mm van die ander kant af vas. Gebruik twee golwende 1552 mm-planke vir elke banksitblad en heg die pote met gom en draadspykers aan elke punt vas. Heg dan die volgende stukke as verspanstukke vas om die bank te versterk: twee 1320 mm-stukke oor die lengte van die bank (onder elke kant), die 251 mm-stuk dwars in die middel, en die 1360 mm-stuk oorlangs aan die onderste dwarshoute aan elke kant vas. Herhaal die stappe vir die ander bank. (Sien Figuur 2 vir die onderaansig van die voltooide bank.)

Stap 7Gebruik houtvuller as opvulling vir die gaatjies

wat die spykers gemaak het en om ander foute netjies te maak. Skuur die tafel en banke goed af en verseël dit dan met Woodoc Penetrating Polywax Sealer.

1

2

3

292 mm

251 mm

Page 9: Die Tuinier Desember

www.dietuinier.co.za I 75

Builders Warehouse is die leier in huisverbetering.Alles wat jy enigsins vir huisverbetering kan nodig kry, is onder een dak, en elke winkel het ‘n toegewyde boutoonbank en kwotasieafdeling.

Builders Express is die gesinstuin-en-DDS-sentrumen lewer ‘n diens aan alle tuinmaak- en DDS-entoesiaste.

Builders Trade Depothou ‘n volledige reeks boumateriaal aan en lewer ‘n diens aan groot kontrakteurs.

Vir meer inligting oor die produkte wat Builders verskaf en goeie raad oor amper enige DDS-tuinprojek gaan na www.builders.co.za of bel die klantesorglyn: 0860 BUILDERS/284533.

HELP BOU AAN AFRIKA

3b

4b

5

4

6

6b

6c

Page 10: Die Tuinier Desember

6 I www.dietuinier.co.za

Dankie!‘n Briefie aan Kersvader

deur Anna Celliers

Om tydskrifte soos Die Tuinier, en The Gardener uit te gee verg ‘n span gehardes met murg in hulle

pype en senuwees van staal. Dié gehardes is lankal verby die ‘net kollegas’-fase. Hulle werk saam soos ‘n familie wat al mekaar se goeie en slegte tye deel. Dalk was dit jy liewe Kersvader, wat hierdie groep mense bymekaar gebring het as geskenke vir mekaar…Dalk nie. Ek sê maar in elk geval vir jou dankie, netnou vergeet jy om vanjaar nuwe geskenke te bring!

• Dankie vir Tanya, wat soos ‘n wafferse boelhond (nie ‘n yorkie nie!) nooit opgee nie en dag na dag baklei vir die welstand van haar produk én haar personeel. Haar energie en liefde vir tuinmaak is ‘n inspirasie. Haar konsentrasievlakke skiet soms tekort in ‘n langdradige redaksievergadering – dis niks ongewoons vir haar om weg te stap en eers agapante te verdeel terwyl ons ernstig besig is met ‘n dinkskrum nie. As jy dink sy luister nie daar buite nie, is jy ‘n swaap. Sy kan goed hoor en haar moermeter tot op 2-bar stoot, al is sy besig om op ‘n grassnytrekker te ry.

• Dankie vir Kevin, die besadigde hoofseun, boontjieteller en my mede-steenbok. Hy lyk kalm, is gedissiplineerd, praat nooit hard en lelik nie, luister na lang sopstories sonder om te oordeel en keur uiteindelik nog ‘n uitgawe wat nie op die begroting is nie (teësinnig) goed. Kevin is vir my soos ‘n Stellenboschse eikeboom – stewig en vir ewig!

• Dankie vir Wendy, ons besturende redakteur. As haar bui verkeerd is, is sy ‘n tipiese juffrou Rottemaaier wat weet hoe om die sweep te klap. Sonder haar sou niemand óóit betyds hulle werk doen nie en sal die tydskrif nooit verskyn nie – die res van ons sal bloot sê: “Ag, môre is mos nog ‘n dag” en eers loop tuinmaak! Wendy kan kook, stileer, blomme rangskik, DDS-projekte doen en bladsye ontwerp terwyl sy iemand se kop afbyt. As sy stoepsit in haar tuin, is sy so sag soos ‘n malvalekker.

• Dankie vir Gerald, ons wandelende ensiklopedie, met ‘n asemrowende kennis oor al die geheime van plante. Gerald se buie wissel van doodernstig tot vrolik. As ‘n mens moeg gewerk is en verveeld geraak het met die doodgewone, voer Gerald jou weg na

‘n botaniese wondertuin van sy keuse en dan kan jy nie help om met aandag te luister na sy stories en legendes oor die plante wat daar groei nie. Hy is spesiaal!

• Dankie vir Desiree, ons Engelse teksredakteur wat nie eers ‘n vlieg skade sal aandoen nie. Ons, of liewer ek, maak soms Desiree se senuwees klaar met ‘n gespottery oor wrede slakdoodmaakmetodes (soos in ‘n voedselverwerker!) maar sagte siel soos wat sy is, behou sy die vrede deur my net te ignoreer. Des is soos ‘n reuse-veiligheidsnet. Alles wat ons skryf, word deur haar gekontroleer as waar en reg. Jy kan haar nie fop nie.

• Dankie vir Henriette, ons hoofvertaler, wat soos ‘n goeie spook (ons sien haar nooit nie), elke maand die Engelse woorde in Afrikaans vertaal. Sy ken die Afrikaanse woord vir elke skroefsoort, blom, gom en alles en nog wat. Sy is soos witgoud wat helder skyn, want kort voor saktyd wanneer almal nog die laaste goed deurstuur, sal Henriette steeds haar vrolike boodskappe saam met haar vertaling terugpos sonder om te kla. • Dankie vir Eunia, ons Afrikaanse teksredakteur wat die onbenydenswaardige joppie het om elke storie wat deur vele hande was en elke bladsy drukgereed te kry. Sy sit haar brilletjie op, maak haar rooipen skerp en maak onse mooi taal Afrikaans, mak en plesierig vir die lesers.

• Dankie vir Ruth, ons ontwerpredakteur. ‘n Mens kan haar altyd deur ‘n ring trek en ons wonder hoe sy daglank kan uithou op haar skerppunt-hoëhakskoene. Sy deel skrobberings uit oor lang titels vir stories wat nie in haar ontwerpe inpas nie. Ruth sal ‘n mooi tuin op haar rekenaar uitbeeld nes jy wou gehad het die lesers dit ook moet sien.

• Dankie vir TC (Tanya Campher), ons grafiese- en webbladontwerper. Sy maak gewoonlik die mooi voorblad van Die Tuinier en sorg vir ons webwerf. Ek baklei soms met en oor die voorblad, en sy rig my altyd sagkens in die regte rigting – sonder haar sou die boek nooit die aandag getrek het wat ons verkoopsyfers bewys nie.

• Dankie vir Geoff, ons hooffotograaf, met wie ek ‘n spesiale band het. Ons twee vat mossiefluitvroeg die langpad, voor die skerp

son in ‘n tuin kan inskyn wat hom op kamera, van mooi na lelik kan verander. Ons ry vreemde grondpaaie omdat sy GPS-meisie altyd lieg en ons laat verdwaal. Hy sien altyd die mooiste goed raak en ek ook – net nie terselfdertyd nie! Geoff is my held.

• Dankie vir David, ons ander fotograaf. Dié sagte jongeling druk jou, lag met jou en luister geduldig na jou. As jy vra, gee hy. As jy nie vra nie, los hy jou in vrede…My tipe man!

• Dankie vir Garth, die nutsman. Sy growwe hande, bleekwit met baie sonvlekkies op, staan vir niks verkeerd nie. Dié rustige mens se geduld is langer as Job s’n. Die idee-uitdinkers op die personeel en die adverteerders met hulle produkte wat prakties gebruik moet word (stap vir stap natuurlik) gee hom soms opdraand. Maar hy maak die taak elke keer makliker en wys dat jy dit met vertroue self kan doen.

• ‘n Spesiale dankie vir Jonathan, ons advertensieman. Die werk van ‘n bemarker wat advertensiespasie moet verkoop in ‘n tydskrif is ‘n baie ondankbare roeping – die man het ‘n streng doelwit wat ‘n baie groot invloed op die inhoud van ons baba het. Maak hy dit nie, sal ons hom wreedaardig kielhaal en sink. Jonathan is vlot tweetalig, meer sjarmant as Omar Sharif en as gevolg van sy werk, minder in sy eie kooi as Krismisvader op ‘n lang afleweringsroete - sonder om te kla.

• Dankie vir Mokete, ons ander bemarkingsman en die rustige stem oor die telefoonlyne wat die kleinadvertensies behartig. Mokete hou nie daarvan as dit sy beurt is om vir almal in die kantoor tee te maak nie – miskien is ons bestellings te vol geite na sy sin. Maar Mokete is die een wat immer sy “mo-jo” behou en in beheer van sy kalm karma is.

• ‘n Spesiale dankie vir Rusty, ons produksie-assistent en bobaas-skonsbakster (wat onverwags na haar middagete sal terugkom kantoor toe met ‘n vars baksel botterbroodjies). ‘n Sagte koestering aan haar boesem met die woorde: “How are you, my precious heart?” is goud werd. Rusty is ‘n spesie uit ‘n ander era, waar hoflikheid, grasie en goeie maniere hoogty gevier het.

• Dankie tog vir Kim, ons kantoorbestuurder. Sonder haar sou almal immer op droë grond wees. As Kim nie besig is om iemand wat alweer ‘n vliegtuig verpas het op ‘n nuwe vlug in te boek nie, praat sy met ons lesers wat probleme het. Sy sorg dat daar altyd melk in die yskas is vir tee. Sy is die gom wat ons bymekaar hou. My innigste dankie liewe Kersvader, is vir die

Page 11: Die Tuinier Desember

lesers van Die Tuinier, wat jy vir ons gegee het. Dit is so ‘n voorreg vir ons om in hulle huise en harte te wees en om ons liefde vir tuinmaak met hulle te kan deel!

Liefdegroete soos altyd,Anna

NS: Kersvader, is jy seker jy het al my nuwe adres? Die huis is klein en my skoorsteen is nou. Het jy al ‘n bietjie gewig verloor? Kom liewer by die voordeur in met my nuwe kleinseun. Sorg asseblief dat hy mooi toegemaak is in ‘n sagte kombersie. Sy ouma wil nie koue handjies en voetjies welkom soen nie.

Kevin

Tanya

Anna

Geoff

DesireeWendy

David

TC

Ruth

RustyJonathan

Mokete

Kim

Gerald

www.dietuinier.co.za I 7

Garth

Henriette

Eunia

Page 12: Die Tuinier Desember

tuinier

R22.95ANDER LANDER20.13 Uitgslt. BTWOp die rak 22 Novembertot 20 Desember 2010

SUID-AFRIKA

dieDESEMBER 2010

STAAN ‘N KANS OM 1 VAN 3 AQUAPONIC BARREL PLANTER KITS TE WEN

vir alle tuinliefhebbers

Plant ons voorblad

Kaliforniese papawers om te saai

JanbastersKloof ’n nostalgiese plaastuin Witste Katjiepierings en Pienkste Polygalas

boU: meesterstuk patiomeubels, ’n bedding vol halfmane, ’n fonteintjie met glans en kleurmaaK: oulike lanterns en kershouers, groen geskenke - kruiemandjies

Dit is Kersfees!Propvol

DDsProjekte

86 I www.dietuinier.co.za

TEKE

N IN

EN

WEN

As jy voor 20 Desember 2010 inteken of jou intekening hernu, word jou naam ingesluit by ‘n trekking vir een van drie Aquaponic Barrel Planter Kits van Home Organic. Met ‘n Aquaponic Barrel Planter Kit hoef jy net die plante in te sit en die vis te voer omdat die akwaponika-ekostelsel vir die res sorg.

MEER OOR Aquaponic Barrel PlantersMet Home Organic se nuwe reeks Aquaponic Barrel Planters is die kweek van groente en kruie ‘n maklike, opwindende en prettige aktiwiteit vir die hele gesin – voed net jou vis en jou groente en kruie gedy.

Die Barrel Planters bevat ‘n klein dammetjie met ‘n groeibedding bo-op. Die voedingstofryke visafvalwater word van die dammetjie na die gruisbedding gevoer, die plante absorbeer die voedingstowwe (en gedy) en skoon water gaan terug na die vis onder. Die stelsel is ‘n ekostelsel wat heeltemal organies is.

Die Aquaponic Barrel Planter Kit is te kry met die vat, dammetjie, pomp, tydtoestel, groeibedding en eenvoudige stap-vir-stap-aanwysings om die stelsel aan die gang te kry. Dit is ‘n mooi fokuspunt in enige tuin of op ‘n sonnige veranda.

Besoek die Home Organic-webwerf om die ander akwaponika-eenhede te sien wat te kry is. Vir meer inligting bel Dayle by 084 501 6152, e-pos: [email protected] of gaan na die webwerf www.homeorganic.co.za.

Bel (011) 473 8700 metjou kredietkaart-

besonderhede of SMS ‘Subs DT’ na 41939 (R2/sms) en

ons sal jou bel

Pos ‘n tjek met jou naam, posadres en telefoonnommer na

RNA SUBS, Posbus 725, Maraisburg, 1700

Debietorder opsie:Bel (011) 473 8700 en betaal net R48

elke 3 maande

Deponeer jou betaling by FNB Corporate Jhb, Kode 25 50 05 00, rekeningnr. 62104927259 en faks ‘n kopie met al jou besonderhede

na (011) 474 5479

Teken in op Die Tuinier en jy kan een Engelssprekende vriend

benoem wat drie opeenvolgende uitgawes van The Gardener

heeltemal gratis sal kry.

Oorsese intekenaars R678. Die res van Afrika R578. Laat asseblief vier weke toe vir die verwerking van bestellings. Alle pryse sluit BTW in en is geldig tot 31 Desember 2010.

Hernu vir R207 en

bespaar 25% op die omslagprys Seniorburgers:

Net R193 bespaar 30%

‘n Subskripsie op Die Tuinier kos net R220 en koop ‘n jaar se leesplesier saam met die bykomende voordele van gratis aflewering en om nooit ‘n uitgawe mis te loop nie.

VEELS GELUK aan Mev. Cathy Bowles van Camperdown wat die agthouertuineenheid van Home Organics gewen het, ons prys in die September 2010-uitgawe.